0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (1)
  • R50 - R100 (5)
  • R100 - R250 (28)
  • R250 - R500 (60)
  • R500+ (9)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Kook en Geniet

Low Carb Is Lekker Drie (Afrikaans, Paperback): Ine Reynierse Low Carb Is Lekker Drie (Afrikaans, Paperback)
Ine Reynierse
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Met Low Carb is Lekker Drie sit Inč Reynierse die reis voort wat sy in 2015 begin het toe haar bekroonde kookboek, Low Carb is Lekker, die land stormenderhand verower het.

Inč se resepte voorsien in die behoefte vir koolhidraatbewuste, suikervrye en graanvrye maaltye, maar plaas die klem op hoër voedingswaarde en gesonde eetgewoontes. Vir haar geregte het jy nie spesialiteitsbestanddele of duur kosplaasvervangers nodig nie.

Omdat sy op ’n klein Bolandse dorp woon, het sy geleer om kreatief te wees met wat sy byderhand het: vleis en suiwel van goeie gehalte, en die varsste groente en kruie. Haar slaaisouse, doopsouse, souse en glutenvrye meelmengsels vorm die grondslag van ’n voortreike verskeidenheid resepte vir van ontbyt tot aandete en van weekdaggesinsmaaltye tot naweek-onthaalkos.

Danksy haar fokus op die verbetering van algemene gesondheid en welstand is Inč se resepte ideaal vir enigeen wat elke dag van die week goeie kos op die tafel wil sit.

Marinda Se Koskas (Afrikaans, Paperback): Marinda Engelbrecht Marinda Se Koskas (Afrikaans, Paperback)
Marinda Engelbrecht 1
R320 R286 Discovery Miles 2 860 Save R34 (11%) Ships in 5 - 10 working days

"Die resepte in hierdie boek het ek fyn uitgekies. Dit is kos wat ék sien as onthoukos."

Marinda se koskas maak voorsiening vir ontbyt, sop en voorgeregte, brood en beskuit, slaai, seekos, vleis, groente, pasta en bygeregte, nageregte, terte, koeke en ander soetigheid. Lipleklekker kos wat jy in ’n japtrap kan berei sonder fieterjasies of vreemde bestanddele. Die resepte is in eenvoudige taal geskryf vir elke dag se gebruik, vir elke kosliefhebber. Nou kan jy die gewilde aanbieder van Marinda Kook op VIA, se eerste kookboek geniet.

Huiskos - Nostalgie Is Die Beste Geurmiddel (Afrikaans, Paperback): Herman Lensing Huiskos - Nostalgie Is Die Beste Geurmiddel (Afrikaans, Paperback)
Herman Lensing 2
R459 Discovery Miles 4 590 Ships in 2 - 4 working days

Huiskos is Herman Lensing se sesde kookboek en volg op die uiters suksesvolle Dit Proe Soos Huis, wat in 2019 verskyn het en in 2020 benoem is deur die SA Boekpryse vir beste niefiksieboek.

Huiskos vertel – in sy eie woorde – die storie van Herman se 34 jaar op hierdie aarde. Anders as in sy ander boeke deel hy hierdie keer ook resepte wat hy by sy vriende leer ken het en by mense op vele reise deur Suid-Afrika.

Huiskos bevat meer as 80 resepte, van ontbyt tot hoofgeregte, van bykosse tot vleisgeregte, van koeke, koekies en beskuit tot nageregte (soos trifle, roomys en selfs basaarpoeding). Elke hoofstuk weerspieël Herman se liefde vir kos en vir mense, met staaltjies waarin jy jou kan verkneukel. Dis alles pretensielose resepte met bestanddele wat jy van Pretoria tot in Pofadder kan kry.

Huiskos is nes jy Herman se kombuis ken: kos wat almal kan saamkook.

Maklik met Marinda - Al my resepte wat julle gesoek het en nog meer (Afrikaans, Paperback): Marinda Engelbrecht Maklik met Marinda - Al my resepte wat julle gesoek het en nog meer (Afrikaans, Paperback)
Marinda Engelbrecht
R295 R264 Discovery Miles 2 640 Save R31 (11%) Ships in 5 - 10 working days

’n Keur van al Marinda se toekatyd-resepte, die goue gunstelinge waarmee sy grootgeword het! Vier die lewe en dek ’n feestafel wat kreun van oorvloed: beesstert, pasteie, kerrieafval, skaapstertjies, varkribbetjie, doeksagte lamstjops. Brode, patees en nostalgiese slaaie sorg vir bykos. Vir weeksaande is daar lipaflek-pastas en vir suikertande outydse Cremoratert, poffers en vele verassings. En as bonus–konfyte, souse, blatjang en ander inmaaksels staan nou ook hul plek vol in haar reseptespens.

