![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Books > Afrikaans > Geloof en Spiritualiteit
In hierdie boek spel die skrywer die noodsaaklikheid van gebed uit. Hy skryf oor die voordele en krag en die positiewe uitwerking op die persoon wat gereeld en getrou gebede uit die Bybel bid. Arthur gee aan die leser ook goeie wenke oor hoe om hierdie gebede prakties uit te voer en te verpersoonlik en hoe om seen oor ander uit te spreek. Die boek sluit 27 gebedsonderwerpe in wat volgens behoeftes gerangskik is.
Die Bybelverse in hierdie boek sal jou elke dag, 'n hele jaar lank, herinner aan al die wonderlike dinge wat God vir jou beplan. Dit is so gesond vir jou gees soos 'n daaglikse vitamienpil vir jou liggaam! Elke vers sal jou geloof versterk en jou meer hoop vir jou lewe gee. Dis die mees positiewe manier om jou dag mee te begin (of eindig), kort en maklik om te onthou. Elke vers word deur een woord tematies saamgevat. Hierdie temas is alfabeties gerangskik sodat jy vinnig 'n antwoord uit die Skrif kan naslaan volgens jou behoefte. Of jy kan die boekie na willekeur oopmaak en vertrou dat die spesifieke bladsy 'n hemelse boodskap net vir jou bevat. God wil vir vroue se dat geluk by Hom begin. Maak die waarheid deel van jou sisteem – soos om 'n vitamienpil in te sluk. Dit sal jou troos en bly maak, sodat jy enigiets wat oor jou pad kom, sal kan hanteer.
Dit is belangriker om te weet hoe om te lewe as om die korrekte belydenis te vind. Die sin van die Christelike geloof is nie soseer dat dit ’n rustige verblyf in ’n hiernamaals waarborg nie, maar dat ons hier in liefde teenoor mekaar kan leef en van hierdie wereld ’n beter plek kan maak. Bekende filosofie professor – en gelegitimeerde predikant – Anton van Niekerk, praat openlik oor hoe ons geloof met rede kan versoen.
Wag! Nee! Moenie dit se nie! Wie het nie al die heeltemal verkeerde ding op die verkeerde tyd gese nie? Gedragskundige Deborah Smith Pegues weet dat elke verspreking probleme kan veroorsaak in persoonlike en besigheidsverhoudings. Daarom wys sy mense hoe om hul tong vir hulle te laat werk in plaas van teen hulle. Pas op wat jy se! bestaan uit 30 hoofstukke wat lesers sal help om ’n ongetemde liggaamsdeel te verander in ’n waardevolle bate. Lesers sal leer hoe om: op te hou om die verkeerde ding op die verkeerde tyd op die verkeerde manier te se; woorde te spreek wat ander sal opbou; die slaggate en gevolge van leuens, vleitaal, skinder en oordrywings te vermy. Kort staaltjies, selfondersoekende vrae en Bybelsgebaseerde riglyne maak elke hoofstuk ’n lewens- en tongveranderende ervaring. Elke hoofstuk sluit ook af met ’n praktiese bevestiging wat die leser uitdaag om die beginsels in die boek uit te leef.
Met geen arms of bene nie, was Nick Vujicic elke boelie se droom. Hy ken daardie gevoel wat jou maag laat pyn, die nagmerries laat kom en iemand laat voel asof daar geen hoop is nie ... Maar sy boodskap is dat jy dit kan oorkom, want geen boelie kan vir jou se wie jy is nie. In Staan jou man wys hy vir lesers hoe om ’n beskermingstrategie teen boelies op te bou sodat hulle kan opstaan teen boelies van enige aard. Hierdie boek sal jongmense onder meer leer om: die feit dat hulle geboelie word in ’n positiewe ervaring te omskep; vir hulle ’n veilige ruimte te skep; sterk waardes te vestig wat geen boelie kan skud nie; internet-boelies te hanteer; ’n sterk geestelike fondament te vestig wat kan staan teen boelies; na hulle eie emosies te kyk en hulle reaksies te beheer; ander wat geboelie word te help. Staan jou man is ideaal vir elkeen wat wil opstaan teen wreedheid – hetsy teen hulself of die vir wie hulle lief is. Nick Vujicic is elke boelie se droom ... Hy verstaan beter as enigiemand hoe dit voel as ander op jou pik. Maar hy het daarteen opgestaan en vandag leer hy ander hoe om hierdie traumatiese ervaring te bowe te kom. Staan jou man sal elke jongmens die bemoediging en praktiese raad gee wat hulle nodig het om sonder vrees deur hul daaglikse lewe te gaan.
