![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Local Author Showcase > Afrikaans > Cookbooks
As ’n eggenote en pastoriemoeder, ma van drie volwasse kinders en voltydse hoërskoolonderwyseres weet Marilyn Gantana presies hoe kosbaar tyd is. In Marilyn kuier en kook! nooi sy ons om te deel in die keur van haar versameling resepte wat sy vir meer as 30 jaar al bymekaar maak en toets. Daar is familieresepte wat sy tydens haar grootwordjare by haar ma en tannies geleer het en dan ook die wonderlike staatmakers wat geliefde gemeentelede van Loeriesfontein en Grabouw met haar gedeel het. Smulkos soos gebraaide lamsribbetjies, pannekoekies met hoendervulsel, mini-seekos quiches en roosterkoek word op ’n eenvoudige en bekostigbare manier berei met bestanddele wat reeds in elke Suid-Afrikaner se koskas teenwoordig is. Die resepte is sonder fiemies, doenbaar en gou om te maak.
Op die agterstoep van Marianas eet 'n mens happie vir happie met 'n uitsig op die plek waar jou maaltyd gebore is - nou word dié lekkerte in 'n boek omskep. In 2000 het Mariana Esterhuizen en haar man Peter op die pragtige klein dorpie Stanford 'n restaurant - Marianas - oopgemaak. Sedertdien het dié restaurant een van die land se top-eetplekke geword en is hulle maande vooruit vol bespreek met smulpape wat van heinde en verre soheentoe optrek. Mariana volg die tuin-na-tafel beginsel en gebruik groente, vars kruie en vrugte uit haar eie tuin. Die pragstuk van 'n boek, ingedeel volgens die seisoene, bevat: gunstelinge uit Mariana se kinderdae, die restaurant se top-disse, gunstelinge uit die groentetuin, en gunstelinge van klassieke kokke (Mariana is 'n passievolle kookboekversamelaar). Resepte dek die volle spektum: artisjok-geregte, soppe, kerrievis, koekstruif met bessies, gemmerbier, en vyekonfyt - alles selfgemaak!
Die Koekiefles is ’n versameling van meer as 90 resepte vir koekies en beskuit wat spesiaal vir die tuisbakker saamgestel is. Die resepte is getoets en geskik vir enigiemand wat nie kan wag om hul koekieflesse en -blikke vol te maak nie. Die resepte is gebruikersvriendelik en glad nie ingewikkeld nie – enige iemand kan dus die koekies bak, nie net ervare bakkers nie. Die Koekiefl es herinner aan die dae toe ‘koekiebak’ terapeuties en ’n belangrike deel van die lewe was.
Yum-mo is die resultaat van Carina Truyts se eie ervaring as jong kok in ’n huis vol honger studente, aangevul deur haar professionele kookopleiding. Dié vrolike kookboek sal enige nuweling inspireer om self in te spring en die vreugde van kosmaak te ontdek – van piekniekkos vir die stoep tot koekies bak in spanne en leer hoe om ’n flop te red, selfs in die kleinste woonstelletjie of gedeelde koshuiskombuis. Die boek:
Die Kokkedoor-wenners (Tiaan en Mynhardt) se eie resepteboek wat ook aansluit by hulle TV-program genaamd Makietie. Die boek bevat dertien feesgeleenthede soos ’n boekklubete, ’n “vintage rugby-ete” (met Schalk Burger), ’n karnival-kinderpartytjie, ’n moderne braai in die wingerd en ’n tradisionele familie Sondag-middagete. Elke geleentheid bestaan uit ’n volledige spyskaart met die heerlikste resepte en die pragtigste tafelversierings.
