![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Books > Afrikaans > Kook en Geniet
Op soek na inspirasie vir heerlike gesinskos wat iets nuuts en anders is? Die reeks lekker & vinnig is net die antwoord... Smaaklike resepte met bestanddele wat reeds in die koskas is of geredelik beskikbaar is by die meeste supermarkte. Ontdek nuwerwetse kombinasies en interessante smake wat gou familiegunstelinge sal word.
Weber Braai Bybel is ’n alles-in-een meestersklas oor elke aspek van die gewilde ketelbraai. Of jy nou met gas of houtskool kook, sal hierdie omvattende gids alles dek wat die ywerige eienaar van ’n ketelbraai behoort te weet. Leer hoe om die perfekte steak of ribbetjies gaar te maak, om ’n lamsbeen oop te vlek, om hoenderboudjies en –vlerkies te braai sonder om dit te verbrand, en hoe om ’n kalkoen te berook. Daar is wenke en goeie idees wat die geheime van ’n suksesvolle braai sal onthul, terwyl hoofstukke oor marinades, geurmiddels en souse jou sal inspireer om jou eie kenmerkende smake saam te stel. Van sosati es, tjops en burgers tot meer ingewikkelde spitbraaie, geroosterde groente, pizza oor die kole en piesang-s’mores, is hierdie boek propvol resepte vir braai regdeur die jaar. As braai deel is van jou leefstyl en jy jou buitemuurse kookvernuf wil verbeter, hoef jy nie verder as die Weber Braai Bybel te soek nie!
Om laekoolhidraat-maaltye voor te berei hoef nie vervelig of saai te wees nie. Ine Reynierse, outeur van die topverkoper Low-Carb Is Lekker, bring alledaagse disse weer terug na die laekoolhidraat-hoevet-spyskaart. Met haar unieke deegresepte kan jy nou brood, muffins, oliebolle, nachos, pizza, vetkoek en selfs koeksisters geniet, maar sonder die oortollige koolhidrate. Haar eenvoudige en fynproewermaaltye, waaronder ’n paar plaaslike gunstelinge asook gunstelinge van oor die wereld heen, sal die hele gesin laat vra na meer ... meer gesonde maaltye! As jy op soek is na eenvoudige en sakpasresepte vir 'n laekoolhidraat-leefstyl, is die boek jou beste bondgenoot.
’n Geslag jong volwassenes het Help! Daar’s ’n Stoof in My Kombuis, Annabel Frere se eerste kookboek, leer ken, is mal daaroor en afh anklik daarvan. Dieselfde geslag het die jong beroepslui geword wat nou op ’n ietwat meer gesofistikeerde vlak moet onthaal. As skrywer het Annabel al hierdie stadiums met haar eie dogters meegemaak, en sy het weer eens smaaklike en relatief eenvoudige resepte vir geleenthede saamgestel – van onbeplande samekomste tot goedgeorganiseerde geleenthede. Groot klem word op goeie beplanning gelê, asook kos wat vooraf berei kan word sodat die kok soveel tyd moontlik aan sy of haar gaste kan bestee, pleks daarvan om die dag in die kombuis deur te bring. Aandag word ook gegee aan tekstuur en aanbieding, met heelwat wenke en voorstelle oor moeitelose onthaal. Waar disse dalk meer ingewikkeld lyk, is Annabel uitstekend daarmee om die misterie te ontsluit. En natuurlik is geen partytjie volledig sonder die regte vloeibare begeleiding nie. Dus is daar ’n hoofstuk oor ’n verskeidenheid skemerkelkies, met en sonder alkohol.
Op soek na inspirasie vir heerlike gesinskos wat iets nuuts en anders is? Die reeks lekker & vinnig is net die antwoord... Smaaklike resepte met bestanddele wat reeds in die koskas is of geredelik beskikbaar is by die meeste supermarkte. Ontdek nuwerwetse kombinasies en interessante smake wat gou familiegunstelinge sal word.
Op soek na inspirasie vir heerlike gesinskos wat iets nuuts en anders is? Die reeks lekker & vinnig is net die antwoord... Smaaklike resepte met bestanddele wat reeds in die koskas is of geredelik beskikbaar is by die meeste supermarkte. Ontdek nuwerwetse kombinasies en interessante smake wat gou familiegunstelinge sal word.
In Die Edik van Nantes-kookboek nooi Nataniël en sy broer, Erik le Roux, jou uit om saam met hulle 'n kosreis na Nantes, Frankryk, te onderneem. Kom kyk hoe lyk die château waar Erik en sy gesin bly, beskou die argitektoniese wonders van Nantes en beleef die koue winter saam met hulle. Met resepte uit die eerste vier reekse van die gelyknamige TV-reeks asook nuwe resepte wat Nataniël en Erik by die huis maak. Maak Franse uiesop, clafoutti, artisjokpoeding, brioche met salm, bloubessiesjampanjesop en sjokoladeklappertruffels net soos die Franse kan. 'n Visuele fees vir die oog.
