0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (24)
  • R50 - R100 (13)
  • R100 - R250 (151)
  • R250 - R500 (75)
  • R500+ (17)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Christianity > Afrikaans

Boomwortels in die Hemel (Afrikaans, Paperback): Pierre du Plessis Boomwortels in die Hemel (Afrikaans, Paperback)
Pierre du Plessis
bundle available
R260 R224 Discovery Miles 2 240 Save R36 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Hierdie boek handel oor die onderstebo koninkryk van God.

Hierdie koninkryk wat op 'n heel anderster manier werk as wat ons mense werk. Jesus se slagspreuk; die koninkryk van die hemel is hier word getakel in hierdie stuk met 'n spesifieke verwysing na vele van sy gelykenisse en aforismes.

Wanneer ons na Jesus se lering en stories, in die maatskaplike en politiese konteks van sy tyd kyk ontbloot dit 'n heel ander perspektief. 'n Perspektief wat ongemaklik, selfs irriterend, tog steeds lewegewend is. Hierdie koninkryk wat alles op sy kop kom draai het, of eintlik weer regop gedraai het, is waar ons, ons menslikheid herontdek.

Die boek is opgedeel in drie dele, drie areas en aspekte van elke mens se lewe wat Jesus op hulle, kop of weer regop, kom draai het. Ek en God, ek en myself, en ek en my dorp.

Hierdie werk se doel is ook om die ‘Liewe Jesus’ beeld te dekonstrueer, en die radikaliteit van Jesus se boodskap en die koninkryk na vore te bring.

My Tyd Met God - Word Daagliks Vernuwe in Sy Teenwoordigheid (365 Dagstukkies) (Afrikaans, Hardcover): Joyce Meyer My Tyd Met God - Word Daagliks Vernuwe in Sy Teenwoordigheid (365 Dagstukkies) (Afrikaans, Hardcover)
Joyce Meyer
R249 R205 Discovery Miles 2 050 Save R44 (18%) Ships in 4 - 8 working days

Die daaglikse lewe kan uitdagend wees; ons aandag word maklik afgelei deur soveel dinge wat belangrik lyk. Maar om die lewe te leef wat God vir jou beplan het, moet jy tyd maak vir dit wat die belangrikste is, en die fondament van ’n vervulde lewe – jou verhouding met Hom.

Oor die verloop van drie jaar het Joyce Meyer in haar joernaal die persoonlike oordenkings en inspirasie neergepen wat haar besige lewe aangevuur het. Daardie oordenkings vorm My tyd met God , 365 dagstukkies wat die leser intieme insig gee in Joyce se geestelike reis.

Met hierdie boek bied sy ’n praktiese manier om tyd saam met God deur te bring. Die dagstukkies bevat oordenkings wat spruit uit Joyce se lewe, opbouende verklarings en relevante Skrifgedeeltes om groter nabyheid met God aan te moedig. Die Bybelverse en persoonlike stories wat sy deel sal jou help om groter vreugde en vrede te ervaar danksy jou spesiale tyd met God. Jy sal meer doeltreffend deur die lewe kan gaan, beter besluite kan neem en die wonderlike lewe wat jy bestem was om te hê, vir jouself toeëien.

Kom Sit Aan - Vind Vreugde in die Alledaagse (Afrikaans, Paperback): Rudi Swanepoel Kom Sit Aan - Vind Vreugde in die Alledaagse (Afrikaans, Paperback)
Rudi Swanepoel
bundle available
R240 R206 Discovery Miles 2 060 Save R34 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Kan eet teruggeëis word as heilige daad, deels met die wete dat jy nooit geïsoleerd is nie, selfs al voel dit so?

