0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (22)
  • R50 - R100 (64)
  • R100 - R250 (236)
  • R250 - R500 (140)
  • R500+ (39)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Christianity > Afrikaans

In Stilwees en Vertroue (Afrikaans, Hardcover): Angus Buchan In Stilwees en Vertroue (Afrikaans, Hardcover)
Angus Buchan
R249 R229 Discovery Miles 2 290 Save R20 (8%) Ships in 5 - 9 working days

Wanneer jy tyd in God se teenwoordigheid deurbring en oor sy kragtige Woord mediteer, bou dit karakter, innerlike krag en ’n godvresende selfvertroue om enige lewensuitdaging te trotseer.

In stilwees en vertroue is 366 oordenkings deur die bekende evangelis Angus Buchan. Elkeen van die daaglikse teksverse, inspirerende oordenkings en diepsinnige gebede sal jou toerus met die krag van die Heilige Gees om sterk te staan teen elke dag se uitdagings. Nou is die tyd om God te vertrou. Bring daarom tyd saam met Hom deur, want ons krag lę in stil wees en vertroue hę (Jes. 30:15).

'n Veilige Vesting - 366 Oordenkings (Afrikaans, Paperback): Joubert Stephan 'n Veilige Vesting - 366 Oordenkings (Afrikaans, Paperback)
Joubert Stephan
R199 R183 Discovery Miles 1 830 Save R16 (8%) Ships in 5 - 9 working days

Bekroonde outeur Stephan Joubert help lesers in ’n Veilige vesting om opnuut te besef hoe groot God se sorg en liefde vir sy kinders is.

Te midde van ’n węreld wat lyk of dit enige oomblik uitmekaar gaan val, staan een ding vas en seker: Ons dien ’n magtige en getroue God. Die 365 oordenkings lei lesers om weg te kyk van hulle eie swaarkry en krisisse deur slegs op God te fokus en hul geloof prakties uit te leef.

Daar ís hoop, daar ís ’n toekoms. Vind die troos en leiding wat slegs ’n liefdevolle hemelse Vader vir sy kinders kan gee.

Dink Leer Floreer (Afrikaans, Paperback): Caroline Leaf Dink Leer Floreer (Afrikaans, Paperback)
Caroline Leaf
R250 R230 Discovery Miles 2 300 Save R20 (8%) Ships in 5 - 9 working days

Hoe en wat ons dink, het ’n geweldige invloed op ons verstandelike, emosionele en selfs fisieke welsyn. Om die waarheid te sę, ons denke kan ons beperk tot dit wat ons glo ons kan doen, of dit kan ons dinge laat ervaar waarvan ons nooit kon droom nie. Wanneer ons ’n denkwyse kies wat ons vermoëns verruim, sal ons groter intellektuele satisfaksie, emosionele beheer en fisieke gesondheid ervaar. Die vraag is net: Hoe?

Dr. Caroline Leaf gebruik wetenskaplike navorsing en Bybelse insig om lesers te inspireer om beheer te neem van hulle gedagtes sodat hulle sodoende beheer kan neem van hulle lewens. Hierdie praktiese boek bevat die volgende:

  • ’n 5-stap-leerprogram om geheue te verbeter en effektief te leer
  • ’n profiel om die unieke manier te ontdek waarop elke leser inligting verwerk
  • ’n gids om hulle gedagtewęreld optimaal te leer benut

Dr. Leaf wys lesers hoe om hierdie kragtige hulpmiddels te kombineer om beter te vaar op die gebied van geheue, leer, intellektuele prestasie, werkprestasie, fisieke prestasie, verhoudings, emosionele gesondheid en – die belangrikste van alles – ’n lewe vol sin en betekenis te ervaar.
Die Wapenrusting Van God (Afrikaans, Paperback): Priscilla Shirer Die Wapenrusting Van God (Afrikaans, Paperback)
Priscilla Shirer
R189 R174 Discovery Miles 1 740 Save R15 (8%) Ships in 5 - 9 working days

Daar woed elke dag, die hele dag lank, ’n onsigbare oorlog om vroue. Dit kan nie gesien of gehoor word nie, maar dit kan in elke aspek van ’n mens se lewe gevoel word. ’n Onwrikbare, bose vyand wil chaos veroorsaak in alles wat vir ’n vrou saak maak: haar hart, gedagtes, huwelik, kinders, verhoudings, drome en toekoms. Maar sy oorlogsplan behels dat hy haar onverhoeds en ongewapen moet vang.

