0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (26)
  • R50 - R100 (96)
  • R100 - R250 (352)
  • R250 - R500 (138)
  • R500+ (36)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Christianity > Afrikaans

Die Bybel-Trivia Dagboek - 365 Dagstukke vir ?n Dag Vol Lig en Vreugde (Afrikaans, Paperback): Die Bybel-Trivia Dagboek - 365 Dagstukke vir ’n Dag Vol Lig en Vreugde (Afrikaans, Paperback)
R199 R183 Discovery Miles 1 830 Save R16 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Dit is normaal vir ouers om besorg te wees oor hulle kinders, veral as dit by hulle geloof kom. Daarom is dit belangrik om seker te maak hulle verstaan die Bybel en die belangrikheid daarvan sodat hulle hulle sterk kan staan in daardie moeilike tienerjare en ook die uitdagings van die volwasse lewe kan hanteer.

Die Bybel-Trivia Dagboek: 365 Dagstukke vir ’n Dag Vol Lig en Vreugde bevat 365 dagstukke vol interessante Bybelse inligting wat tieners sal uitdaag om die beginsels daarin ook in hulle eie lewe toe te pas. Deur na te dink oor Skrifgebeure, geloofshelde, wonderwerke en Bybelse plekke en gebeure, sal hulle nuwe insig kry in bekende Bybelgedeeltes. Tieners sal ontdek dat niks in die Bybel onbelangrik is nie, maar dat dit God se lewende Woord is wat hoop, vrede en lewe in oorvloed bied vir elkeen wat dit lees.

• 365 oordenkings vir tieners
• Elke dag bevat ’n teksvers, ’n interessante vraag oor die Bybel en ’n kort dagstuk om jong tieners te help om die regte antwoord te ontdek
• Dit bevat vrae oor Bybelverse, geloofshelde, wonderwerke en Bybelse plekke en gebeure
• 384 eenkleur-bladsye
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel Bible Trivia Devotional

Verander Jou Kop, Verander Jou Lewe (Afrikaans, Paperback): Stephan Joubert Verander Jou Kop, Verander Jou Lewe (Afrikaans, Paperback)
Stephan Joubert
R99 R91 Discovery Miles 910 Save R8 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Besef jy regtig hoe waar die woorde “wat jy dink, bepaal wie jy is” is?

Die mens se brein is ’n fassinerende orgaan wat ons lewe kan verander en groei. In Verander jou kop, verander jou lewe wys Stephan Joubert aan die hand van die jongste navorsing oor die brein:

• mans en vroue verskil inderdaad van mekaar
• kreatiwiteit neem nie af soos jy ouer word nie
• negatiewe omstandighede is sleg vir jou brein
• jou brein is in staat om deurlopend nuwe, beter paadjies te lê
• en vele meer

Navorsing toon ook dat die mens se brein op so ’n unieke manier saamgestel is dat dit inderdaad bedraad is vir godsdiens. Saam met die brein se kapasiteit vir analitiese denke of wiskundige berekening het dit ook ’n ingeboude vermoë om God te ervaar.
Verander jou kop, verander jou lewe sal jou geïntegreerd laat nadink oor jou geloof as ’n verhouding met God wat nie net jou hart nie, maar jou hele menswees insluit.

Wanneer God Stil Is - Verstaan die Stilte van Onbeantwoorde Gebed (Afrikaans, Paperback): Pete Greig Wanneer God Stil Is - Verstaan die Stilte van Onbeantwoorde Gebed (Afrikaans, Paperback)
Pete Greig
R189 R174 Discovery Miles 1 740 Save R15 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Het jy ook seer en wonder jy heimlik: “Hoe gaan ek hierdeur kom? Hoekom word my gebede nie beantwoord nie? Waar is God? Wanneer gaan my gebede beantwoord word?”

Gebore uit die pyn van sy vrou se lewensbedreigende diagnose ondersoek Pete Greig die donker kant van gebed om aan die ander kant uit te kom met ’n boodskap van hoop, vertroosting en diepgaande Bybelse insig vir almal wat in stilte ly. Wanneer God stil is: Verstaan die Stilte van Onbeantwoorde Gebed is ’n eerlike en diepgaande boek wat kyk na die moeilike deel van gebed, wat jy moet doen wanneer daar oënskynlik geen antwoorde is nie en hoe om te reageer wanneer ander mense probeer om jou ervaring te interpreteer.

