0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (16)
  • R50 - R100 (19)
  • R100 - R250 (137)
  • R250 - R500 (161)
  • R500+ (27)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Gesondheid, Huis en Gesin

Laat die Potte Prut (Afrikaans, Paperback): Piet Marais, Frik Oosthuizen Laat die Potte Prut (Afrikaans, Paperback)
Piet Marais, Frik Oosthuizen
R370 R347 Discovery Miles 3 470 Save R23 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Die beste resepte van die gewilde potjiekosreeks op Via. Van eenvoudig tot deftig, goedkoop tot duur – maar altyd gesellig en watertand lekker. Resepte vir voor- en hoofgeregte, bykosse en selfs nageregte, alles op die vuur. Potjies soos geroomde mossels, volstruisnekkerrie, lamskenkel, waterblommetjiebredie en ’n uithaler sjokalade-toringkoek! Met ’n verskeidenheid brode, om die laaste lekseltjie sous op te skraap – dus mos nou lekker!

Ongeskonde (Afrikaans, Paperback): Alwyn Uys Ongeskonde (Afrikaans, Paperback)
Alwyn Uys
R255 R239 Discovery Miles 2 390 Save R16 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Die kranige sportman Alwyn Uys word in die fleur van sy lewe verlam. Ten spyte van dié verlies en ander terugslae bly Alwyn se gees ontembaar.

Hy besluit om sy lewe ten volle te leef: Hy word onder andere die eerste parapleeg ooit wat van Robbeneiland na Bloubergstrand swem. Ongeskonde is Alwyn se openhartige vertelling van sy worsteling en hoe hy met genade van Bo besluit het om uit te styg bo sy beperkinge.

Sy eerlike verhaal sal jou inspireer om jou eie uitdagings aan te pak en te oorkom.

Low Carb Is Lekker Drie (Afrikaans, Paperback): Ine Reynierse Low Carb Is Lekker Drie (Afrikaans, Paperback)
Ine Reynierse
R340 R314 Discovery Miles 3 140 Save R26 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Met Low Carb is Lekker Drie sit Inè Reynierse die reis voort wat sy in 2015 begin het toe haar bekroonde kookboek, Low Carb is Lekker, die land stormenderhand verower het.

Inè se resepte voorsien in die behoefte vir koolhidraatbewuste, suikervrye en graanvrye maaltye, maar plaas die klem op hoër voedingswaarde en gesonde eetgewoontes. Vir haar geregte het jy nie spesialiteitsbestanddele of duur kosplaasvervangers nodig nie.

Omdat sy op ’n klein Bolandse dorp woon, het sy geleer om kreatief te wees met wat sy byderhand het: vleis en suiwel van goeie gehalte, en die varsste groente en kruie. Haar slaaisouse, doopsouse, souse en glutenvrye meelmengsels vorm die grondslag van ’n voortreike verskeidenheid resepte vir van ontbyt tot aandete en van weekdaggesinsmaaltye tot naweek-onthaalkos.

Danksy haar fokus op die verbetering van algemene gesondheid en welstand is Inè se resepte ideaal vir enigeen wat elke dag van die week goeie kos op die tafel wil sit.

Marinda Se Koskas (Afrikaans, Paperback): Marinda Engelbrecht Marinda Se Koskas (Afrikaans, Paperback)
Marinda Engelbrecht 1
R320 R279 Discovery Miles 2 790 Save R41 (13%) Ships in 4 - 8 working days

"Die resepte in hierdie boek het ek fyn uitgekies. Dit is kos wat ék sien as onthoukos."

Marinda se koskas maak voorsiening vir ontbyt, sop en voorgeregte, brood en beskuit, slaai, seekos, vleis, groente, pasta en bygeregte, nageregte, terte, koeke en ander soetigheid. Lipleklekker kos wat jy in ’n japtrap kan berei sonder fieterjasies of vreemde bestanddele. Die resepte is in eenvoudige taal geskryf vir elke dag se gebruik, vir elke kosliefhebber. Nou kan jy die gewilde aanbieder van Marinda Kook op VIA, se eerste kookboek geniet.

