0
Your cart

Your cart is empty

Browse All departments
Price
  • R0 - R50 (26)
  • R50 - R100 (33)
  • R100 - R250 (213)
  • R250 - R500 (30)
  • R500+ (16)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Christianity > Afrikaans

Wat Moet Ons Met Ons Kerk Doen? (Afrikaans, Paperback): Jurie van den Heever Wat Moet Ons Met Ons Kerk Doen? (Afrikaans, Paperback)
Jurie van den Heever 1
R50 R42 Discovery Miles 420 Save R8 (16%) Ships in 5 - 10 working days

Wat Moet Ons Met Ons Kerk Doen? is 'n poging om te probeer verstaan waar ons as Afrikaners teologies vandaan kom, watter kragte en magte ons en ons Kerk gevorm het en hoe ons Kerk tans daar uitsien.

Die N.G.Kerk was 'n belangrike en rigtinggewende rolspele in die opheffing van die Afrikaner na die Britse vergrype tydens en na die Tweede Vryheidsoorlog. Tans word die N.G.Kerk ervaar as 'n instansie wat ongevoelig teenoor die geestelike behoeftes van haar lidmate staan.

Hierdie is 'n moet-lees boek vir:

  • Lidmate wat ons Kerk graag wil help om 'n gesonde, geestelike tuiste vir Suid-Afrikaners van die 21ste eeu te bied.
  • Die klakkelose napraters van die dogma wat dink ons Kerk is steeds op die regte pad.
  • Die plastiekpredikante van die radio en televisie wat met eentonige reëlmaat soetsappige, sogenaamd godsdienstige, pleisters plak.
  • Diegene wat reeds ons Kerk tot die ashoop van die geloof verdoem het.
Die Woorde Van Jesus (Afrikaans, Paperback): Die Woorde Van Jesus (Afrikaans, Paperback)
R110 R91 Discovery Miles 910 Save R19 (17%) Ships in 5 - 10 working days

Hierdie boek is die werklike woorde van Jesus.

Jesus het in die Bybel baie met sy dissipels gepraat, maar daardie woorde is net so van toepassing vandag as wat dit was in daardie tyd. Die woorde van Jesus is gegroepeer in temas. Daardeur kan die leser meer leer oor die lesse wat die Here sy volk leer.

Die eerste van sy soort in Afrikaans!

Terreur in Kaboel (Afrikaans, Paperback): Hannelie Groenewald Terreur in Kaboel (Afrikaans, Paperback)
Hannelie Groenewald
R230 R198 Discovery Miles 1 980 Save R32 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Dit is die verhaal van ’n vrou wat haar familie in ’n terreuraanval verloor. Dit vertel van ’n gelowige wat in gehoorsaamheid leef, net sodat die mat onder haar uitgeruk kan word. Die boek sal die leser aanmoedig om die werklike koste van ons geloof te bereken, na te dink oor die karakter van God en ons identiteit as Sy kinders. Hannelie se verhaal is ’n merkwaardige getuienis van ’n lewe in geloof en die krag van vergifnis.

Hykie Berg: My Storie van Hoop (Afrikaans, Paperback): Hykie Berg, Marissa Coetzee Hykie Berg: My Storie van Hoop (Afrikaans, Paperback)
Hykie Berg, Marissa Coetzee
R200 R172 Discovery Miles 1 720 Save R28 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Hykie Berg is ’n bekende film- en TV-akteur, geliefd en gewild reg oor Suid-Afrika. Hy is ook 'n verslaafde. Op die kruin van sy suksesloopbaan verloor Hykie alles en draai by die dood om. Hier vertel hy sy verhaal openhartig, van die dwelmhole van Hillbrow tot in 'n maksimum-sekuriteitsel in die Weskoppies-hospitaal, waar God hom van 'n gewisse dood red. Hykie nooi jou uit om te onthou dat God se liefde ook vir jou bedoel is, en dat, al doen ons wat, God ons nie laat gaan nie.