Vir dié wat steeds sukkel om God se stem te hoor, is daar aan die einde van die boek ’n 40-dae-gebedsreis wat jou sal help om jou vrae in gebede om te sit.

• Delf dieper in die belangrikste kwessies waarvoor mense wat ly te staan kom:
o Hoe gaan ek hierdeur kom?
o Hoekom word my gebede nie beantwoord nie?
o Waar is God wanneer die hemel stil is?
o Wanneer elke gebed beantwoord is
• Bevat ’n 40-dae-gebesdsreis wat elke dag ’n Bybelgedeelte bestudeer en tesame met ’n aanhaling uit die boek jou vrae in gebede omsit.
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel God on Mute

NLV Koningsblou My Kreatiewe Joernaal-Bybel (Afrikaans, Leather / fine binding): NLV Koningsblou My Kreatiewe Joernaal-Bybel (Afrikaans, Leather / fine binding)
R999 R844 Discovery Miles 8 440 Save R155 (16%) Ships in 4 - 8 working days

Ontdek die vreugde van kreatiewe stilword by God!

My kreatiewe Joernaal-Bybel bevat die volledige teks van die Nuwe Lewende Vertaling en ongeveer 400 woordkuns-teksverse om in te kleur. Elke bladsy het breë kantlyne met óf ’n woordkuns-teksvers, óf lyntjies waar gebede, notas en ander persoonlike inskrywings gedoen kan word.

Ervaar vrede, vernuwing en inspirasie in jou geloofslewe wanneer jy stil word met die Woord van God en nadink oor die waarhede daarin terwyl jy die woordkuns-verse inkleur.
• Volledige teks van die NLV in enkelkolom-uitleg
• Lesersvriendelike 8.5 punt lettergrootte
• Breë kantlyne met lyntjies spesiaal vir gedagtes, gebede, notas en ander persoonlike inskrywings
• Ongeveer 400 woordkuns-teksverse
• Indeks van woordkuns-teksverse
• Omslag van egte leer
• Silvergerand
• Merklint
• Verpakking: "Slipcase"

NLV Standaard Bybel Met Duimgrepe (Donkerbruin en Oranje) (Afrikaans, Leather / fine binding): NLV Standaard Bybel Met Duimgrepe (Donkerbruin en Oranje) (Afrikaans, Leather / fine binding)
R499 R459 Discovery Miles 4 590 Save R40 (8%) Ships in 4 - 8 working days

’n Pragtige nuwe uitgawe van die gewilde NLV-vertaling! Die ideale geskenk vir mans.

Die Nuwe Lewende Vertaling kombineer Skrifgetrouheid met ’n dinamiese, duidelike skryfstyl wat God se Woord kragtig oordra aan almal wat dit hoor en lees. Dit dra die boodskap van die oorspronklike tale oor in gemaklike Afrikaans. Die Nuwe Lewende Vertaling nooi lesers om die Bybelse teks hul eie te maak en God se verhaal vir hul eie lewe en die wêreld te ontdek. Dit beskik oor die volgende kenmerke:

• Volledige teks van die NLV met verduidelikende voetnote
• 10-punt lettergrootte
• Dubbelkolom-uitleg
• 8 volkleur-kaarte
• Kunsleer-omslag
• 1400 bladsye
• Merklint
• Duimgrepe

NLV Standaard Bybel Met Duimgrepe (Ligblou Met Pienk Blomme) (Afrikaans, Leather / fine binding): NLV Standaard Bybel Met Duimgrepe (Ligblou Met Pienk Blomme) (Afrikaans, Leather / fine binding)
R499 R459 Discovery Miles 4 590 Save R40 (8%) Ships in 4 - 8 working days

’n Pragtige nuwe uitgawe van die gewilde NLV-vertaling! Die ideale geskenk vir jong vroue.

Die Nuwe Lewende Vertaling kombineer Skrifgetrouheid met ’n dinamiese, duidelike skryfstyl wat God se Woord kragtig oordra aan almal wat dit hoor en lees. Dit dra die boodskap van die oorspronklike tale oor in gemaklike Afrikaans. Die Nuwe Lewende Vertaling nooi lesers om die Bybelse teks hul eie te maak en God se verhaal vir hul eie lewe en die wêreld te ontdek. Dit beskik oor die volgende kenmerke:

• Volledige teks van die NLV met verduidelikende voetnote
• 10-punt lettergrootte
• Dubbelkolom-uitleg
• 8 volkleur-kaarte
• Kunsleer-omslag
• 1400 bladsye
• Merklint
• Duimgrepe

NLV Standaard Bybel Met Duimgrepe (Olyfgroen Met Goue Blomme) (Afrikaans, Leather / fine binding): NLV Standaard Bybel Met Duimgrepe (Olyfgroen Met Goue Blomme) (Afrikaans, Leather / fine binding)
R499 R459 Discovery Miles 4 590 Save R40 (8%) Ships in 4 - 8 working days

’n Pragtige nuwe uitgawe van die gewilde NLV-vertaling! Die ideale geskenk vir vroue.