Indien u 'n slagoffer of oortreder van molestering, verkragting en/of pornografie is, moet u beslis hierdie boek lees. Dit kan met enige persoon van enige ouderdom, geslag, klas, nasie en ras gebeur. Gewillige seksuele oortreding soos owerspel, prostitusie en pornografie is van die oudste sondes wat aan die mens bekend is - prostitusie word gereken as een van die oudste "beroepe" in die wereld. Vanuit dit, het molestering en verkragting voortgespruit wat onder geweldsmisdaad sorteer. In ons moderne era, met al die organisasies, wette en strawwe wat in plek is om sulke oortreders mee te straf, is dit aan die toeneem, veral a.g.v. van die internet. Dit is een van die enkel grootse oorsake vir die toename in veral kinder handel, verkragting en molestering. Gereeld word wereldwye sindikate oopgevlek wat hierby betrokke is, wat gesiene mense in die samelewing insluit. Net soos dwelms, raak baie mense - nie net mans - verslaaf aan hierdie misdryf en kan hulself, in die meeste gevalle, nie beheer nie. In hierdie boek, ontbloot ons die kern van hierdie misdryf wat die mens hieraan verslaaf maak. Die skriftuurlike kennis van die waarheid maak vry, so ook in hierdie verband. Elke slagoffer van hierdie wandade, sal verstaan hoe om waarlik vry te raak en in geestelike oorwinning te leef.
Ons leef in 'n stukkende, gebroke wereld. Maar selfs in hierdie wereld is daar oral flentertjies vreugde, liefde, hoop en selfs geloof. Die sleutel is om te weet hoe om betrokke te raak en hoe om 'n helpende hand uit te steek. Volgens UNICEF en ander bronne is daar nagenoeg 2 miljoen weeskinders in Suid-Afrika, maar tussen April 2010 en Maart 2012 is slegs 2 013 kinders aangeneem. Daar word geskat dat daar in 2015 ongeveer 5.2 miljoen vigswesies gaan wees. Dit is ’n werklike probleem in ons land wat ons nie meer kan ignoreer nie. Lina du Plessis is een van daardie juweelmense wie se vingerafdrukke lewenslank op jou hart rondlê. Van 2006 af is Lina betrokke by twee pleegsorghuise in Pretoria. Van 2009 tot onlangs woon sy as pleegouer in een van die huise. Flenterkinders is ’n versameling van Lina se belewenisse en verhale wat sy bymekaar gemaak het in die tyd wat sy by die versorging van weeskinders betrokke was. Hierdie kort sketse oor weeskinders en die vreugdes van pleegsorg word met humor en deernis vertel. Dit vertel vanuit verskillende hoeke aangrypende verhale van God se goedheid. Hierdie boek open nuwe vensters op God se genade wat die leser sprakeloos sal laat en hulle sal aanspoor om God op nuwe maniere aktief te begin dien.
Dit het mode geword om die kerk te kritiseer. As ’n mens jou op van die kritiek moet verlaat, het die kerk, in besonder die Afrikaanse kerke, geen geloofwaardigheid meer nie. En tog is daar steeds elke Sondag honderdduisende Afrikaanse mense in die kerk . . . Neels Jackson, bekende godsdiensskrywer en redakteur van die Kerkbode, is een van die mense, en in Ek kies steeds die kerk beskryf hy die vyf hoofredes waarom hy steeds in die kerk bly. Die boek bevat die beste van sy rubrieke wat verskyn het in Beeld, Rapport, By en e-Hervormer, en vier so 20 jaar se in-diepte verslaggewing oor kerksake en geloof. ’n Paar hoogtepunte is sy onderhoude met bekendes soos Bobby Fischer, Yolanda Dreyer, Hashim Amla, Isak Burger, biskop Desmond Tutu en Adriaan Vlok.
