0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (27)
  • R50 - R100 (34)
  • R100 - R250 (241)
  • R250 - R500 (96)
  • R500+ (24)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Christianity > Afrikaans

In Die Teenwoordigheid Van Die Allerhoogste - 'n Jaar Van Geestelike Groei (Afrikaans, Paperback): Stephan Joubert In Die Teenwoordigheid Van Die Allerhoogste - 'n Jaar Van Geestelike Groei (Afrikaans, Paperback)
Stephan Joubert
R300 R258 Discovery Miles 2 580 Save R42 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Jy is ongetwyfeld op soek na rus, daarom het jy nou hierdie boek in jou hand. Aan die een kant is jy elke dag deel van hierdie gejaagde wêreld. Maar aan die ander kant weet en glo jy dat daar iets meer vervullends in die lewe moet wees. En jy’s reg!

Daar is regtig meer vreugde in die lewe te vind as wat die meeste mense tans geniet. ’n Lewe van rustigheid en innerlike vrede is selfs vandag nog moontlik. Om God se vrede te ervaar, daardie vrede wat jou elke dag soos ’n tevrede kind in die teenwoordigheid van jou hemelse Vader laat sit, vra egter dissipline en oefening. So ’n lewe kom nie vanself nie. Dit vra toewyding en gehoorsaamheid, maar dit vra ook luister en rus. Hierdie jaarboek is bedoel as jou gids op die pad na ’n meer gedissiplineerde lewe saam met God. Dit wil jou stap vir stap, dag vir dag en maand vir maand begelei deur ’n paar geestelike oefeninge sodat jy aan die einde van die jaar iemand kan wees wat nuwe geestelike vreugde ervaar. Geniet hierdie jaarprogram.

Gebruik dit as jou bousteen vir jou jaar van geestelike groei. Dan gaan dit die opwindendste een ooit wees.

Vyf Tale van die Liefde - Die Geheim van Liefde vir 'n Leeftyd (Afrikaans, Paperback): Gary Chapman Vyf Tale van die Liefde - Die Geheim van Liefde vir 'n Leeftyd (Afrikaans, Paperback)
Gary Chapman 1
R149 R123 Discovery Miles 1 230 Save R26 (17%) Ships in 4 - 8 working days

Die behoefte aan romantiese liefde is diep in ons onderbewussyn gewortel. Om die liefde in die huwelik lewend te hou, is ’n baie ernstige saak.

Dr. Gary Chapman het deur jare se ervaring tot die gevolgtrekking gekom dat mense liefde op verskillende maniere bewys en ervaar. As jy jou liefde op ’n manier uitdruk wat jou maat nie verstaan nie, gaan hy of sy nie besef wat jy besig is om te doen nie. Vyf tale van die liefde bespreek die vyf tale van die liefde en help die leser om hul eie taal asook dié van hul maat te identifiseer.

Vyf tale van die liefde fokus op die vyf tale en hoe om hulle kragtig toe te pas:

• Opbouende woorde
• Kwaliteit-tyd
• Geskenke
• Diensbaarheid
• Fisieke aanraking

Hierdie bygewerkte uitgawe kyk ook na die rol van tegnologie in ons verhoudings asook langafstand-verhoudings en bevat ’n bygewerkte vraelys en ’n nadink-vraag aan die einde van elke hoofstuk.

Die Net Is Gebreek - Gebed, Die Weg Na Vrede En Vervulling (Afrikaans, Paperback): Chris van der Merwe Die Net Is Gebreek - Gebed, Die Weg Na Vrede En Vervulling (Afrikaans, Paperback)
Chris van der Merwe
R260 R224 Discovery Miles 2 240 Save R36 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Die meeste mense beland die een of ander tyd in ’n net van ellende. Die planne wat jy gemaak het, het in duie gestort, en jou lewe val uitmekaar. Jy het jou lewensmaat verloor, of jou werk, of jou gesondheid het ingegee. Jy het die moed verloor om aan te hou lewe.

In die Christelike geloof is daar die troosryke boodskap van ’n net wat inderdaad gebreek het: Met die sterwe van Jesus is die toegang tot God vry gemaak vir almal. Die prys vir die skuld van die mensdom is betaal, sodat alle mense God te alle tye met vrymoedigheid kan nader. Die blydskap oor die gebreekte vangnet kan egter slegs ervaar word deur diegene wat weet van die net wat hulle gevange hou en waaruit hulle nie self kan ontsnap nie.

