0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (1)
  • R50 - R100 (8)
  • R100 - R250 (46)
  • R250 - R500 (51)
  • R500+ (8)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Kook en Geniet

Eet Vir Twee (Afrikaans, Paperback): Annabel Karmel Eet Vir Twee (Afrikaans, Paperback)
Annabel Karmel
R190 R109 Discovery Miles 1 090 Save R81 (43%) Ships in 5 - 7 working days

Elke swanger vrou wil die regte voedsel eet vir haar eie gesondheid en ter wille van die ontwikkeling van haar ongebore baba. Die betroubare gids sal jou help om heerlike, gesonde maaltye voor te berei tydens jou swangerskap en ook daarna. Die regte voeding is van kardinale belang tydens jou swangerskap.

In die boek verskaf kosskrywer Annabel Karmel met die hulp van dieetkundige Fiona Hinton, belangrike raad en nuttige wenke vir optimale voeding tydens elke stadium van jou swangerskap, toegerus met eenvoudige, dog heerlike, gesonde resepte.

Die boek bevat ook raad oor hoe om met oggendnaarheid, slapeloosheid, sooibrand en lusteloosheid klaar te speel. Toegerus met die raad van kenners en meer as 90 resepte, kan jy verseker wees dat jy die beste voedsel inneem vir jou en jou ontwikkelende baba.

Loorita Se Griekse Voorskoot (Afrikaans, Paperback): Dirk Nagtegaal, Reinet Nagtegaal Loorita Se Griekse Voorskoot (Afrikaans, Paperback)
Dirk Nagtegaal, Reinet Nagtegaal
R190 R124 Discovery Miles 1 240 Save R66 (35%) Ships in 5 - 7 working days

Loorita het in Reinet en Dirk Nagtegaal se besige lewe ingestap en sonder enige omhaal hulle lewe van kantoor tot kombuis begin herorganiseer.

Saam het die drie 'n passie vir kook gedeel, met die voorneme om eendag wanneer hulle aftree, saam aan 'n kookboek te werk - 'n kookboek met al die disse wat Loorieta die Nagtegaals op Melkbosstrand leer kook het. Haar resepte was meestal Grieks geïnspireerd, met 'n duidelik Suid-Afrikaanse geur. En die rede? Sy het haar hart vroeg-vroeg op 'n Griek verloor en oor die jare het sy selfs 'n groter Griek geword as hy.

Die resepte hierin is enersyds die wat die Nagtegaals saam met Loorita in hul kombuis leer kook het, en dan is daar die wat hulle uit Griekeland saamgebring en tot Suid-Afrikaanse weergawes verwerk het.

Roer Met Die Sterre (Afrikaans, Paperback): Marike Williams Roer Met Die Sterre (Afrikaans, Paperback)
Marike Williams
R105 Discovery Miles 1 050 Ships in 4 - 6 working days

Die resepte in Roer met die Sterre! is dié van gaskokke by wie aan huis gekook is, professionele sjefs wat as gaste op die televisie program verskyn het, asook resepte wat Tammy-Anne tydens die program gemaak het.

Kook saam met sterre soos:

  • Dozi
  • Chris Chameleon
  • André Schwartz
  • Phillip Moolman en Susan Coetzer
  • Lize Beekman
  • Lizz Meiring
  • Marc Lottering, en vele meer!
Armand Kook Kaal: Volume 2 - 50 Banting Resepte (Afrikaans, Paperback): Armand Aucamp Armand Kook Kaal: Volume 2 - 50 Banting Resepte (Afrikaans, Paperback)
Armand Aucamp
R200 R188 Discovery Miles 1 880 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Hier’s Armand weer, sonder klere voor jou deur…

Armand se eerste kookboek was ’n wegholsukses. Sy toeganklike benadering tot kos het baie mense oortuig van ’n nuwe manier van eet én leef – vars, onopgesmuk, met sakpas-bestanddele in die keto- en banting-styl. Sy boek het gewys: Van lekker eet kom gesondheid en optimale gewig.

