![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Christianity > Afrikaans
Baie woorde of frases in die Bybel is vir hedendaagse lesers moeilik
verstaanbaar.
Voel dit of die eise van die lewe jou wil oorweldig? Smag jy na ’n plek
waar jy kan wegkom van daaglikse stres en spanning, en onsekerheid oor
die toekoms?
Psalms vir ’n vreugdevolle lewe is ’n versameling inspirerende
aanhalings uit die psalms wat volgens temas ingedeel is. Temas soos lof
en aanbidding, rykdom en vertroue op God bring elke leser nader aan
God. Psalms vir ’n vreugdevolle lewe bevestig opnuut hoeveel troos en
bemoediging die Skrif bied vir elke gelowige wat tot God nader.
Baie woorde of frases in die Bybel is vir hedendaagse lesers moeilik
verstaanbaar.
Hoe wonderlik dat God ons vertrou om Sy ligdraers te wees. Nog beter nuus, Hy maak ons gewillig en bekwaam om Sy ligdraers te wees. As ons aan onsself die vraag sou vra: Hoe vervul ons die verwagting van God, om sy werk hier op aarde te doen? Alles gaan nie noodwendig oor ons woorde nie, maar die grootste kommunikasie is wat mense by ons sien, ons optrede elke dag. In die boek probeer ek ’n paar punte uitlig waarop ons kan fokus om die verwagting wat God oor ons het, na te kom. Die groot beloning vir ons staan in Fillipense 2 v. 16 waar die Woord sę dat God trots gaan wees op ons omdat ons Sy ligdraers was. Ons geloof is ’n offer in Sy diens.
Is jy op soek na vrede? ’n Kalm oomblik te midde van die chaos? Voel
dit of selfs één dag sonder bekommernisse eenvoudig buite jou bereik is?
Kinders vra soms uitdagende vrae, soos: Wie het vir God geskep? Waar is
die hemel? Hoekom laat God toe dat virusse oorneem? Kan God enigiets
doen? Kan Hy dinosourusse weer laat lewe? As God alles weet, hoekom
moet ek bid?
Dit is harde werk om ’n ondersteunende huweliksmaat te wees en jou
huwelik sterk en bevredigend te hou. Dit kan soms voel asof jy en jou
huweliksmaat besig is om uitmekaar te dryf omdat julle lewens so vol en
besig is. Kragtige gebede om jou huwelik te verryk Gebedeboek is ideaal
om kwaliteit-tyd in gebed saam met jou huweliksmaat deur te bring.
Of jy vandag leiding nodig het, God wil loof vir sy seëninge, of God se
aangesig soek omdat jy mislukking of versoeking ervaar, Beloftes vir
elke dag het die inspirasie wat jy nodig het om jou in God se
teenwoordigheid te bring. Temas soos beskerming, genade, krag, redding
en liefde vir God, en aanhalings deur mense soos Billy Graham en
Charles Spurgeon belig God se beloftes aan gelowiges. Dit lei elke
leser om te weet dat God elke oomblik by ons elkeen is.
Geloof soos aartappels is die inspirerende ware verhaal van bekende evangelis Angus Buchan. Dit is ’n getuienis van hoe geloof ’n mens deur die donkerste tye kan dra. Nadat Angus tot bekering gekom het, is hierdie humeurige man wat van sy drank gehou het, verander in ’n passievolle dienaar van God. Sy geloof het hom al deur droogtes, familietragedie en finansiële krisisse gedra. Sedert hy tot bekering gekom het, het Angus die evangelie oor die węreld heen verkondig. Hy het ook ’n kinderhuis gestig, verskeie boeke geskryf en duisende mense geďnspireer met sy boodskappe op TV, radio en by sy konferensies. Hierdie aangrypende boek sal jou opnuut verseker van God se almag en sy voorsiening vir sy kinders.
Ons dogtertjie se eerste jaar is kostelike herinneringsboeke wat ouers
sal help om daardie kosbare herinneringe van hulle kleinding se eerste
lewensjaar vas te bewaar. Hierdie pragtige boeke bied:
Die bekoorlike volkleur-illustrasies sal klein ogies betower voor hulle
toeval terwyl Mamma of Pappa die ritmiese gediggies voorlees om hulle
aan die slaap te sus.
Die 180 kort maar kragtige oordenkings in Mini-oordenkings: Genade vir elke oomblik verseker lesers opnuut van God se genade en moedig gelowiges aan om ’n Christus-gesentreerde lewe te leef. Temas wat ter sprake kom, is God se getrouheid, liefde, krag en beloftes. Die handige sakpas-formaat maak dit ideaal vir daaglikse stiltetyd in God se teenwoordigheid waar jy ook al is.
Spreuke vir jou daaglikse wandel bied praktiese wysheid vir elke
gelowige oor ’n verskeidenheid lewensaspekte. Die versameling
bemoedigende teksverse uit Spreuke is tematies gerangskik en bied
leiding en insig oor sake soos jou verhoudings, beroepslewe, finansies
en ander aspek van die lewe.
