|
|
Books > Christianity > Afrikaans
Slegs ’n paar minute ’n dag kan jou lewe verander en jou dae met
vreugde vul.
Hierdie pragtige Dankbaar en Geseënd Dankie-Sê-Joernaal bevat verse uit
die Skrif, asook inspirerende aanhalings oor verskeie aspekte van
dankbaarheid deur bekende Christelike skrywers. Dit bevat ook genoeg
plek om jou eie gedagtes en gebede neer te skryf. Ontgin die krag van
dankbaarheid vir die seën en genade uit God se hand.
• Dankie-sê-joernaal met teksverse en inspirerende aanhalings, en
genoeg plek om jou eie gebede en gedagtes neer te skryf.
• Sagteband.
• 128 eenkleur-bladsye.
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel Grateful & Blessed
In elke seisoen van jou lewe is daar een ding wat konstant bly: God se
liefde en teenwoordigheid. As jy toelaat dat God jou treë rig, sal jy
altyd sy vrede ervaar – selfs wanneer jy deur ’n winterseisoen gaan.
Gebede uit ’n vrou se hart bevat 366 gebede wat elke vrou sal inspireer
om in elke seisoen van haar lewe aan God oorgegee te leef. Word
geïnspireer om in die lente gebede van hoop en moontlikheid te bid, en
in die somer gebede van dapperheid om te antwoord op God se roepstem.
Skuil in die herfsmaande by God terwyl jy Hom toelaat om sy werk te
doen. En roep in die winter van die lewe uit na die God van lig en lewe
wat jou toevou met die versekering dat die lente weer sal kom.
’n Alfabetiese indeks van die gebede is ingesluit sodat jy die gebed
wat jy nodig het maklik kan opspoor.
• 366 gebede vir vroue.
• Die gebede sentreer rondom die vier seisoene in ’n mens se lewe:
lente, somer, herfs en winter.
• Alfabetiese indeks van gebede.
• 400 eenkleur-bladsye.
• Hardeband.
• Merklint.
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel Prayers for a Woman’s Heart.
’n Pragtige nuwe uitgawe van die gewilde NLV-vertaling met 'n omslag
van egte leer.
Die Nuwe Lewende Vertaling kombineer Skrifgetrouheid met ’n dinamiese,
duidelike skryfstyl wat God se Woord kragtig oordra aan almal wat dit
hoor en lees. Dit dra die boodskap van die oorspronklike tale oor in
gemaklike Afrikaans. Die Nuwe Lewende Vertaling nooi lesers om die
Bybelse teks hul eie te maak en God se verhaal vir hul eie lewe en die
wêreld te ontdek. Dit beskik oor die volgende kenmerke:
• Volledige teks van die NLV met verduidelikende voetnote
• 10-punt lettergrootte
• Dubbelkolom-uitleg
• 8 volkleur-kaarte
• Omslag van egte leer
• 1400 bladsye
• Goudgerand
• Merklint
• Duimgrepe
• Verpakking: "Slipcase"
Baie woorde of frases in die Bybel is vir hedendaagse lesers moeilik
verstaanbaar.
Die Toeligtingsbybel ontsluit die Woord op ’n lesersvriendelike,
toeganklike manier. Dit bevat die volledige teks van die vertroude Nuwe
Lewende Vertaling, en verhelder woordkeuses en defi nisies, teologiese
begrippe, historiese konteks en geografiese inligting deur
verduidelikings in hakies. Hierdie toeligtende verduidelikings lei tot
’n dieper waardering vir die rykdom wat in die Skrif opgesluit lê.
God se Woord is ewig en vandag nog relevant. Die Toeligtingsbybel sal
die Skrif op ’n verfrissende wyse verlig en lei tot geloofversterking
en geestelike groei.
• Volledige teks van die NLV Bybel.
• Sinonieme, definisies of ekwivalente vir woordkeuses ter wille van
betekenisverruiming.
• Verduidelikings van teologiese begrippe.
• Historiese konteks en geografiese inligting om vir die leser ’n
vollediger prentjie van die Bybelse leefwêreld te skep.
• Elke Bybelboek het ’n kort inleiding oor die boodskap wat elke boek
oordra.
• Kruisverwysings na ander plekke in die Skrif waar ’n bepaalde
onderwerp aangeroer word.
• 8.8 punt lettergrootte
Wie is Jesus vir jou? In die Bybel het Jesus baie Name: Herder, Koning,
Bruidegom, Immanuel, Verlosser ... Hierdie Name weerspieël sy karakter
en wys dat Hy sy kinders liefhet – ook vir jou.
