|
|
Books > Afrikaans > Gesondheid, Huis en Gesin
Om jou eie braaiplek te bou verg inisiatief, entoesiasme en blink idees tesame met 'n basiese kennis van bouwerk. Hierdie boek sal jou deur al die nodige stappe van so 'n projek lei en dit maklik en opwindend maak.
Soos 'n mens van die titel kan aflei, is Maklike soet happies vir
kinders bedoel vir enigeen wat vir hul kind die perfekte partytjie
wil gee sonder om die begroting te knou of ure in die kombuis deur
te bring. Met betreklik min, algemeen beskikbare koekies, lekkers
en versierings is dit moontlik om 'n verskeidenheid
partytjie-soetgoed vir 'n seun of 'n dogter te maak. Van die temas
sluit in voertuie en vliegtuie, ruimtewesens en grillerige goed, en
prinsesse en fantasiewoude. Leer hoe om malvalekkers,
roomyshorinkies, Rice Krispies, mariebeskuitjies en 'n
verskeidenheid lekkertjies te omtower in 'n oorvloed figuurtjies,
diere en vorms wat jong partytjiegangers sal verstom. Fotografie
prikkel die verbeelding en danksy duidelike aanwysings en nuttige
wenke, sal jy in 'n japtrap self aanloklike eetgoed vir 'n
kinderpartytjie kan maak.
Hierdie gids is uniek omdat dit spesifiek geskryf is om die leser
te help om 'n ingeligte besluit te neem in terme van watter terapie
om te kies vir 'n spesifieke siekte. Daar is 'n behoefte vir 'n
boek wat duidelike verduidelikings gee met praktiese onde.
At the end of "Pass Your Roadworthy Easily" there is a testing
chart which lists everything that will be checked during the actual
roadworthy test. Once all the components have been checked and,
where necessary, repaired or replaced to meet road safety
requirements, your vehicle should pass its roadworthy test.
Have you ever wondered what makes up a typical day in a luxury safari lodge in Africa? Apart from the excitement of sighting one of the Big Five while out on a game drive or guided walk in the bush, there is much more to what makes the safari experience so special and memorable. One of the most important factors that can make or break your getaway adventure is the food and service at the lodge where you’re staying.
Donovan van Staden, Group Executive Chef for Sanctuary Retreats, is responsible for training the chefs and has compiled this mouthwatering collection of recipes that feature on the menus of the lodges, which are set in exotic locations such as the Bwindi Impenetrable Forest in Uganda, the Masai Mara in Kenya, and the Okavango Delta in Botswana.
The book is divided into chapters that cover the food served throughout a safari day, from the early-morning biscuits before you depart on the first game drive, to breakfast, lunch and dinner, with afternoon tea, sundowner snacks and canapés in between. The food photography is a feast for the eyes and the accompanying images of the lodges, their friendly and hospitable staff, the magnificent locations and wildlife will have you cooking up a storm to invoke the safari experience or will see you planning your next holiday to one of these remarkable establishments.
’n Bekroonde joernalis, Malvory Adams, skrik wakker in ’n hospitaalbed en wonder hoe hy daar beland het. Dit tref hom soos ’n tienpondhamer tussen die oë: Sy selfmoordpoging het misluk! ’n Bleddie “Samaritaan” het hom uit die kloue van die dood weggeruk.
Malvory se hartverskeurende lewensreis sleep jou enduit saam en laat jou by tye na jou asem snak.
Als is nie net swart en wit nie skets ’n prentjie van swaarkry, stryd, sukses, selfvernietiging, ’n dans met die dood en die lewe.
’n QR-kode word ook by Als is nie net swart en wit nie ingesluit van sy nuutste liedjie, “Hemel-Dal” asook ’n Engelse weergawe genaamd “Heaven’s Vale”.
In Seisoenskos word jy genooi om heeljaar volgens die seisoen
te eet. Verlekker jou in die lekkertes van elke seisoen:
waatlemoenen druiwe in die somer; grenadellas en vye in herfs;
sitrusvrugte in die winter en avokados, kappertjies en spruite in
die lente. Elke seisoen maak voorsiening vir voorgeregte, brood
en happies, hoofgeregte en nageregte en gebak. Met nuttige
wenke soos hoe om jou eie groen knoffel te groei. Vir alle
kosliefhebbers.
Woordeloos tot verhaal is in menig opzicht een baanbrekend werk.
