0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (26)
  • R50 - R100 (96)
  • R100 - R250 (350)
  • R250 - R500 (138)
  • R500+ (36)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Christianity > Afrikaans

Yasha Ahayah Bybel Skrif Aleph Tav (Afrikaans Edition YASAT Study Bible) (Afrikaans, Hardcover): Timothy Neal Sorsdahl Yasha Ahayah Bybel Skrif Aleph Tav (Afrikaans Edition YASAT Study Bible) (Afrikaans, Hardcover)
Timothy Neal Sorsdahl
R5,459 Discovery Miles 54 590 Ships in 18 - 22 working days
Afrikaans 1983 Medium Bybel (Afrikaans, Hardcover, 18th ed): Afrikaans 1983 Medium Bybel (Afrikaans, Hardcover, 18th ed)
R675 R599 Discovery Miles 5 990 Save R76 (11%) Ships in 5 - 10 working days
Wanneer Die Kerk Verdwaal (Afrikaans, Paperback): Stephan Joubert, Norma Rossouw, Isak Burger, Annalise Wiid Wanneer Die Kerk Verdwaal (Afrikaans, Paperback)
Stephan Joubert, Norma Rossouw, Isak Burger, Annalise Wiid
R156 Discovery Miles 1 560 Ships in 4 - 6 working days

50 skrywers skryf saam om vrae rondom die kerk, geloof en God te beantwoord en gee ook opinies oor hoekom kerke leeg loop ...

Sominge gelowiges voel dat ander Christene hulle met ‘n valkoog dophou. Hulle het ‘n vrees vir die kerk se hoë standaard en hulle dink net perfekte mense hoort daar. Baie het al negatiewe ondervindings gehad en seergekry en is liefdeloos behandel.

50 skrywers het saamgespan en deel hulle wysheid oor Christenskap en sal jou nuut laat dink oor kerkwees en wat dit regtig betek om Jesus te volg

Sulamiet (Afrikaans, Paperback): Lina Spies Sulamiet (Afrikaans, Paperback)
Lina Spies
R10 Discovery Miles 100 Ships in 5 - 10 working days

Sulamiet is ’n bundel oor medemenslikheid, liefde, die wisseling van seisoene, die skoonheid van die natuur en die kunste in ’n land en ’n wêreld van geweld. Die titel Sulamiet verwys na die vroulike spreker in die Bybelboek Hooglied waarin die verlore tuin van Eden ná die sondeval deur die liefde herskep word. Die verse in die bundel handel oor die liefde in vele vorme, die belewenis van die religieuse en die skoonheid van die natuur en die kunste waaraan altyd ’n tekort verbonde bly weens menslike ontoereikenheid. Binne die perspek­tief van die herwonne paradys staan Jesus nie sentraal as die Gekruisigde en die Wonderwerker nie, maar as die Joodse rabbi wat die koms van die Koninkryk reeds op aarde verkondig het. God is transendent: die hiëroglief, die ontwykende aan wie ons verbonde is in ons woordeloosheid en deur die musiek.

Leef Lig - Vyf Gewoontes Van Die Vroeë Kerk En Wat Dit Vir Ons Vandag Beteken (Afrikaans, Paperback): Jaco Strydom Leef Lig - Vyf Gewoontes Van Die Vroeë Kerk En Wat Dit Vir Ons Vandag Beteken (Afrikaans, Paperback)
Jaco Strydom 1
R240 R214 Discovery Miles 2 140 Save R26 (11%) Ships in 5 - 10 working days

'n Suksesvolle lewe gaan gewoonlik oor dinge bymekaarmaak: groter rykdom, meer status. Maar volgens Jesus moet jy iets laat gaan as jy geestelik wil groei. Jy moet ligter reis, nie swaarder nie. Die dissipels moes hulle nette los, die ryk jongman sy rykdom. Tot die kerk het haar grootste impak in die geskiedenis gemaak toe sy die minste besit het. Die boek motiveer ons om af te pak en vyf ou gewoontes by die vroeë kerk aan te leer, gewoontes wat ons kan help om ligter te reis.

