0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (26)
  • R50 - R100 (96)
  • R100 - R250 (348)
  • R250 - R500 (139)
  • R500+ (37)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Christianity > Afrikaans

Herinnering & Verlange - Gesprekke oor Mag, Geskiedenis en die Bybel (Afrikaans, Paperback): Louis C. Jonker Herinnering & Verlange - Gesprekke oor Mag, Geskiedenis en die Bybel (Afrikaans, Paperback)
Louis C. Jonker
R220 Discovery Miles 2 200 Ships in 4 - 6 working days

‘n Nostalgiese reis styg uit die pen van prof. Louis C. Jonker oor sy eie herinnering aan en verlange na die leermeesters wat hom help vorm het, sy eie ontwaking as bybelwetenskaplike, en sy bediening in die NG kerk. Hy verken ook sy innerlike stryd in hierdie verskillende tydperke. Die uitvloeisel hiervan is ‘n mengsel van historiese novelle, biografie, persoonlike memoires en die akademiese skryfsels van prof.

 Ferdinand Deist, Biskop John Colenso, prof. Johannes du Plessis en ook dié van Jonker. Die vertellings – wat soms aan speelse fantasie grens – word in die boek afgewissel met toegeligte uittreksels uit vakliteratuur deur, en oor, die vier gespreksgenote. Uiteindelik lewer Jonker hiermee belangrike kommentaar oor die huidige stand van Bybelinterpretasie in Suid-Afrika.

100 Dae van Dankbaarheid (Afrikaans, Paperback): Francine Prins 100 Dae van Dankbaarheid (Afrikaans, Paperback)
Francine Prins
R294 Discovery Miles 2 940 Ships in 4 - 6 working days

Mense wat dankbaar is, gelukkiger slaap, beter fokus, is beter en is makliker om mee oor die weg te kom. Om meer dankbaar te leef is seker iets waarna ons almal probeer streef. Francine Prins, redakeur van LiG neem ons op ’n 100 dae reis van dankbaarheid. Sy wys ons hoe ons elke dag kan dankbaar wees, waarvoor ons dankbaar kan wees en hoe om in dankbaarheid te leef.

Herstel jou Huwelik (Afrikaans, Paperback): Erin Thiele Herstel jou Huwelik (Afrikaans, Paperback)
Erin Thiele
R421 Discovery Miles 4 210 Ships in 18 - 22 working days
Naby aan God - "It is all about intimacy with Jesus and his dad" (Afrikaans, Paperback): Hennie Viljoen Naby aan God - "It is all about intimacy with Jesus and his dad" (Afrikaans, Paperback)
Hennie Viljoen
R239 Discovery Miles 2 390 Ships in 18 - 22 working days
Wanneer Water Wyn Word (Afrikaans, Paperback): Jacqueline Leuvennink, Vivian Kleynhans Wanneer Water Wyn Word (Afrikaans, Paperback)
Jacqueline Leuvennink, Vivian Kleynhans
R273 Discovery Miles 2 730 Ships in 4 - 6 working days

Toe Vivian op 16-jarige ouderdom haar pa in die winkel se deur sien staan met sy hoed in sy hand het sy geweet haar lewe gaan onkeerbaar verander – haar pa het sy werk verloor. Hulle word uit hulle huis op Paternoster gesit. Vivian dink sy is gelukkig toe die veel ouer John by die werk in haar begin belangstel. Hy belowe om vir haar gesin ’n huis op Vredenburg te kry, maar min weet sy die huis het ’n prys. Vivian word vervreem van haar familie en verval in ’n spiraal van mishandeling. Sy laat haar egter nie onderkry nie, en besluit eendag dat sy genoeg gehad het. Sy begin haar lewe van voor af bou. Vivian het ’n kop vir besigheid, en ná verskeie poste besluit sy om haar eie wynbesigheid te begin. Nou, jare later, het sy haar eerste oes afgehaal en word die wyn na Wallmart uitgevoer. Vivian se verhaal is een van hoop, passie, deursettingsvermoë en die wete dat God daar is, al lyk die omstandighede hoe sleg.

