![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Books > Afrikaans > Gesondheid, Huis en Gesin
Persoonlikheids- en intelligensietoetse wil jou in ’n bepaalde boksie
plaas, maar daar is soveel meer aan jou as wat in dié toetse vasgevang
kan word. Jy is uniek gemaak en moet daarom jou unieke self wees.
Uit haar jare lange ervaring en navorsing help dr. Caroline Leaf jou insien hoe om buite jou Perfekte Jy te leef jou geestes- en fisieke gesondheid negatief kan beïnvloed. Die Perfekte Jy sal jou vrystel om jou ware bloudruk vir identiteit aan te gryp en ’n duidelike idee van goddelike doelgerigtheid in jou lewe te ontwikkel.
Klim op die Bant Wagon en geniet heerlike tuisgemaakte en voedsame Banting-geregte. In hierdie kookboek is daar maklike en goedkoop resepte vir ontbyt, middagete en aandete, asook trooskos vir die wintermaande en veerligte geregte wanneer die lente sy verskyning maak. Daar is selfs geregte vir Saterdag wanneer niemand voor die kospotte wil staan nie. En om alles te kroon: dekadente poedings. Gaan na www.thebantwagon.com vir nog Banting-wenke en begin jou reis na ’n gesonder leefstyl.
Koelsoem en Flori, Suid-Afrika se gunsteling-tannies van Bonteheuwel, is terug met hul tweede boek, Soettand. In die boek deel hulle poedings en soetgebak wat dekades lank al familiegunstelinge is, soos Ouma Rachel se doekpoeding, onderstebo-tert, Mamma Rose se potpoeding, Maleise koesisters, bobaas-bollas, Yuwin se waatlemoenysies, gemmerpoeding, broodpoeding met ’n verskil, Hertzoggies en die berugte Tweegevrietjies. Die eerlike en onopgesmukte kos uit die hartjie van Koelsoem Kamalie en Flori Schrikker se kombuise in Bonteheuwel op die Kaaspe Vlakte het Suid-Afrikaners geheel en al betower. Die twee afgetrede tannies se onfeilbare resepte, perfek beproef na jare se ondervinding, het daarvoor gesorg dat Kook saam Kaaps, hul eerste boek, topverkoperstatus bereik het, met amper 10 000 eksemplare wat binne ses maande verkoop is. Koelsoem en Flori het ook hul eie kookreeks van 13 episodes op televisie losgeslaan. Flori en Koelsoem se kosse word elke Woensdagaand om 18:00 op VIA (kanaal 147) uitgesaai.
Is jy lief daarvoor om kos te maak, maar haat jy al die skottelgoed wat na die tyd gewas moet word? 50 Eenpotgeregte bevat vyftig smaaklike disse wat alles in een kastrol, pan of bak voorberei kan word. Sodoende kan jy lekker en voedsame maaltye voorberei sonder om onnodige tyd in die kombuis te spandeer. Al die resepte maak gebruik van bestanddele wat reeds in jou koskas is of maklik bekombaar is by jou plaaslike supermark. Die resepte sluit treffers in soos: Beesvleisbredie met kruiekluitjies; Hoenderkerrie; Spek-en-boontjiesop; Seekospasta; Pynappelhoender.
In Vroue Na Aan My Hart val die kollig op vroue en vrouwees. Skink ’n koppie tee en skuif reg vir ’n hartsgeselsie met ’n vriendin. Daar’s so baie om van te kies: Carike Keuzenkamp, Elize Cawood, Anna Neethling-Pohl, Michélle van Breda, Emsie Schoeman, Mariëtta Kruger, Ingrid Jones en selfs Evita. Kry ook ’n blik op die vroue na aan Hannes: sy ma, oumas, vriendinne. Humoristiese vertellings – soms selfs lekker stout – sorg vir lekker lees en weer-lees.
Callie en Mari-Louis maak jou lewe makliker met maaltye in een pot, braai- of oondpan – spaar elektrisieteit en arbeid met boonop die minimum skottelgoed. Heerlike en moeite-vrye resepte vir bees-, hoender- of varkvleis, asook wors, spekvleis en ham, frikkadelle en selfs vleislose geregte. Elk met ’n stysel en groente om ’n volledige maaltyd te maak.