Hedendaagse verbruikerskultuur vergeet die onsigbare, minag die ontasbare en maak ’n bespotting van die geringe. Is daar ’n lewegewende alternatief vir hierdie kultuur? Ons kan dit verander deur Christelike spiritualiteit en die keuse om aandagtig en bewustelik te lewe. Jy kan dit doen by ’n tafel – jy kan ’n sinnelose, bedwelmde bestaan ontkom en jy kan sien en hoor wat jy nooit sal sien en hoor as jy slegs ’n gewone verbruiker bly nie. Begin deur bewustelik te eet. Kyk na jou bord, asem die reuke in, kyk saam met wie eet jy, besef dat iets moes sterf vir daardie kos om op jou bord te beland, hetsy ’n hoender of ’n wortel. Die tafel is die verbindingsplek, met jouself, die natuur, met ander mense en met God. Kry balans in alles – moenie te veel eet nie, moenie te min eet nie, eet van alles, eet volhoubaar.

Sulamiet (Afrikaans, Paperback): Lina Spies Sulamiet (Afrikaans, Paperback)
Lina Spies
R10 R8 Discovery Miles 80 Save R2 (20%) Ships in 5 - 10 working days

Sulamiet is ’n bundel oor medemenslikheid, liefde, die wisseling van seisoene, die skoonheid van die natuur en die kunste in ’n land en ’n wêreld van geweld. Die titel Sulamiet verwys na die vroulike spreker in die Bybelboek Hooglied waarin die verlore tuin van Eden ná die sondeval deur die liefde herskep word. Die verse in die bundel handel oor die liefde in vele vorme, die belewenis van die religieuse en die skoonheid van die natuur en die kunste waaraan altyd ’n tekort verbonde bly weens menslike ontoereikenheid. Binne die perspek­tief van die herwonne paradys staan Jesus nie sentraal as die Gekruisigde en die Wonderwerker nie, maar as die Joodse rabbi wat die koms van die Koninkryk reeds op aarde verkondig het. God is transendent: die hiëroglief, die ontwykende aan wie ons verbonde is in ons woordeloosheid en deur die musiek.

Suurlemoenseisoen - Genees en Herstel Jou Lewe (Afrikaans, Paperback): Amanda de Lange Suurlemoenseisoen - Genees en Herstel Jou Lewe (Afrikaans, Paperback)
Amanda de Lange
bundle available
R195 R168 Discovery Miles 1 680 Save R27 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Die suurlemoen is een van die mees veelsydige vrugte in die natuur – dit kan ingespan word vir reiniging, genesing, skoonheid en geursel in kos. Suurlemoenseisoen bevat 52 werkstukke wat ontwerp is om die suur van die lewe te neem en dit te verander in iets soets.

Die verskillende onderwerpe is in ’n spesifieke volgorde gekies:

1. Reinig: die skoonmaak van wonde

2. Genees: die heling van wonde

3. Mooi maak: die vermooiing van letsels

4. Geur – sout: Selfs wanneer dinge vir ons suur lyk, is die Here goed. Leer hoe om na die lewe te kyk en dit raak te sien.

5. Geur – soet: Ons word oortuig van God se goedheid te midde van spatsels suur.

Die boek wil lesers help om anders na hul lewe en omstandighede te kyk en te begin dink in terme van die liefde en goedheid van God as ’n Vader, Verlosser en Vertrooster. Om te besef dat daar in Hóm altyd ’n oplossing is vir selfs die suurste suur wat die lewe kan opdis.

Ons Raaiselpad Met Alzheimersiekte - 'n Persoonlike Reis (Afrikaans, Paperback): Elise Nel Ons Raaiselpad Met Alzheimersiekte - 'n Persoonlike Reis (Afrikaans, Paperback)
Elise Nel
bundle available
R260 R224 Discovery Miles 2 240 Save R36 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Elise se eens briljante man raak aggressief en vergeetagtig, en tree heeltemal anders op as wat sy hom ken. Sy het ’n vae vermoede wat skort, maar uiteindelik word haar ergste vrese bewaarheid: haar geliefde man het Alzheimer se siekte. Hy vra haar in ’n oomblik van helderheid om tot die einde na hom om te sien, wat sy doen. Elise vertel hierdie intieme en aangrypende verhaal met deernis vir haar man en elke persoon wat aan alzheimers ly. Sy gee ook praktiese raad vir die versorgers van mense met alzheimers en tekens waarna mens moet oplet.

