0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (26)
  • R50 - R100 (96)
  • R100 - R250 (350)
  • R250 - R500 (138)
  • R500+ (36)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Christianity > Afrikaans

Gesprekke Oor Die Lewe - Die Laaste Gedagtes Van IL De Villiers (Afrikaans, Paperback): I.L. de Villiers Gesprekke Oor Die Lewe - Die Laaste Gedagtes Van IL De Villiers (Afrikaans, Paperback)
I.L. de Villiers 1
R72 Discovery Miles 720 Ships in 4 - 6 working days

Die alomgeliefde spreker en skrywer ds. Izak de Villiers se laaste preke is in hierdie inspirerende bundel saamgevat. Die preke, wat nog nooit gepubliseer is nie, is uitgesoek en verwerk deur Amanda Botha, ds. Izak se letterkundige eksekuteur en self ’n bekende in boekkringe. Die preke is meestal tussen 2007 en 2009 by die NGK Aasvoelkop gelewer. Ds. Izak se preke is, soos lesers hom leer ken het, prakties en gerig op moderne mense se daaglikse lewe. Sy fokus is telkens op die wonderlike hoop van die evangelie, wat ons bemoedig en inspireer. Hy onderstreep die kleinheid van die mens en die grootheid van God, maar wys hoe God hom oor ons ontferm sodat ons kan weet dat ons nooit alleen is nie.

Staan Jou Man (Afrikaans, Paperback): Nick Vujicic Staan Jou Man (Afrikaans, Paperback)
Nick Vujicic 1
R210 Discovery Miles 2 100 Ships in 4 - 6 working days

Met geen arms of bene nie, was Nick Vujicic elke boelie se droom. Hy ken daardie gevoel wat jou maag laat pyn, die nagmerries laat kom en iemand laat voel asof daar geen hoop is nie ... Maar sy boodskap is dat jy dit kan oorkom, want geen boelie kan vir jou se wie jy is nie. In Staan jou man wys hy vir lesers hoe om ’n beskermingstrategie teen boelies op te bou sodat hulle kan opstaan teen boelies van enige aard. Hierdie boek sal jongmense onder meer leer om: die feit dat hulle geboelie word in ’n positiewe ervaring te omskep; vir hulle ’n veilige ruimte te skep; sterk waardes te vestig wat geen boelie kan skud nie; internet-boelies te hanteer; ’n sterk geestelike fondament te vestig wat kan staan teen boelies; na hulle eie emosies te kyk en hulle reaksies te beheer; ander wat geboelie word te help. Staan jou man is ideaal vir elkeen wat wil opstaan teen wreedheid – hetsy teen hulself of die vir wie hulle lief is. Nick Vujicic is elke boelie se droom ... Hy verstaan beter as enigiemand hoe dit voel as ander op jou pik. Maar hy het daarteen opgestaan en vandag leer hy ander hoe om hierdie traumatiese ervaring te bowe te kom. Staan jou man sal elke jongmens die bemoediging en praktiese raad gee wat hulle nodig het om sonder vrees deur hul daaglikse lewe te gaan.

Nuwe Testament en Psalms - 'n Direkte vertaling (Afrikaans, Leather / fine binding): Nuwe Testament en Psalms - 'n Direkte vertaling (Afrikaans, Leather / fine binding)
R133 Discovery Miles 1 330 Ships in 4 - 6 working days

Die publikasie is die vrug van die Bybelvertalingsprojek wat aangepak is op versoek van die kerke wat die Bybel in Afrikaans gebruik. Hierdie bronteksgeorienteerde direkte vertaling spreek die behoefte aan vir 'n Bybel wat so na moontlik aan die bronteks, maar steeds goed verstaanbaar, is. Die direkte vertaling streef daarna om die Bybel so te vertaal asof die skrywers se woorde direk aangehaal word, met behoud van beelde, metafore, styl en struktuur maar in vloeiende, idiomatiese Afrikaans.