My Stryd Met ADHD - Die Onsigbare Oorlog (Afrikaans, Paperback): Hykie Berg My Stryd Met ADHD - Die Onsigbare Oorlog (Afrikaans, Paperback)
Hykie Berg
R220 R165 Discovery Miles 1 650 Save R55 (25%) Ships in 7 - 11 working days

Hykie vertel in rou eerlikheid van sy stryd met ADHD. Van 'n weerlose seuntjie wat nie kon stilsit nie tot 'n jong man wat in Weskoppies opgeneem word en alles verloor. Hykie ondersoek die hele fenomeen van ADHD – hoeveel diagnoses daar gemaak word, hoe die medikasie ontstaan het, die samestelling en die newe-effekte daarvan. Hykie wys dat medikasie nie die enigste antwoord is nie. Hykie gee ook waardevolle raad aan Christene oor hoe om mense wat aan geestessiektes lei te ondersteun.

Koeke en Terte - Aanvaar Mekaar se Uniekheid (Afrikaans, Paperback): Susan Coetzer Koeke en Terte - Aanvaar Mekaar se Uniekheid (Afrikaans, Paperback)
Susan Coetzer
R220 R189 Discovery Miles 1 890 Save R31 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Koeke en terte gee jou skreeusnaakse wenke oor die verskille tussen mans en vroue en verskillende tipe vroue. Dit is geskik vir almal wat ’n goeie humorsin het – en veral vir hulself kan lag. Susan takel ernstige onderwerpe soos dat jy as vrou is goed genoeg is, jy nie so hard op jouself moet wees nie en jy is genoeg vir God net soos jy is. Sy help jou om jouself te leer waardeer en jou eie gawes te ontwikkel en om by jouself en ander te leer. 

Bet-El (Afrikaans, Paperback): Helena Hugo Bet-El (Afrikaans, Paperback)
Helena Hugo
R220 R189 Discovery Miles 1 890 Save R31 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Daniël met sy horrelvoet en sy ongeneeslike begeerte na die meisie wat hom verraai het, het die goeie weg gekies, waarvoor hy liefde en toewyding van sy vrou Anna ontvang. Anna, die verstandige en opregte, sy wat so begeer dat haar man net moet sê hy het haar lief ...

Dit is twee jaar voor die Anglo-Boereoorlog uitbreek. Daar egter ook konflik aan die oplaai in die betrokke families: tussen broer en broer, man en vrou, minnares en minnaar, kind en ouer.

Soos vandag, was die mens se ergste stryd meer as ’n eeu gelede ook nie teen vlees en bloed nie maar teen die magte van geldgierigheid, geweld, wraak, magsug en eerloosheid. Versoening tussen broers en nasies – wat die mens meesal uitstel tot dit te laat is – is die grootste genade. Daarom bly die vrede en liefde hom ontwyk.

Op daardie pynlike aand voor die mans oorlog toe vertrek, weet geliefdes wat mekaar dalk nooit weer sal sien nie net dit: God sal sy kinders seën, hulle wat naby Hom bly.

Laat U Naam Geheilig Word - Leer Ken 24 Van God Se Name (Afrikaans, Paperback): Este Geldenhuys Laat U Naam Geheilig Word - Leer Ken 24 Van God Se Name (Afrikaans, Paperback)
Este Geldenhuys
R270 R232 Discovery Miles 2 320 Save R38 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Dit is vir ons onmoontlik om God te verstaan, ons kan slegs klein glimpsies van sy karakter kry. Een manier is om God se Name te bestudeer. Esté Geldenhuys het breedvoerige navorsing gedoen oor God se Name, en die in hierdie boek belig sy die belangrikstes, van Elohim (Drie in een) tot El Roi (die Een wat sien). Sy bespreek die Naam self in Hebreeus, waar dit in Bybel voorkom, die betekenis daarvan, wat dit in ons alledaagse lewe beteken en ook hoe om dit te gebruik in gebed.  