Vir Mans - Oorkom Moderne Lewensuitdagings (Afrikaans, Paperback): Johan Ferreira Vir Mans - Oorkom Moderne Lewensuitdagings (Afrikaans, Paperback)
Johan Ferreira
bundle available
R240 R206 Discovery Miles 2 060 Save R34 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Mans leef in ’n wêreld waar die rolle van manlikheid so verander het dat dit met tye vir hulle moeilik is om te weet wie hulle werklik is en wat van hulle verwag word. Die eise wat ’n gewone dag aan mans stel kan soms selfs die mees ervare individu laat twyfel aan sy bevoegdhede. Die boek skep ’n bewustheid by mense, en nie net mans nie, van die alledaagse en mees algemene lewensuitdagings waarvoor mans te staan kom, en probeer hulle toerus met relevante inligting wat hulle sal help om meer doeltreffende, emosioneel gelukkige en vervulde lewens te lei. Die boek word verdeel in verhoudings- en lewensfase-uitdagings, verslawing, gemoedsprobleme en traumatiese ervarings.

Die Meesterstuk (Afrikaans, Paperback): Francine Rivers Die Meesterstuk (Afrikaans, Paperback)
Francine Rivers
R300 R247 Discovery Miles 2 470 Save R53 (18%) Ships in 4 - 8 working days

Roman Velasco is 'n suksesvolle Los Angeles-kunstenaar wat oënskynlik alles het wat sy hart begeer - ʼn groot herehuis, geld, vroue en roem. Slegs Grace Moore, sy teësinnige nuwe assistent, weet hoe min hy regtig het.

Maar Grace weet nie hoe haar baas in die geheim met sy duiwels stoei nie: deur geboue te teiken as die Bird, 'n berugte maar ongeïdentifiseerde graffiti-kunstenaar - 'n alter ego wat Roman se loopbaan kan verwoes en hom in die tronk kan laat beland.

Soos Roman, worstel Grace ook met spoke en geheime van haar eie. Ná 'n rampspoedige huwelik haar lewe totaal van koers afgegooi het, het sy gesweer dat liefde nooit weer haar drome sal kniehalter nie. Maar soos sy die enigmatiese man agter die reputasie leer ken, is dit asof hulle gebroke stukke stadig inmekaar begin pas ... totdat iets onverwags gebeur wat die loop van hulle verhouding - en albei se lewe - onherroeplik onherroeplik verander.

Die meesterstuk is ʼn splinternuwe liefdesverhaal deur bekroonde New York Times-topverkoper-outeur Francine Rivers wat jou herinner dat genade selfs die mees gebroke persoon in 'n onvolmaakte tog ongelooflike meesterstuk kan verander.

Die Wapenrusting Van God (Afrikaans, Paperback): Priscilla Shirer Die Wapenrusting Van God (Afrikaans, Paperback)
Priscilla Shirer
R179 R148 Discovery Miles 1 480 Save R31 (17%) Ships in 4 - 8 working days

’n 7-week-aksieplan om oorwinning te behaal in die geestelike stryd. Daar woed elke dag, die hele dag lank, ’n onsigbare oorlog om vroue. Dit kan nie gesien of gehoor word nie, maar dit kan in elke aspek van ’n mens se lewe gevoel word. ’n Toegewyde, bose vyand wil chaos veroorsaak in alles wat vir ’n vrou saak maak: haar hart, gedagtes, huwelik, kinders, verhoudings, drome en toekoms. Maar sy oorlogsplan behels dat hy haar onverhoeds en ongewapen moet vang. In die Bybelstudie Die wapenrusting van God, deur New York Times-topverkoperouteur en motiveringspreker Priscilla Shirer, word vroue met behulp van Skrifstudie en besprekingsvrae toegerus met die wapenrusting van God, waarvan gebed die belangrikste is. Die wapenrusting van God is meer as net ’n Bybelse beskrywing van ’n gelowige se wapenrusting; dit is ’n 7-week-aksieplan om oorwinning te behaal in die geestelike stryd. Ook beskikbaar in Engels onder die titel Armor of God.

