|
Books > Afrikaans > Geloof en Spiritualiteit
Vind krag, vrede en vreugde in God se teenwoordigheid terwyl jou geloof
groei deur hierdie 180 inspirerende oordenkings. Mini-oordenkings:
Groei in geloof sal jou herinner aan God se goedheid en liefde terwyl
jou geloof sterker word en jy vrugte dra tot sy eer.
• 184 eenkleur-bladsye.
• Sagteband.
• Kompakte grootte.
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel Mini Devotions: Growing in
Faith.
Smag jy na ’n meer vervullende huwelik? Is daar areas in jou verhouding
met jou man wat hoop en genesing nodig het? Die krag van ’n gelowige,
biddende vrou kan nie oorskat word nie. Stormie Omartian bied
verrykende insigte wat jou sal versterk en bemoedig terwyl jy vir jou
huwelik bid.
Die krag van ’n biddende vrou oordenkings se 100 dagstukke deur
topverkoper-outeur Stormie Omartian bied:
• Sielsverrykende oordenkings wat innerlike krag en vrede sal bring.
• Vars perspektief op die situasies en uitdagings wat jy elke dag in
die gesig staar.
• Gebede wat fokus op jou eie behoeftes, gebede spesifiek vir jou man
en gebede vir julle huwelik.
Wanneer jy jouself en jou man in gebed voor die Here bring, maak jy jou
lewe oop vir al die liefde, genade en voorsiening wat God oor julle kan
uitstort. Versterk julle huwelik deur elke dag die Heilige Gees se
leiding te soek.
Daar word soveel druk op mans geplaas om sterk, wyse leiers en
liefdevolle gesinsmans te wees. Daar is versoekings om elke draai en
elke nuwe dekade bring nuwe uitdagings mee. Tog is die waarhede van die
Skrif vandag nog geldig, en bied die wysheid van die Spreukeboek vir
mans onontbeerlike raad en leiding om goddelike mans, eggenote en pa’s
te wees.
Elkeen van die 30 kort en kragtige dagstukke in ’n Sterk man is wys
fokus op ’n gedeelte uit Spreuke, met ’n oordenking, vraag vir nadenke,
praktiese toepassing en gebed. Vince Miller se praktiese raad sal mans
help om vas te staan voor die belangrikste uitdagings waarvoor hulle
vandag te staan kom. Hy bespreek onder andere temas soos verhoudings,
besluitneming, seksuele versoeking, geestelike volwassenheid en die
krag wat woorde inhou.
’n Sterk man is wys sal mans bemoedig, uitdaag en ’n Bybelse fondament
gee wat hulle nodig het om in wysheid te groei.
• 30 dagstukke vir mans uit Spreuke.
• Elke dagstuk bied ’n oordenking, vraag vir nadenke, praktiese
toepassing en gebed.
• Plek vir notas en aantekeninge.
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel A Strong Man Is Wise.
God skram nie weg van ons dorings nie. Hy trek ons nader. Daar is 100
gewyde dagstukkies in Omhels wat aanklank sal vind by alle vroue en wat
’n goddelike perspektief op jou daaglikse kwessies bied. Geliefde
Bybelonderwyser, Lysa Terkeurst, deel haar eie stryd, vertwyfeling en
hartseer terwyl sy die pad na God se omhelsing uitwys - Jesus wat sy
arms wyd oopstrek aan die Kruis by Golgota om ons vir alle ewigheid te
omhels. Hierdie wonderlike en spesiale omhelsing beteken dat ons ons
lewe lank op Hom kan vertrou.
Terwyl jy hierdie skatkis van dagstukkies, Skrifgedeeltes en
gebedswenke lees, sal jy aangespoor en toegerus word om:
• nuwe maniere te leer om God se liefde te ervaar,
• jou diepste seerkry aan God oor te gee,
• te hoor hoe God intiem jou hart aanraak,
• die vrees dat God soms ver weg voel, af te skud,
• elke dag doelgerigte, begeleide tyd saam met Hom deur te bring.