Pa's & Seuns - Jou Verlede Bepaal Nie Jou Toekoms Nie (Afrikaans, Paperback): Angus Buchan Pa's & Seuns - Jou Verlede Bepaal Nie Jou Toekoms Nie (Afrikaans, Paperback)
Angus Buchan
R90 R66 Discovery Miles 660 Save R24 (27%) Ships in 10 - 15 working days

Gesinne is die belangrikste eenheid wat God daar­gestel het. God het pa’s gemaak om die priester, profeet en koning van die huis te wees en ’n voor­beeld vir hulle seuns te wees.

Angus Buchan moedig pa’s in Pa's & Seuns aan om die ver­houding met hulle seuns te slyp, te beskerm en te koes­ter. Die boek moedig terself­dertyd ook seuns aan om hul ver­houding met hul­le pa te koester en so een van dié belangrikste gesins­bande te ver­sterk.

Temas wat in Pa's & Seuns be­spreek word, sluit in: ’n pa se aanvaarding, rol­modelle, genade en respek, nederigheid teen­oor hoogmoed, op- of­fering, wat maak iemand ’n pa en onversetli­ke liefde.

Pa's & Seuns sal elke pa oortuig om die pa te wees wat God wil hê hy moet wees en wys watter ongelooflike impak dit op sy kinders sal hê.

Kolossense - 'n Bybelstudie (Afrikaans, Paperback): Riekert Botha Kolossense - 'n Bybelstudie (Afrikaans, Paperback)
Riekert Botha
R89 R74 Discovery Miles 740 Save R15 (17%) In stock

Van die vroegste tye af, word God se kinders gewaarsku teen vals leraars. Ook in Paulus se tyd was daar oënskynlik
vals leraars in die Kolossense-gemeente. Daarom het Paulus aan die gemeente geskryf om die waarheid omtrent
Jesus Christus te bevestig sodat hulle enige misleiding sou kon herken.

In Kolossense – ’n Bybelstudie ondersoek Riekert Botha die identiteit van Christus in ’n vers-vir-vers bespreking
van hierdie Bybelboek. Die 10 studies gee agtergrond oor Paulus se verhouding met die gemeente, asook die redes
vir sy brief aan hulle. Elke hoofstuk eindig met vrae en aan die einde van die Bybelstudie is daar ’n diagram om meer
as 25 eienskappe van Jesus wat in die brief voorkom, in te vul. Daar is ook ’n blokkiesraaisel met die name van die
persone wat in die brief genoem word. Hierdie Bybelstudie is vir groepe of individue.

Die Metodiste gesangboek (Afrikaans, Hardcover, 3rd Ed): Die Metodiste gesangboek (Afrikaans, Hardcover, 3rd Ed)
R125 R104 Discovery Miles 1 040 Save R21 (17%) Ships in 5 - 10 working days
Openbaring Ontsluit (Afrikaans, Paperback): Riekert Botha Openbaring Ontsluit (Afrikaans, Paperback)
Riekert Botha 1
R179 R148 Discovery Miles 1 480 Save R31 (17%) In stock

Hoeveel mense het al Openbaring gelees en alles verstaan? Tog se Riekert Botha Openbaring kan verstaan word. Die sleutel le in een spesifieke vraag: "Wat het Openbaring beteken vir die eerste mense aan wie dit geskryf was?" Riekert kyk in Openbaring ontsluit na die volgende aspekte wat vorm gee aan hierdie Bybelboek: Wie was die oorspronklike ontvangers van die boodskap?; Wat was die omstandighede waarin hulle geleef het?; Watter spesiale behoeftes of sake het moontlik aanleiding gegee tot die skrywe van die boek?; Wat was God se boodskap aan daardie mense in daardie tydvak en spesiale omstandighede? Riekert bespreek dan die boodskap aan die sewe gemeentes en die sewe visioene in Openbaring teen hierdie agtergrond. Openbaring ontsluit bied ’n verrassende, vars perspektief op die laaste boek in die Bybel. Dit is ideaal vir elkeen wat ’n verstaanbare uitleg van Openbaring wil he.

