![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Local Author Showcase > Afrikaans > Cookbooks
Suid-Afrikaners is nou maar eenmaal gaande oor vleis. Dis onontbeerlik op enige feestafel, en vir die meeste van ons is selfs ’n gewone weeksaandete nie volledig daarsonder nie. Nie net is dit heerlik en vullend nie, dis ook propvol voedingstowwe wat goed is vir ons. Vleis: Die Omvattende Gids is ’n moderne ensiklopedie wat ’n ereplek verdien in die kombuis van almal wat graag vleis eet en gaarmaak. Afgesien van resepte vir smullekker vleisgeregte vir elke okkasie bevat dit hope inligting oor die beste manier om die verskillende snitte en soorte vleis te berei, hoe om vleis te vries of tot perfeksie te verouder, tesame met ’n hordes wenke om geur en sappigheid te verseker – alles sonder preserveer- en ander kunsmatige bymiddels. Die voedselwetenskaplike en gewilde kosskrywer Annelien Pienaar se passie vir goeie, volhoubare vleis word weerspieël op elke bladsy van hierdie boek. Vleis: Die Omvattende Gids is die enigste vleisboek wat jy ooit weer sal nodig kry. Dit bevat:
StorieKos is veel meer as net nog 'n kookboek. In StorieKos nooi Frik jou uit om saam met hom op reis te gaan vanaf die Karoo tot in Kaďro en van Rusland tot in Rome. Dit is 'n kos-reisverhaal waarin hy sy passie vir “peasant food” of plattelandse kos deel – resepte en stories van mense en ervarings versamel oor 'n tydperk van bykans vier dekades. Hy deel die eenvoud en opregtheid van hierdie geregte wat die toets van tyd weerstaan het en deur die jare aangepas is in die kombuise van generasies van huiskokke. Op sy reise dwarsoor die węreld het mense hom ingenooi in hul huise en harte, die geheime van ou familieresepte met hom gedeel en het hy saam met hulle baie van hierdie disse leer kook in plattelandse kombuise en klein restaurante. As jy dus hou van reis, mense en hul stories en boonop ook lief is vir kook, is hierdie 'n boek vir jou.
Kook en geniet het in 1951 vir die eerste keer verskyn. Met meer as 'n halfmiljoen eksemplare in druk is dit ongetwyfeld die klassieke Suid-Afrikaanse kookboek. Generasies is grootgemaak en het self leer kook aan die hand van die boek. Kook en geniet dek alles wat jy ooit oor kook kan wil weet - van hoe om bestanddele te meet, oonde optimaal te gebruik, groente voor te berei en vleis gaar te maak tot hoe om kos perfek te vries - naas die meer as 700 ekonomiese, beproefde en geliefde resepte. Dink aan Japie se gunsteling, waterblommetjies of souskluitjies.
n Omvattende versameling kleurfoto's, beskrywings en resepte met as bestanddeel plante wat eetbaar is en/of eetbare vrugte dra en inheems in Suid-Afrika voorkom. Resepte vir wildepruimjellie en kalbas-visbredie sal dalk jou mond laat water, maar die boek is ook 'n kultuurhistoriese rekord van 'n leefwyse van eenvoud wat al so te se uitgesterf het. Betsie Rood was 'n welbekende navorser-skrywer en kenner van kos en medisyne uit die natuur. In haar leeftyd het sy ook verskeie kookboeke die lig laat sien, onder andere Betsie Roods 101 traditional South African recipes.
Met Verskombuis lewer George Weideman 'n kombinasie: Poesie en kos praat hier saam, met en oor mekaar om 'n watertandlekker veelgangmaaltyd te bied vir die fynproewer van voedsel en vers. Die resepte is oorwegend deur die digter self ontwikkel en tussen die proe en probeer deur neergeskryf - doudagdisse, hoofdisse en toekos, slaaieen agteroppies. Die bundel word afgesluit met 'n besondere vyftal outydse poedingresepte wat uit die kookboekie van ene Anna Maria Kersop met die datum 1879 oorgeneem is. Die verse uit Weideman se kombuis handel soms die heerlike bestanddele soos granate, eiervrug, sampioene, dadels en turksvye, soms oor besondere geregte, soms oor goeters wat in die kombuis gebruik word ("Tot lof van die lepel"), soms oor eksotiese geregte soos Imam Bayildi en borsjt, maar soms ook baie gewone lekkertes uit die kombuis, soos "Opstaankoffie", "Aanbrandsel" en "Broodbak". En wie sou nou kon raai dat 'n kalbaspampoentjie soveel stuitigheid kan oplewer? Verskombuis is 'n bundel wat proe-proe met keurige wyn geniet kan word, maar soms ook met groot happe verslind sal kan word!
