0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (22)
  • R50 - R100 (46)
  • R100 - R250 (218)
  • R250 - R500 (143)
  • R500+ (38)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Christianity > Afrikaans

Dankbaar en Geseënd Dankie-Sê-Joernaal (Afrikaans, Paperback): Dankbaar en Geseënd Dankie-Sê-Joernaal (Afrikaans, Paperback)
R89 R82 Discovery Miles 820 Save R7 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Slegs ’n paar minute ’n dag kan jou lewe verander en jou dae met vreugde vul.

Hierdie pragtige Dankbaar en Geseënd Dankie-Sê-Joernaal bevat verse uit die Skrif, asook inspirerende aanhalings oor verskeie aspekte van dankbaarheid deur bekende Christelike skrywers. Dit bevat ook genoeg plek om jou eie gedagtes en gebede neer te skryf. Ontgin die krag van dankbaarheid vir die seën en genade uit God se hand.

• Dankie-sê-joernaal met teksverse en inspirerende aanhalings, en genoeg plek om jou eie gebede en gedagtes neer te skryf.
• Sagteband.
• 128 eenkleur-bladsye.
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel Grateful & Blessed

Vroue van Geloof: Geloof soos 'n Mosterdsaad - Gebedsjoernaal (Afrikaans, Paperback): Angus Buchan Vroue van Geloof: Geloof soos 'n Mosterdsaad - Gebedsjoernaal (Afrikaans, Paperback)
Angus Buchan
R89 R82 Discovery Miles 820 Save R7 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Geloof soos 'n mosterdsaad

Om elke dag tyd saam met God in gebed deur te bring, kan ons help om ons verhouding met Hom te verdiep. Dit is tydens hierdie tye van gemeenskap met God waar ons leiding, krag en genade ontdek om elke nuwe dag in die oë te kyk.

Vroue van geloof is ’n gebedsjoernaal wat deur die lewens van 30 geloofsreuse soos Corrie ten Boom, Susanna Wesley, Francis Havergal en Amy Carmichael tot Bybelse geloofshelde soos Hanna, Maria, Rut en Ester die noodsaaklikheid, moontlikhede en krag van gebed ontdek.

Vroue sal hul verhouding met God versterk deur die vrae om oor na te dink, inspirerende aanhalings, bypassende teksverse en gebedsriglyne wat aansluit by die lewens en leringe van hierdie geloofsreuse.

• ’n Gebedsjoernaal vir vroue.
• 30 oordenking oor die lewe van vroue van geloof soos Corrie ten Boom, Susanna Wesley, Francis Havergal en Amy Carmichael tot Bybelse geloofshelde soos Hanna, Maria, Rut en Ester.
• Elke stukkie bevat vrae vir dieper denke, gebedsriglyne, inspirerende aanhalings en bypassende verse uit die Bybel.
• Sagteband
• 128 tweekleur-bladsye.
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel Women of Faith Prayer Journal.

Manne van Geloof: Geloof om berge te skuif - Gebedsjoernaal (Afrikaans, Paperback): Angus Buchan Manne van Geloof: Geloof om berge te skuif - Gebedsjoernaal (Afrikaans, Paperback)
Angus Buchan
R89 R82 Discovery Miles 820 Save R7 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Gebed is ’n kragtige hulpmiddel om enige uitdaging met God se krag en wysheid te oorkom. Vind die leiding en genade wat jy nodig het in jou daaglikse stiltetyd by God.

In Manne van geloof Gebedsjoernaal ondersoek topverkoper-outeur Angus Buchan die lewens van 30 geloofshelde wat berge verskuif het deur getroue gebed, waaronder Charles Spurgeon, Oswald Chambers, E.M. Bounds, Johannes Calvyn, Augustinus, en ook Bybelkarakters soos Dawid, Job, Abraham en Salomo.

Met die vrae vir dieper denke, gebedsriglyne, inspirerende aanhalings en bypassende verse uit die Bybel sal hierdie gebedsjoernaal jou help om die man van God te word wat jy bedoel is om te wees.

NLV Koningsblou My Kreatiewe Joernaal-Bybel (Afrikaans, Leather / fine binding): NLV Koningsblou My Kreatiewe Joernaal-Bybel (Afrikaans, Leather / fine binding)
R999 R844 Discovery Miles 8 440 Save R155 (16%) Ships in 4 - 8 working days

Ontdek die vreugde van kreatiewe stilword by God!

