0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R50 - R100 (2)
  • R100 - R250 (19)
  • R250 - R500 (49)
  • R500+ (2)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Local Author Showcase > Afrikaans > Cookbooks

Vegetaries (Afrikaans, Paperback): Jan Braai Vegetaries (Afrikaans, Paperback)
Jan Braai
R450 R402 Discovery Miles 4 020 Save R48 (11%) Ships in 5 - 10 working days

'n Versameling van Jan se beste vegetariese resepte en nog baie nuwe kinkels, alles op die vuur. As jy iets soek vir vleislose Maandag, jou nuwe vegetariese skoondogter moet onthaal, of die kleinkinders moet kosgee - is daar geen rede waarom jy nie kan braai nie. Met Jan se liplekker braaibroodtjies, potjies, kerrie, brode, burgers tot poedings sal selfs die vleiseters terugkom vir nog 'n skeppie!

Kos Uit Die Veldkombuis (Afrikaans, Hardcover): Betsie Rood Kos Uit Die Veldkombuis (Afrikaans, Hardcover)
Betsie Rood 1
R292 Discovery Miles 2 920 Ships in 6 - 10 working days

’n Omvattende versameling kleurfoto's, beskrywings en resepte met as bestanddeel plante wat eetbaar is en/of eetbare vrugte dra en inheems in Suid-Afrika voorkom. Resepte vir wildepruimjellie en kalbas-visbredie sal dalk jou mond laat water, maar die boek is ook 'n kultuurhistoriese rekord van 'n leefwyse van eenvoud wat al so te se uitgesterf het. Betsie Rood was 'n welbekende navorser-skrywer en kenner van kos en medisyne uit die natuur. In haar leeftyd het sy ook verskeie kookboeke die lig laat sien, onder andere Betsie Rood’s 101 traditional South African recipes.

Marinda Se Kinderkombuis - Met Sjef Sout En Prof Pretzel (Afrikaans, Paperback): Marinda Engelbrecht Marinda Se Kinderkombuis - Met Sjef Sout En Prof Pretzel (Afrikaans, Paperback)
Marinda Engelbrecht
R315 R281 Discovery Miles 2 810 Save R34 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Marinda Se Kinderkombuis is 'n kleurvolle kookboek met 'n kinkel. Die kinkel is die eksperimente wat in die boek voorkom, en wat met alledaagse kombuisprodukte uitgevoer kan word.

Die resepte is maklik, vinnig en liplekker om te maak. Maak van die resepte vir jou verjaarsdagpartytjie, en dan kan jy en jou maats die eksperimente ook saam doen! Sjoe! Jy gaan só cool wees.

Dié towerkookboek gaan vir jou wys dat die kombuis 'n wonderlike plek is!

Stofpaaie In 'n Wynglas (Afrikaans, Paperback): Beyers Truter Stofpaaie In 'n Wynglas (Afrikaans, Paperback)
Beyers Truter; As told to Riaan Gerber
R250 R231 Discovery Miles 2 310 Save R19 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Suid-Afrika se Mnr. Pinotage, Beyers Truter, se passie vir die lewe en wyn is oral bekend. In hierdie boek kyk hy terug op sy eerste treë as wynmaker van Kanonkop, asook die deftige funksie in Londen toe hy in 1991 as Wynmaker van die Wêreld aangewys is.

Hy vertel ook van die vlammetjie wat altyd in hom gebrand het om op sy eie plaas wyn te maak en die groot oomblik van Beyerskloof se eerste oes. Sy lewensreis as eienaar en wynmaker van Beyerskloof is een van vriendskap, nederigheid en lojaliteit. Die bekende ou skrywer van cowboy-boeke Louis L'Amour se betekenis van traildust was nog altyd vir hom 'n rigsnoer in sy lewe as wynmaker, ouer en vriend.

Beyers sien altyd die humor in situasies raak en dis een van die redes hoekom hy die wyntoere so baie geniet het saam met Jannie Engelbrecht, Jan-Boland Coetzee, Kevin Arnold en Johan Malan. Hy het ook 'n lang paadjie geloop met die bekende Etzebeth-rugbybroers, asook Koos Kombuis. Hy deel ook sy liefde vir sy honde, duik, seekos en Namibië.

