Hierdie boek is die voltooiing van Elsa Joubert se outobiografiese
drieluik wat ingelei is deur ’n Wonderlike geweld (2005) en
Reisiger (2009). Dit fokus hoofsaaklik op die skrywer se latere
jare, in die aftreeoord in Kaapstad waar sy nou al geruime tyd
woon, maar haar belewenis van die hede en onlangse verlede word
onlosmaaklik vervleg met herinneringe aan veel verder terug, alles
geteken met die kenmerkende woordvaardigheid van een van Afrikaans
se mees gevierde skrywers.
Elsa Joubert - Biografiese inligting
Elsabé (Elsa) Antoinette Murray Joubert is op 19 Oktober 1922 in die Paarl gebore. Sy matrikuleer in 1939 aan die Hoër Meisieskool La Rochelle in die Paarl. Sy behaal ’n BA-graad (1942) en ’n Sekondêre Onderwysdiploma (1943) aan die Universiteit van Stellenbosch.
In 1945 verwerf sy ’n meestersgraad aan die Universiteit van Kaapstad. Daarna is sy die vroueredakteur van Die Huisgenoot van 1946 tot 1948. Hierna begin sy te reis en in 1957 verskyn haar eerste reisverhaal, Water en woestyn, wat handel oor haar ervarings in Egipte en Uganda. Elsa Joubert se reise deur Afrika, Suid-Amerika, Europa en die Verre-Ooste het op ’n besondere wyse in haar werk neerslag gevind.
In 1963 verskyn haar eerste roman, Ons wag op die kaptein, wat onder meer die Eugène Marais-prys ontvang het. Sy is met die WA Hofmeyr-, CNA- en Louis Luyt-prys bekroon vir haar invloedryke roman Die swerfjare van Poppie Nongena (1978), wat in 2002 aangewys as een van die honderd beste boeke in Afrika.
In 1981 ken die British Royal Society of Literature die Winifred Holtby-prys aan haar toe en word sy ’n Fellow van die Society. Haar magistrale roman Die reise van Isobelle (1995) is met die Hertzogprys bekroon. Haar lewenswerk word bekroon met eredoktorsgrade van die Universiteite van Stellenbosch (2001) en Pretoria (2007), en sy ontvang die Orde van Ikhamanga (2004).
Skakel van Maandag, 18 Junie 2018 af in op RSG om te luister na Elsa Joubert se jongste roman, Spertyd (2017, Tafelberg) voorgelees deur Rika Sennett.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
Just read it. Now.
Sat, 27 Oct 2018 | Review
by: Kit Bright
If everyone’s life, whether short or long, is a period of time (tyd) that is limited (afgesper), then “spertyd” is a metaphor for life itself. Reading this book is a most expedient use of that bounded time, for it leaves one with a clear, strong sense—the sure knowledge—that one’s life has been decisively enriched.
Did you find this review helpful?
Yes (0) |
No (0)