Die Vyfvoudige Gebed (Afrikaans, Paperback): Team Impact Christian University Die Vyfvoudige Gebed (Afrikaans, Paperback)
Team Impact Christian University
R314 Discovery Miles 3 140 Ships in 18 - 22 working days
Vir Mans - Oorkom Moderne Lewensuitdagings (Afrikaans, Paperback): Johan Ferreira Vir Mans - Oorkom Moderne Lewensuitdagings (Afrikaans, Paperback)
Johan Ferreira
R267 Discovery Miles 2 670 Ships in 4 - 6 working days

Mans leef in ’n wêreld waar die rolle van manlikheid so verander het dat dit met tye vir hulle moeilik is om te weet wie hulle werklik is en wat van hulle verwag word. Die eise wat ’n gewone dag aan mans stel kan soms selfs die mees ervare individu laat twyfel aan sy bevoegdhede. Die boek skep ’n bewustheid by mense, en nie net mans nie, van die alledaagse en mees algemene lewensuitdagings waarvoor mans te staan kom, en probeer hulle toerus met relevante inligting wat hulle sal help om meer doeltreffende, emosioneel gelukkige en vervulde lewens te lei. Die boek word verdeel in verhoudings- en lewensfase-uitdagings, verslawing, gemoedsprobleme en traumatiese ervarings.

Uit Die Beek 2019: 365 Dagstukkies (Afrikaans, Paperback): Barend Vos Uit Die Beek 2019: 365 Dagstukkies (Afrikaans, Paperback)
Barend Vos
R225 Discovery Miles 2 250 Ships in 4 - 6 working days

Vanjaar verskyn die klassieke Uit die Beek weer uit die pen van die bekroonde skrywer Barend Vos. Die tekskeuse vir elke dag is op die Revised Common Lectionary gebaseer. Dit maak hierdie geliefde Bybelse dagboek soos altyd geskik vir persoonlike stiltetyd, vir huisgodsdiens en vir Bybelstudiegroepe. Mag hierdie jaar vir jou ’n besondere tyd van geestelike groei wees, sodat jy die Here sal leer ken soos Hy werklik is.

Die Krag Van Gebed Wanneer Jy Vrees (Afrikaans, Paperback): Stormie Omartian Die Krag Van Gebed Wanneer Jy Vrees (Afrikaans, Paperback)
Stormie Omartian
R73 Discovery Miles 730 Ships in 4 - 6 working days

60 gebede deur Stormie Omartian wat jou hart en gedagtes op God sal rig wanneer vrees jou oorweldig.

Daar is baie redes om bang te wes, maar God kan dit almal oorwin.

Vind die vrede waarna jy smag te midde van dinge wat jou bang maak met die hulp van hierdie versameling gebede uit Stormie Omartian se boek Die krag van gebed wanneer jy vrees. Elkeen van die 60 gebede word afgerond met ’n Skrifgedeelte wat jou sal help om jou hart en gedagtes op die waarheid van God se Woord te rig wanneer vrees jou oorweldig.

Of jy gekonfronteer word met die vrees vir verlies, verwerping of die toekoms, Die krag van gebed wanneer jy vrees – Gebedeboek sal jou die nodige inspirasie gee om kragtig tot God te bid.

Ook beskikbaar in Engels onder titel The Power of Praying ® Through Fear Book of Prayers

'n Lewe Voor God (Afrikaans, Paperback): Stephan Joubert 'n Lewe Voor God (Afrikaans, Paperback)
Stephan Joubert
R273 Discovery Miles 2 730 Ships in 4 - 6 working days

'n Lewe voor God bestaan uit 366 dagstukkies uit die pen van een van Suid-Afrika se mees geliefde skrywers en teoloë, Stephan Joubert. Stephan help ons om elke dag bewustelik en met oorgawe in die aangesig van God te leef. Hy lei ons deur middel van alledaagse temas soos gebed, naasteliefde, vergifnis en genade om elke dag in eerlikheid voor God ons lewe aan te pak.