Vir sjef Tiaan Langenegger was dit sedert sy kinderjare ’n droom om sy eie kookboek te hê. Vandat hy op dertienjarige ouderdom Jamie Oliver se eerste kookboek, The Naked Chef, gesien het, het hy geweet dit is wat hy ook wil doen – hy wil met kos werk en ’n “seleb” wees – dis nou voordat hy besef het wat laasgenoemde regtig behels! Na aanleiding van Tiaan se kookprogramme Tiaan onthou, Tiaan kook en Tiaan proe op kykNET en Showmax het hy baie navrae van kykers gekry oor waar hulle die resepte kan kry, en só is die idee vir sy eie kookboek gebore. Dit is geïnspireer deur sy ma en ouma se kos, en dis baie anders as wat hy jare gelede gedink het dit sou wees: Dit is meer “back to basics”. Hy deel ook resepte wat hy deur die jare geleer maak het waar hy in verskillende bekende restaurante gewerk het, waaronder Le Quartier Français op Franschhoek en Overture op Stellenbosch.
Resepte só maklik, enigeen kan dit maak! Karlien van Jaarsveld het baie
talente, maar kook is nie een van hulle nie. Soos baie ander mense wil
Karlien die berge invaar wanneer iemand haar vra: “Wat eet ons vanaand?”
Onthou jy nog die geur van kaneel op pampoenkoekies in Ouma se kombuis?
In Seisoenskos word jy genooi om heeljaar volgens die seisoen te eet. Verlekker jou in die lekkertes van elke seisoen: waatlemoenen druiwe in die somer; grenadellas en vye in herfs; sitrusvrugte in die winter en avokados, kappertjies en spruite in die lente. Elke seisoen maak voorsiening vir voorgeregte, brood en happies, hoofgeregte en nageregte en gebak. Met nuttige wenke soos hoe om jou eie groen knoffel te groei. Vir alle kosliefhebbers.
Koelsoem en Flori, Suid-Afrika se gunsteling-tannies van Bonteheuwel, is terug met hul tweede boek, Soettand. In die boek deel hulle poedings en soetgebak wat dekades lank al familiegunstelinge is, soos Ouma Rachel se doekpoeding, onderstebo-tert, Mamma Rose se potpoeding, Maleise koesisters, bobaas-bollas, Yuwin se waatlemoenysies, gemmerpoeding, broodpoeding met ’n verskil, Hertzoggies en die berugte Tweegevrietjies. Die eerlike en onopgesmukte kos uit die hartjie van Koelsoem Kamalie en Flori Schrikker se kombuise in Bonteheuwel op die Kaaspe Vlakte het Suid-Afrikaners geheel en al betower. Die twee afgetrede tannies se onfeilbare resepte, perfek beproef na jare se ondervinding, het daarvoor gesorg dat Kook saam Kaaps, hul eerste boek, topverkoperstatus bereik het, met amper 10 000 eksemplare wat binne ses maande verkoop is. Koelsoem en Flori het ook hul eie kookreeks van 13 episodes op televisie losgeslaan. Flori en Koelsoem se kosse word elke Woensdagaand om 18:00 op VIA (kanaal 147) uitgesaai.
Callie en Mari-Louis maak jou lewe makliker met maaltye in een pot, braai- of oondpan – spaar elektrisieteit en arbeid met boonop die minimum skottelgoed. Heerlike en moeite-vrye resepte vir bees-, hoender- of varkvleis, asook wors, spekvleis en ham, frikkadelle en selfs vleislose geregte. Elk met ’n stysel en groente om ’n volledige maaltyd te maak.
Cass Abrahams, die beminde en gerespekteerde Kaapse sjef en entrepreneur, wat Kaaps-Maleise kos in alle huishoudings gewild gemaak het, vertel haar lewensverhaal met eerlikheid en humor aan Marike Bekker. Tussendeur deel sy ook haar staatmaker-resepte met ons. Elke stadium van haar vol lewe kleurvol is verweef in die geure, kleure, teksture van die kos wat sy maak – onlosmaaklik deel van haar lewenspad en raak saamgevat deur Marike. My Lewe met Kos is ’n versameling fassinerende stories oor haar soms ongewone kinderdae wat deurvleg word met ’n versameling van Cass se beste resepte – bewyse dat kos inderdaad die vermoë het om herinneringe op te roep.
