0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R50 - R100 (2)
  • R100 - R250 (19)
  • R250 - R500 (45)
  • R500+ (3)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Local Author Showcase > Afrikaans > Cookbooks

Maaltye - Maklike Geregte vir Elke Geleentheid (Afrikaans, Paperback): Christine Capendale Maaltye - Maklike Geregte vir Elke Geleentheid (Afrikaans, Paperback)
Christine Capendale
R467 Discovery Miles 4 670 Ships in 4 - 6 working days

Die bereiding van lekker en voedsame maaltye vir die gesin is gewoonlik hoog op die lys van uitdagings wat ons elke dag die hoof moet bied. In Maaltye – maklike geregte vir elke dag kan jy slim oplossings kry vir middagetes, aandetes en onthaalmaaltye wat jou familie en vriende sal geniet en weer voor sal vra. Geïnspireer deur mense wat graag interessante en gesonde kos eet maar nie baie tyd het vir koskook nie, het Christine Capendale verleidelike geregte geskep wat nogtans maklik is om te maak en jou nie ure lank in die kombuis besig sal hou nie.

Martelize Kook! - Jy's Genooi (Afrikaans, Paperback): Martelize Brink Martelize Kook! - Jy's Genooi (Afrikaans, Paperback)
Martelize Brink
R399 Discovery Miles 3 990 Ships in 4 - 6 working days

RSG-omroeper en glanspersoonlikheid Martelize Brink bring vir jou die heerlikste kuierdisse. Die versameling van meer as 80 resepte strek van brode, uithanghappies, vis en seekos en watertandhoofdisse met vleis, wild en hoender, tot by die maaltye wat sy graag na 'n lang werkdag in haar warm kombuis geniet. Die geregte is uniek, smaaklik en suiwer genot - wie het kon dink aan beeswange of spinasie-paneer vir die eetkamertafel? Iedere resep is getoets, gekeur en verspot maklik om te maak.

Marilyn Kuier En Kook! (Afrikaans, Paperback): Marilyn Gantana Marilyn Kuier En Kook! (Afrikaans, Paperback)
Marilyn Gantana
R241 Discovery Miles 2 410 Ships in 4 - 6 working days

As ’n eggenote en pastoriemoeder, ma van drie volwasse kinders en voltydse hoërskoolonderwyseres weet Marilyn Gantana presies hoe kosbaar tyd is. In Marilyn kuier en kook! nooi sy ons om te deel in die keur van haar versameling resepte wat sy vir meer as 30 jaar al bymekaar maak en toets. Daar is familieresepte wat sy tydens haar grootwordjare by haar ma en tannies geleer het en dan ook die wonderlike staatmakers wat geliefde gemeentelede van Loeriesfontein en Grabouw met haar gedeel het. Smulkos soos gebraaide lamsribbetjies, pannekoekies met hoendervulsel, mini-seekos quiches en roosterkoek word op ’n eenvoudige en bekostigbare manier berei met bestanddele wat reeds in elke Suid-Afrikaner se koskas teenwoordig is. Die resepte is sonder fiemies, doenbaar en gou om te maak.

Soettand (Afrikaans, Paperback): Koelsoem Kamalie, Flori Schrikker Soettand (Afrikaans, Paperback)
Koelsoem Kamalie, Flori Schrikker 2
R178 Discovery Miles 1 780 Ships in 4 - 6 working days

Koelsoem en Flori, Suid-Afrika se gunsteling-tannies van Bonteheuwel, is terug met hul tweede boek, Soettand. In die boek deel hulle poedings en soetgebak wat dekades lank al familiegunstelinge is, soos Ouma Rachel se doekpoeding, onderstebo-tert, Mamma Rose se potpoeding, Maleise koesisters, bobaas-bollas, Yuwin se waatlemoenysies, gemmerpoeding, broodpoeding met ’n verskil, Hertzoggies en die berugte Tweegevrietjies. Die eerlike en onopgesmukte kos uit die hartjie van Koelsoem Kamalie en Flori Schrikker se kombuise in Bonteheuwel op die Kaaspe Vlakte het Suid-Afrikaners geheel en al betower. Die twee afgetrede tannies se onfeilbare resepte, perfek beproef na jare se ondervinding, het daarvoor gesorg dat Kook saam Kaaps, hul eerste boek, topverkoperstatus bereik het, met amper 10 000 eksemplare wat binne ses maande verkoop is. Koelsoem en Flori het ook hul eie kookreeks van 13 episodes op televisie losgeslaan. Flori en Koelsoem se kosse word elke Woensdagaand om 18:00 op VIA (kanaal 147) uitgesaai.