Nader Aan God, Nader Aan Mekaar - 52 Gesinsoordenkings (Afrikaans, Paperback): Ewald Van Rensburg Nader Aan God, Nader Aan Mekaar - 52 Gesinsoordenkings (Afrikaans, Paperback)
Ewald Van Rensburg
R199 Discovery Miles 1 990 Ships in 4 - 6 working days

Nader aan God, nader aan mekaar bevat gesinsoordenkings om gesinne te help om nader aan God en aan mekaar te groei

Met kinders se besige skool en buitemuurse programme, en Ma en Pa se stresvolle loopbane, is dit geen wonder dat ons nie tyd het om as gesin saam godsdiens te hou nie. Nader aan God, nader aan mekaar gee die antwoord in die vorm van 52 kort, kragtige gesinsoordenkings wat gesinne sal help om nader aan God en aan mekaar te groei. Elke dag bied iets anders, waaronder spesiaal geselekteerde Bybelverse, aktiwiteite om saam te doen en uitdagings om maar net ’n paar te noem. Hierdie dagstukkieboek bevat ook handige ouerskapswenke vir ouers. Van die inspirerende temas sluit in: Die genade van mislukking, dodelike sondes en hul teenmaatreëls, om hoop in ’n gebroke wêreld te vind en om geloof soos ’n mier te hê.

Jou Beste Lewe Nou! - 7 Stappe om jou volle potensiaal te bereik (Afrikaans, Paperback): Joel Osteen Jou Beste Lewe Nou! - 7 Stappe om jou volle potensiaal te bereik (Afrikaans, Paperback)
Joel Osteen
R199 Discovery Miles 1 990 Ships in 4 - 6 working days

Baie mense gaan deur die lewe met ’n swak selfbeeld, negatiwiteit en minderwaardigheidsgevoelens. Ander sien weer geluk as iets wat "eendag" met hulle sal gebeur. Waarlik gelukkige, vervulde mense is dié wat geleer het hoe om hul beste lewe nou reeds te leef.

In Jou beste lewe nou! leer jy hoe om deur hierdie negatiewe denkpatroon te breek sodat jy jou volle potensiaal kan uitleef. Die antwoord lê in ’n nuwe manier van dink oor jou lewe. Deur die volgende sewe stappe te neem, kan jy die eerste tree op die pad na ’n besondere toekoms gee: 1. Verbreed jou visie. 2. Ontwikkel ’n gesonde selfbeeld. 3. Ontdek die krag van jou woorde en denke. 4. Maak jou los van die verlede. 5. Groei deur swaarkry. 6. Leef om te gee. 7. Kies om gelukkig te wees.

Joel se bemoedigende boodskap en praktiese raad sal lesers help om die hindernisse in hul lewe te oorwin sodat hulle hul Godgegewe doel kan uitleef.

Ankers vir Vandag (Afrikaans, Paperback): Nadine Blom Ankers vir Vandag (Afrikaans, Paperback)
Nadine Blom
R189 Discovery Miles 1 890 Ships in 4 - 6 working days

Elke Christen het ankers nodig, iets wat hulle vashou aan God om te keer dat hulle lewensbootjie op die rotse loop. Die bekende sangeres Nadine Blom wys die ankers waaraan ons moet vashou vir ons uit – maar wys ook watter goed wat ons vashou ons moet laat los.

Deur Dieper Geloof na Lewensvreugde (Afrikaans, Paperback): Nina Smit Deur Dieper Geloof na Lewensvreugde (Afrikaans, Paperback)
Nina Smit
R236 Discovery Miles 2 360 Ships in 4 - 6 working days

Nina Smit help elke vrou om opnuut te ontdek wie die God is wat ‘n verhouding met jou begeer, hoe kosbaar jy as vrou vir Hom is en wat jou roeping en identiteit in Hom moet wees. Sy help jou om woestyntye te oorleef en ons kry ‘n voorsmakie vir hoe sy dink die lewe na die dood gaan wees. Soos net Nina kan.

Voorskrif Gebede uit die Hemel (Afrikaans, Paperback): Dirk Adriaan Flemix Voorskrif Gebede uit die Hemel (Afrikaans, Paperback)
Dirk Adriaan Flemix
R227 Discovery Miles 2 270 Ships in 18 - 22 working days
Waarvoor Wag Jy Dan? (Afrikaans, Paperback): Angelique du Toit Waarvoor Wag Jy Dan? (Afrikaans, Paperback)
Angelique du Toit
R210 Discovery Miles 2 100 Ships in 4 - 6 working days

Sou jy bereid wees om jou ou leefwyse te verander en om jouself die geleentheid te gee om jou beste lewe te leef vir die res van jou lewe?

