Books > Christianity > Christian life & practice
|
Buy Now
GLO - om te kry wat jy nodig het (Afrikaans, Paperback)
Price: R232
Discovery Miles 2 320
|
|
GLO - om te kry wat jy nodig het (Afrikaans, Paperback)
(sign in to rate)
Price R232
Discovery Miles 2 320
Expected to ship within 2 - 4 working days
|
Jesus was 'n mens soos ons elkeen. Dit is die mening van Hennie J.
de Villiers in sy nuutste baanbrekende boek oor die betekenis van
lewe. De Villiers, 'n sielkundige, het in GLO - om te kry wat jy
nodig het, navorsing gedoen oor Jesus se aardse lewe, sonder om
deur die geykte teologiese modelle beinvloed te word. Hierdeur wil
De Villiers vir die hedendaagse mens in 'n postmoderne tydvak nuwe
sielkundige waarneming bied oor Jesus se benadering tot ? sinvolle
lewe. Verder het De Villiers bevind dat Jesus soos alle mense
gebore is en gesterf het. Tog is Jesus se lewe gekenmerk deurdat hy
in kontak met die Godheid geleef het. Sodoende het Jesus oor die
krag van "glo" beskik. Deur te glo, het hy siekes gesond gemaak, 'n
honger skare kos gegee en mense die sin van lewe laat ervaar.
Hierdie dinge het Jesus egter nie gedoen in 'n toestand van
goddelikheid nie - dit was die Godheid, wat dit gedoen het op grond
van Jesus se krag van glo. Die doel van Jesus se aardse lewe was om
te toon dat ook ons, in kontak met die Godheid, oor hierdie krag
van glo beskik. Deur te glo die Godheid dit sal bewerk, kan ons
dinge kry wat ons nodig het om die betekenis van ons lewe te
vervul. Ons as mense is sielkundig so saamgestel dat ons ons
betekenis wil vervul. Viktor Frankl, die Oostenrykse sielkundige,
se bevinding was dat mense se sterkste wil nie is om hulle
seksbehoeftes te vervul (Sigmund Freud), of hulle mag te
demonstreer (Adolf Adler) nie. Mense is daarop ingestel om die
betekenis van hulle lewe te verwerklik. Dit is hoekom mense nie
natuurlikerwys in 'n lewe na die dood belangstel nie. Daarom is dit
duidelik dat die mens se lewe juis op hierdie planeet 'n doel dien,
met vir elkeen ? unieke taak. De Villiers is van mening dat die
Christendom tot dusver te veel daarop ingestel was om slegs op
Jesus as die verlosser van sonde te fokus. Gevolglik is die
sinvolle betekenis van sy aardse lewe verwaarloos. In hierdie
verband is Hennie J de Villiers daarvan oortuig dat alle mense -
ongeag hulle spirituele oortuigings - uit Jesus se aardse lewe
riglyne kan vind. So kan hulle leer hoe hulle met die krag van glo
dinge kan bekom wat hulle nodig het, en sodoende die sin in hulle
lewe vervul. Ontken ons die sielkundige bevinding dat Jesus 'n mens
soos ons was, verwerp ons daarmee ook die Christelike motief dat
Jesus as mens vir die sonde van alle mense gestraf moes word.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!
|
You might also like..
|
Email address subscribed successfully.
A activation email has been sent to you.
Please click the link in that email to activate your subscription.