![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Christianity > Afrikaans
Ignatius Smit sterf by geboorte op Woensdag, 3 Maart 1982 op Katima Mulilo in Namibie se Kaprivistrook. Omdat Ignatius se ouers die sendingpaar is, word hy begrawe op 'n afgelee plek in 'n bos, naby die graf van magistraat Trollop wat aan koors in Barotsiland gesterf het. Sy ma sukkel om sy dood te verwerk, omdat sy as geestelike leier verantwoordelik voel vir die vertroosting van die dorpsmense, wat net so platgeslaan is deur sy onverwagte dood. Jare later haal sy onverwekte dood haar in. Hierdie is haar, Leonette, se verhaal. Dis 'n verhaal van verlies en die verwerking daarvan, wat grootliks afspeel binne die militêre milieu - waarvan grenslewe 'n groot komponent is. Baie jare later kry sy vertroosting deur berading en musiekterapie van 'n orrelsimfonie van Saint-Saens. Dit gee vir haar 'n visualisering van Ignatius se lewe na die dood. So kry sy volkome bevryding vir haar pynlike smart.
In Dink reg, leef met vertroue, die heel eerste geskenkboek-reeks van sy soort in Afrikaans, het topverkoperskrywer Joyce Meyer ’n inspirerende boodskap: ‘God het ’n groter plan met jou lewe as wat jy ooit kan dink.’ Joyce is die skrywer van meer as 70 inspirerende boeke en in hierdie geskenkboek bespreek sy hoe ’n positiewe gesindheid en vertroue in God jou kan lei na ’n lewe van hoop. Sy moedig lesers aan om elke dag positief te wees, ongeag van hul omstandighede. Deur die Een te ken wat weet wat die toekoms vir ons inhou kan ons elke negatiewe ding in ’n positiewe glimlag omskep. God is getrou en het ’n plan met elke een van ons se lewe. Dink reg, leef met vertroue is verdeel in ses afdelings: Die krag van positiewe denke; die stryd teen denke; ’n hart wat hinder; die krag van ’n nuwe hart; die krag van ’n positiewe hart; neem God se gesindheid aan. Die lewe kan vol negatiewe dinge wees, maar Dink reg, leef met vertroue sal lesers aanmoedig om positief te leef. Dit sal hul leer om God se gesindheid aan te neem. Wanneer ons leer om positief op God en al sy beloftes te fokus, sal ons enige hindernis kan oorkom!
Verlies. Dit is 'n woord wat baie mense vrees en waarvan baie min mense kan wegkom. 'n Tragiese ongeluk het drie generasies van Jerry Sittser se familie geeis en hom agtergelaat met 'n ongelooflike gevoel van verlies. In die stilte van verlies gaan nie net oor een man se hartseer nie. Dit is eerder 'n blik op die verliese waaronder baie mense ly en die genade wat ons verander. Sittser verduidelik dat dit nie soseer gaan oor dit wat met mense gebeur as dit wat binne hulle gebeur wat uiteindelik hulle lewe kenmerk wanneer siekte, egskeiding of die verlies van 'n geliefde hulle tref nie. Die boek het ook interessante besprekingsvrae wat lesers op 'n persoonlike vlak sal aanraak en voorsiening maak vir dieper self-evaluasie. In die stilte van verlies help lesers om ter midde van pyn en hartseer weer boodskappe van hoop, empatie en vreugde te vind.
Hoe is dit moontlik dat sommige mense ware vreugde in hul daaglikse bestaan kan ervaar - selfs te midde van moeilike omstandighede - terwyl vreugde ander mense bly ontwyk, maak nie saak hoe hard hulle soek nie? Is 'n lewe gevul met ware vreugde ooit moontlik? Die antwoord is ja! En dit is moontlik vir elke vrou, ongeag haar omstandighede. In Kies vreugde wys Kay Warren vroue wat vreugde werklik is, waar om dit te vind en hoe om vir vreugde te kies in goeie en slegte tye. Sy verduidelik dat ware vreugde 'n makliker bereikbaar is as wat mense dink. Elke hoofstuk van Kies vreugde sluit af met 'n gebed en vrae om oor na te dink vir elke vrou op haar eie of saam met vriendinne. Kies vreugde sal alle vroue bemagtig om te verstaan dat ware, lewegewende vreugde elke dag binne hulle bereik is.
