0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (16)
  • R50 - R100 (21)
  • R100 - R250 (135)
  • R250 - R500 (173)
  • R500+ (26)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Gesondheid, Huis en Gesin

Die krag (Afrikaans, Hardcover): Rhonda Byrne Die krag (Afrikaans, Hardcover)
Rhonda Byrne
R281 Discovery Miles 2 810 Ships in 2 - 4 working days

Na die baanbrekerswerk van die fenomenale wereldwye blitsverkoper Die geheim onthul Rhonda Byrne die sterkste krag in die heelal. 'n Wonderlike lewe is vir jou bedoel! Dit is die handboek tot die sterkste krag in die heelal – die mag om alles te kry wat jy wil he. Elke ontdekking, uitvinding en menslike skepping is die werk van Die krag. Volmaakte gesondheid, wonderlike verhoudings, 'n loopbaan waaroor jy mal is, 'n lewe vol geluk, en die geld wat nodig is om alles wat jou hart begeer, te doen, te wees en te he, kom van Die krag. Die lewe waaroor jy droom, was nog altyd nader as wat jy besef, want Die krag – om alles wat goed is, in jou lewe te he – is binne-in jou. Net een ding is nodig om alles te skep en alles te verander – Die krag.

Rooi Rose Versamelresepte vir Elke Seisoen (Afrikaans, Paperback): Vickie de Beer Rooi Rose Versamelresepte vir Elke Seisoen (Afrikaans, Paperback)
Vickie de Beer
R186 Discovery Miles 1 860 Ships in 2 - 4 working days

Elke hoofstuk bevat resepte wat gepas is vir die seisoen, maar laat jou toe om te besluit waarvoor jy lus het. Die resepte is meestal eenvoudig en sonder fieterjasies, maar sonder om die essensie of smaak van 'n gereg prys te gee. Die titel gaan bedrywige kokke weer laat uitsien daarna om die kombuiskaste in te vaar en gaan elke dag se kookervaring weer in 'n genieting omskep. Met resepte wat oor en oor die toets van die tyd deurstaan het, gekombineer met vars, nuwe idees, bied dit 'n uitkoms vir elke ma en besige kok.

Veilig En Vreesloos (Afrikaans, Paperback): Naomi van Wyk Veilig En Vreesloos (Afrikaans, Paperback)
Naomi van Wyk
R159 Discovery Miles 1 590 Ships in 2 - 4 working days

Dit is maklik om jou kind teen die meeste gevare te beskerm. Jy stuur hulle vir swemlesse, hou hulle hande vas as julle die straat kruis en sit valhelms op as julle fietsry. Maar hoe beskerm jy jou kinders teen seksuele misbruik? Veilig en vreesloos bied aan ouers die basiese beginsels en veiligheidsmaatreels sodat hulle kinders van voorskool tot tienerfase teen seksuele misbruik kan beskerm. Die titel fokus nie op die terapie en behandeling van kinders wat reeds seksueel misbruik is nie, maar op die voorkoming daarvan.

Nog 'n Stukkie (Afrikaans, Paperback): Dine Van Zyl Nog 'n Stukkie (Afrikaans, Paperback)
Dine Van Zyl
R243 Discovery Miles 2 430 Ships in 2 - 4 working days
Seisoene van seks - Wat is normaal?  - Stories en feite oor seks (Afrikaans, Book): Leandie Buys Seisoene van seks - Wat is normaal? - Stories en feite oor seks (Afrikaans, Book)
Leandie Buys
R204 Discovery Miles 2 040 Ships in 2 - 4 working days

