0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R50 - R100 (2)
  • R100 - R250 (11)
  • R250 - R500 (42)
  • R500+ (7)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Kook en Geniet

Braaibroodjies En Burgers (Afrikaans, Paperback): Jan Braai Jan Braai Braaibroodjies En Burgers (Afrikaans, Paperback)
Jan Braai Jan Braai 1
bundle available
R430 R369 Discovery Miles 3 690 Save R61 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Wie sou kon raai dat Jan en sy boeke wêreldbekend sou word vir braai! Die braaikoning is terug met ’n splinternuwe boek en dié keer ondergaan die nederige braaibroodjie ’n gedaantewisseling of twee. Vind liplekker hoender-, beesvleis-, vegetariese en veganistiese braaibroodjie- en burgerresepte wat jou gesin sal laat terugkom vir nog! En moenie dink Jan het van die suikertande vergeet nie, die boek bevat alles van soet tot sout, alles oor die vuur – dis mos nou lekker!

Laat die Potte Prut (Afrikaans, Paperback): Via Laat die Potte Prut (Afrikaans, Paperback)
Via
bundle available
R350 R301 Discovery Miles 3 010 Save R49 (14%) In Stock

Die beste resepte van die gewilde potjiekosreeks op Via. Van eenvoudig tot deftig, goedkoop tot duur – maar altyd gesellig en watertand lekker. Resepte vir voor- en hoofgeregte, bykosse en selfs nageregte, alles op die vuur. Potjies soos geroomde mossels, volstruisnekkerrie, lamskenkel, waterblommetjiebredie en ’n uithaler sjokalade-toringkoek! Met ’n verskeidenheid brode, om die laaste lekseltjie sous op te skraap – dus mos nou lekker!

Low Carb Is Lekker Drie (Afrikaans, Paperback): Ine Reynierse Low Carb Is Lekker Drie (Afrikaans, Paperback)
Ine Reynierse
bundle available
R320 R256 Discovery Miles 2 560 Save R64 (20%) Ships in 5 - 10 working days

Met Low Carb is Lekker Drie sit Inè Reynierse die reis voort wat sy in 2015 begin het toe haar bekroonde kookboek, Low Carb is Lekker, die land stormenderhand verower het.

Inè se resepte voorsien in die behoefte vir koolhidraatbewuste, suikervrye en graanvrye maaltye, maar plaas die klem op hoër voedingswaarde en gesonde eetgewoontes. Vir haar geregte het jy nie spesialiteitsbestanddele of duur kosplaasvervangers nodig nie.

Omdat sy op ’n klein Bolandse dorp woon, het sy geleer om kreatief te wees met wat sy byderhand het: vleis en suiwel van goeie gehalte, en die varsste groente en kruie. Haar slaaisouse, doopsouse, souse en glutenvrye meelmengsels vorm die grondslag van ’n voortreike verskeidenheid resepte vir van ontbyt tot aandete en van weekdaggesinsmaaltye tot naweek-onthaalkos.

Danksy haar fokus op die verbetering van algemene gesondheid en welstand is Inè se resepte ideaal vir enigeen wat elke dag van die week goeie kos op die tafel wil sit.

Resepte (Afrikaans, Paperback): Suzellediy Suzellediy Resepte (Afrikaans, Paperback)
Suzellediy Suzellediy 2
bundle available
R295 R231 Discovery Miles 2 310 Save R64 (22%) Ships in 5 - 10 working days

Welkom by Resepte! Hierdie boek se bladsye is propvol geliefkoosde resepte wat ek oor baie jare versamel en opgetower het; van my Ouma se ou klassieke resepte tot my eie skeppings wat almal gaan laat gons y oor jou volgende feesmaal!