In sy nuwe boek stroop Armand sy gunstelingdisse (en homself) nog verder. Sy selfopgelegde uitdaging was om bestanddele wat reeds in sy koskas was, te gebruik. Dié kreatiewe verkennings lei tot ’n ‘van-plaas-tot-tafel’-aanslag wat wys dat die smaaklikste en gesondste kos eenvoudige kos is.

Armand Kook Kaal 2 bestaan uit 50 banting- en keto-vriendelike disse. Stap-virstap, en met pragfoto’s daarby, wys Armand hoe om heerlike disse te skep uit vars bestanddele sonder om die skaal of beursie te laat ly.

Voeg Armand se keto-kruierolletjies, murgpamoen-röstis, en klappermelkpanna cotta tot jou kookarsenaal toe en pluk die vrugte.

Geure (Afrikaans, Paperback): Lientjie Wessels Geure (Afrikaans, Paperback)
Lientjie Wessels
R451 Discovery Miles 4 510 Ships in 4 - 6 working days

Onthou jy nog die geur van kaneel op pampoenkoekies in Ouma se kombuis?
Onthou jy nog die geur van chillies in Mexiko se straatmarkte?
Onthou jy nog die geur van heuning op warm plaatkoekies by die huis?
Onthou jy nog die geur van rose in die tuin op 'n soel somersaand?

In Geure kyk Lientjie Wessels voormalige Kokkedoor-deelnemer na dertien geure en geurkombinasies wat haar na aan die hart lê - van daardie eerste onthougeure soos kaneel en vars suurlemoene, die invloed van ander lande se cuisine met olyfwe, sesamsaad en tahini tot waar jy stilstaan om letterlike die blomme te ruik. 'n Nostalgiese én vernuwende kookboek.

Met 'n BA in beeldende kunste, werk Lientjie in verskeie dekorwinkels en as dekorredakteur in publikasies soos Sarie en Elle Decoration en lewer sy oor bydraes vir Pasella. Stukke van haar persoonlike meubelreeks pronk onder andere in die Konsistusionele Hof. Sy maak suksesvolle restaurante oop in Pretoria en Cullilnan, en neem deel aan Kokkedoor seisoen drie. Sy spits haarself tans toe op skilderwerk en spyseniering.

Bak Dit Self - Feestelike Koeke Om Baba Te Vier! (Afrikaans, Paperback): Marlene Schoeman Bak Dit Self - Feestelike Koeke Om Baba Te Vier! (Afrikaans, Paperback)
Marlene Schoeman
R350 R328 Discovery Miles 3 280 Save R22 (6%) Ships in 7 - 11 working days

’n Nuwe baba in die familie is altyd ’n vreugdevolle gebeurtenis en iets wat gevier moet word. Feesvierings kan egter ’n duur spulletjie word, veral as dit by gebak kom. Boonop is koekbak en -versiering iets waarteen baie mense opsien.

In Koeke vir babas wys Marlene dat die mooiste laagkoeke nie ’n onbegonne taak hoef te wees nie. Sy verduidelik hoe om versiersel te kleur, ganache te maak, koeklae egalig deur te sny en verskeie lae op mekaar te stapel sonder dat dit omval. Kaalkoeke (naked cakes) en ombrékoeke word selfs vir die mees onervare bakster maklik gemaak.

Daar is resepte vir elke smaak, van gewone vanielje- en sjokoladekoek, die immergewilde rooifluweel- en wortelkoek, geurige lemoen- en pynappelkoek, tot smullekker klam Hummingbird-koek. Verskeie versiersels en strope is ook ingesluit.

Met behulp van hierdie boek hoef jy jou nie weer te bekommer oor wat om vir watter geleentheid te bak nie, want daar is koekidees vir die bekendstelling van die baba se geslag, ooievaarstees, verjaardae en morskoeke (smash cakes) vir die belangrike klein mensie.