Ester - 10 studies oor God se voorsienigheid in jou lewe (Afrikaans, Paperback): Jane Roach Ester - 10 studies oor God se voorsienigheid in jou lewe (Afrikaans, Paperback)
Jane Roach
R39 R33 Discovery Miles 330 Save R6 (15%) Ships in 4 - 8 working days

’n Indiepte-studie oor die boek Ester in 10 weke om jou bewus te maak dat God se hand in alles in jou lewe is. God onderhou en regeer oor alles wat Hy gemaak het. Alles wat gebeur, vind plaas omdat dit God se wil is volgens sy plan, manier en tydsberekening. Soms roep Hy gewone mense om buitengewone take uit te voer. Hierdie 10 weke lange studie oor die boek Ester bied ’n fassinerende historiese vertelling van God se voorsiening onder ’n aanslag om die Jode in ballingskap in die Persiese Ryk uit te roei. Jane Roach gebruik insigryke kommentaar, besprekingsvrae, getuienisse en lofsange terwyl sy lesers deur hierdie boeiende verhaal neem, karakters bekendstel en God se voorsiening uitwys. Soos jy deur Ester werk, sal jy leer om God se hand in jou eie omstandighede raak te sien, om op Hom te steun met onverdeelde vertroue en aanbidding, en om ’n nuwe lewe van dankbaarheid, vrede en vreugde te ervaar.

'n Lewe Voor God (Afrikaans, Paperback): Stephan Joubert 'n Lewe Voor God (Afrikaans, Paperback)
Stephan Joubert
R310 R266 Discovery Miles 2 660 Save R44 (14%) Ships in 4 - 8 working days

'n Lewe voor God bestaan uit 366 dagstukkies uit die pen van een van Suid-Afrika se mees geliefde skrywers en teoloë, Stephan Joubert. Stephan help ons om elke dag bewustelik en met oorgawe in die aangesig van God te leef. Hy lei ons deur middel van alledaagse temas soos gebed, naasteliefde, vergifnis en genade om elke dag in eerlikheid voor God ons lewe aan te pak.

Bruistablette Vir Die Lewe (Afrikaans, Paperback): Susan Coetzer Bruistablette Vir Die Lewe (Afrikaans, Paperback)
Susan Coetzer
R315 R271 Discovery Miles 2 710 Save R44 (14%) Ships in 4 - 8 working days

In hierdie praktiese, toeganklike en lekkerlees-dagstukkieboek is daar elke dag ’n nuwe bruistablet om in afsondering te lees, te absorbeer en toe te pas in jou lewe – om jou innerlik te versterk as mens. Dit is ’n reis na groter egtheid en verdieping as kinders van die Here sodat jy (en ek) meer kan bruis en minder kan brul te midde van ons realiteit en probleme.

In Mamelodi Het Ek My God Gevind - My Lewe In die Township en Hoe Dit My Geloof Verander Het (Afrikaans, Paperback): Nico Smith In Mamelodi Het Ek My God Gevind - My Lewe In die Township en Hoe Dit My Geloof Verander Het (Afrikaans, Paperback)
Nico Smith
bundle available
R280 R241 Discovery Miles 2 410 Save R39 (14%) Ships in 4 - 8 working days

In 1982 aanvaar Nico Smith ’n beroep na die NG Kerk in Afrika se Mamelodi-gemeente. Hy en sy vrou laat hulle gemaklike lewe agter en gaan bly in Mamelodi. Hier leer Nico en Ellen rêrig die hart van Mamelodi se mense ken, en beleef swaarkry saam met hulle. Hulle leer wat dit beteken om swart te wees in Suid-Afrika onder apartheid. Hulle leer ’n ander God ken, nie die God van Nico se vaders nie, maar die God van die verworpenes en die verdruktes.

