0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (26)
  • R50 - R100 (96)
  • R100 - R250 (351)
  • R250 - R500 (138)
  • R500+ (36)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Christianity > Afrikaans

My Allerbeste vir sy Hoogste (Afrikaans, Large print, Paperback): Oswald Chambers My Allerbeste vir sy Hoogste (Afrikaans, Large print, Paperback)
Oswald Chambers
R199 R183 Discovery Miles 1 830 Save R16 (8%) Ships in 4 - 8 working days

My allerbeste vir Sy hoogste: 366 Klassieke Oordenkings is Oswald Chambers se klassieke werk. Hierdie uitsonderlike Christelike boek met sy geestelike insigte en lewensveranderende perspektiewe is nou ook in grootdruk-formaat beskikbaar.

Hierdie uitgawe van My allerbeste vir Sy hoogste is maklik leesbaar en verstaanbaar. Tog het nie een enkele waarheid verander sedert die oorspronklike uitgawe nie. Hierdie eietydse weergawe van dié boek, wat wêreldwyd deur baie as een van die gewildste Christelike boeke ooit beskou word, is ’n vreugde om te lees en oor na te dink. Niemand kan gereeld uit hierdie boek lees sonder om ’n beter dienaar van Christus te word nie.

• Internasionale topverkoper
• Klassieke werk
• 366 dagstukke in maklik leesbare grootdruk-formaat
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel My Utmost For His Highest

NLV Standaard Bybel met Ritssluiter en Duimgrepe (Taan Bruin) (Afrikaans, Leather / fine binding): NLV Standaard Bybel met Ritssluiter en Duimgrepe (Taan Bruin) (Afrikaans, Leather / fine binding)
R599 R539 Discovery Miles 5 390 Save R60 (10%) Ships in 4 - 8 working days

’n Pragtige nuwe uitgawe van die gewilde NLV-vertaling! Die ideale geskenk vir mans.

Die Nuwe Lewende Vertaling kombineer Skrifgetrouheid met ’n dinamiese, duidelike skryfstyl wat God se Woord kragtig oordra aan almal wat dit hoor en lees. Dit dra die boodskap van die oorspronklike tale oor in gemaklike Afrikaans. Die Nuwe Lewende Vertaling nooi lesers om die Bybelse teks hul eie te maak en God se verhaal vir hul eie lewe en die wêreld te ontdek. Dit beskik oor die volgende kenmerke:

• Volledige teks van die NLV met verduidelikende voetnote
• 10-punt lettergrootte
• Dubbelkolom-uitleg
• 8 volkleur-kaarte
• Kunsleer-omslag met rits
• 1400 bladsye, goudgerand
• Merklint
• Duimgrepe

Grense - Wanneer Om Ja te Sê en Hoe Om Nee Te Sê Om Beheer Te Neem Van Jou Lewe (Afrikaans, Paperback): Henry Cloud, John... Grense - Wanneer Om Ja te Sê en Hoe Om Nee Te Sê Om Beheer Te Neem Van Jou Lewe (Afrikaans, Paperback)
Henry Cloud, John Townsend
R199 R183 Discovery Miles 1 830 Save R16 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Voel alles in jou lewe buite beheer? Dalk voel dit of jy vir almal in jou lewe moet ja sê. Dalk neem jy verantwoordelikheid vir ander se emosies en probleme. Of dalk fokus jy so baie daarop om liefdevol en onselfsugtig te wees dat jy vergeet het waar jou eie beperkings lê. Of is dit alles dalk waar van jou?

In Grense: Wanneer Om Ja te Sê en Hoe Om Nee Te Sê Om Beheer Te Neem Van Jou Lewe help dr. Henry Cloud en dr. John Townsend jou om te weet wanneer om ja te sê en hoe om nee te sê sodat jy weer in beheer is van jou lewe en gesonde grense kan stel vir jou eggenoot, kinders, vriende, ouers, kollegas – en selfs jouself! Dit sal lesers help om hierdie moeilike vrae te beantwoord:

• Kan ek grense stel en steeds ’n liefdevolle persoon wees?
• Wat is gesonde grense?
• Hoe kan ek my digitale wêreld bestuur sodat dit my nie beheer nie?
• Wat as my grense iemand ontstel of seermaak?
• Hoe antwoord ek iemand wat my tyd, liefde, energie of geld wil hê?
• Hoekom voel ek skuldig of bang wanneer ek daaraan dink om grense te stel?
• Hoe rym grense met wedersydse onderdanigheid in die huwelik?
• Is dit nie selfsugtig om grense te stel nie?

