0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (1)
  • R50 - R100 (5)
  • R100 - R250 (27)
  • R250 - R500 (62)
  • R500+ (9)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Kook en Geniet

Vleis - Die Omvattende Gids (Afrikaans, Paperback): Annelien Pienaar Vleis - Die Omvattende Gids (Afrikaans, Paperback)
Annelien Pienaar
R310 R277 Discovery Miles 2 770 Save R33 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Suid-Afrikaners is nou maar eenmaal gaande oor vleis. Dis onontbeerlik op enige feestafel, en vir die meeste van ons is selfs ’n gewone weeksaandete nie volledig daarsonder nie. Nie net is dit heerlik en vullend nie, dis ook propvol voedingstowwe wat goed is vir ons.

Vleis: Die Omvattende Gids is ’n moderne ensiklopedie wat ’n ereplek verdien in die kombuis van almal wat graag vleis eet en gaarmaak. Afgesien van resepte vir smullekker vleisgeregte vir elke okkasie bevat dit hope inligting oor die beste manier om die verskillende snitte en soorte vleis te berei, hoe om vleis te vries of tot perfeksie te verouder, tesame met ’n hordes wenke om geur en sappigheid te verseker – alles sonder preserveer- en ander kunsmatige bymiddels. Die voedselwetenskaplike en gewilde kosskrywer Annelien Pienaar se passie vir goeie, volhoubare vleis word weerspieël op elke bladsy van hierdie boek.

Vleis: Die Omvattende Gids is die enigste vleisboek wat jy ooit weer sal nodig kry. Dit bevat:

  • Meer as 100 resepte wat die toets van die tyd deurstaan het – daar is beesvleis, lam en skaap, vark, pluimvee, afval en wildsvleis, en enigiets van maklike gesinsetes, tradisionele treffers en spoggerige onthaalkos tot kitsplanne met die oorskiet
  • Beskrywings van al die verskillende vleissnitte, hul gebruike en die beste metodes om dit gaar te maak
  • Nuttige inligting oor die voedingswaarde en veroudering van vleis, vleisterme en omskakelingstabelle
  • Ekstra resepte vir marinades, souse, soutmengsels, aftreksels en deeg wat vleis komplementeer
Storiekos - Op Reis Na Resepte (Afrikaans, Paperback): Frik de Jager Storiekos - Op Reis Na Resepte (Afrikaans, Paperback)
Frik de Jager
R300 R277 Discovery Miles 2 770 Save R23 (8%) Ships in 5 - 10 working days

StorieKos is veel meer as net nog 'n kookboek. In StorieKos nooi Frik jou uit om saam met hom op reis te gaan vanaf die Karoo tot in Kaïro en van Rusland tot in Rome.

Dit is 'n kos-reisverhaal waarin hy sy passie vir “peasant food” of plattelandse kos deel – resepte en stories van mense en ervarings versamel oor 'n tydperk van bykans vier dekades. Hy deel die eenvoud en opregtheid van hierdie geregte wat die toets van tyd weerstaan het en deur die jare aangepas is in die kombuise van generasies van huiskokke.

Op sy reise dwarsoor die wêreld het mense hom ingenooi in hul huise en harte, die geheime van ou familieresepte met hom gedeel en het hy saam met hulle baie van hierdie disse leer kook in plattelandse kombuise en klein restaurante.

As jy dus hou van reis, mense en hul stories en boonop ook lief is vir kook, is hierdie 'n boek vir jou.

Kook & Geniet (Afrikaans, Hardcover, 2de Hersiende Uitgawe): S. J. A. de Villiers Kook & Geniet (Afrikaans, Hardcover, 2de Hersiende Uitgawe)
S. J. A. de Villiers
R480 R428 Discovery Miles 4 280 Save R52 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Kook en geniet het in 1951 vir die eerste keer verskyn. Met meer as 'n halfmiljoen eksemplare in druk is dit ongetwyfeld die klassieke Suid-Afrikaanse kookboek. Generasies is grootgemaak en het self leer kook aan die hand van die boek. Kook en geniet dek alles wat jy ooit oor kook kan wil weet - van hoe om bestanddele te meet, oonde optimaal te gebruik, groente voor te berei en vleis gaar te maak tot hoe om kos perfek te vries - naas die meer as 700 ekonomiese, beproefde en geliefde resepte. Dink aan Japie se gunsteling, waterblommetjies of souskluitjies.