Verbeel jou ’n lewe vol van oorborrelende vreugde . . .vars hoop wat daagliks aan jou opgedien word - soos warm brood; vryheid van alewige vrees; vervullende verhoudings; om selfvertroue uit te straal en om te lewe met die verwagting van gestruktureerde sukses.

Hierdie waarheid is vervat in Waarvoor wag jy dan? Die resultate hoef nie langer vasgevang te wees in jou gedagtes of op jou wenslysie nie. Die uitkomste kan in jou lewe ervaar word - prakties, konsekwent en kragtig en doeltreffend.

Nou waarvoor wag jy dan? Dit is NOU jou tyd om op te staan!

Pope John Paul II Vatican City, Rome, Italy (Afrikaans, Paperback): Llewelyn Pritchard Pope John Paul II Vatican City, Rome, Italy (Afrikaans, Paperback)
Llewelyn Pritchard
R349 Discovery Miles 3 490 Out of stock

48 Kleur fotos van John Paul II en die Vatikaan, insluitend sy Apostoliese seen die Switserse wagte; St Peter 's Square, Pous basiliek van St Peter in die Vatikaan, St Peter 's Square as 'n plek van die heilige pelgrimstog, die Rooms-Katolieke Kerk, kunswerke, marmer beelde en standbeelde, 'n ou argitektuur, vloer mosaiek; menings van Rome van die koepel van St Peter 's Church (ontwerp deur Michelangelo, ) 'n standbeeld van die Maagd Maria hou die baba Jesus en die aangesig van Jesus wat in 'n klip kleed. Geneem tydens 'n kort pouse, begroting vakansie Rome, Italie 10-17 Oktober 2004. Cover foto: Pous Johannes Paulus II waai vir die skare van sy "Pous Mobile 'in St Pietro, St Peter 's Square, Vatikaanstad, Rome, Italie] Afrikaans Edition]

Die Pad Na Jou Ware Self: Studiegids (Afrikaans, Paperback): Suzanne Stabile, Ian Morgan Cron Die Pad Na Jou Ware Self: Studiegids (Afrikaans, Paperback)
Suzanne Stabile, Ian Morgan Cron
R136 Discovery Miles 1 360 Ships in 4 - 6 working days

Wil jy selfs dieper delf in die Enneagram? Ian Cron en Suzanne Stabile het ’n studiegids geskep wat jou in staat sal stel om selfs meer uit Die pad na jou ware self te kry. Vir diegene wat nog nie weet wat hul tipe is nie, bied dié studiegids die geleentheid om die tipes te verken, en vir diegene wat dit wel weet, bied dit die geleentheid om te besin oor die implikasies vir groei. Dit sluit in:

• SNAP – ’n oefening vir persoonlike groei

• ’n Oorsig oor die Enneagram met nuwe inligting oor die intelligensiesentrums

• Vyf sessies met vrae spesifiek gerig op persoonlike groei of vir groepbespreking, asook plek om antwoorde neer te skryf

• Gedagtes van individue van elke tipe oor hoe dit is om daardie tipe te wees

Hetsy jy op jou eie of in groepsverband deur hierdie studiegids werk, dit sal jou in staat stel om te groei in kennis oor jouself, empatie vir ander en jou liefde vir God.

Shéri - Nes ek is (Afrikaans, Paperback): Sheri Brynard, Colleen Naude Shéri - Nes ek is (Afrikaans, Paperback)
Sheri Brynard, Colleen Naude
R252 Discovery Miles 2 520 Ships in 4 - 6 working days

In haar bykans 35 jaar het Shéri Brynard merkwaardige mylpale bereik ten spyte van die feit dat sy as baba met Trisomie-21-Downsindroom gediagnoseer is. Sy vertel hoe die liefde en aanvaarding van diegene naaste aan haar, veral haar ma, Susette, haar gevorm het.