Geagte Jahwe (Afrikaans, Paperback): Willie Esterhuyse Geagte Jahwe (Afrikaans, Paperback)
Willie Esterhuyse
R50 R42 Discovery Miles 420 Save R8 (16%) Ships in 5 - 10 working days

Willie Esterhuyse is 'n produk en kind van Suid-Afrika; wereldbekend as denker, spreker en raadgewer vir staatsleiers. Sy passie vir reis bring hom uit by oerbeskawings waar hy godsdiens se geboorte sien. Tydens besoeke aan Malta raak hy vertroud met die eilandjie se onstuimige voorgeskiedenis en erfenisterreine. Hy ontdek veral die arena vir die konflik tussen Christene en Moslems, 'n kwessie wat vandag die wereld aan die praat en vrees het. In opvolg van, God en die gode van Egipte, en Die God van Genesis, sluit hy die trilogie af met Geagte Jahwe. Meesterlik besluit hy om direk 11 briewe te rig aan God op sy Bybelse noemnaam, Jahwe. Hierin kan Willie vlymskerp die kernsake van ons tyd oopsny en basiese lewensvrae oopboor, soos die stryd tussen gelowe, ineenstorting van samelewings. Hy bied ook rigting vir soekende denkers oor 'n ander kyk op God vir ons tyd. Willie daag ons uit om verder te dink: met die "gees van omgee" wat verby die stukkkend en seer kyk - na 'n wereld wat menslik en leefbaar vir almal is.

Die Opkoms En Ondergang Van Die NG Kerk (Afrikaans, Paperback): Jean Oosthuizen Die Opkoms En Ondergang Van Die NG Kerk (Afrikaans, Paperback)
Jean Oosthuizen
R260 R208 Discovery Miles 2 080 Save R52 (20%) Ships in 5 - 10 working days

In hierdie boek kyk Jean Oosthuizen krities na die NG Kerk se geskiedenis sedert Jan van Riebeeck se aankoms in die Kaap, tot waar die kerk vandag is. In sy bestaan van meer as 350 jaar het die NG Kerk en die Nasionale Party so verstrengel geraak dat die kerk as “die Nasionale Party in gebed” bekend gestaan het. Die teoloog Ferdinand Deist se voorspelling in die laat tagtigerjare dat die kerk sal ondergaan wanneer apartheid tot ’n einde kom, blyk vandag in die kol te wees.

As instelling wat apartheid uit die Bybel geregverdig en verdedig het, het die kerk se vernietigende invloed nie alleen gemeenskappe in Suid-Afrika van mekaar vervreem nie – ook lidmate wat kritiese vrae gestel het, is na die periferie geskuif. Talle individue se menswaardigheid is geskend en verskeie loopbane is onder die dekmantel van Christenskap vernietig, soos die skrywer self kan getuig.

Oosthuizen se blik strek egter wyer as sy ervaring toe hy in 2013 as nuusredakteur van Kerkbode geskors is ná die opspraakwekkende Woordfees-debakel. Sy reis vanuit die kerk se binnekring sluit die verhale in van gelowiges sowel as ongelowiges wie se paaie met die NG Kerk gekruis het. Die opkoms en ondergang van die NG Kerk bied ’n kontemporêre blik op die tragiese geskiedenis van ’n instelling wat deur die aandadigheid aan verontregting stelselmatig irrelevant geraak het.