Kos Uit Die Veldkombuis (Afrikaans, Hardcover): Betsie Rood Kos Uit Die Veldkombuis (Afrikaans, Hardcover)
Betsie Rood 1
R338 Discovery Miles 3 380 Ships in 2 - 4 working days

’n Omvattende versameling kleurfoto's, beskrywings en resepte met as bestanddeel plante wat eetbaar is en/of eetbare vrugte dra en inheems in Suid-Afrika voorkom. Resepte vir wildepruimjellie en kalbas-visbredie sal dalk jou mond laat water, maar die boek is ook 'n kultuurhistoriese rekord van 'n leefwyse van eenvoud wat al so te se uitgesterf het. Betsie Rood was 'n welbekende navorser-skrywer en kenner van kos en medisyne uit die natuur. In haar leeftyd het sy ook verskeie kookboeke die lig laat sien, onder andere Betsie Rood’s 101 traditional South African recipes.

Verskombuis - 'n Kookboek Met Gedigte (Afrikaans, Paperback): George Weideman Verskombuis - 'n Kookboek Met Gedigte (Afrikaans, Paperback)
George Weideman
R96 Discovery Miles 960 Ships in 2 - 4 working days

Met Verskombuis lewer George Weideman 'n kombinasie: Poesie en kos praat hier saam, met en oor mekaar om 'n watertandlekker veelgangmaaltyd te bied vir die fynproewer van voedsel en vers.

Die resepte is oorwegend deur die digter self ontwikkel en tussen die proe en probeer deur neergeskryf - doudagdisse, hoofdisse en toekos, slaaieen agteroppies. Die bundel word afgesluit met 'n besondere vyftal outydse poedingresepte wat uit die kookboekie van ene Anna Maria Kersop met die datum 1879 oorgeneem is.

Die verse uit Weideman se kombuis handel soms die heerlike bestanddele soos granate, eiervrug, sampioene, dadels en turksvye, soms oor besondere geregte, soms oor goeters wat in die kombuis gebruik word ("Tot lof van die lepel"), soms oor eksotiese geregte soos Imam Bayildi en borsjt, maar soms ook baie gewone lekkertes uit die kombuis, soos "Opstaankoffie", "Aanbrandsel" en "Broodbak".

En wie sou nou kon raai dat 'n kalbaspampoentjie soveel stuitigheid kan oplewer? Verskombuis is 'n bundel wat proe-proe met keurige wyn geniet kan word, maar soms ook met groot happe verslind sal kan word!

Stofpaaie In 'n Wynglas (Afrikaans, Paperback): Beyers Truter Stofpaaie In 'n Wynglas (Afrikaans, Paperback)
Beyers Truter; As told to Riaan Gerber
R250 R231 Discovery Miles 2 310 Save R19 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Suid-Afrika se Mnr. Pinotage, Beyers Truter, se passie vir die lewe en wyn is oral bekend. In hierdie boek kyk hy terug op sy eerste treë as wynmaker van Kanonkop, asook die deftige funksie in Londen toe hy in 1991 as Wynmaker van die Wêreld aangewys is.

Hy vertel ook van die vlammetjie wat altyd in hom gebrand het om op sy eie plaas wyn te maak en die groot oomblik van Beyerskloof se eerste oes. Sy lewensreis as eienaar en wynmaker van Beyerskloof is een van vriendskap, nederigheid en lojaliteit. Die bekende ou skrywer van cowboy-boeke Louis L'Amour se betekenis van traildust was nog altyd vir hom 'n rigsnoer in sy lewe as wynmaker, ouer en vriend.

Beyers sien altyd die humor in situasies raak en dis een van die redes hoekom hy die wyntoere so baie geniet het saam met Jannie Engelbrecht, Jan-Boland Coetzee, Kevin Arnold en Johan Malan. Hy het ook 'n lang paadjie geloop met die bekende Etzebeth-rugbybroers, asook Koos Kombuis. Hy deel ook sy liefde vir sy honde, duik, seekos en Namibië.