NLV Standaard Bybel - (Linne, Roesbruin En Goud Met Duimgrepe) (Afrikaans, Paperback): Wil Vosloo, Andrie Du Toit NLV Standaard Bybel - (Linne, Roesbruin En Goud Met Duimgrepe) (Afrikaans, Paperback)
Wil Vosloo, Andrie Du Toit
R500 R412 Discovery Miles 4 120 Save R88 (18%) Ships in 4 - 8 working days

Die Bybel Nuwe Lewende Vertaling (NLV) bied ’n unieke balans tussen noukeurigheid, akkuraatheid en lesersvriendelikheid en is reeds baie gewild by duisende lesers.

Die NLV standaard-uitgawes spog nou met ’n verskeidenheid nuwe en opwindende omslae.

  • 9 punt lettergrootte
  • Dubbelkolom-uitleg
  • 8 volkleur-kaarte
  • Merklint
  • Duimgrepe
  • Bladsye goudgerand
Ankers vir Vandag (Afrikaans, Paperback): Nadine Blom Ankers vir Vandag (Afrikaans, Paperback)
Nadine Blom
bundle available
R200 R172 Discovery Miles 1 720 Save R28 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Elke Christen het ankers nodig, iets wat hulle vashou aan God om te keer dat hulle lewensbootjie op die rotse loop. Die bekende sangeres Nadine Blom wys die ankers waaraan ons moet vashou vir ons uit – maar wys ook watter goed wat ons vashou ons moet laat los.

Sielskos - Stories oor Verlange en Hoop (Afrikaans, Paperback): Koos van der Merwe Sielskos - Stories oor Verlange en Hoop (Afrikaans, Paperback)
Koos van der Merwe
bundle available
R245 R211 Discovery Miles 2 110 Save R34 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Hierdie bundel is saamgestel uit hoogtepunte van die laaste 15 jaar se "Laaste sê"-rubrieke deur Koos van der Merwe in Sarie. Koos weef meesterlik met woorde en het die vermoë om diep betekenis uit alledaagse situasies te haal. Koos vertel van mense, en hulle soeke na hoop, maar ook ons almal se verlange na die Een wat ons nooit sal laat gaan nie.

NLV Grootdruk (Swart) (Afrikaans, Hardcover): Wil Vosloo, Andrie Du Toit NLV Grootdruk (Swart) (Afrikaans, Hardcover)
Wil Vosloo, Andrie Du Toit
R300 R247 Discovery Miles 2 470 Save R53 (18%) Ships in 4 - 8 working days

Die Bybel Nuwe Lewende Vertaling (NLV) in grootdruk bied ’n unieke balans tussen noukeurigheid, akkuraatheid en lesersvriendelikheid en is reeds baie gewild by duisende lesers.

- 12 punt lettergrootte

- Dubbelkolom-uitleg

- 8 volkleur-kaarte

- Merklint

God, Gay, Genade (Afrikaans, Paperback): Retha Benade God, Gay, Genade (Afrikaans, Paperback)
Retha Benade
bundle available
R50 R39 Discovery Miles 390 Save R11 (22%) Ships in 5 - 10 working days

Hoekom is ek so, wat is fout met my? Ek kan nie regtig met iemand hieroor praat nie. Ek sien nie kans vir die verwerping, spot en veroordeling nie. Wanneer my ouers, vriende en familie dit uitvind, hoe gaan hulle reageer? Wat dink God van alles, waar pas Hy in? Hoekom straf Hy my so? Ek bly liewers stil en leef ’n lewe van leuens.

