0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (1)
  • R50 - R100 (8)
  • R100 - R250 (45)
  • R250 - R500 (52)
  • R500+ (9)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Kook en Geniet

Low Carb Is Lekker Drie (Afrikaans, Paperback): Ine Reynierse Low Carb Is Lekker Drie (Afrikaans, Paperback)
Ine Reynierse
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Met Low Carb is Lekker Drie sit Inè Reynierse die reis voort wat sy in 2015 begin het toe haar bekroonde kookboek, Low Carb is Lekker, die land stormenderhand verower het.

Inè se resepte voorsien in die behoefte vir koolhidraatbewuste, suikervrye en graanvrye maaltye, maar plaas die klem op hoër voedingswaarde en gesonde eetgewoontes. Vir haar geregte het jy nie spesialiteitsbestanddele of duur kosplaasvervangers nodig nie.

Omdat sy op ’n klein Bolandse dorp woon, het sy geleer om kreatief te wees met wat sy byderhand het: vleis en suiwel van goeie gehalte, en die varsste groente en kruie. Haar slaaisouse, doopsouse, souse en glutenvrye meelmengsels vorm die grondslag van ’n voortreike verskeidenheid resepte vir van ontbyt tot aandete en van weekdaggesinsmaaltye tot naweek-onthaalkos.

Danksy haar fokus op die verbetering van algemene gesondheid en welstand is Inè se resepte ideaal vir enigeen wat elke dag van die week goeie kos op die tafel wil sit.

Marinda Se Koskas (Afrikaans, Paperback): Marinda Engelbrecht Marinda Se Koskas (Afrikaans, Paperback)
Marinda Engelbrecht 1
R320 R286 Discovery Miles 2 860 Save R34 (11%) Ships in 9 - 14 working days

"Die resepte in hierdie boek het ek fyn uitgekies. Dit is kos wat ék sien as onthoukos."

Marinda se koskas maak voorsiening vir ontbyt, sop en voorgeregte, brood en beskuit, slaai, seekos, vleis, groente, pasta en bygeregte, nageregte, terte, koeke en ander soetigheid. Lipleklekker kos wat jy in ’n japtrap kan berei sonder fieterjasies of vreemde bestanddele. Die resepte is in eenvoudige taal geskryf vir elke dag se gebruik, vir elke kosliefhebber. Nou kan jy die gewilde aanbieder van Marinda Kook op VIA, se eerste kookboek geniet.

Huiskos - Nostalgie Is Die Beste Geurmiddel (Afrikaans, Paperback): Herman Lensing Huiskos - Nostalgie Is Die Beste Geurmiddel (Afrikaans, Paperback)
Herman Lensing 2
R441 Discovery Miles 4 410 Ships in 4 - 6 working days

Huiskos is Herman Lensing se sesde kookboek en volg op die uiters suksesvolle Dit Proe Soos Huis, wat in 2019 verskyn het en in 2020 benoem is deur die SA Boekpryse vir beste niefiksieboek.

Huiskos vertel – in sy eie woorde – die storie van Herman se 34 jaar op hierdie aarde. Anders as in sy ander boeke deel hy hierdie keer ook resepte wat hy by sy vriende leer ken het en by mense op vele reise deur Suid-Afrika.

Huiskos bevat meer as 80 resepte, van ontbyt tot hoofgeregte, van bykosse tot vleisgeregte, van koeke, koekies en beskuit tot nageregte (soos trifle, roomys en selfs basaarpoeding). Elke hoofstuk weerspieël Herman se liefde vir kos en vir mense, met staaltjies waarin jy jou kan verkneukel. Dis alles pretensielose resepte met bestanddele wat jy van Pretoria tot in Pofadder kan kry.

Huiskos is nes jy Herman se kombuis ken: kos wat almal kan saamkook.