Kom, trek aan jou voorskoot en bak dit self.

Karlien Kan Nie Kook Nie! - Só Maklik, Enigeen Kan Dit Maak! (Afrikaans, Paperback): Karlien van Jaarsveld, Izelle Hoffman Karlien Kan Nie Kook Nie! - Só Maklik, Enigeen Kan Dit Maak! (Afrikaans, Paperback)
Karlien van Jaarsveld, Izelle Hoffman
R200 R188 Discovery Miles 1 880 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Resepte só maklik, enigeen kan dit maak! Karlien van Jaarsveld het baie talente, maar kook is nie een van hulle nie. Soos baie ander mense wil Karlien die berge invaar wanneer iemand haar vra: “Wat eet ons vanaand?”

Toe kom leefstylsjef Izelle Hoffman met 50 resepte vorendag wat só maklik, lekker en vinnig is dat selfs Karlien dit kan maak!

Die gevolg is ’n heerlike resepteboek propvol wengeregte wat jy met min moeite en eenvoudige bestanddele in ’n japtrap kan maak.

Karlien kan nie kook nie sluit alles in van familiekos en trooskos tot romantiese etes vir twee en lekkernye vir die kroos.

Of jy nou vinnig iets ná werk aan mekaar wil slaan of die Sondag grênd wil onthaal, dié boek gaan elke keer tot jou redding kom. Beïndruk jou gesin en jou gaste met hartlike huiskos wat na baie moeite lyk, maar geen moeite is nie!

Clover Onthoukos (Afrikaans, Paperback): Clover Clover Onthoukos (Afrikaans, Paperback)
Clover
R299 Discovery Miles 2 990 Ships in 4 - 6 working days

Kook soos jou ma en jou ouma gekook het! Die meeste van ons het aangename herinneringe oor kos. Dalk ’n gunsteling-dis gemaak deur ’n geliefde ouma of tannie, of ’n spesiale aroma wat ons terugneem na ’n tyd en plek toe die lewe net perfek was. In Clover Onthoukos het ons onderneem om 55 van hierdie betowerende resepte met jou te deel… disse wat jou sal help om die beste oomblikke uit jou kinderjare of lewe te onthou, en wat jou gaste sommer lank sal bybly! Hierdie is die negentiende Clover-resepteboek wat ek bevoorreg is om saam te stel, en net tussen jou en my, ek dink dis een van ons heel bestes tot op hede! Dit bevat daardie resepte waarna almal soek… die resepte wat die komplimente laat inrol, wat jou laat uitstaan as ’n uitstekende bakker, en elke liewe keer ongelooflike resultate verseker. Alle resepte is weer eens gemaak met Soveel Beter Clover-produkte, wat bekend is vir hul uitmuntende kwaliteit, en wat jy heel moontlik alreeds byderhand het in jou kombuiskas of spens. Dit was nog nooit só maklik of bekostigbaar om watertand geregte te kook of bak nie! As ’n ekstra bederf het ons ook dié keer al 55 disse afgeneem – sodat jy presies weet hoe die eindresultaat veronderstel is om te lyk. En om jou aptyt selfs meer aan te wakker. Clover Onthoukos is een van daardie resepteboeke wat jy vir die volgende geslag sal wil bêre, en Clover is trots daarop om ’n deel van hierdie smaaklike nalatenskap te wees. Mag dié boek jou help om meer kosbare herinneringe te skep deur jou kook- en bakwerk!