Kenmerke sluit in:
• 100 oordenkings
• Skrifgedeeltes en gebedswenke
• Lint-merker om jou plek aan te dui
• 215 x 160 mm, hardeband
• 12-punt lettergrootte
Wie is Jesus vir jou? In die Bybel het Jesus baie Name: Herder, Koning,
Bruidegom, Immanuel, Verlosser ... Hierdie Name weerspieël sy karakter
en wys dat Hy sy kinders liefhet – ook vir jou.
Dink na oor wat hierdie Name vir jou beteken met Die Name van Jesus
inkleurboek. Die 45 ontwerpe vir volwassenes het elk ’n teksvers
waaruit die Naam geneem is. Die volblad-illustrasies is op
geperforeerde bladsye gedruk sodat dit maklik uitgeskeur kan word, met
vyf bladsye met boekmerke om in te kleur en te deel.
• 45 volblad-illustrasies van die Name van Jesus, waaronder Alfa en
Omega, Brood van die lewe, Bruidegom en Goeie Herder.
• 5 bladsye met boekmerke om in te kleur.
• Dik hoëkwaliteit-papier sodat enige medium gebruik kan word.
• Geperforeerde bladsye, net aan een kant gedruk, wat maklik uitgeskeur
kan word.
• Deel van Die Name van Jesus-produkreeks saam met ander
inkleur-produkte en kaartjies.
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel The Names of Jesus Coloring
Book.
Om werklik lief te wees vir ’n ander onvolmaakte mens is nie net ’n
romantiese gevoel nie, maar ’n daaglikse keuse. Maar wat moet jy doen
om daagliks liefde te gee en te ontvang? Waag dit om lief te hê
dagstukke wys huweliksmaats hoe om daardie keuse elke dag te maak.
Deur middel van 52 weeklikse uitdagings nooi hierdie jaar lange dagboek
julle uit om dieper in te gaan op die skriftuurlike beginsels van The
Love Dare. Dit sal julle verhouding met God en met mekaar verryk.
Kenmerke van hierdie dagboek sluit in:
• 365 dagstukke oor unieke eienskappe van ware liefde
• 52 uitdagings wat julle sal help om liefde in julle huwelik te bewys
• Tientalle spesifieke gebede wat jy vir jouself of jou huweliksmaat
kan bid.
• Vrae wat julle sal help om krities oor julle huwelik te dink.
• Meer as 100 Kyk dieper-gedeeltes vir persoonlike Bybelstudie.
Maak die beginsels in hierdie dagboek vir meer as 'n jaar deel van
julle lewe. Maak dit julle dapper, volgende tree na ’n leeftyd van
liefde.
Die Nuwe Lewende Vertaling (NLV) kombineer Skrifgetrouheid en
lesersvriendelikheid om die boodskap van die grondteks in eietydse
Afrikaans vir vandag se leser weer te gee.
Hierdie grootdruk-uitgawe met kunsleer-omslag beskik oor die volgende
kenmerke:
• Voetnote om begrip en kennis uit te brei
• 12 punt lettergrootte
• Dubbelkolom-uitleg
• 8 volkleur-kaarte
• Merklint
• Duimgrepe
• Verpakking: “Sleeve”
In hierdie tweede Suider-Afrikaanse uitgawe van Jesus Roep Jou: Geniet Vrede In Sy Teenwoordigheid, 'n 366-dagstukkieboek in Grootdruk, word jy uitgenooi om daagliks tyd in God se teenwoordigheid deur te bring. Deur middel van oordenkings en Skrifgedeeltes bring New York Times-topverkoperskrywer Sarah Young Jesus se boodskap van vrede na jou vandag, en ook elke dag.
Deur daagliks tyd te spandeer in die teenwoordigheid van ons Verlosser met die bekende en geliefde dagstukke in Jesus Roep Jou sal jy:
- Getroos voel deur woorde van hoop en bemoediging
- Verseker word van Jesus se oneindige liefde vir jou
- Onderskragende leiding gebaseer op die Skrif ontvang
- Jou geloof deur die lees van Bybelverse versterk
- Jesus daagliks ontmoet deur 'n oordenking gebaseer op God se Woord
Geskryf asof Jesus self direk met jou praat, nooi Jesus Roep Jou jou uit om vrede te ervaar in die teenwoordigheid van die Verlosser wat altyd by jou is.