Jaco Strydom is die leier van Echo Jeugontwikkeling en deeltyds gekoppel aan Villieria Gemeente. Sy skryfwerk verskyn die afgelope tien jaar in onder andere Beeld, Rapport, Finesse, Kerkbode, Maroela Media en Weg. Hy is ook 'n gereelde blogger. Hy woon tans in die Echo-gemeenskap in Villeria. Jaco het studeer by NWU en UP.

Die Bybel - 2020 Vertaling (Afrikaans, Hardcover, 2nd ed): Die Bybel - 2020 Vertaling (Afrikaans, Hardcover, 2nd ed)
R675 R599 Discovery Miles 5 990 Save R76 (11%) Ships in 5 - 10 working days
Die Bybel - 2020-Vertaling (Afrikaans, Hardcover): Die Bybel - 2020-Vertaling (Afrikaans, Hardcover)
R440 R406 Discovery Miles 4 060 Save R34 (8%) Ships in 5 - 10 working days
God Op Soek? - Oor Geloof in 'N Taai Tyd (Afrikaans, Paperback): Frits Gaum God Op Soek? - Oor Geloof in 'N Taai Tyd (Afrikaans, Paperback)
Frits Gaum
R50 R47 Discovery Miles 470 Save R3 (6%) Ships in 5 - 10 working days

Waar is God? En waar was God? Waar was God toe derduisende Boerevroue en hulle kinders in Engelse konsentrasiekampe gesterf het? Waar was God toe Christennasies mekaar met die Eerste en Tweede Wereldoorloe aan die keel gegryp het? Waar was God toe apartheid mense se lewens verwoes het? Waar was God met 9/11 in Amerika toe terroriste, nogal in die naam van Allah, in geboue vasgevlieg en duisende mense se dood veroorsaak het? Waar was God met Sharpeville? En met Marikana? Waar was God toe booswigte 'n Vrystaatse boer en sy vrou afgemaai het toe hulle na Sondagoggend- kerk by die huis aangekom het? Waar was God toe 'n kindjie van vier in 'n fratsongeluk dood is? Waar was God? Is daar ooit 'n God? Oor sulke vrae, wat tot in die hart van ons bestaan gryp, gaan dit in hierdie boek. Oor ons geloof en twyfel, oor ons "sekerhede" en ons wanhoop. Dis 'n boek wat jou uitnooi om saam te dink. En by nog vrae uit te kom. En, dalk, by antwoorde.

Die Gevangene In Die Derde Sel (Afrikaans, Paperback): Gene Edwards Die Gevangene In Die Derde Sel (Afrikaans, Paperback)
Gene Edwards 1
R16 Discovery Miles 160 Ships in 6 - 10 working days

Die gevangene in die derde sel is 'n boek vir almal wat omstandighede ervaar wat hulle nie verstaan nie. Dit is die dramatiese verhaal van Johannes die Doper wat in die gevangenis worstel om 'n Here wat nie aan sy verwagtings voldoen het nie, te verstaan.

Gesprekke Met God: Boek 1 (Afrikaans, Paperback): Neale Donald Walsch Gesprekke Met God: Boek 1 (Afrikaans, Paperback)
Neale Donald Walsch; Translated by Petrovna Metelerkamp
R183 Discovery Miles 1 830 Ships in 6 - 10 working days

In hierdie buitengewone gesprekke met God vind die skrywer antwoorde op vrae wat so oud is soos die mens: vrae oor die lewe en liefde, die verskil tussen goed en kwaad, erfsonde, die bestaan van die hel, die waarde van gebed, menslike verhoudings, die rol van seks, van geld, die werk wat jy doen, siekte en hoe om gesond te bly, ervaring van die dood, psigiese vermoëns, die Wederkoms.

Die natuurlike, ongekunstelde taal waarin God se boodskappe hier weergegee word, bevredig die moderne mens se behoefte aan ‘n meer direkte verbintenis met die Groot Ongesiene. Die boek neem soveel skuldgevoelens weg en bring soveel hoop – veral hoop dat jy die goddelike in jou kan verwesenlik.