In die Bybelstudie Die wapenrusting van God, deur New York Times-topverkoperouteur en motiveringspreker Priscilla Shirer, word vroue met behulp van Skrifstudie en besprekingsvrae toegerus met die wapenrusting van God, waarvan gebed die belangrikste is.

Die wapenrusting van God is meer as net ’n Bybelse beskrywing van ’n gelowige se wapenrusting; dit is ’n 7-week-aksieplan om oorwinning te behaal in die geestelike stryd.

Afrikaanse (1933/1953) Verklarende Studiebybel - (Karamel) (Afrikaans, Leather / fine binding): Afrikaanse (1933/1953) Verklarende Studiebybel - (Karamel) (Afrikaans, Leather / fine binding)
R599 R539 Discovery Miles 5 390 Save R60 (10%) Ships in 5 - 9 working days

Die Verklarende Studiebybel is ’n omvattende Studiebybel gebaseer op die 1933/1953-vertaling van die Bybel in Afrikaans. Twee vooraanstaande teoloë het die verklarende notas, temas, tekskritiese inligting en inleidings tot die Bybelboeke redaksioneel versorg om te verseker dat dié inligting die Bybel getrou ontsluit en in ooreenstemming is met die nuutste Bybelkundige insigte.

Unieke kenmerke en eienskappe sluit in:

  • Teks van die 1933/1953-vertaling van die Bybel in Afrikaans
  • Boek-vir-boek-inligting met inleidende artikels tot elke Bybelboek
  • 21 Onderwerp-vir-onderwerp-artikels wat ’n algemene oorsig bied oor die hele Bybel
  • Unieke “Bestudeer die boek”-kassies wat die Bybelboek se vernaamste temas en leringe verken
  • Vers-vir-vers-voetnotas wat dwarsdeur die teks voorkom
  • Volkleur kaarte

Die Verklarende Studiebybel is spesiaal saamgestel om jou Bybelkennis te verbreed, jou te help om persoonlike Bybelstudie te doen en jou geestelik te laat groei.
Die Goeie Boek (Afrikaans, Paperback): Deron Spoo Die Goeie Boek (Afrikaans, Paperback)
Deron Spoo
R149 R137 Discovery Miles 1 370 Save R12 (8%) Ships in 5 - 9 working days

Ontdek en leef die 40 grootste lewensveranderende waarhede in die Bybel.

Is daar ʼn boek wat vir ons kan sę wat om oor God te glo? Die voor die hand liggende antwoord is die Bybel. Maar waar begin ons die Bybel lees om werklik te verstaan?

In Die Goeie Boek bespreek Deron Spoo sleutel-Bybel­hoofstukke wat hy as kardinaal beskou vir ons verstaan van die Bybel en van God. Hy help lesers om die konteks en inhoud van 20 Ou-Testamentiese en 20 Nuwe-Testamentiese hoofstukke te verstaan wat die hele Bybel vir ons sal oopbreek. Elke hoofstuk onthul een lewens­verande­rende waarheid van God en sluit af met ʼn “om te oordink”-gedeelte wat jou sal help om daardie waar­heid prakties in jou lewe toe te pas. Die Bybelteks van die hoofstuk wat bespreek word, word ook telkens ingesluit (NLV-teks).

Die Goeie Boek sal aanklank vind by jare lange Bybellesers, maar is ideaal vir mense wat aan die begin van hulle Christelike geloofsreis staan. Dit sal lesers help om die lewensveranderende waarhede in die Bybel te verstaan en te leef.