Maalvleis - 130 Smullekker Resepte (Afrikaans, Paperback): Karen Hart Maalvleis - 130 Smullekker Resepte (Afrikaans, Paperback)
Karen Hart
R304 Discovery Miles 3 040 Ships in 4 - 6 working days

In dié boek deel Karen meer as 100 liplekker maalvleisresepte. Sy begin by hoe jy jou eie maalvleis kan maak, basiese frikkadelle en dan gee sy 'n verskeidenheid resepte van morsjorse tot iets vir die spogtafel. Met lekker resepte vir piekniekbederfies, pastageregte, pasteie en 'n groot verskeidenheid burgers. Met 'n hele arsenaal speserymengsels vir jou koskas, help sy jou om met die afskeepkind van die vleisfamilie iets spesiaals op te tower.

Smullekker Sop (Afrikaans, Staple bound): Hendri Warricker Smullekker Sop (Afrikaans, Staple bound)
Hendri Warricker
R61 Discovery Miles 610 Ships in 4 - 6 working days

Op soek na inspirasie vir heerlike gesinskos wat iets nuuts en anders is? Die reeks lekker & vinnig is net die antwoord... Smaaklike resepte met bestanddele wat reeds in die koskas is of geredelik beskikbaar is by die meeste supermarkte. Ontdek nuwerwetse kombinasies en interessante smake wat gou familiegunstelinge sal word.

Maklike Soet Happies vir Kinders (Afrikaans, Paperback): Janette Mocke Maklike Soet Happies vir Kinders (Afrikaans, Paperback)
Janette Mocke
R231 Discovery Miles 2 310 Ships in 4 - 6 working days

Soos 'n mens van die titel kan aflei, is Maklike soet happies vir kinders bedoel vir enigeen wat vir hul kind die perfekte partytjie wil gee sonder om die begroting te knou of ure in die kombuis deur te bring. Met betreklik min, algemeen beskikbare koekies, lekkers en versierings is dit moontlik om 'n verskeidenheid partytjie-soetgoed vir 'n seun of 'n dogter te maak. Van die temas sluit in voertuie en vliegtuie, ruimtewesens en grillerige goed, en prinsesse en fantasiewoude. Leer hoe om malvalekkers, roomyshorinkies, Rice Krispies, mariebeskuitjies en 'n verskeidenheid lekkertjies te omtower in 'n oorvloed figuurtjies, diere en vorms wat jong partytjiegangers sal verstom. Fotografie prikkel die verbeelding en danksy duidelike aanwysings en nuttige wenke, sal jy in 'n japtrap self aanloklike eetgoed vir 'n kinderpartytjie kan maak.

Evita Se Bossie Sikelela (Afrikaans, Hardcover): Evita Bezuidenhout Evita Se Bossie Sikelela (Afrikaans, Hardcover)
Evita Bezuidenhout
R170 R109 Discovery Miles 1 090 Save R61 (36%) Ships in 5 - 7 working days

Evita – bekroonde sjef en ikoon van die nasie – bring vir jou die heerlikste disse van haar omswerwinge deur gans Suid-Afrika en die wye wêreld.

Van die Kaap tot in Limpopo, van die Weskus tot daar waar die President vandaan kom, rol die borde in vol kwartels en tarentaalsvleis met pruimedante. Kweperbredie en lemoeneend. Pofadders, beesstert en soetsuur vlakvark. Sy maak ou geregte nuut, en berei veldkos fyn – wie het kon dink aan waterblommetjiehoender of botterblomslaai vir die eetkamertafel?

Iedere resep getoets en gekeur, almal verspot maklik om te maak. Goeiste, net om haar boek te lees of deur te blaai is al ’n smakkende ervaring, met al die prente van ons vriendin op al die plekke waar sy was.

Eers was dit Kossie Sikelela, nou Bossie – ’n nuwe kou-front tref jou tafel.

Gourmet Safari (Afrikaans, Hardcover): Donovan Van Staden Gourmet Safari (Afrikaans, Hardcover)
Donovan Van Staden
R244 Discovery Miles 2 440 Ships in 4 - 6 working days

Have you ever wondered what makes up a typical day in a luxury safari lodge in Africa? Apart from the excitement of sighting one of the Big Five while out on a game drive or guided walk in the bush, there is much more to what makes the safari experience so special and memorable. One of the most important factors that can make or break your getaway adventure is the food and service at the lodge where you’re staying.