Verskombuis - 'n Kookboek Met Gedigte (Afrikaans, Paperback): George Weideman Verskombuis - 'n Kookboek Met Gedigte (Afrikaans, Paperback)
George Weideman
R94 Discovery Miles 940 Ships in 4 - 6 working days

Met Verskombuis lewer George Weideman 'n kombinasie: Poesie en kos praat hier saam, met en oor mekaar om 'n watertandlekker veelgangmaaltyd te bied vir die fynproewer van voedsel en vers.

Die resepte is oorwegend deur die digter self ontwikkel en tussen die proe en probeer deur neergeskryf - doudagdisse, hoofdisse en toekos, slaaieen agteroppies. Die bundel word afgesluit met 'n besondere vyftal outydse poedingresepte wat uit die kookboekie van ene Anna Maria Kersop met die datum 1879 oorgeneem is.

Die verse uit Weideman se kombuis handel soms die heerlike bestanddele soos granate, eiervrug, sampioene, dadels en turksvye, soms oor besondere geregte, soms oor goeters wat in die kombuis gebruik word ("Tot lof van die lepel"), soms oor eksotiese geregte soos Imam Bayildi en borsjt, maar soms ook baie gewone lekkertes uit die kombuis, soos "Opstaankoffie", "Aanbrandsel" en "Broodbak".

En wie sou nou kon raai dat 'n kalbaspampoentjie soveel stuitigheid kan oplewer? Verskombuis is 'n bundel wat proe-proe met keurige wyn geniet kan word, maar soms ook met groot happe verslind sal kan word!

Weber Braai Bybel (Afrikaans, Hardcover): Jamie Purviance Weber Braai Bybel (Afrikaans, Hardcover)
Jamie Purviance
R500 R384 Discovery Miles 3 840 Save R116 (23%) Ships in 5 - 10 working days

Weber Braai Bybel is ’n alles-in-een meestersklas oor elke aspek van die gewilde ketelbraai. Of jy nou met gas of houtskool kook, sal hierdie omvattende gids alles dek wat die ywerige eienaar van ’n ketelbraai behoort te weet.

Leer hoe om die perfekte steak of ribbetjies gaar te maak, om ’n lamsbeen oop te vlek, om hoenderboudjies en –vlerkies te braai sonder om dit te verbrand, en hoe om ’n kalkoen te berook. Daar is wenke en goeie idees wat die geheime van ’n suksesvolle braai sal onthul, terwyl hoofstukke oor marinades, geurmiddels en souse jou sal inspireer om jou eie kenmerkende smake saam te stel. Van sosati es, tjops en burgers tot meer ingewikkelde spitbraaie, geroosterde groente, pizza oor die kole en piesang-s’mores, is hierdie boek propvol resepte vir braai regdeur die jaar.

As braai deel is van jou leefstyl en jy jou buitemuurse kookvernuf wil verbeter, hoef jy nie verder as die Weber Braai Bybel te soek nie!

Vleis - Die Omvattende Gids (Afrikaans, Paperback): Annelien Pienaar Vleis - Die Omvattende Gids (Afrikaans, Paperback)
Annelien Pienaar
R310 R277 Discovery Miles 2 770 Save R33 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Suid-Afrikaners is nou maar eenmaal gaande oor vleis. Dis onontbeerlik op enige feestafel, en vir die meeste van ons is selfs ’n gewone weeksaandete nie volledig daarsonder nie. Nie net is dit heerlik en vullend nie, dis ook propvol voedingstowwe wat goed is vir ons.

Vleis: Die Omvattende Gids is ’n moderne ensiklopedie wat ’n ereplek verdien in die kombuis van almal wat graag vleis eet en gaarmaak. Afgesien van resepte vir smullekker vleisgeregte vir elke okkasie bevat dit hope inligting oor die beste manier om die verskillende snitte en soorte vleis te berei, hoe om vleis te vries of tot perfeksie te verouder, tesame met ’n hordes wenke om geur en sappigheid te verseker – alles sonder preserveer- en ander kunsmatige bymiddels. Die voedselwetenskaplike en gewilde kosskrywer Annelien Pienaar se passie vir goeie, volhoubare vleis word weerspieël op elke bladsy van hierdie boek.

