0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R100 - R250 (19)
  • R250 - R500 (9)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Promotion > Afrikaans 100

Die Maan Is Swart - Gedigte Van Adam Small (Afrikaans, Paperback): Adam Small, Ronelda Kamfer Die Maan Is Swart - Gedigte Van Adam Small (Afrikaans, Paperback)
Adam Small, Ronelda Kamfer 1
R230 R199 Discovery Miles 1 990 Save R31 (13%) Ships in 4 - 8 working days

Hierdie keur bevat van Adam Small se gewildste – en gee ook aandag aan sy minder bekende – gedigte. Die doel van hiedie versameling is om sy bydrae tot Suid-Afrikaanse letterkunde, en Kaaps, te vereer.

Die klem word geplaas op die tersaaklikheid en veelsydigheid van sy stem. Adam Small se eerste bundel het in 1957 verskyn en dekades later gee sy woorde steeds ’n stem aan die gemarginaliseerdes en die werkende stand.

Die maan is swart is saamgestel deur Ronelda S Kamfer.

Die Mooiste Sprokies Van Grimm (Afrikaans, Paperback, 2de Uitgawe): Marita van der Vyver Die Mooiste Sprokies Van Grimm (Afrikaans, Paperback, 2de Uitgawe)
Marita van der Vyver
R290 R249 Discovery Miles 2 490 Save R41 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Die sprokies van Grimm is bekend en geliefd oor die wêreld heen.

Marita van der Vyver stel in hierdie pragbundel ’n persoonlike keur saam van veertig van die Grimmbroers se mooiste sprokies, wat sy self uit Duits vertaal het. Hier is bekendes soos Rooikappie, Die wolf en die sewe bokkies, Die musikante van Bremen, Klein Duimpie, Die Paddaprins, Raponsie en Sneeuwitjie, asook minder bekende sprokies soos Die ganswagtertjie, Beervel, Die goue voël en Ysterhans. Die internasionaal bekroonde kunstenaar Piet Grobler se onweerstaanbare illustrasies skenk nuwe dimensie aan ’n skatkis van magiese verhale wat oud en jonk sal betower. 'n Herdruk in sagteband.

Tesourus Van Afrikaans (Afrikaans, Hardcover, Heruitgawe): Leon De Stadler, Marquerite De Stadler Tesourus Van Afrikaans (Afrikaans, Hardcover, Heruitgawe)
Leon De Stadler, Marquerite De Stadler
R280 R245 Discovery Miles 2 450 Save R35 (13%) Ships in 4 - 8 working days

Die hersiene uitgawe van die Tesourus van Afrikaans gee ’n uitstekende beeld van die verskeidenheid en kompleksiteit van die Afrikaanse woordeskat en die fyn net van betekenisse wat binne die woordeskat geweef word. Vir elkeen wat in Afrikaans belangstel en doeltreffend wil komminukeer, is dit ‘n besondere instrument.

  • Meer as 140 000 inskrywings word in 855 betekenisvelde gerangskik.
  • Verwante woorde en uitdrukkings word in elkeen van hierdie betekenisvelde opgeneem.
  • Ontsluiting van nuanseverskille tussen sinonieme, byna sinonieme, en teenoorgesteldes.
  • Oorkoepelende terme en woorde wat betekenisverhoudinge uitwys, bv. woorde wat verwys na die onderdele van 'n saak en woorde wat verwys na die persoon wat 'n bepaalde handeling uitvoer.
  • Spreekwoorde en ander vaste uitdrukkings wat met bepaalde konsepte geassosieer word.
  • 'n Uitgebreide indeks.
  • Handige kruisverwysings en gebruiketikette.
Spreekwoorde En Ander Segswyses - Afrikaans Expressions With English Equivalents (Paperback, 3de Hersiene Uitgawe): Anton... Spreekwoorde En Ander Segswyses - Afrikaans Expressions With English Equivalents (Paperback, 3de Hersiene Uitgawe)
Anton Prinsloo, Leon De Stadler, Amanda De Stadler
R220 R190 Discovery Miles 1 900 Save R30 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Spreekwoorde En Ander Segswyses is ’n handige naslaanwerk vir Afrikaanse en Engelse gebruikers.