My kreatiewe Joernaal-Bybel bevat die volledige teks van die Nuwe Lewende Vertaling en ongeveer 400 woordkuns-teksverse om in te kleur. Elke bladsy het breë kantlyne met óf ’n woordkuns-teksvers, óf lyntjies waar gebede, notas en ander persoonlike inskrywings gedoen kan word.

Ervaar vrede, vernuwing en inspirasie in jou geloofslewe wanneer jy stil word met die Woord van God en nadink oor die waarhede daarin terwyl jy die woordkuns-verse inkleur.
• Volledige teks van die NLV in enkelkolom-uitleg
• Lesersvriendelike 8.5 punt lettergrootte
• Breë kantlyne met lyntjies spesiaal vir gedagtes, gebede, notas en ander persoonlike inskrywings
• Ongeveer 400 woordkuns-teksverse
• Indeks van woordkuns-teksverse
• Omslag van egte leer
• Silvergerand
• Merklint
• Verpakking: "Slipcase"

NLV Geel My Kreatiewe Joernaal-Bybel (Afrikaans, Leather / fine binding): NLV Geel My Kreatiewe Joernaal-Bybel (Afrikaans, Leather / fine binding)
R999 R844 Discovery Miles 8 440 Save R155 (16%) Ships in 4 - 8 working days

Ontdek die vreugde van kreatiewe stilword by God!

My kreatiewe Joernaal-Bybel bevat die volledige teks van die Nuwe Lewende Vertaling en ongeveer 400 woordkuns-teksverse om in te kleur. Elke bladsy het breë kantlyne met óf ’n woordkuns-teksvers, óf lyntjies waar gebede, notas en ander persoonlike inskrywings gedoen kan word.

Ervaar vrede, vernuwing en inspirasie in jou geloofslewe wanneer jy stil word met die Woord van God en nadink oor die waarhede daarin terwyl jy die woordkuns-verse inkleur.
• Volledige teks van die NLV in enkelkolom-uitleg
• Lesersvriendelike 8.5 punt lettergrootte
• Breë kantlyne met lyntjies spesiaal vir gedagtes, gebede, notas en ander persoonlike inskrywings
• Ongeveer 400 woordkuns-teksverse
• Indeks van woordkuns-teksverse
• Omslag van egte leer
• Silvergerand
• Merklint
• Verpakking: "Slipcase"

NLV Seegroen Joernaal-Bybel (Afrikaans, Leather / fine binding): NLV Seegroen Joernaal-Bybel (Afrikaans, Leather / fine binding)
R999 R844 Discovery Miles 8 440 Save R155 (16%) Ships in 4 - 8 working days

Ontdek die vreugde van stilword by God! Die NLV Joernaal-bybel bevat die volledige teks van die Nuwe Lewende Vertaling en het breë kantlyne waar gebede, notas en ander persoonlike inskrywings gedoen kan word. Ervaar vrede, vernuwing en inspirasie in jou geloofslewe wanneer jy stil word met die Woord van God en nadink oor die ewige waarhede daarin.

• Volledige teks van die NLV in enkelkolom-uitleg
• Lesersvriendelike 8.5-punt lettergrootte
• Breë kantlyne met lyntjies spesiaal vir gedagtes, gebede, notas en ander persoonlike inskrywings.
• Omslag van egte leer
• Silvergerand
• Merklint
• Verpakking: "Slipcase"

NLV Taan Standaard Bybel (Afrikaans, Leather / fine binding): NLV Taan Standaard Bybel (Afrikaans, Leather / fine binding)
R799 R692 Discovery Miles 6 920 Save R107 (13%) Ships in 4 - 8 working days

’n Pragtige nuwe uitgawe van die gewilde NLV-vertaling met 'n omslag van egte leer.