As die hoof van die huis wat ook nog werkstres moet hanteer, kan dit
soms vir jou voel of jy die hele wêreld op jou skouers dra. Maar jy is
nie alleen nie. God is reg langs jou.
Die sakpas-Bybel met oordenkings vir mans bevat 366 daaglikse gedagtes
wat jou sal help om die daaglikse eise van die lewe te verruil vir God
se vrede namate dit jou leer om sterk te staan in jou geloof. Elke dag
bevat ’n versameling kernverse uit die Skrif en ’n kort oordenking oor
temas soos spanning, gesin, finansies, leierskap, sukses en wysheid.
Daar is ook ’n tematiese indeks om maklik antwoorde te kry oor kwessies
waaroor jy wonder.
Soms is dit maklik om te sien hoe God in jou lewe aan die werk is, en
ander kere het ’n mens ’n anker van hoop nodig.
Mini-oordenkings: Oomblikke van hoop se 180 kort, kragtige dagstukke
nooi vroue om stil te word by God en opnuut hoop te vind in Hom. Die
dagstukke fokus op hedendaagse kwessies soos gebedstye, tevredenheid,
tydsbestuur en verhoudings. Dit sal jou verhouding met God verinnig en
jou die moed gee om elke dag aan te pak in die wete dat Hy by jou is en
jou liefhet.
Dit is die ideale grootte om oral met jou saam te dra sodat jy enige
plek en enige tyd kan stilword by God.
• 180 kort, kragtige dagstukke vir vroue
• 184 eenkleur-bladsye
• Sakpas-grootte
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel Mini Devotions: Meaningful
Moments with God
Vir baie eeue het gelowiges oor die wêreld heen bekende gebede gebid om
God intiemer te leer ken. Die Ons Vader-gebed is so ’n gebed en ’n
geestelike skatkis vir elke Christen.
Gelowiges oraloor bid elke dag die Ons Vader. Maar is daar meer te put
uit hierdie geskenk van Jesus self? Becky Harling, skrywer en
Bybelonderwyser, het dieper gedelf in die Ons Vader en daardeur ’n
groter liefde vir Jesus en die Vader ontwikkel.
Ons Vader: 'n Studie Van Die Diep Waarhede In Jesus Se Modelgebed: 'n
6-week-Bybelstudie SB is ’n studie oor ses weke wat jou verhouding met
God versterk terwyl jy hierdie geliefde gebed in diepte bestudeer.
Ontdek ses lewensveranderende uitnodigings wat Jesus deur hierdie gebed
aan elke gelowige rig. Jesus nooi jou uit om:
• God as Vader te ken
• te aanbid
• jouself oor te gee
• met vertroue te vra
• vryheid te vind deur te vergewe
• oorwinnend te leef
Ons leef in ’n tyd van toenemende vrees, depressie, ontnugtering en
teleurstelling. Maar die Ons Vader-gebed bied genesing vir ons siele.
Bo en behalwe onderrig oor ons verhouding met God, leer die gebed ons
ook belangrike aspekte oor ons verhouding met ander.
Kom saam op ’n ontdekkingsreis deur die Ons Vader en maak God se vrede,
vertroue en standvastigheid jou eie.
In Jesus luister, 'n 366-dagstukkiegebedeboek, word jy uitgenooi om jou
verhouding te verdiep met die Een wat met oneindige liefde na jou
gebede luister.
Deur daagliks tyd in gebed saam met God deur te bring, sal jy:
• Leer hoe om te bid
• Jou gebedslewe verryk
• Ondervind hoe gebed jou hart en lewe verander
• Jou verhouding met God verdiep
• Vrede, vreugde en hoop vir moeilike tye vind
Kenmerke:
• 366 dae van gebed wat gebaseer is op die Bybel
• Met Skrifverwysings ná elke gebed
• 190 mm x 140 mm, hardeband, met 'n lint vir plekaanduiding
• 12-punt lettergrootte
Ontdek die vreugde van kreatiewe stilword by God!
My kreatiewe Joernaal-Bybel bevat die volledige teks van die Nuwe
Lewende Vertaling en ongeveer 400 woordkuns-teksverse om in te kleur.