"Leandie Buys se boek, "Help! Ons het (SEKS) probleme!" is so welkom soos 'n koel briesie op 'n versengende warm dag. In 'n tyd waar baie mense reken dat niemand hulle iets oor seks kan leer nie en ander weer te skaam is om te erken dat hulle eintlik niks van seks verstaan nie, is dit verfrissend om 'n boek te lees wat reguit, ondubbelsinnig, op die man en vrou af met mense oor seks gesels. Dis egter nie sommer sulke oppervlakkige en vervelige lesings oor seks soos mens in skole en universiteite en sommige geestelike seminare hoor nie. Haar boek sny die "geheime" aspekte van seks aan - daardie dinge waaroor talle mense in verhoudings nooit praat nie, die dinge wat so seer is dat 'n mens nie eers aan jouself wil erken dat jy vrae daaroor het nie. Premature ejakulasie; lae of geen seksdrang (by vrouens en mans!); die seer van onvrugbaarheid en die pynlike effek daarvan op verhoudings; ontrouheid; seksuele drange van ouer persone, die onvermoe om 'n orgasme te ervaar - dit alles word op 'n sensitiewe, eerlike manier bespreek en praktiese wenke hoe om die dinge te oorkom, word aan die hand gedoen. Wat die titel egter uniek maak, is die stories van persone wat met hierdie sake worstel. 'n Mens sluk swaar as jy die skreiende seer van 'n vrou aanvoel wat sukkel om swanger te raak. Jy word meegesleur in die aangrypende vertelling van 'n egpaar se pogings om tog net 'n kind van hulle eie te he. Jy ervaar die verleentheid van 'n man wat nie kan presteer as dit by die slaapkamer kom nie. Jy besef watter effek die onvermoe om seks te geniet op 'n paartjie se hele verhouding het - hoe dat geestelike sowel as liggaamlike intimiteit in die slag bly. Die stories, seer verhale van regte mense soos ek en jy, gee aan die boek 'n dimensie van geloofwaardigheid. Dit bring ook op 'n vreemde manier 'n stuk verligting vir die leser: as ander gewone, goeie, normale mense met hierdie dinge worstel en uiteindelik gehelp word, dan is ek mos nie so abnormaal nie! Alhoewel die mense wat hulle storie met die leser deel, se identiteit beskerm word, slaag die vertellings daarin om 'n mens te laat besef dat hierdie dinge nie sommer deur 'n skrywer uitgedink is nie. Die bondige, praktiese en ter saaklike inligting wat dan telkens na elke storie deur die seksterapeut gegee word, sal vir talle mense hoop, moed en oplossings bied. Hierdie titel is nie net 'n moet vir elke persoon of paar wat met seksuele probleme worstel nie. Dit behoort deur elke verliefde, verloofde en getroude paartjie gelees te word. Dit behoort 'n verpligte deel van skole en opleidingsinstellings se kurrikulum uit te maak. Dominees behoort dit met hulle jongmense te bespreek en ouer mense behoort dit saam met die Bybel op hulle bedkassie te he! Ons almal moet op 'n positiewe, deernisvolle manier bevry word van ons seksuele wanpersepsies. Ons almal moet opnuut met dankbaarheid besef dat ons seksualiteit 'n wonderlike deel van ons menswees is.

50 Van Die Beste Volstruisresepte (Afrikaans, Paperback): Human & Rousseau 50 Van Die Beste Volstruisresepte (Afrikaans, Paperback)
Human & Rousseau
R161 Discovery Miles 1 610 Ships in 2 - 4 working days

'n Versameling resepte van reg oor Suid-Afrika wat ligte somerdisse en geurige winterskos insluit.

Wat dan nou beter as Volstruisneksop of Volstruisgoulash met wyn op ‘n triesterige wintersaand? Of Volstruisburgers met tropiese salsa vir ‘n lui-lekker somersmiddagete saam met vriende? Daar is selfs geregte soos Volstruiskefta, Volstruisdriehoekies en Volstruissushi wat ideaal is vir gaste onthaal.

Dollaswerk (Afrikaans, Paperback): Martini Nel Dollaswerk (Afrikaans, Paperback)
Martini Nel
R158 Discovery Miles 1 580 Ships in 2 - 4 working days

Oorskietmateriaal-kwilts is een van die oudste vorms van kwiltwerk. Honderde jare gelede is kwilts uit nood gemaak van ou klere en oorskietmateriaal. Die afgelope paar jaar is daar egter weer ’n groot oplewing in die maak van dollaskwilts en ander dollasartikels. Mense maak dit nou weer as pronkstukke en ook om in hul huise te gebruik as versiering.

Een van die redes hoekom dollaswerk so in gewildheid toeneem, is omdat baie verskillende kunsvorme soos kwiltwerk, borduurwerk, appliekwerk, materiaalverf en kralewerk alles in een artikel gekombineer kan word.

Die lekkerte van dollaskwiltwerk of dollaswerk (crazy patch of crazy quilt) is dat dit presies is soos die naam sê: Dit kan op feitlik enige manier aanmekaar gelas word!