Jou lewe hoef nie buite beheer te raak nie. Ontdek hoe grense jou lewe vandag beter kan maak!

Wanneer God Stil Is - Verstaan die Stilte van Onbeantwoorde Gebed (Afrikaans, Paperback): Pete Greig Wanneer God Stil Is - Verstaan die Stilte van Onbeantwoorde Gebed (Afrikaans, Paperback)
Pete Greig
R189 R174 Discovery Miles 1 740 Save R15 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Het jy ook seer en wonder jy heimlik: “Hoe gaan ek hierdeur kom? Hoekom word my gebede nie beantwoord nie? Waar is God? Wanneer gaan my gebede beantwoord word?”

Gebore uit die pyn van sy vrou se lewensbedreigende diagnose ondersoek Pete Greig die donker kant van gebed om aan die ander kant uit te kom met ’n boodskap van hoop, vertroosting en diepgaande Bybelse insig vir almal wat in stilte ly. Wanneer God stil is: Verstaan die Stilte van Onbeantwoorde Gebed is ’n eerlike en diepgaande boek wat kyk na die moeilike deel van gebed, wat jy moet doen wanneer daar oënskynlik geen antwoorde is nie en hoe om te reageer wanneer ander mense probeer om jou ervaring te interpreteer.

Vir dié wat steeds sukkel om God se stem te hoor, is daar aan die einde van die boek ’n 40-dae-gebedsreis wat jou sal help om jou vrae in gebede om te sit.

• Delf dieper in die belangrikste kwessies waarvoor mense wat ly te staan kom:
o Hoe gaan ek hierdeur kom?
o Hoekom word my gebede nie beantwoord nie?
o Waar is God wanneer die hemel stil is?
o Wanneer elke gebed beantwoord is
• Bevat ’n 40-dae-gebesdsreis wat elke dag ’n Bybelgedeelte bestudeer en tesame met ’n aanhaling uit die boek jou vrae in gebede omsit.
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel God on Mute

Vroue Van Die Bybel Bybelstudie (Afrikaans, Paperback): Wayne Barber Vroue Van Die Bybel Bybelstudie (Afrikaans, Paperback)
Wayne Barber
R189 R174 Discovery Miles 1 740 Save R15 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Hoe belangrik is vroue vir God? Vroue van die Bybel: 12 Studies Oor Lewensbeginsels antwoord hierdie vraag deur na belangrike vroue in die Ou en Nuwe Testament te kyk.

Deur die lewens van twaalf vroue – Eva, Sara, Mirjam, Ragab, Debora, Rut, Hanna, Ester, die deugsame vrou, Marta en Maria, Maria die ma van Jesus, en die bruid van Christus – te bestudeer leer lesers belangrike lewenslesse rakende totale gehoorsaamheid aan God asook die mislukkings wat spruit uit ongehoorsaamheid. Die Bybelvroue leer lesers ook hoe om huishoudelike sake en kinderopvoeding te hanteer. In 12 weke met genoeg studies vir vyf dae van die week bespreek hierdie Bybelstudie nuwe temas om vroue se posisie voor die Here en sy plan te verstaan. Dit bied ook antwoorde op moeilike vrae wat algemeen deur hedendaagse vroue gevra word.

Vroue van die Bybel is ideaal vir vroue wat self ’n verhouding met die Here wil ontwikkel.

• 12 weke met studies vir 5 dae van die week.
• ’n Interaktiewe studie wat belangrike, interessante skriftuurlike punte inkorporeer.
• Dit bied ’n historiese perspektief op die karakters.
• Dit gee interessante feite oor die tyd waarin die karakters geleef het.

NLV Bruin Joernaal-Bybel (Afrikaans, Leather / fine binding): NLV Bruin Joernaal-Bybel (Afrikaans, Leather / fine binding)
R999 R844 Discovery Miles 8 440 Save R155 (16%) Ships in 4 - 8 working days

Ontdek die vreugde van stilword by God! Die NLV Joernaal-bybel bevat die volledige teks van die Nuwe Lewende Vertaling en het breë kantlyne waar gebede, notas en ander persoonlike inskrywings gedoen kan word. Ervaar vrede, vernuwing en inspirasie in jou geloofslewe wanneer jy stil word met die Woord van God en nadink oor die ewige waarhede daarin.