Vleis: Die Omvattende Gids is die enigste vleisboek wat jy ooit weer sal nodig kry. Dit bevat:

  • Meer as 100 resepte wat die toets van die tyd deurstaan het – daar is beesvleis, lam en skaap, vark, pluimvee, afval en wildsvleis, en enigiets van maklike gesinsetes, tradisionele treffers en spoggerige onthaalkos tot kitsplanne met die oorskiet
  • Beskrywings van al die verskillende vleissnitte, hul gebruike en die beste metodes om dit gaar te maak
  • Nuttige inligting oor die voedingswaarde en veroudering van vleis, vleisterme en omskakelingstabelle
  • Ekstra resepte vir marinades, souse, soutmengsels, aftreksels en deeg wat vleis komplementeer
Kook & Geniet (Afrikaans, Hardcover, 2de Hersiende Uitgawe): S. J. A. de Villiers Kook & Geniet (Afrikaans, Hardcover, 2de Hersiende Uitgawe)
S. J. A. de Villiers
R480 R428 Discovery Miles 4 280 Save R52 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Kook en geniet het in 1951 vir die eerste keer verskyn. Met meer as 'n halfmiljoen eksemplare in druk is dit ongetwyfeld die klassieke Suid-Afrikaanse kookboek. Generasies is grootgemaak en het self leer kook aan die hand van die boek. Kook en geniet dek alles wat jy ooit oor kook kan wil weet - van hoe om bestanddele te meet, oonde optimaal te gebruik, groente voor te berei en vleis gaar te maak tot hoe om kos perfek te vries - naas die meer as 700 ekonomiese, beproefde en geliefde resepte. Dink aan Japie se gunsteling, waterblommetjies of souskluitjies.

Klein Kook & Geniet (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe): Eunice van der Berg, S. J. A. de Villiers Klein Kook & Geniet (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe)
Eunice van der Berg, S. J. A. de Villiers
R360 R321 Discovery Miles 3 210 Save R39 (11%) Ships in 5 - 10 working days

'n Eg Afrikaanse kookboek vir beginners van alle ouderdom. Kook & geniet se kleinsus is die perfekte wegspringplek vir beginners in die kombuis. Die gewilde kookgids vir kinders is nou terug in 'n vrolike baadjie - met dieselfde vertroude staatmaker-resepte en splinternuwe kleurfoto's. Met gunstelinge soos hamburgers, tjips, pizza en 'n verskeidenheid soetgoed.

Met meer as 55 smulresepte vir jonk en oud, spesiaal uitgesoek en getoets deur Eunice van der Berg. Elke metode word stap vir stap met behulp van kleurfoto's verduidelik en leer jou:

- hoe om 'n resep te volg

- hoe om te meet

- wat kookterme beteken

- hoe om kombuisgereedskap te gebruik

Klein kook & geniet is 'n mini-kursus wat jou op 'n lekker plesierige manier touwys maak in die basiese kuns van kosmaak - en as jy eers weet hoe, sal jy dieselfde metodes kan gebruik om uit enige resepteboek te kook.

Demokratiese Republiek Van Braai (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe): Jan Braai Demokratiese Republiek Van Braai (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe)
Jan Braai
R290 R259 Discovery Miles 2 590 Save R31 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Die nuwe uitgawe van Die Demokratiese Republiek van Braai bevat 'n keur van nuwe resepte. Die indeling van die hoofstukke is aangepas, met besonderse resepte vir steak, hoender, slaai, groente, lam en meer.

Die ideale geskenk vir enige Suid-Afrikaner wat daarvan hou om vir vriende en familie oor 'n vuur te kook.