Het jy met te min geld afgetree om in jou behoeftes te voorsien? Of is jou situasie so kritiek dat jou maandelikse uitgawes nie meer deur jou aftree-inkomste gedek word nie? Is jy onseker en weet nie wat jy kan doen om jou finansiële posisie te verbeter nie? Hierdie boek bied jou wenke hoe om uit jou finansiële verknorsing te kom. Dis ’n versameling riglyne wat finansiële adviseurs wêreldwyd nuttig gevind het. Die planne word in eenvoudige taal en maklik verstaanbaar aangebied. Jy hoef nie ’n finansiële kundige te wees om hulle uit te voer nie.
Cass Abrahams, die beminde en gerespekteerde Kaapse sjef en entrepreneur, wat Kaaps-Maleise kos in alle huishoudings gewild gemaak het, vertel haar lewensverhaal met eerlikheid en humor aan Marike Bekker. Tussendeur deel sy ook haar staatmaker-resepte met ons. Elke stadium van haar vol lewe kleurvol is verweef in die geure, kleure, teksture van die kos wat sy maak – onlosmaaklik deel van haar lewenspad en raak saamgevat deur Marike. My Lewe met Kos is ’n versameling fassinerende stories oor haar soms ongewone kinderdae wat deurvleg word met ’n versameling van Cass se beste resepte – bewyse dat kos inderdaad die vermoë het om herinneringe op te roep.
Op die agterstoep van Marianas eet 'n mens happie vir happie met 'n uitsig op die plek waar jou maaltyd gebore is - nou word dié lekkerte in 'n boek omskep. In 2000 het Mariana Esterhuizen en haar man Peter op die pragtige klein dorpie Stanford 'n restaurant - Marianas - oopgemaak. Sedertdien het dié restaurant een van die land se top-eetplekke geword en is hulle maande vooruit vol bespreek met smulpape wat van heinde en verre soheentoe optrek. Mariana volg die tuin-na-tafel beginsel en gebruik groente, vars kruie en vrugte uit haar eie tuin. Die pragstuk van 'n boek, ingedeel volgens die seisoene, bevat: gunstelinge uit Mariana se kinderdae, die restaurant se top-disse, gunstelinge uit die groentetuin, en gunstelinge van klassieke kokke (Mariana is 'n passievolle kookboekversamelaar). Resepte dek die volle spektum: artisjok-geregte, soppe, kerrievis, koekstruif met bessies, gemmerbier, en vyekonfyt - alles selfgemaak!
Gebruik hierdie inkleurpaspoort en skep 'n weg na kalmte en vrede in jou gemoed. Dieselfde skrywer en illustreerder van Skeppende inkleurboek het 'n tweede boek, propvol delikate handgetekende tonele uit die natuur en dekoratiewe wereld, geskep. Wanneer jy hierdie manjifieke illustrasies invul met kleur behoort jou kreatiwiteit aangewakker te word terwyl jy terselfdertyd sal oefen om met aandag diep betrokke by jou eie kreatiewe proses te raak. Waar jy jou ook al sou bevind, kalmeer jou gemoed en werk spanning tee deur aandagtig elke illustrasie in te vul met kleur.
Brekfis met Derrich en Adelie bevat al die gunstelingresepte van Derrich Gardener en Adelie Ludik soos gehoor op Brekfis met Derrich, Saterdae op RSG. Met hierdie pragtige volkleur resepteboek kan jy elke dag van die week saam met Derrich en Adelie kook. Lesers kan net die beste van hierdie resepteboek verwag wat deur die ICA (Institute of Culinary Arts), onder leiding van Letitia Prinsloo (hoof), Inemari Rabie (dosent en stilis) en die derdejaar sjefstudente saamgestel is. ICA is gelee in die asemrowende Banhoek wynland van Stellenbosch waar hul wereldklas opleiding en internasionaal geakkrediteerde kursusse aanbied. ICA het oor die afgelope 20 jaar 'n reputasie van die hoogste standaard gevestig en word gereken as die beste sjefskool in die land.
Die Koekiefles is ’n versameling van meer as 90 resepte vir koekies en beskuit wat spesiaal vir die tuisbakker saamgestel is. Die resepte is getoets en geskik vir enigiemand wat nie kan wag om hul koekieflesse en -blikke vol te maak nie. Die resepte is gebruikersvriendelik en glad nie ingewikkeld nie – enige iemand kan dus die koekies bak, nie net ervare bakkers nie. Die Koekiefl es herinner aan die dae toe ‘koekiebak’ terapeuties en ’n belangrike deel van die lewe was.
Brei saam met Vrouekeur bied vir die brei-entoesias 'n reeks boekies met splinternuwe, mooi en praktiese patrone in elk. Die groot verskeidenheid interessante patroonsteke en die wenke gee jou boonop die geleentheid om nog meer artikels te brei.