Daar is niemand – geen groter leier of beter rolmodel – by wie ons meer kan leer as by Jesus Christus nie. Hy het die afgelope 2000 jaar ’n groter invloed as enige ander mens op die wêreld gehad, en sal die toekoms net soveel beïnvloed. In die Nuwe Testament van die Bybel leer ons Hom ken deur die oë van die Evangelieskrywers. In Soos Jesus volg ons die navorsingsroete om meer van die misterie van Jesus, die mens, te probeer ontdek. Ons klem in hierdie boek val spesifiek nie op die wat ons van kleintyd af van Jesus weet – op sy Goddelikheid, sy liefde, sy vergifnis, sy wonderwerke, sy nederigheid, sy opoffering of sy passie nie. Ons wou daardie X-Faktor probeer pel wat Hom as mens so uitsonderlik gemaak het en dat mense van die 21ste eeu nog steeds verbyster staan. Dit is wat ons met hierdie boek wil regkry. Ons gebruik die Bybel om ’n idee te vorm van wat Jesus geleer en gedoen het, soos wat die Evangelieskrywers Hom vir ons teken. Jesus het in ’n ander tyd en wêreld as ons geleef, en mense wonder soms of ons regtig nog sy voorbeeld in ons hedendaagse lewe kan toepas. Maar in plaas van om Jesus se wêreld met ons s’n te vergelyk, moet ons eerder vra wat is die beginsel agter die gebeur in die Bybel wat on vandag kan toepas om in Jesus se voetspore te volg. Dis na die beginsels wat ons in hierdie boek soek.
Hoeveel beskermengele is daar per persoon? Word mense engele wanneer hulle sterf? Waarvandaan kom engele? Wat is hul aandeel in die geesteswereld? Engele by ons is 'n interessante studie oor engele en beantwoord die mees algemene vrae oor hierdie geestelike wesens. Dit beskryf verskeie persoonlike ontmoetings met engele, waarna die skrywer fokus op wat die Bybel oor engele se. Sy tref ’n duidelike onderskeid tussen goeie en slegte engele en sluit ook afdelings oor drome, visioene en gesigte, die kwessie van beskermengele, gebedsverhoring en engele en spiritualiteit in.
As 'n kinderarts, het die skrywer by baie moeilike geboortes bygestaan, die ontwikkeling van babas ondersteun en hulle behandel toe hulle siek, ondervoed of benadeel was deur die nalatigheid en die onnadenkende optrede van volwassenes. In DIE WONDER VAN DIE NUWE GEBOORTE beskrywe hy die ooreenkomste tussen die natuurlike geboorte en die Geestelike geboorte en ontwikkeling. Net soos 'n kind nie normaal kan ontwikkel as hy/sy nie behoorlik gevoed word nie, of benadeel word deur ongesonde substansies waarteen hy/sy beskerm moes word, is Geestelike ondervoeding en vergiftiging alomteenwoordige gevare vir diegene wat van honger vergaan sonder die Woord van God of blootgestel word aan ongoddelike geestelike ondervindinge. Gelukkig is die Woord lewendig en kragtiger as enige medisyne wat nodig mag wees. Heb 4:12
Hierdie nuwe boek fokus op die vele maniere waarop vrees die gelowige se lewe kan beinvloed en hoe om hierdie verskillende vrese te oorkom. Benescke Janse van Rensburg behandel die vele fasette van vrees aan die hand van 'n inspirerende, ware storie uit iemand se lewe. Oorkom Jou Vrees is nie net 31 daaglikse oordenkings vir die individu nie, maar kan ook dien as 'n Bybelstudieboek vir groepe. Die skrywer verskaf Bybelverwysings en besprekingsvrae by elke hoofstuk, wat verdere studie en bespreking moontlik maak, asook 'n gebed wat leiding kan gee aan die leser se eie gesprek met God. Hierdie boek vorm deel van Benescke se passie om God se Woord en beloftes op 'n kreatiewe en relevante manier met ander te deel. Sy verseker haar lesers daarvan dat, ongeag wat die situasie is, jy vreesloos kan leef met die wete dat God steeds wonderwerke doen.