Tietie & Nanna se Huiskos (Afrikaans, Paperback): Najma Abrahams, Azba Fanie Tietie & Nanna se Huiskos (Afrikaans, Paperback)
Najma Abrahams, Azba Fanie
R375 R335 Discovery Miles 3 350 Save R40 (11%) In Stock

Soos vinkel en koljander, dís Najma Abrahams (Tietie) en Azba Fanie (Nanna). Dié twee TikTok-tuiskokke se hande staan vir niks verkeerd óf stil nie, veral nie vir die kospotte nie. Hul resepte is hartskos – niks fensie bestanddele nie, net geurige regte, egte huiskos met ’n Kaaps-Maleise twist.

Groenboontjiebredie, tamatiekos, split pea-sop en selfs die vergete sagobredie, blomkoolbredie, panfrikkadel, Nando’s-hoender, broodpoeding en dhaltjies eerlik gemaak, sonder fieterjasies – dit is mos die onopgesmukte huiskos waarna elkeen verlang. Die kerries is natuurlik ook daar – suikerboon-, hoender-, dhal- en mincekerrie, breyani, noem maar op. Snoek-in-die-oond, kerrievis en seekos-paella (times are tough, ’n mens moet maar ’n paar maande of so spaar daarvoor, sę die twee siezas) bring die see in jou kospotte. Vir “broke week” is daar sakpas-randrekkers soos dhanya-soesys, eierkerrie en spaghetti-en-sardyne. Tietie se peperminttert en lemon meringue is uit ’n ander węreld en Nanna se braised skaapnek sal enige onthaaltafel laat kreun van smaakgenot. Mavrou, Tietie se lamsvleis-weergawe van dié tradisionele gereg wat in die Kaaps-Maleise kultuur by troues voorgesit word, is ’n tydlose treffer.

En moenie van die happies en lekkernye vergeet nie – dis nou die “soet en sout” waarmee Mzansi se mense grootgeword en die lewe om elke hoek en draai gevier het. Watertand-verleidings soos bollas, flapjacks, skons, snowballs, patatkoekies, sweetcorn fritters en vele meer. Samoesas en roti’s kry variasies in geure en kleure om van te droom. (Só sę Tietie: Roti is baie versatile – eet dit met kerrie, masala steak of selfs as ’n poeding. Dis tog te lekker met strawberries, strawberry jam en cream.)

Nou ja, as jy nie so ’n tuiskombuis geken het nie, is jy waarskynlik reeds daaraan voorgestel op Tietie en Nanna se kookprogram, Tietie en Nanna kook op VIA, kanaal 147 op DStv, of in hul stories en kwinkslae op Instagram en TikTok.

Met Tietie en Nanna se onfeilbare resepte, perfek beproef, kan elkeen weer huiskos, soos ons ma’s, oumas en tantes dit gemaak het, in hul eie kombuise opdis.

Die Suid-Afrikaanse Lugbraaier Kookboek (Afrikaans, Paperback): Louisa Holst Die Suid-Afrikaanse Lugbraaier Kookboek (Afrikaans, Paperback)
Louisa Holst
R370 R330 Discovery Miles 3 300 Save R40 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Die lugbraaier is ’n veelsydige kombuistoestel wat toenemend gewild raak. Baie mense gebruik lugbraaiers net om voorafbereide kos soos krummellaaghoender of bevrore vis en aartappelskyfies gaar te maak, maar dit kan ook vir talle uithalergeregte, selfs gebak, ingespan word.

Die boek fokus op ou bekende gunstelinge soos malvapoeding, bobotie, appelkoos-snoek met soetpatats, melktert en boerewors met chakalaka, om net ’n paar te noem.

Alles word in die lugbraaier gaargemaak.