Alleen die nederige persoon kan opreg bid, en nederigheid is ook die gevolg van ’n gesonde gebedslewe.

John C. Maxwell Dagbeplanner 2023 - Driehoek Swart met Ritssluiter (Afrikaans, Book, Kunsleer): John C. Maxwell Dagbeplanner 2023 - Driehoek Swart met Ritssluiter (Afrikaans, Book, Kunsleer)
R373 R22 Discovery Miles 220 Save R351 (94%) In Stock

Die John C. Maxwell Dagbeplanner 2023 spog met unieke, nuwe ontwerpe in ’n A5 kunsleer-formaat en bevat wysheid in insig van John Maxwell, befaamde leierskapdeskundige. Besigheidsmense kan nou ’n beplanner kies wat aan hulle behoeftes én smaak voldoen.

Kenmerke sluit in:

  • Inspirerende daaglikse en maandelikse aanhalings
  • Openbare vakansiedae en skoolkwartale vir Suid-Afrika, Namibië, Botswana en Zimbabwe
  • Jaarbeplanners en kalenders vir 2023 en 2024
  • ’n Bladsy-per-dag met plek vir prioriteite, afsprake, notas en finansiële aanwysers
  • Logboek om brandstof en afstand op te teken Notabladsye
  • NUUT: moderne en vars ontwerp
  • 210 x 142 mm, kunsleer met ritssluiter, lintmerker
Joyce Meyer Dagbeplanner 2022 - (Klein) (Afrikaans, Leather / fine binding): Joyce Meyer Joyce Meyer Dagbeplanner 2022 - (Klein) (Afrikaans, Leather / fine binding)
Joyce Meyer
R239 R197 Discovery Miles 1 970 Save R42 (18%) In Stock

Die Joyce Meyer Dagbeplanner 2022 sal lesers bemoedig en inspireer met maandelikse oordenkings en daaglikse aanhalings uit Joyce se topverkoperboek Ontmoet God Elke Oggend. Hierdie dagbeplanner sal mense nie net help om hul lewe agtermekaar te kry nie, dit sal hulle ook inspireer tot ’n dieper verhouding met God.

Die inhoud bestaan uit:

  • Maandelikse artikels en daaglikse aanhalings
  • Kalenders vir elke maand
  • ’n Bladsy per dag vir afsprake, doen-lysie en notas
  • Openbare en skoolvakansiedae vir Suid-Afrika, Namibië en Botswana
  • Jaarbeplanners en kalenders vir 2022 en 2023
  • Ekstra nota- en adres bladsye agterin
  • 180 x 120 mm kunsleer sagteband met lintmerker
Geanker In Geloof - Praktiese Toepassings Vir 'n Sprankelende Geloofslewe (Afrikaans, Paperback): Caitlin Henderson Geanker In Geloof - Praktiese Toepassings Vir 'n Sprankelende Geloofslewe (Afrikaans, Paperback)
Caitlin Henderson
R180 R155 Discovery Miles 1 550 Save R25 (14%) Ships in 7 - 11 working days

’n Storieryke wandeling deur plaashuisgange, landerye wat reg en ryp is vir oes en God se drome van oorvloed vir ons lewens.

Caitlin Henderson vertel allerhande verhale oor alles van steekse trekkers tot haar waarnemings oor ’n eens vaal huwelik wat nou floreer, en alles en nog wat tussenin. Sy verweef haar staaltjies met God se Woord en leer ons hoe om verlossing in ons eie stories raak te sien. Selfs al woon jy in die stad en nie iewers op die platteland soos Caitlin nie, sal jy aanklank vind by haar interessante, en somtyds lawwe stories. Die universele lesse en waarhede daarin spreek tot die hart van elkeen wat waarlik nader aan God wil leef.

In Geanker in geloof verken ons bybelse waarhede deur die oë van ’n boer se vrou. Of jy nou jaag om die kinders by die skool te kry, hard werk om jou eie besigheid op die been te bring, of rustig deur die weivelde van jou eie stukkie grond stap, dáár kan jy hoop kweek en vreugde vind.