Die Nuwe Lewende Vertaling kombineer Skrifgetrouheid met ’n dinamiese, duidelike skryfstyl wat God se Woord kragtig oordra aan almal wat dit hoor en lees. Dit dra die boodskap van die oorspronklike tale oor in gemaklike Afrikaans. Die Nuwe Lewende Vertaling nooi lesers om die Bybelse teks hul eie te maak en God se verhaal vir hul eie lewe en die wêreld te ontdek. Dit beskik oor die volgende kenmerke:

• Volledige teks van die NLV met verduidelikende voetnote
• 10-punt lettergrootte
• Dubbelkolom-uitleg
• 8 volkleur-kaarte
• Kunsleer-omslag
• 1400 bladsye
• Merklint
• Duimgrepe

NLV Standaard Bybel (Swart) (Afrikaans, Hardcover): NLV Standaard Bybel (Swart) (Afrikaans, Hardcover)
R249 R229 Discovery Miles 2 290 Save R20 (8%) Ships in 4 - 8 working days

’n Nuwe uitgawe van die gewilde NLV-vertaling!

Die Nuwe Lewende Vertaling kombineer Skrifgetrouheid met ’n dinamiese, duidelike skryfstyl wat God se Woord kragtig oordra aan almal wat dit hoor en lees. Dit dra die boodskap van die oorspronklike tale oor in gemaklike Afrikaans. Die Nuwe Lewende Vertaling nooi lesers om die Bybelse teks hul eie te maak en God se verhaal vir hul eie lewe en die wêreld te ontdek. Dit beskik oor die volgende kenmerke:

• Volledige teks van die NLV met verduidelikende voetnote
• 10-punt lettergrootte
• Dubbelkolom-uitleg
• 8 volkleur-kaarte
• 1400 bladsye
• Merklint

'n Bybeldagboek vir Meisies (Afrikaans, Paperback): Jean Fischer 'n Bybeldagboek vir Meisies (Afrikaans, Paperback)
Jean Fischer
R149 R137 Discovery Miles 1 370 Save R12 (8%) Ships in 4 - 8 working days

’n Wonderlike dagboek wat ’n stewige grondslag sal lê vir meisies se geloofsgroei.

Die 365 dagstukkies in ’n Bybeldagboek vir meisies is gebaseer op van die bekendste Skrifgedeeltes en beloftes in die Bybel. Jong meisies sal elke dag van die jaar bemoedig, uitgedaag en geïnspireer word. Enkele temas wat in hierdie dagboek voorkom, is God, Jesus, die hemel, liefde, wonderwerke, wysheid en vele meer.

Elke oordenking is gerig op die daaglikse leefwêreld van meisies en bied woorde van troos, vrede en hoop.

Efesiërs: 'n Bybelstudie - 8 Studies (Afrikaans, Paperback): Riekert Botha Efesiërs: 'n Bybelstudie - 8 Studies (Afrikaans, Paperback)
Riekert Botha
R79 R73 Discovery Miles 730 Save R6 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Sien jy ook soms oral waar jy kyk net afgodery, geldgierigheid en vyandigheid teenoor Christene? Is jy bewus van ’n intense geestelike oorlog en wil jy soms net moed opgee? Dis wat die Bybelse gelowiges in die stad Efese ook beleef het! Paulus deel dan sy boodskap met hulle oor die kragtigste wapen om in moeilike tye staande te bly.

Hierdie vers-vir-vers-Bybelstudie oor Efesiërs deur Riekert Botha vestig jou aandag op God se allesoortreffende liefde vir elkeen wat in Christus glo. Ontdek dat dit jou identiteit in Christus is wat jou in staat stel om staande te bly wanneer chaos en vyandskap jou wil onderkry.

Aan die einde van die agt studies is daar verdere vrae om te besin oor die dorp of stad waar jy bly en hoe jy kan meewerk om die evangelie in jou gemeenskap uit te dra.