In Dollaswerk word die basiese tegnieke van dollaswerk uiteengesit, asook die basiese benodigdhede, borduurwerk, blomme en motiewe wat gebruik word om dollaskwiltwerk te versier.

Bitterboela En Soetgousblom (Afrikaans, Paperback): Pieter Strauss Bitterboela En Soetgousblom (Afrikaans, Paperback)
Pieter Strauss
R177 Discovery Miles 1 770 Ships in 2 - 4 working days

Die opvolg van die gewilde Tussen Kokerboom En Kaiingklip. Dis nog lekker verhale uit die Boesmanland, vertel in die outentieke Boemanlandse taal wat so plesierig in mens se ore kom lê, en wat die leser daardie wêreld byna kan laat ruik en proe.

Dis heerlike verhale oor gewone mense se pogings om ‘n bestaan te maak in hierdie ongenaakbare deel van die wêreld, met humor en deernis. Dis snaaks, soms droewig, grootlieg, selfs spookstories – en so word iets van die outentieke karakter van die mense en kontrei vertel soos net Pieter Strauss kan.

Bitterboela En Soetgousblom is beslis ‘n waardige toevoeging tot die Afrikaanse kontreiverhaalskat.

Onthoukos (Afrikaans, Paperback): Heleen Meyer Onthoukos (Afrikaans, Paperback)
Heleen Meyer
R201 Discovery Miles 2 010 Ships in 2 - 4 working days

Watter kos maak jou nostalgies? Wat onthou jy as van die lekkerste kos van jou kinderdae? Wat sal jy jou ma vra om vir jou te maak as jy iets uit haar resepte kon kies? Kos wat lekker herinneringe oproep, hetsy of jou ma, ouma of iemand anders in die familie dit gemaak het.

Atta Jantjies van Piketberg vertel dat haar kinders vra vir Appelkooshoender vir Sondag-kos, maar haar Lintnoedellasagne is oral-oor bekend. Cass Abrahams het in Suid-Afrika baie min bekendstelling nodig. Sy het ’n gawe om onbeskryflik geurige kos te kan maak soos min haar kan nadoen. As jy dit nog nie geproe het nie, is dit moeilik om sulke besonderse smake te kan visualiseer. En visualiseer is volgens haar presies wat jy in haar kombuis moet kan doen. Sy leer die personeel in haar kombuis om met ‘ruik en proe’ haar resepte te kan nadoen. Cas vertel ons onder andere hoe om Denningvleis, Pinang-kerrie en Boeber te maak. Ina Paarman se onfeilbare Gebakte kaaskoekresep word ingesluit en Annatjie Melck van Muratie wys hoe om ’n Skaapkop te bak soos haar ma haar geleer het.

Alhoewel die resepte as tradisionele Suid-Afrikaanse kos geklassifseer kan word, word waar moontlik dit met ‘n moderne interessantheid voorgesit.

Ryk vrou - 'n Boek oor belegging vir vroue (Afrikaans, Paperback): Kim Kiyosaki Ryk vrou - 'n Boek oor belegging vir vroue (Afrikaans, Paperback)
Kim Kiyosaki
R166 Discovery Miles 1 660 Ships in 2 - 4 working days

Ryk vrou is 'n titel oor belegging vir vroue. Waarom dan 'n titel oor belegging net vir vroue skryf? Daar is 'n baie goeie rede. Die hoe van belegging – hoe om 'n aandeel te koop en te verkoop of hoe om 'n winsgewinde huureiendom te vind – is vir vroue dieselfde as vir mans. Wat anders is, is die unieke probleme wat vroue ten opsigte van geld- en beleggingsake ervaar. Die volgende statistieke is skrikwekkend: (Hierdie statistieke geld vir die VSA. In baie ander lande verskil die persentasies, hoewel die tendense ooreenstem.) 47% van vroue ouer as 50 jaar is alleenlopend. 50% van huwelike eindig in die skeihof. (Egpare stry die heel meeste oor geld.) In die eerste jaar na 'n egskeiding daal 'n vrou se lewenspeil met gemiddeld 73%. Drie uit elke vier bejaardes wat in armoede leef, is vroue, hoewel 80% van hulle nie arm was toe hul mans nog geleef het nie. 90% van alle vroue sal een of ander tyd alleen vir hul geldsake verantwoordelik wees. Laat ons maar eerlik wees, vroue, wat vir ons ma’s en oumas gewerk het, geld nie meer vandag vir ons, ons dogters en ons kleindogters nie. Dit het tyd geword dat vroue slimmer met hul geld omgaan. Dit is my passie om vroue op te lei en aan te moedig om die finansiële sekuriteit en gemoedrus wat hulle begeer en verdien, in hul eie lewe te bewerkstellig. As jy dit ook begeer, vertrou ek dat hierdie titel vir jou van besondere nut sal wees en wens ek jou sukses toe as 'n Ryk Vrou!