Tietie & Nanna se Huiskos (Afrikaans, Paperback): Najma Abrahams, Azba Fanie Tietie & Nanna se Huiskos (Afrikaans, Paperback)
Najma Abrahams, Azba Fanie
R375 R295 Discovery Miles 2 950 Save R80 (21%) In Stock

Soos vinkel en koljander, dís Najma Abrahams (Tietie) en Azba Fanie (Nanna). Dié twee TikTok-tuiskokke se hande staan vir niks verkeerd óf stil nie, veral nie vir die kospotte nie. Hul resepte is hartskos – niks fensie bestanddele nie, net geurige regte, egte huiskos met ’n Kaaps-Maleise twist.

Groenboontjiebredie, tamatiekos, split pea-sop en selfs die vergete sagobredie, blomkoolbredie, panfrikkadel, Nando’s-hoender, broodpoeding en dhaltjies eerlik gemaak, sonder fieterjasies – dit is mos die onopgesmukte huiskos waarna elkeen verlang. Die kerries is natuurlik ook daar – suikerboon-, hoender-, dhal- en mincekerrie, breyani, noem maar op. Snoek-in-die-oond, kerrievis en seekos-paella (times are tough, ’n mens moet maar ’n paar maande of so spaar daarvoor, sê die twee siezas) bring die see in jou kospotte. Vir “broke week” is daar sakpas-randrekkers soos dhanya-soesys, eierkerrie en spaghetti-en-sardyne. Tietie se peperminttert en lemon meringue is uit ’n ander wêreld en Nanna se braised skaapnek sal enige onthaaltafel laat kreun van smaakgenot. Mavrou, Tietie se lamsvleis-weergawe van dié tradisionele gereg wat in die Kaaps-Maleise kultuur by troues voorgesit word, is ’n tydlose treffer.

En moenie van die happies en lekkernye vergeet nie – dis nou die “soet en sout” waarmee Mzansi se mense grootgeword en die lewe om elke hoek en draai gevier het. Watertand-verleidings soos bollas, flapjacks, skons, snowballs, patatkoekies, sweetcorn fritters en vele meer. Samoesas en roti’s kry variasies in geure en kleure om van te droom. (Só sê Tietie: Roti is baie versatile – eet dit met kerrie, masala steak of selfs as ’n poeding. Dis tog te lekker met strawberries, strawberry jam en cream.)

Nou ja, as jy nie so ’n tuiskombuis geken het nie, is jy waarskynlik reeds daaraan voorgestel op Tietie en Nanna se kookprogram, Tietie en Nanna kook op VIA, kanaal 147 op DStv, of in hul stories en kwinkslae op Instagram en TikTok.

Met Tietie en Nanna se onfeilbare resepte, perfek beproef, kan elkeen weer huiskos, soos ons ma’s, oumas en tantes dit gemaak het, in hul eie kombuise opdis.

Die Suid-Afrikaanse Lugbraaier Kookboek (Afrikaans, Paperback): Louisa Holst Die Suid-Afrikaanse Lugbraaier Kookboek (Afrikaans, Paperback)
Louisa Holst
R370 R330 Discovery Miles 3 300 Save R40 (11%) Ships in 9 - 14 working days

Die lugbraaier is ’n veelsydige kombuistoestel wat toenemend gewild raak. Baie mense gebruik lugbraaiers net om voorafbereide kos soos krummellaaghoender of bevrore vis en aartappelskyfies gaar te maak, maar dit kan ook vir talle uithalergeregte, selfs gebak, ingespan word.

Die boek fokus op ou bekende gunstelinge soos malvapoeding, bobotie, appelkoos-snoek met soetpatats, melktert en boerewors met chakalaka, om net ’n paar te noem.

Alles word in die lugbraaier gaargemaak.

Brood & Botter - 'n Lewe Van Kook (Afrikaans, Paperback): Nic van Wyk Brood & Botter - 'n Lewe Van Kook (Afrikaans, Paperback)
Nic van Wyk
R495 R442 Discovery Miles 4 420 Save R53 (11%) Ships in 9 - 14 working days

In Brood & Botter neem Nic van Wyk jou op ’n kosreis van 21 jaar, sy kulinêre mondigwording.