Het brengt 24 onderzoekers uit verschillende disciplines bij elkaar
om vanuit een scala van perspectieven helderheid te verschaffen
over het trauma als centraal gegeven in de menselijke samenleving.
Nieuw is tevens de samenwerking tussen Afrikaanstalige en
Nederlandstalige auteurs. Zij hebben elkaar gevonden vanuit een
gemeenschappelijke belangstelling en werden gestimuleerd door de
verwantschap tussen hun talen. Trauma behels in Woordeloos tot
verhaal die oorweldigende effekte van geweld op die indiwidu sowel
as die kollektiewe verlies van betekenis by die ineenstorting van
'n bekende wereld. Die artikels fokus egter nie alleen op die
duister kant van die menslike natuur en van die menslike
geskiedenis nie, maar verken ook die helende kragte wat die
verwerking van trauma moontlik maak. Van wesentlike belang in die
verband is die skeppende krag van die menslike gees wat die
woordloosheid as gevolg van ’n oorweldigende trauma kan
transformeer tot betekenisgewende verhaal.
Die honger reisiger is sowel 'n lekkerlees reisbundel as 'n
reseptebundel sonder saaits. Marie Heese weet hoe om 'n storie te
vertel sodat jy dit nie kan neersit nie. Die titel is propvol
staaltjies en amusante waarnemings oor die reise wat sy en haar
sielsgenoot-man, Chris, na eksotiese lande soos Turkye, Eritrea,
Ethiopie, Frankryk, Egipte en Rusland onderneem het.
Orgidee het nog altyd vanwee hul manjifieke vorm, kleure en prag 'n
besondere bekoring vir mense gehad. Maar om hierdie blomme
Hierdie verwysingsgids sluit die algemene kruie soos pietersielie en tiemie in en bevat ook inligting oor Margaret Roberts se gunstelingplante soos katstert en rose. Dit is 'n sistematiese inleiding tot die kruiewéreld, en verskaf ook inligting oor die medisinale en kosmetiese gebruike van die mees algemene kruie, die gebruik van eetbare kruie in kos, asook die kweek van kruie. Volkleurfoto's is deurgaans gebruik om identifikasie te vergemaklik. Ook beskikbaar in Engels: A-Z of Herbs.
Sonia en Jade se entoesiasme vir smaaklike, geurryke kookkuns sprankel behoorlik uit elke bladsy van Luscious Vegetarian! Dié boek bevat prettige en maklike vegetariese resepte wat met sorg gekies is om die voorkeure van jong werkende mense, bedrywige gesinne en hedonistiese gesondheidsbewustes gelyktydig te bevredig.
Die resepte bevat alles en nog wat, vanaf vinnige disse vir elke dag, ligte happies en lekkernye, tot by suiwer sielskos en hedonistiese feesmaaltye en maak meestal van plaaslike bestanddele gebruik. Daar is ook bobaas-bakresepte en heerlike soet lekkernye. Hierdie boek is die begin van ’n avontuurlike liefdesverhouding met die vegetariese kookkuns.
Kos en geselligheid op 'n bekende plaas in die Overberg - 'n fees
vir die oog en 'n inspirasie om self heerlik fees te vier.
Halfaampieskraal, op die stowwerige Overbergpad deur die graanlande
van die Suidwes-Kaap, is 'n tweehonderd-en-vyftig jaar oue plaas
waarop vandag nog geboer word. Die jonger generasie het die ou
skuur en stalle omskep in gastekamers en die Kubaans-geinspireerde
Club Havana geskep. Wanneer daar 'n rooi ster op die plaas se
naambord is, weet die bure daar word feesgevier. Halfaampieskraal
vier fees nooi jou uit om aan te sit by 'n lang plaastafel vir 'n
fees met kos, dekor en stories oor die plaaslewe en partytjies.
Omvattende familie gesondheidgids is 'n volledige en toeganklike
gids wat die hele gesin se gesondheid bespreek. Dit bevat:
strategiee om siekte te voorkom, algemene siektes, kindergesondheid
en kindersiektes, mans se gesondheidsprobleme, vroue se
gesondheidsprobleme, noodhulp en trauma. Dr. Friedland gee
voorkomende wenke, beskryf simptome en bespreek behandelingsopsies
vir verskillende siektes.
|
You may like...
Glass Tower
Sarah Isaacs
Paperback
R325
Discovery Miles 3 250
|