• Vers-vir-vers-bespreking van Efesiërs vir groepe en individue
• Besprekingsvrae en plek om antwoorde neer te skryf
• Vrae aan die einde om jou dorp/stad te evalueer vir moontlike evangelisasiewerk
• Relevante tema vir gelowiges vandag
• 120 bladsye

Vaste Geloof Dagstukke - 366 Oordenkings vir Volgelinge van Jesus wat Lewe in Oorvloed wil Geniet (Afrikaans, Large print,... Vaste Geloof Dagstukke - 366 Oordenkings vir Volgelinge van Jesus wat Lewe in Oorvloed wil Geniet (Afrikaans, Large print, Hardcover)
Angus Buchan
R279 R257 Discovery Miles 2 570 Save R22 (8%) Ships in 4 - 8 working days

As gelowiges in Christus sien ons uit na die ewigheid en om eendag by ons geliefde Saligmaker te wees. Maar hoe moet ons intussen leef en hoe moet ons die kwessies op ons pad hanteer? Vaste geloof se 366 dagstukke sal jou help om ’n man of vrou na God se hart te wees met ’n geloof wat gebou is op ’n vaste fondament. Met onwankelbare vertroue op God sal jy toegerus wees om enige uitdaging, probleem of onsekerheid te hanteer.

Stap saam met Angus Buchan op ’n jaarlange reis en leef elke dag voluit vir Jesus terwyl jy jou aardse reis sterk en oorwinnend voltooi.

• 366 oordenkings
• 392 bladsye
• Hardeband met merklint
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel Firm Faith

NLV Geel My Kreatiewe Joernaal-Bybel (Afrikaans, Leather / fine binding): NLV Geel My Kreatiewe Joernaal-Bybel (Afrikaans, Leather / fine binding)
R999 R844 Discovery Miles 8 440 Save R155 (16%) Ships in 4 - 8 working days

Ontdek die vreugde van kreatiewe stilword by God!

My kreatiewe Joernaal-Bybel bevat die volledige teks van die Nuwe Lewende Vertaling en ongeveer 400 woordkuns-teksverse om in te kleur. Elke bladsy het breë kantlyne met óf ’n woordkuns-teksvers, óf lyntjies waar gebede, notas en ander persoonlike inskrywings gedoen kan word.

Ervaar vrede, vernuwing en inspirasie in jou geloofslewe wanneer jy stil word met die Woord van God en nadink oor die waarhede daarin terwyl jy die woordkuns-verse inkleur.
• Volledige teks van die NLV in enkelkolom-uitleg
• Lesersvriendelike 8.5 punt lettergrootte
• Breë kantlyne met lyntjies spesiaal vir gedagtes, gebede, notas en ander persoonlike inskrywings
• Ongeveer 400 woordkuns-teksverse
• Indeks van woordkuns-teksverse
• Omslag van egte leer
• Silvergerand
• Merklint
• Verpakking: "Slipcase"

Begin die Dag Saam met God - 365 Dagstukke (Afrikaans, Hardcover): Joyce Meyer Begin die Dag Saam met God - 365 Dagstukke (Afrikaans, Hardcover)
Joyce Meyer
R249 R229 Discovery Miles 2 290 Save R20 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Is jou dae vol en besig, en wens jy soms daar was iemand wat vir jou leiding kan gee in elke faset van jou lewe? God wil daardie Iemand vir jou wees! Elke nuwe dag is ’n nuwe kans om in God se teenwoordigheid te leef. Ons hoef nie meer oorweldig en rigtingloos deur ons dae te strompel nie.

In hierdie 365 dagstukke van topverkoper-outeur Joyce Meyer sal jy opnuut ontdek dat jy al jou vrese, swakhede, hoop en vreugde met God kan deel omdat jy sy kind is. En wanneer jy jou dag in gebed aan die Here toewy, sal jy die leiding van die Gees in elke area van jou lewe ervaar. Begin die dag saam met God sal jou nie net bemoedig en ondersteun nie, dit sal jou ook die krag gee om ander mense in jou lewe te bemoedig en by te staan.

Ervaar die vreugde daarvan om elke dag saam met God te begin en geniet sy leiding, genade, voorsiening, liefde en seën.

Manne van die Bybel Eenjaar Dagboek (Afrikaans, Paperback): Ann Spangler, Robert Wolgemuth Manne van die Bybel Eenjaar Dagboek (Afrikaans, Paperback)
Ann Spangler, Robert Wolgemuth
R199 R183 Discovery Miles 1 830 Save R16 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Net soos die mense van wie ons in die Bybel lees, sukkel ons almal vandag nog met selfsugtige ambisie, ons worstel met vrees en besluiteloosheid, ons kom voor versoekings te staan en ervaar die pyn van eensaamheid. Net soos hulle, begeer ons ook ’n dieper verhouding met God en om te lewe soos Hy van ons verwag.