Maklik met Marinda - Al my resepte wat julle gesoek het en nog meer (Afrikaans, Paperback): Marinda Engelbrecht Maklik met Marinda - Al my resepte wat julle gesoek het en nog meer (Afrikaans, Paperback)
Marinda Engelbrecht
R395 R345 Discovery Miles 3 450 Save R50 (13%) Ships in 4 - 8 working days

’n Keur van al Marinda se toekatyd-resepte, die goue gunstelinge waarmee sy grootgeword het! Vier die lewe en dek ’n feestafel wat kreun van oorvloed: beesstert, pasteie, kerrieafval, skaapstertjies, varkribbetjie, doeksagte lamstjops. Brode, patees en nostalgiese slaaie sorg vir bykos. Vir weeksaande is daar lipaflek-pastas en vir suikertande outydse Cremoratert, poffers en vele verassings. En as bonus–konfyte, souse, blatjang en ander inmaaksels staan nou ook hul plek vol in haar reseptespens.

Tietie & Nanna se Huiskos (Afrikaans, Paperback): Najma Abrahams, Azba Fanie Tietie & Nanna se Huiskos (Afrikaans, Paperback)
Najma Abrahams, Azba Fanie
R375 R352 Discovery Miles 3 520 Save R23 (6%) In Stock

Soos vinkel en koljander, dís Najma Abrahams (Tietie) en Azba Fanie (Nanna). Dié twee TikTok-tuiskokke se hande staan vir niks verkeerd óf stil nie, veral nie vir die kospotte nie. Hul resepte is hartskos – niks fensie bestanddele nie, net geurige regte, egte huiskos met ’n Kaaps-Maleise twist.

Groenboontjiebredie, tamatiekos, split pea-sop en selfs die vergete sagobredie, blomkoolbredie, panfrikkadel, Nando’s-hoender, broodpoeding en dhaltjies eerlik gemaak, sonder fieterjasies – dit is mos die onopgesmukte huiskos waarna elkeen verlang. Die kerries is natuurlik ook daar – suikerboon-, hoender-, dhal- en mincekerrie, breyani, noem maar op. Snoek-in-die-oond, kerrievis en seekos-paella (times are tough, ’n mens moet maar ’n paar maande of so spaar daarvoor, sê die twee siezas) bring die see in jou kospotte. Vir “broke week” is daar sakpas-randrekkers soos dhanya-soesys, eierkerrie en spaghetti-en-sardyne. Tietie se peperminttert en lemon meringue is uit ’n ander wêreld en Nanna se braised skaapnek sal enige onthaaltafel laat kreun van smaakgenot. Mavrou, Tietie se lamsvleis-weergawe van dié tradisionele gereg wat in die Kaaps-Maleise kultuur by troues voorgesit word, is ’n tydlose treffer.

En moenie van die happies en lekkernye vergeet nie – dis nou die “soet en sout” waarmee Mzansi se mense grootgeword en die lewe om elke hoek en draai gevier het. Watertand-verleidings soos bollas, flapjacks, skons, snowballs, patatkoekies, sweetcorn fritters en vele meer. Samoesas en roti’s kry variasies in geure en kleure om van te droom. (Só sê Tietie: Roti is baie versatile – eet dit met kerrie, masala steak of selfs as ’n poeding. Dis tog te lekker met strawberries, strawberry jam en cream.)

Nou ja, as jy nie so ’n tuiskombuis geken het nie, is jy waarskynlik reeds daaraan voorgestel op Tietie en Nanna se kookprogram, Tietie en Nanna kook op VIA, kanaal 147 op DStv, of in hul stories en kwinkslae op Instagram en TikTok.

Met Tietie en Nanna se onfeilbare resepte, perfek beproef, kan elkeen weer huiskos, soos ons ma’s, oumas en tantes dit gemaak het, in hul eie kombuise opdis.

Die Suid-Afrikaanse Lugbraaier Kookboek (Afrikaans, Paperback): Louisa Holst Die Suid-Afrikaanse Lugbraaier Kookboek (Afrikaans, Paperback)
Louisa Holst
R370 R347 Discovery Miles 3 470 Save R23 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Die lugbraaier is ’n veelsydige kombuistoestel wat toenemend gewild raak. Baie mense gebruik lugbraaiers net om voorafbereide kos soos krummellaaghoender of bevrore vis en aartappelskyfies gaar te maak, maar dit kan ook vir talle uithalergeregte, selfs gebak, ingespan word.