Die Jirre Is My Wagter - Psalms En Inkele Annerlike Tekse Ytie Bywel Yt (Afrikaans, Paperback): Elias P. Nel Die Jirre Is My Wagter - Psalms En Inkele Annerlike Tekse Ytie Bywel Yt (Afrikaans, Paperback)
Elias P. Nel
R180 R161 Discovery Miles 1 610 Save R19 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Die Psalms is ongetwyfeld een van die mees geliefde boeke in die Bybel. Dit daag uit, aanbid en bevestig God se bemoeienis met die mens.

Elias P Nel deel in 'n outentieke stem tekste uit die Psalms en ander Bybelboeke in die taal van sy kinderjare, Boesmanlandse Afrikaans. Hy bevestig God se herderskap in ons lewe. Hierdie herskryfde tekste is hartgebeure wat op papier gesit word.

Tekste wat oorgeskryf is sluit die Psalms, Spreuke, Lukas, Johannes, Handelinge, Romeine en Openbaring in.

Tussen Angs En Sekerheid - Gedagtes Rondom Gebed (Afrikaans, Paperback): Ferdinand Deist Tussen Angs En Sekerheid - Gedagtes Rondom Gebed (Afrikaans, Paperback)
Ferdinand Deist
R240 R214 Discovery Miles 2 140 Save R26 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Wanneer gebed iets is wat jy elke dag moet doen, ’n gesprek met die plafon of die vervelige herhaling van dieselfde woorde het die wonder van gebed vir jou verlore geraak.

In hierdie heruitgawe van Ferdinand Deist se klassieke topverkoper boek oor gebed gesels hy met mense wat wil bid, maar nie kán nie.

Hierdie is geen kitskursus in die kuns van gebed nie, maar 'n toeganklike sagte begeleiding vir elkeen om die geheim van gebed terug te vind.

Leef Vry - 366 Oordenkings (Afrikaans, Hardcover): Dalene Reyburn Leef Vry - 366 Oordenkings (Afrikaans, Hardcover)
Dalene Reyburn
R279 R257 Discovery Miles 2 570 Save R22 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Hou vrees vir die verlede, hede en toekoms jou gevange met spyt, stres en onsekerheid?

Die 366 dagstukke in Leef Vry: 366 Oordenkings Oor Ware Vryheid - Deur Totale Oorgawe Aan God sal jou lei tot ’n dieper verstaan van die lewe wat joune is deur Jesus se kruisdood. Hierdie daaglikse oordenkings, vrae, gebede en vrae om oor na te dink, sal jou uitdaag, inspireer en bemoedig terwyl jy die vryheid ontdek wat joune is in God, maak nie saak in watter seisoen jy is of wat jou omstandighede is nie.

Dag een tot vyf bevat ’n Skrifgedeelte en oordenking, terwyl dag ses vrae bevat oor die voorafgaande vyf dae se dagstukke. Dit kan vir persoonlike of groepstudie gebruik word. Dag sewe fokus daarop om hierdie waarhede in jou lewe toe te pas deur gebed of jou eie dagboekinskrywings.

Kom ervaar self wat dit beteken om vrygemaak te wees van vrees sodat jy kan voel, vra, floreer, volg, liefhê, leer, gee, rus, misluk en droom.

Die Geesteswêreld (Afrikaans, Paperback): Isak Burger Die Geesteswêreld (Afrikaans, Paperback)
Isak Burger
R149 R137 Discovery Miles 1 370 Save R12 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Elke mens het deel aan twee wêrelde: die fisiese wêreld waarvan jy jou met jou sintuie kan vergewis, en die geesteswêreld waarvan ’n mens nie langs fisiese kanale insig kan kry nie. Die feit dat sommige mense die bestaan van hierdie geesteswêreld ontken, beteken beslis nie dat dit nie bestaan nie of dat ons nie deel is daarvan nie.

In Die geesteswêreld werp Isak Burger lig op hierdie onsienlike wêreld rondom ons. Hy fokus op vyf hoofdele:

• Die realiteit van die geesteswêreld
• God en die geesteswêreld
• Die engele
• Satan en sy demone
• Die gelowige en die geesteswêreld

Isak Burger wys gelowiges in hierdie boek daarop dat dit noodsaaklik is om kennis te neem van die geesteswêreld en wat daarin gebeur, want dit raak ons elkeen.