Die boek herinner aan Kook en geniet, met die klassieke manier van kosmaak en basiese kookmetodes, maar Nic neem sy resepte ’n stappie verder: onthoukos soos groenbone met witpepersous, Ouma se boontjiesop en mieliepap met botter, suiker en melk.

Sy onopgesmukte restaurantkos gaan jou verras met dieplekker geurkombinasies en sy hartskos weerspieël sy voorkeur vir eerlike kos sonder fieterjasies.

Suid-Afrikaanse Leefstylgids vir Diabetes - Meer as 100 Laekoolhidraat-Resepte (Afrikaans, Paperback): Vickie de Beer, Kath... Suid-Afrikaanse Leefstylgids vir Diabetes - Meer as 100 Laekoolhidraat-Resepte (Afrikaans, Paperback)
Vickie de Beer, Kath Megaw, David Segal
R395 R353 Discovery Miles 3 530 Save R42 (11%) Ships in 9 - 14 working days

Dié diabetes-leefstylgids, wat oorspronklik in Engels verskyn het en waarvan meer as 40 000 eksemplare wêreldwyd verkoop is, is ’n onontbeerlike hulpmiddel vir enigiemand, van jonk tot oud, met Tipe 1- of Tipe 2-diabetes.

Sukkel jy dalk reeds met insulienweerstandigheid, metaboliese sindroom of prediabetes?

Slaan diabetes betyds hok met die leefstylwenke en maklike resepte in hierdie boek.

Atmosvuur (Afrikaans, Hardcover): Jan Braai Atmosvuur (Afrikaans, Hardcover)
Jan Braai
R620 R541 Discovery Miles 5 410 Save R79 (13%) Ships in 5 - 10 working days

Hierdie boek is ’n universele gids oor alles wat Jan Braai tans oor braai weet. Dit is ’n viering van hierdie wonderlike Suid-Afrikaanse tradisie waaraan 15–20 miljoen Suid-Afrikaners elke jaar op 24 September op Nasionale Braaidag deelneem. Om hierdie kulturele gebeurtenis se 20ste herdenking te vier het Jan Braai meer as 200 resepte bymekaargesit wat oor ’n houtvuur gaargemaak en daar langsaan geniet kan word.

Die boek is in 20 hoofstukke verdeel en sluit resepte in vir tradisionele gunstelinge soos klassieke potjies, steaks, burgers en ribbetjies, tot minder konvensionele geregte wat op die braai voorberei word, soos pasta, pizza, slaai en nagereg. Elke gereg is smaaklik en die meegaande fotografie sal jou mond laat water en jou familie en vriende geesdriftig op ’n samekoms langs die vuur laat aandring terwyl jy jou braaivaardighede ten toon stel. Jan Braai se duidelike instruksies en nugter houding teenoor die braaikuns sal verseker dat selfs groentjiebraaiers hierdie resepte maklik baasraak.

Daar is iets vir almal in hierdie boek, en die maklik verkrygbare bestanddele beteken dis verspot maklik om die maaltye saam te stel, aangesien die meeste items waarskynlik reeds byderhand is, of met min moeite of ’n vinnige rit na die supermark in die hande gekry kan word.

Ook beskikbaar in Engels, as 'Atmosfire'.

Boerekos Met 'n Twist (Afrikaans, Paperback): Annelien Pienaar Boerekos Met 'n Twist (Afrikaans, Paperback)
Annelien Pienaar 17
R450 R402 Discovery Miles 4 020 Save R48 (11%) Ships in 9 - 14 working days

In Boerekos met ’n twist gee Annelien ’n kwyllekker kinkel aan die eenvoudige, voedsame huiskos wat jou ma, ouma en oumagrootjie gemaak het. Dié 140 familieresepte vir soppe, souse, groente-, vleis- en nageregte én gebak en spenstreffers is getoets, bevat g’n vreemde bestanddele nie en sit die “resep-met-’n-les”-konsep voort wat haar gelyknamige blog en Facebookblad so 'n sosialemediasukses maak. Boerekos met 'n twist kan beskryf word as 'n kompakte 21ste-eeuse Kook en Geniet vir besige mense.