Evolusie vir Christene (Afrikaans, Paperback): Albert Alberts Evolusie vir Christene (Afrikaans, Paperback)
Albert Alberts

Daar is baie intelligente en toegewyde Christene wat evolusie sien as ‘n ateistiese dogma wat die kern van die geloof van ‘n Christen bedreig. Dit het al begin na die publiskasie van Charles Darwin se boek oor evolusie maar is meer onlangs op ‘n spits gedryf deur die aggressiewe publikasies van ateistiese natuurwetenskaplikes wat beweer dat daar nou geen rol meer bestaan vir God in die skepping nie. Dit het op sy beurt weer ongelukkig gelei tot veelvuldige publikasies deur toegewyde Christene wat probeer het om die wetenskap van evolusie te diskrediteer. Opwindende nuwe navorsing oor die meganisme van evolusie het al hoe duideliker in die afgelope dekades geword. Die leser word hieraan blootgestel en dit sal duidelik word dat God op opwindende maniere evolusie gebruik het om ons, die uiteindelike kroon van Sy skepping, daar te stel. Dit is die wese van die teistiese benadering. Al die verskillende geloofsmodelle word bespreek en daar word veral op die teistiese benadering klem geplaas. Knelpunte word deeglik uitgelig. Aan die einde van die boek sal die toegewyde Christen besef dat hy of sy die wetenskap van evolusie ten volle kan aanvaar en steeds in verwondering die hande kan ophef en Hom prys en eer vir Sy krag en majesteit.

Die Perfekte Jy - ''n Bloudruk Vir Identiteit (Afrikaans, Paperback): Caroline Leaf Die Perfekte Jy - ''n Bloudruk Vir Identiteit (Afrikaans, Paperback)
Caroline Leaf
R230 R190 Discovery Miles 1 900 Save R40 (17%) In Stock

Persoonlikheids- en intelligensietoetse wil jou in ’n bepaalde boksie plaas, maar daar is soveel meer aan jou as wat in dié toetse vasgevang kan word. Jy is uniek gemaak en moet daarom jou unieke self wees.

In Die Perfekte Jy lei dr. Caroline Leaf jou om jou unieke jy te ontdek, inderwaarheid die Perfekte Jy. In hierdie fassinerende boek sal jy:

  • ontdek wat die Perfekte Jy is in terme van hoe jy dink, voel en keuses maak en hoekom dit belangrik is
  • meer leer oor die filosofie en wetenskap grondliggend aan die Perfekte Jy
  • die Perfekte Jy ontsluit met die 300 vrae in die Unieke Kwalitatiewe (UK) Assesseringsinstrument
  • leer hoe om die Perfekte Jy-kontrolelys te gebruik om te monitor of jy binne jou Perfekte Jy funksioneer
  • die ongemaksones ontdek wat help reguleer of jy binne of buite jou Perfekte Jy leef
  • goeie, eenvoudige oefeninge aanleer om jou Perfekte Jy te ontwikkel en te laat groei

Uit haar jare lange ervaring en navorsing help dr. Caroline Leaf jou insien hoe om buite jou Perfekte Jy te leef jou geestes- en fisieke gesondheid negatief kan beïnvloed.

Die Perfekte Jy sal jou vrystel om jou ware bloudruk vir identiteit aan te gryp en ’n duidelike idee van goddelike doelgerigtheid in jou lewe te ontwikkel.
Een Cappuccino En 'n Creme Soda, Asseblief (Afrikaans, Paperback): Elize Parker, Magriet Smit Een Cappuccino En 'n Creme Soda, Asseblief (Afrikaans, Paperback)
Elize Parker, Magriet Smit
R100 R83 Discovery Miles 830 Save R17 (17%) Out of stock

Verstaan mense reg­tig waardeur jy gaan? Is daar iewers “tips” vir hier­die ding waarvan jy niks weet nie?

Dit is hoe Elize Parker, en Magriet Smit, albei gevoel het ná hul egskeidings. En uit hierdie behoefte is Een cappuccino en ’n creme soda, asseblief gebore. Dié boek gee vir enkelma’s prak­tiese raad oor hier­die onbekende, en dikwels baie seer, pad. Die boek bespreek praktiese temas soos: voor­siening, stabiliteit, hoop, verlies, dissipline, vergifnis, visie vir jou gesin, “tweehuise-sindroom” en identiteit. Elke hoofstuk in Een cappuccino en ’n creme soda, asseblief sluit af met ’n oorwinningsgedagte om saam te vat en bied ook ’n kort Bybel­studie wat ideaal is vir groepbesprekings.

