0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (22)
  • R50 - R100 (64)
  • R100 - R250 (236)
  • R250 - R500 (140)
  • R500+ (39)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Christianity > Afrikaans

Die Krag Van Onstuitbare Geloof (Afrikaans, Paperback): Nick Vujicic Die Krag Van Onstuitbare Geloof (Afrikaans, Paperback)
Nick Vujicic
R74 Discovery Miles 740 Ships in 2 - 4 working days

Om onstuitbaar te wees, beteken jy moet glo in jouself, jou talente, jou doel en bowenal in God se groot liefde en sy Goddelike plan vir jou lewe. Nick Vujicic is ’n uitstekende voorbeeld van hoe niks jou kan keer om onstuitbaar te wees as jy kies om so te leef nie.

In Die krag van onstuitbare geloof fokus Nick veral op die onstuitbare krag van geloof in aksie, van geloof wat tot dade oorgaan. Hy moedig lesers aan om hulle geloof elke dag daadwerklik uit te leef en ’n hand uit te steek na ander.

Hierdie kragtige sakpas-boekie is aangepas uit Nick se topverkoper-boek Onstuitbaar.

Ek Behoort Aan Die Kerk (Afrikaans, Paperback): Thom S. Rainer Ek Behoort Aan Die Kerk (Afrikaans, Paperback)
Thom S. Rainer
R74 Discovery Miles 740 Ships in 2 - 4 working days

Wat sal gebeur as mense hulle kerk kies nie op grond van wat hulle daaruit kan kry nie, maar op grond van wat hulle kan gee? Thom Rainer beantwoord hier-die vraag inEk Behoort Aan Die Kerk eenvoudig, Bybels en oortuigend.

Dr. Rainer bespreek ses beloftes wat lidmate ver­sigtig en biddend kan maak om die voorreg en vreug­de van kerklidmaatskap te ontdek:

  • Ek sal ’n werkende kerklidmaat wees
  • Ek sal ’n kerklidmaat wees wat verenig
  • Ek sal nie toelaat dat my kerk oor my voorkeure en begeertes gaan nie
  • Ek sal vir my kerkleiers bid
  • Ek sal my gesin lei om gesonde kerklidmate te wees
  • Ek sal kerklidmaatskap as ’n geskenk beskou

Elke hoofstuk eindig met 5 vrae wat lesers help om die beginsels prakties in hulle lewens toe te pas.

Ek behoort aan die Kerk wys vir leraars en lid­mate presies wat ’n verskil gesonde, toegewyde lid­mate in die kerk, hulle gemeenskap en uiteindelik in die wêreld kan maak.

Die Seun Van God (Afrikaans, Paperback): Rick Warren Die Seun Van God (Afrikaans, Paperback)
Rick Warren
R105 Discovery Miles 1 050 Ships in 2 - 4 working days

Die heel belangrikste ding wat jy met jou lewe kan doen, is om tyd deur te bring om Jesus te leer ken. New York Times-topverkoper-outeur Rick Warren help lesers in sy Bybelstudie Die Seun van God om Jesus se lewe te ontdek en die impak wat dit op hulle lewe en lewensdoel het te verstaan. Hy daag lesers uit om te dink wat kan gebeur as hulle die lesse uit gebeure in Jesus se lewe op hulle eie lewe toepas. Hy gee ook praktiese stappe oor hoe om versoeking, lyding en vervolging te oorkom. Hierdie Bybelstudie is gebaseer op Mark Burnett (skepper van Survivor en The Apprentice) en Roma Downey (Touched by an Angel) se fliek Son of God waarvan die DVD in Oktober 2014 vrygestel is. Die Bybelstudie-DVD met dieselfde naam se inhoud is ook by Die Seun van God ingewerk. Buiten vir die ses studies bied dit ook wonderlike hulpmiddels vir kleingroepe, soos riglyne vir die aanbieder, vrae wat gereeld gevra word, ’n kleingroepkalender en -program en nog vele meer.