Suid-Afrika se Mnr. Pinotage, Beyers Truter, se passie vir die lewe en wyn is oral bekend. In hierdie boek kyk hy terug op sy eerste treë as wynmaker van Kanonkop, asook die deftige funksie in Londen toe hy in 1991 as Wynmaker van die Węreld aangewys is. Hy vertel ook van die vlammetjie wat altyd in hom gebrand het om op sy eie plaas wyn te maak en die groot oomblik van Beyerskloof se eerste oes. Sy lewensreis as eienaar en wynmaker van Beyerskloof is een van vriendskap, nederigheid en lojaliteit. Die bekende ou skrywer van cowboy-boeke Louis L'Amour se betekenis van traildust was nog altyd vir hom 'n rigsnoer in sy lewe as wynmaker, ouer en vriend. Beyers sien altyd die humor in situasies raak en dis een van die redes hoekom hy die wyntoere so baie geniet het saam met Jannie Engelbrecht, Jan-Boland Coetzee, Kevin Arnold en Johan Malan. Hy het ook 'n lang paadjie geloop met die bekende Etzebeth-rugbybroers, asook Koos Kombuis. Hy deel ook sy liefde vir sy honde, duik, seekos en Namibië.
Marinda Se Kinderkombuis is 'n kleurvolle kookboek met 'n kinkel. Die kinkel is die eksperimente wat in die boek voorkom, en wat met alledaagse kombuisprodukte uitgevoer kan word. Die resepte is maklik, vinnig en liplekker om te maak. Maak van die resepte vir jou verjaarsdagpartytjie, en dan kan jy en jou maats die eksperimente ook saam doen! Sjoe! Jy gaan só cool wees. Dié towerkookboek gaan vir jou wys dat die kombuis 'n wonderlike plek is!
Weber Braai Bybel is ’n alles-in-een meestersklas oor elke aspek van die gewilde ketelbraai. Of jy nou met gas of houtskool kook, sal hierdie omvattende gids alles dek wat die ywerige eienaar van ’n ketelbraai behoort te weet. Leer hoe om die perfekte steak of ribbetjies gaar te maak, om ’n lamsbeen oop te vlek, om hoenderboudjies en –vlerkies te braai sonder om dit te verbrand, en hoe om ’n kalkoen te berook. Daar is wenke en goeie idees wat die geheime van ’n suksesvolle braai sal onthul, terwyl hoofstukke oor marinades, geurmiddels en souse jou sal inspireer om jou eie kenmerkende smake saam te stel. Van sosati es, tjops en burgers tot meer ingewikkelde spitbraaie, geroosterde groente, pizza oor die kole en piesang-s’mores, is hierdie boek propvol resepte vir braai regdeur die jaar. As braai deel is van jou leefstyl en jy jou buitemuurse kookvernuf wil verbeter, hoef jy nie verder as die Weber Braai Bybel te soek nie!
Die nuwe uitgawe van Die Demokratiese Republiek van Braai bevat 'n keur van nuwe resepte. Die indeling van die hoofstukke is aangepas, met besonderse resepte vir steak, hoender, slaai, groente, lam en meer. Die ideale geskenk vir enige Suid-Afrikaner wat daarvan hou om vir vriende en familie oor 'n vuur te kook.