Jy sal heerlike nageregte ontdek, maklike aandetes, asook prettige en smaaklike afdraaipaadjies van Suid-Afrikaanse gunstelinge (enigeen vir bobotieballetjies?), sowel as paar ongelooflike resepte deur spesiale gaste wat ook, ag, shame, so graag in die boek wou wees. Hierdie kookboek is vir almal! Al is jy bobaaskok of beginner; al weet jy kwalik hoe om mikrogolfoond te hanteer of dink dat jou maaltye altyd so bietjie verroes lyk: daar sal iets in hierdie kookboek wees vir jou.

Strik jou voorskoot aan, liewe mens! Dis tyd om jou eie kreatiwiteit te volg en die kombuis in gastronomiese betowering te omskep. DIY? Want almal kan!

Marinda Se Koskas (Afrikaans, Paperback): Marinda Engelbrecht Marinda Se Koskas (Afrikaans, Paperback)
Marinda Engelbrecht 1
bundle available
R299 R257 Discovery Miles 2 570 Save R42 (14%) Ships in 4 - 8 working days

"Die resepte in hierdie boek het ek fyn uitgekies. Dit is kos wat ék sien as onthoukos."

Marinda se koskas maak voorsiening vir ontbyt, sop en voorgeregte, brood en beskuit, slaai, seekos, vleis, groente, pasta en bygeregte, nageregte, terte, koeke en ander soetigheid. Lipleklekker kos wat jy in ’n japtrap kan berei sonder fieterjasies of vreemde bestanddele. Die resepte is in eenvoudige taal geskryf vir elke dag se gebruik, vir elke kosliefhebber. Nou kan jy die gewilde aanbieder van Marinda Kook op VIA, se eerste kookboek geniet.

Huiskos - Nostalgie Is Die Beste Geurmiddel (Afrikaans, Paperback): Herman Lensing Huiskos - Nostalgie Is Die Beste Geurmiddel (Afrikaans, Paperback)
Herman Lensing 2
bundle available
R450 R359 Discovery Miles 3 590 Save R91 (20%) Ships in 5 - 10 working days

Huiskos is Herman Lensing se sesde kookboek en volg op die uiters suksesvolle Dit Proe Soos Huis, wat in 2019 verskyn het en in 2020 benoem is deur die SA Boekpryse vir beste niefiksieboek.

Huiskos vertel – in sy eie woorde – die storie van Herman se 34 jaar op hierdie aarde. Anders as in sy ander boeke deel hy hierdie keer ook resepte wat hy by sy vriende leer ken het en by mense op vele reise deur Suid-Afrika.

Huiskos bevat meer as 80 resepte, van ontbyt tot hoofgeregte, van bykosse tot vleisgeregte, van koeke, koekies en beskuit tot nageregte (soos trifle, roomys en selfs basaarpoeding). Elke hoofstuk weerspieël Herman se liefde vir kos en vir mense, met staaltjies waarin jy jou kan verkneukel. Dis alles pretensielose resepte met bestanddele wat jy van Pretoria tot in Pofadder kan kry.

Huiskos is nes jy Herman se kombuis ken: kos wat almal kan saamkook.

Landbou Boerekos: Die Beste Gebak (Afrikaans, Paperback): Arina du Plessis Landbou Boerekos: Die Beste Gebak (Afrikaans, Paperback)
Arina du Plessis
bundle available
R390 R335 Discovery Miles 3 350 Save R55 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Bakresepte uit die gewildste kostydskrif, Landbou Boerekos. As jy al ooit jou ouma se verlore gemmerkoekie- of skonresep gesoek het, dan het jy dit gevind! Dié boek bevat alles – groot laagkoeke, stroopkoeke, kaaskoeke, soutterte, kleinkoekies, beskuit, kolwyntjies, soet en soutbrode, warm poedings en Kersfeesgebak. Beslis 'n móét vir elke bakster, tuisteskepper én werkende ma.