Spreekwoorde En Ander Segswyses bevat:

  • 10 765 spreekwoorde en segswyses
  • 1400 nuwe spreekwoorde en segswyses
  • interessante inligting oor en verklarings en vertaalekwivalente vir die spreekwoorde en segswyses
Kies Die Lewe - Leer Dans In Depressie (Afrikaans, Paperback): Ivor Swartz Kies Die Lewe - Leer Dans In Depressie (Afrikaans, Paperback)
Ivor Swartz
R195 R169 Discovery Miles 1 690 Save R26 (13%) Ships in 4 - 8 working days

Ivor Swartz is ’n depressiekenner. Hy leef al jare daarmee saam, hy aanvaar dit, hy hanteer dit. Hy kies die lewe.

In hierdie boek kyk Ivor na sy eie depressie, sy eie hulpkrete en pleit dat ons geen mens oordeel vir die keuses wat hulle in hulle donkerste oomblikke gemaak het nie. Hy gesels oor depressie onder tieners en hoe ons kan help, en reik 'n sagte hand uit na ouers wat 'n kind aan selfdood verloor het. Ivor gee ook spesiale aandag aan depressie onder mans en vra hoe kan gewone mense, geliefdes en die kerk depressielyers ondersteun.

In hierdie intense persoonlike, maar toeganklike reis gee Ivor nie maklike antwoorde nie, hy vra dat ons ons oë sal oopmaak vir mense rondom ons, en dat ons met die regte gesindhede hulle sal ondersteun.

Die Binneland In - Nog Stories En Reise (Afrikaans, Paperback): Dana Snyman Die Binneland In - Nog Stories En Reise (Afrikaans, Paperback)
Dana Snyman
R210 R180 Discovery Miles 1 800 Save R30 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Dana Snyman is volksbesit. Met Die binneland in verken dié geliefde skrywer ons land en sy mense vandag.

Dana reis landin, op soek na sekerheid en lig. Hy rou oor dié wat weggeval het, soos die ikoniese Fred Mouton. Hy gesels met Pipo die clown, die karwag wat Adriaan Vlok onthou en oom Bok Horn wat 'n leeu uitoorlê het.

In die nadraai van die pandemie, met beurtkrag, oorlog in Oekraïne en die politiek, begin mense moed opgee, ook oor hulself. Maar Dana vind hoop, liefde - en geloof.

Kompoun (Afrikaans, Paperback): Ronelda Kamfer Kompoun (Afrikaans, Paperback)
Ronelda Kamfer 1
R210 R180 Discovery Miles 1 800 Save R30 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Nadia en haar nefie Xavie is op Groenplaas in die Overberg grootgemaak deur hul ouma, Sylvia McKinney, die “stammoeder van lieg”. Hulle twee kyk terug op hul kinderjare en probeer die dinge ontbloot waaroor daar in hul familie geswyg word.

Kompoun vertel die verhaal van vriendskap tussen ’n groep nefies en niggies, gesmee deur oorlewing in ’n harde werklikheid, en hoe hulle van die ouer geslag wegbreek, maar ook vind dat die verstrengelde bande van familie ’n mens nie maklik laat los nie.

Eugene (Afrikaans, Paperback): Kirby van der Merwe Eugene (Afrikaans, Paperback)
Kirby van der Merwe
R250 R219 Discovery Miles 2 190 Save R31 (12%) Ships in 4 - 8 working days

Eugene ken van skollies, gangsters en crooks. Hy is streetwise, al lyk hy nou soos iemand uit die upper-middle class. Hy kom immers uit die ghetto se killing fields van die 60’s, 70’s en 80’s.

Maar nou is dit baie jare later. En die ou alliances met sy kindervriende Alan, Huey en Jenny ná alles destyds in Hillbrow tussen hulle skeefgeloop het, bestaan nie meer nie, en Eugene word aangekla van moord.

'n Aangrypende roman oor vriendskap en verraad.