Die Nuwe Lewende Vertaling kombineer Skrifgetrouheid met ’n dinamiese, duidelike skryfstyl wat God se Woord kragtig oordra aan almal wat dit hoor en lees. Dit dra die boodskap van die oorspronklike tale oor in gemaklike Afrikaans. Die Nuwe Lewende Vertaling nooi lesers om die Bybelse teks hul eie te maak en God se verhaal vir hul eie lewe en die wêreld te ontdek. Dit beskik oor die volgende kenmerke:

• Volledige teks van die NLV met verduidelikende voetnote
• 10-punt lettergrootte
• Dubbelkolom-uitleg
• 8 volkleur-kaarte
• Omslag van egte leer
• 1400 bladsye
• Goudgerand
• Merklint
• Duimgrepe
• Verpakking: "Slipcase"

NLV Swart Standaard Bybel (Afrikaans, Leather / fine binding): NLV Swart Standaard Bybel (Afrikaans, Leather / fine binding)
R799 R692 Discovery Miles 6 920 Save R107 (13%) Ships in 4 - 8 working days

’n Pragtige nuwe uitgawe van die gewilde NLV-vertaling met 'n omslag van egte leer.

Die Nuwe Lewende Vertaling kombineer Skrifgetrouheid met ’n dinamiese, duidelike skryfstyl wat God se Woord kragtig oordra aan almal wat dit hoor en lees. Dit dra die boodskap van die oorspronklike tale oor in gemaklike Afrikaans. Die Nuwe Lewende Vertaling nooi lesers om die Bybelse teks hul eie te maak en God se verhaal vir hul eie lewe en die wêreld te ontdek. Dit beskik oor die volgende kenmerke:

• Volledige teks van die NLV met verduidelikende voetnote
• 10-punt lettergrootte
• Dubbelkolom-uitleg
• 8 volkleur-kaarte
• Omslag van egte leer
• 1400 bladsye
• Silvergerand
• Merklint
• Duimgrepe
• Verpakking: "Slipcase"

Ken Jesus As God Bybelstudie - 10 Studies oor die Evangelie van Johannes (Afrikaans, Paperback): Tara-Leigh Cobble Ken Jesus As God Bybelstudie - 10 Studies oor die Evangelie van Johannes (Afrikaans, Paperback)
Tara-Leigh Cobble
R149 R137 Discovery Miles 1 370 Save R12 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Delf diep in die Johannes-evangelie en ontdek die ware Jesus soos Johannes Hom beskryf.

Die hele Skrif openbaar dat Jesus God is, maar geen boek beskryf hierdie waarheid duideliker as Johannes se Evangelie nie. Hierdie Evangelie is ’n openbaring van God se karakter soos dit waargeneem is deur die man aan wie Hy die naaste was.

Ken Jesus as God is ’n Bybelstudie oor 10 weke wat individue of groepe deur die hele Evangelie van Johannes begelei. Dit sluit die volgende in:

• Daaglikse sessies wat nie te lank is nie.
• Vrae vir diep nadenke en plek vir antwoorde en notas.
• Weeklikse uitdagings sodat toegepas kan word wat geleer is.
• Memorisering van teksverse.

Of hierdie studie van Johannes jou eerste of jou honderdste is, die gelyktydige eenvoud en kompleksiteit van hierdie Evangelie-bespreking bied ’n onuitputbare bron van bemoediging. Die boek wat geskryf is “sodat julle tot die geloof kan kom dat Jesus die Messias is, die Seun van God” (Joh. 20:31), wys bladsy vir bladsy dat Hy die bron van ware lewe is!

• ’n Bybelstudie oor 10 weke vir individue of groepe oor die Johannes-evangelie.
• Bevat daaglikse sessies, vrae vir diep nadenke en plek vir antwoorde en notas.
• 224 bladsye.
• Sagteband.
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel Knowing Jesus as God.

'n Bybeldagboek vir Meisies (Afrikaans, Paperback): Jean Fischer 'n Bybeldagboek vir Meisies (Afrikaans, Paperback)
Jean Fischer
R149 R137 Discovery Miles 1 370 Save R12 (8%) Ships in 4 - 8 working days

’n Wonderlike dagboek wat ’n stewige grondslag sal lê vir meisies se geloofsgroei.

Die 365 dagstukkies in ’n Bybeldagboek vir meisies is gebaseer op van die bekendste Skrifgedeeltes en beloftes in die Bybel. Jong meisies sal elke dag van die jaar bemoedig, uitgedaag en geïnspireer word. Enkele temas wat in hierdie dagboek voorkom, is God, Jesus, die hemel, liefde, wonderwerke, wysheid en vele meer.