Ryker as Die Tempelkore (Afrikaans, Paperback): Hennie Maartens, Marieta Maartens Ryker as Die Tempelkore (Afrikaans, Paperback)
Hennie Maartens, Marieta Maartens
R189 Discovery Miles 1 890 Ships in 4 - 6 working days

Ryker as die tempelkore is ’n persoonlike reis na ’n dieper kennis van die God wat ons oorvloediglik met genadegawes seen. Die skrywers nooi die leser om hul opnuut in die Psalms te verdiep en sodoende in te gaan in die magtige krag van een Woord en een verbond. Ou-Testamentiese psalms word met Nuwe-Testamentiese Skrif gekombineer om die leser die geestelike dissipline te wys waardeur die gelowige van duisternis na lig, van radeloosheid tot sekerheid kan beweeg. Hierin herontdek die leser die Ou Testament en die Nuwe Testament as een geskiedenis van God se liefde en trou. Die leser ontdek ook watter mag daar is om erns te maak met God se Bybelse name tydens selfstudie.

Volg My! (Afrikaans, Paperback): David Platt, Francis Chan Volg My! (Afrikaans, Paperback)
David Platt, Francis Chan
R210 Discovery Miles 2 100 Ships in 4 - 6 working days

Vandag dink baie mense om kerk toe te gaan, armes te help en die regte dinge te se, maak van jou ? Christen. New York Times-topverkoper-outeur David Platt waarsku ons in Volg my! dat al hierdie “goeie dade” tevergeefs is as ons dit nie saam met Jesus doen nie. Wat het Jesus bedoel toe Hy gese het: “Volg My?” Om waarlik ’n volgeling van Jesus te wees beteken om ’n verhouding met Hom te he en elke dag, daar waar jy is, God se koninkryk uit te bou. Volg my! kyk na die Bybelse beeld van wat dit beteken om ’n Christen te wees, wat ons in hierdie lewe moet opoffer, maar ook die onbeskryflike vreugde en vrede wat daaruit vloei om werklik saam met Jesus die pad te stap.

Flenters - Hoe Omgee Lewens Kan Verander (Afrikaans, Paperback): Lina Du Plessis Flenters - Hoe Omgee Lewens Kan Verander (Afrikaans, Paperback)
Lina Du Plessis
R178 Discovery Miles 1 780 Ships in 4 - 6 working days

Ons leef in 'n stukkende, gebroke wereld. Maar selfs in hierdie wereld is daar oral flentertjies vreugde, liefde, hoop en selfs geloof. Die sleutel is om te weet hoe om betrokke te raak en hoe om 'n helpende hand uit te steek. Volgens UNICEF en ander bronne is daar nagenoeg 2 miljoen weeskinders in Suid-Afrika, maar tussen April 2010 en Maart 2012 is slegs 2 013 kinders aangeneem. Daar word geskat dat daar in 2015 ongeveer 5.2 miljoen vigswesies gaan wees. Dit is ’n werklike probleem in ons land wat ons nie meer kan ignoreer nie. Lina du Plessis is een van daardie juweelmense wie se vingerafdrukke lewenslank op jou hart rondlê. Van 2006 af is Lina betrokke by twee pleegsorghuise in Pretoria. Van 2009 tot onlangs woon sy as pleegouer in een van die huise. Flenterkinders is ’n versameling van Lina se belewenisse en verhale wat sy bymekaar gemaak het in die tyd wat sy by die versorging van weeskinders betrokke was. Hierdie kort sketse oor weeskinders en die vreugdes van pleegsorg word met humor en deernis vertel. Dit vertel vanuit verskillende hoeke aangrypende verhale van God se goedheid. Hierdie boek open nuwe vensters op God se genade wat die leser sprakeloos sal laat en hulle sal aanspoor om God op nuwe maniere aktief te begin dien.

Engele by Ons (Afrikaans, Paperback): Sannie Wiese Engele by Ons (Afrikaans, Paperback)
Sannie Wiese
R177 Discovery Miles 1 770 Ships in 4 - 6 working days

Hoeveel beskermengele is daar per persoon? Word mense engele wanneer hulle sterf? Waarvandaan kom engele? Wat is hul aandeel in die geesteswereld? Engele by ons is 'n interessante studie oor engele en beantwoord die mees algemene vrae oor hierdie geestelike wesens. Dit beskryf verskeie persoonlike ontmoetings met engele, waarna die skrywer fokus op wat die Bybel oor engele se. Sy tref ’n duidelike onderskeid tussen goeie en slegte engele en sluit ook afdelings oor drome, visioene en gesigte, die kwessie van beskermengele, gebedsverhoring en engele en spiritualiteit in.