Donovan van Staden, Group Executive Chef for Sanctuary Retreats, is responsible for training the chefs and has compiled this mouthwatering collection of recipes that feature on the menus of the lodges, which are set in exotic locations such as the Bwindi Impenetrable Forest in Uganda, the Masai Mara in Kenya, and the Okavango Delta in Botswana.

The book is divided into chapters that cover the food served throughout a safari day, from the early-morning biscuits before you depart on the first game drive, to breakfast, lunch and dinner, with afternoon tea, sundowner snacks and canapés in between. The food photography is a feast for the eyes and the accompanying images of the lodges, their friendly and hospitable staff, the magnificent locations and wildlife will have you cooking up a storm to invoke the safari experience or will see you planning your next holiday to one of these remarkable establishments.

Maklike Paleo-Resepte 2023 Vir Almal - Heerlike Resepte Om Gewig Te Verloor (Afrikaans, Paperback): Bronwyn Mostert Maklike Paleo-Resepte 2023 Vir Almal - Heerlike Resepte Om Gewig Te Verloor (Afrikaans, Paperback)
Bronwyn Mostert
R1,002 R851 Discovery Miles 8 510 Save R151 (15%) Ships in 18 - 22 working days

Die lae-koolhidraat dieet is nou een van die gewildste vorme van dieet. Selfs op die gebied van uithouvermoësport is die paleo-dieet 'n belangrike onderwerp.

Maar wat is die werklike voordeel van die paleo-dieet?

Die liggaam sit oortollige energie om in vet.

Baie paleo-dieetkundiges beweer dat die omskakeling van koolhidrate in 'n stof soos suiker bloedsuikervlakke verhoog.

Om dit weer te verminder, vervaardig die menslike liggaam insulien, wat die verbranding van vet verminder. Terselfdertyd keer die gevoel van honger terug.

Die beginsel van Paleo is: As die hoë-koolhidraat dieet gestaak word, gebruik die liggaam ook meer vet.

Onthoukos - Ouma Se Treffers Vir Vandag Se Kombuis (Afrikaans, Paperback): Tiaan Langenegger Onthoukos - Ouma Se Treffers Vir Vandag Se Kombuis (Afrikaans, Paperback)
Tiaan Langenegger
R360 R337 Discovery Miles 3 370 Save R23 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Vir sjef Tiaan Langenegger was dit sedert sy kinderjare ’n droom om sy eie kookboek te hê. Vandat hy op dertienjarige ouderdom Jamie Oliver se eerste kookboek, The Naked Chef, gesien het, het hy geweet dit is wat hy ook wil doen – hy wil met kos werk en ’n “seleb” wees – dis nou voordat hy besef het wat laasgenoemde regtig behels!

Na aanleiding van Tiaan se kookprogramme Tiaan onthou, Tiaan kook en Tiaan proe op kykNET en Showmax het hy baie navrae van kykers gekry oor waar hulle die resepte kan kry, en só is die idee vir sy eie kookboek gebore.

Dit is geïnspireer deur sy ma en ouma se kos, en dis baie anders as wat hy jare gelede gedink het dit sou wees: Dit is meer “back to basics”. Hy deel ook resepte wat hy deur die jare geleer maak het waar hy in verskillende bekende restaurante gewerk het, waaronder Le Quartier Français op Franschhoek en Overture op Stellenbosch.

Super Indiese Resepte 2023 vir Beginners - Heerlike resepte uit die tradisie (Afrikaans, Paperback): Werner Motaung Super Indiese Resepte 2023 vir Beginners - Heerlike resepte uit die tradisie (Afrikaans, Paperback)
Werner Motaung
R996 R846 Discovery Miles 8 460 Save R150 (15%) Ships in 18 - 22 working days

Met behulp van die ryk tradisies van Indië, neem hierdie gids jou smaak iewers waar hulle waarskynlik nog nooit tevore was nie.