Marinda Se Kinderkombuis - Met Sjef Sout En Prof Pretzel (Afrikaans, Paperback): Marinda Engelbrecht Marinda Se Kinderkombuis - Met Sjef Sout En Prof Pretzel (Afrikaans, Paperback)
Marinda Engelbrecht
R315 R281 Discovery Miles 2 810 Save R34 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Marinda Se Kinderkombuis is 'n kleurvolle kookboek met 'n kinkel. Die kinkel is die eksperimente wat in die boek voorkom, en wat met alledaagse kombuisprodukte uitgevoer kan word.

Die resepte is maklik, vinnig en liplekker om te maak. Maak van die resepte vir jou verjaarsdagpartytjie, en dan kan jy en jou maats die eksperimente ook saam doen! Sjoe! Jy gaan só cool wees.

Dié towerkookboek gaan vir jou wys dat die kombuis 'n wonderlike plek is!

Weber Braai Bybel (Afrikaans, Hardcover): Jamie Purviance Weber Braai Bybel (Afrikaans, Hardcover)
Jamie Purviance
R500 R384 Discovery Miles 3 840 Save R116 (23%) Ships in 5 - 10 working days

Weber Braai Bybel is ’n alles-in-een meestersklas oor elke aspek van die gewilde ketelbraai. Of jy nou met gas of houtskool kook, sal hierdie omvattende gids alles dek wat die ywerige eienaar van ’n ketelbraai behoort te weet.

Leer hoe om die perfekte steak of ribbetjies gaar te maak, om ’n lamsbeen oop te vlek, om hoenderboudjies en –vlerkies te braai sonder om dit te verbrand, en hoe om ’n kalkoen te berook. Daar is wenke en goeie idees wat die geheime van ’n suksesvolle braai sal onthul, terwyl hoofstukke oor marinades, geurmiddels en souse jou sal inspireer om jou eie kenmerkende smake saam te stel. Van sosati es, tjops en burgers tot meer ingewikkelde spitbraaie, geroosterde groente, pizza oor die kole en piesang-s’mores, is hierdie boek propvol resepte vir braai regdeur die jaar.

As braai deel is van jou leefstyl en jy jou buitemuurse kookvernuf wil verbeter, hoef jy nie verder as die Weber Braai Bybel te soek nie!

Dagboek Sonder Grense (Afrikaans, Paperback): LAPA Uitgewers Dagboek Sonder Grense (Afrikaans, Paperback)
LAPA Uitgewers
R366 Discovery Miles 3 660 Ships in 2 - 4 working days

Dagboek Sonder Grense is 'n enige-jaar beplanner propvol inspirerende projekte wat jou kreatiwiteit vlerke sal gee.

Die pragtige hardeband publikasie bevat 'n bladsy vir elke dag van die jaar maar dit word nie aan 'n spesifieke weeksdag gekoppel nie. Die dagboek spog met bydraes deur skrywers soos Janine Bevolo-Manders, Dina Botha, Alta Cloete, Chantelle de Wet, Madelie Human, Sophia Kapp en Elsa Winckler, sowel as resepte van onder meer Koelsoem Kamalie & Flori Schrikker, Cass Abrahams, Annatjie Melck, Helen Schoer, Riana Scheepers en Sjef Snoekie. Daar is ook handwerk- en kunsvlytprojekte deur Christa Swanepoel, Thana Nel en Marlene Schoeman, sowel as woordraaisels en doodle-projekte deur XWord en Rina Burger.

Vroue kan tred hou met hul afsprake, vriende en familie se verjaarsdae, sowel as inkopielyste en wat om te maak vir aandete. Boonop is daar oorgenoeg spasie om hul oefenprogram te beplan en gebedslyste saam te stel.

