![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Books > Local Author Showcase > Afrikaans > Cookbooks
Met Low Carb is Lekker Drie sit Inè Reynierse die reis voort wat sy in 2015 begin het toe haar bekroonde kookboek, Low Carb is Lekker, die land stormenderhand verower het. Inè se resepte voorsien in die behoefte vir koolhidraatbewuste, suikervrye en graanvrye maaltye, maar plaas die klem op hoër voedingswaarde en gesonde eetgewoontes. Vir haar geregte het jy nie spesialiteitsbestanddele of duur kosplaasvervangers nodig nie. Omdat sy op ’n klein Bolandse dorp woon, het sy geleer om kreatief te wees met wat sy byderhand het: vleis en suiwel van goeie gehalte, en die varsste groente en kruie. Haar slaaisouse, doopsouse, souse en glutenvrye meelmengsels vorm die grondslag van ’n voortreike verskeidenheid resepte vir van ontbyt tot aandete en van weekdaggesinsmaaltye tot naweek-onthaalkos. Danksy haar fokus op die verbetering van algemene gesondheid en welstand is Inè se resepte ideaal vir enigeen wat elke dag van die week goeie kos op die tafel wil sit.
"Die resepte in hierdie boek het ek fyn uitgekies. Dit is kos wat ék sien as onthoukos." Marinda se koskas maak voorsiening vir ontbyt, sop en voorgeregte, brood en beskuit, slaai, seekos, vleis, groente, pasta en bygeregte, nageregte, terte, koeke en ander soetigheid. Lipleklekker kos wat jy in ’n japtrap kan berei sonder fieterjasies of vreemde bestanddele. Die resepte is in eenvoudige taal geskryf vir elke dag se gebruik, vir elke kosliefhebber. Nou kan jy die gewilde aanbieder van Marinda Kook op VIA, se eerste kookboek geniet.
’n Keur van al Marinda se toekatyd-resepte, die goue gunstelinge waarmee sy grootgeword het! Vier die lewe en dek ’n feestafel wat kreun van oorvloed: beesstert, pasteie, kerrieafval, skaapstertjies, varkribbetjie, doeksagte lamstjops. Brode, patees en nostalgiese slaaie sorg vir bykos. Vir weeksaande is daar lipaflek-pastas en vir suikertande outydse Cremoratert, poffers en vele verassings. En as bonus–konfyte, souse, blatjang en ander inmaaksels staan nou ook hul plek vol in haar reseptespens.
Soos vinkel en koljander, dís Najma Abrahams (Tietie) en Azba Fanie
(Nanna). Dié twee TikTok-tuiskokke se hande staan vir niks verkeerd óf
stil nie, veral nie vir die kospotte nie. Hul resepte is hartskos –
niks fensie bestanddele nie, net geurige regte, egte huiskos met ’n
Kaaps-Maleise twist.
Die lugbraaier is ’n veelsydige kombuistoestel wat toenemend gewild raak. Baie mense gebruik lugbraaiers net om voorafbereide kos soos krummellaaghoender of bevrore vis en aartappelskyfies gaar te maak, maar dit kan ook vir talle uithalergeregte, selfs gebak, ingespan word. Die boek fokus op ou bekende gunstelinge soos malvapoeding, bobotie, appelkoos-snoek met soetpatats, melktert en boerewors met chakalaka, om net ’n paar te noem. Alles word in die lugbraaier gaargemaak.
Topverkoperskrywer Louisa Holst weet wat die lugbraaiermark wil hê en het weer plaaslike geure na vore gebring! Resepte sluit in springbokkie-kaaskoek, brandewyn-en-coke-hoendervlerkies, snoek- en appelkoosfilo-samosas, en 'n visvinger-Gatsby vir die honger kinders wat hulle self kan opslaan. Peri-peri-hoenderpastei, gammon (ja – dit kan in die lugbraaier gedoen word), gebraaide lam, karringmelkbeskuit, pavlova en mini-vrugtekoeke is nog meer van die watertand geregte in die boek.
In Brood & Botter neem Nic van Wyk jou op ’n kosreis van 21 jaar, sy kulinêre mondigwording. Die boek herinner aan Kook en geniet, met die klassieke manier van kosmaak en basiese kookmetodes, maar Nic neem sy resepte ’n stappie verder: onthoukos soos groenbone met witpepersous, Ouma se boontjiesop en mieliepap met botter, suiker en melk. Sy onopgesmukte restaurantkos gaan jou verras met dieplekker geurkombinasies en sy hartskos weerspieël sy voorkeur vir eerlike kos sonder fieterjasies.
Hierdie boek is ’n universele gids oor alles wat Jan Braai tans oor
braai weet. Dit is ’n viering van hierdie wonderlike Suid-Afrikaanse
tradisie waaraan 15–20 miljoen Suid-Afrikaners elke jaar op 24
September op Nasionale Braaidag deelneem. Om hierdie kulturele
gebeurtenis se 20ste herdenking te vier het Jan Braai meer as 200
resepte bymekaargesit wat oor ’n houtvuur gaargemaak en daar langsaan
geniet kan word.