Lugbraaier - Herman se 100 Beste Resepte (Afrikaans, Paperback): Herman Lensing Lugbraaier - Herman se 100 Beste Resepte (Afrikaans, Paperback)
Herman Lensing
R360 R321 Discovery Miles 3 210 Save R39 (11%) Ships in 9 - 14 working days

Verken die wêreld van lugbraaiers met celeb-sjef Herman Lensing en ontdek hoekom dié veelsydige toestel jou nuwe beste vriend is.

Die VLV-Kookboek - Resepte Van Toe & Nou (Afrikaans, Paperback): Vroue-Landbouvereniging van Kaapland Die VLV-Kookboek - Resepte Van Toe & Nou (Afrikaans, Paperback)
Vroue-Landbouvereniging van Kaapland
R410 R366 Discovery Miles 3 660 Save R44 (11%) Ships in 9 - 14 working days

Trakteer jou gesin op ou familiegunstelinge soos lewerkoekies, bobotie en skaapboud in die Toe-gedeelte en geniet weer die liplekker lekkerte van melktert, gemmerkoekies en gemmerbier.

As jou tyd beperk is, wend jou tot die kortpad- getoetste resepte in die Nou-gedeelte, soos 'n sjokoladekoek wat in slegs 7 minute gemaak word, en beproefde, gesonder geregte soos spinasiegebak, pampoenmuffins, bobotie met 'n appellaag en eiervrugslaai.

Herman se Tafel (Afrikaans, Paperback): Herman Lensing Herman se Tafel (Afrikaans, Paperback)
Herman Lensing
R420 R325 Discovery Miles 3 250 Save R95 (23%) In Stock

Vir hom begin alles met ’n besluit: Om mense te nooi vir ete. En dan kom die groot beplanning: die datum, die gaste, die tema en dekor en laaste – maar seker die belangrikste – die spyskaart.

In Herman se tafel bied Herman Lensing tien unieke spyskaarte, elkeen geskoei op ’n tema waarby al die gange – voorgereg, hoofgereg, nagereg en meer – pas. Die keurige geregte in hierdie boek is saamgestel met kundigheid en styl, maar is deurgaans gebruikersvriendelik en aanloklik. Daar is ou Suid-Afrikaanse bekendes, maar ook Italiaanse pastas en ’n Franse nagereg of twee; disse waarin vars kruie die kollig steel, kuierkos vir lank eet, afshow-geregte om jou gaste te beïndruk en ja, selfs happies vir honde. En dan wys hy jou ook hoe om jou tafel te dek: óf met uitspattighede, óf met dit wat jy reeds in jou huis het. Vir Herman is die etenstafel die kern van die huis en van saamwees – van bande versterk en van vriendskappe smee – en ’n simbool van alles wat mooi en goed is. Met hierdie boek nooi Herman jou uit om fees te vier, om moeite te doen, om die lewe te vier en om groot – dog moeiteloos – te kook.

Marinda Kook - Met Blikkies En Pakkies (Afrikaans, Paperback): Marinda Engelbrecht Marinda Kook - Met Blikkies En Pakkies (Afrikaans, Paperback)
Marinda Engelbrecht
R342 Discovery Miles 3 420 Ships in 5 - 7 working days

Staan jy gereeld voor jou oop koskas en kopkrap vir inspirasie vir heerlike gesinskos of ietsie anders? Dan het Marinda Engelbrecht vir jou die antwoord.

In haar derde boek wys Marinda hoe jy doodgewone blikkies en pakkies kan optower in spoggerige disse, wat met die grootste selfvertroue aan familie en vriende voorgesit kan word. Min mense sal die verskil proe tussen die watertandlekker-boontjiesop wat jy met blikkies en pakkies berei het en die ware jakob. Met ’n paar koskasbestanddele en gekoopte skilferdeeg kan jy ’n geurige pastei maak en jy hoef nie meer ure lank te swoeg met vleis, hoender- of visgeregte nie – blikkies en pakkies is die kitsantwoord.