Jakkals En Wolf (Afrikaans, Paperback): Pieter Grobbelaar Jakkals En Wolf (Afrikaans, Paperback)
Pieter Grobbelaar
R195 R169 Discovery Miles 1 690 Save R26 (13%) Ships in 4 - 8 working days

Dit is nie net Wolf wat onder Jakkals se streke deurloop nie, maar die ganse diereryk - van koning Leeu tot die kleinste diertjie ry aan die pen. Niemand is bestand teen die uitgeslape Jakkals se poetse nie, en die een wat hom probeer terugkry, kom steeds die slegste daarvan af. Maar soms loop Jakkals tog sy rieme styf en dan moet hy net bontstaan met sy slim bek om uit die moeilikheid te kom, want dis gewoonlik diep moeilikheid! 

'n Vry Vrou - Gedigte Van Antjie Krog (Afrikaans, Hardcover): Antjie Krog 'n Vry Vrou - Gedigte Van Antjie Krog (Afrikaans, Hardcover)
Antjie Krog
R250 R219 Discovery Miles 2 190 Save R31 (12%) Ships in 4 - 8 working days

Krog is ’n internasionaal gerekende digter maar ook plaaslik geliefd. Vyftig jaar ná haar opspraakwekkende debuut, Dogter van Jefta, verskyn daar ’n splinternuwe versameling waarin meer as honderd gedigte uit haar elf bundels saampraat. Verse oor eerste liefde, oor moederskap, oor die landskap, en oor onreg; oplaas ook oor ouer word.

'n Vry vrou bevat gunstelinge uit Krog se oeuvre maar ook minder bekende dog ewe verrassende verse. Saamgestel deur Karen de Wet.

Speurhond Willem In Australië (Afrikaans, Paperback): Elizabeth Wasserman Speurhond Willem In Australië (Afrikaans, Paperback)
Elizabeth Wasserman
R120 R105 Discovery Miles 1 050 Save R15 (13%) Ships in 4 - 8 working days

Willem is weg! Adriaan doen speurwerk en vind uit dat Sherlock, Willem se seun, as snuffelhond in Australië werk. Maar daar word berig dat Sherlock daarvan verdink word dat hy kop in een mus is met 'n berugte smokkelbende. Adriaan weet dat Willem hom beslis nêrens anders as in Australië bevind nie - besig met sy eie snuffelwerk om sy seun se naam in ere te herstel. Adriaan en Willem se eerste avontuur doer onder is vol aksie. Boonop maak 'n paar ou bekendes hulle verskyning . . .   

Die Biblioteek Aan Die Einde Van Die Wêreld - 'n Roman (Afrikaans, Paperback): Etienne Van Heerden Die Biblioteek Aan Die Einde Van Die Wêreld - 'n Roman (Afrikaans, Paperback)
Etienne Van Heerden
R320 R279 Discovery Miles 2 790 Save R41 (13%) Ships in 4 - 8 working days

Prokureur Ian Brand stuur ’n ondeurdagte twiet die kuberruim in en sy lewe word oornag pure hel. Thuli Khumalo, studenteaktivis op 'n kampus wat stink na petrol en traangas, moet kies tussen vaderverraad of haar beginsels versaak. Snaar Windvogel, vroeër van Matjiesfontein, is nou in transisie onder die lem van ’n enigmatiese plastiese chirurg. En al hoe gereelder slaan ’n kruisboogmoordenaar in die Moederstad toe . . .

Hierdie en vele ander fassinerende karakters bevolk ’n landskap waarin die enigste sekerheid ónsekerheid is. Want Etienne van Heerden se tergend aktuele nuwe roman sê veel oor die tyd waarin ons lewe, waar privaatheid en identiteit abstrakte begrippe geword het, fopnuus ononderskeibaar van die werklikheid, en “die waarheid” klaarblyklik ’n onhaalbare ideaal.