Ek het my Tiekie gevind. Wees saam met my bly ek het my tiekie gekry. Plus: twee broers en 'n suster 'n seun en twee dogters meer as een vrou... Eintlik was my tiekie maar altyd daar: saam op die langpad, met die nuuskierige ondersoek van al tien gaatjies, saam by die 'naked hikers', met die geboorte van my kinders, die dood van my ouers, my broer, my seun my reis terug, altyd terug... ek is 'n kind van Namibie. Lariza van Niekerk: Wat 'n genot is dit nie om weereens saam met Johann Wentzel in "Ek het my Tiekie gevind" 'n herinneringsreis te onderneem nie Hierdie reis strek vanaf sy kaalvoet-kinderdae in Suidwes-Afrika en Suid-Afrika, tot in Noord Ierland, vanaf kerrie-skaapafval in Okanhandja tot "curry chips" in Letterkenny. Saam met die skrywer smaak ons die eer van 'n koninklike ontvangs by 'n troue in Taung, wonder ons oor die toordokter-voorskoot en vind ons uiteindelik geluk in Waringstown. Die vertellings word gelewer in 'n gemaklike styl wat die leser boei en heerlik laat saamkuier.
"The Kersfees Quilt" & The Christmas Quilt" 'N ware kort storie wat voorheen in verskeie koerante gepubliseer op Christmastime. Dit is ook ingesluit in "Agter Olifant" die outobiografie van kunstenaar Chloe Dee Noble A true short story that is also included in the book "Rear Elephant" Bilingual, Afrikaans & English
Die moet-koop gids vir die maklikste en beste skoonheidswenke van die Glam Guru Suid-Afrika se gewildste (en stylvolste) guru is terug met ’n tweede boek! Hierdie keer kan jy lees hoe 70 vroue gedaantewisselings ondergaan het en hoekom hulle ’n makeover wou gehad het. Hulle verhale wissel van trouplanne, gewigsverlies, wegstap van mishandeling tot ’n nuwe voorkoms na 60. Vir elke vrou gee Hannon wenke oor grimering en haarstyle. Geen onbekostigbare operasies of martel diete om mooi te lyk nie! Net die regte tegnieke, kleur en produkte – en siedaar: nog ’n vrou wat sprankel en op haar mooiste lyk. Jy hoef nie met verlange na die pragtige voor en na foto’s te staar nie. Doen wat die Glam Guru aanbeveel en word die stylvolste jy wat jy kan wees. Dis regtig maklik, want hierdie slag bevat Glam Guru aanbevelings oor produkte saam met die raad-wat-werk vir elke mooimaak probleem: hoe om jou haarstyl te kies en stileer; wat om te doen met hare wat te dik of te dun is, platval of te veel krul; watter grimering vir foto’s werk hoe om rooierigheid of vlekke op jou vel te verdoesel en meer.
Die Kokkedoor-wenners (Tiaan en Mynhardt) se eie resepteboek wat ook aansluit by hulle TV-program genaamd Makietie. Die boek bevat dertien feesgeleenthede soos ’n boekklubete, ’n “vintage rugby-ete” (met Schalk Burger), ’n karnival-kinderpartytjie, ’n moderne braai in die wingerd en ’n tradisionele familie Sondag-middagete. Elke geleentheid bestaan uit ’n volledige spyskaart met die heerlikste resepte en die pragtigste tafelversierings.
Hekel saam met Vrouekeur bied 10 splinternuwe moderne patrone in elke boekie en al die items is met Saprotex-draad gehekel en oral beskikbaar. |
![]() ![]() You may like...
Wild About You - A 60-Day Devotional For…
John Eldredge, Stasi Eldredge
Hardcover
Algebras, Lattices, Varieties - Volume…
Ralph S Freese, Ralph N. McKenzie, …
Paperback
R3,238
Discovery Miles 32 380
Hadha Baladuna - Arab American…
Ghassan Zeineddine, Nabeel Abraham, …
Paperback
From Prayers to Peace - It All Begins…
Phyllis Weaks Sanders
Paperback
Handbook of Research on Advanced…
Siddhartha Bhattacharyya, Pinaki Banerjee, …
Hardcover
R7,638
Discovery Miles 76 380
The Life, Work and Legacy of Friedrich…
Eberhard Illner, Hans A. Frambach, …
Hardcover
R2,711
Discovery Miles 27 110
|