Elke bladsy het breë kantlyne met óf ’n woordkuns-teksvers, óf lyntjies
waar gebede, notas en ander persoonlike inskrywings gedoen kan word.
Ervaar vrede, vernuwing en inspirasie in jou geloofslewe wanneer jy
stil word met die Woord van God en nadink oor die waarhede daarin
terwyl jy die woordkuns-verse inkleur.
• Volledige teks van die NLV in enkelkolom-uitleg
• Breë kantlyne met lyntjies spesiaal vir gedagtes, gebede, notas en
ander persoonlike inskrywings
• Ongeveer 400 woordkuns-teksverse
• Indeks van woordkuns-teksverse
• 8.5-punt lettergrootte
’n Pragtige nuwe uitgawe van die gewilde NLV-vertaling! Ideaal as
geskenk vir egpare.
Die Nuwe Lewende Vertaling kombineer Skrifgetrouheid met ’n dinamiese,
duidelike skryfstyl wat God se Woord kragtig oordra aan almal wat dit
hoor en lees. Dit dra die boodskap van die oorspronklike tale oor in
gemaklike Afrikaans. Die Nuwe Lewende Vertaling nooi lesers om die
Bybelse teks hul eie te maak en God se verhaal vir hul eie lewe en die
wêreld te ontdek. Dit beskik oor die volgende kenmerke:
• Volledige teks van die NLV met verduidelikende voetnote
• 10-punt lettergrootte
• Dubbelkolom-uitleg
• 8 volkleur-kaarte
• Kunsleer-omslag
• 1400 bladsye, silwergerand
• Merklint
• Duimgrepe
Die Nuwe Lewende Vertaling Super Grootdruk is die ideale Afrikaanse
Bybel vir lesers wat van ’n ekstra groot lettertipe hou.
Die Super Grootdruk-uitgawe bevat die volledige teks van die vertroude
Nuwe Lewende Vertaling. Dit kombineer Skrifgetrouheid en
lesersvriendelikheid om die boodskap van die grondteks in eietydse
Afrikaans vir vandag se leser weer te gee. Agt volkleur-kaarte is ook
ingesluit.
Hierdie Bybel beskikb oor die volgende kenmerke
• Verduidelikende voetnote
• 16.5-punt lettergrootte
• Dubbelkolom-uitleg
• Kunsleer-omslag
• 8 volkleur-kaarte
• Merklint
• Duimgrepe
Dit is normaal vir ouers om besorg te wees oor hulle kinders, veral as
dit by hulle geloof kom. Daarom is dit belangrik om seker te maak hulle
verstaan die Bybel en die belangrikheid daarvan sodat hulle hulle sterk
kan staan in daardie moeilike tienerjare en ook die uitdagings van die
volwasse lewe kan hanteer.
Die Bybel-Trivia Dagboek: 365 Dagstukke vir ’n Dag Vol Lig en Vreugde
bevat 365 dagstukke vol interessante Bybelse inligting wat tieners sal
uitdaag om die beginsels daarin ook in hulle eie lewe toe te pas. Deur
na te dink oor Skrifgebeure, geloofshelde, wonderwerke en Bybelse
plekke en gebeure, sal hulle nuwe insig kry in bekende Bybelgedeeltes.
Tieners sal ontdek dat niks in die Bybel onbelangrik is nie, maar dat
dit God se lewende Woord is wat hoop, vrede en lewe in oorvloed bied
vir elkeen wat dit lees.
• 365 oordenkings vir tieners
• Elke dag bevat ’n teksvers, ’n interessante vraag oor die Bybel en ’n
kort dagstuk om jong tieners te help om die regte antwoord te ontdek
• Dit bevat vrae oor Bybelverse, geloofshelde, wonderwerke en Bybelse
plekke en gebeure
• 384 eenkleur-bladsye
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel Bible Trivia Devotional
Keep your hunger for the Word alive with the Bread of Life Promises of
God Scripture Cards.
Place these Christian cards on your bedside table for morning and
evening reflection and quiet time with the Lord.