In die herverpakte sagteband uitgawe van Vuurwerke deel die bekende en ikoniese Jan Braai sy kennis van vuurmaak en vleis met al sy aanhangers. As daar een persoon is wat weet van braai dan is dit Jan Braai. Hy het al met duisende Suid-Afrikaners regoor die land gebraai en verstaan wat mense wil weet oor braai. Die boek bevat Jan se duidelike en deeglike instruksies vir die braai van steak, lampstjops, sosaties en beestert-potjie. As jy dit eers bemeester het, kan jy die braairibbetjie, lamsboud of spitbraai takel. Om nie te vergeet van die ou gunstelinge soos braaibroodtjies, stywe pap, mielies en selfs ’n nagereg of twee nie. Met die hardeband uitgawe van Vuurwerke wat meer as 20 000 kopiee verkoop het is die boek definitief ’n gunsteling onder Suid-Afrikaanse braailiefhebbers.
Evita – bekroonde sjef en ikoon van die nasie – bring vir jou die heerlikste disse van haar omswerwinge deur gans Suid-Afrika en die wye wêreld. Van die Kaap tot in Limpopo, van die Weskus tot daar waar die President vandaan kom, rol die borde in vol kwartels en tarentaalsvleis met pruimedante. Kweperbredie en lemoeneend. Pofadders, beesstert en soetsuur vlakvark. Sy maak ou geregte nuut, en berei veldkos fyn – wie het kon dink aan waterblommetjiehoender of botterblomslaai vir die eetkamertafel? Iedere resep getoets en gekeur, almal verspot maklik om te maak. Goeiste, net om haar boek te lees of deur te blaai is al ’n smakkende ervaring, met al die prente van ons vriendin op al die plekke waar sy was. Eers was dit Kossie Sikelela, nou Bossie – ’n nuwe kou-front tref jou tafel.
SAAM is die Suid-Afrikaanse huiskoskampioen Errieda du Toit se uitsonderlike kookboek oor kos wat ons die meeste geniet en die kultuur waarmee resepte in gemeenskapsresepteboekies gedeel word. Errieda verdiep haar in 150 boekies wat oor 100 jaar uitgegee is en vorm ’n spesiale band met die resepte op die omkrulblaaie vol kosvlekke uit dié versamelings. In dié eiesoortige resepteboek vier Errieda ons noue verhouding met die nederige gemeenskapsboekies, die invloed daarvan op ons koskultuur en die kenmerkende gees van samewerking. SAAM is ’n genotvolle huldeblyk aan die genre wat in ’n moderne trant en effe tong-in-die-kies inspirasie in ons kosherinneringe vind. Die verskeidenheid resepte is ruimmhartig, gasvry en vol warmte soos die huiskokke wat dit oorspronklik in die boekies gedeel het – die aanhouers (langasem-resepte wat bly oorleef), die flatervryes (epiese staatmakers), kos vir oor-en-weer-kuiers en retrogunstelinge wat ons as erfeniskos koester. Met net die regte balans tussen nostalgie, modernisering van ou resepte en boeiende vertellinge is SAAM dié boek vir huiskokke, kookboekversamelaars en almal wat nuuskierig en entoesiasties is oor Suid-Afrikaanse kos.
Hier’s Armand weer, sonder klere voor jou deur… Armand se eerste kookboek was ’n wegholsukses. Sy toeganklike benadering tot kos het baie mense oortuig van ’n nuwe manier van eet én leef – vars, onopgesmuk, met sakpas-bestanddele in die keto- en banting-styl. Sy boek het gewys: Van lekker eet kom gesondheid en optimale gewig. In sy nuwe boek stroop Armand sy gunstelingdisse (en homself) nog verder. Sy selfopgelegde uitdaging was om bestanddele wat reeds in sy koskas was, te gebruik. Dié kreatiewe verkennings lei tot ’n ‘van-plaas-tot-tafel’-aanslag wat wys dat die smaaklikste en gesondste kos eenvoudige kos is. Armand Kook Kaal 2 bestaan uit 50 banting- en keto-vriendelike disse. Stap-virstap, en met pragfoto’s daarby, wys Armand hoe om heerlike disse te skep uit vars bestanddele sonder om die skaal of beursie te laat ly. Voeg Armand se keto-kruierolletjies, murgpamoen-röstis, en klappermelkpanna cotta tot jou kookarsenaal toe en pluk die vrugte.
Resepte só maklik, enigeen kan dit maak! Karlien van Jaarsveld het baie
talente, maar kook is nie een van hulle nie. Soos baie ander mense wil
Karlien die berge invaar wanneer iemand haar vra: “Wat eet ons vanaand?”
