Waar is my tiekie? Tog snaaks dat ek eers aan die einde van die
reis moes kom om die begin te kon sien. 'n Pad wat nooit eindig nie
en waar daar net gestop is as dit reeds te laat was en ek klaar,
karsiek, opgegooi het. 'n Pad gedeel met baie. Ek moes eers vyftig
word voordat ek die pad vorentoe kon lees. Die pad tot op vyftig
was interessant. Die pad na vyftig 'n ondervinding en ervaring.
Altwee paaie was en is grondpad; ek is bly. Oud-Suidwester ken van
grondpad ry. Die mense wat tot op vyftig saam met my gery het, kon
nie altyd by hou nie. Almal ry nie dieselfde pad nie; daar is
afdraaipaadjies en stalletjies. Vir Damaskus donkies kan mens ook
nie altyd stop nie. Dit leer mens egter eers later. Party mense
leer dit nooit nie. Daar is aan die einde van die dag (of is dit
nou aan die einde van die pad?), meer as net huise en geld. Erens
langs die pad stop mens vir jouself. Erens langs die pad laai mens
jouself op. Dit maak nie saak hoeveel keer mens stop of hoeveel
afdraaipaadjies mens volg nie; al die paadjies kom weer terug op
die hoofpad. Al die paadjies bring jou terug na jouself. Erens
langs die pad laai mens jouself op...
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!