Manne van die Bybel Eenjaar-dagboek bestudeer die lewens van 52 mans in die Skrif en bied ’n vars perspektief op die verlossingsverhaal. Elke week fokus op die lewe van een van hierdie 52 mans deur te kyk na:

• Sy storie – ’n vertelling van sy verhaal (Maandag)
• ’n Kykie na die man – delf dieper in sy lewe en ontdek raakpunte jou eie lewe (Dinsdag)
• Sy nalatenskap in die Skrif – ’n Bybelstudie wat gebou is op die beginsels van sy lewe (Woensdag)
• Die Bybelse beloftes wat op sy lewe en jou lewe van toepassing is (Donderdag)
• Sy nalatenskap van gebed – Gebed teen die agtergrond van sy verhaal (Vrydag)

Manne van die Bybel Eenjaar-dagboek is spesiaal ontwerp vir individuele of groepstudie en sal Bybellees ’n daaglikse gewoonte maak. Hierdie dagstukke sal jou help groei in wysheid en gehoorsaamheid en jou help om ’n man na God se hart te word.

• Vir individuele of groepstudie
• Ondersoek die lewens van 52 mans uit die Bybel deur:
o ’n Vertelling van sy verhaal
o ’n Kykie na hoe sy verhaal ooreenstem met jou lewe
o ’n Bybelstudie wat gebou is op die beginsels van sy lewe
o Bybelse beloftes wat op sy lewe en jou lewe van toepassing is
o Gebed teen die agtergrond van sy verhaal
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel Men of the Bible One-Year Devotional

NLV Seegroen Joernaal-Bybel (Afrikaans, Leather / fine binding): NLV Seegroen Joernaal-Bybel (Afrikaans, Leather / fine binding)
R999 R844 Discovery Miles 8 440 Save R155 (16%) Ships in 4 - 8 working days

Ontdek die vreugde van stilword by God! Die NLV Joernaal-bybel bevat die volledige teks van die Nuwe Lewende Vertaling en het breë kantlyne waar gebede, notas en ander persoonlike inskrywings gedoen kan word. Ervaar vrede, vernuwing en inspirasie in jou geloofslewe wanneer jy stil word met die Woord van God en nadink oor die ewige waarhede daarin.

• Volledige teks van die NLV in enkelkolom-uitleg
• Lesersvriendelike 8.5-punt lettergrootte
• Breë kantlyne met lyntjies spesiaal vir gedagtes, gebede, notas en ander persoonlike inskrywings.
• Omslag van egte leer
• Silvergerand
• Merklint
• Verpakking: "Slipcase"

Beloftes van God vir Ma's (Afrikaans, Paperback): Beloftes van God vir Ma's (Afrikaans, Paperback)
R59 R55 Discovery Miles 550 Save R4 (7%) Ships in 4 - 8 working days

Kinders is die grootste seën, maar om ’n ma te wees, het vele uitdagings en kan uitputtend en stresvol wees. Daarom moet jy elke dag vashou aan die waarheid dat God elke oomblik by jou is.

Beloftes van God vir ma’s is ’n versameling bemoedigende beloftes uit die Bybel spesiaal vir ma’s om jou te inspireer, wysheid te gee en te verseker van God se teenwoordigheid. Die 30 temas in hierdie tweekleur-geskenkboekie sal jou lei in tye wanneer jy wonder wat die beste vir jou gesin is, wanneer jy oorweldig voel of wanneer jy bekommerd voel.

• ’n Skrifgebaseerde sakpas-belofteboek vir ma’s.
• 30 temas spesiaal vir ma’s.
• Tweekleur-drukwerk.
• Sagteband.
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel Promises from God for Moms.

?n Hart Soos Jesus s?n - 365 Dagstukke vir Elkeen Wat Voluit in Jesus Se Voetspore Wil Stap (Afrikaans, Paperback): Stephan... ’n Hart Soos Jesus s’n - 365 Dagstukke vir Elkeen Wat Voluit in Jesus Se Voetspore Wil Stap (Afrikaans, Paperback)
Stephan Joubert
R279 R257 Discovery Miles 2 570 Save R22 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Hang die wolke van vrees en hooploosheid swaar rondom jou kop? Voel jy moedeloos oor alles wat om jou uitmekaarval?

