![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Books > Afrikaans > Geloof en Spiritualiteit
Wat Moet Ons Met Ons Kerk Doen? is 'n poging om te probeer verstaan waar ons as Afrikaners teologies vandaan kom, watter kragte en magte ons en ons Kerk gevorm het en hoe ons Kerk tans daar uitsien. Die N.G.Kerk was 'n belangrike en rigtinggewende rolspele in die opheffing van die Afrikaner na die Britse vergrype tydens en na die Tweede Vryheidsoorlog. Tans word die N.G.Kerk ervaar as 'n instansie wat ongevoelig teenoor die geestelike behoeftes van haar lidmate staan. Hierdie is 'n moet-lees boek vir:
Hierdie boek is die werklike woorde van Jesus. Jesus het in die Bybel baie met sy dissipels gepraat, maar daardie woorde is net so van toepassing vandag as wat dit was in daardie tyd. Die woorde van Jesus is gegroepeer in temas. Daardeur kan die leser meer leer oor die lesse wat die Here sy volk leer. Die eerste van sy soort in Afrikaans!
Dit is vir ons onmoontlik om God te verstaan, ons kan slegs klein glimpsies van sy karakter kry. Een manier is om God se Name te bestudeer. Esté Geldenhuys het breedvoerige navorsing gedoen oor God se Name, en die in hierdie boek belig sy die belangrikstes, van Elohim (Drie in een) tot El Roi (die Een wat sien). Sy bespreek die Naam self in Hebreeus, waar dit in Bybel voorkom, die betekenis daarvan, wat dit in ons alledaagse lewe beteken en ook hoe om dit te gebruik in gebed.
In hierdie versamelbundel is daar ‘n groep uiteenlopende mense gevra om elk ‘n onafhanklike essay te skryf na aanleiding van ‘n Bybelteks. Daar is skrywers, ekonome, musikante, akademici en joernaliste. Die enigste voorwaardes was dat dit persone moet wees wat nie meer kerklik betrokke en/ of ‘n dominee of teoloog is nie. Baie essays is bloot verhale, vertellings, reise of verduidelikings wat met ‘n teks verbind kan word. Ons almal is medereisigers in hierdie verbygaande wêreldse bestel. Kom ons luister met ‘n oop gemoed na mekaar. Dán staan ons ‘n kans om te verstaan, te begryp, eerder as om te oordeel. Van die bekende en bekroonde skrywers wat deelneem aan hierdie projek is onder andere Jurie van den Heever, Annelie Botes, Dana Snyman, Pik Botha, Heinz Modler, Lizette Rabe, Dawie Roodt, Rachelle Greeff, Piet Croukamp, Joan Hambidge, Koos Kombuis, Karin Brynard, Jean Oosthuizen, Christine Barkhuizen Le Roux, Lina Spies, Valda Jansen, Valiant Swart, Nathan Trantraal, Churchil Naude, Riku Lätti en Luke Alfred.
Gesinne is die belangrikste eenheid wat God daargestel het. God het pa’s gemaak om die priester, profeet en koning van die huis te wees en ’n voorbeeld vir hulle seuns te wees. Angus Buchan moedig pa’s in Pa's & Seuns aan om die verhouding met hulle seuns te slyp, te beskerm en te koester. Die boek moedig terselfdertyd ook seuns aan om hul verhouding met hulle pa te koester en so een van dié belangrikste gesinsbande te versterk. Temas wat in Pa's & Seuns bespreek word, sluit in: ’n pa se aanvaarding, rolmodelle, genade en respek, nederigheid teenoor hoogmoed, op- offering, wat maak iemand ’n pa en onversetlike liefde. Pa's & Seuns sal elke pa oortuig om die pa te wees wat God wil hê hy moet wees en wys watter ongelooflike impak dit op sy kinders sal hê.
Willie Esterhuyse is 'n produk en kind van Suid-Afrika; wereldbekend as denker, spreker en raadgewer vir staatsleiers. Sy passie vir reis bring hom uit by oerbeskawings waar hy godsdiens se geboorte sien. Tydens besoeke aan Malta raak hy vertroud met die eilandjie se onstuimige voorgeskiedenis en erfenisterreine. Hy ontdek veral die arena vir die konflik tussen Christene en Moslems, 'n kwessie wat vandag die wereld aan die praat en vrees het. In opvolg van, God en die gode van Egipte, en Die God van Genesis, sluit hy die trilogie af met Geagte Jahwe. Meesterlik besluit hy om direk 11 briewe te rig aan God op sy Bybelse noemnaam, Jahwe. Hierin kan Willie vlymskerp die kernsake van ons tyd oopsny en basiese lewensvrae oopboor, soos die stryd tussen gelowe, ineenstorting van samelewings. Hy bied ook rigting vir soekende denkers oor 'n ander kyk op God vir ons tyd. Willie daag ons uit om verder te dink: met die "gees van omgee" wat verby die stukkkend en seer kyk - na 'n wereld wat menslik en leefbaar vir almal is.