Ook beskikbaar in Engels onder die title The Good Book.

Sonneblomme & Sneeu In Oekraine (Afrikaans, Paperback): Michele Potgieter Sonneblomme & Sneeu In Oekraine (Afrikaans, Paperback)
Michele Potgieter
R280 R250 Discovery Miles 2 500 Save R30 (11%) Ships in 6 - 11 working days

Nadat Ockert en Michele Potgieter getroud is, het hulle hul tasse gepak en vertrek Oekraďne toe, nie vir hulle wittebrood nie, maar om daar te werk onder die mense wat onlangs bevry is van agter die ystergordyn.

Dit is egter ’n groot ontnugtering vir Michele in die begin – dit is yskoud in die winter en snikwarm in die somer. Die meeste huise het net buitetoilette en daar is min verskeidenheid in basiese kruideniersware. Die mense is baie vriendelik en hulle word meestal met oop arms verwelkom. Maar alles is nie altyd maklik nie, daar is ’n noue ontkoming met die mafia, agtervolging deur die KGB en verraad van binne die gemeente. Dan sterf Ockert tydens die Covid 19-pandemie tydens ’n besoek aan Suid-Afrika. Michele moet besluit of sy teruggaan Oekraďne toe, waar ’n oorlog dreig en of sy in Suid-Afrika by haar mense en haar kinders bly.

Dit is ’n aangrypende verhaal oor liefde: liefde vir God, vir die mense van die Oekraďne, maar ook die liefde tussen Michele, Ockert en hul kinders.

Bybel Blokraai - 70 Blokraaie & 10 Woordsoeke (Afrikaans, Paperback): Heidri Mittendorf Bybel Blokraai - 70 Blokraaie & 10 Woordsoeke (Afrikaans, Paperback)
Heidri Mittendorf 1
R160 R143 Discovery Miles 1 430 Save R17 (11%) Ships in 6 - 11 working days

Heidri Mittendorf is 'n bekende en ervare blokkiesraaiselkenner en - opsteller.

Die Bybel Blokraai bevat 70 blokraaie wat opgelos word met leidrade wat uit die Bybel nageslaan kan word asook 10 woordsoeke gebaseer op temas uit die Bybel.

Al die antwoorde word ook verskaf. Dit sal ure se blokraaigenot verskaf aan blokraailiefhebbers.

Die Geďllustreerde Bybelhandboek (Afrikaans, Hardcover): J. Daniel Haus, J. Scott Duvall Die Geďllustreerde Bybelhandboek (Afrikaans, Hardcover)
J. Daniel Haus, J. Scott Duvall
R699 R615 Discovery Miles 6 150 Save R84 (12%) Ships in 5 - 9 working days

Die węreld van die Bybel lyk dikwels vir moderne lesers vaag en vreemd. Die geďllustreerde Bybelhandboek bied aan lesers ’n volledige prentjie van die leefwęreld van die Bybel. Dit gee nie net feite nie, maar ontsluit ’n lewendige węreld vol konteks, geskiedenis en interessanthede.

Een manier om die Bybel te ontdek is om die antieke węreld te bestudeer – sy kulture, gebruike en geskiedenis. Die geďllustreerde Bybelhandboek is ’n waardevolle gids wat lesers sal help om die Bybel en die węreld waarin dit geskryf is beter te verstaan.

Die geďllustreerde Bybelhandboek bied die nuutste Bybelnavorsing in ’n formaat wat maklik leesbaar en verstaanbaar is. Die Bybel word boek vir boek ontsluit met honderde volkleur-illustrasies, kaarte en foto’s. Daar is meer as 100 indiepte-artikels oor ’n verskeidenheid Bybelse onderwerpe. Lesers sal ontdek hoe elke deel van die Bybel by die res van die Bybel inpas en dit toelig.

Geen naslaan-rak sal volledig wees sonder hierdie handboek vir die Bybel nie.