Hierdie 365 dagstukke van Stephan Joubert nooi jou om in Jesus se voetspore te volg en sy hartklop van naby te leer ken. Leer om nie vas te val in niksseggende idees oor godsdiens of jou blind te staar teen alles wat verkeerd is nie. Sien die mense en plekke raak waar God se lig die duisternis kan laat verdwyn. Volg Jesus met alles in jou waar jy jou op jou daaglikse roetes bevind en word ’n voltydse geloof-doener. Met ’n hart soos Jesus s’n sal jy hoop en lig in ’n stikdonker wêreld bring.

Elke dagstuk van ’n Hart soos Jesus s’n bevat ’n kort teksvers en inspirerende oordenking propvol geestelike aanmoediging.

• Bekroonde topverkoper-skrywer
• 365 vernuwende oordenkings met ’n teksvers vir elke dag
• Wenke vir praktiese uitlewing van geloof

?n Sterk Man Is Wys - 30 Dagstukke oor die Boek Spreuke (Afrikaans, Paperback): Vince Miller ’n Sterk Man Is Wys - 30 Dagstukke oor die Boek Spreuke (Afrikaans, Paperback)
Vince Miller
R89 R82 Discovery Miles 820 Save R7 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Daar word soveel druk op mans geplaas om sterk, wyse leiers en liefdevolle gesinsmans te wees. Daar is versoekings om elke draai en elke nuwe dekade bring nuwe uitdagings mee. Tog is die waarhede van die Skrif vandag nog geldig, en bied die wysheid van die Spreukeboek vir mans onontbeerlike raad en leiding om goddelike mans, eggenote en pa’s te wees.

Elkeen van die 30 kort en kragtige dagstukke in ’n Sterk man is wys fokus op ’n gedeelte uit Spreuke, met ’n oordenking, vraag vir nadenke, praktiese toepassing en gebed. Vince Miller se praktiese raad sal mans help om vas te staan voor die belangrikste uitdagings waarvoor hulle vandag te staan kom. Hy bespreek onder andere temas soos verhoudings, besluitneming, seksuele versoeking, geestelike volwassenheid en die krag wat woorde inhou.

’n Sterk man is wys sal mans bemoedig, uitdaag en ’n Bybelse fondament gee wat hulle nodig het om in wysheid te groei.

• 30 dagstukke vir mans uit Spreuke.
• Elke dagstuk bied ’n oordenking, vraag vir nadenke, praktiese toepassing en gebed.
• Plek vir notas en aantekeninge.
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel A Strong Man Is Wise.

Van Vrees na Vertroue - Vir Elkeen Wat Op Soek Is na Sekerheid (Afrikaans, Paperback): Ewald Van Rensburg Van Vrees na Vertroue - Vir Elkeen Wat Op Soek Is na Sekerheid (Afrikaans, Paperback)
Ewald Van Rensburg
R279 R257 Discovery Miles 2 570 Save R22 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Het jy geweet die teenoorgestelde van geloof is nie twyfel nie, maar vrees? As jy angstig en bang vir die toekoms voel, sal die verhale in hierdie dagboek jou bemoedig om Jesus volkome te vertrou en daagliks sy teenwoordigheid op te soek.

Die eerste ses maande in Van vrees na vertroue: Vir elkeen wat op soek is na sekerheid in ’n wêreld vol onsekerheid en vrees bevat insigte rondom die “moenie vrees nie”-verse in die Bybel. In die laaste ses maande verskuif die perspektief na Christus en hoe ons ons vrese kan oorkom deur God al hoe meer te vertrou en ’n Christus-gesindheid te kweek deur ses spesifieke bewegings; van die afleer van onsself tot by die beliggaming van ’n nuwe skepping.

Die 365 dagstukke deel verhale en teksverse uit die Bybel, asook kosbare verhale van hedendaagse gelowiges wat God volkome vertrou het. Elke maand skop ook af met ’n spesiale sielsoefening met nadink-vrae of praktiese voorstelle. Ewald van Rensburg se unieke hart-tot-hart-skryfstyl sal jou inspireer om jou vrese vir God te gee en te sien dat Hy werklik die Een is wat ons volkome kan vertrou.