Sy deel met die leser die opwindende avonture op haar pad, die seerkry, vrees, en verliese (die grootste hiervan die dood van haar pa, Jerry), asook die werklikhede waarmee sy as ’n volwassene met Downsindroom gekonfronteer word. Dan gesels haar ma oor ’n lewe in die skaduwee van ’n kind met Downsindroom. Sy deel openhartig haar geloofstryd toe sy gehoor het haar kind het Downsindroom en haar en haar dogter se reis die onbekende in. Shéri – Nes ek is is ’n boek wat grense verskuif, want soos Shéri tereg vra: “Wat is nou eintlik normaal?”

Dié boek herinner die leser juis dat ons as kinders van God elkeen ons volle potensiaal kan bereik, ongeag die uitdagings waarvoor ons te staan kom.

Die Pad Na Jou Ware Self (Afrikaans, Paperback): Ian Morgan Cron, Suzanne Stabile Die Pad Na Jou Ware Self (Afrikaans, Paperback)
Ian Morgan Cron, Suzanne Stabile
R231 Discovery Miles 2 310 Ships in 4 - 6 working days

Dit wat jy nie omtrent jouself weet nie, kan skadelik wees vir jou, jou verhoudings en hoe jy jou weg deur hierdie lewe baan. Dit kan selfs ’n dieper verhouding met God verhoed. Het jy hulp nodig om uit te pluis wie jy is en waarom jy jouself dikwels in selfverydelende patrone bevind? Die antwoord lê dalk net opgesluit in die persoonlikheidstipes wat deel vorm van die Enneagram.

Die Enneagram is ’n persoonlikheidstiperingstelsel wat beskryf hoe mense bedraad is, hetsy positief of negatief.

Die unieke verhaaltrant in hierdie boek help jou om die wêreld te sien en ervaar deur die oë van mense wat elkeen van die Enneagram-tipes verteenwoordig. Die komiese oomblikke en verhale wat hierin ingesluit is, sal verseker dat jy aanhou lees nadat jy die hoofstuk oor jou eie tipe klaargemaak het.

• Kry ’n beter begrip van hoe om die mense in jou lewe lief te hê

• Verbeter jou huwelik

• Ontdek wie God bedoel het jy moet wees

Deur met die veranderinge te begin wat jy reeds vandag kan aanbring, sal die wysheid wat in die Enneagram opgesluit lê, jou help op die pad na jou beste en ware self.

Saam in Suid Afrika (Afrikaans, Paperback): Pieter van Niekerk, Jones, Chris, Saam in Suid Afrika (Afrikaans, Paperback)
Pieter van Niekerk, Jones, Chris,
R241 Discovery Miles 2 410 Ships in 4 - 6 working days

Sluimerende rassisme het na 1994 se reenboogdroom met 'n knal oopgebars. Die rassisme-sweer is besig om dit wat mooi en uniek van Suid-Afrikaners is, te besmet. In hierdie boek word voorraad opgeneem van die situasie deur na bekendes en minder bekendes se stories en ervarings te luister, dit saam te vat en aan die hand daarvan voorstelle te maak, sodat ons mekaar se andersheid kan vier.

Uit die Beek 2018 (Afrikaans, Paperback): Vos Barend Uit die Beek 2018 (Afrikaans, Paperback)
Vos Barend
R215 Discovery Miles 2 150 Ships in 4 - 6 working days

Uit die Beek, die geliefde Afrikaanse Bybeldagboek, kom vanjaar uit die pen van die bekroonde skrywer Barend Vos. Die tekskeuses vir elke dag is grootliks op die Revised Common Lectionary (oftewel die RCL-leesrooster) gebaseer. Dit maak hierdie tydlose Bybelse dagboek weer opnuut geskik vir persoonlike stiltetyd, vir huisgodsdiens en Bybelstudiegroepe. Mag hierdie jaar vir jou 'n besondere tyd van geestelike groei wees, sodat jy die Here sal leer ken soos Hy werklik is.