Bakgeheime - Resepte Vir Elke Okkasie (Afrikaans, Hardcover): Martjie Malan Bakgeheime - Resepte Vir Elke Okkasie (Afrikaans, Hardcover)
Martjie Malan
bundle available
R450 R351 Discovery Miles 3 510 Save R99 (22%) Ships in 5 - 10 working days

Die pragtig geillustreerde boek is daarop gemik om van enige iemand ’n suksesvolle bakker te maak. Dit is gegrond op basiese baktegnieke en wenke. Die resepte is deeglik getoets en het maklike stappe om te volg. Daar word ook gefokus op die bakgeheime wat min ander bakboeke inhou. Dit sal vir jou die selfvertroue gee om die basiese resepte met gemak te bak en jou stadig maar seker die moed gee om die meer tegniese resepte te bemeester. Om tuis te bak gee vir jou ‘n uitlaatklep, ’n plek om kreatief te wees en geleentheid om iets te kan gee wat jy self gemaak het.

Die resepversameling sluit iets vir elke okkasie in; van kleingebak tot krummelrige pasteie. Lieflike koeke, blikke vol koekies, dekadente terte en eenvoudige skons is deel van die boek se gebak.

Die Suid-Afrikaanse Lugbraaier Kookboek 2 (Afrikaans, Paperback): Louisa Holst Die Suid-Afrikaanse Lugbraaier Kookboek 2 (Afrikaans, Paperback)
Louisa Holst
bundle available
R350 R255 Discovery Miles 2 550 Save R95 (27%) In Stock

Topverkoperskrywer Louisa Holst weet wat die lugbraaiermark wil hê en het weer plaaslike geure na vore gebring!

Resepte sluit in springbokkie-kaaskoek, brandewyn-en-coke-hoendervlerkies, snoek- en appelkoosfilo-samosas, en 'n visvinger-Gatsby vir die honger kinders wat hulle self kan opslaan. Peri-peri-hoenderpastei, gammon (ja – dit kan in die lugbraaier gedoen word), gebraaide lam, karringmelkbeskuit, pavlova en mini-vrugtekoeke is nog meer van die watertand geregte in die boek.

Die Suid-Afrikaanse Lugbraaier Kookboek (Afrikaans, Paperback): Louisa Holst Die Suid-Afrikaanse Lugbraaier Kookboek (Afrikaans, Paperback)
Louisa Holst
bundle available
R340 R249 Discovery Miles 2 490 Save R91 (27%) Ships in 4 - 8 working days

Die lugbraaier is ’n veelsydige kombuistoestel wat toenemend gewild raak. Baie mense gebruik lugbraaiers net om voorafbereide kos soos krummellaaghoender of bevrore vis en aartappelskyfies gaar te maak, maar dit kan ook vir talle uithalergeregte, selfs gebak, ingespan word.

Die boek fokus op ou bekende gunstelinge soos malvapoeding, bobotie, appelkoos-snoek met soetpatats, melktert en boerewors met chakalaka, om net ’n paar te noem.

Alles word in die lugbraaier gaargemaak.

My Stasie Straat Kombuis (Afrikaans, Paperback): Mynhardt Joubert My Stasie Straat Kombuis (Afrikaans, Paperback)
Mynhardt Joubert
bundle available
R250 R175 Discovery Miles 1 750 Save R75 (30%) Ships in 5 - 10 working days

Sjef Mynhardt Joubert kook al die afgelope vyf jaar in sy Stasie Straat Kombuis in die Paarl in die Wes-Kaap waar hy etes vir betalende gaste aanbied, as gasheer vir mediabekendstellings optree, en sy huis as ’n kreatiewe ruimte en fotografiese ateljee gebruik.

Die boek, My Stasie Straat Kombuis, is ’n weerspieëling van sy kombuis en die etes wat hy daar aanbied. Mynhardt geur alles wat hy doen met geesdrif, lewenslus en sy liefde vir kos wat gespruit het uit sy lewenservaringe, van sy kinderjare op ’n plaas in die Oos-Vrystaat tot sy reise in die buiteland en oor Suid-Afrika heen.