Kaap, Kerrie & Koesisters (Afrikaans, Paperback): Fatima Sydow, Gadija Sydow Noordien Kaap, Kerrie & Koesisters (Afrikaans, Paperback)
Fatima Sydow, Gadija Sydow Noordien 1
R290 R259 Discovery Miles 2 590 Save R31 (11%) Ships in 5 - 10 working days

In Kaap, kerrie & koesisters neem die tweelingsusters Fatima en Gadija ons op ’n tradisionele Kaaps-Maleise kosreis wat terselfdertyd ook ’n lewensreis is, want die resepte word saamgesnoer met herinneringe aan hulle grootwordjare op die Kaapse Vlakte en die vroue wat so ’n groot rol gespeel het om ’n liefde vir koskook en bak by hulle te kweek.

Die susters glo aan lekker huiskos en resepte wat vinnig, maklik en bekostigbaar is – soos wat hulle geliefde oorlede moeder se kookstyl ook was. Maar die boek bevat ook uithangresepte vir daardie spesiale geleenthede! Wat is dan nou lekkerder as ’n pot tradisionele gheemakerrie, of Fatima se alombekende kerrievis, akni, dhaltjies en piesangbrood? En probeer gerus Gadija se sambals, smoortjies en bredies met die geurigste speserye.

Met afdelings soos sop, bredies, poedings, vleis, vis, koeke en gebak is die boek beslis ’n moet vir elke Kaaps-Maleise lekkerbek – en elkeen wat nog altyd meer wou weet van die Kaaps-Maleise kookkuns!

Vuurwerke (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe): Jan Braai Vuurwerke (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe)
Jan Braai
R435 R388 Discovery Miles 3 880 Save R47 (11%) Ships in 5 - 10 working days

In die herverpakte sagteband uitgawe van Vuurwerke deel die bekende en ikoniese Jan Braai sy kennis van vuurmaak en vleis met al sy aanhangers. As daar een persoon is wat weet van braai dan is dit Jan Braai. Hy het al met duisende Suid-Afrikaners regoor die land gebraai en verstaan wat mense wil weet oor braai. Die boek bevat Jan se duidelike en deeglike instruksies vir die braai van steak, lampstjops, sosaties en beestert-potjie. As jy dit eers bemeester het, kan jy die braairibbetjie, lamsboud of spitbraai takel. Om nie te vergeet van die ou gunstelinge soos braaibroodtjies, stywe pap, mielies en selfs ’n nagereg of twee nie. Met die hardeband uitgawe van Vuurwerke wat meer as 20 000 kopiee verkoop het is die boek definitief ’n gunsteling onder Suid-Afrikaanse braailiefhebbers.

Die Edik van Nantes Kookboek (Afrikaans, Paperback): Nataniel le Roux, Erik Le Roux Die Edik van Nantes Kookboek (Afrikaans, Paperback)
Nataniel le Roux, Erik Le Roux
R380 R339 Discovery Miles 3 390 Save R41 (11%) Ships in 5 - 10 working days

In Die Edik van Nantes-kookboek nooi Nataniël en sy broer, Erik le Roux, jou uit om saam met hulle 'n kosreis na Nantes, Frankryk, te onderneem. Kom kyk hoe lyk die château waar Erik en sy gesin bly, beskou die argitektoniese wonders van Nantes en beleef die koue winter saam met hulle. Met resepte uit die eerste vier reekse van die gelyknamige TV-reeks asook nuwe resepte wat Nataniël en Erik by die huis maak. Maak Franse uiesop, clafoutti, artisjokpoeding, brioche met salm, bloubessiesjampanjesop en sjokoladeklappertruffels net soos die Franse kan. 'n Visuele fees vir die oog.

Sinkhuis Resepte (Afrikaans, Paperback): Willie Strauss Sinkhuis Resepte (Afrikaans, Paperback)
Willie Strauss
R380 R356 Discovery Miles 3 560 Save R24 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Sinkhuisresepte is Willie Strauss se tweede kookboek en volg op Daar is ‘n engel in my koskas (Human & Rousseau). Hierdie boek is propvol heerlike, pretensielose resepte.