Die boek fokus op ou bekende gunstelinge soos malvapoeding, bobotie, appelkoos-snoek met soetpatats, melktert en boerewors met chakalaka, om net ’n paar te noem.

Alles word in die lugbraaier gaargemaak.

Die Suid-Afrikaanse Lugbraaier Kookboek 2 (Afrikaans, Paperback): Louisa Holst Die Suid-Afrikaanse Lugbraaier Kookboek 2 (Afrikaans, Paperback)
Louisa Holst
R370 R347 Discovery Miles 3 470 Save R23 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Topverkoperskrywer Louisa Holst weet wat die lugbraaiermark wil hê en het weer plaaslike geure na vore gebring!

Resepte sluit in springbokkie-kaaskoek, brandewyn-en-coke-hoendervlerkies, snoek- en appelkoosfilo-samosas, en 'n visvinger-Gatsby vir die honger kinders wat hulle self kan opslaan. Peri-peri-hoenderpastei, gammon (ja – dit kan in die lugbraaier gedoen word), gebraaide lam, karringmelkbeskuit, pavlova en mini-vrugtekoeke is nog meer van die watertand geregte in die boek.

Lied Vir Sarah - Lesse Van My Ma (Afrikaans, Hardcover): Jonathan Jansen, Naomi Jansen Lied Vir Sarah - Lesse Van My Ma (Afrikaans, Hardcover)
Jonathan Jansen, Naomi Jansen 1
R100 R93 Discovery Miles 930 Save R7 (7%) Ships in 5 - 10 working days

Jonathan Jansen is die voormalige Rektor van die Universiteit van die Vrystaat, met 'n formidabele reputasie vir transformasie en 'n diepgewortelde verbintenis tot versoening in gemeenskappe wat met die erfenis van apartheid saamleef. In hierdie boek, Jansen se persoonlikste en mees intieme boek tot op hede, daag Suid-Afrika se geliefde professor die stereotipes en stigma uit wat so maklik op Kaapse Vlakte-ma's van toepassing gemaak word as luidrugtig, wellustig en sonder tande – en bied hy dié deernisvolle verhaal aan as 'n lofsang vir ma's oral wat op moeilike plekke gesinne moet grootmaak en gemeenskappe moet bou.

As jong man het Jansen gewonder hoe ma's dit regkry om kinders onder moeilike omstandighede groot te maak – en toe besef die antwoord is reg voor hom in die vorm van Sarah Jansen, sy eie ma. Deur haar vroeë lewe in Montagu en die gevolge van apartheid se gedwonge verskuiwings na te speur, werp Jansen lig op hoe sterk vroue nie slegs daarin geslaag het om gesinne bymekaar te hou nie, maar hulle kinders ook met integriteit groot te maak.

Met sy kenmerkende fynsinnigheid, humor en eerlikheid, volg Jansen sy ma se lewensverhaal as 'n jong verpleegster en ma van vyf kinders, en wys hy hoe dié ma's hulle verlede verwerk het, hulle huise ingerig het, sin gemaak het van die politiek, die liefde bestuur en kernwaardes gekommunikeer het – hoe hulle hulle lewens gelei het. Om sy eie herinneringe te balanseer, het Jansen hom op sy suster, Naomi, beroep om haar eie insigte en herinneringe te deel, en daardeur spesiale waarde tot hierdie roerende memoir toe te voeg.

So Lyk 'n Vrou - My 40 Jaar Van Hel Saam Met 'n Narsis (Afrikaans, Paperback): Ilse Verster So Lyk 'n Vrou - My 40 Jaar Van Hel Saam Met 'n Narsis (Afrikaans, Paperback)
Ilse Verster 1
R300 R281 Discovery Miles 2 810 Save R19 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Bart, die aantreklikste ou in haar matriekklas, soen Esli uit haar vel. Vir meer as veertig jaar deel hulle hul lewens, maak saam kinders groot en sien om na vriende en familie. Jaarliks vier hulle Kersfees in Kleinmond met geskenke en trifle en stappies langs die see met hul worshond.