Weerlose Weerstand - Die Gaydebat in die NG Kerk (Afrikaans, Paperback): Andre Bartlett Weerlose Weerstand - Die Gaydebat in die NG Kerk (Afrikaans, Paperback)
Andre Bartlett
R210 Discovery Miles 2 100 Ships in 10 - 15 working days

In Oktober 2015 het die Algemene Sinode van die NG Kerk ’n merkwaardige besluit oor selfdegeslagverhoudings geneem. Die besluit het erkenning gegee aan sulke verhoudings en dit vir predikante moontlik gemaak om gay en lesbiese persone in die eg te verbind. Ook die selibaatsvereiste wat tot op daardie stadium vir gay predikante gegeld het, is opgehef. Met hierdie besluit het die NG Kerk die eerste hoofstroomkerk in Suid-Afrika en Afrika geword wat totale gelykwaardige menswaardige behandeling van alle mense, ongeag seksuele oriëntasie, erken – en is gedoen wat slegs in ’n handjievol kerke wêreldwyd uitgevoer is. Die besluit het egter gelei tot groot konsternasie. Verskeie appèlle en beswaargeskrifte is ingedien, distriksinodes het hulle van die besluit distansieer, en in die media was daar volgehoue kritiek en debat.

Mia - 'n Ma Se Storie Van Verlies En Hoop (Afrikaans, Paperback): Mariska Robberts Mia - 'n Ma Se Storie Van Verlies En Hoop (Afrikaans, Paperback)
Mariska Robberts
R220 R189 Discovery Miles 1 890 Save R31 (14%) In stock

Mia en haar gesin gaan hou vakansie in Stellenbosch. Die gesin in 'n motorongeluk waarin Mia sterf. Die verhaal gaan oor hoe haar ma Mariska haar pyn en hartseer verwerk en haarself vergewe. Maar ook oor nuwe lewe en jou lewe se herstel en terugbymekaar probeer kry na die dood van jou kind.

Uit Die Beek 2021 - 365 Dagstukkies (Afrikaans, Paperback): Barend Vos Uit Die Beek 2021 - 365 Dagstukkies (Afrikaans, Paperback)
Barend Vos
R215 R165 Discovery Miles 1 650 Save R50 (23%) Ships in 7 - 11 working days

Uit die Beek 2021 lui ’n nuwe reeks van hierdie klassieke Bybeldagboek in. Die oogmerk is om die Bybel binne die volgende klompie jare deur te lees. Vanjaar verskyn Uit die Beek weer uit die pen van die skrywer Barend Vos en soos altyd poog ons om die Bybel op ’n verantwoordelike manier te lees. Dit maak hierdie geliefde Bybelse dagboek soos altyd geskik vir persoonlike stiltetyd, vir huisgodsdiens en vir Bybelstudiegroepe. Maar mag die Gees van God ons help om God se arms om ons te voel. 

Boodskappe uit God se hart... om te treur met 'n reenboog vol hoop (Afrikaans, Paperback): Granger E. Westberg Boodskappe uit God se hart... om te treur met 'n reenboog vol hoop (Afrikaans, Paperback)
Granger E. Westberg
R16 R13 Discovery Miles 130 Save R3 (19%) Ships in 5 - 10 working days
Geloof in 'n Tyd Soos Hierdie (Afrikaans, Paperback): Jan Du Rand Geloof in 'n Tyd Soos Hierdie (Afrikaans, Paperback)
Jan Du Rand
R199 R164 Discovery Miles 1 640 Save R35 (18%) Ships in 10 - 15 working days

’n Bevestiging van basiese geloofswaarhede, en hoop en bemoediging om geloof doelgerig uit te leef.

Aardverwarming en natuurrampe. Geweldsmisdaad. Politieke onsekerheid en korrupsie. Armoede en werkloosheid. Is God regtig nog in al hierdie dinge? Kan ons ten spyte van al hierdie dinge nog in God glo?

In Geloof in ’n tyd soos hierdie nooi Jan du Rand die vuisvoos, bekommerde en teleurgestelde mens om weer by die begin te begin: om verseker te word God is wie die Bybel sê Hy is, en dat Hy tot aan die einde van tyd ten volle in beheer is van sy skepping.