Elizabeth George se 'n Dogter na God se hart bied inspirerende en praktiese raad vir elke ma wat haar dogter wil leer om 'n goddelike lewe te lei. Elizabeth lei ma's in die ontwikkeling van hulle dogters se geestelike lewe, maar wys ook hoe hulle hul dogters se hele lewe as prioriteit moet beskou. Sy wys ma's onder andere: hoe om 'n geestelike voorbeeld te stel; hoe belangrik dit is om vir haar dogter te bid; hoe om haar dogter te leer oor God se Woord en hoe waardevol hulle kerklewe kan wees; hoe om haar dogter se sosiale groei aan te help. Vrae en doelwitte aan die einde van elke hoofstuk sal ma's aanmoedig en help om beginsels by hul dogters tuis te bring. Elke ma sal in 'n Dogter na God se hart nuwe maniere ontdek om die verhouding met haar dogter te versterk en haar voor te berei om 'n vrou na God se hart te word.
Die meeste van ons lewe asof more nog 'n dag is. Asof daar nog baie tyd is om die dinge te doen en te se wat ons weet ons moet. Maar dan, skielik, word die fast forward-knoppie gedruk en jou lewensverwagting word drasties ingekort. Jy besef vandag kan my laaste wees. More kom dalk nooit. Skielik kyk jy met nuwe oe na die lewe. Jy sien die broosheid van jou bestaan raak. Jy tel jou seeninge en kyk met dieper insig na jou foute. Jy leer om te vergewe en om vrede te vind. Jy word die mens wat jy weet jy al lankal veronderstel was om te wees. In hierdie boek deel Joost van der Westhuizen - met die oog op 'n nalatenskap aan sy twee kinders, Kylie en Jordan - die 99 lewenswaarhede waarmee sy siekte hom gekonfronteer het. Hy gesels oor dinge soos: Hoe kosbaar jou gesondheid is; hoe om die beste van elke dag te maak; hoe belangrik dit is om vir jouself te lag; watter groot rol die regte gesindheid speel; hoe belangrik geloof is.; en hoe om jouself te aanvaar. Stap les vir les saam met Joost deur sy lewe en leer hoe om ook joune met dieper insig en waardering te leef.
Hierdie bundel is 'n versameling uit die keur van Marzanne Leroux-Van der Boon se essays wat die afgelope agt jaar in Leef met hart en siel verskyn het. Haar vertellings is kort sketse oor die lewe wat handel oor al die dinge wat ons lewens inkleur, soms met sagte pastelle, en soms met harder hale. Dit vertel van die weerloosheid van die mens, maar ook van hoop en vertroue. Dit beskryf die uitdagings wat die lewe ons bied, maar ook die vertroosting van die Here se liefde en genade wanneer ons dit die nodigste het. Dit teken die afwagting en onsekerheid van reis en verhuis, die kommer en chaos van siekte en dood, maar ook die teenwoordigheid en die voorsiening van die Een wat ons hartseer laat bedaar en ons soms ’n dubbelporsie van sy goedheid gee, sodat ons blymoedig van blydskap kan dans.
In Jou laaste selfhelp boek word al die kwessies en nog aangespreek. Die leser se transformasie word as 'n projek aangepak wat bestuur moet word. Dan word jy uiteindelik perfek geposisioneer om die reis na die ontdekking van die outentieke jy aan te pak. Die boek sal jou met nuwe oe na die lewe laat kyk. Dit sal jou opnuut opgewonde maak oor die krag wat in jouself en God se wil vir jou lewe opgesluit le. Jy sal perspektief kry op jou plek in die heelal en leer om dankbaar te wees. Jy sal die kans kry om 'n kwaliteit lewe te leef.
Dis maklik om te dink dat geloof nie meer in vandag se lewe 'n plek het nie. Danksy modern tegnologie en wetenskap is daar verklarings vir alles. Harde bewys. Niemand kan meer stry nie. Hoe moet jy jouself, en ander oortuig dat geloof werklik is? Is daar nog plek waarvoor in ons bestaan? Hennie Stander deel grepe uit sy lewe om die werklikheid van God se teenwoordigheid te illustreer.
Die gedagte aan die hemel as 'n plek in die lug, erens daarbo, pas natuurlik nie lekker in ons modern wereldbeeld nie. Ons weet vandag, in teenstelling met die mense van eeue gelede, dat die aarde nie plat is en op pilare staan nie. Vandag weet ons die aarde is rond en dat die hemel nie maar erens ver bokant ons is nie. Bo is tog vir hulle in die teenoorgestelde rigtings as wat bo vir ons is.