Dink na oor wat hierdie Name vir jou beteken met Die Name van Jesus
inkleurboek. Die 45 ontwerpe vir volwassenes het elk ’n teksvers
waaruit die Naam geneem is. Die volblad-illustrasies is op
geperforeerde bladsye gedruk sodat dit maklik uitgeskeur kan word, met
vyf bladsye met boekmerke om in te kleur en te deel.
• 45 volblad-illustrasies van die Name van Jesus, waaronder Alfa en
Omega, Brood van die lewe, Bruidegom en Goeie Herder.
• 5 bladsye met boekmerke om in te kleur.
• Dik hoëkwaliteit-papier sodat enige medium gebruik kan word.
• Geperforeerde bladsye, net aan een kant gedruk, wat maklik uitgeskeur
kan word.
• Deel van Die Name van Jesus-produkreeks saam met ander
inkleur-produkte en kaartjies.
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel The Names of Jesus Coloring
Book.
Die Bybel bevat soveel leiding en Goddelike raad, maar dit kan
oorweldigend wees om dit van begin tot einde deur te lees. Waar begin
’n mens, en waar vind jy tyd in jou besige skedule? Maar dis geen rede
om God se leiding mis te loop nie.
Die 366 oordenkings in Wandel deur God se Woord neem jou op reis deur
die Bybel – van Genesis tot Openbaring. Dit dek die bekendste, mooiste
en belangrikste verse – die essensie van God se Woord – sodat jy die
impak van die Woord opnuut sal ontdek.
Ontdek hoe prakties, lewensveranderend en bemoedigend God se Woord is,
en dat dit die duidelikste roetewyser vir jou lewenspad is.
• 366 oordenkings wat fokus op kerngedeeltes van die Bybel – van
Genesis tot Openbaring.
• Elke dag bevat ’n vers of gedeelte uit die Skrif, ’n kort oordenking
en gebed.
• Hardeband.
• 388 bladsye.
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel Walking Through the Word.
Fokus elke dag op die wonderlike seëninge in jou lewe!
Genade vir elke dag het 51 kaartjies wat jou sal help om ’n gesindheid
van dankbaarheid te kweek. Dink na oor die teksverse oor genade en
dankbaarheid en wat jy alles het om oor dankbaar te wees. Die
tweekleur-kaartjies het plek agterop vir ’n persoonlike boodskap sodat
jy iemand anders kan seën met hoop en bemoediging.
• Boksie met 51 kaartjies, aan beide kante gedruk.
• 51 tweekleur-kaartjies met ’n teksvers voor en plek agter vir ’n
persoonlike boodskap.
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel Grace for Each Day Box of
Blessings®.
Wil jy vir seker weet dat God se liefde vir jou ewig is?
Mini-oordenkings: Veilig in God se liefde sal vir jou hierdie vrede en
vaste sekerheid gee.
Die 180 opbouende, kort oordenkings spesiaal vir vroue is bedoel om jou
in jou geloof te versterk terwyl jy jou in God se liefde verdiep. Temas
soos God se getrouheid, sy leiding, ondersteuning, liefde en vrede
verseker dat elke vrou diepe vreugde sal ervaar op haar geestelike reis.
- 180 kort oordenkings
- Handige sakpas-grootte
- 184 eenkleur-bladsye
Ook beskikbaar in Engels onder die titel Mini Devotions: Secure in
God's Love
Wil jy graag die diepe vrede ervaar van leef in God se teenwoordigheid?
Wanneer jy saam met God wandel, sal Hy jou treë rig en jou hart rustig
maak in elke lewensituasie.
Mini-oordenkings: Kosbare oomblikke van vrede bied 180 kort maar
kragtige oordenkings wat jou lei na nadenke en rus in God se
teenwoordigheid. Dit herinner ons daaraan dat wanneer ons ons
bekommernisse aan Hom oorgee, ons ruimte maak vir die Heilige Gees om
ons te vul met vrede wat net Hy kan bied. Elke oordenking bevat ’n
kragtige vers uit die Skrif, ’n kort boodskap en ’n gebed. Temas soos
God se oorvloedige liefde, gebedsversoeke, die evangelie van waarheid,
om vreugde in alle omstandighede te vind en jou laste aan Jesus te gee,
moedig jou aan om daagliks nader aan Hom te kom.
- 180 kort oordenkings
- Handige sakpas-grootte
- 184 eenkleur-bladsye
Ook beskikbaar in Engels onder die titel Mini Devotions: Precious
Moments of Peace
Smag jy daarna om God persoonlik te ken? God se Name openbaar wie Hy is
en hoe Hy optree. Deur sy Name te bestudeer, ontdek ons hoe almagtig,
alomteenwoordig, regverdig, maar ook liefdevol en genadig God is.