Die dans met God (Afrikaans, Paperback): Abel Pienaar Die dans met God (Afrikaans, Paperback)
Abel Pienaar 1
R189 Discovery Miles 1 890 Ships in 4 - 6 working days

Is daar 'n absolute waarheid wat ons lewe beheer? Wereldwyd raak al meer mense in hulle denke volwasse. Hulle aanvaar nie sake onkrities vir 'n "tweedehandse" lewe nie. Die dans met God vra reguit vrae en sny diep deur tradisionele antwoorde om by die sin van die lewe uit te kom. Moderne mense fokus net op dinge wat hulle kan bewys - maar verloor die misterie. Is daar 'n ander pad? Hoe kan ons nuut dink oor God en die geloof, sonder om die innerlike belewing prys te gee? Hierdie oopkop en rustige (soms vrolike) boek neem die leser op 'n lewensreis waar elkeen self kan soek - en vind. Jy leef die oomblik, want dis heilig.

Leef Jou Nuwe Lied - 200 Dagstukkies (Afrikaans, Paperback): Elsa Winckler, Sonja Goldberg Leef Jou Nuwe Lied - 200 Dagstukkies (Afrikaans, Paperback)
Elsa Winckler, Sonja Goldberg
R285 R255 Discovery Miles 2 550 Save R30 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Die lewe laat jou dikwels uitgebrand en afgemat. Leef jou nuwe lied is ’n uitnodiging van die bekende skrywer Elsa Winckler en haar pastoor-sussie Sonja Goldberg om saam deur die jaar te stap met jou hand stewig in jou Vader s’n. Ontdek ’n nuwe lied in jou hart deur hierdie 200 dagstukkies en weet Hy is daar vir jou. Hy sal jou in staat stel om vreesloos in liefde te leef.

Wat Sê Jy? (Afrikaans, Paperback): Liesel Krause-Wiid, Greta Serfontein, Norma Rossouw Wat Sê Jy? (Afrikaans, Paperback)
Liesel Krause-Wiid, Greta Serfontein, Norma Rossouw
R168 Discovery Miles 1 680 Ships in 4 - 6 working days

Leer hoe om ʼn verskil in iemand se lewe te maak.

Om met iemand te praat moet jy woorde gebruik. Alles wat ons elke dag doen is deur woorde. Of jy praat by die werk, ʼn e-pos aan ʼn kliënt of ʼn boodskap aan ʼn vriendin stuur, dit wat jy sê kan ʼn baie groot impak op iemand se lewe hê.

Jou woorde het krag en dit is tyd dat vroue in ons land dit verstaan en begryp. Alhoewel ons woorde nie iets kan skep, soos God die wêreld geskep het nie, kan jy iemand se lewe opbou of afbreek.

40 leraars skryf saam om jou te leer hoe om ʼn verskil in iemand se lewe te maak, wat jou nie tyd of moeite sal kos nie, net twee keer dink voor jy praat.

Mal Oor Jou Man (Afrikaans, Paperback): Floris Knouwds Mal Oor Jou Man (Afrikaans, Paperback)
Floris Knouwds
R136 Discovery Miles 1 360 Ships in 4 - 6 working days

Aan die begin was sy andersheid vir jou oulik, nou irriteer sy gewoontetjies jou. Maar dis dalk die bril waardeur jy kyk wat maak dat jy sukkel om hom te aanvaar. Mal oor jou man sal jou wys hoe julle lewe saam baie beter kan wees - juis omdat julle verskil. Hierna sal jy sommer weer van voor af op jou man verlief wees!

Sien die son in elke dag (Afrikaans, Paperback): Christi Panagio Sien die son in elke dag (Afrikaans, Paperback)
Christi Panagio
R126 Discovery Miles 1 260 Ships in 4 - 6 working days