Hierdie is 'n moet-lees boek vir:

  • Die wat anti-gay is (ouers, familie, vriende, kerkleiers) en nie besef watter bloedspoor gelos word deur die misbruik van die Skrifte, mites en ongevoelige uitsprake teenoor gay mense nie.
  • Die gelowige gay mens wat met sy of haar seksualiteit sukkel en hopelik aangespoor sal word om hulleself te aanvaar.
  • Die pro-gay mense (ouers, familie, vriende, kerkleiers) wat swaar dra in die proses om die gay mens te beskerm.
Afrikaanse (1933/1953) Verklarende Studiebybel - (Karamel) (Afrikaans, Leather / fine binding): Afrikaanse (1933/1953) Verklarende Studiebybel - (Karamel) (Afrikaans, Leather / fine binding)
R599 R493 Discovery Miles 4 930 Save R106 (18%) Ships in 4 - 8 working days

Die Verklarende Studiebybel is ’n omvattende Studiebybel gebaseer op die 1933/1953-vertaling van die Bybel in Afrikaans. Twee vooraanstaande teoloë het die verklarende notas, temas, tekskritiese inligting en inleidings tot die Bybelboeke redaksioneel versorg om te verseker dat dié inligting die Bybel getrou ontsluit en in ooreenstemming is met die nuutste Bybelkundige insigte.

Unieke kenmerke en eienskappe sluit in:

  • Teks van die 1933/1953-vertaling van die Bybel in Afrikaans
  • Boek-vir-boek-inligting met inleidende artikels tot elke Bybelboek
  • 21 Onderwerp-vir-onderwerp-artikels wat ’n algemene oorsig bied oor die hele Bybel
  • Unieke “Bestudeer die boek”-kassies wat die Bybelboek se vernaamste temas en leringe verken
  • Vers-vir-vers-voetnotas wat dwarsdeur die teks voorkom
  • Volkleur kaarte

Die Verklarende Studiebybel is spesiaal saamgestel om jou Bybelkennis te verbreed, jou te help om persoonlike Bybelstudie te doen en jou geestelik te laat groei.
NLV Geskenkbybel (Grys) (Afrikaans, Leather / fine binding): Wil Vosloo, Andrie Du Toit NLV Geskenkbybel (Grys) (Afrikaans, Leather / fine binding)
Wil Vosloo, Andrie Du Toit
R199 R164 Discovery Miles 1 640 Save R35 (18%) Ships in 4 - 8 working days

Hierdie geskenkuitgawe is die ideale manier om die mylpale en prestasies in ’n mens se lewe te vier. Met die volledige teks van die Nuwe Lewende Ver­taling, wat ’n eietydse stem aan tydlose beloftes gee, sal die NLV Geskenkbybel ’n waardevolle ge­skenk wees.

- Gewilde NLV-teks

- 7,5 punt lettergrootte

- Dubbelkolom-uitleg

- Bladsye kleurgerand

- Merklint

NLV Geskenkbybel (Pers) (Afrikaans, Leather / fine binding): Wil Vosloo, Andrie Du Toit NLV Geskenkbybel (Pers) (Afrikaans, Leather / fine binding)
Wil Vosloo, Andrie Du Toit
R199 R164 Discovery Miles 1 640 Save R35 (18%) Ships in 4 - 8 working days

Hierdie geskenkuitgawe is die ideale manier om die mylpale en prestasies in ’n mens se lewe te vier. Met die volledige teks van die Nuwe Lewende Ver­taling, wat ’n eietydse stem aan tydlose beloftes gee, sal die NLV Geskenkbybel ’n waardevolle ge­skenk wees.

- Gewilde NLV-teks

- 7,5 punt lettergrootte

- Dubbelkolom-uitleg

- Bladsye kleurgerand

- Merklint

NLV Grootdruk (Wynrooi) (Afrikaans, Leather / fine binding): Wil Vosloo, Andrie Du Toit NLV Grootdruk (Wynrooi) (Afrikaans, Leather / fine binding)
Wil Vosloo, Andrie Du Toit
R300 R247 Discovery Miles 2 470 Save R53 (18%) Ships in 4 - 8 working days

Die Bybel Nuwe Lewende Vertaling (NLV) in grootdruk bied ’n unieke balans tussen noukeurigheid, akkuraatheid en lesersvriendelikheid en is reeds baie gewild by duisende lesers.