Sluit by hom aan in die gulhartige en warm omgewing van sy Stasie Straat Kombuis en skep jou eie kulinêre lekkernye, berei met joie de vivre en armsvol liefde.

Gramadoela-Kos (Afrikaans, Paperback): Rita Van Dyk Gramadoela-Kos (Afrikaans, Paperback)
Rita Van Dyk
bundle available
R290 R227 Discovery Miles 2 270 Save R63 (22%) Ships in 5 - 10 working days

Gramadoela-kos is saamgestel om in die bos te kook wanneer jy ’n ietsie meer as net boerewors en pap elke aand wil voorberei. Die resepte is vars, innoverend en bowenal, maklik! Al die resepte is getoets en kan oor ’n oop vuur of ’n kampstofi e berei word, maar dit is so smaaklik dat jy dié boek selfs in jou kombuis of vir jou braai by die huis kan gebruik.

As jy daarvan hou om in die buitelug te kook, hetsy onder die sterre by ’n kampterrein in die gramadoelas of buite in jou agterplaas te braai, is hierdie boek net vir jou.

Brood & Botter - 'n Lewe Van Kook (Afrikaans, Paperback): Nic van Wyk Brood & Botter - 'n Lewe Van Kook (Afrikaans, Paperback)
Nic van Wyk
bundle available
R480 R412 Discovery Miles 4 120 Save R68 (14%) Ships in 4 - 8 working days

In Brood & Botter neem Nic van Wyk jou op ’n kosreis van 21 jaar, sy kulinêre mondigwording.

Die boek herinner aan Kook en geniet, met die klassieke manier van kosmaak en basiese kookmetodes, maar Nic neem sy resepte ’n stappie verder: onthoukos soos groenbone met witpepersous, Ouma se boontjiesop en mieliepap met botter, suiker en melk.

Sy onopgesmukte restaurantkos gaan jou verras met dieplekker geurkombinasies en sy hartskos weerspieël sy voorkeur vir eerlike kos sonder fieterjasies.

Daar Is 'n Man In My Kombuis - 3 Bestandeleresepte (Afrikaans, Paperback): Tobi Jooste Daar Is 'n Man In My Kombuis - 3 Bestandeleresepte (Afrikaans, Paperback)
Tobi Jooste
bundle available
R350 R255 Discovery Miles 2 550 Save R95 (27%) In Stock

Hierdie boek het Tobi vir drie redes geskryf Eerstens het elke resep net drie bestanddele Tweedens vir die ekonomiese faktor Nie almal kan duur bestanddele bekostig of ses soorte kase in die yskas aanhou nie As plaasseun verstaan hy ook dat almal nie altyd toegang het tot groot winkelsentrums waar elke bestanddeel onder die son beskikbaar is nie Derdens vir tydsbesparing Met dié kortpadresepte hoef jy nie vir ure in die kombuis te staan nie.

Tobi beskou homself nie as ‘n chef nie Trouens hy wil nie eers die gesogte titel koskenner voor sy naam skryf nie Omdat ek myself nie as ‘n kosmeester beskou nie koop ek byvoorbeeld sonder om te blik of te bloos klaar voorbereide skilferkorsdeeg En met geblikte kos kan jy soms toor en hoekom het hulle ‘n vrieskas in die eerste plek gemaak as jy nie kos mag vries nie.

Tobi glo kook is ‘n manier van ontvlugting waar jy jouself kan uitleef in ‘n kombuis En hier deel hy sy passie deur maklike vinnige en bekostigbare geregte

Die VLV-Kookboek - Resepte Van Toe & Nou (Afrikaans, Paperback): Vroue-Landbouvereniging van Kaapland Die VLV-Kookboek - Resepte Van Toe & Nou (Afrikaans, Paperback)
Vroue-Landbouvereniging van Kaapland
bundle available
R390 R335 Discovery Miles 3 350 Save R55 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Trakteer jou gesin op ou familiegunstelinge soos lewerkoekies, bobotie en skaapboud in die Toe-gedeelte en geniet weer die liplekker lekkerte van melktert, gemmerkoekies en gemmerbier.