Blindes wat kan sien, dowes wat kan hoor, leeus se bekke wat gesluit word. Dis wonderwerke waarvan ons in die Bybel lees en waarop ons almal hoop. Die lewe voel vir ons so gewoon, so sonder hoop. Ons glo en wil so graag sien. Maar niks gebeur nie. Tot daardie doodgewone dag wat alles verander. In Sien die son in elke dag word Christi Panagio se storie en veertig ware vertel van mense wie se lewens geseen is met 'n wonderwerk. Vir elkeen kon getuig van God se ongelooflike werk in hulle omstandighede en dat die son tog weer vir hulle geskyn het. As jy voel dat die lewe saai geraak het en dat wonderwerke nie, is Sien die son in elke dag beslis die boek vir jou. Uit hierdie verhale leer jy dat wonderwerke steeds gebeur elke dag! Die boek is saamgestel uit Finesse-artikels en sal jou inspireer, opnuut God se krag laat ontdek en ook die wonderwerke in jou lewe laat raaksien. Die boek volg op die treffer, Vind die soet in elke dag, wat onlangs bekend gestel is.

My LullaBybel Vir Meisies (Afrikaans, Hardcover): Alette-Johanni Winckler My LullaBybel Vir Meisies (Afrikaans, Hardcover)
Alette-Johanni Winckler
R280 R258 Discovery Miles 2 580 Save R22 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Die bekoorlike volkleur-illustrasies sal klein ogies betower voor hulle toeval terwyl Mamma of Pappa die ritmiese gediggies voorlees om hulle aan die slaap te sus.

Elke gediggie het ’n gebed en ’n Bybelvers wat ouers sal aanspoor en bemoedig in hulle kosbare taak om kinders groot te maak.

Verklarende Studiebybel (1933/1953) - (Ligroos) (Afrikaans, Leather / fine binding): Verklarende Studiebybel (1933/1953) - (Ligroos) (Afrikaans, Leather / fine binding)
1
R599 R539 Discovery Miles 5 390 Save R60 (10%) Ships in 4 - 8 working days

Die Verklarende Studiebybel is ’n omvattende Studiebybel gebaseer op die 1933/1953-vertaling van die Bybel in Afrikaans. Twee vooraanstaande teoloë het die verklarende notas, temas, tekskritiese inligting en inleidings tot die Bybelboeke redaksioneel versorg om te verseker dat dié inligting die Bybel getrou ontsluit en in ooreenstemming is met die nuutste Bybelkundige insigte.

Unieke kenmerke en eienskappe sluit in:

  • Teks van die 1933/1953-vertaling van die Bybel in Afrikaans
  • Boek-vir-boek-inligting met inleidende artikels tot elke Bybelboek
  • 21 Onderwerp-vir-onderwerp-artikels wat ’n algemene oorsig bied oor die hele Bybel
  • Unieke “Bestudeer die boek”-kassies wat die Bybelboek se vernaamste temas en leringe verken
  • Vers-vir-vers-voetnotas wat dwarsdeur die teks voorkom
  • Volkleur kaarte
  • 9-punt-lettergrootte

Die Verklarende Studiebybel is spesiaal saamgestel om jou Bybelkennis te verbreed, jou te help om persoonlike Bybelstudie te doen en jou geestelik te laat groei.
Die Ware en Unieke Jy - Vry van Vergelyking (Afrikaans, Paperback): Joyce Meyer Die Ware en Unieke Jy - Vry van Vergelyking (Afrikaans, Paperback)
Joyce Meyer
R249 R129 Discovery Miles 1 290 Save R120 (48%) In Stock

In 'n samelewing waar fronte voorgehou word en ons soos almal wil wees om in te pas, is dit tyd om ontslae te raak van die behoefte om jou met ander te vergelyk en aan ander se eise te voldoen.

God het aan jou unieke talente gegee sodat jy sy doel vir jou lewe kan vervul. Miskien het jy nog nie jou unieke talente ontdek nie. Neem die eerste stap en vra God om dit wat jou spesiaal en uniek maak aan jou uit te wys. Elke mens verskil immers: vir sommiges het hy leierskapseienskappe gegee; vir ander die gawe om musiek te komponeer. Laat God dan toe om jou unieke talente te gebruik en jou van binne te omvorm om iets kragdadig te doen. Jy sal boonop rus vind in dié wete: God het jou lief net soos jy is.