Gebede om jou hart te seën is propvol inspirasie vir elke gelowige wat
in gebed tot God wil nader, maar sukkel om die regte woorde te vind.
Dit bevat gebede uit die Woord, asook klassieke gebede van skrywers
soos Dietrich Bonhoeffer, Amy Carmichael, St. Augustinus en Ruth Bell
Graham. Van die temas wat aangeroer word, is lofprysing, danksegging,
tye van swaarkry en geestelike groei.
Ons seuntjie se eerste jaar is kostelike herinneringsboeke wat ouers
sal help om daardie kosbare herinneringe van hulle kleinding se
eerstelewensjaar vas te bewaar. Hierdie pragtige boeke bied:
’n Omvattende Afrikaanse Studiebybel gebaseer op die vertroude teks van
die NLV wat die temas van die Bybel in diepte ontgin.
Mini-oordenkings vir vroue is ’n geskenk van hoop en vreugde wat vroue
herinner dat God altyd naby hulle is. Die 180 kort en inspirerende
oordenkings sal elke vrou aanmoedig om God se belofte van onfeilbare
liefde te koester.
Wanneer jy tyd in God se teenwoordigheid deurbring en oor sy kragtige
Woord mediteer, bou dit karakter, innerlike krag en ’n godvresende
selfvertroue om enige lewensuitdaging te trotseer.
Bekroonde outeur Stephan Joubert help lesers in ’n Veilige vesting om opnuut te besef hoe groot God se sorg en liefde vir sy kinders is. Te midde van ’n węreld wat lyk of dit enige oomblik uitmekaar gaan val, staan een ding vas en seker: Ons dien ’n magtige en getroue God. Die 365 oordenkings lei lesers om weg te kyk van hulle eie swaarkry en krisisse deur slegs op God te fokus en hul geloof prakties uit te leef. Daar ís hoop, daar ís ’n toekoms. Vind die troos en leiding wat slegs ’n liefdevolle hemelse Vader vir sy kinders kan gee.
Hoe en wat ons dink, het ’n geweldige invloed op ons verstandelike,
emosionele en selfs fisieke welsyn. Om die waarheid te sę, ons denke
kan ons beperk tot dit wat ons glo ons kan doen, of dit kan ons dinge
laat ervaar waarvan ons nooit kon droom nie. Wanneer ons ’n denkwyse
kies wat ons vermoëns verruim, sal ons groter intellektuele
satisfaksie, emosionele beheer en fisieke gesondheid ervaar. Die vraag
is net: Hoe?
Dr. Leaf wys lesers hoe om hierdie kragtige hulpmiddels te kombineer om beter te vaar op die gebied van geheue, leer, intellektuele prestasie, werkprestasie, fisieke prestasie, verhoudings, emosionele gesondheid en – die belangrikste van alles – ’n lewe vol sin en betekenis te ervaar.
Daar woed elke dag, die hele dag lank, ’n onsigbare oorlog om vroue.
Dit kan nie gesien of gehoor word nie, maar dit kan in elke aspek van
’n mens se lewe gevoel word. ’n Onwrikbare, bose vyand wil chaos
veroorsaak in alles wat vir ’n vrou saak maak: haar hart, gedagtes,
huwelik, kinders, verhoudings, drome en toekoms. Maar sy oorlogsplan
behels dat hy haar onverhoeds en ongewapen moet vang.
Ontdek en leef die 40 grootste lewensveranderende waarhede in die Bybel. Is daar ʼn boek wat vir ons kan sę wat om oor God te glo? Die voor die hand liggende antwoord is die Bybel. Maar waar begin ons die Bybel lees om werklik te verstaan? In Die Goeie Boek bespreek Deron Spoo sleutel-Bybelhoofstukke wat hy as kardinaal beskou vir ons verstaan van die Bybel en van God. Hy help lesers om die konteks en inhoud van 20 Ou-Testamentiese en 20 Nuwe-Testamentiese hoofstukke te verstaan wat die hele Bybel vir ons sal oopbreek. Elke hoofstuk onthul een lewensveranderende waarheid van God en sluit af met ʼn “om te oordink”-gedeelte wat jou sal help om daardie waarheid prakties in jou lewe toe te pas. Die Bybelteks van die hoofstuk wat bespreek word, word ook telkens ingesluit (NLV-teks). Die Goeie Boek sal aanklank vind by jare lange Bybellesers, maar is ideaal vir mense wat aan die begin van hulle Christelike geloofsreis staan. Dit sal lesers help om die lewensveranderende waarhede in die Bybel te verstaan en te leef. Ook beskikbaar in Engels onder die title The Good Book. |
You may like...
Kom Ons Praat Oor Die Huwelik
Heinz Winckler, Alette Winckler
Paperback
(2)
|