Maar hoekom val Bart se broer uit ’n boom voor Esli se ouerhuis? En watter donker geheim is onderliggend aan Bart se ma se vreemde gedrag en onfatsoenlike grappe? Wat dink kollegas van Esli se haarstyleksperimente en panda-oë? Verdien sy om in die spaarkamer te skuil omdat sy, volgens Bart, aand na aand die kos brand en die hond se pote laat nat word as dit reën?

In So Lyk ’n Vrou vertel Ilse Verster van Esli se heelwording en hoe sy, ná ’n leeftyd van mishandeling, in ’n rooi rok op die strand kon staan met een vuis in die lug en vry kon voel. Sy gee stem aan ’n stukkende vrou wat net wil hê die pyn moet stop. Sy deel wat dit verg om jou teen die muur op te trek, jou teen die samelewing te handhaaf en jouself te red.

Blinde Mol Of Wyse Uil? - Hoe Om Met Integriteit Te Leef (Afrikaans, Paperback): Susan Coetzer Blinde Mol Of Wyse Uil? - Hoe Om Met Integriteit Te Leef (Afrikaans, Paperback)
Susan Coetzer
R285 R267 Discovery Miles 2 670 Save R18 (6%) Ships in 4 - 8 working days

“Met hierdie boek wil ek almal aanmoedig om minder blinde mol en meer wyse uil te word.”

Daar is ’n groot behoefte aan mense met integriteit – mense met die volledige stel goue eienskappe wat hulle veelsydige, standvastige en betroubare wyse uile maak. Mense op wie jy kan peil trek.

Susan Coetzer, bekende skrywer en motiveringsspreker help jou op haar skreeusnaakse maar eerlike manier om jou eie lewe te ondersoek en seker te maak dat jy met integriteit leef.

Brood & Botter - 'n Lewe Van Kook (Afrikaans, Paperback): Nic van Wyk Brood & Botter - 'n Lewe Van Kook (Afrikaans, Paperback)
Nic van Wyk
R495 R464 Discovery Miles 4 640 Save R31 (6%) Ships in 4 - 8 working days

In Brood & Botter neem Nic van Wyk jou op ’n kosreis van 21 jaar, sy kulinêre mondigwording.

Die boek herinner aan Kook en geniet, met die klassieke manier van kosmaak en basiese kookmetodes, maar Nic neem sy resepte ’n stappie verder: onthoukos soos groenbone met witpepersous, Ouma se boontjiesop en mieliepap met botter, suiker en melk.

Sy onopgesmukte restaurantkos gaan jou verras met dieplekker geurkombinasies en sy hartskos weerspieël sy voorkeur vir eerlike kos sonder fieterjasies.

Suid-Afrikaanse Leefstylgids vir Diabetes - Meer as 100 Laekoolhidraat-Resepte (Afrikaans, Paperback): Vickie de Beer, Kath... Suid-Afrikaanse Leefstylgids vir Diabetes - Meer as 100 Laekoolhidraat-Resepte (Afrikaans, Paperback)
Vickie de Beer, Kath Megaw, David Segal
R420 R394 Discovery Miles 3 940 Save R26 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Dié diabetes-leefstylgids, wat oorspronklik in Engels verskyn het en waarvan meer as 40 000 eksemplare wêreldwyd verkoop is, is ’n onontbeerlike hulpmiddel vir enigiemand, van jonk tot oud, met Tipe 1- of Tipe 2-diabetes.

Sukkel jy dalk reeds met insulienweerstandigheid, metaboliese sindroom of prediabetes?

Slaan diabetes betyds hok met die leefstylwenke en maklike resepte in hierdie boek.

Rooiletterkind (Afrikaans, Paperback): Sandy Schoeman Rooiletterkind (Afrikaans, Paperback)
Sandy Schoeman
R240 R222 Discovery Miles 2 220 Save R18 (7%) Ships in 5 - 10 working days

My reis, eers as pleegma en later as aanneemma, was nie een waarop iemand my kon voorberei nie. Rooiletterkind is my poging om hierdie reis so eerlik as moontlik te ondersoek, vanaf die vertrekpunt een oggend voor ’n kerkdiens tot by ’n handgemaakte Moedersdagkaartjie meer as vyf jaar later.

Wat maak jy met ’n kind wat aanhou om teen jou liefde te baklei? Hoe help jy haar deur die slaggate van die lewe as jyself nooit daardeur is nie?