Die Suid-Afrikaanse Lugbraaier Kookboek 2 (Afrikaans, Paperback): Louisa Holst Die Suid-Afrikaanse Lugbraaier Kookboek 2 (Afrikaans, Paperback)
Louisa Holst
R370 R330 Discovery Miles 3 300 Save R40 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Topverkoperskrywer Louisa Holst weet wat die lugbraaiermark wil hę en het weer plaaslike geure na vore gebring!

Resepte sluit in springbokkie-kaaskoek, brandewyn-en-coke-hoendervlerkies, snoek- en appelkoosfilo-samosas, en 'n visvinger-Gatsby vir die honger kinders wat hulle self kan opslaan. Peri-peri-hoenderpastei, gammon (ja – dit kan in die lugbraaier gedoen word), gebraaide lam, karringmelkbeskuit, pavlova en mini-vrugtekoeke is nog meer van die watertand geregte in die boek.

Brood & Botter - 'n Lewe Van Kook (Afrikaans, Paperback): Nic van Wyk Brood & Botter - 'n Lewe Van Kook (Afrikaans, Paperback)
Nic van Wyk
R495 R442 Discovery Miles 4 420 Save R53 (11%) Ships in 5 - 10 working days

In Brood & Botter neem Nic van Wyk jou op ’n kosreis van 21 jaar, sy kulinęre mondigwording.

Die boek herinner aan Kook en geniet, met die klassieke manier van kosmaak en basiese kookmetodes, maar Nic neem sy resepte ’n stappie verder: onthoukos soos groenbone met witpepersous, Ouma se boontjiesop en mieliepap met botter, suiker en melk.

Sy onopgesmukte restaurantkos gaan jou verras met dieplekker geurkombinasies en sy hartskos weerspieël sy voorkeur vir eerlike kos sonder fieterjasies.

Suid-Afrikaanse Leefstylgids vir Diabetes - Meer as 100 Laekoolhidraat-Resepte (Afrikaans, Paperback): Vickie de Beer, Kath... Suid-Afrikaanse Leefstylgids vir Diabetes - Meer as 100 Laekoolhidraat-Resepte (Afrikaans, Paperback)
Vickie de Beer, Kath Megaw, David Segal
R395 R353 Discovery Miles 3 530 Save R42 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Dié diabetes-leefstylgids, wat oorspronklik in Engels verskyn het en waarvan meer as 40 000 eksemplare węreldwyd verkoop is, is ’n onontbeerlike hulpmiddel vir enigiemand, van jonk tot oud, met Tipe 1- of Tipe 2-diabetes.

Sukkel jy dalk reeds met insulienweerstandigheid, metaboliese sindroom of prediabetes?

Slaan diabetes betyds hok met die leefstylwenke en maklike resepte in hierdie boek.

Atmosvuur (Afrikaans, Hardcover): Jan Braai Atmosvuur (Afrikaans, Hardcover)
Jan Braai
R620 R541 Discovery Miles 5 410 Save R79 (13%) Ships in 5 - 10 working days

Hierdie boek is ’n universele gids oor alles wat Jan Braai tans oor braai weet. Dit is ’n viering van hierdie wonderlike Suid-Afrikaanse tradisie waaraan 15–20 miljoen Suid-Afrikaners elke jaar op 24 September op Nasionale Braaidag deelneem. Om hierdie kulturele gebeurtenis se 20ste herdenking te vier het Jan Braai meer as 200 resepte bymekaargesit wat oor ’n houtvuur gaargemaak en daar langsaan geniet kan word.

Die boek is in 20 hoofstukke verdeel en sluit resepte in vir tradisionele gunstelinge soos klassieke potjies, steaks, burgers en ribbetjies, tot minder konvensionele geregte wat op die braai voorberei word, soos pasta, pizza, slaai en nagereg. Elke gereg is smaaklik en die meegaande fotografie sal jou mond laat water en jou familie en vriende geesdriftig op ’n samekoms langs die vuur laat aandring terwyl jy jou braaivaardighede ten toon stel. Jan Braai se duidelike instruksies en nugter houding teenoor die braaikuns sal verseker dat selfs groentjiebraaiers hierdie resepte maklik baasraak.

Daar is iets vir almal in hierdie boek, en die maklik verkrygbare bestanddele beteken dis verspot maklik om die maaltye saam te stel, aangesien die meeste items waarskynlik reeds byderhand is, of met min moeite of ’n vinnige rit na die supermark in die hande gekry kan word.