'n Eg Afrikaanse kookboek vir beginners van alle ouderdom. Kook & geniet se kleinsus is die perfekte wegspringplek vir beginners in die kombuis. Die gewilde kookgids vir kinders is nou terug in 'n vrolike baadjie - met dieselfde vertroude staatmaker-resepte en splinternuwe kleurfoto's. Met gunstelinge soos hamburgers, tjips, pizza en 'n verskeidenheid soetgoed. Met meer as 55 smulresepte vir jonk en oud, spesiaal uitgesoek en getoets deur Eunice van der Berg. Elke metode word stap vir stap met behulp van kleurfoto's verduidelik en leer jou: - hoe om 'n resep te volg - hoe om te meet - wat kookterme beteken - hoe om kombuisgereedskap te gebruik Klein kook & geniet is 'n mini-kursus wat jou op 'n lekker plesierige manier touwys maak in die basiese kuns van kosmaak - en as jy eers weet hoe, sal jy dieselfde metodes kan gebruik om uit enige resepteboek te kook.
In Kaap, kerrie & koesisters neem die tweelingsusters Fatima en Gadija ons op ’n tradisionele Kaaps-Maleise kosreis wat terselfdertyd ook ’n lewensreis is, want die resepte word saamgesnoer met herinneringe aan hulle grootwordjare op die Kaapse Vlakte en die vroue wat so ’n groot rol gespeel het om ’n liefde vir koskook en bak by hulle te kweek. Die susters glo aan lekker huiskos en resepte wat vinnig, maklik en bekostigbaar is – soos wat hulle geliefde oorlede moeder se kookstyl ook was. Maar die boek bevat ook uithangresepte vir daardie spesiale geleenthede! Wat is dan nou lekkerder as ’n pot tradisionele gheemakerrie, of Fatima se alombekende kerrievis, akni, dhaltjies en piesangbrood? En probeer gerus Gadija se sambals, smoortjies en bredies met die geurigste speserye. Met afdelings soos sop, bredies, poedings, vleis, vis, koeke en gebak is die boek beslis ’n moet vir elke Kaaps-Maleise lekkerbek – en elkeen wat nog altyd meer wou weet van die Kaaps-Maleise kookkuns!
In die herverpakte sagteband uitgawe van Vuurwerke deel die bekende en ikoniese Jan Braai sy kennis van vuurmaak en vleis met al sy aanhangers. As daar een persoon is wat weet van braai dan is dit Jan Braai. Hy het al met duisende Suid-Afrikaners regoor die land gebraai en verstaan wat mense wil weet oor braai. Die boek bevat Jan se duidelike en deeglike instruksies vir die braai van steak, lampstjops, sosaties en beestert-potjie. As jy dit eers bemeester het, kan jy die braairibbetjie, lamsboud of spitbraai takel. Om nie te vergeet van die ou gunstelinge soos braaibroodtjies, stywe pap, mielies en selfs n nagereg of twee nie. Met die hardeband uitgawe van Vuurwerke wat meer as 20 000 kopiee verkoop het is die boek definitief n gunsteling onder Suid-Afrikaanse braailiefhebbers.
In Die Edik van Nantes-kookboek nooi Nataniël en sy broer, Erik le Roux, jou uit om saam met hulle 'n kosreis na Nantes, Frankryk, te onderneem. Kom kyk hoe lyk die château waar Erik en sy gesin bly, beskou die argitektoniese wonders van Nantes en beleef die koue winter saam met hulle. Met resepte uit die eerste vier reekse van die gelyknamige TV-reeks asook nuwe resepte wat Nataniël en Erik by die huis maak. Maak Franse uiesop, clafoutti, artisjokpoeding, brioche met salm, bloubessiesjampanjesop en sjokoladeklappertruffels net soos die Franse kan. 'n Visuele fees vir die oog.
Sinkhuisresepte is Willie Strauss se tweede kookboek en volg op Daar is
‘n engel in my koskas (Human & Rousseau). Hierdie boek is propvol
heerlike, pretensielose resepte.
Om laekoolhidraat-maaltye voor te berei hoef nie vervelig of saai te wees nie. Ine Reynierse, outeur van die topverkoper Low-Carb Is Lekker, bring alledaagse disse weer terug na die laekoolhidraat-hoevet-spyskaart. Met haar unieke deegresepte kan jy nou brood, muffins, oliebolle, nachos, pizza, vetkoek en selfs koeksisters geniet, maar sonder die oortollige koolhidrate. Haar eenvoudige en fynproewermaaltye, waaronder n paar plaaslike gunstelinge asook gunstelinge van oor die wereld heen, sal die hele gesin laat vra na meer ... meer gesonde maaltye! As jy op soek is na eenvoudige en sakpasresepte vir 'n laekoolhidraat-leefstyl, is die boek jou beste bondgenoot.
