Bennie moet ’n ring koop. En nie sommer ’n hierjy-ring vir sy Alexa nie. Hoe op
aarde moet hy nou dít bekostig?
Terwyl hy wag om te hoor of die bank sal help, word ’n naakte vroueliggaam op
Sir Lowryspas gevind. Uitgestal langs die pad; dit lyk soos die werk van ’n
reeksmoordenaar. Ongeïdentifiseerd word sy na die staatslykshuis gebring –
waar sy bekend word, weens die bleikmiddel waarmee sy geskrop is, as die
Gebleikte Lyk.
Kort daarna word sy Bennie en Vaughn se probleem toe daar besef word sy’s ’n
buitelander: Alicia Lewis, ’n kunskenner op die spoor van ’n Fabritius-skildery wat
kwansuis in die Kaap is – en hý was ’n Rembrandt-leerling van wie bloedweinig
werke bekend is. ’n Onbekende Fabritius sou ’n gróót storie in die kunswêreld
wees.
Dan vind Lithpel Davids die naam Billy de Palma in Alicia se skootrekenaar, en
Vaughn weet dadelik daar’s gróót fout. Want hy ken vir Billy, en Billy is bad, bad
news . . .
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!