Bid die Name van God vir 52 weke is ’n jaar lange Bybelstudie deur
topverkoper-outeur Ann Spangler waarin sy God se belangrikste Name en
titels bestudeer. Leer hoe om te bid met spesifieke fokus op Name soos
El Shaddai, Elohim, Adonai, Abba en El Elion.
Elke week se studie bevat:
- ’n Naam van God: Ontdek wat die Naam beteken, waar dit in die
Skrif voorkom en hoe dit in die oorspronklike taal geskryf en
uitgespreek is.
- ’n Deel vir nadenke met vrae vir persoonlike nadenke en leiding
om ’n spesifieke Naam vir daardie week te bid.
- Skrifgedeeltes vir verdere studie.
Ontdek verrassende verbande tussen die Ou en Nuwe Testament en ervaar
God op ’n nuwe, dieper manier.
- ’n Bybelstudie vir 52 weke.
- Bespreek die belangrikste Name van God en Jesus uit die Ou en
Nuwe Testament.
- Vir groepstudie en individue.
- 272 eenkleur-bladsye.
Ook beskikbaar in Engels onder die titel Praying the Names of God for
52 Weeks.
Die eerste Afrikaanse vertaling van die Bybel het in 1933 verskyn. Dit
is nuut vertaal uit die Hebreeuse en Griekse brontekste. ’n Hersiening
van hierdie teks is die eerste keer in 1953 gepubliseer. Sedertdien is
dit al telkemale herdruk.
Die Bybel in Afrikaans 1933/1953 is ’n letterlike vertaling wat so
getrou moontlik probeer bly aan die bronteks se taalstruktuur. Dit is
bekend vir sy poëtiese aanslag en bly een van die gewildste
Bybelvertalings onder Bybellesers. Hierdie grootdruk-uitgawe beskik oor
die volgende kenmerke:
- Die volledige teks van Die Bybel in Afrikaans 1933/1953 in
dubbelkolom-uitleg.
- 13-punt lettergrootte
- Teksverse vir spesifieke behoeftes soos beproewings, eensaamheid,
treur en twyfel.
- Bybellees-plan om die Bybel in een jaar deur te lees.
- Verpakking: "Sleeve".
Vertrou jy op jouself ... of vertrou jy op God?
Waar die wêreld ’n mens aanmoedig om op omstandighede, sukses en ander se opinies staat te maak, sê God ons moet Hom ten volle vertrou. As ’n mens dit doelbewus doen, kan dit jou help om goeie keuses te maak, angstigheid te oorkom en ’n positiewe lewensuitkyk te kweek.
In Vertrou God elke dag help internasionale spreker en New York Times-topverkoper-outeur Joyce Meyer jou om elke dag van die jaar reg te begin. Elke dag se stukkie bevat praktiese raad en hulp van Joyce, asook lewensveranderende beloftes uit God se Woord wat jy vinnig en maklik in jou eie lewe kan toepas.
365 Dagstukke om jou te help om goeie keuses te maak, kommer teë te werk, angstigheid te oorkom en ’n positiewe lewensuitkyk te kweek.
Smag jy na ’n outentieke belewenis van die Heilige Gees?
As daar ooit ’n tyd was dat die Heilige Gees nodig is in die kerk en in die lewe van die gelowiges, is dit sekerlik vandag. En as die Heilige Gees ooit gewillig was om hierdie behoefte en leemte te vul, is dit vandag!
In In Gees en in Waarheid ondersoek Isak Burger die Persoon en werking van die Heilige Gees van Ou-Testamentiese tye af tot nou toe. Hy kyk na aspekte soos die Persoon en simbole van die Gees, hoe Hy betrokke was by Jesus se aardse bediening en die Vroeë Kerk, vervulling en salwing met die Gees, en tekens en gevolge van vervulling met die Gees.
Ons leef in ’n tyd waarin daar wêreldwyd ’n uitstorting is van die Gees soos nog nooit tevore nie. In Gees en in Waarheid is bedoel vir elke gelowige wat smag na ’n outentieke belewenis van die derde Persoon van die Drie-eenheid.
Elke man het soms woorde van wysheid of inspirasie nodig.
365 dinge wat elke man moet weet kombineer wysheid, insig en humor om mans te inspireer en te bemoedig op hul lewenspad.
Onderwerpe sluit in:
- Karakter, voorbeeld en integriteit
- Sukses en selfbeeld
- Finansies en besittings
- Jou werk
- Kommunikasie
365 dinge wat elke man moet weet is die ideale geskenk.