• Volledige teks van die NLV in enkelkolom-uitleg
• Lesersvriendelike 8.5-punt lettergrootte
• Breë kantlyne met lyntjies spesiaal vir gedagtes, gebede, notas en ander persoonlike inskrywings.
• Omslag van egte leer
• Goudgerand
• Merklint
• Verpakking: "Slipcase"

NLV Standaard Bybel Met Ritssluiter en Duimgrepe (Pienk Blomme) (Afrikaans, Leather / fine binding): NLV Standaard Bybel Met Ritssluiter en Duimgrepe (Pienk Blomme) (Afrikaans, Leather / fine binding)
R599 R539 Discovery Miles 5 390 Save R60 (10%) Ships in 4 - 8 working days

’n Pragtige nuwe uitgawe van die gewilde NLV-vertaling! Die ideale geskenk vir vroue.

Die Nuwe Lewende Vertaling kombineer Skrifgetrouheid met ’n dinamiese, duidelike skryfstyl wat God se Woord kragtig oordra aan almal wat dit hoor en lees. Dit dra die boodskap van die oorspronklike tale oor in gemaklike Afrikaans. Die Nuwe Lewende Vertaling nooi lesers om die Bybelse teks hul eie te maak en God se verhaal vir hul eie lewe en die wêreld te ontdek. Dit beskik oor die volgende kenmerke:

• Volledige teks van die NLV met verduidelikende voetnote
• 10-punt lettergrootte
• Dubbelkolom-uitleg
• 8 volkleur-kaarte
• Kunsleer-omslag met rits
• 1400 bladsye, goudgerand
• Merklint
• Duimgrepe

Psalms Vir Elke Dag - 365 Dagstukkies (Afrikaans, Hardcover): Joyce Meyer Psalms Vir Elke Dag - 365 Dagstukkies (Afrikaans, Hardcover)
Joyce Meyer
R279 R257 Discovery Miles 2 570 Save R22 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Psalms nooi jou om daagliks jou hart voor God uit te stort. God wil hê dat jy daagliks openlik en eerlik die goeie én slegte met Hom moet deel. Dit is wat Psalms so besonders maak. Dit toon hoe die psalmiste met God gepraat het toe hulle gelukkig en tevrede was met hoop in hul harte, maar ook toe hulle bang, moedeloos, kwaad en alleen was.

In Psalms vir elke dag, 'n 365-dagstukkieboek, nooi Joyce Meyer jou om saam met haar deur die baie bekende boek van Psalms te reis.

Dit sal jou:

• Nader aan Jesus bring, en
• Jou die geleentheid bied om die wysheid wat in Psalms opgesluit is, jou eie te maak.
• Sakpasgrootte: 190 mm x 140 mm
• 376 pp
• Pragtige hardeband-boek met lint as boekmerk
• Lesersvriendelike fontgrootte en uitleg (in pantone-kleur)

Die Sakpas-Bybel met Oordenkings vir Vroue (Afrikaans, Paperback): Norma Rossouw Die Sakpas-Bybel met Oordenkings vir Vroue (Afrikaans, Paperback)
Norma Rossouw
R189 R174 Discovery Miles 1 740 Save R15 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Ontdek God se beloftes vir jou lewe en ervaar hoe jou geloof daagliks groei.

Die sakpas-Bybel met oordenkings vir vroue bevat 366 daaglikse gedagtes wat jou sal help ontdek dat jy selfs in jou moeilikste oomblikke waardig en sterk in God is. Elke dag bevat ’n versameling kernverse uit die Skrif en ’n kort oordenking oor temas soos geestelike groei, wysheid, moederskap, selfvertroue en om deur God gekies te wees. Daar is ook ’n tematiese indeks om maklik antwoorde te kry oor kwessies waaroor jy wonder. Die gerieflike grootte is ideaal vir jou handsak of jou bedkassie.

NLV Standaard Bybel Met Duimgrepe (Ligblou Met Pienk Blomme) (Afrikaans, Leather / fine binding): NLV Standaard Bybel Met Duimgrepe (Ligblou Met Pienk Blomme) (Afrikaans, Leather / fine binding)
R499 R459 Discovery Miles 4 590 Save R40 (8%) Ships in 4 - 8 working days

’n Pragtige nuwe uitgawe van die gewilde NLV-vertaling! Die ideale geskenk vir jong vroue.