Begin Die Reis (Afrikaans, Paperback): Angus Buchan Begin Die Reis (Afrikaans, Paperback)
Angus Buchan
R30 R28 Discovery Miles 280 Save R2 (7%) Ships in 5 - 9 working days

Om Jesus te volg – en Hom met ander te deel – is die belangrikste lewensbesluit wat iemand ooit kan neem. In Begin die reis sal lesers weer bewus word van God se perfekte plan vir verlossing deur Jesus Christus. Op ? eenvoudige manier verduidelik Angus Buchan die probleem van sonde en God se plan om ons verhouding met Hom te herstel. Angus bespreek wat ’n mens moet doen nadat jy jou redding aanvaar het. Die boek is ’n ideale evangelisasie-hulpmiddel en fokus veral op: Redding: wat dit beteken om Jesus Christus as persoonlike Here en Redder te ken. Groei in God: hoe om te groei in jou wandel met God. Die groot opdrag: hoe om die Goeie Nuus met ander te deel. Ingesluit is verse uit die Bybel oor verlossing en die Christelike leefwyse wat lesers kan memoriseer om hulle te versterk. Daar is ook ’n lys Skrifverwysings oor waar om belangrike gedeeltes in die Bybel te kry. As ’n gelowige is dit belangrik om hierdie lewensveranderende nuus met ander te deel en Begin die reis sal elke gelowige help om die roeping uit te leef.

Openbaring Ontsluit - ?n Verrassende, vars perspektief op die laaste boek in die Bybel (Afrikaans, Paperback): Riekert Botha Openbaring Ontsluit - ’n Verrassende, vars perspektief op die laaste boek in die Bybel (Afrikaans, Paperback)
Riekert Botha 1
R179 R165 Discovery Miles 1 650 Save R14 (8%) Ships in 5 - 9 working days

Hoeveel mense het al Openbaring gelees en álles verstaan? Tog sę Riekert Botha Openbaring kán verstaan word. Die sleutel lę in een spesifieke vraag: "Wat het Openbaring beteken vir die eerste mense aan wie dit geskryf was?"

Riekert kyk in Openbaring ontsluit na die volgende aspekte wat vorm gee aan hierdie Bybelboek:

• Wie was die oorspronklike ontvangers van die boodskap?
• Wat was die omstandighede waarin hulle geleef het?
• Watter spesiale behoeftes of sake het moontlik aanleiding gegee tot die skrywe van die boek?
• Wat was God se boodskap aan daardie mense in daardie tydvak en spesiale omstandighede?

Riekert bespreek dan die boodskap aan die sewe gemeentes en die sewe visioene in Openbaring teen hierdie agtergrond.

Openbaring ontsluit bied ’n verrassende, vars perspektief op die laaste boek in die Bybel. Dit is ideaal vir elkeen wat ’n verstaanbare uitleg van Openbaring wil hę.

Die NLV Familiebybel (Afrikaans, Leather / fine binding, Nuwe Uitgawe): Die NLV Familiebybel (Afrikaans, Leather / fine binding, Nuwe Uitgawe)
R1,250 R1,036 Discovery Miles 10 360 Save R214 (17%) Ships in 5 - 9 working days

Ontdek opnuut die wonderlike erfenis wat God vir ons het met Die Familiebybel.

Die Familiebybel sal God se Woord lewend maak in gesinne. Hierdie Bybel met die volledi­ge teks van die Bybel Nuwe Lewende Vertaling be­skik oor die vol­gen­de unieke kenmerke:

  • ’n Stamboom.
  • ’n Afdeling wat die oorsprong en gesag van die Bybel bespreek.
  • ’n Afdeling getiteld “Waar staan dit in die Bybel?” wat Skrifverwysings gee vir be­lang­­ri­ke gebeur­te­nisse in die Bybel, bekende teks­­gedeeltes, profe­sieë oor Jesus, Jesus se wonderwerke en sy ge­ly­ke­nisse.
  • ’n Afdeling getiteld “Wat sę die Bybel oor ... ” waar­in ’n wye spektrum onder­wer­pe, van abo­r­sie tot wysheid, alfabeties en te­ma­ties ingedeel is met Skrifverwysings oor waar om meer daar­oor te lees.