’n Geslag jong volwassenes het Help! Daar’s ’n Stoof in My Kombuis, Annabel Frere se eerste kookboek, leer ken, is mal daaroor en afh anklik daarvan. Dieselfde geslag het die jong beroepslui geword wat nou op ’n ietwat meer gesofistikeerde vlak moet onthaal. As skrywer het Annabel al hierdie stadiums met haar eie dogters meegemaak, en sy het weer eens smaaklike en relatief eenvoudige resepte vir geleenthede saamgestel – van onbeplande samekomste tot goedgeorganiseerde geleenthede. Groot klem word op goeie beplanning gelę, asook kos wat vooraf berei kan word sodat die kok soveel tyd moontlik aan sy of haar gaste kan bestee, pleks daarvan om die dag in die kombuis deur te bring. Aandag word ook gegee aan tekstuur en aanbieding, met heelwat wenke en voorstelle oor moeitelose onthaal. Waar disse dalk meer ingewikkeld lyk, is Annabel uitstekend daarmee om die misterie te ontsluit. En natuurlik is geen partytjie volledig sonder die regte vloeibare begeleiding nie. Dus is daar ’n hoofstuk oor ’n verskeidenheid skemerkelkies, met en sonder alkohol.
Jan Braai Junior is ’n boek vir die volgende geslag braaiers in
Suid-Afrika. Gevul met Jan Braai se heel beste braairesepte en
vereenvoudig deur maklik-om-te-volg, stap-vir-stap instruksies, kan
kinders en die hele gesin Jan Braai Junior geniet.
KOSBAAR is Elmarie Berry se eerste kookboek hoewel sy reeds sedert 2015 ’n bekende kosblogskrywer is. Haar hartsbegeerte is om ’n boek uit te gee wat jou siel sal voed en waarmee jy in jou kombuis met jou nabye vriende en familie herinneringe kan skep. In haar eie woorde: “Kos is ’n manier en plek om bymekaar te kom, om rustig te raak en om jou hart oop te maak om te deel, lief te hę en lekker te lag. Geniet die reis en samesyn!” KOSBAAR bevat meer as 100 eg Suid-Afrikaanse resepte. Met ’n Libanese ouma toon haar kosvoorkeure ’n goeie mengsel van boerekos met ’n sterk Libanese invloed. Daar is ou gunstelinge soos roosterkoek en nostalgiese melktert, en party kry ’n nuwe baadjie, soos malvapoeding met ’n pinotagesous, gebakte patat met za’tar-speserye, New York Shake Shack-kaasburgers en stadig geroosterde lamskouer met jogurtplatbrood. KOSBAAR bevat ook heelwat graanvrye resepte omdat Elmarie onlangs uitgevind het sy is allergies vir graan.
Hier’s Armand weer, sonder klere voor jou deur… Armand se eerste kookboek was ’n wegholsukses. Sy toeganklike benadering tot kos het baie mense oortuig van ’n nuwe manier van eet én leef – vars, onopgesmuk, met sakpas-bestanddele in die keto- en banting-styl. Sy boek het gewys: Van lekker eet kom gesondheid en optimale gewig. In sy nuwe boek stroop Armand sy gunstelingdisse (en homself) nog verder. Sy selfopgelegde uitdaging was om bestanddele wat reeds in sy koskas was, te gebruik. Dié kreatiewe verkennings lei tot ’n ‘van-plaas-tot-tafel’-aanslag wat wys dat die smaaklikste en gesondste kos eenvoudige kos is. Armand Kook Kaal 2 bestaan uit 50 banting- en keto-vriendelike disse. Stap-virstap, en met pragfoto’s daarby, wys Armand hoe om heerlike disse te skep uit vars bestanddele sonder om die skaal of beursie te laat ly. Voeg Armand se keto-kruierolletjies, murgpamoen-röstis, en klappermelkpanna cotta tot jou kookarsenaal toe en pluk die vrugte.