In sy sinkhuis, een van die oorspronklike huise in Cullinan, maak Willie vinnige en maklike kos wat hy vir gaste as ’n visuele en kreatiewe fees voorsit. Die leser kan uitsien na meer as 100 smaakvolle resepte met bestanddele wat jy in jou koskas het. Willie se stories gaan jou laat glimlag en sommige sal jou laat terugverlang na jou ma en ouma se kombuis met bekende geure van anys, vleispastei, appelkoos en bros blaardeeg.

Interessante nuutjies soos vye-en-biltong-paella is ook op die spyskaart en Sinkhuisresepte sluit selfs af met peuselhappies vir jou dierekinders.

Nostalgiese stories en resepte waarmee jy grootgeword het is so deel van Willie dat jy nie kan help om met ’n glimlag na hom te luister of sy stories te lees en sy resepte te gebruik nie. Hierdie boek nooi jou om saam met Willie in sy sinkhuis te kuier.

Pretkos - Gesonde Maaltye Vir Kinders (Afrikaans, Paperback): Samantha Scarborough Pretkos - Gesonde Maaltye Vir Kinders (Afrikaans, Paperback)
Samantha Scarborough
R150 R109 Discovery Miles 1 090 Save R41 (27%) Ships in 5 - 7 working days

Die meeste ma’s word daagliks uitgedaag om hul kinders aan te moedig om gesonde maaltye te nuttig wat lewenskragtig en voedsaam is.

Pretkos bied ’n skatkis van idees om gesonde, inspirerende etes vir kinders te berei – met groot pret! Van slaaie, peuselhappies, kosblikkos en toebroodjies, aandete, teetyd en pieknieks tot groente en vrugte word ingesluit.

Die hoofstukke bevat heelwat kreatiewe idees vir verbeeldingryke geregte wat kinders vir hulself kan berei. Al die resepte is gestileer om alledaagse maaltye pret te maak, soos Slaaihasie, Vrolike frittatas, Pers pasta, Ryskoekie-uile en Soesji-broodjies.

Help! Ek Kry Gaste Vir Ete (Afrikaans, Paperback): Annabel Frere Help! Ek Kry Gaste Vir Ete (Afrikaans, Paperback)
Annabel Frere
R360 R332 Discovery Miles 3 320 Save R28 (8%) Ships in 5 - 10 working days

’n Geslag jong volwassenes het Help! Daar’s ’n Stoof in My Kombuis, Annabel Frere se eerste kookboek, leer ken, is mal daaroor en afh anklik daarvan. Dieselfde geslag het die jong beroepslui geword wat nou op ’n ietwat meer gesofistikeerde vlak moet onthaal. As skrywer het Annabel al hierdie stadiums met haar eie dogters meegemaak, en sy het weer eens smaaklike en relatief eenvoudige resepte vir geleenthede saamgestel – van onbeplande samekomste tot goedgeorganiseerde geleenthede.

Groot klem word op goeie beplanning gelê, asook kos wat vooraf berei kan word sodat die kok soveel tyd moontlik aan sy of haar gaste kan bestee, pleks daarvan om die dag in die kombuis deur te bring. Aandag word ook gegee aan tekstuur en aanbieding, met heelwat wenke en voorstelle oor moeitelose onthaal. Waar disse dalk meer ingewikkeld lyk, is Annabel uitstekend daarmee om die misterie te ontsluit. En natuurlik is geen partytjie volledig sonder die regte vloeibare begeleiding nie. Dus is daar ’n hoofstuk oor ’n verskeidenheid skemerkelkies, met en sonder alkohol.

Low Carb Is Lekker: Twee (Afrikaans, Paperback): Ine Reynierse Low Carb Is Lekker: Twee (Afrikaans, Paperback)
Ine Reynierse 6
R350 R323 Discovery Miles 3 230 Save R27 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Om laekoolhidraat-maaltye voor te berei hoef nie vervelig of saai te wees nie. Ine Reynierse, outeur van die topverkoper Low-Carb Is Lekker, bring alledaagse disse weer terug na die laekoolhidraat-hoevet-spyskaart.