Dit is maar net twee van die vele vrae wat ek myself onophoudelik moes vra terwyl ek verbete vasklou aan ’n rooiletterdatum, ’n halsstarrige kind en ’n hart wat gereeld uit my borskas geruk word.

Saam met ons eie verhaal was daar egter ook ander stories wat vertel moes word — stories van ons kind se herkoms, van gebrokenheid en straatmense en kriminele en ’n drughuis sonder reëls of taboes.

Word Ryk, Bly Ryk - Hoe Om Welvaart Te Skep En Bestuur (Afrikaans, Paperback): PJ Botha, Geo Botha Word Ryk, Bly Ryk - Hoe Om Welvaart Te Skep En Bestuur (Afrikaans, Paperback)
PJ Botha, Geo Botha
R250 R234 Discovery Miles 2 340 Save R16 (6%) In Stock

Wat is die geheime en strategieë van die uitgelese groep wat welvaart skep, hetsy as entrepreneurs, professioneles of salaristrekkers, én boonop daarin slaag om hul geld te laat groei, te geniet en oor te dra na komende generasies?

In Word ryk, bly ryk help Geo en PJ Botha, onafhanklike finansiële adviseurs en medeaanbieders van kykNET se gewilde Welvaartskeppers, gewone Suid-Afrikaners om geld te maak in ’n uitdagende omgewing en dit te laat groei. Hulle begelei jou op jou reis na rykdom en die vrugte daarvan.

Suksesstories van entrepreneurs soos Michael Jordaan, Albé Geldenhuys en Whitey Basson sal jou ’n kopskuif help maak om geleenthede raak te sien in moeilike ekonomiese omstandighede. Die skrywers se maklik verstaanbare finansiële ekspertadvies, gemik op die kweek van goeie gewoontes, rig jou fokus en ondersteun jou op jou welvaartreis.

Atmosvuur (Afrikaans, Hardcover): Jan Braai Atmosvuur (Afrikaans, Hardcover)
Jan Braai
R590 R519 Discovery Miles 5 190 Save R71 (12%) Ships in 5 - 10 working days

Hierdie boek is ’n universele gids oor alles wat Jan Braai tans oor braai weet. Dit is ’n viering van hierdie wonderlike Suid-Afrikaanse tradisie waaraan 15–20 miljoen Suid-Afrikaners elke jaar op 24 September op Nasionale Braaidag deelneem. Om hierdie kulturele gebeurtenis se 20ste herdenking te vier het Jan Braai meer as 200 resepte bymekaargesit wat oor ’n houtvuur gaargemaak en daar langsaan geniet kan word.

Die boek is in 20 hoofstukke verdeel en sluit resepte in vir tradisionele gunstelinge soos klassieke potjies, steaks, burgers en ribbetjies, tot minder konvensionele geregte wat op die braai voorberei word, soos pasta, pizza, slaai en nagereg. Elke gereg is smaaklik en die meegaande fotografie sal jou mond laat water en jou familie en vriende geesdriftig op ’n samekoms langs die vuur laat aandring terwyl jy jou braaivaardighede ten toon stel. Jan Braai se duidelike instruksies en nugter houding teenoor die braaikuns sal verseker dat selfs groentjiebraaiers hierdie resepte maklik baasraak.

Daar is iets vir almal in hierdie boek, en die maklik verkrygbare bestanddele beteken dis verspot maklik om die maaltye saam te stel, aangesien die meeste items waarskynlik reeds byderhand is, of met min moeite of ’n vinnige rit na die supermark in die hande gekry kan word.

Ook beskikbaar in Engels, as 'Atmosfire'.

Betereinder - Wees Die Verskil (Afrikaans, Paperback): Schalk W. van Heerden Betereinder - Wees Die Verskil (Afrikaans, Paperback)
Schalk W. van Heerden 1
R285 R267 Discovery Miles 2 670 Save R18 (6%) In Stock

Betereinder is ’n menslike gids oor hoe om te floreer in Suid-Afrika.

Schalk W van Heerden verbreed lesers se verwysingsraamwerk in die hoop dat hulle 'n aktiewe rol in die land sal speel. Hy ondersoek huidige rassegesindhede en gee wenke oor hoe die wit middelklas beter met hul medemens kan omgaan. Hy wys hoe armoede bekamp kan word.

