|
Books > Afrikaans > Gesondheid, Huis en Gesin
Onthou jy nog die geur van kaneel op pampoenkoekies in Ouma se kombuis?
Onthou jy nog die geur van chillies in Mexiko se straatmarkte?
Onthou jy nog die geur van heuning op warm plaatkoekies by die huis?
Onthou jy nog die geur van rose in die tuin op 'n soel somersaand?
In Geure kyk Lientjie Wessels voormalige Kokkedoor-deelnemer na dertien
geure en geurkombinasies wat haar na aan die hart lê - van daardie
eerste onthougeure soos kaneel en vars suurlemoene, die invloed van
ander lande se cuisine met olyfwe, sesamsaad en tahini tot waar jy
stilstaan om letterlike die blomme te ruik. 'n Nostalgiese én
vernuwende kookboek.
Met 'n BA in beeldende kunste, werk Lientjie in verskeie dekorwinkels
en as dekorredakteur in publikasies soos Sarie en Elle Decoration en
lewer sy oor bydraes vir Pasella. Stukke van haar persoonlike
meubelreeks pronk onder andere in die Konsistusionele Hof. Sy maak
suksesvolle restaurante oop in Pretoria en Cullilnan, en neem deel aan
Kokkedoor seisoen drie. Sy spits haarself tans toe op skilderwerk en
spyseniering.
Kook soos jou ma en jou ouma gekook het! Die meeste van ons het aangename herinneringe oor kos. Dalk ’n gunsteling-dis gemaak deur ’n geliefde ouma of tannie, of ’n spesiale aroma wat ons terugneem na ’n tyd en plek toe die lewe net perfek was. In Clover Onthoukos het ons onderneem om 55 van hierdie betowerende resepte met jou te deel… disse wat jou sal help om die beste oomblikke uit jou kinderjare of lewe te onthou, en wat jou gaste sommer lank sal bybly! Hierdie is die negentiende Clover-resepteboek wat ek bevoorreg is om saam te stel, en net tussen jou en my, ek dink dis een van ons heel bestes tot op hede! Dit bevat daardie resepte waarna almal soek… die resepte wat die komplimente laat inrol, wat jou laat uitstaan as ’n uitstekende bakker, en elke liewe keer ongelooflike resultate verseker. Alle resepte is weer eens gemaak met Soveel Beter Clover-produkte, wat bekend is vir hul uitmuntende kwaliteit, en wat jy heel moontlik alreeds byderhand het in jou kombuiskas of spens. Dit was nog nooit só maklik of bekostigbaar om watertand geregte te kook of bak nie! As ’n ekstra bederf het ons ook dié keer al 55 disse afgeneem – sodat jy presies weet hoe die eindresultaat veronderstel is om te lyk. En om jou aptyt selfs meer aan te wakker. Clover Onthoukos is een van daardie resepteboeke wat jy vir die volgende geslag sal wil bêre, en Clover is trots daarop om ’n deel van hierdie smaaklike nalatenskap te wees. Mag dié boek jou help om meer kosbare herinneringe te skep deur jou kook- en bakwerk!
In Seisoenskos word jy genooi om heeljaar volgens die seisoen
te eet. Verlekker jou in die lekkertes van elke seisoen:
waatlemoenen druiwe in die somer; grenadellas en vye in herfs;
sitrusvrugte in die winter en avokados, kappertjies en spruite in
die lente. Elke seisoen maak voorsiening vir voorgeregte, brood
en happies, hoofgeregte en nageregte en gebak. Met nuttige
wenke soos hoe om jou eie groen knoffel te groei. Vir alle
kosliefhebbers.
Waar is my tiekie? Tog snaaks dat ek eers aan die einde van die
reis moes kom om die begin te kon sien. 'n Pad wat nooit eindig nie
en waar daar net gestop is as dit reeds te laat was en ek klaar,
karsiek, opgegooi het. 'n Pad gedeel met baie. Ek moes eers vyftig
word voordat ek die pad vorentoe kon lees. Die pad tot op vyftig
was interessant. Die pad na vyftig 'n ondervinding en ervaring.