- 12 punt lettergrootte

- Dubbelkolom-uitleg

- 8 volkleur-kaarte

- Merklint

NLV Bybel (Linne, Standaard Rooi Met Duimgrepe) (Afrikaans, Paperback): Wil Vosloo, Andrie Du Toit NLV Bybel (Linne, Standaard Rooi Met Duimgrepe) (Afrikaans, Paperback)
Wil Vosloo, Andrie Du Toit
R500 R412 Discovery Miles 4 120 Save R88 (18%) Ships in 4 - 8 working days

Die Bybel Nuwe Lewende Vertaling (NLV) bied ’n unie­ke balans tussen noukeurigheid, ak­ku­raatheid en lesersvriendelikheid en is reeds baie gewild by dui­sen­de lesers.

Die NLV standaard-uitgawes spog nou met ’n verskeidenheid nuwe en opwindende omslae.

- 9 punt lettergrootte

- Dubbelkolom-uitleg

- 8 volkleur-kaarte

- Merklint

- Duimgrepe

- Bladsye goudgerand

NLV Geskenkbybel (Turkoois) (Afrikaans, Leather / fine binding): Wil Vosloo, Andrie Du Toit NLV Geskenkbybel (Turkoois) (Afrikaans, Leather / fine binding)
Wil Vosloo, Andrie Du Toit
R150 R124 Discovery Miles 1 240 Save R26 (17%) Ships in 4 - 8 working days

Hierdie geskenkuitgawe is die ideale manier om die mylpale en prestasies in ’n mens se lewe te vier. Met die volledige teks van die Nuwe Lewende Ver­taling, wat ’n eietydse stem aan tydlose beloftes gee, sal die NLV Geskenkbybel ’n waardevolle ge­skenk wees.

- Gewilde NLV-teks

- 7,5 punt lettergrootte

- Dubbelkolom-uitleg

- Bladsye kleurgerand

NLV Grootdruk (Swart Met Duimgrepe) (Afrikaans, Leather / fine binding): Wil Vosloo, Andrie Du Toit NLV Grootdruk (Swart Met Duimgrepe) (Afrikaans, Leather / fine binding)
Wil Vosloo, Andrie Du Toit
R490 R403 Discovery Miles 4 030 Save R87 (18%) Ships in 4 - 8 working days

Die Bybel Nuwe Lewende Vertaling (NLV) in grootdruk bied ’n unieke balans tussen noukeurigheid, akkuraatheid en lesersvriendelikheid en is reeds baie gewild by duisende lesers.

- 12 punt lettergrootte

- Dubbelkolom-uitleg

- 8 volkleur-kaarte

- Luukse leer

- Merklint

- Duimgrepe

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Hykie Berg: My Storie van Hoop
Hykie Berg, Marissa Coetzee Paperback R250 R215 Discovery Miles 2 150
Het Ek My Geloof Verloor?
Pierre du Plessis Paperback R270 R232 Discovery Miles 2 320
Uit Die Beek 2024 - 366 Dagstukkies
Barend Vos Paperback R265 R228 Discovery Miles 2 280
Wat Moet Ons Met Ons Kerk Doen?
Jurie van den Heever Paperback  (1)
R10 R8 Discovery Miles 80
Iemand Soos Jy
Karen Kingsbury Paperback R199 R164 Discovery Miles 1 640
My Stryd Met ADHD - Die Onsigbare Oorlog
Hykie Berg Paperback  (1)
R270 R232 Discovery Miles 2 320
Geseend Is Die Wat Treur
Susan Jordaan Paperback R250 R215 Discovery Miles 2 150
Koeke en Terte - Aanvaar Mekaar se…
Susan Coetzer Paperback R270 R232 Discovery Miles 2 320
Doen Dit Al Is Jy Bang
Joyce Meyer Paperback R249 R205 Discovery Miles 2 050
Moed Vir Elke Dag - Maak Elke Dag Jou…
Joyce Meyer Hardcover R249 R205 Discovery Miles 2 050

 

Partners