In Boerekos met ’n twist gee Annelien ’n kwyllekker kinkel aan die eenvoudige, voedsame huiskos wat jou ma, ouma en oumagrootjie gemaak het. Dié 140 familieresepte vir soppe, souse, groente-, vleis- en nageregte én gebak en spenstreffers is getoets, bevat g’n vreemde bestanddele nie en sit die “resep-met-’n-les”-konsep voort wat haar gelyknamige blog en Facebookblad so 'n sosialemediasukses maak. Boerekos met 'n twist kan beskryf word as 'n kompakte 21ste-eeuse Kook en Geniet vir besige mense.
Verken die wêreld van lugbraaiers met celeb-sjef Herman Lensing en
ontdek hoekom dié veelsydige toestel jou nuwe beste vriend is.
Trakteer jou gesin op ou familiegunstelinge soos lewerkoekies, bobotie en skaapboud in die Toe-gedeelte en geniet weer die liplekker lekkerte van melktert, gemmerkoekies en gemmerbier. As jou tyd beperk is, wend jou tot die kortpad- getoetste resepte in die Nou-gedeelte, soos 'n sjokoladekoek wat in slegs 7 minute gemaak word, en beproefde, gesonder geregte soos spinasiegebak, pampoenmuffins, bobotie met 'n appellaag en eiervrugslaai.
In Oor die kole wys Martelize Brink dat braai soveel meer as net steaks en boerewors is. Dié boek bevat liplekker resepte wat wissel van die perfekte tjoppie tot potbrode en slaai – en ja, jy kan slaai braai! Martelize deel gunstelinge waarmee sy grootgeword het en verskaf ’n magdom uithaler-resepte met ’n kinkel wat jou smaakkliere sal prikkel. Sy gee raad oor potjies, roosters en basiese braaitegnieke. Daar is onder meer resepte vir gerookte ribbetjie, eend met sjerrieglaseersel, gevulde lamsrol, platbrood in die ketelbraai en haar pa, potjiekos-koning Matie Brink, se gewildste afvalpot. Natuurlik is daar ook iets vir die soettand – alles oor die vuur!
Staan jy gereeld voor jou oop koskas en kopkrap vir inspirasie vir heerlike gesinskos of ietsie anders? Dan het Marinda Engelbrecht vir jou die antwoord. In haar derde boek wys Marinda hoe jy doodgewone blikkies en pakkies kan optower in spoggerige disse, wat met die grootste selfvertroue aan familie en vriende voorgesit kan word. Min mense sal die verskil proe tussen die watertandlekker-boontjiesop wat jy met blikkies en pakkies berei het en die ware jakob. Met ’n paar koskasbestanddele en gekoopte skilferdeeg kan jy ’n geurige pastei maak en jy hoef nie meer ure lank te swoeg met vleis, hoender- of visgeregte nie – blikkies en pakkies is die kitsantwoord. Pak met jou volgende kruideniersware-aankope ’n paar blikkies tamaties, peulgroente, sampioene, vis, vleis en natuurlik ingedampte melk en kondensmelk – in jou inkopiemandjie, en met Marinda kook met blikkies en pakkies byderhand kan jy feitlik enige smulgereg berei.
Ja, die ketodieet is al lankal bekend; jy het daarvan gehoor maar
verstaan die konsep nie heeltemal nie en dink dis te duur. Of miskien
het jy dit getoets maar is oorweldig deur ’n oorvloed dikwels
teenstrydige inligting en het jy moed opgegee. Miskien volg jy dit
noukeurig maar het jy nuwe inspirasie nodig. Daar kom in elk geval
altyd nuwe inligting na vore. Ná die wegholsukses van sy eerste boek
twee jaar gelede, Living the Ultimate Keto Lifestyle, het
Hendrik Marais besluit dis tyd om die ketogeniese leefstyl aan selfs
meer mense bekend te stel, terwyl hy aanhangers terselfdertyd ’n
vereenvoudigde uiteensetting van die jongste neigings en ’n volledige
stel maklike en smaaklike resepte wou bied.
As jy 'n lae-koolhidraat, hoë-vet leefstyl 'n bekostigbare 'n volhoubare werklikheid wil maak, sal jy mal wees oor die 178 lae-koolhidraat, graanvrye en suikervrye alternatiewe vir van ons land se geliefdste geregte. Dit sluit gesinsvriendelike resepte in vir immergroen gunstelinge soos malvapoeding, beskuit en bevrore jogurt. Die kleurfoto's en eenvoudige aanwysings sal jou oorgang na die leefstyl nie net makliker nie, maar ook lekkerder maak.
Lugbraaier-meester Louisa Holst weet net wat die mark wil hê en is
terug met nog ’n vuurwarm treffer – propvol watertand-maaltye,
kitsgereed in net 30 minute! Geniet smullekker biryani-hoenderslaai,
pikante stokvis-en-jalapeño-gebak, varktjops met geroosterde chakalaka
en stomende frikkadelle-en-pap. En die ietsie soets ter afronding?