Ook beskikbaar in Engels, as 'Atmosfire'.

Boerekos Met 'n Twist (Afrikaans, Paperback): Annelien Pienaar Boerekos Met 'n Twist (Afrikaans, Paperback)
Annelien Pienaar 17
R450 R402 Discovery Miles 4 020 Save R48 (11%) Ships in 5 - 10 working days

In Boerekos met ’n twist gee Annelien ’n kwyllekker kinkel aan die eenvoudige, voedsame huiskos wat jou ma, ouma en oumagrootjie gemaak het. Dié 140 familieresepte vir soppe, souse, groente-, vleis- en nageregte én gebak en spenstreffers is getoets, bevat g’n vreemde bestanddele nie en sit die “resep-met-’n-les”-konsep voort wat haar gelyknamige blog en Facebookblad so 'n sosialemediasukses maak. Boerekos met 'n twist kan beskryf word as 'n kompakte 21ste-eeuse Kook en Geniet vir besige mense.

Die VLV-Kookboek - Resepte Van Toe & Nou (Afrikaans, Paperback): Vroue-Landbouvereniging van Kaapland Die VLV-Kookboek - Resepte Van Toe & Nou (Afrikaans, Paperback)
Vroue-Landbouvereniging van Kaapland
R410 R366 Discovery Miles 3 660 Save R44 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Trakteer jou gesin op ou familiegunstelinge soos lewerkoekies, bobotie en skaapboud in die Toe-gedeelte en geniet weer die liplekker lekkerte van melktert, gemmerkoekies en gemmerbier.

As jou tyd beperk is, wend jou tot die kortpad- getoetste resepte in die Nou-gedeelte, soos 'n sjokoladekoek wat in slegs 7 minute gemaak word, en beproefde, gesonder geregte soos spinasiegebak, pampoenmuffins, bobotie met 'n appellaag en eiervrugslaai.

Lugbraaier - Herman se 100 Beste Resepte (Afrikaans, Paperback): Herman Lensing Lugbraaier - Herman se 100 Beste Resepte (Afrikaans, Paperback)
Herman Lensing
R360 R321 Discovery Miles 3 210 Save R39 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Verken die węreld van lugbraaiers met celeb-sjef Herman Lensing en ontdek hoekom dié veelsydige toestel jou nuwe beste vriend is.

Marinda Kook - Met Blikkies En Pakkies (Afrikaans, Paperback): Marinda Engelbrecht Marinda Kook - Met Blikkies En Pakkies (Afrikaans, Paperback)
Marinda Engelbrecht
R325 R290 Discovery Miles 2 900 Save R35 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Staan jy gereeld voor jou oop koskas en kopkrap vir inspirasie vir heerlike gesinskos of ietsie anders? Dan het Marinda Engelbrecht vir jou die antwoord.

In haar derde boek wys Marinda hoe jy doodgewone blikkies en pakkies kan optower in spoggerige disse, wat met die grootste selfvertroue aan familie en vriende voorgesit kan word. Min mense sal die verskil proe tussen die watertandlekker-boontjiesop wat jy met blikkies en pakkies berei het en die ware jakob. Met ’n paar koskasbestanddele en gekoopte skilferdeeg kan jy ’n geurige pastei maak en jy hoef nie meer ure lank te swoeg met vleis, hoender- of visgeregte nie – blikkies en pakkies is die kitsantwoord.

Pak met jou volgende kruideniersware-aankope ’n paar blikkies tamaties, peulgroente, sampioene, vis, vleis en natuurlik ingedampte melk en kondensmelk – in jou inkopiemandjie, en met Marinda kook met blikkies en pakkies byderhand kan jy feitlik enige smulgereg berei.

Keto Lifestyle: Maklik (Afrikaans, Paperback): Hendrik Marais Keto Lifestyle: Maklik (Afrikaans, Paperback)
Hendrik Marais
R400 R369 Discovery Miles 3 690 Save R31 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Ja, die ketodieet is al lankal bekend; jy het daarvan gehoor maar verstaan die konsep nie heeltemal nie en dink dis te duur. Of miskien het jy dit getoets maar is oorweldig deur ’n oorvloed dikwels teenstrydige inligting en het jy moed opgegee. Miskien volg jy dit noukeurig maar het jy nuwe inspirasie nodig. Daar kom in elk geval altyd nuwe inligting na vore. Ná die wegholsukses van sy eerste boek twee jaar gelede, Living the Ultimate Keto Lifestyle, het Hendrik Marais besluit dis tyd om die ketogeniese leefstyl aan selfs meer mense bekend te stel, terwyl hy aanhangers terselfdertyd ’n vereenvoudigde uiteensetting van die jongste neigings en ’n volledige stel maklike en smaaklike resepte wou bied.