As jou tyd beperk is, wend jou tot die kortpad- getoetste resepte in die Nou-gedeelte, soos 'n sjokoladekoek wat in slegs 7 minute gemaak word, en beproefde, gesonder geregte soos spinasiegebak, pampoenmuffins, bobotie met 'n appellaag en eiervrugslaai.

Marinda Kook - Met Blikkies En Pakkies (Afrikaans, Paperback): Marinda Engelbrecht Marinda Kook - Met Blikkies En Pakkies (Afrikaans, Paperback)
Marinda Engelbrecht
bundle available
R310 R225 Discovery Miles 2 250 Save R85 (27%) In Stock

Staan jy gereeld voor jou oop koskas en kopkrap vir inspirasie vir heerlike gesinskos of ietsie anders? Dan het Marinda Engelbrecht vir jou die antwoord.

In haar derde boek wys Marinda hoe jy doodgewone blikkies en pakkies kan optower in spoggerige disse, wat met die grootste selfvertroue aan familie en vriende voorgesit kan word. Min mense sal die verskil proe tussen die watertandlekker-boontjiesop wat jy met blikkies en pakkies berei het en die ware jakob. Met ’n paar koskasbestanddele en gekoopte skilferdeeg kan jy ’n geurige pastei maak en jy hoef nie meer ure lank te swoeg met vleis, hoender- of visgeregte nie – blikkies en pakkies is die kitsantwoord.

Pak met jou volgende kruideniersware-aankope ’n paar blikkies tamaties, peulgroente, sampioene, vis, vleis en natuurlik ingedampte melk en kondensmelk – in jou inkopiemandjie, en met Marinda kook met blikkies en pakkies byderhand kan jy feitlik enige smulgereg berei.

Oor Die Kole (Afrikaans, Paperback): Martelize Brink Oor Die Kole (Afrikaans, Paperback)
Martelize Brink 1
bundle available
R480 R412 Discovery Miles 4 120 Save R68 (14%) Ships in 4 - 8 working days

In Oor die kole wys Martelize Brink dat braai soveel meer as net steaks en boerewors is.

Dié boek bevat liplekker resepte wat wissel van die perfekte tjoppie tot potbrode en slaai – en ja, jy kan slaai braai! Martelize deel gunstelinge waarmee sy grootgeword het en verskaf ’n magdom uithaler-resepte met ’n kinkel wat jou smaakkliere sal prikkel. Sy gee raad oor potjies, roosters en basiese braaitegnieke. Daar is onder meer resepte vir gerookte ribbetjie, eend met sjerrieglaseersel, gevulde lamsrol, platbrood in die ketelbraai en haar pa, potjiekos-koning Matie Brink, se gewildste afvalpot.

Natuurlik is daar ook iets vir die soettand – alles oor die vuur!

Low Carb Is Lekker (Afrikaans, Paperback): Ine Reynierse Low Carb Is Lekker (Afrikaans, Paperback)
Ine Reynierse 6
bundle available
R340 R266 Discovery Miles 2 660 Save R74 (22%) Ships in 5 - 10 working days

As jy 'n lae-koolhidraat, hoë-vet leefstyl 'n bekostigbare 'n volhoubare werklikheid wil maak, sal jy mal wees oor die 178 lae-koolhidraat, graanvrye en suikervrye alternatiewe vir van ons land se geliefdste geregte.

Dit sluit gesinsvriendelike resepte in vir immergroen gunstelinge soos malvapoeding, beskuit en bevrore jogurt.

Die kleurfoto's en eenvoudige aanwysings sal jou oorgang na die leefstyl nie net makliker nie, maar ook lekkerder maak.