Met haar unieke deegresepte kan jy nou brood, muffins, oliebolle, nachos, pizza, vetkoek en selfs koeksisters geniet, maar sonder die oortollige koolhidrate. Haar eenvoudige en fynproewermaaltye, waaronder ’n paar plaaslike gunstelinge asook gunstelinge van oor die wereld heen, sal die hele gesin laat vra na meer ... meer gesonde maaltye!

As jy op soek is na eenvoudige en sakpasresepte vir 'n laekoolhidraat-leefstyl, is die boek jou beste bondgenoot.

Loorita Se Griekse Voorskoot (Afrikaans, Paperback): Dirk Nagtegaal, Reinet Nagtegaal Loorita Se Griekse Voorskoot (Afrikaans, Paperback)
Dirk Nagtegaal, Reinet Nagtegaal
R190 R124 Discovery Miles 1 240 Save R66 (35%) Ships in 5 - 7 working days

Loorita het in Reinet en Dirk Nagtegaal se besige lewe ingestap en sonder enige omhaal hulle lewe van kantoor tot kombuis begin herorganiseer.

Saam het die drie 'n passie vir kook gedeel, met die voorneme om eendag wanneer hulle aftree, saam aan 'n kookboek te werk - 'n kookboek met al die disse wat Loorieta die Nagtegaals op Melkbosstrand leer kook het. Haar resepte was meestal Grieks geïnspireerd, met 'n duidelik Suid-Afrikaanse geur. En die rede? Sy het haar hart vroeg-vroeg op 'n Griek verloor en oor die jare het sy selfs 'n groter Griek geword as hy.

Die resepte hierin is enersyds die wat die Nagtegaals saam met Loorita in hul kombuis leer kook het, en dan is daar die wat hulle uit Griekeland saamgebring en tot Suid-Afrikaanse weergawes verwerk het.

Armand Kook Kaal: Volume 2 - 50 Banting Resepte (Afrikaans, Paperback): Armand Aucamp Armand Kook Kaal: Volume 2 - 50 Banting Resepte (Afrikaans, Paperback)
Armand Aucamp
R200 R188 Discovery Miles 1 880 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Hier’s Armand weer, sonder klere voor jou deur…

Armand se eerste kookboek was ’n wegholsukses. Sy toeganklike benadering tot kos het baie mense oortuig van ’n nuwe manier van eet én leef – vars, onopgesmuk, met sakpas-bestanddele in die keto- en banting-styl. Sy boek het gewys: Van lekker eet kom gesondheid en optimale gewig.

In sy nuwe boek stroop Armand sy gunstelingdisse (en homself) nog verder. Sy selfopgelegde uitdaging was om bestanddele wat reeds in sy koskas was, te gebruik. Dié kreatiewe verkennings lei tot ’n ‘van-plaas-tot-tafel’-aanslag wat wys dat die smaaklikste en gesondste kos eenvoudige kos is.

Armand Kook Kaal 2 bestaan uit 50 banting- en keto-vriendelike disse. Stap-virstap, en met pragfoto’s daarby, wys Armand hoe om heerlike disse te skep uit vars bestanddele sonder om die skaal of beursie te laat ly.

Voeg Armand se keto-kruierolletjies, murgpamoen-röstis, en klappermelkpanna cotta tot jou kookarsenaal toe en pluk die vrugte.

Geure (Afrikaans, Paperback): Lientjie Wessels Geure (Afrikaans, Paperback)
Lientjie Wessels
R451 Discovery Miles 4 510 Ships in 4 - 6 working days

Onthou jy nog die geur van kaneel op pampoenkoekies in Ouma se kombuis?
Onthou jy nog die geur van chillies in Mexiko se straatmarkte?
Onthou jy nog die geur van heuning op warm plaatkoekies by die huis?
Onthou jy nog die geur van rose in die tuin op 'n soel somersaand?

In Geure kyk Lientjie Wessels voormalige Kokkedoor-deelnemer na dertien geure en geurkombinasies wat haar na aan die hart lê - van daardie eerste onthougeure soos kaneel en vars suurlemoene, die invloed van ander lande se cuisine met olyfwe, sesamsaad en tahini tot waar jy stilstaan om letterlike die blomme te ruik. 'n Nostalgiese én vernuwende kookboek.