Weber Se Beste Braaiboek (Afrikaans, Hardcover): Jamie Purviance Weber Se Beste Braaiboek (Afrikaans, Hardcover)
Jamie Purviance
R500 R461 Discovery Miles 4 610 Save R39 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Weber het dit weer reggekry! Weber se Beste Braaiboek is presies wat jy verwag van die wêreld se voorste braaifirma. Innoverende resepte, verbeeldingryke bestanddele, uitsonderlike fotografie en ’n rykdom van kundige raad vir beginnerbraaiers en ervare braaimeesters. Die Weber-sjefs is beslis kenners op die gebied van die braaivuur en -vernuf. Steek dus die vuur aan en laat Jamie Purviance, Weber se bekroonde kookkunskonsultant, jou begelei om smaaklike hoender en steak, seekos, groente en nageregte, op jou Weber-braaiketel of -gasbraai voor te berei. Vir nuwe braaiers verskaf die Inleiding kundige advies om die vier T’s (temperatuur, tyd, tegniek en toerusting) reg aan te wend en verduidelik die verskil van direkte en indirekte hitte, asook om ’n roker te gebruik. Die leser kry omvattende stap-vir-stap instruksies en foto’s om perfekte pizzas, burgers met houding, sappige ribbetjies, borsstuk in Texas-Styl, spithoender en selfs geroosterde heel kalkoen voor te berei.

Demokratiese Republiek Van Braai (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe): Jan Braai Demokratiese Republiek Van Braai (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe)
Jan Braai
R290 R259 Discovery Miles 2 590 Save R31 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Die nuwe uitgawe van Die Demokratiese Republiek van Braai bevat 'n keur van nuwe resepte. Die indeling van die hoofstukke is aangepas, met besonderse resepte vir steak, hoender, slaai, groente, lam en meer.

Die ideale geskenk vir enige Suid-Afrikaner wat daarvan hou om vir vriende en familie oor 'n vuur te kook.

Welgedaan! (Afrikaans, Paperback): Annette Human Welgedaan! (Afrikaans, Paperback)
Annette Human
R366 Discovery Miles 3 660 Ships in 2 - 4 working days

Hierdie lekkerlees-kookboek bevat 170 resepte vir tradisionele en eietydse geregte wat geskik is vir gewone gesinsetes en vir die onthaal van gaste. Die uitgangspunt is 42 spyskaarte wat om verskillende soorte hoofgeregte gerangskik is: geregte met vleis, vis, pasta, eiers, groente, slaai, sop en brood. Die resepte is ekonomies en bevat alledaagse bestanddele wat in die mees huise se koskaste gehou word. Die resepte word duidelik uiteengesit sodat hulle ook vir die beginner geskik is. Daarbenewens verduidelik die knapvatstappe by elke spyskaart hoe te werk gegaan moet word sodat al die kos gelyk op tafel kan kom, iets wat vir die onervare kok maar 'n probleem kan wees!

Klein Kook & Geniet (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe): Eunice van der Berg, S. J. A. de Villiers Klein Kook & Geniet (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe)
Eunice van der Berg, S. J. A. de Villiers
R360 R321 Discovery Miles 3 210 Save R39 (11%) Ships in 5 - 10 working days

'n Eg Afrikaanse kookboek vir beginners van alle ouderdom. Kook & geniet se kleinsus is die perfekte wegspringplek vir beginners in die kombuis. Die gewilde kookgids vir kinders is nou terug in 'n vrolike baadjie - met dieselfde vertroude staatmaker-resepte en splinternuwe kleurfoto's. Met gunstelinge soos hamburgers, tjips, pizza en 'n verskeidenheid soetgoed.

Met meer as 55 smulresepte vir jonk en oud, spesiaal uitgesoek en getoets deur Eunice van der Berg. Elke metode word stap vir stap met behulp van kleurfoto's verduidelik en leer jou:

- hoe om 'n resep te volg

- hoe om te meet

- wat kookterme beteken

- hoe om kombuisgereedskap te gebruik

Klein kook & geniet is 'n mini-kursus wat jou op 'n lekker plesierige manier touwys maak in die basiese kuns van kosmaak - en as jy eers weet hoe, sal jy dieselfde metodes kan gebruik om uit enige resepteboek te kook.

