![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Books > Christianity > Afrikaans
1990 was ’n waterskeidingsjaar in Suid-Afrika se geskiedenis. Sedertdien het die Suid-Afrikaanse samelewing, en ook die NG Kerk, baie verander. Neels Jackson bied sy indrukke van die belangrikste tendense wat van 1990 tot 2020 in die NG Kerk plaasgevind het. Die wortel van die kerk word teruggevoer na Jesus toe, en die NG Kerk vandag kan ’n uitdagende toekoms op die spoor van Jesus Christus met vertroue tegemoet gaan.
Jy is bekoorlik! (in sy nuwe gerieflike kleiner formaat) is die vroulike eweknie van die topverkoper Die ongetemde hart . Die meeste dogtertjies droom daarvan om avontuur te beleef en om die prinses in die verhaal te wees wat deur haar prins gered word. Maar wanneer hulle grootword, word hulle toegegooi onder allerhande pligte en verwagtings, en worstel hulle onder die druk van alles wat van hulle verwag word: om ’n goeie dienaar, ma en huisvrou te wees. Hierdie boek wys waarom God die enigste Een is wat ’n vrou se begeertes volmaak kan bevredig en nooi vroue om hul vroulike hart, wat na God se beeld geskep is, terug te kry.
Hierdie manuskrip was nie bedoel om gepubliseer te word nie. Dit was aanvanklik ’n bestekopname van die skrywer se betrokkenheid by en blootstelling aan die NG Kerk-familie waarin hy gebore is, grootgeword en uiteindelik as predikant gedien het. Ben du Toit se eerste boek, God? Geloof in ‘n postmoderne tyd, is in 2001 met die gesogte Andrew Murray-prys vir Christelike publikasies bekroon. Dit het ’n woordeskat gebied vir talle ander mense se reis. Amper twee dekades later neem hy die vraag oor God en die relevansie van godsdiens en geloof verder. Vir baie mense sal hierdie boek nie ’n gemaklike leeservaring wees nie. Daar sal egter lesers wees wat ’n eie bevrydende ervaring in hul verhouding met die kerk, geloof en met God sal beleef deur die boek te lees. En wat ’n woordeskat sal vind. Net soos Du Toit se eerste boek baie mense minder alleen met hulle teologiese ongemak en kritiese vrae laat voel het, kan hierdie boek ’n wonderlike verrassende volgende fase van hul lewens inlei, soos dit tans met die skrywer die geval is. Die afronding van die teks het plaasgevind aan die begin van die wêreldwye Covid-19-pandemie. Hierdie boek toon hoe die vraag na die betrokkenheid van God gevra word, net soos telkens in die verlede tydens ander krisisse. Net soos wat die Covid-19-pandemie ’n nuwe era inlui, kan hierdie publikasie ’n nuwe denkraamwerk ten opsigte van geloof inlui. Hier word baie name genoem en na vele stemme geluister. Uiteindelik gaan dit nie oor hulle as individue nie, maar wel, kollektief, oor Die Kerk – ’n bepaalde verteenwoordiging van die verskynsel wat Godsdiens genoem word. Maar inderwaarheid gaan dit nie eers oor hulle nie, maar oor God – terwyl die enigste manier waarop ons iets van God kan weet, deur die woorde en lewens van mense is.
Vanjaar verskyn die klassieke Uit die Beek weer uit die pen van die bekroonde skrywer Barend Vos. Die tekskeuse vir elke dag is op die Revised Common Lectionary gebaseer. Dit maak hierdie geliefde Bybelse dagboek soos altyd geskik vir persoonlike stiltetyd, vir huisgodsdiens en vir Bybelstudiegroepe. Mag hierdie jaar vir jou ’n besondere tyd van geestelike groei wees, sodat jy die Here sal leer ken soos Hy werklik is.
Het dit al gebeur dat iemand vir wie jy omgee ’n geliefde aan die dood afgestaan het en jou eerste gedagte is dat jy moet met hulle kontak maak? Dit is dan dalk gevolg deur die volgende gedagte dat jy nie sal weet wat om te sê nie. As jy so voel is die boek vir jou bedoel. Braam Klopper, ’n predikant van Kemptonpark-Oos is ’n pastorale terapeut en spits homself spesifiek toe op die hantering en verwerking van rou. Hierdie boek gee praktiese riglyne oor rou, wys spesifieke routake uit wat deurgevoer moet word en sit die sake uiteen wat na ’n geliefde se dood afgehandel moet word. Braam bekyk ook wat die impak van selfmoord of die dood van ’n kind op die rouproses het
Hierdie boek handel oor die onderstebo koninkryk van God. Hierdie koninkryk wat op 'n heel anderster manier werk as wat ons mense werk. Jesus se slagspreuk; die koninkryk van die hemel is hier word getakel in hierdie stuk met 'n spesifieke verwysing na vele van sy gelykenisse en aforismes. Wanneer ons na Jesus se lering en stories, in die maatskaplike en politiese konteks van sy tyd kyk ontbloot dit 'n heel ander perspektief. 'n Perspektief wat ongemaklik, selfs irriterend, tog steeds lewegewend is. Hierdie koninkryk wat alles op sy kop kom draai het, of eintlik weer regop gedraai het, is waar ons, ons menslikheid herontdek. Die boek is opgedeel in drie dele, drie areas en aspekte van elke mens se lewe wat Jesus op hulle, kop of weer regop, kom draai het. Ek en God, ek en myself, en ek en my dorp. Hierdie werk se doel is ook om die ‘Liewe Jesus’ beeld te dekonstrueer, en die radikaliteit van Jesus se boodskap en die koninkryk na vore te bring.