Jan du Rand bevestig basiese geloofswaarhede, en bied bemoediging om geloof doelgerig uit te leef. Hy bied hoop vir donker dae. Want deur te leef wat ons glo, ervaar ons lewensvervulling en bereik God sy doel in ons lewe – ongeag hoe die wêreld lyk.

199 Gunsteling Bybelverse vir Ma's (Afrikaans, Paperback): 199 Gunsteling Bybelverse vir Ma's (Afrikaans, Paperback)
R49 R41 Discovery Miles 410 Save R8 (16%) Ships in 10 - 15 working days

199 van die bekendste en mees geliefde teksverse sal elke dag hoop en bemoediging bied.

199 van die bekendste en mees geliefde teksverse sal elke dag hoop en bemoediging bied.

Al leef ons in ’n tyd waarin die Bybel met die druk van ’n knoppie beskikbaar is, is dit steeds belangrik om God se Woord in ons hart te bewaar. Die spesiaal uitgesoekte teksverse in die 199 Gunsteling Bybelverse vir ma’s sal hulle inspireer om juis dit te doen. Die versameling teksverse is tematies gerangskik, kan maklik gememoriseer word en is ’n bemoedigende en inspirerende manier om elke dag te begin.

Ook beskikbaar in Engels onder titel 199 Favorite Bible Verses for Mothers.

Gebede Wat God Altyd Verhoor (Afrikaans, Paperback): Stephan Joubert Gebede Wat God Altyd Verhoor (Afrikaans, Paperback)
Stephan Joubert
R140 R116 Discovery Miles 1 160 Save R24 (17%) Ships in 10 - 15 working days

Waarom verhoor God sekere gebede, maar “ignoreer” ander? Dit is ’n eeue oue vraag. Is dit omdat God wispelturig is, of steek daar meer in ons gebedslewe as wat ons dink?
In Gebede wat God altyd verhoor ondersoek Stephan hierdie vraag aan die hand van die volgende punte:

1. ’n Diepgaande ontleding van die volledige boek Habakuk.
2. ’n Ondersoek na die geheime tot ’n effektiewe gebedslewe.
3. ’n Bybelse handleiding vir gebed met ruimte vir persoonlike nadenke.

Deur ’n epiese gebedsreis saam met die profeet Habakuk, deel Stephan Joubert die geheime tot ’n kragtige en effektiewe gebedslewe.

Die Genesing Van Herinneringe (Afrikaans, Paperback): Daniel Veldsman Die Genesing Van Herinneringe (Afrikaans, Paperback)
Daniel Veldsman
R139 Discovery Miles 1 390 Ships in 10 - 15 working days

Bybelse figure wat moes leer wat geloof as herinnering beteken, word as inspirasie binne die moderne samelewing gebruik. Ook wanopvattings oor genesing deur herinneringe word aan die kaak gestel deur te ondersoek wat herinneringe is. Hierdie insigte word binne die unieke Suid-Afrikaanse konteks gesitueer om die individu, asook die hele gemeenskap, van raad te bedien. In die slothoofstuk word praktiese voorstelle bespreek as riglyne vir diegene wat ander op die pad van die genesing van herinneringe wil help. Wanneer ’n familielid, vriend, kollega of kennis hulp nodig het, kan hierdie koersaanduidings van groot waarde wees. Ook diegene wat self moet genees van herinneringe word bystand verleen deur professionele aanbevelings.

Wanneer Julle Vas ... (Afrikaans, Paperback): Jentezen Franklin Wanneer Julle Vas ... (Afrikaans, Paperback)
Jentezen Franklin
R150 R124 Discovery Miles 1 240 Save R26 (17%) In stock

In hierdie boek (nou beskikbaar in ’n gerieflike kleiner formaat) verskaf Jentezen Franklin aan jou die sleutels om jou lewe te verander deur die Bybelse gebruik van vas.

Vas is vir Franklin en sy gemeente ’n belangrike gewoonte en een wat hulle jaarliks inspan. In Wanneer julle vas . . . wil hy jou help om te verstaan dat om te vas net so ’n belangrike geestelike aktiwiteit soos gebed is.