Rooiborsduif: Gedigte oor die Liefde (Afrikaans, Hardcover): Breyten Breytenbach Rooiborsduif: Gedigte oor die Liefde (Afrikaans, Hardcover)
Breyten Breytenbach
R250 R219 Discovery Miles 2 190 Save R31 (12%) Ships in 4 - 8 working days

’n Oorsig van Breyten Breytenbach se digkuns is 'n voëlvlug oor 'n wye era: vanaf die jare sestig tot vandag, waarin beide Europa en Afrika hulself radikaal herdefinieer het. In hierdie herdefiniering staan Breyten Breytenbach, die digter, mens en denker soos ’n skakelende deurpos.

Elke gedig is soos ’n tekening of ’n skildery waarin tekens en betekenis in vloeiende verbande tot mekaar staan en waarin gunstelingtemas weer en weer ter sprake kom – elke keer uniek geskommel soos kwashale op die doeke van Jackson Pollock se skilderye of die stippels in ’n kaleidoskoop wat nooit ophou draai nie.

Die gedigte is chronologies gerangskik volgens die digter se lewensgang: jongmenslewe in Kaapstad, Parys, effektiewelike bannelingskap weens sy huwelik, terugkeer en tronkstraf, die buiteland. En oplaas ’n onrustige pendelaarslewe tussen noorde en suide van die aardbol, waarin volledige tuiskoms slegs in die arms van die liefde is.

Eilande (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe): Dan Sleigh Eilande (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe)
Dan Sleigh
R420 R365 Discovery Miles 3 650 Save R55 (13%) Ships in 4 - 8 working days

Eilande is nie net 'n titel nie – dis 'n gebeurtenis. In hierdie onstuitbare epos word die eerste jare van die Kaapse nedersetting herroep in sewe grootse taferele uit die lewe van ses historiese manfigure wie se lewens op byna onnaspeurbare maniere in mekaar vervloei. En om wie vloei hulle? Om die wese van 'n vrou, Pieternalla in wie se liggaam wit en bruin bloed saamgevloei het tot 'n noodlot. Hierdie sewe mans is almal deur haar aangeraak. Sy is die spilpunt van 'n genadelose geskiedenis van dood, liefde en oorlewing. Die verhaal strek ver en wyd: oor drie oseane, drie vastelande en 'n handvol eilande. Dit loop, soos 'n groot rivier, met geweldige versnellings wat die leser insluk en meevoer. Maar oraloor kom dit ook tot rus in die lewe van gewone mense. Dit beantwoord baie vrae. Hoe ervaar 'n honger inboorling die driemaster wat stadig op die rotse loop reg daar op die lykus waar hy woon?

Chokers en Survivors - 'n Digbundel (Afrikaans, Paperback): Nathan Trantraal Chokers en Survivors - 'n Digbundel (Afrikaans, Paperback)
Nathan Trantraal 1
R250 R219 Discovery Miles 2 190 Save R31 (12%) Ships in 4 - 8 working days

'n Oorrompelende debuutbundel wat stem gee aan die lewe in en om die Kaapse vlakte. Geskryf in die taal eie aan die gebied, hanteer die skrywer die alledaagse lewe op die Kaapse vlakte met kragtige verse wat die leser laat huiwer tussen lag en huil.

Nuwe Kinderverseboek (Afrikaans, Hardcover): Riana Scheepers Nuwe Kinderverseboek (Afrikaans, Hardcover)
Riana Scheepers
R320 R279 Discovery Miles 2 790 Save R41 (13%) Ships in 4 - 8 working days

Hierdie bundel bevat, soos die titel aandui, ’n versameling heeltemal nuwe en oorspronklike gedigte. Dit bou voort op die wonderlike tradisie van DJ Opperman se Kleuterverseboek en Klein Verseboek, en dek onderwerpe wat met die destydse bundels nog nie deel was van kinders se leefwêreld nie, soos rekenaars, selfone, e-pos, internet en sms.

Die 250 verse deur 100 bydraers sluit in bekende en nuwe skrywers soos Hennie Aucamp, François Bloemhof, Philip de Vos, Hans du Plessis, Franci Greyling, Jaco Jacobs, Lucas Malan en Fanie Viljoen.

