Van 2006 tot 2011 het dr. Dawie van Velden honderde lesers se
mediese vrae in Huisgenoot beantwoord. Die dokter as vennoot is 'n
versameling van dr. Dawie se reguit, eenvoudige antwoorde.
Beroerte, bloeddruk, aknee en seksuele disfunksie is van die
algemene mediese toestande wat dr. Dawie bespreek, maar seldsame
siektes soos Kawasaki-sindroom en Huntington se siekte word ook in
alledaagse Afrikaans verduidelik. Dr. Dawie van Velden glo dat die
dokter daar is om die publiek te help. Dit is waarom hy jare van sy
tyd gewy het aan mense se navrae aan Huisgenoot oor hulle
gesondheid, hulle lewens en hulle vrese. Met die boek op jou
koffietafel bly een van die gewildste huisdokters in Suid-Afrika
jou gesondheidsvennoot. Dr. Dawie van Velden praktiseer in
Pietersburg en Sabie waarna hy aansluit by die UOVS as Direkteur
van die Studentegesondheidsdiens. In 1984 word hy aangestel as
senior lektor aan die Universiteit van Stellenbosch waar hy die
Departement Huisartskunde vestig tot en met sy aftrede in 2003. Hy
ontwikkel ’n belangstelling in sportgeneeskunde en holistiese
gesondheidsorg en is betrokke by navorsing oor die
gesondheidsvoordele van matige wynverbruik en die Mediterreense
dieet.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!