Having It All (Afrikaans, Paperback): Dr Linda Friedland Having It All (Afrikaans, Paperback)
Dr Linda Friedland
R196 Discovery Miles 1 960 Ships in 2 - 4 working days

Today’s working woman needs to be Superwoman: frantically juggling the never-ending tasks that fill her day. But all this Busyness often comes at the sacrifice of personal time and needs, leading to Burnout: depletion of physical resources, deterioration in health, and frustration and resentment.

In this practical and down-to-earth book, Linda Friedland looks honestly and squarely at all the demands and challenges of today’s busy woman, and offers a way of coping with all these stresses, while avoiding the Burnout.

Her Seven Point Plan is a practical, workable approach to managing the stresses of modern existence. It offers solid, sensible advice on:

  • maximising your physical strength and energy
  • establishing what’s important
  • organising your life
  • not allowing time to control you
  • filling yourself with enthusiasm, living with meaning
  • actively pursuing contentment and satisfaction
  • making peace with your life and making your life peaceful
Through the Plan, Linda Friedland shows you how to integrate all aspects of your life in a way that feels good, while maintaining your health and achieving peace of mind and living meaningfully. She offers a way of moving from a state of unease, stress, fatigue and a constant sense of hurry towards a state where you have more energy and satisfaction, and shows you that it is indeed possible to juggle it all.
Oortref Jouself (Afrikaans, Paperback): Joel Osteen Oortref Jouself (Afrikaans, Paperback)
Joel Osteen
R105 Discovery Miles 1 050 Ships in 2 - 4 working days

Joel Osteen, een van Amerika se bekendste pastors, bied ’n nuwe boek wat jou sal inspireer, motiveer en aanspoor tot ’n lewe gevul met oorwinning, hoop en doelgerigtheid. Hierdie nuwe boek help lesers om die fokus van hulself te verskuif en beter eggenote en ouers, beter kollegas, beter emeenskapsleiers, beter vriende en selfs beter motiveerders te wees, asook om uit te vind wat God vir hul beplan het.

Osteen se boodskap van hoop is om mense te help om ’n dieper verbintenis met God te verkry deur te leer hoe om beginsels van die Bybel toe te pas in hul daaglikse lewe.

Die Bewesiekte - My Worsteling Met Parkinsonisme (Afrikaans, Paperback): Emile de Villiers Die Bewesiekte - My Worsteling Met Parkinsonisme (Afrikaans, Paperback)
Emile de Villiers
R141 Discovery Miles 1 410 Ships in 2 - 4 working days

Mense leef deur prentjies en stories. Wanneer individue, gesinne, groepe en gemeenskappe begin om vir mekaar hulle stories te vertel, ontwikkel 'n proses om die wereld waarin ons woon, 'n beter plek te maak. In die proses van deling geskied heling, waar spanning en opgekroptheid verlig word en waar daar terselfdetyd kragte en sterkte (her)ontdek word. Die skrywer dui met hierdie title die weg aan deur 'n storie te vertel wat die relatiwiteit van taal illustreer, as die leser ontdek: Nou begryp hy dat hy nie verstaan nie en as hy swak is, dan is hy sterk alles is reg, al voel dit of alles verkeerd is, omdat Hy in beheer is!

Deur Trauma (Afrikaans, Paperback): Maretha Maartens Deur Trauma (Afrikaans, Paperback)
Maretha Maartens
R138 Discovery Miles 1 380 Ships in 2 - 4 working days

Vir die eerste keer word mense wat deur trauma gaan, of gegaan het, uit vier dissiplines bemagtig. 'n Groot span uitgesoekte sielkundiges, dokters, regslui en teoloe bied bevatlike, vars wetenskaplike en teologies deurdagte inligting aan elke getraumatiseerde persoon. Dit is genesings- en herlewingstoerusting. Die traumatemas in Boek 5 is: Deur die trauma van gestremdheid en fisieke verlamming; deur die trauma van gemoeds- en persoonlikheidsversteurings; deur die trauma van mobiliteitsverlies; deur die trauma van oudword; deur die trauma van Parkinsonsiekte; deur die trauma van Alzheimersiekte. Die laaste hoofstuk bevat vrae en antwoorde oor terapiee, toetse en medikasie.