Ignatius Smit sterf by geboorte op Woensdag, 3 Maart 1982 op Katima Mulilo in Namibie se Kaprivistrook. Omdat Ignatius se ouers die sendingpaar is, word hy begrawe op 'n afgelee plek in 'n bos, naby die graf van magistraat Trollop wat aan koors in Barotsiland gesterf het. Sy ma sukkel om sy dood te verwerk, omdat sy as geestelike leier verantwoordelik voel vir die vertroosting van die dorpsmense, wat net so platgeslaan is deur sy onverwagte dood. Jare later haal sy onverwekte dood haar in. Hierdie is haar, Leonette, se verhaal. Dis 'n verhaal van verlies en die verwerking daarvan, wat grootliks afspeel binne die militêre milieu - waarvan grenslewe 'n groot komponent is. Baie jare later kry sy vertroosting deur berading en musiekterapie van 'n orrelsimfonie van Saint-Saens. Dit gee vir haar 'n visualisering van Ignatius se lewe na die dood. So kry sy volkome bevryding vir haar pynlike smart.
Vreesloos gehoorsaam verwoord 'n goue draad wat deur Naude se hele loopbaan vleg en ook neerslag vind in sy preke, waarin hy dikwels sy gehoor oproep om "nie te vrees nie". Reeds in sy Inleiding eerste preek ('n Adventspreek in Desember 1939) neem hy as teksvers Lukas 2:10, waar ons die woorde van die engel lees: "Moenie vrees nie, want kyk, ek bring julle 'n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk sal wees." En in 1960, 'n waterskeidingsjaar in Naude se lewe, die jaar van die sluipmoordaanslag op doktor Verwoerd, die Cottesloe-beraad en die gewelddadige en noodlottige Sharpevilleopstand teen die gehate paswette, sluit hy 'n preek oor die tema "Gehoorsaam – Aan wie?" met die volgende persoonlike getuienis af: "[E]k het 'n vader gehad wat ons as sy kinders geleer het dat die mens sy grootste gehoorsaamheid altyd aan God verskuldig is: 'n gehoorsaamheid wat getuig moet word aan Sy Woord. 'Wie Gods Woord gehoorsaam, hoef niks te vrees nie' ".
Soveel mense probeer God in 'n boksie plaas van wie hulle dink Hy moet wees. In Die God wat ek leer ken het bied Arnold Mol sy insigte en interessante perspektiewe op die God van die Bybel. Elke hoofstuk in Die God wat ek leer ken het kyk na 'n spesifieke onderwerp, onder meer: God se soewereiniteit; sy genade; sy Vaderskap; sy heerlikheid. Die skrywer lig spesifieke verse uit die Bybel uit waarvolgens hy sy geloof en pad saam met God gerig het en wys so vir lesers hoe hulle ook hierdie bemoediging uit die Bybel kan ontdek. Die boek is ook deurweef met persoonlike getuienisse en praktiese verhale wat die heerlikheid van God openbaar. Die God wat ek leer ken het is 'n getuienis van die dinge oor God wat die outeur ontdek het deur sy geestelike ervaring en hoe dit deel kan word van elke gelowige se reis.
Dit maak nie saak of jou huwelik op pad na 'n oorwinning is, in ernstige moeilikheid is of selfs net 'n halftyd-motiveringspraatjie nodig het nie. Jy sal baie goeie raad in Gelukkige maat, gelukkige huwelik kry om 'n sterk en suksesvolle huwelik te bou. Pat en Ruth Williams baseer die boek op die volgende beginsels: seen jou huweliksmaat; bou mekaar op; deel jou ware self; raak jou maat aan in liggaam en gees. Pat en Ruth moedig mans aan om die beste leiers, minnaars en luisteraars te wees en bemagtig vroue om die beste vennote en spelers in 'n wen-verhouding te wees. Tesame met die vrae vir oordenking sal die boek paartjies help om vas te byt ten spyte van die lewe se uitdagings. Gelukkige maat, gelukkige huwelik beklemtoon die noodsaaklikheid daarvan om 'n Christus-gesentreerde huwelik te ontwikkel en daarmee vol te hou. |
![]() ![]() You may like...
Writing Queer Identities in Morocco…
Tina Dransfeldt Christensen
Hardcover
R3,180
Discovery Miles 31 800
|