Met 'n BA in beeldende kunste, werk Lientjie in verskeie dekorwinkels en as dekorredakteur in publikasies soos Sarie en Elle Decoration en lewer sy oor bydraes vir Pasella. Stukke van haar persoonlike meubelreeks pronk onder andere in die Konsistusionele Hof. Sy maak suksesvolle restaurante oop in Pretoria en Cullilnan, en neem deel aan Kokkedoor seisoen drie. Sy spits haarself tans toe op skilderwerk en spyseniering.

Karlien Kan Nie Kook Nie! - Só Maklik, Enigeen Kan Dit Maak! (Afrikaans, Paperback): Karlien van Jaarsveld, Izelle Hoffman Karlien Kan Nie Kook Nie! - Só Maklik, Enigeen Kan Dit Maak! (Afrikaans, Paperback)
Karlien van Jaarsveld, Izelle Hoffman
R200 R188 Discovery Miles 1 880 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Resepte só maklik, enigeen kan dit maak! Karlien van Jaarsveld het baie talente, maar kook is nie een van hulle nie. Soos baie ander mense wil Karlien die berge invaar wanneer iemand haar vra: “Wat eet ons vanaand?”

Toe kom leefstylsjef Izelle Hoffman met 50 resepte vorendag wat só maklik, lekker en vinnig is dat selfs Karlien dit kan maak!

Die gevolg is ’n heerlike resepteboek propvol wengeregte wat jy met min moeite en eenvoudige bestanddele in ’n japtrap kan maak.

Karlien kan nie kook nie sluit alles in van familiekos en trooskos tot romantiese etes vir twee en lekkernye vir die kroos.

Of jy nou vinnig iets ná werk aan mekaar wil slaan of die Sondag grênd wil onthaal, dié boek gaan elke keer tot jou redding kom. Beïndruk jou gesin en jou gaste met hartlike huiskos wat na baie moeite lyk, maar geen moeite is nie!

Bak Dit Self - Feestelike Koeke Om Baba Te Vier! (Afrikaans, Paperback): Marlene Schoeman Bak Dit Self - Feestelike Koeke Om Baba Te Vier! (Afrikaans, Paperback)
Marlene Schoeman
R350 R328 Discovery Miles 3 280 Save R22 (6%) Ships in 7 - 11 working days

’n Nuwe baba in die familie is altyd ’n vreugdevolle gebeurtenis en iets wat gevier moet word. Feesvierings kan egter ’n duur spulletjie word, veral as dit by gebak kom. Boonop is koekbak en -versiering iets waarteen baie mense opsien.

In Koeke vir babas wys Marlene dat die mooiste laagkoeke nie ’n onbegonne taak hoef te wees nie. Sy verduidelik hoe om versiersel te kleur, ganache te maak, koeklae egalig deur te sny en verskeie lae op mekaar te stapel sonder dat dit omval. Kaalkoeke (naked cakes) en ombrékoeke word selfs vir die mees onervare bakster maklik gemaak.

Daar is resepte vir elke smaak, van gewone vanielje- en sjokoladekoek, die immergewilde rooifluweel- en wortelkoek, geurige lemoen- en pynappelkoek, tot smullekker klam Hummingbird-koek. Verskeie versiersels en strope is ook ingesluit.

Met behulp van hierdie boek hoef jy jou nie weer te bekommer oor wat om vir watter geleentheid te bak nie, want daar is koekidees vir die bekendstelling van die baba se geslag, ooievaarstees, verjaardae en morskoeke (smash cakes) vir die belangrike klein mensie.

Kom, trek aan jou voorskoot en bak dit self.

Maalvleis - 130 Smullekker Resepte (Afrikaans, Paperback): Karen Hart Maalvleis - 130 Smullekker Resepte (Afrikaans, Paperback)
Karen Hart
R304 Discovery Miles 3 040 Ships in 4 - 6 working days

In dié boek deel Karen meer as 100 liplekker maalvleisresepte. Sy begin by hoe jy jou eie maalvleis kan maak, basiese frikkadelle en dan gee sy 'n verskeidenheid resepte van morsjorse tot iets vir die spogtafel. Met lekker resepte vir piekniekbederfies, pastageregte, pasteie en 'n groot verskeidenheid burgers. Met 'n hele arsenaal speserymengsels vir jou koskas, help sy jou om met die afskeepkind van die vleisfamilie iets spesiaals op te tower.