Hierdie boek is voorwaar ’n oorwinningsgids vir elke enkelma en bring net weer die bevestiging dat sy nie alleen is nie, want God sal haar nie hier­die pad alleen laat stap nie.

GLO - om te kry wat jy nodig het (Afrikaans, Paperback): Dr. Hennie J. de Villiers GLO - om te kry wat jy nodig het (Afrikaans, Paperback)
Dr. Hennie J. de Villiers
R159 R138 Discovery Miles 1 380 Save R21 (13%) Out of stock

Jesus was 'n mens soos ons elkeen. Dit is die mening van Hennie J. de Villiers in sy nuutste baanbrekende boek oor die betekenis van lewe. De Villiers, 'n sielkundige, het in GLO - om te kry wat jy nodig het, navorsing gedoen oor Jesus se aardse lewe, sonder om deur die geykte teologiese modelle beinvloed te word. Hierdeur wil De Villiers vir die hedendaagse mens in 'n postmoderne tydvak nuwe sielkundige waarneming bied oor Jesus se benadering tot ? sinvolle lewe. Verder het De Villiers bevind dat Jesus soos alle mense gebore is en gesterf het. Tog is Jesus se lewe gekenmerk deurdat hy in kontak met die Godheid geleef het. Sodoende het Jesus oor die krag van "glo" beskik. Deur te glo, het hy siekes gesond gemaak, 'n honger skare kos gegee en mense die sin van lewe laat ervaar. Hierdie dinge het Jesus egter nie gedoen in 'n toestand van goddelikheid nie - dit was die Godheid, wat dit gedoen het op grond van Jesus se krag van glo. Die doel van Jesus se aardse lewe was om te toon dat ook ons, in kontak met die Godheid, oor hierdie krag van glo beskik. Deur te glo die Godheid dit sal bewerk, kan ons dinge kry wat ons nodig het om die betekenis van ons lewe te vervul. Ons as mense is sielkundig so saamgestel dat ons ons betekenis wil vervul. Viktor Frankl, die Oostenrykse sielkundige, se bevinding was dat mense se sterkste wil nie is om hulle seksbehoeftes te vervul (Sigmund Freud), of hulle mag te demonstreer (Adolf Adler) nie. Mense is daarop ingestel om die betekenis van hulle lewe te verwerklik. Dit is hoekom mense nie natuurlikerwys in 'n lewe na die dood belangstel nie. Daarom is dit duidelik dat die mens se lewe juis op hierdie planeet 'n doel dien, met vir elkeen ? unieke taak. De Villiers is van mening dat die Christendom tot dusver te veel daarop ingestel was om slegs op Jesus as die verlosser van sonde te fokus. Gevolglik is die sinvolle betekenis van sy aardse lewe verwaarloos. In hierdie verband is Hennie J de Villiers daarvan oortuig dat alle mense - ongeag hulle spirituele oortuigings - uit Jesus se aardse lewe riglyne kan vind. So kan hulle leer hoe hulle met die krag van glo dinge kan bekom wat hulle nodig het, en sodoende die sin in hulle lewe vervul. Ontken ons die sielkundige bevinding dat Jesus 'n mens soos ons was, verwerp ons daarmee ook die Christelike motief dat Jesus as mens vir die sonde van alle mense gestraf moes word.

Goeie genade, is dit dan genoeg? (Afrikaans, Paperback): Dirkie Smit Goeie genade, is dit dan genoeg? (Afrikaans, Paperback)
Dirkie Smit
R189 R164 Discovery Miles 1 640 Save R25 (13%) Out of stock

Die manuskrip is 'n versameling van uitgesoekte stukke uit die rubriek "Geestelike Waardes" wat hy reeds vir byna twee dekades elke Saterdag in die dagblad Die Burger behartig, na sy voorgangers Ferdinand Deist en nog vroeer W D (Willie) Jonker. Die genre is die van meditasies, dit wil se bepeinsing oor een spesifieke tema, gedagte of vraagstuk. Die aard van die vrae is meesal lewensbeskoulik en dit word meesal verwoord aan die hand van 'n bekende figuur uit die geskiedenis, 'n klassieke werk of korpus van werk, of 'n invloedryke hedendaagse werk, uit die filosofie, letterkunde of wetenskap in 'n bree, inter-dissiplinere sin. Die bedoeling is daarmee om nie bloot (kontekslose) aanhalings te gebruik van bekende figure (soos wat dit in vele vorme op die web of in boeke beskikbaar is nie), maar om die betrokke persoon of bron self aan die woord te stel en lesers boonop die kans te gee om self verder daarop in te gaan, indien dit hulle sou interesseer.