Jesus is Meer... (Afrikaans, Paperback): Isak Burger Jesus is Meer... (Afrikaans, Paperback)
Isak Burger
R168 Discovery Miles 1 680 Ships in 4 - 6 working days

Die mense wat my die meeste teleurgestel het, is kerkmense. Ek het hoë verwagtings gehad dat ek in die kerk welkom sou wees, net soos ek is. Presies die teenoorgestelde het gebeur! Ek weet nie of ek nog in Jesus kan glo as dit is hoe sy volgelinge optree nie.”

Te veel mense word deur die Christelike godsdiens teleurgestel en kom dan nie by Jesus Christus uit nie.

Kom ontmoet die ware Jesus! Leer Hom in hierdie boek ken as die beginpunt van jou geluk, selfvertroue en innerlike vrede. Ervaar die liefde, genade en vergifnis wat Hy kan gee omdat Hy God is. Dit is net Hy wat alle pyn en seerkry kan genees. By Hom is alle mense welkom. Hy kyk nie na mense se status of die prestasies wat hulle behaal het nie.

Jesus is méér laat die historiese Jesus van die Bybel voor mense van vandag gestalte kry. Dit is nie ’n volledige geskiedenis van sy lewe en werk nie, maar lig die hoogtepunte uit sodat Jesus ’n groter werklikheid in mense se lewens kan word. Mense het God nodig – nie skynheilige godsdiens met uitputtende voorskrifte nie. Die dinge wat gelowiges doen wat mense van Jesus af weghou, word daarom in liefde uitgewys, nie as veroordeling nie, maar as aanmoediging vir almal wat waarlik die kerk van Jesus wil wees om Hóm vir die wêreld te wys.

Die 10 Sekonde-Reel (Afrikaans, Paperback): Clare De Graaf Die 10 Sekonde-Reel (Afrikaans, Paperback)
Clare De Graaf
R178 Discovery Miles 1 780 Ships in 4 - 6 working days

Jy sien ’n vrou in ’n winkel staan en huil en jy wil vra of jy kan help, maar jy hou aan loop. Jy hoop jy sal volgende keer beter vaar … maar sal jy? In Die 10 sekonde-reel wys Clare de Graaf hoe jy meer bewus kan word van God se stem in jou lewe. Hy gee ook ’n eenvoudige reel wat jou sal help om dadelik gehoorsaam te wees: Doen net die volgende ding wat jy redelik seker is God wil he jy moet doen. In hierdie boek gee Clare werklike voorbeelde van gewone mense wat volgens die reel leef en hoe dit hulle lewe verander het, asook die mense na wie hulle uitgereik het. Die handige studiegids met besprekingsvrae agterin die boek sal help om die praktiese riglyne in jou lewe vas te le. Hierdie reel maak dit maklik om Jesus te volg – moenie tob nie, doen dit net!

7 Ritmes Binne 7 Dae (Afrikaans, Paperback): Andries Enslin, T. Smith 7 Ritmes Binne 7 Dae (Afrikaans, Paperback)
Andries Enslin, T. Smith
R136 Discovery Miles 1 360 Ships in 4 - 6 working days

In vandag se gejaagde lewe is dit belangriker as ooit om in pas te kom met Jesus. Andries Enslin en Tom Smith bespreek in 7 ritmes binne 7 dae hoe ons dit kan doen aan die hand van die volgende 7 ritmes: God is liefde: God se liefde is onbeperk en alles is moontlik omdat Hy ons liefhet. Daarom moet ons ander liefhe; God is beskikbaar: God is alomteenwoordig en ons moet inskakel by Hom en ander; God is die weg: Hy is die weg tot genesing en wil he ons moet in sy karakter groei; God is Koning: Hy verwag van ons om alles te gebruik om sy koninkryk uit te brei; God is drie-enig: Ons mag en kan ook nie alleen staan nie; God is lief vir die wereld: God red alle mense en is lief vir alle mense; God is kreatief: God is alomteenwoordig en alwetend – en Hy gebruik alles in ons lewe met ’n doel. 7 ritmes binne 7 dae is ideaal vir individue of kleingroepe en integreer Skrifuitleg met praktiese raad, oordenkings, besprekingsvrae en oefeninge. Hierdie boek, met sy wortels in die kykNET-program Die Woord, sal lesers inspireer om weer te besef God is oral en sy hartklop vir die wereld moet weergalm in ons.