Kaap, Kerrie & Koesisters (Afrikaans, Paperback): Fatima Sydow, Gadija Sydow Noordien Kaap, Kerrie & Koesisters (Afrikaans, Paperback)
Fatima Sydow, Gadija Sydow Noordien 1
R290 R259 Discovery Miles 2 590 Save R31 (11%) Ships in 5 - 10 working days

In Kaap, kerrie & koesisters neem die tweelingsusters Fatima en Gadija ons op ’n tradisionele Kaaps-Maleise kosreis wat terselfdertyd ook ’n lewensreis is, want die resepte word saamgesnoer met herinneringe aan hulle grootwordjare op die Kaapse Vlakte en die vroue wat so ’n groot rol gespeel het om ’n liefde vir koskook en bak by hulle te kweek.

Die susters glo aan lekker huiskos en resepte wat vinnig, maklik en bekostigbaar is – soos wat hulle geliefde oorlede moeder se kookstyl ook was. Maar die boek bevat ook uithangresepte vir daardie spesiale geleenthede! Wat is dan nou lekkerder as ’n pot tradisionele gheemakerrie, of Fatima se alombekende kerrievis, akni, dhaltjies en piesangbrood? En probeer gerus Gadija se sambals, smoortjies en bredies met die geurigste speserye.

Met afdelings soos sop, bredies, poedings, vleis, vis, koeke en gebak is die boek beslis ’n moet vir elke Kaaps-Maleise lekkerbek – en elkeen wat nog altyd meer wou weet van die Kaaps-Maleise kookkuns!

Vuurwerke (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe): Jan Braai Vuurwerke (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe)
Jan Braai
R435 R388 Discovery Miles 3 880 Save R47 (11%) Ships in 5 - 10 working days

In die herverpakte sagteband uitgawe van Vuurwerke deel die bekende en ikoniese Jan Braai sy kennis van vuurmaak en vleis met al sy aanhangers. As daar een persoon is wat weet van braai dan is dit Jan Braai. Hy het al met duisende Suid-Afrikaners regoor die land gebraai en verstaan wat mense wil weet oor braai. Die boek bevat Jan se duidelike en deeglike instruksies vir die braai van steak, lampstjops, sosaties en beestert-potjie. As jy dit eers bemeester het, kan jy die braairibbetjie, lamsboud of spitbraai takel. Om nie te vergeet van die ou gunstelinge soos braaibroodtjies, stywe pap, mielies en selfs ’n nagereg of twee nie. Met die hardeband uitgawe van Vuurwerke wat meer as 20 000 kopiee verkoop het is die boek definitief ’n gunsteling onder Suid-Afrikaanse braailiefhebbers.

Cooking for One Made Easy - From Nanny Bean's Kitchen (Afrikaans, English, Hardcover): Brenda Ricker Cooking for One Made Easy - From Nanny Bean's Kitchen (Afrikaans, English, Hardcover)
Brenda Ricker
R852 Discovery Miles 8 520 Ships in 18 - 22 working days
Botter & Liefde - Boerekos uit'n Plaaskombuis (Afrikaans, Paperback): Anna Carolina Alberts Botter & Liefde - Boerekos uit'n Plaaskombuis (Afrikaans, Paperback)
Anna Carolina Alberts
R399 R368 Discovery Miles 3 680 Save R31 (8%) Ships in 5 - 10 working days

‘n Anderste, trots Suid-Afrikaanse Afrikaner kookboek waarin vertellinge van plaaslewe, doilies, koeksisters en ander Afrikaanse ikone saamgevleg word. Anna Carolina put uit die tallose invloede van die Suid- Afrikaanse platteland om iets unieks en eietyds, ‘n viering van ‘n ryk nalatenskap, aan te bied.