Die honger reisiger is sowel 'n lekkerlees reisbundel as 'n reseptebundel sonder saaits. Marie Heese weet hoe om 'n storie te vertel sodat jy dit nie kan neersit nie. Die titel is propvol staaltjies en amusante waarnemings oor die reise wat sy en haar sielsgenoot-man, Chris, na eksotiese lande soos Turkye, Eritrea, Ethiopie, Frankryk, Egipte en Rusland onderneem het.
Hier is resepte spesiaal geskep om by jou luim te pas - kos wat jou sal opkikker wanneer jy bedruk voel, wat jou vierings ekstra plesierig sal maak, 'n romantiese geleentheid sal laat uitblom tot iets fantasties, oomblikke van kalmte en rus sal verdiep, en selfs vir daardie dae voorsien wanneer jy te lui voel om te kook maar steeds jouself en jou gesin moet voer. Put inspirasie uit Alida Ryder se entoesiasme, haar vars idees en haar maklike resepte, en kook mondwaterkos, wat jou bui ook al is. Alida Ryder se eerste boek, Heerlik & Maklik, is in 2012 deur Penguin Suid-Afrika uitgegee. By haar bekwaamheid in die kombuis, is sy ook nog voedselstilis, fotograaf en bekroonde blog-skrywer, en die moeder van 'n tweeling.
Uiteindelik! ’n Allesomvattende boek wat al jou vrae oor die Banting-leefstyl beantwoord en 'n oplossing bied vir permanente gewigsverlies. Die Banting-Oplossing verduidelik nie net wat Banting behels nie, dit:
Maar die heel belangrikste – die boek leer ons hoe om ontslae te raak van daardie ekstra kilogramme en hoe om hulle vir ewig weg te hou! Resultate van in-diepte navorsing word ondersteun deur gevallestudies en voor-en-na foto’s. Lesers het nou toegang tot alle inligting oor Banting in een boek.
Sonia en Jade se entoesiasme vir smaaklike, geurryke kookkuns sprankel behoorlik uit elke bladsy van Luscious Vegetarian! Dié boek bevat prettige en maklike vegetariese resepte wat met sorg gekies is om die voorkeure van jong werkende mense, bedrywige gesinne en hedonistiese gesondheidsbewustes gelyktydig te bevredig. Die resepte bevat alles en nog wat, vanaf vinnige disse vir elke dag, ligte happies en lekkernye, tot by suiwer sielskos en hedonistiese feesmaaltye en maak meestal van plaaslike bestanddele gebruik. Daar is ook bobaas-bakresepte en heerlike soet lekkernye. Hierdie boek is die begin van ’n avontuurlike liefdesverhouding met die vegetariese kookkuns.
Oondgerooster, oor die kole, as deel van bredies, sop of pasteie – hoender is maklik om voor te berei en ’n ekonomiese keuse vir elke gesin. 50 Hoendergeregte bevat vyftig veelsydige hoenderresepte wat aan gesinne maaltydinspirasie gedurende moeilike ekonomiese omstandighede bied. Al die resepte maak gebruik van bestanddele wat reeds in jou koskas is of maklik by jou plaaslike supermark bekombaar is. Die resepte bestaan uit treffers soos: • Blatjanghoender • Oros-hoender • Hoenderbobotie • Romerige hoender-stroganoff • Pikante hoender-en-lensiesop • Pynappelhoender • Hoender-en-brokkoli • Hoendersamoesas • Appelkoos-en-hoenderpotjie |
You may like...
NKJV, Wide-Margin Reference Bible…
Thomas Nelson
Leather / fine binding
Encyclopedia of Child and Adolescent…
Bonnie Halpern-Felsher
Hardcover
R60,438
Discovery Miles 604 380
Career Counselling And Guidance In The…
Melinda Coetzee, Herman Roythorne-Jacobs, …
Paperback
|