Die bundel bestaan uit drie afdelings: kleuterverse (2 tot 4 jaar), kinderverse (5 tot 7 jaar) en amper-tieners (8 tot 10 jaar). Temas wat gedek word sluit in: gesin en familie, speelgoed en troeteldiere, diere en natuur, pret en humor, tegnologie en beroep, vriendskap en verhoudings, eetgewoontes en maniere, liggaam en gesondheid, fantasie en sprokies, gril en gruwel, sport en spel, aktuele kwessies en sosiale verantwoordelikheid. ’n Lys wat die gedigte per onderwerp aandui, verskyn agterin sodat die bundel ook geskik is vir skoolgebruik.

Kyk Na My - Herinneringe Aan 'n Kindertyd (Afrikaans, Paperback): Nataniel Kyk Na My - Herinneringe Aan 'n Kindertyd (Afrikaans, Paperback)
Nataniel
R250 R219 Discovery Miles 2 190 Save R31 (12%) In Stock

Met hierdie unieke boek vertel Nataniël die verhaal van ’n kindertyd in drie klein dorpies en een groot voorstad, ’n era waartydens reëls blindelings gevolg is en oor ’n jong seun met ’n oorweldigende vrees vir die gewone. Kyk na my is Nataniël se eerste volwaardige memoir. 

Nuwe Geskiedenis Van Suid-Afrika (Afrikaans, Hardcover): Hermann Giliomee, Bernard Mbenga, Bill Nasson Nuwe Geskiedenis Van Suid-Afrika (Afrikaans, Hardcover)
Hermann Giliomee, Bernard Mbenga, Bill Nasson 4
R320 R279 Discovery Miles 2 790 Save R41 (13%) Ships in 4 - 8 working days

Dié nuwe, opgedateerde uitgawe van die topverkoper Nuwe geskiedenis van Suid-Afrika sluit bydraes in deur gerekende nuwe skrywers, wat die storie van ons land en mense reg tot op datum bring.

Onder redaksie van Bill Nasson word nuwe insigte uit die geskiedskrywing en die argeologie ingeweef. Die boek begin by die onstaan van die mensdom, vertel dan die storie van die Khoikhoi, slawe en burgers, die groot migrasies van die pre-koloniale tyd en later trekboere en Voortrekkers. Dan kom die ontdekking van diamante en goud wat die gang van die politiek radikaal verander. Oorlog breek uit in 1899; ook oorloë in 1914 en in 1939 in Europa laat plaaslik nuwe kragte vry. Die boek vertel van segregasie, politieke organisasie en verset, en uiteindelik die oorgang. Hierná val die soeklig op die demokratiese presidentskappe en die onverwagte en onvoorspelbare onlangse geskiedenis, wat staatskaping -- en beurtkrag -- insluit.

Met die nuutste inligting en invalshoeke word die volledige storie van Suid-Afrika en sy mense gesaghebbend dog leesbaar vertel.

Vleis - Die Omvattende Gids (Afrikaans, Paperback): Annelien Pienaar Vleis - Die Omvattende Gids (Afrikaans, Paperback)
Annelien Pienaar
R310 R269 Discovery Miles 2 690 Save R41 (13%) Ships in 4 - 8 working days

Suid-Afrikaners is nou maar eenmaal gaande oor vleis. Dis onontbeerlik op enige feestafel, en vir die meeste van ons is selfs ’n gewone weeksaandete nie volledig daarsonder nie. Nie net is dit heerlik en vullend nie, dis ook propvol voedingstowwe wat goed is vir ons.

Vleis: Die Omvattende Gids is ’n moderne ensiklopedie wat ’n ereplek verdien in die kombuis van almal wat graag vleis eet en gaarmaak. Afgesien van resepte vir smullekker vleisgeregte vir elke okkasie bevat dit hope inligting oor die beste manier om die verskillende snitte en soorte vleis te berei, hoe om vleis te vries of tot perfeksie te verouder, tesame met ’n hordes wenke om geur en sappigheid te verseker – alles sonder preserveer- en ander kunsmatige bymiddels. Die voedselwetenskaplike en gewilde kosskrywer Annelien Pienaar se passie vir goeie, volhoubare vleis word weerspieël op elke bladsy van hierdie boek.