Geloof Sonder Sekerhede - Hoe Kan Ek Nog Glo (Afrikaans, Paperback, 2nd edition): Anton Van Niekerk Geloof Sonder Sekerhede - Hoe Kan Ek Nog Glo (Afrikaans, Paperback, 2nd edition)
Anton Van Niekerk
R85 Discovery Miles 850 Ships in 2 - 4 working days

Dit is belangriker om te weet hoe om te lewe as om die korrekte belydenis te vind. Die sin van die Christelike geloof is nie soseer dat dit ’n rustige verblyf in ’n hiernamaals waarborg nie, maar dat ons hier in liefde teenoor mekaar kan leef en van hierdie wereld ’n beter plek kan maak. Bekende filosofie professor – en gelegitimeerde predikant – Anton van Niekerk, praat openlik oor hoe ons geloof met rede kan versoen.

Kragtige gebede - Hoe om die Woord te bid (Afrikaans, Paperback): Arthur Odendaal Kragtige gebede - Hoe om die Woord te bid (Afrikaans, Paperback)
Arthur Odendaal
R98 Discovery Miles 980 Ships in 2 - 4 working days

In hierdie boek spel die skrywer die noodsaaklikheid van gebed uit. Hy skryf oor die voordele en krag en die positiewe uitwerking op die persoon wat gereeld en getrou gebede uit die Bybel bid. Arthur gee aan die leser ook goeie wenke oor hoe om hierdie gebede prakties uit te voer en te verpersoonlik en hoe om seen oor ander uit te spreek. Die boek sluit 27 gebedsonderwerpe in wat volgens behoeftes gerangskik is.

Die Bybel - Afrikaanse Standaard Vertaling En Muwe Lewende Vertaling (Parallel Nuwe Testament) (Afrikaans, Leather / fine... Die Bybel - Afrikaanse Standaard Vertaling En Muwe Lewende Vertaling (Parallel Nuwe Testament) (Afrikaans, Leather / fine binding)
R305 Discovery Miles 3 050 Ships in 2 - 4 working days

Die Bybel – Afrikaanse Standaard Vertaling en Nuwe Lewende Vertaling (Parallel Nuwe Testament) bied lesers die geleentheid om te sien hoe die teks van die Afrikaanse Standaard Vertaling (ASV), ’n direkte verta­ling, verskil van die Nuwe Lewende Vertaling (NLV), wat ’n dinamies-ekwivalente vertaling is. Die ASV het sy oorsprong uit die Direkte Vertaling soos dit in die Interliniere Bybel verskyn het, maar is hersien om gemakliker te lees, sonder om van die ver­taalfilosofie van ? direkte vertaling af te wyk. Die teks van beide die ASV en die NLV se Nuwe Testament verskyn parallel langs mekaar sodat die Bybelteks maklik vergelyk kan word. Die ASV, as direkte vertaling, probeer so getrou moont­lik aan die bronteks bly deur byvoorbeeld die lang sins­konstruksies, so ken­merkend van Grieks, te behou, asook lengtemate en inhoudsmate (soos vaam, sata en el) en geldstukke (soos stater en mina), wat in voetnote verduidelik word. Die Bybel – Afrikaanse Standaard Vertaling en Nuwe Lewende Vertaling (Parallel Nuwe Testament) bied aan lesers ? unieke en verrykende Bybellees-ervaring wat die wese en waarde van beide vertalings duidelik maak.

Die Bybel - 1933/1953-vertaling - Mediumgrootte Naslaanbybel (Afrikaans, Hardcover, 10th ed): Bible Society of South Africa Die Bybel - 1933/1953-vertaling - Mediumgrootte Naslaanbybel (Afrikaans, Hardcover, 10th ed)
Bible Society of South Africa
R390 Discovery Miles 3 900 Ships in 2 - 4 working days
Ek kies steeds die kerk - Stories, Stryd En Standpunte Oor Die Kerk En Die Wereld (Afrikaans, Paperback): Neels Jackson Ek kies steeds die kerk - Stories, Stryd En Standpunte Oor Die Kerk En Die Wereld (Afrikaans, Paperback)
Neels Jackson
R85 Discovery Miles 850 Ships in 2 - 4 working days