Vir sjef Tiaan Langenegger was dit sedert sy kinderjare ’n droom om sy eie kookboek te hê. Vandat hy op dertienjarige ouderdom Jamie Oliver se eerste kookboek, The Naked Chef, gesien het, het hy geweet dit is wat hy ook wil doen – hy wil met kos werk en ’n “seleb” wees – dis nou voordat hy besef het wat laasgenoemde regtig behels! Na aanleiding van Tiaan se kookprogramme Tiaan onthou, Tiaan kook en Tiaan proe op kykNET en Showmax het hy baie navrae van kykers gekry oor waar hulle die resepte kan kry, en só is die idee vir sy eie kookboek gebore. Dit is geïnspireer deur sy ma en ouma se kos, en dis baie anders as wat hy jare gelede gedink het dit sou wees: Dit is meer “back to basics”. Hy deel ook resepte wat hy deur die jare geleer maak het waar hy in verskillende bekende restaurante gewerk het, waaronder Le Quartier Français op Franschhoek en Overture op Stellenbosch.
’n Nuwe baba in die familie is altyd ’n vreugdevolle gebeurtenis en iets wat gevier moet word. Feesvierings kan egter ’n duur spulletjie word, veral as dit by gebak kom. Boonop is koekbak en -versiering iets waarteen baie mense opsien. In Koeke vir babas wys Marlene dat die mooiste laagkoeke nie ’n onbegonne taak hoef te wees nie. Sy verduidelik hoe om versiersel te kleur, ganache te maak, koeklae egalig deur te sny en verskeie lae op mekaar te stapel sonder dat dit omval. Kaalkoeke (naked cakes) en ombrékoeke word selfs vir die mees onervare bakster maklik gemaak. Daar is resepte vir elke smaak, van gewone vanielje- en sjokoladekoek, die immergewilde rooifluweel- en wortelkoek, geurige lemoen- en pynappelkoek, tot smullekker klam Hummingbird-koek. Verskeie versiersels en strope is ook ingesluit. Met behulp van hierdie boek hoef jy jou nie weer te bekommer oor wat om vir watter geleentheid te bak nie, want daar is koekidees vir die bekendstelling van die baba se geslag, ooievaarstees, verjaardae en morskoeke (smash cakes) vir die belangrike klein mensie. Kom, trek aan jou voorskoot en bak dit self.
Die lae-koolhidraat dieet is nou een van die gewildste vorme van dieet.
Selfs op die gebied van uithouvermoësport is die paleo-dieet 'n
belangrike onderwerp.
Die versamelde resepte van Susara en Susanna Swanepoel. Die boek deel
ook familie- en ander foto's van die twee oumas en gee 'n kykie van
hulle leefwêreld. Ouma Sarie (Susara Jacomina Isubella Bothma gebore 31
Desember 1896 te Vlakkraal in die distrik Prins Albert) was getroud met
oupa Daan Swanepoel (Daniel Jan Hendrik gebore 3 Februarie 1898 te
Weltevrede in die distrik Prins Albert ) Hulle het op die plaas
Vredehof, ook in die distrik Prins Albert, ’n bestaansboerdery gehad.
Liggaam en siel is aanmekaar gehou met skape, vrugte en groente. Die
plaas het nooit elektrisiteit gehad in ouma Sarie leeftyd nie, die
swart houtstoof is daaglike gebruik. By uitsondering is daar van 'n
parafien stofie gebruik gemaak wat net 'n enkele brandkop het.
Met behulp van die ryk tradisies van Indië, neem hierdie gids jou smaak
iewers waar hulle waarskynlik nog nooit tevore was nie.
Daar is bekende en klassieke Indiese resepte soos dals, kerries en piekels, saam met minder bekendes wat vars, seisoenale bestanddele gebruik.
Onthou jy nog die geur van kaneel op pampoenkoekies in Ouma se kombuis?