Dagstukkies vir Besige Vroue (Afrikaans, Paperback): Christelle Webb-Joubert Dagstukkies vir Besige Vroue (Afrikaans, Paperback)
Christelle Webb-Joubert
R231 Discovery Miles 2 310 Ships in 4 - 6 working days

Van ’n vrou word in vandag se wereld baie verwag. Ons is ma’s, beroepsvroue, huweliksmaats, vriendinne en steunpilare. Hierdie dagstukkieboek is vir elke vrou wat maar alte goed weet dit is nie altyd so maklik nie. In die boek, deel bekende vroue boodskappe van hoop. Hulle wil jou herinner dat jy nie alleen is nie, dat jy nie skaam hoef te voel wanneer die lewe jou oorweldig nie, en dat jy altyd maar kan vashou aan die wete: Jou hemelse Vader ken jou.

Die Visuele Evangelie (Afrikaans, Paperback): Tim Challies, Josh Byers Die Visuele Evangelie (Afrikaans, Paperback)
Tim Challies, Josh Byers
R294 Discovery Miles 2 940 Ships in 4 - 6 working days

Die Bybel se diepste waarhede visueel verduidelik vir ’n nuwe generasie. Ons leef in ’n tyd waarin mense al hoe meer op visuele voorstellings staatmaak om nuwe en moeilike konsepte te verstaan. Maar die visuele voorstelling van waarheid is nie nuut nie. God het self visuele voorstellings gebruik om sy mense die waarheid te leer. Die tabernakel van die Ou Testament was ’n visuele voorstelling van die mens se verwydering van God en God se afdaling na sy volk toe. Elke deel van die tabernakel was bedoel om iets van die mens se verraad teenoor God en God se liefdevolle antwoord daarop te weerspieel. Net so is die sakramente van die Nuwe Testament visuele voor­stellings van die mens se sonde en God se antwoord. Selfs die kruis was beide realiteit en ’n visuele demon­strasie. Challies en Byers wil die konsepte en beginsels van sistematiese teologie op ’n vars en informatiewe manier oordra. Hulle doen dit met behulp van: Diagramme en grafiese voorstellings van teologiese uitgangspunte;Praktiese insigte en toepassings vir die daaglikse lewe;Fokusblokkies met ekstra verduidelikings en aanbevelings vir verdere leeswerk. Die visuele evangelie stel die Bybel se diepste waarhede op so ’n manier voor dat dit gesien en verstaan kan word deur ’n generasie wat ingestel is op die visuele.

NLV Geskenkbybel (Neutbruin) (Afrikaans, Leather / fine binding): Wil Vosloo, Andrie Du Toit NLV Geskenkbybel (Neutbruin) (Afrikaans, Leather / fine binding)
Wil Vosloo, Andrie Du Toit
R294 Discovery Miles 2 940 Ships in 4 - 6 working days

Hierdie geskenkuitgawe is die ideale manier om die mylpale en prestasies in ’n mens se lewe te vier. Met die volledige teks van die Nuwe Lewende Ver­taling, wat ’n eietydse stem aan tydlose beloftes gee, sal die NLV Geskenkbybel ’n waardevolle ge­skenk wees.

- Gewilde NLV-teks

- 7,5 punt lettergrootte

- Dubbelkolom-uitleg

- Bladsye kleurgerand

- Merklint

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Mathematical Modelling
John Berry, Ken Houston Paperback R642 Discovery Miles 6 420
The Bible Bluff - Jesus and Mary…
Mariana Stjerna Hardcover R697 R626 Discovery Miles 6 260
When Spirits Speak - Stories are Born
Jeri K Tory Conklin Hardcover R599 Discovery Miles 5 990
Going Down Slow
Dallas Smith Hardcover R847 Discovery Miles 8 470
Olympic Marathon - A Centennial History…
Charles Lovett Hardcover R1,569 Discovery Miles 15 690
100 Years of Port Talbot Harriers…
John Davies Hardcover R564 Discovery Miles 5 640
The Art of Psychotherapy and the…
Len Bergantino Ed D Hardcover R1,056 Discovery Miles 10 560
Yogamass - Embodying Christ…
Gena Davis Paperback R473 R446 Discovery Miles 4 460
Happy Hamster - How Hamsters Influence…
Hami Mahani Hardcover R526 Discovery Miles 5 260
Math for the Digital Factory
Luca Ghezzi, Dietmar Homberg, … Hardcover R4,111 Discovery Miles 41 110

 

Partners