Hy deel ook getuienisse oor die wonderwerke wat vas in sy gemeentelede se lewe bewerkstellig het. Hy bespreek die verskeie aspekte van vas sodat jy die krag daarvan in jou lewe kan ervaar, en sodoende ’n dieper, meer intieme verhouding met God kan geniet.

Die Bybel In Fokus - Hoe Om Gelowig En Denkend Te Lees (Afrikaans, Paperback): Louis Jonker, Ernst Conradie, Jan Botha Die Bybel In Fokus - Hoe Om Gelowig En Denkend Te Lees (Afrikaans, Paperback)
Louis Jonker, Ernst Conradie, Jan Botha
R250 R215 Discovery Miles 2 150 Save R35 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Ons glo tog in God en in die Bybel, maar wat doen ons met tekste in Levitikus wat sê ons mag nie varkvleis eet nie en dan ons homoseksuele mans moet doodmaak? Die Bybel in fokus is 'n hulpmiddel om die Bybel krities maar gelowig te lees. Dit verduidelik struikelblokke in die lees van die Bybel en gee hulpmiddels hoe om van die struikelblokke ontslae te raak. Dit bied ons ook vastrapplekke om te begin om opnuut God se stem uit die Bybel te hoor.

Die Wapenrusting Van God (Afrikaans, Paperback): Priscilla Shirer Die Wapenrusting Van God (Afrikaans, Paperback)
Priscilla Shirer
R179 R148 Discovery Miles 1 480 Save R31 (17%) In stock

’n 7-week-aksieplan om oorwinning te behaal in die geestelike stryd. Daar woed elke dag, die hele dag lank, ’n onsigbare oorlog om vroue. Dit kan nie gesien of gehoor word nie, maar dit kan in elke aspek van ’n mens se lewe gevoel word. ’n Toegewyde, bose vyand wil chaos veroorsaak in alles wat vir ’n vrou saak maak: haar hart, gedagtes, huwelik, kinders, verhoudings, drome en toekoms. Maar sy oorlogsplan behels dat hy haar onverhoeds en ongewapen moet vang. In die Bybelstudie Die wapenrusting van God, deur New York Times-topverkoperouteur en motiveringspreker Priscilla Shirer, word vroue met behulp van Skrifstudie en besprekingsvrae toegerus met die wapenrusting van God, waarvan gebed die belangrikste is. Die wapenrusting van God is meer as net ’n Bybelse beskrywing van ’n gelowige se wapenrusting; dit is ’n 7-week-aksieplan om oorwinning te behaal in die geestelike stryd. Ook beskikbaar in Engels onder die titel Armor of God.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Hart tot Hart
Kobus van der Westhuyzen Paperback R260 R224 Discovery Miles 2 240
Die Liefdesboek - God Se Liefde Vir Ons…
Christine Ferreira, Marielle de Vos Paperback R195 R168 Discovery Miles 1 680
Oomblikke van Stilte
Lizette Murray Hardcover R199 R164 Discovery Miles 1 640
Simfonie van Seen
Milanie Vosloo Paperback R199 R164 Discovery Miles 1 640
Vanuit Die Hart
Rolene Strauss Hardcover R169 R140 Discovery Miles 1 400
Twee Kinders Later
Charme Kriel Paperback R230 R198 Discovery Miles 1 980
Uit die Beek 2020: 365 Dagstukkies
Barend Vos Paperback R195 R168 Discovery Miles 1 680
100 Dae van Dankbaarheid
Francine Prins Paperback R195 R168 Discovery Miles 1 680
Wanneer Woorde Ontbreek - Hoe om te…
Braam Klopper Paperback R190 R164 Discovery Miles 1 640
Boomwortels in die Hemel
Pierre du Plessis Paperback R225 R194 Discovery Miles 1 940

 

Partners