In dié boek deel Karen meer as 100 liplekker maalvleisresepte. Sy begin by hoe jy jou eie maalvleis kan maak, basiese frikkadelle en dan gee sy 'n verskeidenheid resepte van morsjorse tot iets vir die spogtafel. Met lekker resepte vir piekniekbederfies, pastageregte, pasteie en 'n groot verskeidenheid burgers. Met 'n hele arsenaal speserymengsels vir jou koskas, help sy jou om met die afskeepkind van die vleisfamilie iets spesiaals op te tower.
RSG-omroeper en glanspersoonlikheid Martelize Brink bring vir jou die heerlikste kuierdisse. Die versameling van meer as 80 resepte strek van brode, uithanghappies, vis en seekos en watertandhoofdisse met vleis, wild en hoender, tot by die maaltye wat sy graag na 'n lang werkdag in haar warm kombuis geniet. Die geregte is uniek, smaaklik en suiwer genot - wie het kon dink aan beeswange of spinasie-paneer vir die eetkamertafel? Iedere resep is getoets, gekeur en verspot maklik om te maak.
Braaisnoek op die kole, swartmossels met ‘n lekker brosbrood, ontbeende gevulde skaapkop, sampioenrisotto, nastergalkaaskoek, beesstertsop met ’n Thaise kinkel en oondgebakte kwartels is net ‘n paar van die verruklike resepte uit Smeul – die resultaat van drie vroue, laatnagkuiers in die kombuis en hul gunsteling resepte.
Brekfis met Derrich en Adelie bevat al die gunstelingresepte van Derrich Gardener en Adelie Ludik soos gehoor op Brekfis met Derrich, Saterdae op RSG. Met hierdie pragtige volkleur resepteboek kan jy elke dag van die week saam met Derrich en Adelie kook. Lesers kan net die beste van hierdie resepteboek verwag wat deur die ICA (Institute of Culinary Arts), onder leiding van Letitia Prinsloo (hoof), Inemari Rabie (dosent en stilis) en die derdejaar sjefstudente saamgestel is. ICA is gelee in die asemrowende Banhoek wynland van Stellenbosch waar hul wereldklas opleiding en internasionaal geakkrediteerde kursusse aanbied. ICA het oor die afgelope 20 jaar 'n reputasie van die hoogste standaard gevestig en word gereken as die beste sjefskool in die land.
Onthou jy nog die geur van kaneel op pampoenkoekies in Ouma se kombuis?
’n Nuwe baba in die familie is altyd ’n vreugdevolle gebeurtenis en iets wat gevier moet word. Feesvierings kan egter ’n duur spulletjie word, veral as dit by gebak kom. Boonop is koekbak en -versiering iets waarteen baie mense opsien. In Koeke vir babas wys Marlene dat die mooiste laagkoeke nie ’n onbegonne taak hoef te wees nie. Sy verduidelik hoe om versiersel te kleur, ganache te maak, koeklae egalig deur te sny en verskeie lae op mekaar te stapel sonder dat dit omval. Kaalkoeke (naked cakes) en ombrékoeke word selfs vir die mees onervare bakster maklik gemaak. Daar is resepte vir elke smaak, van gewone vanielje- en sjokoladekoek, die immergewilde rooifluweel- en wortelkoek, geurige lemoen- en pynappelkoek, tot smullekker klam Hummingbird-koek. Verskeie versiersels en strope is ook ingesluit. Met behulp van hierdie boek hoef jy jou nie weer te bekommer oor wat om vir watter geleentheid te bak nie, want daar is koekidees vir die bekendstelling van die baba se geslag, ooievaarstees, verjaardae en morskoeke (smash cakes) vir die belangrike klein mensie. Kom, trek aan jou voorskoot en bak dit self. |
You may like...
Mining Over Air: Wireless Communication…
Ye Ouyang, Mantian Hu, …
Hardcover
R2,885
Discovery Miles 28 850
Astronomy and Big Data - A Data…
Kieran Jay Edwards, Mohamed Medhat Gaber
Hardcover
R2,653
Discovery Miles 26 530
Data-Driven Science and Engineering…
Steven L. Brunton, J. Nathan Kutz
Hardcover
R1,843
Discovery Miles 18 430
|