Altwee paaie was en is grondpad; ek is bly. Oud-Suidwester ken van
grondpad ry. Die mense wat tot op vyftig saam met my gery het, kon
nie altyd by hou nie. Almal ry nie dieselfde pad nie; daar is
afdraaipaadjies en stalletjies. Vir Damaskus donkies kan mens ook
nie altyd stop nie. Dit leer mens egter eers later. Party mense
leer dit nooit nie. Daar is aan die einde van die dag (of is dit
nou aan die einde van die pad?), meer as net huise en geld. Erens
langs die pad stop mens vir jouself. Erens langs die pad laai mens
jouself op. Dit maak nie saak hoeveel keer mens stop of hoeveel
afdraaipaadjies mens volg nie; al die paadjies kom weer terug op
die hoofpad. Al die paadjies bring jou terug na jouself. Erens
langs die pad laai mens jouself op...
Twaalf ongelooflike vroue wat ’n verskil maak tussen die bendes, die werkloosheid en die koeëls. Atlantis is steeds die verlore stad, maar hierdie twaalf vroue se verhale inspireer.
Hulle het besluit om nie moed op te gee nie. Hulle stories is dié van moed, optimisme en inspirasie. Dit is ’n moetlees vir almal wat glo dat liefde en geloof ’n verskil kán maak.
Atlantis aan die Weskus was die breinkind van ’n vorige regering se “desentralisasiebeleid” – maar is tans die toonvenster van ontheemding. Uit hierdie wanhoop, brand dié twaalf vroue se stories soos fakkelligte in ’n lang, donker nag.
Hulle is: Francis Brown, Mary-Ann Cedras, Chrissie Cloete, Mandy Jonker, Christine Lewis, Sylvia Losper, Lenie Maya, Carol Muller, Sillene Oppel, Olivia Pharo, Mary Tenggren en Rachael Watson.
In haar bykans 35 jaar het Shéri Brynard merkwaardige mylpale bereik ten spyte
van die feit dat sy as baba met Trisomie-21-Downsindroom gediagnoseer is. Sy
vertel hoe die liefde en aanvaarding van diegene naaste aan haar, veral haar ma,
Susette, haar gevorm het.
Sy deel met die leser die opwindende avonture op haar
pad, die seerkry, vrees, en verliese (die grootste hiervan die dood van haar pa,
Jerry), asook die werklikhede waarmee sy as ’n volwassene met Downsindroom
gekonfronteer word. Dan gesels haar ma oor ’n lewe in die skaduwee van ’n kind
met Downsindroom. Sy deel openhartig haar geloofstryd toe sy gehoor het haar
kind het Downsindroom en haar en haar dogter se reis die onbekende in. Shéri –
Nes ek is is ’n boek wat grense verskuif, want soos Shéri tereg vra: “Wat is nou
eintlik normaal?”
Dié boek herinner die leser juis dat ons as kinders van God
elkeen ons volle potensiaal kan bereik, ongeag die uitdagings waarvoor ons te
staan kom.
As ’n eggenote en pastoriemoeder, ma van drie volwasse kinders en voltydse hoërskoolonderwyseres weet Marilyn Gantana presies hoe kosbaar tyd is. In Marilyn kuier en kook! nooi sy ons om te deel in die keur van haar versameling resepte wat sy vir meer as 30 jaar al bymekaar maak en toets. Daar is familieresepte wat sy tydens haar grootwordjare by haar ma en tannies geleer het en dan ook die wonderlike staatmakers wat geliefde gemeentelede van Loeriesfontein en Grabouw met haar gedeel het. Smulkos soos gebraaide lamsribbetjies, pannekoekies met hoendervulsel, mini-seekos quiches en roosterkoek word op ’n eenvoudige en bekostigbare manier berei met bestanddele wat reeds in elke Suid-Afrikaner se koskas teenwoordig is. Die resepte is sonder fiemies, doenbaar en gou om te maak.