Die Familiebybel sal gesinne aanmoedig om weer saam om die Woord van God te ver­gader en sal le­sers opnuut laat besef watter opwin­dende erfe­nis God vir ons het
Ontmoet God In Gebed (Afrikaans, Paperback): Este Geldenhuys Ontmoet God In Gebed (Afrikaans, Paperback)
Este Geldenhuys
R285 R255 Discovery Miles 2 550 Save R30 (11%) Ships in 6 - 11 working days

Wat is gebed? Watter waarde vind ons daarin? Hoe bid 'n mens?

Die uitnodiging van hierdie boek is: Kom ons ontdek wat dit behels om tyd in die teenwoordigheid van ons Skepper deur te bring tot die punt waar ons weet dat ons ’n bewussyn ontwikkel van sy karakter, sy liefde en sy sorg vir ons as sy kinders.

In hierdie boek probeer Esté Geldenhuys die węreld van gebed oopbreek deur:

  • God se karakter te ontgin
  • Die DNS van gebed te ondersoek
  • Verskeie getuienisse te plaas oor die grootheid en almag van die lewende God

Mag die inhoud van hierdie boek vir elkeen wat dit lees ’n nuwe verstaan bewerk van die karakter van ons Vader, die offer wat ons Verlosser gebring het en die wonderbare kontak en kommunikasie wat die Gees van Christus vir ons bied.

Die Kinderbybel (Afrikaans, Hardcover): Anne De Graaf Die Kinderbybel (Afrikaans, Hardcover)
Anne De Graaf; Illustrated by Jose Perez Montero
R349 R321 Discovery Miles 3 210 Save R28 (8%) Ships in 5 - 9 working days

Byna 300 onvergeetlike verhale van die Bybel word op dramatiese en aanskoulike wyse deel van kinders se lewe.

Die kleurvolle illustrasies maak die gebeure vir die kind aangrypend werklik en boei sy aandag van die eerste tot die laaste bladsy. Die verhale bly ook deurgaans Skrifgetrou en by elkeen word toepaslike Skrifverwysings gegee.

In Die Kinderbybel word die mooiste verhale van die Bybel boeiend oorvertel sodat elke kind dit sal verstaan en onthou.

Nagverse: 'n Digbundel (Afrikaans, Paperback): Koos van der Merwe, Claudi Nagverse: 'n Digbundel (Afrikaans, Paperback)
Koos van der Merwe, Claudi
R183 Discovery Miles 1 830 Ships in 2 - 4 working days

Koos van der Merwe nooi jou uit om met hierdie digbundel te besin oor wat régtig saak maak: geld, status, mense? Jy word gelei om te besef dat jy nooit moet vergeet wie jou hartsmense is nie.

Elke mens wonder soms oor die lewe. Ons almal kry seer. Ons het lief. Ons word op die een of ander stadium ontnugter en stoei met geloof. Ons is geneig om soms net so bolangs te leef omdat ons te bang is om ons vrese en drome te konfronteer.

Met hierdie versameling verse wil Koos jou uitnooi om te besin oor wat régtig saak maak: geld, status, mense? Jy word gelei om te besef dat jy nooit moet vergeet wie jou hartsmense is nie.

Hy laat jou binneste reis na daardie ervarings wat pynlik was en jy word uitgedaag om jou pyn ’n naam te gee. Seerkry wat geďgnoreer word sal elke keer terugkom en jou weer treiter.

Konfronteer eerder jou issues en werk daardeur, dan sal jy genesing vind.

Moenie jou verlede vergeet nie. Koos vra jou om die tye van “heilige afsprake” en “ontmoetings met Lig” te koester, want “om jou verlede te ag is die anker van jou toekoms.”

