Soveel mense probeer God in 'n boksie plaas van wie hulle dink Hy
moet wees. In Die God wat ek leer ken het bied Arnold Mol sy
insigte en interessante perspektiewe op die God van die Bybel. Elke
hoofstuk in Die God wat ek leer ken het kyk na 'n spesifieke
onderwerp, onder meer: God se soewereiniteit; sy genade; sy
Vaderskap; sy heerlikheid. Die skrywer lig spesifieke verse uit die
Bybel uit waarvolgens hy sy geloof en pad saam met God gerig het en
wys so vir lesers hoe hulle ook hierdie bemoediging uit die Bybel
kan ontdek. Die boek is ook deurweef met persoonlike getuienisse en
praktiese verhale wat die heerlikheid van God openbaar. Die God wat
ek leer ken het is 'n getuienis van die dinge oor God wat die
outeur ontdek het deur sy geestelike ervaring en hoe dit deel kan
word van elke gelowige se reis.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!