Vleis: Die Omvattende Gids is die enigste vleisboek wat jy ooit weer sal nodig kry. Dit bevat:

  • Meer as 100 resepte wat die toets van die tyd deurstaan het – daar is beesvleis, lam en skaap, vark, pluimvee, afval en wildsvleis, en enigiets van maklike gesinsetes, tradisionele treffers en spoggerige onthaalkos tot kitsplanne met die oorskiet
  • Beskrywings van al die verskillende vleissnitte, hul gebruike en die beste metodes om dit gaar te maak
  • Nuttige inligting oor die voedingswaarde en veroudering van vleis, vleisterme en omskakelingstabelle
  • Ekstra resepte vir marinades, souse, soutmengsels, aftreksels en deeg wat vleis komplementeer
Voorouer. Pelgrim. Berg. (Afrikaans, Paperback): Ingrid Winterbach Voorouer. Pelgrim. Berg. (Afrikaans, Paperback)
Ingrid Winterbach
R295 R255 Discovery Miles 2 550 Save R40 (14%) Ships in 4 - 8 working days

’n Vrou, Katerina Steenkamp, haar oog ferm op die berg, gaan op ’n aanlyn dating site en ontmoet mense met onverwagse gevolge. ’n Man, sy kop vol apokaliptiese frases, patrolleer die strate sonder enige sigbare voorneme of doel. ’n Ander man hou die naghemel dop en wag op die koms van ’n elliptiese tuig. Nog ’n vrou, aan die einde van haar lewe, besin oor haar huwelik, en die lewens van haar drie susters. ’n Uitdagende roman, wat bowenal dui op vernuwing in Winterbach se werk. 

Kaap, Kerrie & Koesisters (Afrikaans, Paperback): Fatima Sydow, Gadija Sydow Noordien Kaap, Kerrie & Koesisters (Afrikaans, Paperback)
Fatima Sydow, Gadija Sydow Noordien 1
R290 R249 Discovery Miles 2 490 Save R41 (14%) Ships in 4 - 8 working days

In Kaap, kerrie & koesisters neem die tweelingsusters Fatima en Gadija ons op ’n tradisionele Kaaps-Maleise kosreis wat terselfdertyd ook ’n lewensreis is, want die resepte word saamgesnoer met herinneringe aan hulle grootwordjare op die Kaapse Vlakte en die vroue wat so ’n groot rol gespeel het om ’n liefde vir koskook en bak by hulle te kweek.

Die susters glo aan lekker huiskos en resepte wat vinnig, maklik en bekostigbaar is – soos wat hulle geliefde oorlede moeder se kookstyl ook was. Maar die boek bevat ook uithangresepte vir daardie spesiale geleenthede! Wat is dan nou lekkerder as ’n pot tradisionele gheemakerrie, of Fatima se alombekende kerrievis, akni, dhaltjies en piesangbrood? En probeer gerus Gadija se sambals, smoortjies en bredies met die geurigste speserye.

Met afdelings soos sop, bredies, poedings, vleis, vis, koeke en gebak is die boek beslis ’n moet vir elke Kaaps-Maleise lekkerbek – en elkeen wat nog altyd meer wou weet van die Kaaps-Maleise kookkuns!

Die Vrou In Die Blou Mantel (Afrikaans, Paperback): Deon Meyer Die Vrou In Die Blou Mantel (Afrikaans, Paperback)
Deon Meyer
R160 R139 Discovery Miles 1 390 Save R21 (13%) Ships in 4 - 8 working days

Bennie moet ’n ring koop. En nie sommer ’n hierjy-ring vir sy Alexa nie. Hoe op aarde moet hy nou dít bekostig?

Terwyl hy wag om te hoor of die bank sal help, word ’n naakte vroueliggaam op Sir Lowryspas gevind. Uitgestal langs die pad; dit lyk soos die werk van ’n reeksmoordenaar. Ongeïdentifiseerd word sy na die staatslykshuis gebring – waar sy bekend word, weens die bleikmiddel waarmee sy geskrop is, as die Gebleikte Lyk.