Die Nuwe Lewende Vertaling kombineer Skrifgetrouheid met ’n dinamiese, duidelike skryfstyl wat God se Woord kragtig oordra aan almal wat dit hoor en lees. Dit dra die boodskap van die oorspronklike tale oor in gemaklike Afrikaans. Die Nuwe Lewende Vertaling nooi lesers om die Bybelse teks hul eie te maak en God se verhaal vir hul eie lewe en die wêreld te ontdek. Dit beskik oor die volgende kenmerke:

• Volledige teks van die NLV met verduidelikende voetnote
• 10-punt lettergrootte
• Dubbelkolom-uitleg
• 8 volkleur-kaarte
• Kunsleer-omslag
• 1400 bladsye
• Merklint
• Duimgrepe

NLV Standaard Bybel Met Duimgrepe (Olyfgroen Met Goue Blomme) (Afrikaans, Leather / fine binding): NLV Standaard Bybel Met Duimgrepe (Olyfgroen Met Goue Blomme) (Afrikaans, Leather / fine binding)
R499 R459 Discovery Miles 4 590 Save R40 (8%) Ships in 4 - 8 working days

’n Pragtige nuwe uitgawe van die gewilde NLV-vertaling! Die ideale geskenk vir vroue.

Die Nuwe Lewende Vertaling kombineer Skrifgetrouheid met ’n dinamiese, duidelike skryfstyl wat God se Woord kragtig oordra aan almal wat dit hoor en lees. Dit dra die boodskap van die oorspronklike tale oor in gemaklike Afrikaans. Die Nuwe Lewende Vertaling nooi lesers om die Bybelse teks hul eie te maak en God se verhaal vir hul eie lewe en die wêreld te ontdek. Dit beskik oor die volgende kenmerke:

• Volledige teks van die NLV met verduidelikende voetnote
• 10-punt lettergrootte
• Dubbelkolom-uitleg
• 8 volkleur-kaarte
• Kunsleer-omslag
• 1400 bladsye
• Merklint
• Duimgrepe

NLV Standaard Bybel (Swart) (Afrikaans, Hardcover): NLV Standaard Bybel (Swart) (Afrikaans, Hardcover)
R249 R229 Discovery Miles 2 290 Save R20 (8%) Ships in 4 - 8 working days

’n Nuwe uitgawe van die gewilde NLV-vertaling!

Die Nuwe Lewende Vertaling kombineer Skrifgetrouheid met ’n dinamiese, duidelike skryfstyl wat God se Woord kragtig oordra aan almal wat dit hoor en lees. Dit dra die boodskap van die oorspronklike tale oor in gemaklike Afrikaans. Die Nuwe Lewende Vertaling nooi lesers om die Bybelse teks hul eie te maak en God se verhaal vir hul eie lewe en die wêreld te ontdek. Dit beskik oor die volgende kenmerke:

• Volledige teks van die NLV met verduidelikende voetnote
• 10-punt lettergrootte
• Dubbelkolom-uitleg
• 8 volkleur-kaarte
• 1400 bladsye
• Merklint

Efesiërs: 'n Bybelstudie - 8 Studies (Afrikaans, Paperback): Riekert Botha Efesiërs: 'n Bybelstudie - 8 Studies (Afrikaans, Paperback)
Riekert Botha
R79 R73 Discovery Miles 730 Save R6 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Sien jy ook soms oral waar jy kyk net afgodery, geldgierigheid en vyandigheid teenoor Christene? Is jy bewus van ’n intense geestelike oorlog en wil jy soms net moed opgee? Dis wat die Bybelse gelowiges in die stad Efese ook beleef het! Paulus deel dan sy boodskap met hulle oor die kragtigste wapen om in moeilike tye staande te bly.

Hierdie vers-vir-vers-Bybelstudie oor Efesiërs deur Riekert Botha vestig jou aandag op God se allesoortreffende liefde vir elkeen wat in Christus glo. Ontdek dat dit jou identiteit in Christus is wat jou in staat stel om staande te bly wanneer chaos en vyandskap jou wil onderkry.

Aan die einde van die agt studies is daar verdere vrae om te besin oor die dorp of stad waar jy bly en hoe jy kan meewerk om die evangelie in jou gemeenskap uit te dra.