Waarvoor is Jy Bang? (Afrikaans, Paperback): David Jeremiah Waarvoor is Jy Bang? (Afrikaans, Paperback)
David Jeremiah
R210 Discovery Miles 2 100 Ships in 4 - 6 working days

Almal is bang vir iets: mislukking, verwerping, eensaamheid, die dood. Die lys is eindeloos. Vrees spook by swakkes en sterkes, jonk en oud, ryk en arm. Dit is die groot gelykmaker. Sommige vrese val ons vir ’n oomblik aan en verdwyn so skielik as wat hulle gekom het. Ander vrese kan mense vir ’n leeftyd bybly en uiteindelik hulle lewens oorneem. Dr. David Jeremiah kyk in Waarvoor is jy bang? na nege dinge wat deur die meeste mense gevrees word. Hierdie vrese verteenwoordig op een of ander manier byna enige vrees wat ’n mens terughou in die lewe. Hy ondersoek ook een “gesonde vrees”, naamlik ontsag vir God, want hierin le die oplossing vir al die ander vrese. Waarvoor is jy bang? moedig elkeen aan om vreesloos te leef en die lewe te he wat God vir hulle bedoel het.

Soos Jesus (Afrikaans, Paperback): Kobus Neethling, Hennie Stander Soos Jesus (Afrikaans, Paperback)
Kobus Neethling, Hennie Stander
R144 Discovery Miles 1 440 Ships in 4 - 6 working days

Daar is niemand – geen groter leier of beter rolmodel – by wie ons meer kan leer as by Jesus Christus nie. Hy het die afgelope 2000 jaar ’n groter invloed as enige ander mens op die wêreld gehad, en sal die toekoms net soveel beïnvloed. In die Nuwe Testament van die Bybel leer ons Hom ken deur die oë van die Evangelieskrywers. In Soos Jesus volg ons die navorsingsroete om meer van die misterie van Jesus, die mens, te probeer ontdek.

Ons klem in hierdie boek val spesifiek nie op die wat ons van kleintyd af van Jesus weet – op sy Goddelikheid, sy liefde, sy vergifnis, sy wonderwerke, sy nederigheid, sy opoffering of sy passie nie. Ons wou daardie X-Faktor probeer pel wat Hom as mens so uitsonderlik gemaak het en dat mense van die 21ste eeu nog steeds verbyster staan.

Dit is wat ons met hierdie boek wil regkry. Ons gebruik die Bybel om ’n idee te vorm van wat Jesus geleer en gedoen het, soos wat die Evangelieskrywers Hom vir ons teken.

Jesus het in ’n ander tyd en wêreld as ons geleef, en mense wonder soms of ons regtig nog sy voorbeeld in ons hedendaagse lewe kan toepas. Maar in plaas van om Jesus se wêreld met ons s’n te vergelyk, moet ons eerder vra wat is die beginsel agter die gebeur in die Bybel wat on vandag kan toepas om in Jesus se voetspore te volg. Dis na die beginsels wat ons in hierdie boek soek.

More is Maandag (Afrikaans, Paperback): Alette-Johanni Winckler More is Maandag (Afrikaans, Paperback)
Alette-Johanni Winckler
R168 Discovery Miles 1 680 Ships in 4 - 6 working days

Hoekom kan jy nie vandag oorbegin en lief wees vir die unieke jy wat jy is nie? Jy kan beslis! Want more is “Maandag” – jou oorbegin-dag! Dit is Alette-Johanni Winckler, bekende Suid-Afrikaanse ma, sake¬vrou, skrywer, blogger en sangeres, se bood skap in More is Maandag. Alette-Johanni deel haar gewilde Sarie-blogs vol pittige humor oor haar eie issues, kinders en sommer alles wat deel is van ’n vrou se lewe. Sy vertel ook haar lewensverhaal en deel haar diep geloof in haar hemelse Vader. En om alles te kroon, gee sy wonderlike raad oor styl, mode, liggaamvorms en gelaatskleur met duidelike illustrasies sodat elke vrou dit kan gaan toepas. More is Maandag sal vroue wys hoe om die vreugde en seeninge in die elkedagse lewe raak te sien. Hierdie boek is bedoel vir elke vrou – kom lag en huil saam met jou nuwe vriendin, Alette-Johanni.