Loopbaanbeplanning In Die 21ste Eeu (Afrikaans, Paperback): Melinde Coetzee Loopbaanbeplanning In Die 21ste Eeu (Afrikaans, Paperback)
Melinde Coetzee
R232 Discovery Miles 2 320 Ships in 2 - 4 working days

Melinde Coetzee se nuutste boek, Loopbaanbeplanning in die 21ste Eeu, stel 'n loopbaanbeplanningsproses voor wat individue sal help om die kompleksiteite van die onstuimige, onseker en snel veranderende werksomgewing van vandag te hanteer. Dit bied 'n buigsame alternatief vir die tradisionele benaderings tot loopbaanbestuur en wys hoe jy jou werksidentiteit en loopbaan op 'n volgehoue grondslag kan herskep in 'n grenslose werkplek sender vaste betrekkings.

Liefde in Die Nuus (Afrikaans, Paperback, illustrated edition): Stephanie Nieuwoudt Liefde in Die Nuus (Afrikaans, Paperback, illustrated edition)
Stephanie Nieuwoudt
R135 Discovery Miles 1 350 Ships in 2 - 4 working days

Die liefde is onvoorspelbaar en wispelturig. Dis in ons aard om te soek na die regte persoon om jou lewe mee te deel, en min dinge is so bevredigend soos om verlief te wees. Ons vind dit ook oneindig interessant en stimulerend om oor ander mense se liefde

Huisplante - Binnenshuise Plante Vir Almal (Afrikaans, Paperback): Paul Williams Huisplante - Binnenshuise Plante Vir Almal (Afrikaans, Paperback)
Paul Williams
R215 Discovery Miles 2 150 Ships in 2 - 4 working days

Daar is 'n geskikte huisplant vir omtrent elke omgewing. Hierdie aanskoulike plantgids met volkleurfoto's sal jou help om gemaklik en vinnig een te kies wat jou behoeftes pas. Of jy nou soek na kleurvolle loof, 'n aanloklike blommegeur, iets vir die badkamer, glashuisplante, iets om die huis op te vrolik in die winter, of 'n amper onvernietigbare kaktus - Huisplante het die antwoord. Kies uit die alfabetiese lys van meer as 150 plante geredelik in die handel beskikbaar. Elkeen van die plante groei maklik, is bestand teen plae en plantsiektes, en vertoon pragtig.

Wynlande Van Die Wereld/Wine Countries of the World (English, Afrikaans, Paperback): Charl Theron Wynlande Van Die Wereld/Wine Countries of the World (English, Afrikaans, Paperback)
Charl Theron
R163 Discovery Miles 1 630 Ships in 2 - 4 working days
Momtails - Nie-Alkoholiese Drankies Vir Ma's En Kinders (Afrikaans, Paperback): Rocco De Villiers Momtails - Nie-Alkoholiese Drankies Vir Ma's En Kinders (Afrikaans, Paperback)
Rocco De Villiers
R182 Discovery Miles 1 820 Ships in 2 - 4 working days

Die titel is spesifiek ook geskryf vir die swanger vrou, wat moeg is vir vrugtesap en gewone tee. Nou kan sy ook met 'n stylvolle drankie 'n heildronk op die nuwe baba drink. Al die drankies is maklik om te maak en heerlik om te drink. Daar is ook resepte vir happies, wat in 'n japtrap voorberei kan word (wanneer die cravings net te vinnig toeslaan!).