Smeul - Drie Vroue, Een Kombuis (Afrikaans, Paperback): Riana Scheepers, Marietjie Koekemoer Smeul - Drie Vroue, Een Kombuis (Afrikaans, Paperback)
Riana Scheepers, Marietjie Koekemoer 1
R252 Discovery Miles 2 520 Ships in 4 - 6 working days

Braaisnoek op die kole, swartmossels met ‘n lekker brosbrood, ontbeende gevulde skaapkop, sampioenrisotto, nastergalkaaskoek, beesstertsop met ’n Thaise kinkel en oondgebakte kwartels is net ‘n paar van die verruklike resepte uit Smeul – die resultaat van drie vroue, laatnagkuiers in die kombuis en hul gunsteling resepte.

Tuistafel - Kook Saam Met Die Huiskok (Afrikaans, Hardcover): Errieda du Toit Tuistafel - Kook Saam Met Die Huiskok (Afrikaans, Hardcover)
Errieda du Toit
R425 Discovery Miles 4 250 Ships in 4 - 6 working days

Tuistafel trek jou in met kosmaak se klein en groot plesiere – of dit ’n eenvoudige onthoukos-gereg of ’n feesmaal saam met kleurryke kosvriende is. Tuistafel bevat resepte fyn gestippel met familie- en kindsbeenkos. Dit vertel ook van die rykdom van vriende aan tafel en kos wat sy arms wyd strek. Kos van verlange soos melkkos vat hande met avontuurlike eetplesiere soos roomystoebroodjies uit Korea.

Een Pot, Pan, Bakplaat (Afrikaans, Paperback): Mari-Louis Guy, Callie Maritz Een Pot, Pan, Bakplaat (Afrikaans, Paperback)
Mari-Louis Guy, Callie Maritz
R346 Discovery Miles 3 460 Ships in 4 - 6 working days

Callie en Mari-Louis maak jou lewe makliker met maaltye in een pot, braai- of oondpan – spaar elektrisieteit en arbeid met boonop die minimum skottelgoed.

Heerlike en moeite-vrye resepte vir bees-, hoender- of varkvleis, asook wors, spekvleis en ham, frikkadelle en selfs vleislose geregte. Elk met ’n stysel en groente om ’n volledige maaltyd te maak.

Die Banting-Oplossing - Jou Laekoolhidraat-Gids Vir Permanente Gewigsverlies (Afrikaans, Paperback): Bernadine Douglas Die Banting-Oplossing - Jou Laekoolhidraat-Gids Vir Permanente Gewigsverlies (Afrikaans, Paperback)
Bernadine Douglas
R262 Discovery Miles 2 620 Ships in 4 - 6 working days

Uiteindelik! ’n Allesomvattende boek wat al jou vrae oor die Banting-leefstyl beantwoord en 'n oplossing bied vir permanente gewigsverlies.

Die Banting-Oplossing verduidelik nie net wat Banting behels nie, dit:

  • verskaf antwoorde op Banters se dringendste vrae;
  • skiet die mites wat rondom Banting ontstaan het, aan flarde;
  • bevat handige maaltydplanne en Banting-vriendelike voedsellysies;
  • verskaf wenke oor wat om te doen wanneer gewigsverlies tot stilstand kom;
  • help jou om voedseletikette te verstaan; en
  • wys jou hoe om te Bant sonder om die bank te breek, en dat almal dié leefstyl kan volg.

Maar die heel belangrikste – die boek leer ons hoe om ontslae te raak van daardie ekstra kilogramme en hoe om hulle vir ewig weg te hou! Resultate van in-diepte navorsing word ondersteun deur gevallestudies en voor-en-na foto’s. Lesers het nou toegang tot alle inligting oor Banting in een boek.

n Lewe met kos (Afrikaans, Paperback): Cass Abrahams, Marike Bekker n Lewe met kos (Afrikaans, Paperback)
Cass Abrahams, Marike Bekker
R215 Discovery Miles 2 150 Ships in 4 - 6 working days

Cass Abrahams, die beminde en gerespekteerde Kaapse sjef en entrepreneur, wat Kaaps-Maleise kos in alle huishoudings gewild gemaak het, vertel haar lewensverhaal met eerlikheid en humor aan Marike Bekker. Tussendeur deel sy ook haar staatmaker-resepte met ons.