Schalk beantwoord moeilike vrae en deel stories met humor en empatie wat die leser se hart sal aangryp en ook sal laat glo dat hulle 'n verskil kan maak.

Boerekos Met 'n Twist (Afrikaans, Paperback): Annelien Pienaar Boerekos Met 'n Twist (Afrikaans, Paperback)
Annelien Pienaar 17
R470 R440 Discovery Miles 4 400 Save R30 (6%) Ships in 4 - 8 working days

In Boerekos met ’n twist gee Annelien ’n kwyllekker kinkel aan die eenvoudige, voedsame huiskos wat jou ma, ouma en oumagrootjie gemaak het. Dié 140 familieresepte vir soppe, souse, groente-, vleis- en nageregte én gebak en spenstreffers is getoets, bevat g’n vreemde bestanddele nie en sit die “resep-met-’n-les”-konsep voort wat haar gelyknamige blog en Facebookblad so 'n sosialemediasukses maak. Boerekos met 'n twist kan beskryf word as 'n kompakte 21ste-eeuse Kook en Geniet vir besige mense.

My Stryd Met ADHD - Die Onsigbare Oorlog (Afrikaans, Paperback): Hykie Berg My Stryd Met ADHD - Die Onsigbare Oorlog (Afrikaans, Paperback)
Hykie Berg 1
R285 R267 Discovery Miles 2 670 Save R18 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Hykie vertel in rou eerlikheid van sy stryd met ADHD. Van 'n weerlose seuntjie wat nie kon stilsit nie tot 'n jong man wat in Weskoppies opgeneem word en alles verloor. Hykie ondersoek die hele fenomeen van ADHD – hoeveel diagnoses daar gemaak word, hoe die medikasie ontstaan het, die samestelling en die newe-effekte daarvan. Hykie wys dat medikasie nie die enigste antwoord is nie. Hykie gee ook waardevolle raad aan Christene oor hoe om mense wat aan geestessiektes lei te ondersteun.

Sing, Mamma, Sing (Afrikaans, Paperback): Theresa Papenfus Sing, Mamma, Sing (Afrikaans, Paperback)
Theresa Papenfus
R396 Discovery Miles 3 960 Ships in 4 - 8 working days

Sy sal notas maak oor haar kinders, besluit 'n vrou voor haar jongste se geboorte. “Voor ek vergeet. Voor hulle groot is, weg, in 'n oogwink.” Sy lê oomblikke vas: die vrae sonder antwoorde, gebedjies, 'n eerste wisseltand, sywurms, huisvergaderings, die huiskat wat kleintjies kry en drome van eendag.

Sing, Mamma, Sing is haar opgaaf van die frustrasie, weekheid, verwondering, trots en benoudheid wat elke ma ken. Dis haar kennismaking met ouers se grootste vrees en verlies wanneer die jongste op byna agt en dertig sterf.

Die boek sluit aan by die genre van die moeder-memoir en die subgenre van verlies.

Pa's En Seuns - Bou 'n Sterk Pa-Seun Verhouding Wat Tot Eer Van God Is (Afrikaans, Paperback): Angus Buchan Pa's En Seuns - Bou 'n Sterk Pa-Seun Verhouding Wat Tot Eer Van God Is (Afrikaans, Paperback)
Angus Buchan
R129 R119 Discovery Miles 1 190 Save R10 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Wil jy graag ’n nouer band hê met jou seun? Wil jy die tipe verhouding hê wat God eer en vir jou en jou seun ’n seën sal wees, nou en vir die res van julle lewens?

In Pa’s en seuns moedig Angus Buchan pa’s aan om die verhouding met hulle seuns te slyp, te beskerm en te koester. Deur temas soos nederigheid, liefde, waardering, genade en respek inspireer Angus mans om die tipe pa te wees wat God hulle gemaak het om te wees.

Hy herinner elke pa dat dit nooit te vroeg of te laat is om daardie kosbare verhouding met jou seun te koester nie.

Lugbraaier - Herman se 100 Beste Resepte (Afrikaans, Paperback): Herman Lensing Lugbraaier - Herman se 100 Beste Resepte (Afrikaans, Paperback)
Herman Lensing
R360 R321 Discovery Miles 3 210 Save R39 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Verken die wêreld van lugbraaiers met celeb-sjef Herman Lensing en ontdek hoekom dié veelsydige toestel jou nuwe beste vriend is.