Pak met jou volgende kruideniersware-aankope ’n paar blikkies tamaties, peulgroente, sampioene, vis, vleis en natuurlik ingedampte melk en kondensmelk – in jou inkopiemandjie, en met Marinda kook met blikkies en pakkies byderhand kan jy feitlik enige smulgereg berei.

Keto Lifestyle: Maklik (Afrikaans, Paperback): Hendrik Marais Keto Lifestyle: Maklik (Afrikaans, Paperback)
Hendrik Marais
R400 R369 Discovery Miles 3 690 Save R31 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Ja, die ketodieet is al lankal bekend; jy het daarvan gehoor maar verstaan die konsep nie heeltemal nie en dink dis te duur. Of miskien het jy dit getoets maar is oorweldig deur ’n oorvloed dikwels teenstrydige inligting en het jy moed opgegee. Miskien volg jy dit noukeurig maar het jy nuwe inspirasie nodig. Daar kom in elk geval altyd nuwe inligting na vore. Ná die wegholsukses van sy eerste boek twee jaar gelede, Living the Ultimate Keto Lifestyle, het Hendrik Marais besluit dis tyd om die ketogeniese leefstyl aan selfs meer mense bekend te stel, terwyl hy aanhangers terselfdertyd ’n vereenvoudigde uiteensetting van die jongste neigings en ’n volledige stel maklike en smaaklike resepte wou bied.

Keto Lifestyle: Maklik is presies dit: ’n Gids vir die implementering van ’n ketogeniese dieet en periodieke vas – met maaltydplanne wat eenvoudig is om te volg – wat sinvol asook begroting- en beurtkragvriendelik is, en met al die truuks om tyd te bespaar. Jy sal mal wees oor die geurige resepte en selfs maniere vind om jou vriende te onthaal met spyskaarte wat by hierdie leefstyl inpas. Maar daar’s soveel meer: inligting oor voedingswaarde, en raad oor oefening en maniere om jou motivering te handhaaf.

My Low Carb Kombuis (Afrikaans, Paperback): Vickie de Beer My Low Carb Kombuis (Afrikaans, Paperback)
Vickie de Beer; Photographs by Craig Fraser 3
R341 Discovery Miles 3 410 Ships in 4 - 6 working days

My Low Carb-Kombuis is ’n maklike, toeganklike stapvir- stap-gids tot ’n laekoolhidraat-lewenstyl. Dit verskaf riglyne oor watter kos om uit jou dieet te sny en wat om in te sluit vir optimale gesondheid en hope energie. Met meer as 50 watertandresepte, weeklikse maaltydplanne en inkopielyste om jou vinnig op dreef te kry! My Low Carb-Kombuis vertel jou alles oor: Hoe om oor te skakel na ’n laekoolhidraatdieet; Hoe om gewig te verloor op ’n laekoolhidraatdieet; Hoe ’n laekoolhidraatdieet kan help met seliaksiekte, diabetes, chroniese moegheid, glutenintoleransie en inflammasie; Hoe om smaaklike laekoolhidraatgeregte voor te berei, soos bolognaise, laekoolhidraat-broodrolletjies, geroosterde varkvleis, nacho’s, amandel-en jogurtplaatkoekies en selfs romerige kaaskoek.

Jan Braai Junior - In die Kombuis (Afrikaans, Paperback): Jan Braai Jan Braai Junior - In die Kombuis (Afrikaans, Paperback)
Jan Braai
R250 R223 Discovery Miles 2 230 Save R27 (11%) In Stock

Jan Braai Junior In die kombuis is ’n boek vir die volgende geslag. Dis geskryf in Jan Braai se kenmerkende styl en die hele gesin kan die maklik volgbare, stapvir-stap-resepte geniet. Gemik op jong kinders om hulle te help om heerlike kos suksesvol te maak en vertroue in hul vaardighede in die kombuis te ontwikkel, pak jy ’n lewenslange reis aan waar jy spesiale etes met gemak en selfvertroue sal kan maak.