Weber Braai Bybel (Afrikaans, Hardcover): Jamie Purviance Weber Braai Bybel (Afrikaans, Hardcover)
Jamie Purviance
bundle available
R450 R351 Discovery Miles 3 510 Save R99 (22%) Ships in 5 - 10 working days

Weber Braai Bybel is ’n alles-in-een meestersklas oor elke aspek van die gewilde ketelbraai. Of jy nou met gas of houtskool kook, sal hierdie omvattende gids alles dek wat die ywerige eienaar van ’n ketelbraai behoort te weet.

Leer hoe om die perfekte steak of ribbetjies gaar te maak, om ’n lamsbeen oop te vlek, om hoenderboudjies en –vlerkies te braai sonder om dit te verbrand, en hoe om ’n kalkoen te berook. Daar is wenke en goeie idees wat die geheime van ’n suksesvolle braai sal onthul, terwyl hoofstukke oor marinades, geurmiddels en souse jou sal inspireer om jou eie kenmerkende smake saam te stel. Van sosati es, tjops en burgers tot meer ingewikkelde spitbraaie, geroosterde groente, pizza oor die kole en piesang-s’mores, is hierdie boek propvol resepte vir braai regdeur die jaar.

As braai deel is van jou leefstyl en jy jou buitemuurse kookvernuf wil verbeter, hoef jy nie verder as die Weber Braai Bybel te soek nie!

Vuurwarm (Afrikaans, Paperback): Jan Braai Vuurwarm (Afrikaans, Paperback)
Jan Braai 1
bundle available
R425 R365 Discovery Miles 3 650 Save R60 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Suid-Afrikaners vier elke jaar Nasionale Braaidag op 24 September. ’n Dag vir al die burgers van Suid-Afrika om lekker te ontspan en rondom die braaivleisvure te kuier met hul vriende en familie. Die dryfkrag agter hierdie inisiatief is ’n man bekend as Jan Braai.

In die boek gaan Jan verder as algemene raad oor vuurmaak en die braai van steak, tjops, hoender en wors. Beslis 'n moet vir alle braailiefhebbers!.

Shisanyama: Braai Resepte van Suid-Afrika (Afrikaans, Paperback): Jan Braai Shisanyama: Braai Resepte van Suid-Afrika (Afrikaans, Paperback)
Jan Braai 1
bundle available
R480 R412 Discovery Miles 4 120 Save R68 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Mzanzi se beste braairesepte, spesiaal uitgesoek en getoets deur die alombekende Jan Braai. As jy wil weet wat Suid-Afrikaners geniet, en hoe hulle braai, is dit die boek vir jou! Shisanyama is gepak met eenvoudige resepte met maklik bekombare bestanddele en dek alles van ou staatmakers tot vars nuwe braai-idees. Nog 'n Jan Braai-wenner.

Marinda Se Kinderkombuis - Met Sjef Sout En Prof Pretzel (Afrikaans, Paperback): Marinda Engelbrecht Marinda Se Kinderkombuis - Met Sjef Sout En Prof Pretzel (Afrikaans, Paperback)
Marinda Engelbrecht
bundle available
R299 R257 Discovery Miles 2 570 Save R42 (14%) In Stock

Marinda Se Kinderkombuis is 'n kleurvolle kookboek met 'n kinkel. Die kinkel is die eksperimente wat in die boek voorkom, en wat met alledaagse kombuisprodukte uitgevoer kan word.

Die resepte is maklik, vinnig en liplekker om te maak. Maak van die resepte vir jou verjaarsdagpartytjie, en dan kan jy en jou maats die eksperimente ook saam doen! Sjoe! Jy gaan só cool wees.

Dié towerkookboek gaan vir jou wys dat die kombuis 'n wonderlike plek is!