• Scripture promises for daily strength
• 106 x Double-sided Cards
• 6 colors (blue, green, lime, yellow, pink, and red) • Packaged in a
clear Perspex box with gold foil accents
• Box size: 75 x 55 x 29mm
Hoe naby is ons aan die eindtyd? As die oorloë en gerugte van oorloë,
hongersnode, aardbewings en vals christusse oral om ons jou daaroor
laat wonder, is hierdie kerngids vir jou!
Profesieë oor die eindtyd – ’n Kerngids hanteer 70 vrae oor die eindtyd
wat gereeld gevra word in ’n lesersvriendelike
vraag-en-antwoord-formaat. Amir Tsarfati en Barry Stagner gee
Skrifgebaseerde antwoorde op vrae wat die 7 grootste temas van
profesieë oor die eindtyd aanroer, wat insluit:
• Israel
• die kerk
• die wegraping
• die verdrukking
• die millennium
• die groot wit troon van oordeel
• die hemel
God se Woord bevat al die inligting wat gelowiges oor die eindtyd nodig
het. Profesieë oor die eindtyd – ’n Kerngids is ’n
gebruikersvriendelike hulpbron vir elkeen wat profesieë oor die eindtyd
beter wil verstaan.
Baie gelowiges hunker na ’n inniger verhouding met God en wil graag
geestelik meer groei. In 12 Sleutels tot geestelike groei span vier
bekende outeurs saam om vir gelowiges 12 Skrifbeginsels te gee wat ons
geloofslewe moet kenmerk. Dit is Skrifbeginsels wat God wil hê aan die
fondament van elke volgeling van Christus se
geloofslewe moet lê:
- Geloofsekerheid
- Groei
- Gehoorsaam
- Groepe
- Gawes
- Getuig
- Genade
- Gebed
12 Sleutels tot geestelike groei is ideaal vir persoonlike studie, maar
is so saamgestel dat ’n mens groter waarde daaruit sal kry as dit as ’n
handboek gebruik word vir kleingroepe.
Met die deurwerk van hierdie Bybelstudie sal lesers wonderlike groei en
geestelike verryking ervaar. Dit sal hulle ook aanmoedig om die Woord
beter te leer ken en meer vrug te dra in die Koninkryk.
Die Bybel in Praktyk is ’n unieke Studiebybel in Afrikaans wat die
Bybelleser sal help om sy kennis van en insig in die Woord van God te
verbreed én te verdiep. Hierdie Bybel met die volledige teks van die
Bybel in Afrikaans 1983/1992 bevat verklaringsnotas en aantekeninge wat
help om ’n Skrifgedeelte binne sy konteks te verstaan. Verder verskaf
dit belangrike agtergrond en historiese inligting, dit verduidelik
moeilike woorde en frases, en dit sluit ook kruisverwysings,
karaktersketse, kaarte, rubrieke en diagramme in, wat telkens op
dieselfde bladsy voorkom as die gedeelte waarop dit betrekking het.
Die mees uitstaande kenmerk van Die Bybel in Praktyk is veral sy
praktykgerigtheid: dit dra nie bloot feitelike Bybelkennis oor nie,
maar wys die Bybelleser hoe dit wat in die Bybel geskryf staan, praktyk
in sy lewe van elke dag kan word.
Die Bybel in Praktyk is ’n wetenskaplik verantwoorde werk, saamgestel
deur ’n paneel bekende teoloë volgens die jongste Bybeluitlegmetodes.
Dit wil gelowiges help om die Bybel beter te begryp, maar óók sy
daaglikse lewe daarvolgens te rig.
•9.5-pt lettergrootte
Ontdek God se beloftes vir jou lewe en ervaar hoe jou geloof daagliks
groei.
Die sakpas-Bybel met oordenkings vir vroue bevat 366 daaglikse gedagtes
wat jou sal help ontdek dat jy selfs in jou moeilikste oomblikke
waardig en sterk in God is. Elke dag bevat ’n versameling kernverse uit
die Skrif en ’n kort oordenking oor temas soos geestelike groei,
wysheid, moederskap, selfvertroue en om deur God gekies te wees. Daar
is ook ’n tematiese indeks om maklik antwoorde te kry oor kwessies
waaroor jy wonder. Die gerieflike grootte is ideaal vir jou handsak of
jou bedkassie.