Die temas van God en geloof word ook aangeraak en jy kom diep onder die indruk van jou afhanklikheid van Sy genade.

100 Dae Van Vriendelikheid - Gebruik Die Alledaagse Om Sagkens Heel Te Maak (Afrikaans, Paperback): Andries Cilliers 100 Dae Van Vriendelikheid - Gebruik Die Alledaagse Om Sagkens Heel Te Maak (Afrikaans, Paperback)
Andries Cilliers
R250 R223 Discovery Miles 2 230 Save R27 (11%) Ships in 6 - 11 working days

Vriendelikheid is om jou krag te gebruik om saggies heel te maak, sonder om iets terug te verwag. 

Die bekende skrywer en Andrew Murray-pryswenner Andries Cilliers begelei lesers op ’n  kragtige, maar deernisvolle 100-dae reis. Hy inspireer ons om vriendeliker te leef en te wees: met die mense rondom ons, en met onsself. Só leer ken ons ook ons Vriend.

Draers Van Die Lig - 200 Oordenkings Vir Vandag (Afrikaans, Paperback): Stephan Joubert, Johan Smith Draers Van Die Lig - 200 Oordenkings Vir Vandag (Afrikaans, Paperback)
Stephan Joubert, Johan Smith 1
R295 R264 Discovery Miles 2 640 Save R31 (11%) Ships in 6 - 11 working days

Draers Van Die Lig is 200 oordenkings vir mense vandag, geskryf deur goeie vriende Stephan Joubert en Johan Smith.

Die oordenkings is relevant, kragtig en op die man af en bespreek alledaagse kwessies soos gebed, naasteliefde, vergifnis en genade en hoe om steeds draers van die Lig in die węreld vandag te wees.

Hart tot Hart (Afrikaans, Large print, Paperback): Kobus van der Westhuyzen Hart tot Hart (Afrikaans, Large print, Paperback)
Kobus van der Westhuyzen
R340 R304 Discovery Miles 3 040 Save R36 (11%) Ships in 6 - 11 working days

Vir die afgelope 49 jaar skryf ds Kobus van der Westhuysen al die Hart tot hart-rubriek vir Landbouweekblad. Dit is die rubriek wat die langste ononderbroke verskyn het in die geskiedenis van die Media24 stal. Ds Van der Westhuysen skryf in gewone taal vir gewone mense. Hy verstaan die hart van ’n boer en weet dat boere uitgelewer is aan die nukke en grille van die natuur waaroor hulle geen beheer het nie. Vir hierdie boek het ds van der Westhuysen self 366 paslike stukkies uitgesoek.

'n Reenboog deur my trane (Afrikaans, Paperback, 4th ed): Solly Ozrovech 'n Reenboog deur my trane (Afrikaans, Paperback, 4th ed)
Solly Ozrovech
R195 R174 Discovery Miles 1 740 Save R21 (11%) Ships in 6 - 11 working days

’n Reenboog deur my trane is ’n bron van ryke troos en bemoediging vir enigeen wat treur oor die verlies van ’n geliefde en wat genesing soek vir hulle verskeurde harte. Dit bied 31 dagstukkies, gebede en inspirerende aanhalings wat God se vertroosting in onstuimige tyde met die leser deel, asook ’n lys van beloftes uit die Bybel vir spesifieke behoeftes in tye van nood.

'n Gelukkige Kind - Bemagtig Jou Kind Om Positief te Dink (Afrikaans, Paperback): Pieter van Jaarsveld 'n Gelukkige Kind - Bemagtig Jou Kind Om Positief te Dink (Afrikaans, Paperback)
Pieter van Jaarsveld
R325 R290 Discovery Miles 2 900 Save R35 (11%) Ships in 6 - 11 working days

Jou kind word nie met 'n handboek gebore nie, en jy kry geen opleiding of kwalifikasies in kindgrootmaak nie. Dalk weet jy net jy wil nie jou kinders grootmaak soos jou ouers jou grootgemaak het nie, maar jy is ook nie seker wat die beste manier sal wees nie.