Keto Lifestyle: Maklik is presies dit: ’n Gids vir die implementering van ’n ketogeniese dieet en periodieke vas – met maaltydplanne wat eenvoudig is om te volg – wat sinvol asook begroting- en beurtkragvriendelik is, en met al die truuks om tyd te bespaar. Jy sal mal wees oor die geurige resepte en selfs maniere vind om jou vriende te onthaal met spyskaarte wat by hierdie leefstyl inpas. Maar daar’s soveel meer: inligting oor voedingswaarde, en raad oor oefening en maniere om jou motivering te handhaaf.

My Low Carb Kombuis (Afrikaans, Paperback): Vickie de Beer My Low Carb Kombuis (Afrikaans, Paperback)
Vickie de Beer; Photographs by Craig Fraser 3
R355 Discovery Miles 3 550 Ships in 2 - 4 working days

My Low Carb-Kombuis is ’n maklike, toeganklike stapvir- stap-gids tot ’n laekoolhidraat-lewenstyl. Dit verskaf riglyne oor watter kos om uit jou dieet te sny en wat om in te sluit vir optimale gesondheid en hope energie. Met meer as 50 watertandresepte, weeklikse maaltydplanne en inkopielyste om jou vinnig op dreef te kry! My Low Carb-Kombuis vertel jou alles oor: Hoe om oor te skakel na ’n laekoolhidraatdieet; Hoe om gewig te verloor op ’n laekoolhidraatdieet; Hoe ’n laekoolhidraatdieet kan help met seliaksiekte, diabetes, chroniese moegheid, glutenintoleransie en inflammasie; Hoe om smaaklike laekoolhidraatgeregte voor te berei, soos bolognaise, laekoolhidraat-broodrolletjies, geroosterde varkvleis, nacho’s, amandel-en jogurtplaatkoekies en selfs romerige kaaskoek.

Herman se Tafel (Afrikaans, Paperback): Herman Lensing Herman se Tafel (Afrikaans, Paperback)
Herman Lensing
R420 R319 Discovery Miles 3 190 Save R101 (24%) In Stock

Vir hom begin alles met ’n besluit: Om mense te nooi vir ete. En dan kom die groot beplanning: die datum, die gaste, die tema en dekor en laaste – maar seker die belangrikste – die spyskaart.

In Herman se tafel bied Herman Lensing tien unieke spyskaarte, elkeen geskoei op ’n tema waarby al die gange – voorgereg, hoofgereg, nagereg en meer – pas. Die keurige geregte in hierdie boek is saamgestel met kundigheid en styl, maar is deurgaans gebruikersvriendelik en aanloklik. Daar is ou Suid-Afrikaanse bekendes, maar ook Italiaanse pastas en ’n Franse nagereg of twee; disse waarin vars kruie die kollig steel, kuierkos vir lank eet, afshow-geregte om jou gaste te beďndruk en ja, selfs happies vir honde. En dan wys hy jou ook hoe om jou tafel te dek: óf met uitspattighede, óf met dit wat jy reeds in jou huis het. Vir Herman is die etenstafel die kern van die huis en van saamwees – van bande versterk en van vriendskappe smee – en ’n simbool van alles wat mooi en goed is. Met hierdie boek nooi Herman jou uit om fees te vier, om moeite te doen, om die lewe te vier en om groot – dog moeiteloos – te kook.

Jan Braai Junior - In die Kombuis (Afrikaans, Paperback): Jan Braai Jan Braai Junior - In die Kombuis (Afrikaans, Paperback)
Jan Braai
R250 R223 Discovery Miles 2 230 Save R27 (11%) In Stock

Jan Braai Junior In die kombuis is ’n boek vir die volgende geslag. Dis geskryf in Jan Braai se kenmerkende styl en die hele gesin kan die maklik volgbare, stapvir-stap-resepte geniet. Gemik op jong kinders om hulle te help om heerlike kos suksesvol te maak en vertroue in hul vaardighede in die kombuis te ontwikkel, pak jy ’n lewenslange reis aan waar jy spesiale etes met gemak en selfvertroue sal kan maak.