Elke stadium van haar vol lewe kleurvol is verweef in die geure, kleure, teksture van die kos wat sy maak – onlosmaaklik deel van haar lewenspad en raak saamgevat deur Marike.

My Lewe met Kos is ’n versameling fassinerende stories oor haar soms ongewone kinderdae wat deurvleg word met ’n versameling van Cass se beste resepte – bewyse dat kos inderdaad die vermoë het om herinneringe op te roep.

Brekfis - Met Derrich En Adelie (Afrikaans, Paperback): Derrich Gardner, Adelie Uys Brekfis - Met Derrich En Adelie (Afrikaans, Paperback)
Derrich Gardner, Adelie Uys 3
R229 Discovery Miles 2 290 Ships in 4 - 6 working days

Brekfis met Derrich en Adelie bevat al die gunstelingresepte van Derrich Gardener en Adelie Ludik soos gehoor op Brekfis met Derrich, Saterdae op RSG.

Met hierdie pragtige volkleur resepteboek kan jy elke dag van die week saam met Derrich en Adelie kook. Lesers kan net die beste van hierdie resepteboek verwag wat deur die ICA (Institute of Culinary Arts), onder leiding van Letitia Prinsloo (hoof), Inemari Rabie (dosent en stilis) en die derdejaar sjefstudente saamgestel is. ICA is gelee in die asemrowende Banhoek wynland van Stellenbosch waar hul wereldklas opleiding en internasionaal geakkrediteerde kursusse aanbied.

ICA het oor die afgelope 20 jaar 'n reputasie van die hoogste standaard gevestig en word gereken as die beste sjefskool in die land.

Marianas Se Vier Seisoene - Kos Uit Die Tuin Vir Die Tafel (Afrikaans, Paperback): Mariana Esterhuizen Marianas Se Vier Seisoene - Kos Uit Die Tuin Vir Die Tafel (Afrikaans, Paperback)
Mariana Esterhuizen; Photographs by Stephen Inggs
R399 Discovery Miles 3 990 Ships in 4 - 6 working days

Op die agterstoep van Marianas eet 'n mens happie vir happie met 'n uitsig op die plek waar jou maaltyd gebore is - nou word dié lekkerte in 'n boek omskep.

In 2000 het Mariana Esterhuizen en haar man Peter op die pragtige klein dorpie Stanford 'n restaurant - Marianas - oopgemaak. Sedertdien het dié restaurant een van die land se top-eetplekke geword en is hulle maande vooruit vol bespreek met smulpape wat van heinde en verre soheentoe optrek. Mariana volg die tuin-na-tafel beginsel en gebruik groente, vars kruie en vrugte uit haar eie tuin. Die pragstuk van 'n boek, ingedeel volgens die seisoene, bevat: gunstelinge uit Mariana se kinderdae, die restaurant se top-disse, gunstelinge uit die groentetuin, en gunstelinge van klassieke kokke (Mariana is 'n passievolle kookboekversamelaar).

Resepte dek die volle spektum: artisjok-geregte, soppe, kerrievis, koekstruif met bessies, gemmerbier, en vyekonfyt - alles selfgemaak!

Eet Gesond, Voel Goed - Beveg Kanker Met Voeding (Afrikaans, Paperback): Jeske Wellmann, Adele van der Merwe Eet Gesond, Voel Goed - Beveg Kanker Met Voeding (Afrikaans, Paperback)
Jeske Wellmann, Adele van der Merwe
R74 Discovery Miles 740 Ships in 4 - 6 working days

Hierdie gesaghebbende boek is daarop gemik om kankerlyers, hul versorgers en families op te lei en te bemagtig sodat hulle die kanker optimaal kan beveg met die regte voeding.

Yum-Mo - Vrolike, Vars Resepte Vir Beginners En Studente (Afrikaans, Paperback): Carina Truyts Yum-Mo - Vrolike, Vars Resepte Vir Beginners En Studente (Afrikaans, Paperback)
Carina Truyts 1
R241 Discovery Miles 2 410 Ships in 4 - 6 working days

Yum-mo is die resultaat van Carina Truyts se eie ervaring as jong kok in ’n huis vol honger studente, aangevul deur haar professionele kookopleiding.