Elke oordenking is gerig op die daaglikse leefwêreld van meisies en bied woorde van troos, vrede en hoop.

Gevorm Deur God - Psalms om jou hart en gedagtes te rig (Afrikaans, Hardcover): John Piper Gevorm Deur God - Psalms om jou hart en gedagtes te rig (Afrikaans, Hardcover)
John Piper
R99 R91 Discovery Miles 910 Save R8 (8%) Ships in 4 - 8 working days

God wil jou hart hê. Die hele Bybel is vol waarheid en werk in ons hart, maar die psalms is net besonders. Hulle raak nie net ons hart nie – hulle plaas ons hart op die voorgrond. Hulle nooi nie net ons emosies om op God se waarheid te reageer nie – hulle stel ons emosies ten toon.

Die psalms doen meer as om ons te leer. Ons ervaar alles wat dit leer. Ons hoor en ervaar die onbeskaamde uitroepe van smart, skaamte, berou, verlies, woede, ontmoediging en ontsteltenis. Maar wat hierdie gedigte – almal van hulle – so verstommend anders maak as die smart van die wêreld is dat hulle almal ervaar word in verhouding tot die totaal alleenheersende God.

Hierdie boek is ’n uitnodiging. God wil ons hart hê. Hy sal dit neem soos dit is. En dan, deur die inspirasie van die psalms, sal Hy dit vorm. Aanvaar sy uitnodiging om te kom.

Inspirasie Uit Die Woord (Afrikaans, Cards): Inspirasie Uit Die Woord (Afrikaans, Cards)
R109 R101 Discovery Miles 1 010 Save R8 (7%) Ships in 4 - 8 working days
Geanker In Die Woord (Afrikaans, Cards): Solly Ozrovech Geanker In Die Woord (Afrikaans, Cards)
Solly Ozrovech
R199 R183 Discovery Miles 1 830 Save R16 (8%) Ships in 4 - 8 working days
Woorde Van Liefde Vir Ma - Inspirasie Uit Die Skrif (Afrikaans, Cards): Woorde Van Liefde Vir Ma - Inspirasie Uit Die Skrif (Afrikaans, Cards)
R89 R82 Discovery Miles 820 Save R7 (8%) Ships in 4 - 8 working days
Wandel deur God se Woord - 'n Reis van 365 dae deur die Bybel (Afrikaans, Hardcover): Jimi Le Roux Wandel deur God se Woord - 'n Reis van 365 dae deur die Bybel (Afrikaans, Hardcover)
Jimi Le Roux
R249 R229 Discovery Miles 2 290 Save R20 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Die Bybel bevat soveel leiding en Goddelike raad, maar dit kan oorweldigend wees om dit van begin tot einde deur te lees. Waar begin ’n mens, en waar vind jy tyd in jou besige skedule? Maar dis geen rede om God se leiding mis te loop nie.

Die 366 oordenkings in Wandel deur God se Woord neem jou op reis deur die Bybel – van Genesis tot Openbaring. Dit dek die bekendste, mooiste en belangrikste verse – die essensie van God se Woord – sodat jy die impak van die Woord opnuut sal ontdek.

Ontdek hoe prakties, lewensveranderend en bemoedigend God se Woord is, en dat dit die duidelikste roetewyser vir jou lewenspad is.

• 366 oordenkings wat fokus op kerngedeeltes van die Bybel – van Genesis tot Openbaring.
• Elke dag bevat ’n vers of gedeelte uit die Skrif, ’n kort oordenking en gebed.
• Hardeband.
• 388 bladsye.
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel Walking Through the Word.

Die Sakpas-Bybel met Oordenkings vir Mans (Afrikaans, Paperback): Stephan Joubert Die Sakpas-Bybel met Oordenkings vir Mans (Afrikaans, Paperback)
Stephan Joubert
R189 R174 Discovery Miles 1 740 Save R15 (8%) Ships in 4 - 8 working days

As die hoof van die huis wat ook nog werkstres moet hanteer, kan dit soms vir jou voel of jy die hele wêreld op jou skouers dra. Maar jy is nie alleen nie. God is reg langs jou.