Die Edik van Nantes Kookboek (Afrikaans, Paperback): Nataniel le Roux, Erik Le Roux Die Edik van Nantes Kookboek (Afrikaans, Paperback)
Nataniel le Roux, Erik Le Roux
R380 R339 Discovery Miles 3 390 Save R41 (11%) Ships in 5 - 10 working days

In Die Edik van Nantes-kookboek nooi Nataniël en sy broer, Erik le Roux, jou uit om saam met hulle 'n kosreis na Nantes, Frankryk, te onderneem. Kom kyk hoe lyk die château waar Erik en sy gesin bly, beskou die argitektoniese wonders van Nantes en beleef die koue winter saam met hulle. Met resepte uit die eerste vier reekse van die gelyknamige TV-reeks asook nuwe resepte wat Nataniël en Erik by die huis maak. Maak Franse uiesop, clafoutti, artisjokpoeding, brioche met salm, bloubessiesjampanjesop en sjokoladeklappertruffels net soos die Franse kan. 'n Visuele fees vir die oog.

Sinkhuis Resepte (Afrikaans, Paperback): Willie Strauss Sinkhuis Resepte (Afrikaans, Paperback)
Willie Strauss
R380 R356 Discovery Miles 3 560 Save R24 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Sinkhuisresepte is Willie Strauss se tweede kookboek en volg op Daar is ‘n engel in my koskas (Human & Rousseau). Hierdie boek is propvol heerlike, pretensielose resepte.

In sy sinkhuis, een van die oorspronklike huise in Cullinan, maak Willie vinnige en maklike kos wat hy vir gaste as ’n visuele en kreatiewe fees voorsit. Die leser kan uitsien na meer as 100 smaakvolle resepte met bestanddele wat jy in jou koskas het. Willie se stories gaan jou laat glimlag en sommige sal jou laat terugverlang na jou ma en ouma se kombuis met bekende geure van anys, vleispastei, appelkoos en bros blaardeeg.

Interessante nuutjies soos vye-en-biltong-paella is ook op die spyskaart en Sinkhuisresepte sluit selfs af met peuselhappies vir jou dierekinders.

Nostalgiese stories en resepte waarmee jy grootgeword het is so deel van Willie dat jy nie kan help om met ’n glimlag na hom te luister of sy stories te lees en sy resepte te gebruik nie. Hierdie boek nooi jou om saam met Willie in sy sinkhuis te kuier.

Kombuistaal: Gesonde resepte en rympies vol pret - Leer jou kind om reg te eet! (Afrikaans, Paperback): Vickie de Beer, Antjie... Kombuistaal: Gesonde resepte en rympies vol pret - Leer jou kind om reg te eet! (Afrikaans, Paperback)
Vickie de Beer, Antjie Krog; Edited by Shawna-Leze Meiring; Illustrated by Roelien Immelman
R260 R244 Discovery Miles 2 440 Save R16 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Hierdie kookboek gaan die jongspan nie net laat smul aan heerlike kos nie, maar ook leer hoe om gesonde keuses te maak.

Kombuistaal gee vir kinders die woordeskat en vaardighede om seker te maak dat hulle van jongs af weet hoe om kos te kies wat gesond en heilsaam is.

Selfs grootmense word touwys gemaak oor hoe om slim keuses te maak om hul besige kinders gesond en sterk te hou – alles gebaseer op wetenskaplike navorsing.

Boonop is dit ’n lekkerleesboek propvol nuwe gedigte deur Antjie Krog!

Bobaas Bredies (Afrikaans, Staple bound): Hendri Warricker Bobaas Bredies (Afrikaans, Staple bound)
Hendri Warricker
R109 Discovery Miles 1 090 Ships in 2 - 4 working days

Op soek na inspirasie vir heerlike gesinskos wat iets nuuts en anders is? Die reeks lekker & vinnig is net die antwoord... Smaaklike resepte met bestanddele wat reeds in die koskas is of geredelik beskikbaar is by die meeste supermarkte. Ontdek nuwerwetse kombinasies en interessante smake wat gou familiegunstelinge sal word.

Hoendergeregte (Afrikaans, Staple bound): Hendri Warricker Hoendergeregte (Afrikaans, Staple bound)
Hendri Warricker
R109 Discovery Miles 1 090 Ships in 2 - 4 working days
Maalvleisgeregte (Afrikaans, Staple bound): Hendri Warricker Maalvleisgeregte (Afrikaans, Staple bound)
Hendri Warricker
R109 Discovery Miles 1 090 Ships in 2 - 4 working days

Op soek na inspirasie vir heerlike gesinskos wat iets nuuts en anders is? Die reeks lekker & vinnig is net die antwoord... Smaaklike resepte met bestanddele wat reeds in die koskas is of geredelik beskikbaar is by die meeste supermarkte. Ontdek nuwerwetse kombinasies en interessante smake wat gou familiegunstelinge sal word.