Ek Glo (Afrikaans, Paperback): Randy Frazee Ek Glo (Afrikaans, Paperback)
Randy Frazee
R150 R124 Discovery Miles 1 240 Save R26 (17%) Out of stock

Hoe moet jy dink, optree en lewe om soos Jesus te wees? Of jy al Die Storie gelees het of nou nuut begin met Ek glo, hierdie boek sal die groot waarhede van die Bybel op ’n duidelike en toeganklike manier aan jou bekendmaak. Randy Frazee is die hoofredakteur van hierdie merkwaardige boek. Ek glo neem jou op ’n reis om in jou geloof, aksies en karakter meer soos Jesus te word. Die 30 hoofstukke in die boek is in drie oorhoofse temas verdeel: 10 sleutelgeloofsbelydenisse van die Christelike geloof; 10 sleutelgewoontes van ’n volgeling van Jesus; 10 sleuteldeugde wat kenmerkend is van iemand wat meer soos Jesus begin word. Elke hoofstuk bevat teks uit die Bybel Nuwe Lewende Vertaling met teksverwysings om jou te help om die tematiese storie van die Bybel te leef. Die besprekingsvrae waarmee die boek afgerond word, is ideaal om hierdie reis saam met ander gelowiges te onderneem.

Ek Behoort Aan Die Kerk (Afrikaans, Paperback): Thom S. Rainer Ek Behoort Aan Die Kerk (Afrikaans, Paperback)
Thom S. Rainer
R30 R25 Discovery Miles 250 Save R5 (17%) Out of stock

Wat sal gebeur as mense hulle kerk kies nie op grond van wat hulle daaruit kan kry nie, maar op grond van wat hulle kan gee? Thom Rainer beantwoord hier-die vraag inEk Behoort Aan Die Kerk eenvoudig, Bybels en oortuigend.

Dr. Rainer bespreek ses beloftes wat lidmate ver­sigtig en biddend kan maak om die voorreg en vreug­de van kerklidmaatskap te ontdek:

  • Ek sal ’n werkende kerklidmaat wees
  • Ek sal ’n kerklidmaat wees wat verenig
  • Ek sal nie toelaat dat my kerk oor my voorkeure en begeertes gaan nie
  • Ek sal vir my kerkleiers bid
  • Ek sal my gesin lei om gesonde kerklidmate te wees
  • Ek sal kerklidmaatskap as ’n geskenk beskou

Elke hoofstuk eindig met 5 vrae wat lesers help om die beginsels prakties in hulle lewens toe te pas.

Ek behoort aan die Kerk wys vir leraars en lid­mate presies wat ’n verskil gesonde, toegewyde lid­mate in die kerk, hulle gemeenskap en uiteindelik in die wêreld kan maak.

Flenters - Hoe Omgee Lewens Kan Verander (Afrikaans, Paperback): Lina Du Plessis Flenters - Hoe Omgee Lewens Kan Verander (Afrikaans, Paperback)
Lina Du Plessis
R154 Discovery Miles 1 540 Out of stock

Ons leef in 'n stukkende, gebroke wereld. Maar selfs in hierdie wereld is daar oral flentertjies vreugde, liefde, hoop en selfs geloof. Die sleutel is om te weet hoe om betrokke te raak en hoe om 'n helpende hand uit te steek. Volgens UNICEF en ander bronne is daar nagenoeg 2 miljoen weeskinders in Suid-Afrika, maar tussen April 2010 en Maart 2012 is slegs 2 013 kinders aangeneem. Daar word geskat dat daar in 2015 ongeveer 5.2 miljoen vigswesies gaan wees. Dit is ’n werklike probleem in ons land wat ons nie meer kan ignoreer nie. Lina du Plessis is een van daardie juweelmense wie se vingerafdrukke lewenslank op jou hart rondlê. Van 2006 af is Lina betrokke by twee pleegsorghuise in Pretoria. Van 2009 tot onlangs woon sy as pleegouer in een van die huise. Flenterkinders is ’n versameling van Lina se belewenisse en verhale wat sy bymekaar gemaak het in die tyd wat sy by die versorging van weeskinders betrokke was. Hierdie kort sketse oor weeskinders en die vreugdes van pleegsorg word met humor en deernis vertel. Dit vertel vanuit verskillende hoeke aangrypende verhale van God se goedheid. Hierdie boek open nuwe vensters op God se genade wat die leser sprakeloos sal laat en hulle sal aanspoor om God op nuwe maniere aktief te begin dien.