In Jesus luister: 100 mini-oordenkings vir dankbaarheid & vreugde
neem Sarah Young jou op 'n reis van 100 dae om al die seëninge uit te
ken wat God elke dag oor jou lewenspad strooi.
Deur hierdie reis saam met haar te onderneem, sal jy:
• agterkom dat geen vreugde volledig is as jy nie daavoor dankbaar is
nie
• 'n fondament van dankbaarheid in jou hart vestig
• op die uitkyk wees vir al die skatte wat God daagliks op jou pad sit
• die seëninge wat jy voorheen misgekyk het, begin raaksien
• groter dankbaarheid begin toon vir God se genade
• meer bewus raak van al die ander seëninge wat God ook voorsien
• vreugde ervaar
Kenmerke:
• 152 mm x 107 mm, sagteband
• 10-punt lettergrootte
Wanneer dit voel of alles vir jou te veel word, is God se getroue
beloftes daar om jou te verseker dat God getrou is en ons nooit in die
steek sal laat nie.
Die Skrifbeloftes in Beloftes van God vir vroue, ’n pragtige
sakpas-geskenkboekie met tweekleur-drukwerk, sal elke vrou lei en
verseker van God se beskerming en liefde. Die 30 temas – soos gebed,
konflikhantering, onderskeidingsvermoë, troos, vergifnis, vertroue en
vreugde – is alfabeties gerangskik sodat ’n tema maklik opgespoor kan
word.
• ’n Skrifgebaseerde sakpas-belofteboek vir vroue.
• 30 temas in alfabetiese volgorde.
• Tweekleur-drukwerk.
• Sagteband.
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel Promises from God for Women.
Het dit al ooit gevoel of jou man jou nie liefhet nie? Voel dit of jou
vrou jou nie respekteer nie? Te veel huwelike eindig vandag in
egskeiding omdat mans en vroue mekaar nie verstaan nie. In Liefde en
respek openbaar dr. Emerson Eggerichs die geheim: Suksesvolle
kommunikasie lê in die wete dat onvoorwaardelike respek vir hom is net
so belangrik as onvoorwaardelike liefde vir haar.
Hierdie riglyne, getuienisse en humoristiese staaltjies sal paartjies
help om nuut te begin. Hierdie revolusionêre boodskap is vir almal: dié
wat gelukkig getroud is, eensaam is of wat ’n huwelikskrisis beleef.
Dit is vir verloofde paartjies, slagoffers van buite-egtelike
verhoudings en huweliksberaders wat inligting soek wat ’n huwelik kan
red.
Deur die riglyne in Liefde en respek toe te pas, kan paartjies nuwe
vlakke van intimiteit beleef en die huwelik hê waarvan hulle nog altyd
net gedroom het.
Baie gelowiges hunker na ’n inniger verhouding met God en wil graag
geestelik meer groei. In 12 Sleutels tot geestelike groei span vier
bekende outeurs saam om vir gelowiges 12 Skrifbeginsels te gee wat ons
geloofslewe moet kenmerk. Dit is Skrifbeginsels wat God wil hê aan die
fondament van elke volgeling van Christus se
geloofslewe moet lê:
- Geloofsekerheid
- Groei
- Gehoorsaam
- Groepe
- Gawes
- Getuig
- Genade
- Gebed
12 Sleutels tot geestelike groei is ideaal vir persoonlike studie, maar
is so saamgestel dat ’n mens groter waarde daaruit sal kry as dit as ’n
handboek gebruik word vir kleingroepe.
Met die deurwerk van hierdie Bybelstudie sal lesers wonderlike groei en
geestelike verryking ervaar. Dit sal hulle ook aanmoedig om die Woord
beter te leer ken en meer vrug te dra in die Koninkryk.
Ek Bid vir Jou deur Jean Fischer is een van die beste kinderboeke oor liefde en die gesin wat uitspel hoe ver 'n ma se liefde strek.
Hierdie plaaslike uitgawe van die pragtige storie volg 'n mammabeer se pad van voor haar kindjie se geboorte tot sy eerste dag op skool en hoe sy oor en vir haar kind bid.
Ek Bid vir Jou is vol pragtige, volkleur kunswerk deur Frank Endersby, met 'n gebed op elke dubbelblad.
Hierdie boek is ideaal vir voorlees deur ouers vir hul kinders voor slaaptyd, as 'n beginpunt vir 'boekevat' of stiltetyd.
Die geheim tot ’n gelukkige lewe is om met dankbaarheid te leef. Ontdek
opnuut God se genade en kweek dankbaarheid in jou lewe namate jy leer
om op God se oorvloedige seën in jou lewe te fokus.