Dit het mode geword om die kerk te kritiseer. As ’n mens jou op van die kritiek moet verlaat, het die kerk, in besonder die Afrikaanse kerke, geen geloofwaardigheid meer nie. En tog is daar steeds elke Sondag honderdduisende Afrikaanse mense in die kerk . . . Neels Jackson, bekende godsdiensskrywer en redakteur van die Kerkbode, is een van die mense, en in Ek kies steeds die kerk beskryf hy die vyf hoofredes waarom hy steeds in die kerk bly. Die boek bevat die beste van sy rubrieke wat verskyn het in Beeld, Rapport, By en e-Hervormer, en vier so 20 jaar se in-diepte verslaggewing oor kerksake en geloof. ’n Paar hoogtepunte is sy onderhoude met bekendes soos Bobby Fischer, Yolanda Dreyer, Hashim Amla, Isak Burger, biskop Desmond Tutu en Adriaan Vlok.

Engele by Ons (Afrikaans, Paperback): Sannie Wiese Engele by Ons (Afrikaans, Paperback)
Sannie Wiese
R207 Discovery Miles 2 070 Ships in 2 - 4 working days

Hoeveel beskermengele is daar per persoon? Word mense engele wanneer hulle sterf? Waarvandaan kom engele? Wat is hul aandeel in die geesteswereld? Engele by ons is 'n interessante studie oor engele en beantwoord die mees algemene vrae oor hierdie geestelike wesens. Dit beskryf verskeie persoonlike ontmoetings met engele, waarna die skrywer fokus op wat die Bybel oor engele se. Sy tref ’n duidelike onderskeid tussen goeie en slegte engele en sluit ook afdelings oor drome, visioene en gesigte, die kwessie van beskermengele, gebedsverhoring en engele en spiritualiteit in.

Die Wonder van die Nuwe Geboorte (Afrikaans, Paperback): Marius Potgieter Die Wonder van die Nuwe Geboorte (Afrikaans, Paperback)
Marius Potgieter
R220 Discovery Miles 2 200 Ships in 18 - 22 working days

As 'n kinderarts, het die skrywer by baie moeilike geboortes bygestaan, die ontwikkeling van babas ondersteun en hulle behandel toe hulle siek, ondervoed of benadeel was deur die nalatigheid en die onnadenkende optrede van volwassenes. In DIE WONDER VAN DIE NUWE GEBOORTE beskrywe hy die ooreenkomste tussen die natuurlike geboorte en die Geestelike geboorte en ontwikkeling. Net soos 'n kind nie normaal kan ontwikkel as hy/sy nie behoorlik gevoed word nie, of benadeel word deur ongesonde substansies waarteen hy/sy beskerm moes word, is Geestelike ondervoeding en vergiftiging alomteenwoordige gevare vir diegene wat van honger vergaan sonder die Woord van God of blootgestel word aan ongoddelike geestelike ondervindinge. Gelukkig is die Woord lewendig en kragtiger as enige medisyne wat nodig mag wees. Heb 4:12

Oorkom Jou Vrees (Afrikaans, Paperback): Benescke Janse van Rensburg Oorkom Jou Vrees (Afrikaans, Paperback)
Benescke Janse van Rensburg
R171 Discovery Miles 1 710 Ships in 2 - 4 working days

Hierdie nuwe boek fokus op die vele maniere waarop vrees die gelowige se lewe kan beinvloed en hoe om hierdie verskillende vrese te oorkom. Benescke Janse van Rensburg behandel die vele fasette van vrees aan die hand van 'n inspirerende, ware storie uit iemand se lewe.

Oorkom Jou Vrees is nie net 31 daaglikse oordenkings vir die individu nie, maar kan ook dien as 'n Bybelstudieboek vir groepe. Die skrywer verskaf Bybelverwysings en besprekingsvrae by elke hoofstuk, wat verdere studie en bespreking moontlik maak, asook 'n gebed wat leiding kan gee aan die leser se eie gesprek met God.

Hierdie boek vorm deel van Benescke se passie om God se Woord en beloftes op 'n kreatiewe en relevante manier met ander te deel. Sy verseker haar lesers daarvan dat, ongeag wat die situasie is, jy vreesloos kan leef met die wete dat God steeds wonderwerke doen.