Gesprekke Met God (Afrikaans, Paperback): Angus Buchan Gesprekke Met God (Afrikaans, Paperback)
Angus Buchan
R94 Discovery Miles 940 Ships in 4 - 6 working days

Die meeste mense sukkel om daagliks tyd saam met God in gebed deur te bring. Bekende skrywer en evangelis Angus Buchan wil he mense moet bewus bly daarvan dat stiltetyd saam met God een van die sleutels bly tot ’n dieper verhouding met die Skepper. Gesprekke met God bevat 40 gebede, elk met spesiaal-uitgesoekte teksverse en ’n kerngedagte deur Angus. Van die temas sluit in: vertrou op God, keer terug na jou eerste liefde, berou, die belangrikheid van gebed en die noodsaaklikheid van familietyd. In Gesprekke met God sal lesers bemoediging vind om sake van ewigheidswaarde in hul lewe te prioritiseer en vas te staan in die geloof met hul oe op Jesus Christus.

Jesus is die een! - Verloor ons nie die evangelie in die Emerging Church nie? (Afrikaans, Paperback): Johan Janse van Rensburg Jesus is die een! - Verloor ons nie die evangelie in die Emerging Church nie? (Afrikaans, Paperback)
Johan Janse van Rensburg
R168 Discovery Miles 1 680 Ships in 4 - 6 working days

Die "Emerging Church" is die gonswoord in die teologiese wereld vandag. Die kerk moet – volgens die voorstanders van hierdie rigting – die evangeliese boodskap van die Bybel so aanpas dat dit in die behoeftes van die postmoderne mens voorsien. Die skrywer tree nugter en tog ferm met denkers uit hierdie oord in gesprek. Hy vind sy uitgangspunt in die waarhede van die Bybel, toets daarna die sienswyses van die emergent-skrywers hieraan en vra eindelik wat ons in die lig van die Skrif moet doen om die mens van die derde millennium in die kerk van Jesus Christus sy regmatige plek te laat inneem. Vir elkeen wat by vandag se gesprek oor die boodskap van die Bybel wil bybly – teoloe en belangstellende lidmate – is hierdie boek 'n moet.

Detoks Vir Die Siel (Afrikaans, Paperback): Craig Groeschel Detoks Vir Die Siel (Afrikaans, Paperback)
Craig Groeschel
R178 Discovery Miles 1 780 Ships in 4 - 6 working days

Ons kry dikwels onwetend ’n gereelde dosis geestelike gifstowwe in wat ’n bedreiging is vir ons verhouding met God. Craig Groeschel wil hê elke gelowige moet leer om NEE te sê vir die dinge wat hul siel vergiftig. In Detoks vir die siel kyk Craig na die gifstowwe waarmee mense daagliks te doen kry. Hierdie dinge is ’n bedreiging vir hul gesondheid, geloof en getuienis teenoor ander. Die boek is in drie afdelings verdeel en bespreek toksiese optrede, toksiese emosies en toksiese invloede. Craig behandel relevante onderwerpe soos: om eerlik te wees met jouself; griewe, woede en vrese; die vals beloftes van materialisme en kulturele gifstowwe. Detoks vir die siel bied ’n geestelike ingryping wat lesers sal lei tot ’n ryk en oorvloedige lewe in Christus.

7 Woorde Wat Jou Lewe Kan Verander (Afrikaans, Paperback): Annes Nel 7 Woorde Wat Jou Lewe Kan Verander (Afrikaans, Paperback)
Annes Nel
R178 Discovery Miles 1 780 Ships in 4 - 6 working days

“Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie.” Dit is seker een van die bekendste kruiswoorde. Besef mense werklik dat Jesus selfs aan die kruis, net voor sy dood, vir ons riglyne gegee het oor hoe om sy karakter op aarde uit te leef? Annes Nel fokus in 7 woorde wat jou lewe kan verander op die kruiswoorde van Jesus. Hy wys lesers op die 7 uitsonderlike gewoontes wat gelowiges uit Jesus se kruiswoorde kan leer: Wees genadige mense; bring hoop aan ander; reik uit na mense om jou; toon medelye aan ander; verlang na God; wees vry en maak vry; leer om sinvol te lewe. 7 woorde wat jou lewe kan verander motiveer lesers om die 7 gewoontes aan te leer wat sal lei tot ware Christenskap. Hierdie boek is ideaal vir die Paastyd.