Gesond. Gelukkig. Sonder Giere! (Afrikaans, Paperback): L.        Morrone Gesond. Gelukkig. Sonder Giere! (Afrikaans, Paperback)
L. Morrone
R120 R100 Discovery Miles 1 000 Save R20 (17%) Out of stock

Oorgewig, lui, ongedissiplineerd en moeg. Dit beskryf miljoene mense - mans en vroue wat te gefrustreerd is om God en hulle gesinne te dien omdat hulle liggaam en denke hulle in die steek laat. In Gesond.Gelukkig.Sonder giere! gee gesondheidskrywer Lisa Morrone 'n praktiese, maklik deurvoerbare plan vir almal om hulle energievlakke te herstel en hulle natuurlike lus vir die lewe terug te kry. Hierdie gesondheidsplan is daarop gemik om 'n persoon se lewenswyse te verander deur op sewe spesifieke areas te fokus: gewigsverlies, voeding, postuur, krag, soepelheid, breinkrag en ontspanning. Die boek bied ook praktiese voorbeelde wat maklik verduidelik word met sketse, foto's en voorbeelde in tabelvorm. Gesond.Gelukkig.Sonder giere! sal 'n langtermyn-verandering in 'n persoon se lewe teweegbring wat sal voortduur omdat die dryfkrag daaragter 'n groter doelwit het - 'n beter verhouding met God, jou gesin en vriende.

God Seen Afrika - Stories, Gebede En Wyshede (Afrikaans, Paperback): Ewald Van Rensburg God Seen Afrika - Stories, Gebede En Wyshede (Afrikaans, Paperback)
Ewald Van Rensburg
R154 Discovery Miles 1 540 Out of stock
Elke Dag is 'n Nuwe Dag - 'n Gids Vir Almal Wat Mense Met Alzheimer Se Siekte Versorg (Afrikaans, Hardcover): Gwen de... Elke Dag is 'n Nuwe Dag - 'n Gids Vir Almal Wat Mense Met Alzheimer Se Siekte Versorg (Afrikaans, Hardcover)
Gwen de Villiers
R77 Discovery Miles 770 Out of stock
Breek Deur Die Grens + Cd - Jou Persoonlike Berader Vir Sewe Algemene Knelpunte (Afrikaans, Paperback): Jacob Van Zyl Breek Deur Die Grens + Cd - Jou Persoonlike Berader Vir Sewe Algemene Knelpunte (Afrikaans, Paperback)
Jacob Van Zyl
R150 Discovery Miles 1 500 Out of stock
'n Groter God - Nuut Gedink Oor Die Een Wat Ons Telkens Verras (Afrikaans, Paperback): 'n Groter God - Nuut Gedink Oor Die Een Wat Ons Telkens Verras (Afrikaans, Paperback)
R119 Discovery Miles 1 190 Out of stock

God kan nie in een enkele beeld vasgevang word nie. En ons gedagteprent van God bepaal hoe ons dink God se karakter of aard is. Die skrywer werk met 'n wye verskeidenheid Godsbeelde in die Bybel om gelowiges te help nadink oor die God wat ons daaruit leer ken … en watter impak dit op ons lewe het.

Genoeg is Nou Genoeg - Waar Stop Christelike Verdraagsaamheid? (Afrikaans, Paperback): Bill Hybels Genoeg is Nou Genoeg - Waar Stop Christelike Verdraagsaamheid? (Afrikaans, Paperback)
Bill Hybels
R101 Discovery Miles 1 010 Out of stock

Bill Hybels, stigter en pastor van die wereldbekende Willow Creek-gemeenskapskerk in die VSA, stel 'n unieke uitdaging aan almal wat na lewensin soek: Stel vas wat presies die een verkeerde ding is wat jy nie langer kan verdra nie, en gebruik dan die passie van daardie "heilige ontevredenheid" as brandstof om jou aan te vuur om daardie saak te help regstel. Hierdie titel vol praktiese raad inspireer Christene om met God saam te werk om sy koninkryk daad-werklik te laat kom, en so persoonlike sin in die lewe te vind.