Miljoene mense ken die glimlag en inspirerende boodskap van Nick Vujicic. Nick het, ten spyte van uitdagings, besluit om te fokus op die belofte dat hy met 'n unieke en spesifieke doel geskape is. Hy het besluit dat hy onstuitbaar kan wees. Om onstuitbaar te wees, beteken jy moet glo in jouself, jou talente, jou doel, en die meeste van alles, God se groot liefde en sy goddelike plan vir jou lewe. In onstuitbaar kyk Nick na moeilike omstandighede wat baie mense vandag moet deurmaak, onder meer persoonlike krisisse, verhoudingsprobleme, loopbaan-uitdagings, gesondheidsprobleme, verslawings en emosioneel-afbrekende gedagtes. Deur stories uit sy eie lewe en die ervarings van ander, verduidelik Nick hoe almal wat 'n ongelooflike lewe wil hê op hierdie probleme kan reageer en onstuitbaar kan word.
Oorgewig, lui, ongedissiplineerd en moeg. Dit beskryf miljoene mense - mans en vroue wat te gefrustreerd is om God en hulle gesinne te dien omdat hulle liggaam en denke hulle in die steek laat. In Gesond.Gelukkig.Sonder giere! gee gesondheidskrywer Lisa Morrone 'n praktiese, maklik deurvoerbare plan vir almal om hulle energievlakke te herstel en hulle natuurlike lus vir die lewe terug te kry. Hierdie gesondheidsplan is daarop gemik om 'n persoon se lewenswyse te verander deur op sewe spesifieke areas te fokus: gewigsverlies, voeding, postuur, krag, soepelheid, breinkrag en ontspanning. Die boek bied ook praktiese voorbeelde wat maklik verduidelik word met sketse, foto's en voorbeelde in tabelvorm. Gesond.Gelukkig.Sonder giere! sal 'n langtermyn-verandering in 'n persoon se lewe teweegbring wat sal voortduur omdat die dryfkrag daaragter 'n groter doelwit het - 'n beter verhouding met God, jou gesin en vriende.
In Verskuif jou grense bespreek Hannes Burger hoe Jesus Hom nie laat inperk het deur mensgemaakte reels wanneer Hy besig was met God se werk nie. So het Hy onder andere die grense van godsdienstige reels deurbreek, maatskaplike grense wanneer Hy uitgereik het na die randfigure van die samelewing, en rassegrense deur die Samaritane as gelykes te behandel. As dissipels van hierdie grootste Grens-deurbreker van alle tye is ons ook grens-deurbrekers. Maar ons het die leiding van die Heilige Gees nodig om saam met Jesus grense oor te steek soos: die grens van beheer oorgee oor ons eie lewe en godsdiens; die grens van doen wat die evangelie verkondig; die grens van sonde die grens van jou eie agtergrond; grense in jou verhoudings en sosiale strukture. Verskuif jou grense herinner gelowiges aan hul roeping: om onbevrees en in alle opsigte in ons Here se voetspore te volg.
Ons probeer so hard om die persoon te wees wat ander mense verwag, dat ons dikwels onsself verloor. In haar boek In lig en lewe herinner die bekende Retah McPherson ons dat net God en ons weet wie ons regtig is. Met 101 oordenkings beklemtoon sy dat ons eers in gees en waarheid met God moet verbind voordat ons werklik sal weet wie ons is. Die oordenkings is in 10 tematiese afdelings ingedeel wat onder andere die volgende insluit: die Vaderhart van God (hoe jy God sien) jy is 'n kind in die Vader se huis (jou identiteit as Christen); breek die bindings (breek los van sonde); voorbeelde van bidders uit die Bybel (mans en vroue uit die Bybel wie se lewens groot wendings geneem het as gevolg van gebed). In lig en lewe laat ook ruimte waar gelowiges persoonlike gedagtes kan neerskryf in hulle daaglikse reis in God se lig terwyl hulle verhouding met God van krag tot krag gaan.
In hierdie splinternuwe dagstukkieboek wat in grootdruk verskyn, skryf die geliefde skrywer Hennie Symington oor kwessies waarmee elke vrou te doen kry. Omdat sy self ’n ma én beroepsvrou is, kan sy met gesag skryf oor al die daaglikse slaggate: soms ernstig, soms met humor, maar altyd met die oog gevestig op God se Woord waaraan sy haar lewe meet.
Samba is 'n versameling van Jeanne Els se rubrieke wat oor die jare in koerante en tydskrifte verskyn het. Sy het al twee ander boeke uitgegee wat ook danstemas gehad het – Ligdans en Tango. In Samba neem sy die leser op wereldreise en binnetogte, sy vertel hulle van plekke wat sy gesien het, ervarings wat sy gehad het en mense wat sy ontmoet het. Dis ’n boek wat lesers sal wys dat ’n mens kan dans te midde van teespoed en ander dinge wat die lewe op ons pad bring.