• Vers-vir-vers-bespreking van Efesiërs vir groepe en individue
• Besprekingsvrae en plek om antwoorde neer te skryf
• Vrae aan die einde om jou dorp/stad te evalueer vir moontlike evangelisasiewerk
• Relevante tema vir gelowiges vandag
• 120 bladsye

Vaste Geloof Dagstukke - 366 Oordenkings vir Volgelinge van Jesus wat Lewe in Oorvloed wil Geniet (Afrikaans, Large print,... Vaste Geloof Dagstukke - 366 Oordenkings vir Volgelinge van Jesus wat Lewe in Oorvloed wil Geniet (Afrikaans, Large print, Hardcover)
Angus Buchan
R279 R257 Discovery Miles 2 570 Save R22 (8%) Ships in 4 - 8 working days

As gelowiges in Christus sien ons uit na die ewigheid en om eendag by ons geliefde Saligmaker te wees. Maar hoe moet ons intussen leef en hoe moet ons die kwessies op ons pad hanteer? Vaste geloof se 366 dagstukke sal jou help om ’n man of vrou na God se hart te wees met ’n geloof wat gebou is op ’n vaste fondament. Met onwankelbare vertroue op God sal jy toegerus wees om enige uitdaging, probleem of onsekerheid te hanteer.

Stap saam met Angus Buchan op ’n jaarlange reis en leef elke dag voluit vir Jesus terwyl jy jou aardse reis sterk en oorwinnend voltooi.

• 366 oordenkings
• 392 bladsye
• Hardeband met merklint
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel Firm Faith

Mini-Oordenkings Oomblikke van Hoop (Afrikaans, Paperback): Stephan Joubert Mini-Oordenkings Oomblikke van Hoop (Afrikaans, Paperback)
Stephan Joubert
R59 R55 Discovery Miles 550 Save R4 (7%) Ships in 4 - 8 working days

Soms is dit maklik om te sien hoe God in jou lewe aan die werk is, en ander kere het ’n mens ’n anker van hoop nodig.

Mini-oordenkings: Oomblikke van hoop se 180 kort, kragtige dagstukke nooi vroue om stil te word by God en opnuut hoop te vind in Hom. Die dagstukke fokus op hedendaagse kwessies soos gebedstye, tevredenheid, tydsbestuur en verhoudings. Dit sal jou verhouding met God verinnig en jou die moed gee om elke dag aan te pak in die wete dat Hy by jou is en jou liefhet.

Dit is die ideale grootte om oral met jou saam te dra sodat jy enige plek en enige tyd kan stilword by God.

• 180 kort, kragtige dagstukke vir vroue
• 184 eenkleur-bladsye
• Sakpas-grootte
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel Mini Devotions: Meaningful Moments with God

Begin die Dag Saam met God - 365 Dagstukke (Afrikaans, Hardcover): Joyce Meyer Begin die Dag Saam met God - 365 Dagstukke (Afrikaans, Hardcover)
Joyce Meyer
R249 R229 Discovery Miles 2 290 Save R20 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Is jou dae vol en besig, en wens jy soms daar was iemand wat vir jou leiding kan gee in elke faset van jou lewe? God wil daardie Iemand vir jou wees! Elke nuwe dag is ’n nuwe kans om in God se teenwoordigheid te leef. Ons hoef nie meer oorweldig en rigtingloos deur ons dae te strompel nie.

In hierdie 365 dagstukke van topverkoper-outeur Joyce Meyer sal jy opnuut ontdek dat jy al jou vrese, swakhede, hoop en vreugde met God kan deel omdat jy sy kind is. En wanneer jy jou dag in gebed aan die Here toewy, sal jy die leiding van die Gees in elke area van jou lewe ervaar. Begin die dag saam met God sal jou nie net bemoedig en ondersteun nie, dit sal jou ook die krag gee om ander mense in jou lewe te bemoedig en by te staan.

Ervaar die vreugde daarvan om elke dag saam met God te begin en geniet sy leiding, genade, voorsiening, liefde en seën.

'n Bybeldagboek vir Seuns (Afrikaans, Paperback): Jean Fischer 'n Bybeldagboek vir Seuns (Afrikaans, Paperback)
Jean Fischer
R149 R137 Discovery Miles 1 370 Save R12 (8%) Ships in 4 - 8 working days

’n Wonderlike dagboek wat ’n stewige grondslag sal lê vir seuns se geloofsgroei.