Die sakpas-Bybel met oordenkings vir mans bevat 366 daaglikse gedagtes wat jou sal help om die daaglikse eise van die lewe te verruil vir God se vrede namate dit jou leer om sterk te staan in jou geloof. Elke dag bevat ’n versameling kernverse uit die Skrif en ’n kort oordenking oor temas soos spanning, gesin, finansies, leierskap, sukses en wysheid. Daar is ook ’n tematiese indeks om maklik antwoorde te kry oor kwessies waaroor jy wonder.

Ek Bid Vir Jou (Afrikaans, Hardcover): Jean Fischer Ek Bid Vir Jou (Afrikaans, Hardcover)
Jean Fischer
R119 R110 Discovery Miles 1 100 Save R9 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Ek Bid vir Jou deur Jean Fischer is een van die beste kinderboeke oor liefde en die gesin wat uitspel hoe ver 'n ma se liefde strek.

Hierdie plaaslike uitgawe van die pragtige storie volg 'n mammabeer se pad van voor haar kindjie se geboorte tot sy eerste dag op skool en hoe sy oor en vir haar kind bid.

Ek Bid vir Jou is vol pragtige, volkleur kunswerk deur Frank Endersby, met 'n gebed op elke dubbelblad.

Hierdie boek is ideaal vir voorlees deur ouers vir hul kinders voor slaaptyd, as 'n beginpunt vir 'boekevat' of stiltetyd.

Ons Vader Bybelstudie (Afrikaans, Paperback): Becky Harling Ons Vader Bybelstudie (Afrikaans, Paperback)
Becky Harling
R149 R137 Discovery Miles 1 370 Save R12 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Vir baie eeue het gelowiges oor die wêreld heen bekende gebede gebid om God intiemer te leer ken. Die Ons Vader-gebed is so ’n gebed en ’n geestelike skatkis vir elke Christen.

Gelowiges oraloor bid elke dag die Ons Vader. Maar is daar meer te put uit hierdie geskenk van Jesus self? Becky Harling, skrywer en Bybelonderwyser, het dieper gedelf in die Ons Vader en daardeur ’n groter liefde vir Jesus en die Vader ontwikkel.

Ons Vader: 'n Studie Van Die Diep Waarhede In Jesus Se Modelgebed: 'n 6-week-Bybelstudie SB is ’n studie oor ses weke wat jou verhouding met God versterk terwyl jy hierdie geliefde gebed in diepte bestudeer. Ontdek ses lewensveranderende uitnodigings wat Jesus deur hierdie gebed aan elke gelowige rig. Jesus nooi jou uit om:

• God as Vader te ken
• te aanbid
• jouself oor te gee
• met vertroue te vra
• vryheid te vind deur te vergewe
• oorwinnend te leef

Ons leef in ’n tyd van toenemende vrees, depressie, ontnugtering en teleurstelling. Maar die Ons Vader-gebed bied genesing vir ons siele. Bo en behalwe onderrig oor ons verhouding met God, leer die gebed ons ook belangrike aspekte oor ons verhouding met ander.

Kom saam op ’n ontdekkingsreis deur die Ons Vader en maak God se vrede, vertroue en standvastigheid jou eie.

Psalms Vir Elke Dag - 365 Dagstukkies (Afrikaans, Hardcover): Joyce Meyer Psalms Vir Elke Dag - 365 Dagstukkies (Afrikaans, Hardcover)
Joyce Meyer
R279 R257 Discovery Miles 2 570 Save R22 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Psalms nooi jou om daagliks jou hart voor God uit te stort. God wil hê dat jy daagliks openlik en eerlik die goeie én slegte met Hom moet deel. Dit is wat Psalms so besonders maak. Dit toon hoe die psalmiste met God gepraat het toe hulle gelukkig en tevrede was met hoop in hul harte, maar ook toe hulle bang, moedeloos, kwaad en alleen was.

In Psalms vir elke dag, 'n 365-dagstukkieboek, nooi Joyce Meyer jou om saam met haar deur die baie bekende boek van Psalms te reis.