Jy sal die streekskombuise van Indië wat selde geproe word met baie gesonde resepte verken.

Leer om die kuns van Indiese kookkuns te bemeester met maklik om heerlike maaltye voor te berei. Die fyn gekruide disse is net reg, voedsaam en kan vinnig voorberei word.

Sommige sou dink speserye is net iets wat die smaak van 'n maaltyd verander. Nadat u Indiese speserye en Indiese kookkuns leer ken het, sou 'n mens egter ten volle bewus wees van hul groot voordele vir beide die verhemelte en ons gesondheid.

Sommige van die voordele van kook met borrie en ander Indiese speserye sluit in:

  • Diabetes beheer
  • Laer risiko van hartsiektes
  • Kankervoorkoming
  • En baie meer!

Daar is bekende en klassieke Indiese resepte soos dals, kerries en piekels, saam met minder bekendes wat vars, seisoenale bestanddele gebruik.
Maklike Sous Vide Resepte 2023 vir beginners - Heerlike resepte om jou vriende te verras (Afrikaans, Paperback): Lesley Van Der... Maklike Sous Vide Resepte 2023 vir beginners - Heerlike resepte om jou vriende te verras (Afrikaans, Paperback)
Lesley Van Der Berg
R1,002 R851 Discovery Miles 8 510 Save R151 (15%) Ships in 18 - 22 working days
Die Swanepoel Oumas se Resepte - 1921 - 1970: Resepte van Susara en Susanna Swanepoel (Afrikaans, Paperback): Susara Jacomina... Die Swanepoel Oumas se Resepte - 1921 - 1970: Resepte van Susara en Susanna Swanepoel (Afrikaans, Paperback)
Susara Jacomina Swanepoel, Susanna Magdalena Swanepoel, Marinus Swanepoel
R358 Discovery Miles 3 580 Ships in 18 - 22 working days

Die versamelde resepte van Susara en Susanna Swanepoel. Die boek deel ook familie- en ander foto's van die twee oumas en gee 'n kykie van hulle leefwêreld. Ouma Sarie (Susara Jacomina Isubella Bothma gebore 31 Desember 1896 te Vlakkraal in die distrik Prins Albert) was getroud met oupa Daan Swanepoel (Daniel Jan Hendrik gebore 3 Februarie 1898 te Weltevrede in die distrik Prins Albert ) Hulle het op die plaas Vredehof, ook in die distrik Prins Albert, ’n bestaansboerdery gehad. Liggaam en siel is aanmekaar gehou met skape, vrugte en groente. Die plaas het nooit elektrisiteit gehad in ouma Sarie leeftyd nie, die swart houtstoof is daaglike gebruik. By uitsondering is daar van 'n parafien stofie gebruik gemaak wat net 'n enkele brandkop het.

Ouma Sannie (Susanna Magdalena Barnard gebore 17 Julie 1928 te Outeniqua in die distrik George) het getrou met ouma Sarie en oupa Daan se jongste seun Fanie (Stephanus Jacobus Swanepoel gebore 21 Oktober 1929 te Weltevrede). Hulle het mekaar in George ontmoet waar hulle by dieselfde losieshuis in Merrimanstraat loseer het. Oupa Fanie het gewerk as ’n vakleerling om ’n motorwerktuigkundige te word. Ouma Sannie het in ’n skoen fabriek gewerk.

Nie een van die twee oumas was eintlik bekend vir hulle kook- of bak vernuf nie. Die resepte is meestal versamel as deel van hulle pogings om ’n lekkerny en ’n bederfie te maak. Resepte is meesal vir koek, kleinkoekies, tert en konfyt.