Ontspan, onweerstaanbare nageregte sorg vir daardie soete verleiding –
alles kant en klaar in net 30 minute.
Vir hom begin alles met ’n besluit: Om mense te nooi vir ete. En dan
kom die groot beplanning: die datum, die gaste, die tema en dekor en
laaste – maar seker die belangrikste – die spyskaart.
Jan Braai Junior In die kombuis is ’n boek vir die volgende geslag. Dis
geskryf in Jan Braai se kenmerkende styl en die hele gesin kan die
maklik volgbare, stapvir-stap-resepte geniet. Gemik op jong kinders om
hulle te help om heerlike kos suksesvol te maak en vertroue in hul
vaardighede in die kombuis te ontwikkel, pak jy ’n lewenslange reis aan
waar jy spesiale etes met gemak en selfvertroue sal kan maak.
Jan Braai Junior is ’n boek vir die volgende geslag braaiers in
Suid-Afrika. Gevul met Jan Braai se heel beste braairesepte en
vereenvoudig deur maklik-om-te-volg, stap-vir-stap instruksies, kan
kinders en die hele gesin Jan Braai Junior geniet.
Tuiskokke Isabella Niehaus en Louis Jansen van Vuuren span weer saam om
uitsonderlike publikasie van vegan geregte saam te stel.
Kweek dit self is ’n alsomvattende gids vol praktiese riglyne wat jou sal leer hoe om jou tuin (groot of klein) ten volle te benut, hetsy met tradisionele of alternatiewe tuinbou metodes. Die inhoud is nie beperk tot alledaagse en bekende spesies nie, daar word metodes aangebied om ongewone en moderne variasies van elke tipe plant te kweek. Elke plant word op ’n geordende en logiese manier volledig bespreek, met besondere verwysing na die vereistes vir die voorbereiding van die grond, verdeling van die plante, die kweking, asook die oes en berging daarvan. ’n Lekker bonus is die bykomende wenke hoe om plante in houers te kweek, die geskikste plante vir verskillende spasies, hoe om peste te bekamp, plantmaats, en die beste wapens in die oorlog teen siektes en ander probleme. Met die oog op die haastige leser wat nie onnodige opleeswerk wil doen vóór besluitneming nie, is daar ’n gebruiksvriendelike opsomming van elke spesie en bykomende interessante inligting op so ’n manier saamgestel dat dit ’n plesier is om daarna vollediger inligting te bekom.
Die Kos Revolusie is deels 'n wetenskaplike riller en deels 'n kookboek vol heerlike resepte, maar die hoofdoel is om jou lewe te verander deur jou te leer hoe jy met jou eetgewoontes beheer kan neem oor jou gewig en gesondheid.
StorieKos is veel meer as net nog 'n kookboek. In StorieKos nooi Frik jou uit om saam met hom op reis te gaan vanaf die Karoo tot in Kaïro en van Rusland tot in Rome. Dit is 'n kos-reisverhaal waarin hy sy passie vir “peasant food” of plattelandse kos deel – resepte en stories van mense en ervarings versamel oor 'n tydperk van bykans vier dekades. Hy deel die eenvoud en opregtheid van hierdie geregte wat die toets van tyd weerstaan het en deur die jare aangepas is in die kombuise van generasies van huiskokke. Op sy reise dwarsoor die wêreld het mense hom ingenooi in hul huise en harte, die geheime van ou familieresepte met hom gedeel en het hy saam met hulle baie van hierdie disse leer kook in plattelandse kombuise en klein restaurante. As jy dus hou van reis, mense en hul stories en boonop ook lief is vir kook, is hierdie 'n boek vir jou.
Wie sou kon raai dat Jan en sy boeke wêreldbekend sou word vir braai! Die braaikoning is terug met ’n splinternuwe boek en dié keer ondergaan die nederige braaibroodjie ’n gedaantewisseling of twee. Vind liplekker hoender-, beesvleis-, vegetariese en veganistiese braaibroodjie- en burgerresepte wat jou gesin sal laat terugkom vir nog! En moenie dink Jan het van die suikertande vergeet nie, die boek bevat alles van soet tot sout, alles oor die vuur – dis mos nou lekker!
In Dit proe soos huis eer Herman Lensing sy ma met sy uitsonderlike talent. Hy weef haar gunstelingresepte, passie vir kos en hul eie stories ineen. Dit is resepte van onthou dié – ’n kosverhaal wat dít wat is, verbind met dít wat was. Kos is liefde en in die kombuis klop die hart van die huis. |
![]() ![]() You may like...
Eight Days In July - Inside The Zuma…
Qaanitah Hunter, Kaveel Singh, …
Paperback
![]()
CSB The Invitation New Testament
Csb Bibles By Holman Csb Bibles By Holman
Paperback
![]()
Silent Victories - The History and…
John W. Ward, Christian Warren
Hardcover
R2,192
Discovery Miles 21 920
|