Hierdie gebruikersvriendelike boek bevat die grondbeginsels van kookkuns wat elke persoon behoort te ken, en gebruik basiese toerusting en sakpas bestanddele.

Met Jan Braai se wenke en raad sal Jan Braai Junior In die kombuis jou gereedmaak om vir die res van jou lewe soos ’n kampioen te kook!

Jan Braai Junior - Resepte, Tegnieke en Raad: 'n Braaigids vir die Volgende Geslag (Afrikaans, Hardcover): Jan Braai Jan Braai Junior - Resepte, Tegnieke en Raad: 'n Braaigids vir die Volgende Geslag (Afrikaans, Hardcover)
Jan Braai
R210 R188 Discovery Miles 1 880 Save R22 (10%) In Stock

Jan Braai Junior  is ’n boek vir die volgende geslag braaiers in Suid-Afrika. Gevul met Jan Braai se heel beste braairesepte en vereenvoudig deur maklik-om-te-volg, stap-vir-stap instruksies, kan kinders en die hele gesin Jan Braai Junior geniet.
 
Jan Braai is die mens in die wêreld met wie die meeste onderhoude oor die onderwerp van braai gevoer word, en hy het dus ’n goeie begrip van wat mense oor braai wil weet. As ’n televisie-aanbieder en stigter van Nasionale Braaidag het hy wyd in Suider-Afrika en die wêreld gereis, en dikwels, op baie verskillende plekke en met behulp van verskillende tegnieke, saam met uiteenlopende mense gebraai.
 
Hierdie gebruikersvriendelike boek dek al die grondliggende braaikennis wat elke Suid-Afrikaner behoort te hê, met basiese toerusting en bekostigbare bestanddele. En met Jan Braai se wenke en raad sal Jan Braai Junior jou die eerste
treë laat gee om die res van jou lewe soos ’n kampioen te braai!

Skepselkos (Afrikaans, Paperback): Isabella Niehaus, Louis Jansen van Vuuren Skepselkos (Afrikaans, Paperback)
Isabella Niehaus, Louis Jansen van Vuuren
R575 R522 Discovery Miles 5 220 Save R53 (9%) Ships in 5 - 10 working days

Tuiskokke Isabella Niehaus en Louis Jansen van Vuuren span weer saam om uitsonderlike publikasie van vegan geregte saam te stel.

Nadat hulle die Gourmand World Cookbook Awards in 2023 gewen het met Daar’s Vegan op my Verandah as die beste vegan kookboek in die wêreld kom hulle nou met splinternuwe plantgebaseerde kosboek, Skepselkos wat ook in Engels beskikbaar is as Earthling Food.

Met hierdie unieke boek is dit nie net die twee glanssjefs wat hul kragte saamspan nie, maar hulle word ook bygestaan deur tien vriende wat almal bekende sjefs en kundiges op kosgebied is. Hierdie gesprekke tussen die skrywers en hul vriende skep besondere agter-die-skerms situasie wat kyk na die inspirasie en kreatiwiteit agter Suid-Afrika se plantgebaseerde koservaring.

Lesers sal geïnspireer word deur die stories en resepte wat waardering skep vir plantgebaseerde kos. Die resepte is toeganklik met alledaagse bestanddele wat maklik beskikbaar is. Met Skepselkos/Earthling Food nooi Isabella en Louis jou uit om op uitsonderlike kulinêre avontuur te gaan. Hierdie boek bied iets vir almal, of jy nou ervare sjef of nuweling in die kombuis is. Dit is meer as net kookboek – dit neem jou op reis van geur, kultuur en kreatiwiteit wat blywende indruk sal laat en jou ook sal inspireer om met plantgebaseerde disse te eksperimenteer.

