Hoe en wat ons dink, het ’n geweldige invloed op ons verstandelike,
emosionele en selfs fisieke welsyn. Om die waarheid te sê, ons denke
kan ons beperk tot dit wat ons glo ons kan doen, of dit kan ons dinge
laat ervaar waarvan ons nooit kon droom nie. Wanneer ons ’n denkwyse
kies wat ons vermoëns verruim, sal ons groter intellektuele
satisfaksie, emosionele beheer en fisieke gesondheid ervaar. Die vraag
is net: Hoe?
Dr. Caroline Leaf gebruik wetenskaplike navorsing en Bybelse insig om
lesers te inspireer om beheer te neem van hulle gedagtes sodat hulle
sodoende beheer kan neem van hulle lewens. Hierdie praktiese boek bevat
die volgende:
- ’n 5-stap-leerprogram om geheue te verbeter en effektief te
leer
- ’n profiel om die unieke manier te ontdek waarop elke leser
inligting verwerk
- ’n gids om hulle gedagtewêreld optimaal te leer benut
Dr. Leaf wys lesers hoe om hierdie kragtige hulpmiddels te kombineer om
beter te vaar op die gebied van geheue, leer, intellektuele prestasie,
werkprestasie, fisieke prestasie, verhoudings, emosionele gesondheid en
– die belangrikste van alles – ’n lewe vol sin en betekenis te ervaar.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!