Die moet-koop gids vir die maklikste en beste skoonheidswenke van
die Glam Guru Suid-Afrika se gewildste (en stylvolste) guru is
terug met ’n tweede boek! Hierdie keer kan jy lees hoe 70 vroue
gedaantewisselings ondergaan het en hoekom hulle ’n makeover wou
gehad het. Hulle verhale wissel van trouplanne, gewigsverlies,
wegstap van mishandeling tot ’n nuwe voorkoms na 60. Vir elke vrou
gee Hannon wenke oor grimering en haarstyle. Geen onbekostigbare
operasies of martel diete om mooi te lyk nie! Net die regte
tegnieke, kleur en produkte – en siedaar: nog ’n vrou wat sprankel
en op haar mooiste lyk. Jy hoef nie met verlange na die pragtige
voor en na foto’s te staar nie. Doen wat die Glam Guru aanbeveel en
word die stylvolste jy wat jy kan wees. Dis regtig maklik, want
hierdie slag bevat Glam Guru aanbevelings oor produkte saam met die
raad-wat-werk vir elke mooimaak probleem: hoe om jou haarstyl te
kies en stileer; wat om te doen met hare wat te dik of te dun is,
platval of te veel krul; watter grimering vir foto’s werk hoe om
rooierigheid of vlekke op jou vel te verdoesel en meer.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!