Dit sal jou:

• Nader aan Jesus bring, en
• Jou die geleentheid bied om die wysheid wat in Psalms opgesluit is, jou eie te maak.
• Sakpasgrootte: 190 mm x 140 mm
• 376 pp
• Pragtige hardeband-boek met lint as boekmerk
• Lesersvriendelike fontgrootte en uitleg (in pantone-kleur)

Grense - Wanneer Om Ja te Sê en Hoe Om Nee Te Sê Om Beheer Te Neem Van Jou Lewe (Afrikaans, Paperback): Henry Cloud, John... Grense - Wanneer Om Ja te Sê en Hoe Om Nee Te Sê Om Beheer Te Neem Van Jou Lewe (Afrikaans, Paperback)
Henry Cloud, John Townsend
R199 R183 Discovery Miles 1 830 Save R16 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Voel alles in jou lewe buite beheer? Dalk voel dit of jy vir almal in jou lewe moet ja sê. Dalk neem jy verantwoordelikheid vir ander se emosies en probleme. Of dalk fokus jy so baie daarop om liefdevol en onselfsugtig te wees dat jy vergeet het waar jou eie beperkings lê. Of is dit alles dalk waar van jou?

In Grense: Wanneer Om Ja te Sê en Hoe Om Nee Te Sê Om Beheer Te Neem Van Jou Lewe help dr. Henry Cloud en dr. John Townsend jou om te weet wanneer om ja te sê en hoe om nee te sê sodat jy weer in beheer is van jou lewe en gesonde grense kan stel vir jou eggenoot, kinders, vriende, ouers, kollegas – en selfs jouself! Dit sal lesers help om hierdie moeilike vrae te beantwoord:

• Kan ek grense stel en steeds ’n liefdevolle persoon wees?
• Wat is gesonde grense?
• Hoe kan ek my digitale wêreld bestuur sodat dit my nie beheer nie?
• Wat as my grense iemand ontstel of seermaak?
• Hoe antwoord ek iemand wat my tyd, liefde, energie of geld wil hê?
• Hoekom voel ek skuldig of bang wanneer ek daaraan dink om grense te stel?
• Hoe rym grense met wedersydse onderdanigheid in die huwelik?
• Is dit nie selfsugtig om grense te stel nie?

Jou lewe hoef nie buite beheer te raak nie. Ontdek hoe grense jou lewe vandag beter kan maak!

Laat Sy Liefde Jou Lei - 365 Koester-Oordenkin (Afrikaans, Paperback): Milanie Vosloo Laat Sy Liefde Jou Lei - 365 Koester-Oordenkin (Afrikaans, Paperback)
Milanie Vosloo
R199 R183 Discovery Miles 1 830 Save R16 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Laat sy liefde jou lei deur topverkoper-outeur Milanie Vosloo is geskryf vir vroue wat weet dat die lewe, hulle self en ander nie perfek is nie, maar wat steeds in die liefde glo. Die dagstukke verseker vroue: Wat jou drome en ideale ook al is, waar jy jou ook al op die lewenspad bevind, laat God se liefde jou lei in alles wat jy doen, en jy sal sy vrede en vreugde ervaar.

Dié dagboek bevat 365 besielende dagstukke vir vroue wat fokus op die positiewe wat ’n mens kry uit ’n liefde-lewe. Dit sluit temas in soos: die liefde leef met hoop, die liefde ken dankbaarheid en die liefde glo die beste.

In Laat sy liefde jou lei nooi Milanie Vosloo lesers om saam met haar op die pad van die liefde te stap, die waarhede van die Skrif-oordenkings te lees en te oordink, dit op hul eie lewe toe te pas en die vreugde wat hulle gaan put uit hul nuutgevonde liefde vir God, hulself en die mense om hulle te geniet. Maak nie saak wat die vraag is nie, liefde is die antwoord.

• Handige sakpas-formaat

NLV Bybel (Bruin) (Afrikaans, Large print, Leather / fine binding): Andrie Du Toit, Wil Vosloo NLV Bybel (Bruin) (Afrikaans, Large print, Leather / fine binding)
Andrie Du Toit, Wil Vosloo
R699 R615 Discovery Miles 6 150 Save R84 (12%) Ships in 4 - 8 working days

Die Nuwe Lewende Vertaling Super Grootdruk is die ideale Afrikaanse Bybel vir lesers wat van ’n ekstra groot lettertipe hou.

Die Super Grootdruk-uitgawe bevat die volledige teks van die vertroude Nuwe Lewende Vertaling. Dit kombineer Skrifgetrouheid en lesersvriendelikheid om die boodskap van die grondteks in eietydse Afrikaans vir vandag se leser weer te gee. Agt volkleur-kaarte is ook ingesluit.