Jesus het regtig bedoel dat sy dissipels ’n genesende impak op die samelewing moet hê. So het Hyself dit laat gebeur, en so het die vroegste Christene Hom agternageleef. Die uitdaging voor ons is hoe ons almal vir die Here kan bereik. En hoe ons dit gaan regkry op stylvolle maniere, maniere wat ander mense nie afskrik nie, wat mense van God se liefde en omgee oortuig. Ons uitdaging is om vars en nuut te dink oor die stylvolle agternaleef en uitleef van ons geloof. Maar denke alleen gaan ons nie daar kry nie. Nuwe inligting gaan ons ook nie genoegsaam verander nie. Ons kort ’n nuwe styl, Jesus s’n. Ons moet weet wat om te doen en ook wanneer om dit te doen. Ook hoe om ander hartroetes na te streef, roetes wat weer die wêreld rondom ons se verbeelding sal aangryp. Indien ons ons geloof stylvol wil beleef en uitleef, moet ons meer as net goeie tydlesers wees. Ons moet Jesus-lesers wees, mense wat vir Jesus reg aanvoel en verstaan. Dan kan ons stylvolle geloofdelers wees.
Ontdek die verrassings wat weggesteek lê in die bekende tekste van die Evangelies. Weet ons presies wat staan alles in die Evangelies, of dínk ons ons weet? In Geloofskatte in die Evangelies diep Adrio König honderde verrassende skatte op wat die leser op ’n totaal nuwe manier na die Evangelies sal laat kyk. Hy bespreek vrae soos: - Hoekom wou Johannes die doper nie vir Jesus doop nie? - Het Jesus en die dissipels mekaar verstaan? - Het Jesus opgestaan, of is Hy opgewek? - Hoekom het Jesus nie in die Grieke belanggestel nie? - Het Jesus regtig sy dissipels verbied om na die heidene te gaan? Hoe kan ons dan? - Het Jesus iets van boerdery geweet? Hoe kan Hy dan vertel van ’n boer wat driekwart van die saad mors? - Watter slinkse plan het die Joodse leiers gemaak om Jesus te vang? - Het Jesus regtig gesê ons mag niemand oordeel nie? Hy het dan mense erg geoordeel. Adrio König beantwoord hierdie vrae eerlik en die antwoorde is diep begrond in deeglike Skrifstudie. Hierdie kort, amper weggesteekte, genadeskatte sal die leser onder ’n dieper besef bring van al die belangrikste Christelike geloofsoortuigings en só vaster laat staan in sy of haar geloof.
Nader aan God, nader aan mekaar bevat gesinsoordenkings om gesinne te help om nader aan God en aan mekaar te groei Met kinders se besige skool en buitemuurse programme, en Ma en Pa se stresvolle loopbane, is dit geen wonder dat ons nie tyd het om as gesin saam godsdiens te hou nie. Nader aan God, nader aan mekaar gee die antwoord in die vorm van 52 kort, kragtige gesinsoordenkings wat gesinne sal help om nader aan God en aan mekaar te groei. Elke dag bied iets anders, waaronder spesiaal geselekteerde Bybelverse, aktiwiteite om saam te doen en uitdagings om maar net ’n paar te noem. Hierdie dagstukkieboek bevat ook handige ouerskapswenke vir ouers. Van die inspirerende temas sluit in: Die genade van mislukking, dodelike sondes en hul teenmaatreëls, om hoop in ’n gebroke wêreld te vind en om geloof soos ’n mier te hê.
60 gebede deur Stormie Omartian wat jou hart en gedagtes op God sal rig wanneer vrees jou oorweldig. Daar is baie redes om bang te wes, maar God kan dit almal oorwin. Vind die vrede waarna jy smag te midde van dinge wat jou bang maak met die hulp van hierdie versameling gebede uit Stormie Omartian se boek Die krag van gebed wanneer jy vrees. Elkeen van die 60 gebede word afgerond met ’n Skrifgedeelte wat jou sal help om jou hart en gedagtes op die waarheid van God se Woord te rig wanneer vrees jou oorweldig. Of jy gekonfronteer word met die vrees vir verlies, verwerping of die toekoms, Die krag van gebed wanneer jy vrees – Gebedeboek sal jou die nodige inspirasie gee om kragtig tot God te bid. Ook beskikbaar in Engels onder titel The Power of Praying ® Through Fear Book of Prayers
|
![]() ![]() You may like...
Hykie Berg: My Storie van Hoop
Hykie Berg, Marissa Coetzee
Paperback
|