Kort daarna word sy Bennie en Vaughn se probleem toe daar besef word sy’s ’n buitelander: Alicia Lewis, ’n kunskenner op die spoor van ’n Fabritius-skildery wat kwansuis in die Kaap is – en hý was ’n Rembrandt-leerling van wie bloedweinig werke bekend is. ’n Onbekende Fabritius sou ’n gróót storie in die kunswêreld wees.

Dan vind Lithpel Davids die naam Billy de Palma in Alicia se skootrekenaar, en Vaughn weet dadelik daar’s gróót fout. Want hy ken vir Billy, en Billy is bad, bad news . . .

Spertyd (Afrikaans, Paperback): Elsa Joubert Spertyd (Afrikaans, Paperback)
Elsa Joubert 1
R280 R245 Discovery Miles 2 450 Save R35 (13%) Ships in 4 - 8 working days

Hierdie boek is die voltooiing van Elsa Joubert se outobiografiese drieluik wat ingelei is deur ’n Wonderlike geweld (2005) en Reisiger (2009). Dit fokus hoofsaaklik op die skrywer se latere jare, in die aftreeoord in Kaapstad waar sy nou al geruime tyd woon, maar haar belewenis van die hede en onlangse verlede word onlosmaaklik vervleg met herinneringe aan veel verder terug, alles geteken met die kenmerkende woordvaardigheid van een van Afrikaans se mees gevierde skrywers.

Elsa Joubert - Biografiese inligting

Elsabé (Elsa) Antoinette Murray Joubert is op 19 Oktober 1922 in die Paarl gebore. Sy matrikuleer in 1939 aan die Hoër Meisieskool La Rochelle in die Paarl. Sy behaal ’n BA-graad (1942) en ’n Sekondêre Onderwysdiploma (1943) aan die Universiteit van Stellenbosch.

In 1945 verwerf sy ’n meestersgraad aan die Universiteit van Kaapstad. Daarna is sy die vroueredakteur van Die Huisgenoot van 1946 tot 1948. Hierna begin sy te reis en in 1957 verskyn haar eerste reisverhaal, Water en woestyn, wat handel oor haar ervarings in Egipte en Uganda. Elsa Joubert se reise deur Afrika, Suid-Amerika, Europa en die Verre-Ooste het op ’n besondere wyse in haar werk neerslag gevind.

In 1963 verskyn haar eerste roman, Ons wag op die kaptein, wat onder meer die Eugène Marais-prys ontvang het. Sy is met die WA Hofmeyr-, CNA- en Louis Luyt-prys bekroon vir haar invloedryke roman Die swerfjare van Poppie Nongena (1978), wat in 2002 aangewys as een van die honderd beste boeke in Afrika.

In 1981 ken die British Royal Society of Literature die Winifred Holtby-prys aan haar toe en word sy ’n Fellow van die Society. Haar magistrale roman Die reise van Isobelle (1995) is met die Hertzogprys bekroon. Haar lewenswerk word bekroon met eredoktorsgrade van die Universiteite van Stellenbosch (2001) en Pretoria (2007), en sy ontvang die Orde van Ikhamanga (2004).

Skakel van Maandag, 18 Junie 2018 af in op RSG om te luister na Elsa Joubert se jongste roman, Spertyd (2017, Tafelberg) voorgelees deur Rika Sennett.