Die VLV-Kookboek - Resepte Van Toe & Nou (Afrikaans, Paperback): Vroue-Landbouvereniging van Kaapland Die VLV-Kookboek - Resepte Van Toe & Nou (Afrikaans, Paperback)
Vroue-Landbouvereniging van Kaapland
R410 R384 Discovery Miles 3 840 Save R26 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Trakteer jou gesin op ou familiegunstelinge soos lewerkoekies, bobotie en skaapboud in die Toe-gedeelte en geniet weer die liplekker lekkerte van melktert, gemmerkoekies en gemmerbier.

As jou tyd beperk is, wend jou tot die kortpad- getoetste resepte in die Nou-gedeelte, soos 'n sjokoladekoek wat in slegs 7 minute gemaak word, en beproefde, gesonder geregte soos spinasiegebak, pampoenmuffins, bobotie met 'n appellaag en eiervrugslaai.

Kies Die Lewe - Leer Dans In Depressie (Afrikaans, Paperback): Ivor Swartz Kies Die Lewe - Leer Dans In Depressie (Afrikaans, Paperback)
Ivor Swartz
R195 R169 Discovery Miles 1 690 Save R26 (13%) Ships in 4 - 8 working days

Ivor Swartz is ’n depressiekenner. Hy leef al jare daarmee saam, hy aanvaar dit, hy hanteer dit. Hy kies die lewe.

In hierdie boek kyk Ivor na sy eie depressie, sy eie hulpkrete en pleit dat ons geen mens oordeel vir die keuses wat hulle in hulle donkerste oomblikke gemaak het nie. Hy gesels oor depressie onder tieners en hoe ons kan help, en reik 'n sagte hand uit na ouers wat 'n kind aan selfdood verloor het. Ivor gee ook spesiale aandag aan depressie onder mans en vra hoe kan gewone mense, geliefdes en die kerk depressielyers ondersteun.

In hierdie intense persoonlike, maar toeganklike reis gee Ivor nie maklike antwoorde nie, hy vra dat ons ons oë sal oopmaak vir mense rondom ons, en dat ons met die regte gesindhede hulle sal ondersteun.

20 Hekeltegnieke - Met Kreatiewe Projekte En Moderne Patrone (Afrikaans, Paperback): Christa Swanepoel 20 Hekeltegnieke - Met Kreatiewe Projekte En Moderne Patrone (Afrikaans, Paperback)
Christa Swanepoel
R250 R204 Discovery Miles 2 040 Save R46 (18%) Ships in 7 - 11 working days

20 Hekeltegnieke bevat verskillende tegnieke en idees waarvoor hekelwerk gebruik kan word. Elke tegniek word vergesel deur een of meer patrone om die spesifieke tegniek op ’n moderne manier uit te beeld.

Die skrywer verskaf basiese hekeltegnieke vir die beginner, asook meer gevorderde tegnieke vir diegene wat reeds ervare met hekelwerk is.

20 Hekeltegnieke is geskryf om jou kreatiwiteit vrye teuels te gee.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Snow Like Ashes
Sara Raasch Paperback  (2)
R296 R245 Discovery Miles 2 450
Bad Luck Penny
Amy Heydenrych Paperback  (1)
R365 Discovery Miles 3 650
The Party
Elizabeth Day Paperback  (1)
R317 R238 Discovery Miles 2 380
Born To Be Free
Gareth Patterson Paperback R214 Discovery Miles 2 140
Sam and the Cave of Fear
Joe Luciano Hardcover R627 R570 Discovery Miles 5 700
The Adventures of Clay - The Hidden…
Timothy Kosta Hardcover R617 Discovery Miles 6 170
The Stableboy
James Joseph Wallander Hardcover R728 Discovery Miles 7 280
Baseball in Baltimore
Tom Flynn Hardcover R674 Discovery Miles 6 740
Conceiving Mozambique
John A Marcum Hardcover R4,169 Discovery Miles 41 690
Baseball History - The History of…
Ace McCloud Hardcover R632 R575 Discovery Miles 5 750

 

Partners