Die Godsgeheim Tot Ware Grootheid (Afrikaans, Paperback): David Cape, Tommy Tenney Die Godsgeheim Tot Ware Grootheid (Afrikaans, Paperback)
David Cape, Tommy Tenney
R96 Discovery Miles 960 Ships in 2 - 4 working days
Stil Word Tye Saam Met God Vir Vroue (Afrikaans, Paperback): Stil Word Tye Saam Met God Vir Vroue (Afrikaans, Paperback)
R98 Discovery Miles 980 Ships in 2 - 4 working days
VOELS EN BYBELS IN DIE GESKIEDENIS (Monochroom Uitgawe) (Afrikaans, Paperback): Tian Hattingh VOELS EN BYBELS IN DIE GESKIEDENIS (Monochroom Uitgawe) (Afrikaans, Paperback)
Tian Hattingh
R477 Discovery Miles 4 770 Ships in 18 - 22 working days

Voels en Bybels in die Geskiedenis het tot stand gekom omdat die skrywer Tian Hattingh beide 'n student van Bybelse Hebreeus en 'n amateur voelkundige is. Na 'n aantal besoeke aan die Heilige Land is hy geinspireer om die voels in die Christelike Bybels te bestudeer. Tian se interessante ontdekkings, tesame met sy begeerte om die kennis met 'n wyer gehoor te deel, het uitgeloop op die publikasie van Voels en Bybels in die Geskiedenis.

Die Mighty Men Verhaal (Afrikaans, Hardcover): Angus Buchan Die Mighty Men Verhaal (Afrikaans, Hardcover)
Angus Buchan
R342 Discovery Miles 3 420 Ships in 2 - 4 working days

Die Mighty Men Verhaal vertel op boeiende wyse hoe een man se gehoorsaamheid aan God herlewing gebring het in Suid-Afrika en duisende lewens vir altyd verander het. "God het my gelei om hierdie storie te skryf sodat ek die ware verhaal kan vertel van wat gebeur het," sê die bekende en geliefde evangelis Angus Buchan self.

Die Mighty Men Verhaal vertel die verstommende verhaal van die Mighty MenTM-fenomeen - hoe dit begin het met 'n mosterdsaad-idee in 2003, tot hoe dit in 2010 geëindig het toe die konferensie deur meer as 300 000 mans bygewoon is.

Meer as 40 persoonlike getuienisse van mans wat by hierdie konferensies aangeraak is deur die Gees sal elke leser aan die hart gryp. Dit spreek van nuutgewonde vuur vir God wat in die harte van duisende mans aangesteek is, en sal lesers inspireer om God met nuwe toewyding te dien.

Die Mighty Men Verhaal vier onwankelbare geloof, oneindige hoop en vreugdevolle en oorvloedige lewe in Christus!

'n Lied Van Vreugde (Afrikaans, Paperback): Nina Smit 'n Lied Van Vreugde (Afrikaans, Paperback)
Nina Smit
R151 Discovery Miles 1 510 Ships in 2 - 4 working days

Ten spyte van ons daaglikse struikelblokke bly die lewe steeds 'n vreugde! Nina Smit fokus in 'n Lied Van Vreugde in 52 dele op die verskillende fasette van vreugde. Sy moedig jou aan om vir jou 'n droom te kry, sy lei jou na blywende blydskap en sy wys vir jou die pluspunte van gehoorsaamheid. Vroue van alle ouderdomme sal aanklank vind by hierdie boek.

Elke gedeelte het 'n kernaanhaling, gebed en iets om oor na te dink. Daar is ook vrae met plek waar jy antwoorde en voornemens kan neerskryf.

'n Lied Van Vreugde sal jou help om waarlik elke dag vreugde te lééf.

Om Te Weet Wie Ek is (Afrikaans, Paperback): Nianell Om Te Weet Wie Ek is (Afrikaans, Paperback)
Nianell
R206 Discovery Miles 2 060 Ships in 2 - 4 working days