In Oktober 2015 het die Algemene Sinode van die NG Kerk ’n merkwaardige besluit oor selfdegeslagverhoudings geneem. Die besluit het erkenning gegee aan sulke verhoudings en dit vir predikante moontlik gemaak om gay en lesbiese persone in die eg te verbind. Ook die selibaatsvereiste wat tot op daardie stadium vir gay predikante gegeld het, is opgehef. Met hierdie besluit het die NG Kerk die eerste hoofstroomkerk in Suid-Afrika en Afrika geword wat totale gelykwaardige menswaardige behandeling van alle mense, ongeag seksuele oriëntasie, erken – en is gedoen wat slegs in ’n handjievol kerke wêreldwyd uitgevoer is. Die besluit het egter gelei tot groot konsternasie. Verskeie appèlle en beswaargeskrifte is ingedien, distriksinodes het hulle van die besluit distansieer, en in die media was daar volgehoue kritiek en debat.
In hierdie boek kyk Jean Oosthuizen krities na die NG Kerk se geskiedenis sedert Jan van Riebeeck se aankoms in die Kaap, tot waar die kerk vandag is. In sy bestaan van meer as 350 jaar het die NG Kerk en die Nasionale Party so verstrengel geraak dat die kerk as “die Nasionale Party in gebed” bekend gestaan het. Die teoloog Ferdinand Deist se voorspelling in die laat tagtigerjare dat die kerk sal ondergaan wanneer apartheid tot ’n einde kom, blyk vandag in die kol te wees. As instelling wat apartheid uit die Bybel geregverdig en verdedig het, het die kerk se vernietigende invloed nie alleen gemeenskappe in Suid-Afrika van mekaar vervreem nie – ook lidmate wat kritiese vrae gestel het, is na die periferie geskuif. Talle individue se menswaardigheid is geskend en verskeie loopbane is onder die dekmantel van Christenskap vernietig, soos die skrywer self kan getuig. Oosthuizen se blik strek egter wyer as sy ervaring toe hy in 2013 as nuusredakteur van Kerkbode geskors is ná die opspraakwekkende Woordfees-debakel. Sy reis vanuit die kerk se binnekring sluit die verhale in van gelowiges sowel as ongelowiges wie se paaie met die NG Kerk gekruis het. Die opkoms en ondergang van die NG Kerk bied ’n kontemporêre blik op die tragiese geskiedenis van ’n instelling wat deur die aandadigheid aan verontregting stelselmatig irrelevant geraak het.
’n Stil gemoed verskyn oorspronklik in 1993 in Engels onder die titel Tranquil Mind. Die eerste Afrikaanse uitgawe verskyn in 1997, en die tyd is dus ryp vir ’n heruitgawe. ’n Stil gemoed is ’n eenvoudige inleiding tot die Boeddhisme en meditasie. Die Boeddhisme is wesenlik ’n aantal metodes om met die verstand en gemoed om te gaan. As ons hierdie metodes verstaan en op ons lewens toepas, sal hulle ons inherente vermoe om innerlike vrede, erbarming en wysheid te ervaar laat ontplooi deur die potensiaal van ons gees te ontwikkel. Mediteerders in die Weste ervaar unieke probleme as gevolg van hul kulturele, sosiale en sielkundige agtergrond. Aan die hand van sy uitgebreide akademiese en praktiese ervaring stel die skrywer van hierdie inleiding die onderwerp bekend op ’n manier wat met die invloede rekening hou.
Soos die ganse Ou Testament afgestem was op die koms van die beloofde Messias, so is die Nuwe Testament afgestem op sy reële koms en die totstandkoming van die nuwe Israel. Die skrywer hou daarvan om die kronologie, tydvak en kulturele atmosfeer rondom ’n gebeurtenis of persoon te ondersoek en poog om die stof toeganklik te maak, met herkenbare raakpunte van die lewe vandag. Die daaglikse lewe en geografie in die wêreld van die Nuwe Testament word nagevors. Die universeel menslike dilemma word weerspieël in die tema van alle musiek en literatuur: Verloor, soek, vind. Die goue draad van die verlossingsgeskiedenis bly behoue tot waar dit aangegee word na die evangelieskrywers vir die krip in Betlehem en daarna aan die apostels van Christus, tot by die boek Openbaring.
