'n Eg Afrikaanse kookboek vir beginners van alle ouderdom. Kook & geniet se
kleinsus is die perfekte wegspringplek vir beginners in die kombuis. Die gewilde
kookgids vir kinders is nou terug in 'n vrolike baadjie - met dieselfde vertroude
staatmaker-resepte en splinternuwe kleurfoto's. Met gunstelinge soos
hamburgers, tjips, pizza en 'n verskeidenheid soetgoed.
Met meer as 55 smulresepte vir jonk en oud, spesiaal uitgesoek en getoets deur
Eunice van der Berg. Elke metode word stap vir stap met behulp van kleurfoto's
verduidelik en leer jou:
- hoe om 'n resep te volg
- hoe om te meet
- wat kookterme beteken
- hoe om kombuisgereedskap te gebruik
Klein kook & geniet is 'n mini-kursus wat jou op 'n lekker plesierige manier touwys
maak in die basiese kuns van kosmaak - en as jy eers weet hoe, sal jy dieselfde
metodes kan gebruik om uit enige resepteboek te kook.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!