In Kaap, kerrie & koesisters neem die tweelingsusters Fatima en Gadija ons op ’n
tradisionele Kaaps-Maleise kosreis wat terselfdertyd ook ’n lewensreis is, want
die resepte word saamgesnoer met herinneringe aan hulle grootwordjare op die
Kaapse Vlakte en die vroue wat so ’n groot rol gespeel het om ’n liefde vir
koskook en bak by hulle te kweek.
Die susters glo aan lekker huiskos en
resepte wat vinnig, maklik en bekostigbaar is – soos wat hulle geliefde oorlede
moeder se kookstyl ook was. Maar die boek bevat ook uithangresepte vir daardie
spesiale geleenthede! Wat is dan nou lekkerder as ’n pot tradisionele gheemakerrie,
of Fatima se alombekende kerrievis, akni, dhaltjies en piesangbrood? En
probeer gerus Gadija se sambals, smoortjies en bredies met die geurigste
speserye.
Met afdelings soos sop, bredies, poedings, vleis, vis, koeke en gebak
is die boek beslis ’n moet vir elke Kaaps-Maleise lekkerbek – en elkeen wat nog
altyd meer wou weet van die Kaaps-Maleise kookkuns!
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!