Maklik met Marinda - Al my resepte wat julle gesoek het en nog meer (Afrikaans, Paperback): Marinda Engelbrecht Maklik met Marinda - Al my resepte wat julle gesoek het en nog meer (Afrikaans, Paperback)
Marinda Engelbrecht
R295 R264 Discovery Miles 2 640 Save R31 (11%) Ships in 9 - 14 working days

’n Keur van al Marinda se toekatyd-resepte, die goue gunstelinge waarmee sy grootgeword het! Vier die lewe en dek ’n feestafel wat kreun van oorvloed: beesstert, pasteie, kerrieafval, skaapstertjies, varkribbetjie, doeksagte lamstjops. Brode, patees en nostalgiese slaaie sorg vir bykos. Vir weeksaande is daar lipaflek-pastas en vir suikertande outydse Cremoratert, poffers en vele verassings. En as bonus–konfyte, souse, blatjang en ander inmaaksels staan nou ook hul plek vol in haar reseptespens.

30 Minute Suid-Afrikaanse Lugbraaier Kookboek (Afrikaans, Paperback): Louisa Holst 30 Minute Suid-Afrikaanse Lugbraaier Kookboek (Afrikaans, Paperback)
Louisa Holst
R380 R289 Discovery Miles 2 890 Save R91 (24%) Ships in 9 - 14 working days

Lugbraaier-meester Louisa Holst weet net wat die mark wil hê en is terug met nog ’n vuurwarm treffer – propvol watertand-maaltye, kitsgereed in net 30 minute! Geniet smullekker biryani-hoenderslaai, pikante stokvis-en-jalapeño-gebak, varktjops met geroosterde chakalaka en stomende frikkadelle-en-pap. En die ietsie soets ter afronding? Ontspan, onweerstaanbare nageregte sorg vir daardie soete verleiding – alles kant en klaar in net 30 minute.

Die Kos Revolusie (Afrikaans, Paperback): Tim Noakes, Sally-Ann Creed, Jonno Proudfoot, David Grier Die Kos Revolusie (Afrikaans, Paperback)
Tim Noakes, Sally-Ann Creed, Jonno Proudfoot, David Grier; Photographs by Craig Fraser 1
R350 R323 Discovery Miles 3 230 Save R27 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Die Kos Revolusie is deels 'n wetenskaplike riller en deels 'n kookboek vol heerlike resepte, maar die hoofdoel is om jou lewe te verander deur jou te leer hoe jy met jou eetgewoontes beheer kan neem oor jou gewig en gesondheid.

  • Meer energie
  • Minder (of geen) drange
  • Geen honger
  • Gewigsverlies
  • Veel beter gesondheid in elke aspek
  • Beter bloed glukose en insulien lesings
  • Verbeterde atletiese prestasie
  • Verhoogde geestelike fokus
  • Beter slaap gewoontes (minder)
Vegetaries (Afrikaans, Paperback): Jan Braai Vegetaries (Afrikaans, Paperback)
Jan Braai
R450 R402 Discovery Miles 4 020 Save R48 (11%) Ships in 9 - 14 working days

'n Versameling van Jan se beste vegetariese resepte en nog baie nuwe kinkels, alles op die vuur. As jy iets soek vir vleislose Maandag, jou nuwe vegetariese skoondogter moet onthaal, of die kleinkinders moet kosgee - is daar geen rede waarom jy nie kan braai nie. Met Jan se liplekker braaibroodtjies, potjies, kerrie, brode, burgers tot poedings sal selfs die vleiseters terugkom vir nog 'n skeppie!

Kos Uit Die Veldkombuis (Afrikaans, Hardcover): Betsie Rood Kos Uit Die Veldkombuis (Afrikaans, Hardcover)
Betsie Rood 1
R292 Discovery Miles 2 920 Ships in 6 - 10 working days

’n Omvattende versameling kleurfoto's, beskrywings en resepte met as bestanddeel plante wat eetbaar is en/of eetbare vrugte dra en inheems in Suid-Afrika voorkom. Resepte vir wildepruimjellie en kalbas-visbredie sal dalk jou mond laat water, maar die boek is ook 'n kultuurhistoriese rekord van 'n leefwyse van eenvoud wat al so te se uitgesterf het. Betsie Rood was 'n welbekende navorser-skrywer en kenner van kos en medisyne uit die natuur. In haar leeftyd het sy ook verskeie kookboeke die lig laat sien, onder andere Betsie Rood’s 101 traditional South African recipes.