Die 365 dagstukkies in ’n Bybeldagboek vir seuns is gebaseer op van die bekendste Skrifgedeeltes en beloftes in die Bybel. Jong seuns sal elke dag van die jaar bemoedig, uitgedaag en geïnspireer word. Enkele temas wat in hierdie dagboek voorkom, is God, Jesus, die hemel, liefde, wonderwerke, wysheid en vele meer.

Elke oordenking is gerig op die daaglikse leefwêreld van seuns en bied woorde van troos, vrede en hoop.

Die Bybel In Praktyk Studiebybel (Rooi & Swart) (Afrikaans, Hardcover): Fika Janse van Rensburg, Wil Vosloo Die Bybel In Praktyk Studiebybel (Rooi & Swart) (Afrikaans, Hardcover)
Fika Janse van Rensburg, Wil Vosloo 1
R699 R615 Discovery Miles 6 150 Save R84 (12%) Ships in 4 - 8 working days

Die Bybel in Praktyk is ’n unieke Studiebybel in Afrikaans wat die Bybelleser sal help om sy kennis van en insig in die Woord van God te verbreed én te verdiep. Hierdie Bybel met die volledige teks van die Bybel in Afrikaans 1983/1992 bevat verklaringsnotas en aantekeninge wat help om ’n Skrifgedeelte binne sy konteks te verstaan. Verder verskaf dit belangrike agtergrond en historiese inligting, dit verduidelik moeilike woorde en frases, en dit sluit ook kruisverwysings, karaktersketse, kaarte, rubrieke en diagramme in, wat telkens op dieselfde bladsy voorkom as die gedeelte waarop dit betrekking het.

Die mees uitstaande kenmerk van Die Bybel in Praktyk is veral sy praktykgerigtheid: dit dra nie bloot feitelike Bybelkennis oor nie, maar wys die Bybelleser hoe dit wat in die Bybel geskryf staan, praktyk in sy lewe van elke dag kan word.

Die Bybel in Praktyk is ’n wetenskaplik verantwoorde werk, saamgestel deur ’n paneel bekende teoloë volgens die jongste Bybeluitlegmetodes. Dit wil gelowiges help om die Bybel beter te begryp, maar óók sy daaglikse lewe daarvolgens te rig.

•9.5-pt lettergrootte

NLV Standaard Bybel Met Duimgrepe (Donkerbruin en Oranje) (Afrikaans, Leather / fine binding): NLV Standaard Bybel Met Duimgrepe (Donkerbruin en Oranje) (Afrikaans, Leather / fine binding)
R499 R459 Discovery Miles 4 590 Save R40 (8%) Ships in 4 - 8 working days

’n Pragtige nuwe uitgawe van die gewilde NLV-vertaling! Die ideale geskenk vir mans.

Die Nuwe Lewende Vertaling kombineer Skrifgetrouheid met ’n dinamiese, duidelike skryfstyl wat God se Woord kragtig oordra aan almal wat dit hoor en lees. Dit dra die boodskap van die oorspronklike tale oor in gemaklike Afrikaans. Die Nuwe Lewende Vertaling nooi lesers om die Bybelse teks hul eie te maak en God se verhaal vir hul eie lewe en die wêreld te ontdek. Dit beskik oor die volgende kenmerke:

• Volledige teks van die NLV met verduidelikende voetnote
• 10-punt lettergrootte
• Dubbelkolom-uitleg
• 8 volkleur-kaarte
• Kunsleer-omslag
• 1400 bladsye
• Merklint
• Duimgrepe

Ontsluit die Bybel - ?n Omvattende Studie oor die Ou en Nuwe Testament (Afrikaans, Paperback): Stephan Joubert Ontsluit die Bybel - ’n Omvattende Studie oor die Ou en Nuwe Testament (Afrikaans, Paperback)
Stephan Joubert
R599 R539 Discovery Miles 5 390 Save R60 (10%) Ships in 4 - 8 working days

Ontsluit die Bybel: ’n Omvattende Studie oor die Ou en Nuwe Testament is ’n omvattende Bybelreis van Genesis tot Openbaring deur Stephan Joubert en Leonard Maré. Dié Bybelstudie sal soekendes help om dieper te delf in die kosbare waarhede van die Skrif en sodoende nuwe insigte te ontdek op hulle pad na geestelike groei. Ontsluit die Bybel bied 95 studies oor die Nuwe Testament en 71 studies oor die Ou Testament.