Persoonlikheids- en intelligensietoetse wil jou in ’n bepaalde boksie
plaas, maar daar is soveel meer aan jou as wat in dié toetse vasgevang
kan word. Jy is uniek gemaak en moet daarom jou unieke self wees.
In Die Perfekte Jy lei dr. Caroline Leaf jou om jou unieke jy te
ontdek, inderwaarheid die Perfekte Jy. In hierdie fassinerende boek sal
jy:
- ontdek wat die Perfekte Jy is in terme van hoe jy dink,
voel en keuses maak en hoekom dit belangrik is
- meer leer oor die filosofie en wetenskap grondliggend aan
die Perfekte Jy
- die Perfekte Jy ontsluit met die 300 vrae in die Unieke
Kwalitatiewe (UK) Assesseringsinstrument
- leer hoe om die Perfekte Jy-kontrolelys te gebruik om te
monitor of jy binne jou Perfekte Jy funksioneer
- die ongemaksones ontdek wat help reguleer of jy binne of
buite jou Perfekte Jy leef
- goeie, eenvoudige oefeninge aanleer om jou Perfekte Jy te
ontwikkel en te laat groei
Uit haar jare lange ervaring en navorsing help dr. Caroline Leaf jou
insien hoe om buite jou Perfekte Jy te leef jou geestes- en fisieke
gesondheid negatief kan beïnvloed.
Die Perfekte Jy sal jou vrystel om jou ware bloudruk vir identiteit aan
te gryp en ’n duidelike idee van goddelike doelgerigtheid in jou lewe
te ontwikkel.
Koelsoem en Flori, Suid-Afrika se gunsteling-tannies van
Bonteheuwel, is terug met hul tweede boek, Soettand. In die boek
deel hulle poedings en soetgebak wat dekades lank al
familiegunstelinge is, soos Ouma Rachel se doekpoeding,
onderstebo-tert, Mamma Rose se potpoeding, Maleise koesisters,
bobaas-bollas, Yuwin se waatlemoenysies, gemmerpoeding,
broodpoeding met ’n verskil, Hertzoggies en die berugte
Tweegevrietjies. Die eerlike en onopgesmukte kos uit die hartjie
van Koelsoem Kamalie en Flori Schrikker se kombuise in Bonteheuwel
op die Kaaspe Vlakte het Suid-Afrikaners geheel en al betower. Die
twee afgetrede tannies se onfeilbare resepte, perfek beproef na
jare se ondervinding, het daarvoor gesorg dat Kook saam Kaaps, hul
eerste boek, topverkoperstatus bereik het, met amper 10 000
eksemplare wat binne ses maande verkoop is. Koelsoem en Flori het
ook hul eie kookreeks van 13 episodes op televisie losgeslaan.
Flori en Koelsoem se kosse word elke Woensdagaand om 18:00 op VIA
(kanaal 147) uitgesaai.
Is jy lief daarvoor om kos te maak, maar haat jy al die skottelgoed
wat na die tyd gewas moet word? 50 Eenpotgeregte bevat vyftig
smaaklike disse wat alles in een kastrol, pan of bak voorberei kan
word. Sodoende kan jy lekker en voedsame maaltye voorberei sonder
om onnodige tyd in die kombuis te spandeer. Al die resepte maak
gebruik van bestanddele wat reeds in jou koskas is of maklik
bekombaar is by jou plaaslike supermark. Die resepte sluit treffers
in soos: Beesvleisbredie met kruiekluitjies; Hoenderkerrie;
Spek-en-boontjiesop; Seekospasta; Pynappelhoender.
Klim op die Bant Wagon en geniet heerlike tuisgemaakte en
voedsame Banting-geregte. In hierdie kookboek is daar maklike en
goedkoop resepte vir ontbyt, middagete en aandete, asook trooskos
vir die wintermaande en veerligte geregte wanneer die lente sy
verskyning maak. Daar is selfs geregte vir Saterdag wanneer niemand
voor die kospotte wil staan nie. En om alles te kroon: dekadente
poedings. Gaan na www.thebantwagon.com vir nog Banting-wenke en
begin jou reis na ’n gesonder leefstyl.
|
|