Stofpaaie In 'n Wynglas (Afrikaans, Paperback): Beyers Truter Stofpaaie In 'n Wynglas (Afrikaans, Paperback)
Beyers Truter; As told to Riaan Gerber
R250 R231 Discovery Miles 2 310 Save R19 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Suid-Afrika se Mnr. Pinotage, Beyers Truter, se passie vir die lewe en wyn is oral bekend. In hierdie boek kyk hy terug op sy eerste treë as wynmaker van Kanonkop, asook die deftige funksie in Londen toe hy in 1991 as Wynmaker van die Wêreld aangewys is.

Hy vertel ook van die vlammetjie wat altyd in hom gebrand het om op sy eie plaas wyn te maak en die groot oomblik van Beyerskloof se eerste oes. Sy lewensreis as eienaar en wynmaker van Beyerskloof is een van vriendskap, nederigheid en lojaliteit. Die bekende ou skrywer van cowboy-boeke Louis L'Amour se betekenis van traildust was nog altyd vir hom 'n rigsnoer in sy lewe as wynmaker, ouer en vriend.

Beyers sien altyd die humor in situasies raak en dis een van die redes hoekom hy die wyntoere so baie geniet het saam met Jannie Engelbrecht, Jan-Boland Coetzee, Kevin Arnold en Johan Malan. Hy het ook 'n lang paadjie geloop met die bekende Etzebeth-rugbybroers, asook Koos Kombuis. Hy deel ook sy liefde vir sy honde, duik, seekos en Namibië.

Marinda Se Kinderkombuis - Met Sjef Sout En Prof Pretzel (Afrikaans, Paperback): Marinda Engelbrecht Marinda Se Kinderkombuis - Met Sjef Sout En Prof Pretzel (Afrikaans, Paperback)
Marinda Engelbrecht
R315 R281 Discovery Miles 2 810 Save R34 (11%) Ships in 9 - 14 working days

Marinda Se Kinderkombuis is 'n kleurvolle kookboek met 'n kinkel. Die kinkel is die eksperimente wat in die boek voorkom, en wat met alledaagse kombuisprodukte uitgevoer kan word.

Die resepte is maklik, vinnig en liplekker om te maak. Maak van die resepte vir jou verjaarsdagpartytjie, en dan kan jy en jou maats die eksperimente ook saam doen! Sjoe! Jy gaan só cool wees.

Dié towerkookboek gaan vir jou wys dat die kombuis 'n wonderlike plek is!

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Asterix in Korsika
R. Goscinny Paperback R198 Discovery Miles 1 980
Popular Opinion in Totalitarian Regimes…
Paul Corner Hardcover R3,713 Discovery Miles 37 130
Harry Potter - 7-Book Collection
J. K. Rowling Paperback  (32)
R1,951 R1,655 Discovery Miles 16 550
Skin We Are In - A Celebration Of The…
Sindiwe Magona, Nina G. Jablonski Paperback R135 Discovery Miles 1 350
Children Of The Stone City
Beverley Naidoo Paperback R234 R214 Discovery Miles 2 140
The Ickabog
J. K. Rowling Hardcover R550 R489 Discovery Miles 4 890
The Rise & Demise Of The Afrikaners
Hermann Giliomee Paperback R294 Discovery Miles 2 940
Gene-Environment Interactions in Birth…
Robert J. Lipinski, Robert S. Krauss Hardcover R3,990 Discovery Miles 39 900
Wildfire - The Three Realms: Book 1
Keira Winter Paperback R343 Discovery Miles 3 430
Prey Zone
Wilbur Smith, Keith Chapman, … Paperback  (1)
R230 R209 Discovery Miles 2 090

 

Partners