Deel 1 van hierdie boek bespreek: “Hoe verstaan en gebruik ons die Bybel reg?” Daarna volg die fokus op die Bybel self in Deel 2 (Ou Testament) en Deel 3 (Nuwe Testament). Die Ou en Nuwe Testament word vir die leser uitgelê deur die ontstaansituasie, opbou, hooffigure en/of hooftemas van elke Bybelboek te bespreek. Dit word afgerond deur ’n verklarende uitleg van sekere kerngedeeltes.

Ontsluit die Bybel begelei die leser in meer as 160 studies om self dieper te delf ten einde die onderskeie Bybelboeke se teologie, opbou, inhoud, doel, verhaalgang en styl te verstaan.

• Bybelstudie ideaal vir groepe of individue.
• 160 studies oor die Ou en Nuwe Testament
• Fokus op die ontstaansituasie, opbou, hooffigure en/of hooftemas van elke boek

Ontsluit die Bybel sal lesers uitdaag om die Bybel boek vir boek dieper te leer ken deur konteks te gee waarmee hulle dan groot vraagstukke kan deurdink en dieper betekenisse kan ontdek - op hul eie of saam met ander.

NLV Bybel (Met Ritssluiter & Duimgrepe) (Neutbruin) (Afrikaans, Large print, Leather / fine binding): Andrie Du Toit, Wil Vosloo NLV Bybel (Met Ritssluiter & Duimgrepe) (Neutbruin) (Afrikaans, Large print, Leather / fine binding)
Andrie Du Toit, Wil Vosloo
R599 R539 Discovery Miles 5 390 Save R60 (10%) Ships in 4 - 8 working days

Die Nuwe Lewende Vertaling (NLV) kombineer Skrifgetrouheid en lesersvriendelikheid om die boodskap van die grondteks in eietydse Afrikaans vir vandag se leser weer te gee.

Hierdie grootdruk-uitgawe met kunsleer-omslag beskik oor die volgende kenmerke:

• Voetnote om begrip en kennis uit te brei
• 12 punt lettergrootte
• Dubbelkolom-uitleg
• 8 volkleur-kaarte
• Merklint
• Duimgrepe
• Verpakking: “Sleeve”

NLV Kunsleer Standaard Bybel Met Duimgrepe (Pienk Glinster) (Afrikaans, Leather / fine binding): NLV Kunsleer Standaard Bybel Met Duimgrepe (Pienk Glinster) (Afrikaans, Leather / fine binding)
R499 R459 Discovery Miles 4 590 Save R40 (8%) Ships in 4 - 8 working days

’n Pragtige nuwe uitgawe van die gewilde NLV-vertaling! Die ideale geskenk vir jong vroue.

Die Nuwe Lewende Vertaling kombineer Skrifgetrouheid met ’n dinamiese, duidelike skryfstyl wat God se Woord kragtig oordra aan almal wat dit hoor en lees. Dit dra die boodskap van die oorspronklike tale oor in gemaklike Afrikaans. Die Nuwe Lewende Vertaling nooi lesers om die Bybelse teks hul eie te maak en God se verhaal vir hul eie lewe en die wêreld te ontdek. Dit beskik oor die volgende kenmerke:

• Volledige teks van die NLV met verduidelikende voetnote
• 10-punt lettergrootte
• Dubbelkolom-uitleg
• 8 volkleur-kaarte
• Kunsleer-omslag
• 1400 bladsye
• Merklint
• Duimgrepe

Die A-Z van Openbaring - ?n Allesomvattende Perspektief op die Boek Openbaring (Afrikaans, Paperback): Jan Du Rand Die A-Z van Openbaring - ’n Allesomvattende Perspektief op die Boek Openbaring (Afrikaans, Paperback)
Jan Du Rand
R399 R367 Discovery Miles 3 670 Save R32 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Leef ons in die eindtyd? Hierdie vraag het belangstelling in die boek Openbaring die afgelope dekades geweldig laat toeneem. Tegnologiese vooruitgang, oorloë en geweld, hongersnood, aardbewings en klimaatsverandering lei al hoe meer mense om antwoorde in Openbaring te soek.