Ontdek die wonder van God se genade met die 366 dagstukke van In genade
en dankbaarheid. Elke dag bevat ’n toepaslike teksvers, ’n kort
oordenking deur Carolyn Larsen en vrae om oor na te dink. Hierdie
dagstukke sal jou hart met genade vul wanneer jy die seën van God se
liefde, vreugde en hoop in jou lewe herken.
• 366 oordenkings.
• Elke dag het ’n toepaslike teksvers, ’n kort oordenking en vrae vir
nadenke
• Hardeband.
• 388 tweekleur bladsye.
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel A Gift of Grace and
Gratitude.
Laat sy liefde jou lei deur topverkoper-outeur Milanie Vosloo is
geskryf vir vroue wat weet dat die lewe, hulle self en ander nie perfek
is nie, maar wat steeds in die liefde glo. Die dagstukke verseker
vroue: Wat jou drome en ideale ook al is, waar jy jou ook al op die
lewenspad bevind, laat God se liefde jou lei in alles wat jy doen, en
jy sal sy vrede en vreugde ervaar.
Dié dagboek bevat 365 besielende dagstukke vir vroue wat fokus op die
positiewe wat ’n mens kry uit ’n liefde-lewe. Dit sluit temas in soos:
die liefde leef met hoop, die liefde ken dankbaarheid en die liefde glo
die beste.
In Laat sy liefde jou lei nooi Milanie Vosloo lesers om saam met haar
op die pad van die liefde te stap, die waarhede van die
Skrif-oordenkings te lees en te oordink, dit op hul eie lewe toe te pas
en die vreugde wat hulle gaan put uit hul nuutgevonde liefde vir God,
hulself en die mense om hulle te geniet. Maak nie saak wat die vraag is
nie, liefde is die antwoord.
• Handige sakpas-formaat
Dit is normaal vir ouers om besorg te wees oor hulle kinders, veral as
dit by hulle geloof kom. Daarom is dit belangrik om seker te maak hulle
verstaan die Bybel en die belangrikheid daarvan sodat hulle hulle sterk
kan staan in daardie moeilike tienerjare en ook die uitdagings van die
volwasse lewe kan hanteer.
Die Bybel-Trivia Dagboek: 365 Dagstukke vir ’n Dag Vol Lig en Vreugde
bevat 365 dagstukke vol interessante Bybelse inligting wat tieners sal
uitdaag om die beginsels daarin ook in hulle eie lewe toe te pas. Deur
na te dink oor Skrifgebeure, geloofshelde, wonderwerke en Bybelse
plekke en gebeure, sal hulle nuwe insig kry in bekende Bybelgedeeltes.
Tieners sal ontdek dat niks in die Bybel onbelangrik is nie, maar dat
dit God se lewende Woord is wat hoop, vrede en lewe in oorvloed bied
vir elkeen wat dit lees.
• 365 oordenkings vir tieners
• Elke dag bevat ’n teksvers, ’n interessante vraag oor die Bybel en ’n
kort dagstuk om jong tieners te help om die regte antwoord te ontdek
• Dit bevat vrae oor Bybelverse, geloofshelde, wonderwerke en Bybelse
plekke en gebeure
• 384 eenkleur-bladsye
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel Bible Trivia Devotional
In hierdie tweede Suider-Afrikaanse uitgawe van Jesus Roep Jou: Geniet Vrede In Sy Teenwoordigheid, 'n 366-dagstukkieboek in Grootdruk, word jy uitgenooi om daagliks tyd in God se teenwoordigheid deur te bring. Deur middel van oordenkings en Skrifgedeeltes bring New York Times-topverkoperskrywer Sarah Young Jesus se boodskap van vrede na jou vandag, en ook elke dag.
Deur daagliks tyd te spandeer in die teenwoordigheid van ons Verlosser met die bekende en geliefde dagstukke in Jesus Roep Jou sal jy:
- Getroos voel deur woorde van hoop en bemoediging
- Verseker word van Jesus se oneindige liefde vir jou
- Onderskragende leiding gebaseer op die Skrif ontvang
- Jou geloof deur die lees van Bybelverse versterk
- Jesus daagliks ontmoet deur 'n oordenking gebaseer op God se Woord
Geskryf asof Jesus self direk met jou praat, nooi Jesus Roep Jou jou uit om vrede te ervaar in die teenwoordigheid van die Verlosser wat altyd by jou is.
|
You may like...
Ongeskonde
Alwyn Uys
Paperback
R252
Discovery Miles 2 520
|