Bybelse figure wat moes leer wat geloof as herinnering beteken, word as inspirasie binne die moderne samelewing gebruik. Ook wanopvattings oor genesing deur herinneringe word aan die kaak gestel deur te ondersoek wat herinneringe is. Hierdie insigte word binne die unieke Suid-Afrikaanse konteks gesitueer om die individu, asook die hele gemeenskap, van raad te bedien. In die slothoofstuk word praktiese voorstelle bespreek as riglyne vir diegene wat ander op die pad van die genesing van herinneringe wil help. Wanneer ’n familielid, vriend, kollega of kennis hulp nodig het, kan hierdie koersaanduidings van groot waarde wees. Ook diegene wat self moet genees van herinneringe word bystand verleen deur professionele aanbevelings.
Waarom glo mense dat die sterre en planete se posisies jou toekoms kan bepaal, of dat gesprekke met dooies moontlik is? Dis die soort vrae wat George Claassen in hierdie boek stel. George Claassen is dosent in wetenskapjoernalistiek aan die Universiteit Stellenbosch en die skrywer van die By-rubriek "Kwakoskoop" waarin hy vreesloos alle vorme van kwaksalwery onder die soeklig plaas. Hierdie teks bestaan uit vyftig hoofstukke waarin ’n verskeidenheid onderwerpe aangeroer word, van evolusie en die kartering van die menslike genoom tot supersnaarteorie en sieninge oor die ontstaan van die heelal.
In hierdie boek (nou beskikbaar in ’n gerieflike kleiner formaat) verskaf Jentezen Franklin aan jou die sleutels om jou lewe te verander deur die Bybelse gebruik van vas. Vas is vir Franklin en sy gemeente ’n belangrike gewoonte en een wat hulle jaarliks inspan. In Wanneer julle vas . . . wil hy jou help om te verstaan dat om te vas net so ’n belangrike geestelike aktiwiteit soos gebed is. Hy deel ook getuienisse oor die wonderwerke wat vas in sy gemeentelede se lewe bewerkstellig het. Hy bespreek die verskeie aspekte van vas sodat jy die krag daarvan in jou lewe kan ervaar, en sodoende ’n dieper, meer intieme verhouding met God kan geniet.
Van die vroegste tye af, word God se kinders gewaarsku teen vals
leraars. Ook in Paulus se tyd was daar oënskynlik
Neels Jackson, kerkjoernalis van byna 30 jaar, glo dat godsdiens grootliks gaan oor die nakoming van Jesus se oproep om Hom te volg. Vir hom het Jesus se liefde egter bepalende implikasies vir die gay debat. Sy empatie en liefde vir gay mense moet verstaan word in die lig van Jesus se onvoorwaardelike liefde vir die randfigure van sy tyd en hoe Hy teenoor die Fariseërs opgetree het. Die skrywer ontleed die sewe gaytekste in die Bybel binne die konteks waarin dit geskryf is en kom tot die slotsom dat dit niks met homoseksualiteit te doen het nie. Die skrywer vul sy argument aan met die behandeling van 'n aantal misverstande oor gaywees en gay mense, asook ander argumente wat gaywees as sonde veroordeel. Hy voer dan ook aan dat Jesus se verruiming van die wet, asook die verskerping van die wet, vir ons die riglyn moet wees.
'n Reis na innerlike vrede en wysheid - Hierdie 365 oordenkings verken elke aspek van die Gebed om kalmte en hoe jy dit daagliks op jou lewe kan toepas. Ons lewe is gejaagd. Ons omstandighede – goed en sleg – stoot ons hiernatoe en daarnatoe. Ons voel asof gebeurtenisse buite ons beheer ons lewe bepaal. Ons smag na vrede, na ’n plek waar veiligheid en rus is. As antwoord op hierdie soeke na vrede herinner die geliefde predikant en skrywer Trevor Hudson lesers aan die beproefde wysheid in die alombekende Gebed om kalmte: God, skenk my die gemoedskalmte, om die dinge te aanvaar wat ek nie kan verander nie, die moed om die dinge te verander wat ek kan, en die wysheid om te weet wat die verskil is. Hierdie 365 oordenkings verken elke aspek van hierdie gebed en hoe jy dit daagliks op jou lewe kan toepas. Namate jy die Gebed om kalmte gebruik as gids om elke dag in vriendskap met jou Here en Skepper te lewe, sal God se geskenk van vrede jou lewe vul en deur jou vloei waar jy jou ook al bevind. Elke oordenking word afgesluit met ’n praktiese voorstel hoe jy hierdie gebed elke dag kan uitleef. Só sal jou lewe ál meer op God gefokus word, en sal jy die innerlike vrede ervaar waarna jou hart smag. Trevor Hudson is ’n Metodistepredikant, en tans ook betrokke by The Institute for Creative Conversations by die Northfield Metodistekerk in Suid-Afrika. Trevor se bediening behels onderrig, die aanbied van lesings en naweekseminare dwarsoor die land, sowel as internasionaal. Hy is die skrywer van verskeie boeke, waaronder ’n Dieper verhouding met God, Gebed om kalmte en Vrae wat God ons vra.