Hierdie gebruikersvriendelike boek bevat die grondbeginsels van kookkuns wat elke persoon behoort te ken, en gebruik basiese toerusting en sakpas bestanddele.

Met Jan Braai se wenke en raad sal Jan Braai Junior In die kombuis jou gereedmaak om vir die res van jou lewe soos ’n kampioen te kook!

Skepselkos (Afrikaans, Paperback): Isabella Niehaus, Louis Jansen van Vuuren Skepselkos (Afrikaans, Paperback)
Isabella Niehaus, Louis Jansen van Vuuren
R575 R522 Discovery Miles 5 220 Save R53 (9%) Ships in 5 - 10 working days

Tuiskokke Isabella Niehaus en Louis Jansen van Vuuren span weer saam om uitsonderlike publikasie van vegan geregte saam te stel.

Nadat hulle die Gourmand World Cookbook Awards in 2023 gewen het met Daar’s Vegan op my Verandah as die beste vegan kookboek in die węreld kom hulle nou met splinternuwe plantgebaseerde kosboek, Skepselkos wat ook in Engels beskikbaar is as Earthling Food.

Met hierdie unieke boek is dit nie net die twee glanssjefs wat hul kragte saamspan nie, maar hulle word ook bygestaan deur tien vriende wat almal bekende sjefs en kundiges op kosgebied is. Hierdie gesprekke tussen die skrywers en hul vriende skep besondere agter-die-skerms situasie wat kyk na die inspirasie en kreatiwiteit agter Suid-Afrika se plantgebaseerde koservaring.

Lesers sal geďnspireer word deur die stories en resepte wat waardering skep vir plantgebaseerde kos. Die resepte is toeganklik met alledaagse bestanddele wat maklik beskikbaar is. Met Skepselkos/Earthling Food nooi Isabella en Louis jou uit om op uitsonderlike kulinęre avontuur te gaan. Hierdie boek bied iets vir almal, of jy nou ervare sjef of nuweling in die kombuis is. Dit is meer as net kookboek – dit neem jou op reis van geur, kultuur en kreatiwiteit wat blywende indruk sal laat en jou ook sal inspireer om met plantgebaseerde disse te eksperimenteer.

30-Minute Suid-Afrikaanse Lugbraaier Kookboek (Afrikaans, Paperback): Louisa Holst 30-Minute Suid-Afrikaanse Lugbraaier Kookboek (Afrikaans, Paperback)
Louisa Holst
R380 R339 Discovery Miles 3 390 Save R41 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Lugbraaier-meester Louisa Holst weet net wat die mark wil hę en is terug met nog ’n vuurwarm treffer – propvol watertand-maaltye, kitsgereed in net 30 minute! Geniet smullekker biryani-hoenderslaai, pikante stokvis-en-jalapeńo-gebak, varktjops met geroosterde chakalaka en stomende frikkadelle-en-pap. En die ietsie soets ter afronding? Ontspan, onweerstaanbare nageregte sorg vir daardie soete verleiding – alles kant en klaar in net 30 minute.

Braaibroodjies En Burgers (Afrikaans, Paperback): Jan Braai Jan Braai Braaibroodjies En Burgers (Afrikaans, Paperback)
Jan Braai Jan Braai 1
R450 R402 Discovery Miles 4 020 Save R48 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Wie sou kon raai dat Jan en sy boeke węreldbekend sou word vir braai! Die braaikoning is terug met ’n splinternuwe boek en dié keer ondergaan die nederige braaibroodjie ’n gedaantewisseling of twee. Vind liplekker hoender-, beesvleis-, vegetariese en veganistiese braaibroodjie- en burgerresepte wat jou gesin sal laat terugkom vir nog! En moenie dink Jan het van die suikertande vergeet nie, die boek bevat alles van soet tot sout, alles oor die vuur – dis mos nou lekker!