Dié vrolike kookboek sal enige nuweling inspireer om self in te spring en die vreugde van kosmaak te ontdek – van piekniekkos vir die stoep tot koekies bak in spanne en leer hoe om ’n flop te red, selfs in die kleinste woonstelletjie of gedeelde koshuiskombuis.

Die boek:

  • Gee duidelike instruksies en volkleurfoto’s
  • Verduidelik basiese kooktegnieke
  • Het resepte vir alles van ontbyt tot sop, pizza en pasta, vis- en vleishoofgeregte en natuurlik iets vir die soettand
  • Bied opsies vir vegetariërs, vir platsakdae, vir heerlike disse uit oorskietkos en selfs babelaas-kure
  • Bevat van eenvoudige, ekonomiese etes tot uithang-kos vir vriende
Carina, wat by die bekende Silwood-kookskool opgelei is, het hierdie onmisbare hulpmiddel vir kombuis-oorlewing geskep terwyl sy aan die Rhodes-universiteit studeer het. Tans kombineer sy nagraadse studie aan die Universiteit van Kaapstad met werk as persoonlike sjef vir oorsese toeriste. Tussendeur bederf sy haar vriende met Yum-mo-etes op haar klein balkonnetjie.
Makietie (Afrikaans, Paperback): Tiaan Langenegger, Mynhardt Joubert Makietie (Afrikaans, Paperback)
Tiaan Langenegger, Mynhardt Joubert
R309 Discovery Miles 3 090 Ships in 4 - 6 working days

Die Kokkedoor-wenners (Tiaan en Mynhardt) se eie resepteboek wat ook aansluit by hulle TV-program genaamd Makietie.

Die boek bevat dertien feesgeleenthede soos ’n boekklubete, ’n “vintage rugby-ete” (met Schalk Burger), ’n karnival-kinderpartytjie, ’n moderne braai in die wingerd en ’n tradisionele familie Sondag-middagete.

Elke geleentheid bestaan uit ’n volledige spyskaart met die heerlikste resepte en die pragtigste tafelversierings.

Saam - 'n Eeu van Suid Afrikaanse Gemeenskapsresepte (Afrikaans, Hardcover): Errieda du Toit Saam - 'n Eeu van Suid Afrikaanse Gemeenskapsresepte (Afrikaans, Hardcover)
Errieda du Toit 1
R360 R227 Discovery Miles 2 270 Save R133 (37%) Ships in 5 - 7 working days

SAAM is die Suid-Afrikaanse huiskoskampioen Errieda du Toit se uitsonderlike kookboek oor kos wat ons die meeste geniet en die kultuur waarmee resepte in gemeenskapsresepteboekies gedeel word.

Errieda verdiep haar in 150 boekies wat oor 100 jaar uitgegee is en vorm ’n spesiale band met die resepte op die omkrulblaaie vol kosvlekke uit dié versamelings.

In dié eiesoortige resepteboek vier Errieda ons noue verhouding met die nederige gemeenskapsboekies, die invloed daarvan op ons koskultuur en die kenmerkende gees van samewerking. SAAM is ’n genotvolle huldeblyk aan die genre wat in ’n moderne trant en effe tong-in-die-kies inspirasie in ons kosherinneringe vind. Die verskeidenheid resepte is ruimmhartig, gasvry en vol warmte soos die huiskokke wat dit oorspronklik in die boekies gedeel het – die aanhouers (langasem-resepte wat bly oorleef), die flatervryes (epiese staatmakers), kos vir oor-en-weer-kuiers en retrogunstelinge wat ons as erfeniskos koester.

Met net die regte balans tussen nostalgie, modernisering van ou resepte en boeiende vertellinge is SAAM dié boek vir huiskokke, kookboekversamelaars en almal wat nuuskierig en entoesiasties is oor Suid-Afrikaanse kos.

Platteland: Seisoenskos (Afrikaans, Paperback): Weg/Go! Tydskrif Platteland: Seisoenskos (Afrikaans, Paperback)
Weg/Go! Tydskrif
R425 R336 Discovery Miles 3 360 Save R89 (21%) Ships in 5 - 7 working days

In Seisoenskos word jy genooi om heeljaar volgens die seisoen te eet. Verlekker jou in die lekkertes van elke seisoen:

waatlemoenen druiwe in die somer; grenadellas en vye in herfs; sitrusvrugte in die winter en avokados, kappertjies en spruite in die lente. Elke seisoen maak voorsiening vir voorgeregte, brood en happies, hoofgeregte en nageregte en gebak. Met nuttige wenke soos hoe om jou eie groen knoffel te groei. Vir alle kosliefhebbers.