Op Soek Na Jesus (Afrikaans, Paperback): Neels Jackson Op Soek Na Jesus (Afrikaans, Paperback)
Neels Jackson
R178 Discovery Miles 1 780 Ships in 4 - 6 working days

Wie is Jesus regtig? Dit is die vraag wat in baie mense se koppe is – gelowiges en soekendes. Bekroonde joernalis (voorheen van Beeld) en redakteur van Kerkbode, Neels Jackson, volg in Op soek na Jesus ’n unieke benadering ... Dit is 20 eeue gelede, en ’n onder­soekende joernalis sit in sy koerant­kantoor in Jerusalem. Hy hoor ge­rugte van ’n man wat wonderwerke doen en siekes ge­nees. Hy wil weet wie die man is en begin ondersoek doen en berigte skryf. Jare later sit dieselfde man en terugkyk oor die dinge wat hy geskryf het. Die leser blaai saam met hom deur sy koerantberigte om sin te maak van wie Jesus werklik is. Leer ken Jesus soos nog nooit tevore nie. Op soek na Jesus is soos elkeen se eie innerli­ke soektog na wie Jesus werklik is. Die boek sal le­sers laat nadink oor die nuuswaardigste Man ooit.

Ontsluit Die Krag Van Gebed (Afrikaans, Paperback): Stormie Omartian Ontsluit Die Krag Van Gebed (Afrikaans, Paperback)
Stormie Omartian
R189 Discovery Miles 1 890 Ships in 4 - 6 working days
Die Bybel - 1933/1953-vertaling - Mediumgrootte Naslaanbybel (Afrikaans, Hardcover, 10th ed): Bible Society of South Africa Die Bybel - 1933/1953-vertaling - Mediumgrootte Naslaanbybel (Afrikaans, Hardcover, 10th ed)
Bible Society of South Africa
R367 Discovery Miles 3 670 Ships in 4 - 6 working days
God Was Daar (Afrikaans, Paperback): Benescke Janse van Rensburg God Was Daar (Afrikaans, Paperback)
Benescke Janse van Rensburg
R189 Discovery Miles 1 890 Ships in 4 - 6 working days

'n Mens vra so maklik: “Waar is God?” Veral wanneer jy seer het, of bang of paniekerig voel ... En dikwels besef mense eers agterna: “Maar God was regtig daar!” God was daar ... is saamgestel deur bekende TV- en radio-persoonlikheid Benescke Janse van Rensburg. In hierdie inspirerende boek sal lesers hoendervleis kry wanneer hulle die meer as 80 verhale lees. Bekendes en ander mense in Suid-Afrika vertel van daardie aangrypende oomblikke wat hulle lewens verander het. God was daar ... vertel die geloofsverhale van bekende Suid-Afrikaners uit TV-, sang- en sportkringe insluitend Michael Mol, Andries Enslin, Juanita du Plessis, Sorina Erasmus, Retah McPherson, Retief Burger, Jannie du Plessis en Allister Coetzee. God was daar ... sal elke leser laat besef dat God juis daar is wanneer hulle Hom die nodigste het.

Wat Maak Jou Gelukkig? (Afrikaans, Paperback): Henk Gous Wat Maak Jou Gelukkig? (Afrikaans, Paperback)
Henk Gous
R136 Discovery Miles 1 360 Ships in 4 - 6 working days

Henk Gous bevestig in Wat maak jou gelukkig? dat mense dikwels op die verkeerde plek soek vir geluk: in geld, of werk, of 'n huwelik. Hy steun op navorsing uit die sielkunde, Bybelse beloftes en eie ervaring om te wys dat die bekendste plekke waar mense geluk gaan soek, onder andere geld, werk, huwelik en kinders, net vreugde bring saam met Jesus Christus.