In Die A-Z van Openbaring: ’n Allesomvattende perspektief op die boek Openbaring gee prof. Jan du Rand ’n omvattende uiteensetting van Openbaring. Hy fokus veral op die volgende aspekte:

• Wanneer Openbaring geskryf is
• Die doel van die boek Openbaring
• Openbaring as ’n brief aan sewe gemeentes, ’n profesie en ’n apokalips
• Die beelde in Openbaring en hulle betekenis
• Die rolspelers in Openbaring
• Betekenis van die verskillende tekens

Die A-Z van Openbaring sal lesers ’n beter begrip gee van die geestelike boodskap van Openbaring binne sy Nuwe-Testamentiese verband, asook ook op die boodskap vir vandag sodat hulle met gesonde verwagtings sal uitsien na die wederkoms van die Here Jesus.

• Omvattende uiteensetting van die boek Openbaring.
• Fokus op wanneer Openbaring geskryf is, die doel van die boek, asook ‘n bespreking van die beelde, rolspelers en tekens en hulle betekenis.
• Outeur bekend as ’n vakspesialis op die gebied van die geskrifte van Johannes.
• Bevat die volledige Bybelteks van Openbaring uit Die Multivertaling Bybel.

Ek Is Tot Alles In Staat (Afrikaans, Paperback): Riekert Botha Ek Is Tot Alles In Staat (Afrikaans, Paperback)
Riekert Botha
R79 R73 Discovery Miles 730 Save R6 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Riekert Botha neem lesers in Ek Is Tot Alles In Staat: Deur Hom Wat My Krag Gee: 10 Studies Oor Die Boek Filippense deur die vreugde-brief Filippense en daag elkeen uit om die ware betekenis van dié bekende boek te ontdek.

Dié bekende skrywer breek Filippense in 10 studies op om te sien wat die boodskap van die boek is. Eerstens word daar gekyk vir wie die boek oorspronklik geskryf is en wat die boodskap vir hulle was. Dan kan die leser uitvind wat hierdie boek vir hom of haar persoonlik sê. Ons omstandighede is vandag anders as die eerste lesers van die brief s’n, maar God se boodskap bly dieselfde deur al die eeue heen.

Groot gedeeltes Bybelteks uit die NLV in Ek is tot alles in staat sorg vir maklike naslaan.

NLV Mnr & Mev Geskenkbybel (Wit) (Afrikaans, Leather / fine binding): NLV Mnr & Mev Geskenkbybel (Wit) (Afrikaans, Leather / fine binding)
R499 R459 Discovery Miles 4 590 Save R40 (8%) Ships in 4 - 8 working days

’n Pragtige nuwe uitgawe van die gewilde NLV-vertaling! Ideaal as geskenk vir egpare.

Die Nuwe Lewende Vertaling kombineer Skrifgetrouheid met ’n dinamiese, duidelike skryfstyl wat God se Woord kragtig oordra aan almal wat dit hoor en lees. Dit dra die boodskap van die oorspronklike tale oor in gemaklike Afrikaans. Die Nuwe Lewende Vertaling nooi lesers om die Bybelse teks hul eie te maak en God se verhaal vir hul eie lewe en die wêreld te ontdek. Dit beskik oor die volgende kenmerke:

• Volledige teks van die NLV met verduidelikende voetnote
• 10-punt lettergrootte
• Dubbelkolom-uitleg
• 8 volkleur-kaarte
• Kunsleer-omslag
• 1400 bladsye, silwergerand
• Merklint
• Duimgrepe

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Dink Jouself Gelukkig
Pieter van Jaarsveld Paperback R340 R304 Discovery Miles 3 040
Ontdek God Se Wil Vir Jou Lewe
Joyce Meyer Paperback R250 R189 Discovery Miles 1 890
Vind God in die Gewone
Tom Smith Paperback R315 R281 Discovery Miles 2 810
Het Ek My Geloof Verloor?
Pierre du Plessis Paperback R283 Discovery Miles 2 830
'n Lewe Naby God - 366 Oordenkings
Nina Smit Hardcover R279 R257 Discovery Miles 2 570
'n Palet Vol Vreugde - 366 Dagstukkies
Alette-Johanni Winckler Paperback R330 R295 Discovery Miles 2 950
Die Pad Na Ware Wysheid - 366…
Lizette Murray Paperback R325 R290 Discovery Miles 2 900
Wat Moet Ons Met Ons Kerk Doen?
Jurie van den Heever Paperback  (1)
R267 Discovery Miles 2 670
Leierskap 101 - Toekomsgerigte…
Stephan Joubert, Johan Smith Paperback R169 R79 Discovery Miles 790
Hykie Berg: My Storie van Hoop
Hykie Berg, Marissa Coetzee Paperback R265 R237 Discovery Miles 2 370

Partners