Die Doelgerigte Lewe (Afrikaans, Paperback): Rick Warren Die Doelgerigte Lewe (Afrikaans, Paperback)
Rick Warren
R199 R183 Discovery Miles 1 830 Save R16 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Die mees basiese vraag waarvoor elkeen in die lewe te staan kom, is: Hoekom is ek hier? Wat is my doel? Volgens Rick Warren lê die antwoord by God en sy ewige doel met elke mens se lewe. Ware betekenis en belang kom van insig in en vervulling van die doel waarvoor God ons op die aarde geplaas het.

Die doelgerigte lewe stel lesers in staat om te begryp waaroor die lewe eintlik gaan, en om die lewe te begin leef waarvoor God hulle geskep het.

Deur die gebruik van Bybelse verhale en deur die Bybel self te laat praat, verduidelik Warren God se vyf doelwitte vir ons elkeen:

  • Ons is beplan vir God se behae: Jou eerste doel is om Hom opreg te aanbid
  • Ons is gevorm vir God se familie: Jou tweede doel is om opregte sielsgemeenskap te ervaar
  • Ons is geskep om soos Christus te word: Jou derde doel is om opregte dissipelskap te leer
  • Ons is gevorm om God te dien: Jou vierde doel is om opregte bediening te beoefen
  • Ons is gemaak vir ’n sending: Jou vyfde doel is om opregte Evangelieprediking uit te leef

Hierdie hersiene en uitgebreide weergawe beklemtoon die vraag: Wat op aarde doen ek hier? Dit is ook die lewensboodskap van Rick Warren, stigterspastor van Saddleback Church. Die boek is in ’n boeiende styl geskryf en in 42 kort hoofstukke (ses weke) ingedeel wat as dagstukkies gelees kan word, deur kleingroepe bestudeer en deur kerke gebruik kan word.
NLV Grootdruk (Swart) (Afrikaans, Large print, Hardcover): Wil Vosloo, Andrie Du Toit NLV Grootdruk (Swart) (Afrikaans, Large print, Hardcover)
Wil Vosloo, Andrie Du Toit
R346 Discovery Miles 3 460 Ships in 4 - 6 working days

Die Bybel Nuwe Lewende Vertaling (NLV) in grootdruk bied ’n unieke balans tussen noukeurigheid, akkuraatheid en lesersvriendelikheid en is reeds baie gewild by duisende lesers.

• 12 punt lettergrootte
• Dubbelkolom-uitleg
• 8 volkleur-kaarte
• Merklint

NLV Grootdruk (Wynrooi) (Afrikaans, Large print, Leather / fine binding): Wil Vosloo, Andrie Du Toit NLV Grootdruk (Wynrooi) (Afrikaans, Large print, Leather / fine binding)
Wil Vosloo, Andrie Du Toit
R346 Discovery Miles 3 460 Ships in 4 - 6 working days

Die Bybel Nuwe Lewende Vertaling (NLV) in grootdruk bied ’n unieke balans tussen noukeurigheid, akkuraatheid en lesersvriendelikheid en is reeds baie gewild by duisende lesers.

• 12 punt lettergrootte
• Dubbelkolom-uitleg
• 8 volkleur-kaarte
• Merklint

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Unruly Media - YouTube, Music Video, and…
Carol Vernallis Hardcover R3,848 Discovery Miles 38 480
Information Technology, Productivity…
Matti Pohjola Hardcover R4,844 Discovery Miles 48 440
Collaborative Information Behavior…
Hardcover R4,562 Discovery Miles 45 620
Scientific Advertising - Complete and…
Claude C. Hopkins Hardcover R608 Discovery Miles 6 080
There is No Software, There Are Just…
Irina Kaldrack, Martina Leeker Hardcover R985 Discovery Miles 9 850
Dot.Con - How America Lost Its Mind and…
John Cassidy Paperback R439 R412 Discovery Miles 4 120
Information Assurance, Security and…
H. Raghav Rao, Shambhu Upadhyaya Hardcover R6,239 Discovery Miles 62 390
Bargaining with the Machine…
Robert M. Pallitto Hardcover R1,994 Discovery Miles 19 940
Human Choice and Digital by Default…
David Kreps, Robert Davison, … Hardcover R1,420 Discovery Miles 14 200
Software Services for e-World - 10th…
Wojciech Cellary, Elsa Estevez Hardcover R1,442 Discovery Miles 14 420

 

Partners