Weber Se Beste Braaiboek (Afrikaans, Hardcover): Jamie Purviance Weber Se Beste Braaiboek (Afrikaans, Hardcover)
Jamie Purviance
R450 R351 Discovery Miles 3 510 Save R99 (22%) Ships in 5 - 10 working days

Weber het dit weer reggekry! Weber se Beste Braaiboek is presies wat jy verwag van die wêreld se voorste braaifirma. Innoverende resepte, verbeeldingryke bestanddele, uitsonderlike fotografie en ’n rykdom van kundige raad vir beginnerbraaiers en ervare braaimeesters. Die Weber-sjefs is beslis kenners op die gebied van die braaivuur en -vernuf. Steek dus die vuur aan en laat Jamie Purviance, Weber se bekroonde kookkunskonsultant, jou begelei om smaaklike hoender en steak, seekos, groente en nageregte, op jou Weber-braaiketel of -gasbraai voor te berei. Vir nuwe braaiers verskaf die Inleiding kundige advies om die vier T’s (temperatuur, tyd, tegniek en toerusting) reg aan te wend en verduidelik die verskil van direkte en indirekte hitte, asook om ’n roker te gebruik. Die leser kry omvattende stap-vir-stap instruksies en foto’s om perfekte pizzas, burgers met houding, sappige ribbetjies, borsstuk in Texas-Styl, spithoender en selfs geroosterde heel kalkoen voor te berei.

Demokratiese Republiek Van Braai (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe): Jan Braai Demokratiese Republiek Van Braai (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe)
Jan Braai
bundle available
R480 R412 Discovery Miles 4 120 Save R68 (14%) In Stock

Die nuwe uitgawe van Die Demokratiese Republiek van Braai bevat 'n keur van nuwe resepte. Die indeling van die hoofstukke is aangepas, met besonderse resepte vir steak, hoender, slaai, groente, lam en meer.

Die ideale geskenk vir enige Suid-Afrikaner wat daarvan hou om vir vriende en familie oor 'n vuur te kook.

Kos Uit Die Veldkombuis (Afrikaans, Hardcover): Betsie Rood Kos Uit Die Veldkombuis (Afrikaans, Hardcover)
Betsie Rood 1
bundle available
R267 Discovery Miles 2 670 Ships in 4 - 8 working days

’n Omvattende versameling kleurfoto's, beskrywings en resepte met as bestanddeel plante wat eetbaar is en/of eetbare vrugte dra en inheems in Suid-Afrika voorkom. Resepte vir wildepruimjellie en kalbas-visbredie sal dalk jou mond laat water, maar die boek is ook 'n kultuurhistoriese rekord van 'n leefwyse van eenvoud wat al so te se uitgesterf het. Betsie Rood was 'n welbekende navorser-skrywer en kenner van kos en medisyne uit die natuur. In haar leeftyd het sy ook verskeie kookboeke die lig laat sien, onder andere Betsie Rood’s 101 traditional South African recipes.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Mynie Speel Met Vuur
Mynie Steffens Paperback R250 R200 Discovery Miles 2 000
Die Kos Revolusie
Tim Noakes, Sally-Ann Creed, … Paperback  (1)
R350 R273 Discovery Miles 2 730
Weg! Kuier Om Die Kole - 'n Keur van…
Aletta Lintvelt Paperback R350 R280 Discovery Miles 2 800
Vegetaries
Jan Braai Paperback R465 R399 Discovery Miles 3 990
Vleis - Die Omvattende Gids
Annelien Pienaar Paperback R480 R349 Discovery Miles 3 490
Kosbaar - Skep Herinneringe Met 'n…
Elmarie Berry Paperback R400 R319 Discovery Miles 3 190
Dit Proe Soos Huis - Geure Van My Ma Se…
Herman Lensing Paperback  (2)
R440 R378 Discovery Miles 3 780
Kaap, Kerrie & Koesisters
Fatima Sydow, Gadija Sydow Noordien Paperback  (1)
R415 R357 Discovery Miles 3 570
Platteland: Seisoenskos
Weg/Go! Tydskrif Paperback R425 R365 Discovery Miles 3 650
Cass Abrahams kook Kaap-Maleis
Cass Abrahams Paperback R75 R59 Discovery Miles 590

 

Partners