Blywende woorde is 'n dagstukkieboek met 90 oordenkings wat gebaseer is op aanhalings deur bekende vroue soos Elize Parker, Helene de Kock, Christine Ferreira, Marzanne Leroux-van der Boon en Milanie Vosloo. Vroue sal bemoedig word deur die woorde van hierdie besonderse vroue wie se lewens getuig van hul Christenskap. Geinspireer deur vroue se geloof en hul verhouding met Christus.
Soveel mense bereik hulle 40's of 50's en wonder dan: Wat het ek werklik om vir my lewe te wys? Kan ek enigsins nog 'n verskil maak? Met sy boek Leef Voluit, Eindig Uitnemend wys Bob Buford dat dit nooit te laat is om 'n verskil te maak nie. Hierdie boek bied raad en inspirasie uit 60 baanbrekers se insiggewende gesprekke met Buford. Hulle dien in werklikheid as mentors vir enigeen wat God se roeping wil najaag en wil beweeg vanaf ? lewe van sukses, na ? lewe met betekenis. Die boek bestaan uit drie afdelings: 1. Is daar iets meer? 2. Bou lewe II. 3. Laat dit realiseer. In Leef Voluit, Eindig Uitnemend word lesers die geleentheid gegun om by ander die kuns aan te leer van hoe om goed te eindig, ? bevredi-gende lewe te leef ongeag ouderdom en ? nalatenskap agter te laat vir toekomstige generasies.
Voels en Bybels in die Geskiedenis het tot stand gekom omdat die skrywer Tian Hattingh beide 'n student van Bybelse Hebreeus en 'n amateur voelkundige is. Na 'n aantal besoeke aan die Heilige Land is hy geinspireer om die voels in die Christelike Bybels te bestudeer. Tian se interessante ontdekkings, tesame met sy begeerte om die kennis met 'n wyer gehoor te deel, het uitgeloop op die publikasie van Voels en Bybels in die Geskiedenis.
Kort op die hakke van die eerste titel in die nuwe Bybelstudiereeks, Ontdek God in die Bybel, is daar nou ’n nuwe dagstukkieboek uit Benescke se pen. Hoop in tye van nood. Daaglikse oordenkings oor Psalms is nie net 31 daaglikse oordenkings vir die individu nie, maar kan ook dien as ’n Bybelstudieboek vir groepe. In dieselfde trant as Ontdek God in die stories van mense behandel Benescke elke hoofstuk van Psalms aan die hand van ’n inspirerende, ware storie uit iemand se lewe.
Jesus Christus en ons lewe in Hom is 'n sistematiese, evangeliese leerstelling oor die Persoon en werke van die Here Jesus. Die skrywer wil gelowiges help om aan die hand van beter kennis weerstand te bied teen die stygende vloedgolf van teologiese dwalinge oor wie Jesus Christus werklik is. Hy wil lesers ook help om die ware Christus van die Skrifte te ontmoet, as hulle Verlosser aan te neem, en 'n persoonlike verhouding met Hom op te bou. Hoofstuktitels is onder meer: God wat mens geword het; liefde as 'n lewensbeginsel; opdragte en beloftes; die Koning wat weer kom.
Die Mighty Men Verhaal vertel op boeiende wyse hoe een man se gehoorsaamheid aan God herlewing gebring het in Suid-Afrika en duisende lewens vir altyd verander het. "God het my gelei om hierdie storie te skryf sodat ek die ware verhaal kan vertel van wat gebeur het," sê die bekende en geliefde evangelis Angus Buchan self. Die Mighty Men Verhaal vertel die verstommende verhaal van die Mighty MenTM-fenomeen - hoe dit begin het met 'n mosterdsaad-idee in 2003, tot hoe dit in 2010 geëindig het toe die konferensie deur meer as 300 000 mans bygewoon is. Meer as 40 persoonlike getuienisse van mans wat by hierdie konferensies aangeraak is deur die Gees sal elke leser aan die hart gryp. Dit spreek van nuutgewonde vuur vir God wat in die harte van duisende mans aangesteek is, en sal lesers inspireer om God met nuwe toewyding te dien. Die Mighty Men Verhaal vier onwankelbare geloof, oneindige hoop en vreugdevolle en oorvloedige lewe in Christus! |
You may like...
|