Kook soos jou ma en jou ouma gekook het! Die meeste van ons het aangename herinneringe oor kos. Dalk ’n gunsteling-dis gemaak deur ’n geliefde ouma of tannie, of ’n spesiale aroma wat ons terugneem na ’n tyd en plek toe die lewe net perfek was. In Clover Onthoukos het ons onderneem om 55 van hierdie betowerende resepte met jou te deel… disse wat jou sal help om die beste oomblikke uit jou kinderjare of lewe te onthou, en wat jou gaste sommer lank sal bybly! Hierdie is die negentiende Clover-resepteboek wat ek bevoorreg is om saam te stel, en net tussen jou en my, ek dink dis een van ons heel bestes tot op hede! Dit bevat daardie resepte waarna almal soek… die resepte wat die komplimente laat inrol, wat jou laat uitstaan as ’n uitstekende bakker, en elke liewe keer ongelooflike resultate verseker. Alle resepte is weer eens gemaak met Soveel Beter Clover-produkte, wat bekend is vir hul uitmuntende kwaliteit, en wat jy heel moontlik alreeds byderhand het in jou kombuiskas of spens. Dit was nog nooit só maklik of bekostigbaar om watertand geregte te kook of bak nie! As ’n ekstra bederf het ons ook dié keer al 55 disse afgeneem – sodat jy presies weet hoe die eindresultaat veronderstel is om te lyk. En om jou aptyt selfs meer aan te wakker. Clover Onthoukos is een van daardie resepteboeke wat jy vir die volgende geslag sal wil bêre, en Clover is trots daarop om ’n deel van hierdie smaaklike nalatenskap te wees. Mag dié boek jou help om meer kosbare herinneringe te skep deur jou kook- en bakwerk!
In dié boek deel Karen meer as 100 liplekker maalvleisresepte. Sy begin by hoe jy jou eie maalvleis kan maak, basiese frikkadelle en dan gee sy 'n verskeidenheid resepte van morsjorse tot iets vir die spogtafel. Met lekker resepte vir piekniekbederfies, pastageregte, pasteie en 'n groot verskeidenheid burgers. Met 'n hele arsenaal speserymengsels vir jou koskas, help sy jou om met die afskeepkind van die vleisfamilie iets spesiaals op te tower.
RSG-omroeper en glanspersoonlikheid Martelize Brink bring vir jou die heerlikste kuierdisse. Die versameling van meer as 80 resepte strek van brode, uithanghappies, vis en seekos en watertandhoofdisse met vleis, wild en hoender, tot by die maaltye wat sy graag na 'n lang werkdag in haar warm kombuis geniet. Die geregte is uniek, smaaklik en suiwer genot - wie het kon dink aan beeswange of spinasie-paneer vir die eetkamertafel? Iedere resep is getoets, gekeur en verspot maklik om te maak.
Koelsoem en Flori, Suid-Afrika se gunsteling-tannies van Bonteheuwel, is terug met hul tweede boek, Soettand. In die boek deel hulle poedings en soetgebak wat dekades lank al familiegunstelinge is, soos Ouma Rachel se doekpoeding, onderstebo-tert, Mamma Rose se potpoeding, Maleise koesisters, bobaas-bollas, Yuwin se waatlemoenysies, gemmerpoeding, broodpoeding met ’n verskil, Hertzoggies en die berugte Tweegevrietjies. Die eerlike en onopgesmukte kos uit die hartjie van Koelsoem Kamalie en Flori Schrikker se kombuise in Bonteheuwel op die Kaaspe Vlakte het Suid-Afrikaners geheel en al betower. Die twee afgetrede tannies se onfeilbare resepte, perfek beproef na jare se ondervinding, het daarvoor gesorg dat Kook saam Kaaps, hul eerste boek, topverkoperstatus bereik het, met amper 10 000 eksemplare wat binne ses maande verkoop is. Koelsoem en Flori het ook hul eie kookreeks van 13 episodes op televisie losgeslaan. Flori en Koelsoem se kosse word elke Woensdagaand om 18:00 op VIA (kanaal 147) uitgesaai.
Is jy lief daarvoor om kos te maak, maar haat jy al die skottelgoed wat na die tyd gewas moet word? 50 Eenpotgeregte bevat vyftig smaaklike disse wat alles in een kastrol, pan of bak voorberei kan word. Sodoende kan jy lekker en voedsame maaltye voorberei sonder om onnodige tyd in die kombuis te spandeer. Al die resepte maak gebruik van bestanddele wat reeds in jou koskas is of maklik bekombaar is by jou plaaslike supermark. Die resepte sluit treffers in soos: Beesvleisbredie met kruiekluitjies; Hoenderkerrie; Spek-en-boontjiesop; Seekospasta; Pynappelhoender.
Callie en Mari-Louis maak jou lewe makliker met maaltye in een pot, braai- of oondpan – spaar elektrisieteit en arbeid met boonop die minimum skottelgoed. Heerlike en moeite-vrye resepte vir bees-, hoender- of varkvleis, asook wors, spekvleis en ham, frikkadelle en selfs vleislose geregte. Elk met ’n stysel en groente om ’n volledige maaltyd te maak. |
![]() ![]() You may like...
Judy Garland, Lost on the Yellow Brick…
Michael Lee Simpson, Michael Selsman
Hardcover
Victoria's Lost Pavilion - From…
Paul Fyfe, Antony Harrison, …
Hardcover
R2,020
Discovery Miles 20 200
Architecture and Mathematics from…
Kim Williams, Michael J. Ostwald
Hardcover
R4,643
Discovery Miles 46 430
|