Ons glo tog in God en in die Bybel, maar wat doen ons met tekste in Levitikus wat sê ons mag nie varkvleis eet nie en dan ons homoseksuele mans moet doodmaak? Die Bybel in fokus is 'n hulpmiddel om die Bybel krities maar gelowig te lees. Dit verduidelik struikelblokke in die lees van die Bybel en gee hulpmiddels hoe om van die struikelblokke ontslae te raak. Dit bied ons ook vastrapplekke om te begin om opnuut God se stem uit die Bybel te hoor.
Die bundel bevat artikels oor geloof en kerk in veranderende kontekste. Bydraes is deur teoloë van die Universiteit van Suid-Afrika en die Protestantse Teologiese Universiteit in Nederland gelewer en is die resultaat van samewerking tussen die twee universiteite op die gebied van praktiese en sistematiese teologie. Die fokus is op die verantwoordelikheid van die kerk teenoor armes, die aard en wese van die kerk, die Christelik Godsbegrip en die wyse waarop oor God in die prediking gedink en gepraat word. Van die boeiende bydraes is ’n vergelyking tussen armoede in Suid-Afrika en Nederland, verhale oor die wyse waarop regstellende aksie en werkloosheid Suid-Afrikaners se geloofsbelewenis raak en besinning oor die proses van kerkvereniging in die NG Kerk-familie. Daar is ook hoofstukke oor prediking en liturgie as uitdrukking van nadenke oor God en maniere waarop tot God gepraat word. Die wye verskeidenheid invalshoeke en onderwerpe maak van hierdie boek ’n interessante leeservaring vir sowel gewone lidmate as predikante en akademici.
In elke Christen se hart leef die versugting: “Here, help my om u stem te hoor! Leer my hoe om by U tot rus te kom.” Oomblikke van stilte, uit die pen van Lizette Murray, lei vroue om fyn te luister en te hóór – en in gehoorsaamheid op te staan en te dóén. Die 365 sielsverrykende oordenkings volg die spoor van Bybelfigure wat God heelhartig gevolg het, maar ook die twyfelaars en hardkoppiges. Vroue word met hulle eie geloofspad gekonfronteer: Met die dinge wat hulle van ’n gehoorsaamheidslewe weerhou; met verlies wat hulle stom en vertwyfeld laat, maar ook die verwondering wanneer hulle besef dat Christus Immanuel is – die God wat tussen ons leef. In Oomblikke van stilte ontdek vroue God se stem word nooit stil nie. Hy verlang dat gelowiges sal antwoord: “Praat, Here. Hier is ek. Ek luister.”
God wil vir elke mens ’n lewe van oorvloed gee; ’n lewe waarin ons elke dag diep bewus word van sy genade en seën wat oor ons skyn. Simfonie van seën is ’n viering van hierdie geskenk. Vroue kan ’n jaar lank saam met Milanie Vosloo stap en God se goedheid en seën elke dag in hulle lewe ervaar. Moed en krag in die-lewe-is-oorweldigend-tye, vertroosting in seerkry-tye, vreugde en blydskap in die-lewe-is-’n-lied-tye. Want God se wens vir elke vrou is dat sy gelukkig en vervuld sal wees.
God se liefde verander alles. Sy groot liefde omvrou alle aspekte van ons lewe. Wanneer ons ons harte vir Hom oopmaak, word die donker in en rondom ons keer op keer deurspoel met lig, sy lig, en met die krag van sy liefde wat ons omring. Die liefde kom ook in vele gestaltes. Die pad van die liefde is nie altyd gelyk nie en dit kom nie vanselfsprekend nie... Met hierdie boek nooi die outeurs jou uit om die vele maniere waarop God sy liefde aan jou bewys opnuut te ontdek en weer jou eie te maak. |
![]() ![]() You may like...
|