Prokureur Ian Brand stuur ’n ondeurdagte twiet die kuberruim in en sy
lewe word oornag pure hel. Thuli Khumalo, studenteaktivis op 'n
kampus wat stink na petrol en traangas, moet kies tussen
vaderverraad of haar beginsels versaak. Snaar Windvogel, vroeër
van Matjiesfontein, is nou in transisie onder die lem van ’n
enigmatiese plastiese chirurg. En al hoe gereelder slaan ’n
kruisboogmoordenaar in die Moederstad toe . . .
Hierdie en vele
ander fassinerende karakters bevolk ’n landskap waarin die enigste
sekerheid ónsekerheid is. Want Etienne van Heerden se tergend
aktuele nuwe roman sê veel oor die tyd waarin ons lewe, waar
privaatheid en identiteit abstrakte begrippe geword het, fopnuus
ononderskeibaar van die werklikheid, en “die waarheid” klaarblyklik ’n
onhaalbare ideaal.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!