Die kleuterjare is 'n tyd van ongeewenaarde groei en ontwikkeling.
Dis ook 'n tyd van woedeuitbarstings en konflik. As jy weet wat
normale kleutergedrag is, kan jy dit realisties, doeltreffend en
sonder skuldgevoelens hanteer. Jou kleuter leer deur sy sintuie -
om hom die beste leiding te gee, het jy hope sin-volle insig nodig.
Hierdie gewilde opvolg op Koester jou baba is pas bygewerk met die
jongste relevante navorsing en vertel jou alles oor: Hoe om jou
kind se unieke sensoriese profiel te herken en verstaan;
stimulering sonder om jou kind te oorlaai; slaaptydoplossings vir
elke ouderdom; dissipline met liefde en 'n sin vir humor; 'n
sinvolle benadering tot toiletgebruik; kleutervoeding en hoe om
kleuterfiemies te hanteer; ontwikkelingsmylpale en idees om
ontwikkeling aan te moedig; hoe om leergestremdhede te herken en
vroeg reeds aan te spreek.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!