Waar die bekende en gewilde Suid-Afrikaanse sangeres en glanspersoonlikheid, Nianell, ook al gaan en optree, het sy een belangrike, inspirerende boodskap: elkeen van ons mag, kan en moet lief wees vir onsself. As ons dit regkry, sal ons die mense rondom ons ook aanraak en so 'n verskil in hul lewens maak. In haar heel eerste boek, Om te weet wie ek is, vertel die bekroonde sangeres van die lesse wat sy in die lewe geleer het en hoe sy ontdek het hoe om lief te wees vir haarself. Nianell neem die leser saam op haar lewensreis van 'n skaam, teruggetrokke skooldogter tot wie sy vandag is en wat sy langs die pad oor haarself en oor die lewe geleer het. Die lewe was vir haar, net soos vir die res van ons, 'n ontdekkingstog wat soms moeilik was. Sy skroom nie om op 'n eerlike, deursigtige en onpretensieuse manier haar persoonlike ondervindings van swaarkry, sukkel om te behoort, liefhe, vrou-wees, ma-wees van 'n drieling en ster-wees met die leser te deel nie. Bowenal, se Nianell, het sy geleer dat ons elkeen vir onsself kan en moet lief wees – en altyd moet onthou wie ons werklik is. Sy gebruik verskeie persoonlike stories – waarvan sy talle vir die eerste keer met die publiek deel – om te vertel hoe sy self by die punt uitgekom het om haarself te aanvaar en om altyd te onthou wie sy werklik is. Nianell se vertellings oor haar persoonlike ondervindings sal elkeen se hart raak en 'n dieper insig gee in haar lewe en in die feit dat glanspersoonlikhede ook maar soms worstel met kwessies waarmee elkeen van ons sukkel. Haar stories sal jou inspireer en jou die waarde daarvan laat besef om jouself te aanvaar en lief te he soos jy is. Om te weet wie ek is is 'n genotvolle kombinasie van biografie en inspirasie – dis 'n lees- en groei-ervaring wat jou sal bybly lank

'n Jaar met God (Afrikaans, Book): Isak Burger, Este Geldenhuys 'n Jaar met God (Afrikaans, Book)
Isak Burger, Este Geldenhuys
R173 Discovery Miles 1 730 Ships in 2 - 4 working days
Vaste Rots Op Wie Ek Bou (Afrikaans, Paperback): Cas Vos, Dirk Human Vaste Rots Op Wie Ek Bou (Afrikaans, Paperback)
Cas Vos, Dirk Human
R319 Discovery Miles 3 190 Ships in 2 - 4 working days
Die dood van die God van my vaders - Hoe die lewe in die township Mamelodi my godsbeskouing verander het (Afrikaans,... Die dood van die God van my vaders - Hoe die lewe in die township Mamelodi my godsbeskouing verander het (Afrikaans, Paperback)
Nico Smith
R228 Discovery Miles 2 280 Ships in 2 - 4 working days

In die 1980's verrys 'n vreemde struktuur in Mamelodi, 'n township by Pretoria. Die township-mense skud die kop en doop dit "Smith se Pampoenhuis". Dr. Nico Smith en sy vrou, Ellen, verruil hulle twaalfvertrekhuis in "wit" Stellenbosch vir die viervertrekpondokkie midde-in die woonplek van duisende swart mense – sekerlik die enigste wit Afrikaanse mense wat in daardie jare van opstand en ellende so iets sou waag. In Die dood van die God van my vaders vertel Smith, eertydse professor aan die NG Kerk se Kweekskool op Stellenbosch, die verhaal van sy vereenselwiging met sy gemeentelede in Mamelodi, maar dis nie net Smith se storie nie. Die titel is bowenal die verhaal van die gewone swart mense wat onder apartheid die "ellendiges van die aarde" geword het. Dit was die tyd toe meer as duisend wette elke aspek van hulle kom en gaan beheer het. Dit was ook die tyd van die struggle, wat onafwendbaar op bevryding moes uitloop. Die verhaal word met deernis en insig vertel, soms selfs met humor, en immer met ontsetting. Maar Smith onderneem meer as net 'n fisieke reis van Stellenbosch na Mamelodi. Daar in die township, waar mense onder die haglikste omstandighede hom verseker "Die Here hy is", begin hy indringende vrae vra oor die God wat in die kerk van sy vaders aan hom voorgehou is. Wanneer die God vir hom "sterf", ontwikkel hy 'n gans ander godsbeskouing as die van die konvensionele en dogmatiese gereformeerde leer. Hier is nietemin geen sprake van 'n "God-is-dood-teologie" nie. Smith het net God anders leer ken, en daaroor skryf hy uitvoerig en met oortuiging.