Baie ouers weet nie hoe belangrik hulle woorde en gedrag vir ʼn kind se breinontwikkeling is nie. Hulle besef nie dat ons vandag met ons kennis van neurowetenskap, verstandelike intelligensie en emosionele intelligensie ons kinders kan grootmaak om wonderlike, gelukkige en positiewe mense te wees nie.

Dr Pieter van Jaarsveld, ’n kenner op die gebied van emosionele intelligensie en positiewe denke, begelei jou deur goed begronde navorsing om jou kind se brein te verstaan en om jou kind se brein van vroeg af reg te bedraad met oefeninge en speletjies sodat jou kind ‘n gelukkige, gebalanseerde en florerende grootmens kan word. Hy behandel ook belangrike kwessies soos hoe om empatie te ontwikkel en hoe om dissipline aan te pak.

Jesus-Leierskap - Hoe Om Te Lei In 'n Veranderende Węreled (Afrikaans, Paperback): Roedolf Botha Jesus-Leierskap - Hoe Om Te Lei In 'n Veranderende Węreled (Afrikaans, Paperback)
Roedolf Botha
R370 R330 Discovery Miles 3 300 Save R40 (11%) Ships in 6 - 11 working days

Dit is nie maklik om vandag ’n geestelike leier te wees nie. Roedolf Botha probeer die tye waarin ons leef navigeer aan die hand van die Markus-evangelie, met klem op die volgende kwessies: Hoe lei ons getrou aan die missie ons opgelę, wat is die ingesteldhede, aksies en toerusting wat ons nodig het en watter innerlike transformasie vra dit van ons? Hierdie toeganklike boek sal jou help om die duistere waters van ons deurmekaar tye die hoof te bied. “Roedolf Botha neem ons op ’n boeiende reis deur die Markusevangelie om die hartklop van egte leierskap ver en diep te ontgin” - Stephan Joubert

Leef Jou Nuwe Lied - 200 Dagstukkies (Afrikaans, Paperback): Elsa Winckler, Sonja Goldberg Leef Jou Nuwe Lied - 200 Dagstukkies (Afrikaans, Paperback)
Elsa Winckler, Sonja Goldberg
R285 R255 Discovery Miles 2 550 Save R30 (11%) Ships in 6 - 11 working days

Die lewe laat jou dikwels uitgebrand en afgemat. Leef jou nuwe lied is ’n uitnodiging van die bekende skrywer Elsa Winckler en haar pastoor-sussie Sonja Goldberg om saam deur die jaar te stap met jou hand stewig in jou Vader s’n. Ontdek ’n nuwe lied in jou hart deur hierdie 200 dagstukkies en weet Hy is daar vir jou. Hy sal jou in staat stel om vreesloos in liefde te leef.

Weerlose Weerstand - Die Gaydebat in die NG Kerk (Afrikaans, Paperback): Andre Bartlett Weerlose Weerstand - Die Gaydebat in die NG Kerk (Afrikaans, Paperback)
Andre Bartlett
R136 Discovery Miles 1 360 Ships in 2 - 4 working days

In Oktober 2015 het die Algemene Sinode van die NG Kerk ’n merkwaardige besluit oor selfdegeslagverhoudings geneem. Die besluit het erkenning gegee aan sulke verhoudings en dit vir predikante moontlik gemaak om gay en lesbiese persone in die eg te verbind. Ook die selibaatsvereiste wat tot op daardie stadium vir gay predikante gegeld het, is opgehef. Met hierdie besluit het die NG Kerk die eerste hoofstroomkerk in Suid-Afrika en Afrika geword wat totale gelykwaardige menswaardige behandeling van alle mense, ongeag seksuele oriëntasie, erken – en is gedoen wat slegs in ’n handjievol kerke węreldwyd uitgevoer is. Die besluit het egter gelei tot groot konsternasie. Verskeie appčlle en beswaargeskrifte is ingedien, distriksinodes het hulle van die besluit distansieer, en in die media was daar volgehoue kritiek en debat.