Maaltye - Maklike Geregte vir Elke Geleentheid (Afrikaans, Paperback): Christine Capendale Maaltye - Maklike Geregte vir Elke Geleentheid (Afrikaans, Paperback)
Christine Capendale
R467 Discovery Miles 4 670 Ships in 4 - 6 working days

Die bereiding van lekker en voedsame maaltye vir die gesin is gewoonlik hoog op die lys van uitdagings wat ons elke dag die hoof moet bied. In Maaltye – maklike geregte vir elke dag kan jy slim oplossings kry vir middagetes, aandetes en onthaalmaaltye wat jou familie en vriende sal geniet en weer voor sal vra. Geïnspireer deur mense wat graag interessante en gesonde kos eet maar nie baie tyd het vir koskook nie, het Christine Capendale verleidelike geregte geskep wat nogtans maklik is om te maak en jou nie ure lank in die kombuis besig sal hou nie.

Martelize Kook! - Jy's Genooi (Afrikaans, Paperback): Martelize Brink Martelize Kook! - Jy's Genooi (Afrikaans, Paperback)
Martelize Brink
R399 Discovery Miles 3 990 Ships in 4 - 6 working days

RSG-omroeper en glanspersoonlikheid Martelize Brink bring vir jou die heerlikste kuierdisse. Die versameling van meer as 80 resepte strek van brode, uithanghappies, vis en seekos en watertandhoofdisse met vleis, wild en hoender, tot by die maaltye wat sy graag na 'n lang werkdag in haar warm kombuis geniet. Die geregte is uniek, smaaklik en suiwer genot - wie het kon dink aan beeswange of spinasie-paneer vir die eetkamertafel? Iedere resep is getoets, gekeur en verspot maklik om te maak.

Marilyn Kuier En Kook! (Afrikaans, Paperback): Marilyn Gantana Marilyn Kuier En Kook! (Afrikaans, Paperback)
Marilyn Gantana
R241 Discovery Miles 2 410 Ships in 4 - 6 working days

As ’n eggenote en pastoriemoeder, ma van drie volwasse kinders en voltydse hoërskoolonderwyseres weet Marilyn Gantana presies hoe kosbaar tyd is. In Marilyn kuier en kook! nooi sy ons om te deel in die keur van haar versameling resepte wat sy vir meer as 30 jaar al bymekaar maak en toets. Daar is familieresepte wat sy tydens haar grootwordjare by haar ma en tannies geleer het en dan ook die wonderlike staatmakers wat geliefde gemeentelede van Loeriesfontein en Grabouw met haar gedeel het. Smulkos soos gebraaide lamsribbetjies, pannekoekies met hoendervulsel, mini-seekos quiches en roosterkoek word op ’n eenvoudige en bekostigbare manier berei met bestanddele wat reeds in elke Suid-Afrikaner se koskas teenwoordig is. Die resepte is sonder fiemies, doenbaar en gou om te maak.

Smeul - Drie Vroue, Een Kombuis (Afrikaans, Paperback): Riana Scheepers, Marietjie Koekemoer Smeul - Drie Vroue, Een Kombuis (Afrikaans, Paperback)
Riana Scheepers, Marietjie Koekemoer 1
R252 Discovery Miles 2 520 Ships in 4 - 6 working days

Braaisnoek op die kole, swartmossels met ‘n lekker brosbrood, ontbeende gevulde skaapkop, sampioenrisotto, nastergalkaaskoek, beesstertsop met ’n Thaise kinkel en oondgebakte kwartels is net ‘n paar van die verruklike resepte uit Smeul – die resultaat van drie vroue, laatnagkuiers in die kombuis en hul gunsteling resepte.