Reuben kook - Terug na toentertyd (Afrikaans, Hardcover): Reuben Riffel Reuben kook - Terug na toentertyd (Afrikaans, Hardcover)
Reuben Riffel
R415 R109 Discovery Miles 1 090 Save R306 (74%) Ships in 5 - 7 working days

Geure, smake, reuke en teksture het die vermoe om jou terug te voer na jou kinderdae, jou te laat voel soos daardie eerste keer toe jy 'n perske, lemoen of die kombinasie van gekaramelliseerde ui en bloukaas in 'n tert geproe het. Reuben Riffel, 'n 34-jarige Suid-Afrikaanse sensasie, het in die nederige Groendal grootgeword en is tans een van die land se beste sjefs. Sy restaurant, Reuben's, le in die hartjie van Suid-Afrikaanse wynland, Franschhoek, 'n pragtige dorp wat vinnig bekendheid verwerf as een van die wereld se voorste kos- en wynbestemmings.

Kosbaar - Skep Herinneringe Met 'n Feesmaal (Afrikaans, Paperback): Elmarie Berry Kosbaar - Skep Herinneringe Met 'n Feesmaal (Afrikaans, Paperback)
Elmarie Berry; Photographs by Lindy Kriek
R430 Discovery Miles 4 300 Ships in 4 - 6 working days

KOSBAAR is Elmarie Berry se eerste kookboek hoewel sy reeds sedert 2015 ’n bekende kosblogskrywer is. Haar hartsbegeerte is om ’n boek uit te gee wat jou siel sal voed en waarmee jy in jou kombuis met jou nabye vriende en familie herinneringe kan skep.

In haar eie woorde: “Kos is ’n manier en plek om bymekaar te kom, om rustig te raak en om jou hart oop te maak om te deel, lief te hê en lekker te lag. Geniet die reis en samesyn!”

KOSBAAR bevat meer as 100 eg Suid-Afrikaanse resepte. Met ’n Libanese ouma toon haar kosvoorkeure ’n goeie mengsel van boerekos met ’n sterk Libanese invloed. Daar is ou gunstelinge soos roosterkoek en nostalgiese melktert, en party kry ’n nuwe baadjie, soos malvapoeding met ’n pinotagesous, gebakte patat met za’tar-speserye, New York Shake Shack-kaasburgers en stadig geroosterde lamskouer met jogurtplatbrood.

KOSBAAR bevat ook heelwat graanvrye resepte omdat Elmarie onlangs uitgevind het sy is allergies vir graan.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Low Carb Is Lekker Drie
Ine Reynierse Paperback R350 R312 Discovery Miles 3 120
Atmosvuur
Jan Braai Hardcover R620 R541 Discovery Miles 5 410
Die Suid-Afrikaanse Lugbraaier Kookboek
Louisa Holst Paperback R370 R330 Discovery Miles 3 300
Evita Se Bossie Sikelela
Evita Bezuidenhout Hardcover R170 R109 Discovery Miles 1 090
Keto Lifestyle: Maklik
Hendrik Marais Paperback R400 R369 Discovery Miles 3 690
Tietie & Nanna se Huiskos
Najma Abrahams, Azba Fanie Paperback R375 R295 Discovery Miles 2 950
Marinda Se Koskas
Marinda Engelbrecht Paperback  (1)
R320 R286 Discovery Miles 2 860
Die Suid-Afrikaanse Lugbraaier Kookboek…
Louisa Holst Paperback R370 R330 Discovery Miles 3 300
Huiskos - Nostalgie Is Die Beste…
Herman Lensing Paperback  (2)
R441 Discovery Miles 4 410
Lugbraaier - Herman se 100 Beste Resepte
Herman Lensing Paperback R360 R321 Discovery Miles 3 210

 

Partners