Mwanamke Wa Imani (Afrikaans, Paperback): Linnah C. Madumadu Mwanamke Wa Imani (Afrikaans, Paperback)
Linnah C. Madumadu
R385 Discovery Miles 3 850 Ships in 18 - 22 working days
Genoeg is Nou Genoeg - Waar Stop Christelike Verdraagsaamheid? (Afrikaans, Paperback): Bill Hybels Genoeg is Nou Genoeg - Waar Stop Christelike Verdraagsaamheid? (Afrikaans, Paperback)
Bill Hybels
R135 Discovery Miles 1 350 Ships in 2 - 4 working days

Bill Hybels, stigter en pastor van die wereldbekende Willow Creek-gemeenskapskerk in die VSA, stel 'n unieke uitdaging aan almal wat na lewensin soek: Stel vas wat presies die een verkeerde ding is wat jy nie langer kan verdra nie, en gebruik dan die passie van daardie "heilige ontevredenheid" as brandstof om jou aan te vuur om daardie saak te help regstel. Hierdie titel vol praktiese raad inspireer Christene om met God saam te werk om sy koninkryk daad-werklik te laat kom, en so persoonlike sin in die lewe te vind.

Die Kleipot Het Gebreek - Hoe Om as Christen Met Depressie Te Leef (Afrikaans, Paperback): Fanie Rudolph Die Kleipot Het Gebreek - Hoe Om as Christen Met Depressie Te Leef (Afrikaans, Paperback)
Fanie Rudolph
R118 Discovery Miles 1 180 Ships in 2 - 4 working days
Jou dink nuut gids oor Jesus (Afrikaans, Book): Hannes Burger Jou dink nuut gids oor Jesus (Afrikaans, Book)
Hannes Burger
R153 Discovery Miles 1 530 Ships in 2 - 4 working days
Ligdans - Depressie-vegters Se Verhale Van Hoop (Afrikaans, Paperback): Jeanne Els Ligdans - Depressie-vegters Se Verhale Van Hoop (Afrikaans, Paperback)
Jeanne Els
R122 Discovery Miles 1 220 Ships in 2 - 4 working days

Ligdans is 'n titel oor depressie. Die skryfster, 'n vrolike tydksrifjoernalis, vertel hoe sy in 'n verskrikkende, donker maalkolk van depressie beland het. Met genade van Bo, 'n diep geloof, mediese hulp en haar geliefdes se bystand kon sy mettertyd egter weer met passie begin leef. Sy verweef haar eie rou maar ook hoogs inspirerende verhaal met die vertellings van 16 ander Suid-Afrikaanse depressie-vegters wie se ouderdomme, beroepe en geloofs- en lewensfilosofiee verskil, maar almal openlik erken (sommige vir die eerste keer) dat hulle teen depressie veg. Uiteindelik word hulle klopdans van wanhoop egter 'n hoopvolle dans in die lig – maar sonder dat hier oppervlakkige en onoortuigende oplossings opgedis word.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
The Caligula Effect: Overdose
R1,392 R735 Discovery Miles 7 350
Core Management Principles - No Flavors…
Dimitri Pojidaeff Hardcover R522 R486 Discovery Miles 4 860
In Other Shoes - Music, Metaphor…
Kendall L. Walton Hardcover R3,569 Discovery Miles 35 690
A Project-by-Project Approach to Total…
Petter Ogland Hardcover R1,126 Discovery Miles 11 260
The Legacy of Kant in Sellars and…
Fabio Gironi Hardcover R4,206 Discovery Miles 42 060
The Auditory Cortex - A Synthesis of…
Peter Heil, Henning Scheich, … Hardcover R3,950 Discovery Miles 39 500
Anomaly Detection and Complex Event…
Patrick Schneider, Fatos Xhafa Paperback R2,652 Discovery Miles 26 520
The Oxford Handbook of Deaf Studies in…
Susan R. Easterbrooks, Hannah M Dostal Hardcover R4,328 Discovery Miles 43 280
Materials Management with SAP ERP…
Martin Murray, Jawad Akhtar Hardcover R1,889 R1,566 Discovery Miles 15 660
Marvel Spider-Man 2
R1,450 Discovery Miles 14 500

 

Partners