Sulamiet (Afrikaans, Paperback): Lina Spies Sulamiet (Afrikaans, Paperback)
Lina Spies
R10 Discovery Miles 100 Ships in 5 - 10 working days

Sulamiet is ’n bundel oor medemenslikheid, liefde, die wisseling van seisoene, die skoonheid van die natuur en die kunste in ’n land en ’n węreld van geweld. Die titel Sulamiet verwys na die vroulike spreker in die Bybelboek Hooglied waarin die verlore tuin van Eden ná die sondeval deur die liefde herskep word. Die verse in die bundel handel oor die liefde in vele vorme, die belewenis van die religieuse en die skoonheid van die natuur en die kunste waaraan altyd ’n tekort verbonde bly weens menslike ontoereikenheid. Binne die perspek­tief van die herwonne paradys staan Jesus nie sentraal as die Gekruisigde en die Wonderwerker nie, maar as die Joodse rabbi wat die koms van die Koninkryk reeds op aarde verkondig het. God is transendent: die hiëroglief, die ontwykende aan wie ons verbonde is in ons woordeloosheid en deur die musiek.

Waarom lewe ek (Afrikaans, Paperback, 3rd ed): Viktor Frankl Waarom lewe ek (Afrikaans, Paperback, 3rd ed)
Viktor Frankl
R240 R222 Discovery Miles 2 220 Save R18 (7%) Ships in 5 - 10 working days

Lyding is onlosmaaklik verweef met dit wat elke dag met ons almal gebeur. Jy kan die nie systap nie. Dit kan 'n skielike verlies wees, 'n ongeluk; die trauma van geweld of gesondheidsprobleme. Soms is lyding kronies. Jy ontsnap bykans nooit daaraan nie. Die kan selfs pandemies wees soos in die geval van MIV/Vigs. Dit is juis dan, by hierdie grensoomblikke van lewe, dat ons begin vra: Hoekom ek? Gelowiges vra: Waarom God? Waar is God in hierdie ellende? Lyding stroop ons van alle oppervlakkige en kunsmatige sekerhede. Sonder sin in die lewe word ons maklik 'n prooi van sinisme, vertwyfeling of wanhoop. Nelson Mandela tuur vir 27 jaar deur die tralievensters... Wat het hom geinspireer om voort te gaan? Viktor Frankl kont onstnap van haglike kamptoestande. Wat laat hom op daardie laaste oomblik omdraai na sy sterwende vriend toe? Hy was bereik om selfs sy vryheid te verruil vir die luise van 'n kamp...

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Profesie Bybel - Nuwe Testament (Maroen)
Die Bybelgenootskap van Suid Afrika Die Bybelgenootskap van Suid Afrika Hardcover R350 R328 Discovery Miles 3 280
Wat Moet Ons Met Ons Kerk Doen?
Jurie van den Heever Paperback  (1)
R311 Discovery Miles 3 110
Die Bybel
Hardcover R178 R165 Discovery Miles 1 650
Het Ek My Geloof Verloor?
Pierre du Plessis Paperback R201 Discovery Miles 2 010
Die Aksie-Bybel - Helde En Skurke
Paperback R229 R211 Discovery Miles 2 110
My Stryd Met ADHD - Die Onsigbare Oorlog
Hykie Berg Paperback  (1)
R285 R255 Discovery Miles 2 550
Hykie Berg: My Storie van Hoop
Hykie Berg, Marissa Coetzee Paperback R265 R237 Discovery Miles 2 370
Kom Ons Praat Oor Die Huwelik
Heinz Winckler, Alette Winckler Paperback  (2)
R295 R264 Discovery Miles 2 640
'n Palet Vol Vreugde - 366 Dagstukkies
Alette-Johanni Winckler Paperback R330 R295 Discovery Miles 2 950
Geroep vir Meer - Hoe om suksesvol te…
Hykie Berg Paperback R265 R237 Discovery Miles 2 370

 

Partners