Geestelike Volwassenheid - Sodat Jou Christenskap Sin Kan He (Afrikaans, Paperback): Ben van Tonder Geestelike Volwassenheid - Sodat Jou Christenskap Sin Kan He (Afrikaans, Paperback)
Ben van Tonder
R103 Discovery Miles 1 030 Out of stock

Daar is sonder twyfel mense wat hulle smaak vir die Here en sy kerk verloor het. Maar die Here gee nie moed op met sy kerk nie. Hy het vir die kerk en elke gelowige ‘n praktiese plan in gedagte waarin ons as gelowiges afgerond kan lewe en vrugte kan dra. Hierdie is nie slim praatjies nie, maar 'n eerlike ondersoek van die oorvloed Bybelgedeeltes oor geestelike volwassenheid.

Donkermaan, Volmaan - Verhale Van Hoe Donker Lewens Vol Lig Word (Afrikaans, Paperback): Christina Landman Donkermaan, Volmaan - Verhale Van Hoe Donker Lewens Vol Lig Word (Afrikaans, Paperback)
Christina Landman
R111 Discovery Miles 1 110 Out of stock

Lesers kan identifiseer met elke spreker wat in hulle tipiese spreektaal hulle donkermaan-stories vertel, asook hulle pyn en opstand verwoord. Terwyl die berader hulle begelei om verwikkelde emosionele en sosiale probleme volwasse te hanteer, leer lesers self oorlewingstegnieke aan en skep hulle moed om weer 'n vervullende lewe in die lig te lei.

Die Ewige Spel Van Lig - Waar Gewone Ervarings Besondere Betekenis Kry (Afrikaans, Paperback): Jaqueline Leuvennink Die Ewige Spel Van Lig - Waar Gewone Ervarings Besondere Betekenis Kry (Afrikaans, Paperback)
Jaqueline Leuvennink
R85 R74 Discovery Miles 740 Save R11 (13%) Out of stock
Egpare Wat Bid - Die Geheim Van Geluk in Die Huwelik is (Afrikaans, Paperback, 2nd Revised edition): Cheri Fuller Egpare Wat Bid - Die Geheim Van Geluk in Die Huwelik is (Afrikaans, Paperback, 2nd Revised edition)
Cheri Fuller
R95 R83 Discovery Miles 830 Save R12 (13%) Out of stock
Gesinne Wat Bid - Veertig Oordenkings Om Te Bou, Te Versterk En Saam Te Bind (Afrikaans, Paperback): Cheri Fuller Gesinne Wat Bid - Veertig Oordenkings Om Te Bou, Te Versterk En Saam Te Bind (Afrikaans, Paperback)
Cheri Fuller
R90 R78 Discovery Miles 780 Save R12 (13%) Out of stock
Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Boytjie
Johnny Davids Paperback R280 R200 Discovery Miles 2 000
'n Lewe Naby God - 366 Oordenkings
Nina Smit Hardcover R279 R230 Discovery Miles 2 300
Nogtans-geloof
Ivor Swartz Paperback R280 R241 Discovery Miles 2 410
My Stryd Met ADHD - Die Onsigbare Oorlog
Hykie Berg Paperback  (1)
R270 R232 Discovery Miles 2 320
Lekkergoed vir die Lewe
Susan Coetzer Paperback R290 R209 Discovery Miles 2 090
Koeke en Terte - Aanvaar Mekaar se…
Susan Coetzer Paperback R270 R232 Discovery Miles 2 320
Terreur in Kaboel
Hannelie Groenewald Paperback R280 R241 Discovery Miles 2 410
Die Pad Na Ware Wysheid - 366…
Lizette Murray Paperback R310 R266 Discovery Miles 2 660
Geseend Is Die Wat Treur
Susan Jordaan Paperback R250 R215 Discovery Miles 2 150
Hykie Berg: My Storie van Hoop
Hykie Berg, Marissa Coetzee Paperback R250 R215 Discovery Miles 2 150

 

Partners