Low Carb Is Lekker: Twee (Afrikaans, Paperback): Ine Reynierse Low Carb Is Lekker: Twee (Afrikaans, Paperback)
Ine Reynierse 6
R350 R323 Discovery Miles 3 230 Save R27 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Om laekoolhidraat-maaltye voor te berei hoef nie vervelig of saai te wees nie. Ine Reynierse, outeur van die topverkoper Low-Carb Is Lekker, bring alledaagse disse weer terug na die laekoolhidraat-hoevet-spyskaart.

Met haar unieke deegresepte kan jy nou brood, muffins, oliebolle, nachos, pizza, vetkoek en selfs koeksisters geniet, maar sonder die oortollige koolhidrate. Haar eenvoudige en fynproewermaaltye, waaronder ’n paar plaaslike gunstelinge asook gunstelinge van oor die wereld heen, sal die hele gesin laat vra na meer ... meer gesonde maaltye!

As jy op soek is na eenvoudige en sakpasresepte vir 'n laekoolhidraat-leefstyl, is die boek jou beste bondgenoot.

Help! Ek Kry Gaste Vir Ete (Afrikaans, Paperback): Annabel Frere Help! Ek Kry Gaste Vir Ete (Afrikaans, Paperback)
Annabel Frere
R360 R332 Discovery Miles 3 320 Save R28 (8%) Ships in 5 - 10 working days

’n Geslag jong volwassenes het Help! Daar’s ’n Stoof in My Kombuis, Annabel Frere se eerste kookboek, leer ken, is mal daaroor en afh anklik daarvan. Dieselfde geslag het die jong beroepslui geword wat nou op ’n ietwat meer gesofistikeerde vlak moet onthaal. As skrywer het Annabel al hierdie stadiums met haar eie dogters meegemaak, en sy het weer eens smaaklike en relatief eenvoudige resepte vir geleenthede saamgestel – van onbeplande samekomste tot goedgeorganiseerde geleenthede.

Groot klem word op goeie beplanning gelê, asook kos wat vooraf berei kan word sodat die kok soveel tyd moontlik aan sy of haar gaste kan bestee, pleks daarvan om die dag in die kombuis deur te bring. Aandag word ook gegee aan tekstuur en aanbieding, met heelwat wenke en voorstelle oor moeitelose onthaal. Waar disse dalk meer ingewikkeld lyk, is Annabel uitstekend daarmee om die misterie te ontsluit. En natuurlik is geen partytjie volledig sonder die regte vloeibare begeleiding nie. Dus is daar ’n hoofstuk oor ’n verskeidenheid skemerkelkies, met en sonder alkohol.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Dancing the Digital Tune - The 5…
Manish Grover Hardcover R596 Discovery Miles 5 960
Park Hye Jin - Before I Die - Hot Pink…
Park Hye Jin Vinyl record R250 R219 Discovery Miles 2 190
Entrelac Knitting - Textured…
Mette Hovden, Heidi Eikeland Paperback  (1)
R370 R336 Discovery Miles 3 360
The Faith of Jesus - Questions from the…
James Nash Hardcover R745 R700 Discovery Miles 7 000
Lean Six Sigma - The Ultimate Guide to…
James Edge Hardcover R660 R589 Discovery Miles 5 890
Seeking Serenity - Finding Your Heart's…
Trevor Hudson Hardcover R279 R257 Discovery Miles 2 570
The Pilgrim and the Shrine - Or…
Edward Maitland Paperback R640 Discovery Miles 6 400
Dala Wooden Beads - Natural (250 Pack)
R156 R127 Discovery Miles 1 270
The Lord's Prayer
Charles Stanford Hardcover R1,057 R890 Discovery Miles 8 900
Dala 8mm Sequins - Red (5g)
R9 R8 Discovery Miles 80

 

Partners