Hierdie Bybel beskikb oor die volgende kenmerke

• Verduidelikende voetnote
• 16.5-punt lettergrootte
• Dubbelkolom-uitleg
• Kunsleer-omslag
• 8 volkleur-kaarte
• Merklint
• Duimgrepe

Vreugde In Sy Teenwoordigheid (Afrikaans, Cards): Nina Smit Vreugde In Sy Teenwoordigheid (Afrikaans, Cards)
Nina Smit
R199 R183 Discovery Miles 1 830 Save R16 (8%) Ships in 4 - 8 working days
NLV Bybel (Met Ritssluiter & Duimgrepe) (Neutbruin) (Afrikaans, Large print, Leather / fine binding): Andrie Du Toit, Wil Vosloo NLV Bybel (Met Ritssluiter & Duimgrepe) (Neutbruin) (Afrikaans, Large print, Leather / fine binding)
Andrie Du Toit, Wil Vosloo
R599 R539 Discovery Miles 5 390 Save R60 (10%) Ships in 4 - 8 working days

Die Nuwe Lewende Vertaling (NLV) kombineer Skrifgetrouheid en lesersvriendelikheid om die boodskap van die grondteks in eietydse Afrikaans vir vandag se leser weer te gee.

Hierdie grootdruk-uitgawe met kunsleer-omslag beskik oor die volgende kenmerke:

• Voetnote om begrip en kennis uit te brei
• 12 punt lettergrootte
• Dubbelkolom-uitleg
• 8 volkleur-kaarte
• Merklint
• Duimgrepe
• Verpakking: “Sleeve”

Vaste Geloof Dagstukke - 366 Oordenkings vir Volgelinge van Jesus wat Lewe in Oorvloed wil Geniet (Afrikaans, Large print,... Vaste Geloof Dagstukke - 366 Oordenkings vir Volgelinge van Jesus wat Lewe in Oorvloed wil Geniet (Afrikaans, Large print, Hardcover)
Angus Buchan
R279 R257 Discovery Miles 2 570 Save R22 (8%) Ships in 4 - 8 working days

As gelowiges in Christus sien ons uit na die ewigheid en om eendag by ons geliefde Saligmaker te wees. Maar hoe moet ons intussen leef en hoe moet ons die kwessies op ons pad hanteer? Vaste geloof se 366 dagstukke sal jou help om ’n man of vrou na God se hart te wees met ’n geloof wat gebou is op ’n vaste fondament. Met onwankelbare vertroue op God sal jy toegerus wees om enige uitdaging, probleem of onsekerheid te hanteer.

Stap saam met Angus Buchan op ’n jaarlange reis en leef elke dag voluit vir Jesus terwyl jy jou aardse reis sterk en oorwinnend voltooi.

• 366 oordenkings
• 392 bladsye
• Hardeband met merklint
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel Firm Faith

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
History of the Soviet Union DANTES/DSST…
Passyourclass Hardcover R1,491 Discovery Miles 14 910
Corrupted - A Study Of Chronic…
Jonathan D. Jansen Paperback R420 R388 Discovery Miles 3 880
Introduction to Law Enforcement DANTES…
Passyourclass Hardcover R1,390 Discovery Miles 13 900
Ethics in Technology DANTES/DSST Test…
Passyourclass Hardcover R1,491 Discovery Miles 14 910
Euro on Trial - To Reform or Split Up?
B. Brown Hardcover R2,644 Discovery Miles 26 440
Inside Computer Music
Michael Clarke, Frederic Dufeu, … Hardcover R2,496 Discovery Miles 24 960
Hong Kong Professional Services and the…
Phyllis Lai Lan Mo, Linda Chelan Li Hardcover R3,789 Discovery Miles 37 890
Ableton Live 9 - Create, Produce…
Keith Robinson Hardcover R4,528 Discovery Miles 45 280
Nonlinear Systems - Theoretical Aspects…
Walter Legnani, Terry E. Moschandreou Hardcover R3,113 Discovery Miles 31 130
Linguistic and Cultural Influences on…
Rodney R. Cocking, Jose P. Mestre Hardcover R4,216 Discovery Miles 42 160

 

Partners