Die Kos Revolusie (Afrikaans, Paperback): Tim Noakes, Sally-Ann Creed, Jonno Proudfoot, David Grier Die Kos Revolusie (Afrikaans, Paperback)
Tim Noakes, Sally-Ann Creed, Jonno Proudfoot, David Grier; Photographs by Craig Fraser 1
R350 R323 Discovery Miles 3 230 Save R27 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Die Kos Revolusie is deels 'n wetenskaplike riller en deels 'n kookboek vol heerlike resepte, maar die hoofdoel is om jou lewe te verander deur jou te leer hoe jy met jou eetgewoontes beheer kan neem oor jou gewig en gesondheid.

  • Meer energie
  • Minder (of geen) drange
  • Geen honger
  • Gewigsverlies
  • Veel beter gesondheid in elke aspek
  • Beter bloed glukose en insulien lesings
  • Verbeterde atletiese prestasie
  • Verhoogde geestelike fokus
  • Beter slaap gewoontes (minder)
Vuurwarm (Afrikaans, Paperback): Jan Braai Vuurwarm (Afrikaans, Paperback)
Jan Braai 1
R450 R402 Discovery Miles 4 020 Save R48 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Suid-Afrikaners vier elke jaar Nasionale Braaidag op 24 September. ’n Dag vir al die burgers van Suid-Afrika om lekker te ontspan en rondom die braaivleisvure te kuier met hul vriende en familie. Die dryfkrag agter hierdie inisiatief is ’n man bekend as Jan Braai.

In die boek gaan Jan verder as algemene raad oor vuurmaak en die braai van steak, tjops, hoender en wors. Beslis 'n moet vir alle braailiefhebbers!.

Shisanyama: Braai Resepte van Suid-Afrika (Afrikaans, Paperback): Jan Braai Shisanyama: Braai Resepte van Suid-Afrika (Afrikaans, Paperback)
Jan Braai 1
R420 R375 Discovery Miles 3 750 Save R45 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Mzanzi se beste braairesepte, spesiaal uitgesoek en getoets deur die alombekende Jan Braai. As jy wil weet wat Suid-Afrikaners geniet, en hoe hulle braai, is dit die boek vir jou! Shisanyama is gepak met eenvoudige resepte met maklik bekombare bestanddele en dek alles van ou staatmakers tot vars nuwe braai-idees. Nog 'n Jan Braai-wenner.

Vegetaries (Afrikaans, Paperback): Jan Braai Vegetaries (Afrikaans, Paperback)
Jan Braai
R450 R402 Discovery Miles 4 020 Save R48 (11%) Ships in 5 - 10 working days

'n Versameling van Jan se beste vegetariese resepte en nog baie nuwe kinkels, alles op die vuur. As jy iets soek vir vleislose Maandag, jou nuwe vegetariese skoondogter moet onthaal, of die kleinkinders moet kosgee - is daar geen rede waarom jy nie kan braai nie. Met Jan se liplekker braaibroodtjies, potjies, kerrie, brode, burgers tot poedings sal selfs die vleiseters terugkom vir nog 'n skeppie!

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
A History of the Church in Brattle…
Samuel Kirkland Lothrop Paperback R464 Discovery Miles 4 640
Cradle of the Gods
Thomas Quinn Miller Hardcover R619 Discovery Miles 6 190
The MiG Diaries - Fighter Pilot Memoirs…
Eduardo Gonzalez Sarria, Lionel Reid Paperback R460 R425 Discovery Miles 4 250
Recent Advances in Nonlinear Dynamics…
Kyandoghere Kyamakya, Wolfgang Mathis, … Hardcover R4,559 R3,488 Discovery Miles 34 880
Cellular Automata in Image Processing…
Paul Rosin, Andrew Adamatzky, … Hardcover R4,494 R3,423 Discovery Miles 34 230
Inspired by Nature - Essays Presented to…
Susan Stepney, Andrew Adamatzky Hardcover R4,040 R3,509 Discovery Miles 35 090
Orchestrating the Nation - The…
Douglas Shadle Hardcover R1,795 Discovery Miles 17 950
Stiltetyd
Marita van der Vyfer Paperback R344 Discovery Miles 3 440
Systemics of Incompleteness and…
Gianfranco Minati, Mario R. Abram, … Hardcover R2,705 Discovery Miles 27 050
Through Me to You - A Life Through…
Eve Wick Hardcover R450 Discovery Miles 4 500

 

Partners