Wanneer dit voel of alles vir jou te veel word, is God se getroue
beloftes daar om jou te verseker dat God getrou is en ons nooit in die
steek sal laat nie.
Die Skrifbeloftes in Beloftes van God vir vroue, ’n pragtige
sakpas-geskenkboekie met tweekleur-drukwerk, sal elke vrou lei en
verseker van God se beskerming en liefde. Die 30 temas – soos gebed,
konflikhantering, onderskeidingsvermoë, troos, vergifnis, vertroue en
vreugde – is alfabeties gerangskik sodat ’n tema maklik opgespoor kan
word.
• ’n Skrifgebaseerde sakpas-belofteboek vir vroue.
• 30 temas in alfabetiese volgorde.
• Tweekleur-drukwerk.
• Sagteband.
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel Promises from God for Women.
Hoe belangrik is vroue vir God? Vroue van die Bybel: 12 Studies Oor
Lewensbeginsels antwoord hierdie vraag deur na belangrike vroue in die
Ou en Nuwe Testament te kyk.
Deur die lewens van twaalf vroue – Eva, Sara, Mirjam, Ragab, Debora,
Rut, Hanna, Ester, die deugsame vrou, Marta en Maria, Maria die ma van
Jesus, en die bruid van Christus – te bestudeer leer lesers belangrike
lewenslesse rakende totale gehoorsaamheid aan God asook die mislukkings
wat spruit uit ongehoorsaamheid. Die Bybelvroue leer lesers ook hoe om
huishoudelike sake en kinderopvoeding te hanteer. In 12 weke met genoeg
studies vir vyf dae van die week bespreek hierdie Bybelstudie nuwe
temas om vroue se posisie voor die Here en sy plan te verstaan. Dit
bied ook antwoorde op moeilike vrae wat algemeen deur hedendaagse vroue
gevra word.
Vroue van die Bybel is ideaal vir vroue wat self ’n verhouding met die
Here wil ontwikkel.
• 12 weke met studies vir 5 dae van die week.
• ’n Interaktiewe studie wat belangrike, interessante skriftuurlike
punte inkorporeer.
• Dit bied ’n historiese perspektief op die karakters.
• Dit gee interessante feite oor die tyd waarin die karakters geleef
het.
Ontdek die vreugde van kreatiewe stilword by God!
My kreatiewe Joernaal-Bybel bevat die volledige teks van die Nuwe Lewende Vertaling en ongeveer 400 woordkuns-teksverse om in te kleur. Elke bladsy het breë kantlyne met óf ’n woordkuns-teksvers, óf lyntjies waar gebede, notas en ander persoonlike inskrywings gedoen kan word.
Ervaar vrede, vernuwing en inspirasie in jou geloofslewe wanneer jy stil word met die Woord van God en nadink oor die waarhede daarin terwyl jy die woordkuns-verse inkleur.
- Volledige teks van die NLV in enkelkolom-uitleg
- Lesersvriendelike 8.5 punt lettergrootte
- Breë kantlyne met lyntjies spesiaal vir gedagtes, gebede, notas en ander persoonlike inskrywings
- Ongeveer 400 woordkuns-teksverse
- Indeks van woordkuns-teksverse
Psalms nooi jou om daagliks jou hart voor God uit te stort. God wil hê
dat jy daagliks openlik en eerlik die goeie én slegte met Hom moet
deel. Dit is wat Psalms so besonders maak. Dit toon hoe die psalmiste
met God gepraat het toe hulle gelukkig en tevrede was met hoop in hul
harte, maar ook toe hulle bang, moedeloos, kwaad en alleen was.
In Psalms vir elke dag, 'n 365-dagstukkieboek, nooi Joyce Meyer jou om
saam met haar deur die baie bekende boek van Psalms te reis.
Dit sal jou:
• Nader aan Jesus bring, en
• Jou die geleentheid bied om die wysheid wat in Psalms opgesluit is,
jou eie te maak.
• Sakpasgrootte: 190 mm x 140 mm
• 376 pp
• Pragtige hardeband-boek met lint as boekmerk
• Lesersvriendelike fontgrootte en uitleg (in pantone-kleur)
|
You may like...
Becoming
Michelle Obama
Hardcover
(6)
R791
R679
Discovery Miles 6 790
|