Self (Afrikaans, Paperback): Linda Friedland Self (Afrikaans, Paperback)
Linda Friedland
R155 Discovery Miles 1 550 Ships in 2 - 4 working days

In Self le die bekende mediese dokter, dr. Linda Friedland, 'n bloudruk voor aan vroue vir 'n buitengewone lewe. Die title leer lesers om beheer te neem oor ses essensiele aksie-areas in hul lewens, naamlik: Bemagtig: Neem die beheer oor jou eie lewe, jou uitkyk op die lewe, jou fisiese liggaam, jou selfbeeld, jou verhoudings, jou tyd en veral jou gesondheid. Omhels: Leer om jouself te versorg, in plaas daarvan om te verwag dat ander jou moet versorg. Eet: Kies die regte kos vir voeding, plesier en vertroosting. Oefen: Kies en hou vol met die regte oefening om goeie gesondheid te behou. Energie: Vind die korrekte balans van oefening, eet en stresverligting tegnieke wat vir jou werk. Verryk: Stel uitdagings aan jou geestelike spiere en laat dit groei. Om vroue te help om die beheer oor te neem oor hulle lewens, bevat die laaste hoofstuk van die titel opgedateerde inligting oor vroulike gesondheidsprobleme wat algemeen voorkom. Hierdie title is gepak met inligting oor alle aspekte van vrouens se gesondheid. Met gevallestudies van werklike lewenservarings in elke hoofstuk, vraelyste om jouself te toets en weeklikse "hoe om te" - planne om die beheer oor te neem oor elk van die ses areas, is die titel 'n praktiese gids tot selfverbetering.

Die Seen (Afrikaans, Paperback): John Trent, Gary Smalley Die Seen (Afrikaans, Paperback)
John Trent, Gary Smalley
R149 Discovery Miles 1 490 Ships in 2 - 4 working days
In my winter blom genade (Afrikaans, Book): Lana van Nierkerk In my winter blom genade (Afrikaans, Book)
Lana van Nierkerk
R127 Discovery Miles 1 270 Ships in 2 - 4 working days

In my winter blom genade bevat 40 eerlike grepe uit een vrou se hersteltyd na kanker. Dit verskaf praktiese wenke vir die mense wat langs die pasient staan en die pad saam met haar of hom moet loop. Dis 'n title wat jou moed gee tot by daardie punt waar j

Reken Af Met Allergie (Afrikaans, Paperback): Esther Retief, Francois Retief Reken Af Met Allergie (Afrikaans, Paperback)
Esther Retief, Francois Retief
R120 Discovery Miles 1 200 Ships in 2 - 4 working days

Allergiee is wereldwyd aan die toeneem. Tot soveel as een uit elke tien mense ly aan die een of ander allergiese reaksie. 'n Mens kan baie allergiee voorkom, of ten minste die simptome daarvan beperk, deur te weet waarna om in die omgewing op te let, wat om te vermy, en watter lewenstylaanpassings nodig is. Die doel van hierdie titel is om praktiese riglyne te gee vir mense wat las van allergiee het.

Skerm En Masker (Afrikaans, Paperback): Gerhard J. Beukes Skerm En Masker (Afrikaans, Paperback)
Gerhard J. Beukes
R124 Discovery Miles 1 240 Ships in 2 - 4 working days
Liquorice Vir Die Lewe (Afrikaans, Paperback): Nicky Alpaslan Liquorice Vir Die Lewe (Afrikaans, Paperback)
Nicky Alpaslan
R138 Discovery Miles 1 380 Ships in 2 - 4 working days
Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
The Assassination of Jesse James By the…
Brad Pitt, Mary-Louise Parker, … Blu-ray disc R227 Discovery Miles 2 270
Dynamical Characteristics of…
Ryosuke Shibuya Hardcover R1,521 Discovery Miles 15 210
Killer Instinct
Jennifer Lynn Barnes Paperback R295 R264 Discovery Miles 2 640
Linx Indiana CST 1020 Computer Study…
R2,399 R2,166 Discovery Miles 21 660
Management For Engineers, Technologists…
W.P. Nel Paperback R1,311 Discovery Miles 13 110
Mark Twain's Aquarium - The Samuel…
Samuel Clemens Hardcover R2,880 Discovery Miles 28 800
Lucretius on Creation and Evolution - A…
Gordon Campbell Hardcover R6,494 Discovery Miles 64 940
Kate Chopin in Context - New Approaches
Kate O'Donoghue, Heather Ostman Hardcover R3,127 Discovery Miles 31 270
Progressives, Pluralists, and the…
Marc Stears Hardcover R5,146 Discovery Miles 51 460
Egyptian Literature (Routledge Revivals…
E.A. Budge Hardcover R1,708 Discovery Miles 17 080

 

Partners