Soettand (Afrikaans, Paperback): Koelsoem Kamalie, Flori Schrikker Soettand (Afrikaans, Paperback)
Koelsoem Kamalie, Flori Schrikker 2
R178 Discovery Miles 1 780 Ships in 4 - 6 working days

Koelsoem en Flori, Suid-Afrika se gunsteling-tannies van Bonteheuwel, is terug met hul tweede boek, Soettand. In die boek deel hulle poedings en soetgebak wat dekades lank al familiegunstelinge is, soos Ouma Rachel se doekpoeding, onderstebo-tert, Mamma Rose se potpoeding, Maleise koesisters, bobaas-bollas, Yuwin se waatlemoenysies, gemmerpoeding, broodpoeding met ’n verskil, Hertzoggies en die berugte Tweegevrietjies. Die eerlike en onopgesmukte kos uit die hartjie van Koelsoem Kamalie en Flori Schrikker se kombuise in Bonteheuwel op die Kaaspe Vlakte het Suid-Afrikaners geheel en al betower. Die twee afgetrede tannies se onfeilbare resepte, perfek beproef na jare se ondervinding, het daarvoor gesorg dat Kook saam Kaaps, hul eerste boek, topverkoperstatus bereik het, met amper 10 000 eksemplare wat binne ses maande verkoop is. Koelsoem en Flori het ook hul eie kookreeks van 13 episodes op televisie losgeslaan. Flori en Koelsoem se kosse word elke Woensdagaand om 18:00 op VIA (kanaal 147) uitgesaai.

Tuistafel - Kook Saam Met Die Huiskok (Afrikaans, Hardcover): Errieda du Toit Tuistafel - Kook Saam Met Die Huiskok (Afrikaans, Hardcover)
Errieda du Toit
R425 Discovery Miles 4 250 Ships in 4 - 6 working days

Tuistafel trek jou in met kosmaak se klein en groot plesiere – of dit ’n eenvoudige onthoukos-gereg of ’n feesmaal saam met kleurryke kosvriende is. Tuistafel bevat resepte fyn gestippel met familie- en kindsbeenkos. Dit vertel ook van die rykdom van vriende aan tafel en kos wat sy arms wyd strek. Kos van verlange soos melkkos vat hande met avontuurlike eetplesiere soos roomystoebroodjies uit Korea.

Een Pot, Pan, Bakplaat (Afrikaans, Paperback): Mari-Louis Guy, Callie Maritz Een Pot, Pan, Bakplaat (Afrikaans, Paperback)
Mari-Louis Guy, Callie Maritz
R346 Discovery Miles 3 460 Ships in 4 - 6 working days

Callie en Mari-Louis maak jou lewe makliker met maaltye in een pot, braai- of oondpan – spaar elektrisieteit en arbeid met boonop die minimum skottelgoed.

Heerlike en moeite-vrye resepte vir bees-, hoender- of varkvleis, asook wors, spekvleis en ham, frikkadelle en selfs vleislose geregte. Elk met ’n stysel en groente om ’n volledige maaltyd te maak.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Dark Psychology - Uncover the Secrets to…
Robert Goleman Hardcover R741 Discovery Miles 7 410
Principles of Mechanics
Salma Al-Rasheed Hardcover R1,294 Discovery Miles 12 940
Life-Span Human Development
Carol Sigelman, Elizabeth Rider Hardcover R4,454 Discovery Miles 44 540
The Electrostatic Accelerator - A…
Ragnar Hellborg, Harry J. Whitlow Hardcover R1,837 Discovery Miles 18 370
Radiative Properties of Semiconductors
N.M. Ravindra Paperback R753 Discovery Miles 7 530
Optics - The Science of Light
Paul Ewart Hardcover R1,486 Discovery Miles 14 860
Handbook of Radioisotopes
Peggy Sparks Hardcover R2,380 Discovery Miles 23 800
Applied Behavior Analysis Advanced…
James K. Luiselli Paperback R1,650 Discovery Miles 16 500
Midnight in Chernobyl - The Untold Story…
Adam Higginbotham Paperback R529 R498 Discovery Miles 4 980
Nuclear Density Functional Theory
I.Zh. Petkov, M.V. Stoitsov Hardcover R3,616 Discovery Miles 36 160

 

Partners