• 365 Bybelse dagstukke deur die gewilde skrywer Ewald van Rensburg
• Sielsoefening aan die begin van elke maand met nadink-vrae of praktiese voorstelle
• Bevat verskeie verhale van Bybelse en eietydse geloofshelde
• Eenkleur-drukwerk
• 392 bladsye

Die A-Z van Openbaring - ?n Allesomvattende Perspektief op die Boek Openbaring (Afrikaans, Paperback): Jan Du Rand Die A-Z van Openbaring - ’n Allesomvattende Perspektief op die Boek Openbaring (Afrikaans, Paperback)
Jan Du Rand
R399 R367 Discovery Miles 3 670 Save R32 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Leef ons in die eindtyd? Hierdie vraag het belangstelling in die boek Openbaring die afgelope dekades geweldig laat toeneem. Tegnologiese vooruitgang, oorloë en geweld, hongersnood, aardbewings en klimaatsverandering lei al hoe meer mense om antwoorde in Openbaring te soek.

In Die A-Z van Openbaring: ’n Allesomvattende perspektief op die boek Openbaring gee prof. Jan du Rand ’n omvattende uiteensetting van Openbaring. Hy fokus veral op die volgende aspekte:

• Wanneer Openbaring geskryf is
• Die doel van die boek Openbaring
• Openbaring as ’n brief aan sewe gemeentes, ’n profesie en ’n apokalips
• Die beelde in Openbaring en hulle betekenis
• Die rolspelers in Openbaring
• Betekenis van die verskillende tekens

Die A-Z van Openbaring sal lesers ’n beter begrip gee van die geestelike boodskap van Openbaring binne sy Nuwe-Testamentiese verband, asook ook op die boodskap vir vandag sodat hulle met gesonde verwagtings sal uitsien na die wederkoms van die Here Jesus.

• Omvattende uiteensetting van die boek Openbaring.
• Fokus op wanneer Openbaring geskryf is, die doel van die boek, asook ‘n bespreking van die beelde, rolspelers en tekens en hulle betekenis.
• Outeur bekend as ’n vakspesialis op die gebied van die geskrifte van Johannes.
• Bevat die volledige Bybelteks van Openbaring uit Die Multivertaling Bybel.

NLV Mnr & Mev Geskenkbybel (Wit) (Afrikaans, Leather / fine binding): NLV Mnr & Mev Geskenkbybel (Wit) (Afrikaans, Leather / fine binding)
R499 R459 Discovery Miles 4 590 Save R40 (8%) Ships in 4 - 8 working days

’n Pragtige nuwe uitgawe van die gewilde NLV-vertaling! Ideaal as geskenk vir egpare.

Die Nuwe Lewende Vertaling kombineer Skrifgetrouheid met ’n dinamiese, duidelike skryfstyl wat God se Woord kragtig oordra aan almal wat dit hoor en lees. Dit dra die boodskap van die oorspronklike tale oor in gemaklike Afrikaans. Die Nuwe Lewende Vertaling nooi lesers om die Bybelse teks hul eie te maak en God se verhaal vir hul eie lewe en die wêreld te ontdek. Dit beskik oor die volgende kenmerke:

• Volledige teks van die NLV met verduidelikende voetnote
• 10-punt lettergrootte
• Dubbelkolom-uitleg
• 8 volkleur-kaarte
• Kunsleer-omslag
• 1400 bladsye, silwergerand
• Merklint
• Duimgrepe

Die Koggelaar (Afrikaans, Paperback): Pieter Fourie Die Koggelaar (Afrikaans, Paperback)
Pieter Fourie
R245 R219 Discovery Miles 2 190 Save R26 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Boet Cronje is hardkoppig, arrogant en ontken dat sy bruin regterhand op die plaas eintlik sy halfbroer is. Maar met God as vennoot, 'n familieplaas en 'n erfgenaam lyk die toekoms vir Boet aanvanklik belowend. 'n Langdurige droogte en die dood van sy seun laat hom egter in opstand teen God kom. Die koggelaar vertel die verhaal van 'n man wat oortuig is dat God hom tart; ironies genoeg word hy die een wat koggel.

Geseënd Is Julle Bybelstudie (Afrikaans, Paperback): Amanda Jenkins, Dallas Jenkins, S. Huffman Geseënd Is Julle Bybelstudie (Afrikaans, Paperback)
Amanda Jenkins, Dallas Jenkins, S. Huffman
R99 R91 Discovery Miles 910 Save R8 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Wat gebeur nadat jy besef en aanvaar Jesus het jou inderdaad gekies? Wanneer ons aan Hom behoort, kry ons nie net ’n nuwe identiteit nie; ons word in ’n nuwe realiteit ingelei – een wat eg, kragtig en lewensveranderend is.