Smullekker Vegetaries (Afrikaans, Paperback): Sonia Cabano, Jade De Waal Smullekker Vegetaries (Afrikaans, Paperback)
Sonia Cabano, Jade De Waal
R197 Discovery Miles 1 970 Ships in 4 - 6 working days

Sonia en Jade se entoesiasme vir smaaklike, geurryke kookkuns sprankel behoorlik uit elke bladsy van Luscious Vegetarian! Dié boek bevat prettige en maklike vegetariese resepte wat met sorg gekies is om die voorkeure van jong werkende mense, bedrywige gesinne en hedonistiese gesondheidsbewustes gelyktydig te bevredig.

Die resepte bevat alles en nog wat, vanaf vinnige disse vir elke dag, ligte happies en lekkernye, tot by suiwer sielskos en hedonistiese feesmaaltye en maak meestal van plaaslike bestanddele gebruik. Daar is ook bobaas-bakresepte en heerlike soet lekkernye. Hierdie boek is die begin van ’n avontuurlike liefdesverhouding met die vegetariese kookkuns.

Die Honger Reisiger - Reisverhale Met Resepte (Afrikaans, Paperback): Marie Heese Die Honger Reisiger - Reisverhale Met Resepte (Afrikaans, Paperback)
Marie Heese
R240 Discovery Miles 2 400 Ships in 4 - 6 working days

Die honger reisiger is sowel 'n lekkerlees reisbundel as 'n reseptebundel sonder saaits. Marie Heese weet hoe om 'n storie te vertel sodat jy dit nie kan neersit nie. Die titel is propvol staaltjies en amusante waarnemings oor die reise wat sy en haar sielsgenoot-man, Chris, na eksotiese lande soos Turkye, Eritrea, Ethiopie, Frankryk, Egipte en Rusland onderneem het.

50 Hoendergeregte (Afrikaans, Paperback): LAPA Uitgewers 50 Hoendergeregte (Afrikaans, Paperback)
LAPA Uitgewers
R199 Discovery Miles 1 990 Ships in 4 - 6 working days

Oondgerooster, oor die kole, as deel van bredies, sop of pasteie – hoender is maklik om voor te berei en ’n ekonomiese keuse vir elke gesin. 50 Hoendergeregte bevat vyftig veelsydige hoenderresepte wat aan gesinne maaltydinspirasie gedurende moeilike ekonomiese omstandighede bied. Al die resepte maak gebruik van bestanddele wat reeds in jou koskas is of maklik by jou plaaslike supermark bekombaar is. Die resepte bestaan uit treffers soos:

• Blatjanghoender

• Oros-hoender

• Hoenderbobotie

• Romerige hoender-stroganoff

• Pikante hoender-en-lensiesop

• Pynappelhoender

• Hoender-en-brokkoli

• Hoendersamoesas

• Appelkoos-en-hoenderpotjie

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Elastomer Blends and Composites…
Sanjay Mavinkere Rangappa, Jyotishkumar Parameswaranpillai, … Paperback R4,944 Discovery Miles 49 440
Lasers and Their Application to the…
Richard A. Dunlap Paperback R750 Discovery Miles 7 500
Word Crazy - Broadway Lyricists from…
Thomas S. Hischak Hardcover R2,540 Discovery Miles 25 400
Lithium Intercalation in Bilayer…
Matthias Kuhne Hardcover R2,653 Discovery Miles 26 530
Music Direction for the Stage - A View…
Joseph Church Hardcover R3,594 Discovery Miles 35 940
Solid State Physics, Volume 57
Henry Ehrenreich, Frans Spaepen Hardcover R5,727 Discovery Miles 57 270
Journey Into Reciprocal Space - A…
A.M. Glazer Paperback R758 Discovery Miles 7 580
Processing Technology for Bio-Based…
Khalid Mahmood Zia, Nadia Akram, … Paperback R4,256 Discovery Miles 42 560
Ionic Liquids - From Knowledge to…
Natalia Plechkova, Robin Rogers, … Hardcover R3,292 Discovery Miles 32 920
Gershwin in Pittsburgh
Gregory Suriano Paperback R553 R507 Discovery Miles 5 070

 

Partners