Een Minuut (Afrikaans, Paperback): Wes Stafford Een Minuut (Afrikaans, Paperback)
Wes Stafford
R178 Discovery Miles 1 780 Ships in 4 - 6 working days

As God ’n kind voor jou laat staan, selfs al is dit net vir ’n minuut, is dit ’n Goddelike afspraak. Dit is wat dr. Wess Stafford, president van Compassion International, glo. In Een minuut deel die skrywer sy eie en ander se stories en ervarings om te wys watter verskil elke leser kan maak ten opsigte van ’n kind se ontwikkeling. Elkeen van die ses afdelings fokus op dit wat lesers in net een oomblik vir ’n kind kan doen. ’n Oomblik om ... te red; eiewaarde op te bou; karakter te vorm; talent te ontdek; die gees te laat ontwikkel; ’n roepingsbesef te kweek. Soms neem dit ’n enkele oomblik om ’n lewensveranderende verskil in ’n kind se lewe te maak ... ’n drukkie, ’n kompliment, opregte applous. Jy hoef nie ’n onderwyser, ouer, leraar of ’n dokter te wees om ’n verskil in ’n kind se lewe te maak nie. Jy moet net bereid wees!

Die Wonder van die Nuwe Geboorte (Afrikaans, Paperback): Marius Potgieter Die Wonder van die Nuwe Geboorte (Afrikaans, Paperback)
Marius Potgieter
R220 Discovery Miles 2 200 Ships in 18 - 22 working days

As 'n kinderarts, het die skrywer by baie moeilike geboortes bygestaan, die ontwikkeling van babas ondersteun en hulle behandel toe hulle siek, ondervoed of benadeel was deur die nalatigheid en die onnadenkende optrede van volwassenes. In DIE WONDER VAN DIE NUWE GEBOORTE beskrywe hy die ooreenkomste tussen die natuurlike geboorte en die Geestelike geboorte en ontwikkeling. Net soos 'n kind nie normaal kan ontwikkel as hy/sy nie behoorlik gevoed word nie, of benadeel word deur ongesonde substansies waarteen hy/sy beskerm moes word, is Geestelike ondervoeding en vergiftiging alomteenwoordige gevare vir diegene wat van honger vergaan sonder die Woord van God of blootgestel word aan ongoddelike geestelike ondervindinge. Gelukkig is die Woord lewendig en kragtiger as enige medisyne wat nodig mag wees. Heb 4:12

'n Reis na die lig (Afrikaans, Paperback): Marge Stathakis 'n Reis na die lig (Afrikaans, Paperback)
Marge Stathakis
R94 Discovery Miles 940 Ships in 4 - 6 working days

Een of ander tyd word almal geraak deur die dood van 'n geliefde. Die pyn van so 'n verlies is soos geen ander pyn nie, hoewel elkeen dit op sy eie manier beleef. Die smart wat na die verlies volg, is 'n normale reaksie, hoewel dit glad nie normaal voel nie, en die rouproses is nodig om te kan aangaan met die lewe. 'n Reis na die lig deur Marge Stathakis is 'n joernaal vir die reis deur verlies. Die boek bied die volgende unieke kenmerke: eerlike en openhartige beskrywings van die skrywer se persoonlike ervaring; spasie in elke hoofstuk om persoonlike; ervarings en emosies neer te skryf; praktiese raad om kinders te help om verlies te verwerk; perspektief op die rol van vriende tydens die rouproses. 'n Reis na die lig is 'n waardevolle hulpmiddel op die reis deur verlies.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Is a River Alive?
Robert Macfarlane Hardcover R665 R574 Discovery Miles 5 740
Fuzzy Logic - Mathematical Tools for…
G. Gerla Hardcover R2,804 Discovery Miles 28 040
Healthcare Information Systems and…
Joseph Tan Hardcover R4,921 Discovery Miles 49 210
Natural Computing for Unsupervised…
Xiangtao Li, Ka-Chun Wong Hardcover R2,677 Discovery Miles 26 770
Autonomous, Model-Based Diagnosis Agents
Michael Schroeder Hardcover R2,735 Discovery Miles 27 350
The End Of Eden - Wild Nature In The Age…
Adam Welz Paperback R595 R522 Discovery Miles 5 220
I Am Costa - From Meth To Marathons
Costa Carastavrakis Paperback R320 R295 Discovery Miles 2 950
Broken Land
Daylin Paul Hardcover R420 R388 Discovery Miles 3 880
Black Tax - Burden Or Ubuntu?
Niq Mhlongo Paperback  (2)
R340 R304 Discovery Miles 3 040
Environmental Transformations - A…
Mark Whitehead Paperback  (3)
R405 Discovery Miles 4 050

 

Partners