Geseënd is julle is ’n interaktiewe Bybelstudie in 8 sessies vir individue of kleingroepe gebaseer op die tweede reeks van die aanlyn TV-reeks The Chosen. Hierdie studie stel beide die Ou en Nuwe Testament op ’n vars en verstaanbare manier bekend. Elke studie is gebaseer op ’n episode van die reeks en bevat:

• ’n dieper studie van God se karakter, krag en beloftes met Jesus se Bergpreek as raamwerk.
• Skrifgedeeltes en aanhalings uit elke episode.
• Bybelteks as agtergrond vir die studie.
• Breedvoerige inligting oor karakters.
• Addisionele brokkies insiggewende Bybel-inligting.
• Leidende vrae vir nadenke en bespreking vir individue of groepe.

God Se Wil Vir Jou Lewe (Afrikaans, Paperback): Stephan Joubert God Se Wil Vir Jou Lewe (Afrikaans, Paperback)
Stephan Joubert
R129 R119 Discovery Miles 1 190 Save R10 (8%) Ships in 4 - 8 working days

“Moet ek eers wag tot ek dood is voordat ek God se wil verstaan?” So begin Stephan Joubert sy boek God se wil vir jou lewe.

Op sy unieke manier doen Stephan Joubert ’n diepgaande ondersoek na hierdie vraag om vas te stel hoe ons nou al God se wil kan ken. Die boek is verdeel in twee dele:

• Deel 1 is 9 hoofstukke waarin Stephan onder andere kyk na die misterie van God se wil, Jesus as die gesig van God se wil, reëls oor God se wil en vensters op God se wil.
• Deel 2 is 31 Bybelstudies, vir individue of groepe, wat die verskillende fasette van God se wil bekyk, waaronder: Verander God se wil my in ’n robot?, Mag ek vrae vra oor God se wil? en vele meer.

God se wil vir jou lewe wys dat God se wil vir ons duidelik in die Bybel gegee word en dat ons dus nie tot ons dood hoef te wag om dit te verstaan nie. Dit is moontlik om elke dag in blydskap en volkome binne God se wil te leef.

Moed vir Elke Môre (Afrikaans, Hardcover): Milanie Vosloo Moed vir Elke Môre (Afrikaans, Hardcover)
Milanie Vosloo
R279 R257 Discovery Miles 2 570 Save R22 (8%) Ships in 4 - 8 working days

In ’n tyd wat gekenmerk word deur misdaad en geweld, is dit nie altyd maklik om moedig voort te beur nie. Maar met God aan ons sy is enigiets moontlik. Dit is die boodskap in Milanie Vosloo se dagboek Moed vir elke môre.

Die 366 verkwikkende oordenkings sal vroue inspireer om elke dag met nuwe moed aan te pak. Met temas soos moed om weer te begin, moed om vróú te wees, moed om te glo, moed om te huil, moed om vas te byt, moed om te kniel en nog vele meer, lei Milanie Vosloo vroue om hulle ware vrouwees daagliks moedig uit te leef.

Moed vir elke môre met sy eenkleur-bladontwerp is bedoel vir elke vrou wat vasgevang en oorweldig voel. Dit sal haar inspireer om die lewe weer reguit in die oë te kyk.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Astoria - Or, Anecdotes of an Enterprise…
Washington Irving Paperback R750 Discovery Miles 7 500
Missionaries of Republicanism - A…
John C. Pinheiro Hardcover R1,747 Discovery Miles 17 470
Four Years of Fighting - a Volume of…
Charles Carleton Coffin Paperback R712 Discovery Miles 7 120
Fighting Chance - The Struggle over…
Faye E. Dudden Hardcover R1,461 Discovery Miles 14 610
Energy Performance of Residential…
Mat Santamouris Hardcover R4,628 Discovery Miles 46 280
Making Slavery History - Abolitionism…
Margot Minardi Hardcover R2,221 Discovery Miles 22 210
The Art Nouveau Dacha
Vladamir Story Paperback R594 Discovery Miles 5 940
Cultural Revolutions - The Politics of…
Leora Auslander Hardcover R3,186 Discovery Miles 31 860
Green and Ecological Technologies for…
Ozge Yalciner Ercoskun Hardcover R4,601 Discovery Miles 46 010
The Architectural Developemnt of the…
J.J. Coulton Hardcover R5,587 Discovery Miles 55 870

 

Partners