Stormie Omartian se boeke het al baie mense se lewens aangeraak en
hulle gehelp om die krag van gebed te ervaar. Die hartroerende en
kragtige gebede in Kragtige gebed deur God se Woord – Gebedeboek is
saamgestel uit haar boek Kragtige gebed deur God se Woord.
Lesers sal deur hierdie boek God se stem en leiding ervaar van Genesis
deur die Ou Testament tot by Jesus se lewe saam met die dissipels in
die Nuwe Testament. Elke gebed van Stormie bring vir die lesers
beskerming, persoonlike leiding en krag uit die Skrif en gee vir hulle
bemoediging om elke dag vir God te leef. Hierdie handige boekie in
sakpas-formaat is ideaal om mee te reis, in ’n handsak of tas te sit of
om langs die bed te hou om soggens en saans daaruit te lees.
Kragtige gebed deur God se Woord – Gebedeboek is ’n wonderlike geskenk
vir elke gelowige.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!