Fees Van Die Ongenooides (Afrikaans, Paperback, 2nd ed): P.G. du Plessis Fees Van Die Ongenooides (Afrikaans, Paperback, 2nd ed)
P.G. du Plessis 3
R295 R255 Discovery Miles 2 550 Save R40 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Dit is die jaar 1901. Die son het gesak oor 'n verskroeide landskap, en die landskap verwelkom die duister. Die doringdraad en tentrye van die konsentrasiekamp is nog net 'n swart vlek op die vlakte. En aan die rand hiervan gloei 'n tent soos 'n lantern. Diegene wat vanuit die duister na hierdie tent sou staar, sou teen die helder tentdoek die silhoeet sien van 'n man wat oor die klawerbord van 'n klavier buig. Die een wat vanuit die nag sou kyk, sou ook op die kampbed die regop gestalte van 'n sittende vrou kon uitmaak. Diegene wat vanuit die kamp sou luister, hulle wat nie reeds volledig deur die stryd tussen lewe en dood ingeneem is nie, sou dalk agter die onbeholpe klavierspel van die man die vergeefse smagting hoor, agter die wankelende note die stilte wat groter is as enige geluid. Jare later buig majoor Philip Brooks in 'n biblioteek oor 'n vergelende foto. En hy probeer vasstel wat dit is wat hy op daardie foto sien. Hy probeer onthou wat gebeur het. Dit was hy in daardie tent. Die vrou op die bed was die mooiste vrou wat hy nog gesien het. Die klavier het gekom uit haar huis, een van die plaashuise wat sy soldate afgebrand het. Nou probeer hy kyk met die oog van Joey Drew, die skeeloog sukkelaar van Somerset, Engeland, wat die foto’s geneem het. Hy kyk na ’n foto van ’n vrou met ’n baba in haar arms. Hy weet wat die pa van die kind nie geweet het toe hý die foto gesien het nie, dat die kind dood was. Dat hy een van die duisende slagoffers van die konsentrasiekampe was. Hy kyk na ’n familiefoto van die Van Wyks, en nog een keer, voordat die vergetelheid so koud soos die graf self oor alle geheue sak, probeer hy deur Joey se foto’s die verhaal van die Van Wyks agterhaal.

Skepsel (Afrikaans, Paperback): Willem Anker Skepsel (Afrikaans, Paperback)
Willem Anker
R270 R235 Discovery Miles 2 350 Save R35 (13%) Ships in 4 - 8 working days

Aan die Kaapse Weskus versorg Rebecca Maas haar sterwende pa in ’n tegnologies gevorderde slimhuis, ’n huis wat praat in ’n halfbekende stem. Op die horison, ’n olietenkskip.

’n Posthuman biohacker trou met die enorme skip, en maak kuns oor die wittebroodsreis.

En in die yswildernis van Svalbard verdwyn ’n navorser se kollega en minnaar spoorloos. Hulle is daar om geheimsinnige spierwit items te ondersoek – dalk beendere, maar dan beendere wat vertak en ineensmelt soos geen bekende skepsel s’n nie.

Willem Anker se roman Buys (2014) is bekroon met die Universiteit van Johannesburg-prys, die WA Hofmeyrprys, die kykNET-Rapportprys, die Hertzogprys en die Helgaard Steyn-toekenning. In vertaling as Red Dog was dit in 2020 op die langlys vir die International Booker Prize. Anker doseer skeppende skryfkunde aan die Universiteit Stellenbosch.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
DR. Langton Prestige 300gsm 7x10" NOT…
R806 Discovery Miles 8 060
Stone Boat Odyssey
Ralph, Phyllis Nansen Hardcover R786 Discovery Miles 7 860
Hahnemuhle Britannia Block (300gsm)(12s)
R1,338 Discovery Miles 13 380
How The Grinch Lost Christmas
Dr. Seuss Hardcover R470 R419 Discovery Miles 4 190
Madam & Eve 2018 - The Guptas Ate My…
Stephen Francis, Rico Schacherl Paperback R220 R203 Discovery Miles 2 030
Slave Narratives After Slavery
William Andrews Hardcover R4,476 Discovery Miles 44 760
100 Mandela Moments
Kate Sidley Paperback R250 R223 Discovery Miles 2 230
Twenty Four Sermons Preached on Several…
Richard Lucas Paperback R612 Discovery Miles 6 120
Emily Hobhouse - Beloved traitor
Elsabe Brits Paperback  (3)
R520 R486 Discovery Miles 4 860
Sistema Cracker Klip It Plus (1.8L)
R224 Discovery Miles 2 240

 

Partners