Yum-mo is die resultaat van Carina Truyts se eie ervaring as jong kok in ’n huis vol honger studente, aangevul deur haar professionele kookopleiding.
Dié vrolike kookboek sal enige nuweling inspireer om self in te spring en die vreugde van kosmaak te ontdek – van piekniekkos vir die stoep tot koekies bak in spanne en leer hoe om ’n flop te red, selfs in die kleinste woonstelletjie of gedeelde koshuiskombuis.
Die boek:
- Gee duidelike instruksies en volkleurfoto’s
- Verduidelik basiese kooktegnieke
- Het resepte vir alles van ontbyt tot sop, pizza en pasta, vis- en vleishoofgeregte en natuurlik iets vir die soettand
- Bied opsies vir vegetariërs, vir platsakdae, vir heerlike disse uit oorskietkos en selfs babelaas-kure
- Bevat van eenvoudige, ekonomiese etes tot uithang-kos vir vriende
Carina, wat by die bekende Silwood-kookskool opgelei is, het hierdie onmisbare hulpmiddel vir kombuis-oorlewing geskep terwyl sy aan die Rhodes-universiteit studeer het. Tans kombineer sy nagraadse studie aan die Universiteit van Kaapstad met werk as persoonlike sjef vir oorsese toeriste. Tussendeur bederf sy haar vriende met Yum-mo-etes op haar klein balkonnetjie.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!