0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (26)
  • R50 - R100 (96)
  • R100 - R250 (351)
  • R250 - R500 (138)
  • R500+ (36)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Christianity > Afrikaans

Afrikaans 1933/1953 Vertaling Oudiobybel MP3 USB (Afrikaans, USB Flash Drive): Afrikaans 1933/1953 Vertaling Oudiobybel MP3 USB (Afrikaans, USB Flash Drive)
R445 R411 Discovery Miles 4 110 Save R34 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Afrikaanse Oudiobybel (1933/1953)(MP3 USB) - Die volledige Bybelteks in MP3-formaat op ’n geheuestokkie; enkelstemopname (nie gedramatiseer nie). Hierdie is waarlik vir almal, siggestremdes sowel as siende luisteraars.

Geagte Jahwe (Afrikaans, Paperback): Willie Esterhuyse Geagte Jahwe (Afrikaans, Paperback)
Willie Esterhuyse
R10 Discovery Miles 100 Ships in 5 - 10 working days

Willie Esterhuyse is 'n produk en kind van Suid-Afrika; wereldbekend as denker, spreker en raadgewer vir staatsleiers. Sy passie vir reis bring hom uit by oerbeskawings waar hy godsdiens se geboorte sien. Tydens besoeke aan Malta raak hy vertroud met die eilandjie se onstuimige voorgeskiedenis en erfenisterreine. Hy ontdek veral die arena vir die konflik tussen Christene en Moslems, 'n kwessie wat vandag die wereld aan die praat en vrees het. In opvolg van, God en die gode van Egipte, en Die God van Genesis, sluit hy die trilogie af met Geagte Jahwe. Meesterlik besluit hy om direk 11 briewe te rig aan God op sy Bybelse noemnaam, Jahwe. Hierin kan Willie vlymskerp die kernsake van ons tyd oopsny en basiese lewensvrae oopboor, soos die stryd tussen gelowe, ineenstorting van samelewings. Hy bied ook rigting vir soekende denkers oor 'n ander kyk op God vir ons tyd. Willie daag ons uit om verder te dink: met die "gees van omgee" wat verby die stukkkend en seer kyk - na 'n wereld wat menslik en leefbaar vir almal is.

Sonneblomme & Sneeu In Oekraine (Afrikaans, Paperback): Michele Potgieter Sonneblomme & Sneeu In Oekraine (Afrikaans, Paperback)
Michele Potgieter
R280 R250 Discovery Miles 2 500 Save R30 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Nadat Ockert en Michele Potgieter getroud is, het hulle hul tasse gepak en vertrek Oekraïne toe, nie vir hulle wittebrood nie, maar om daar te werk onder die mense wat onlangs bevry is van agter die ystergordyn.

Dit is egter ’n groot ontnugtering vir Michele in die begin – dit is yskoud in die winter en snikwarm in die somer. Die meeste huise het net buitetoilette en daar is min verskeidenheid in basiese kruideniersware. Die mense is baie vriendelik en hulle word meestal met oop arms verwelkom. Maar alles is nie altyd maklik nie, daar is ’n noue ontkoming met die mafia, agtervolging deur die KGB en verraad van binne die gemeente. Dan sterf Ockert tydens die Covid 19-pandemie tydens ’n besoek aan Suid-Afrika. Michele moet besluit of sy teruggaan Oekraïne toe, waar ’n oorlog dreig en of sy in Suid-Afrika by haar mense en haar kinders bly.

Dit is ’n aangrypende verhaal oor liefde: liefde vir God, vir die mense van die Oekraïne, maar ook die liefde tussen Michele, Ockert en hul kinders.

'n Sonneblom Vir Elke Dag (Afrikaans, Paperback): Susan Coetzer 'n Sonneblom Vir Elke Dag (Afrikaans, Paperback)
Susan Coetzer 1
R320 R286 Discovery Miles 2 860 Save R34 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Die wêreld het meer sonneblommense nodig mense wat hulle koppe na die Son toe draai, mense wat meer en meer soos die Son wil wees eerder as giftige ivies, stink Afrikaners, stekelrige kaktusse, knieserige rosies of klaende hangkop wilgers.

Transformasie begin as ons ons deel begin doen en verantwoordelikheid aanvaar om ons negatiewe gedagtes elke dag bewustelik by die alomteenwoordige Son te vernuwe. Ons moet onsself daagliks toewy in die bestudering van die Meester Sonneblom se lieflike kwaliteite en meer van die vrug van sy liefdevolle genadige gees te kweek deur ons gedagtes by hom te vernuwe. Om ou negatiewe gewoontes en denke af te breek vra baie herhaling en volharding.

Kom ons maak dit ons doel om elke dag 'n rapsie meer na Jesus se voorbeeld van christenskap en menswees te lyk. Met hierdie 260 sonneblom dagstukkies nooi Susan jou uit na 'n avontuur van sonsoek al agter die Son aan.

Geniet die sonneblomreis.

Vrede In Jou Hart Inkleurboek (Afrikaans, Paperback): Vrede In Jou Hart Inkleurboek (Afrikaans, Paperback)
R119 R110 Discovery Miles 1 100 Save R9 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Is jy altyd aan die hardloop tussen werk en gesin en vriende, sonder oomblikke van stilword en rus? Dit is ’n seën om voluit te lewe, maar om werklik ons beste lewe te hê, het ons oomblikke van rus nodig.

Vrede in jou hart inkleuboek laat jou gedagtes stil word terwyl jy die 40 ontwerpe inkleur, en die verse uit die Woord en aanhalings jou siel voed. ’n Addisionele 10 bladsye met kaartjies, boekmerke en etikette is ingesluit wat ook ingekleur en uitgedeel kan word.

Laat God se vrede oor jou spoel terwyl jy die rustige inkleur-oomblikke geniet.

Ken Jesus As God Bybelstudie - 10 Studies oor die Evangelie van Johannes (Afrikaans, Paperback): Tara-Leigh Cobble Ken Jesus As God Bybelstudie - 10 Studies oor die Evangelie van Johannes (Afrikaans, Paperback)
Tara-Leigh Cobble
R149 R137 Discovery Miles 1 370 Save R12 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Delf diep in die Johannes-evangelie en ontdek die ware Jesus soos Johannes Hom beskryf.

Die hele Skrif openbaar dat Jesus God is, maar geen boek beskryf hierdie waarheid duideliker as Johannes se Evangelie nie. Hierdie Evangelie is ’n openbaring van God se karakter soos dit waargeneem is deur die man aan wie Hy die naaste was.

Ken Jesus as God is ’n Bybelstudie oor 10 weke wat individue of groepe deur die hele Evangelie van Johannes begelei. Dit sluit die volgende in:

• Daaglikse sessies wat nie te lank is nie.
• Vrae vir diep nadenke en plek vir antwoorde en notas.
• Weeklikse uitdagings sodat toegepas kan word wat geleer is.
• Memorisering van teksverse.

Of hierdie studie van Johannes jou eerste of jou honderdste is, die gelyktydige eenvoud en kompleksiteit van hierdie Evangelie-bespreking bied ’n onuitputbare bron van bemoediging. Die boek wat geskryf is “sodat julle tot die geloof kan kom dat Jesus die Messias is, die Seun van God” (Joh. 20:31), wys bladsy vir bladsy dat Hy die bron van ware lewe is!

• ’n Bybelstudie oor 10 weke vir individue of groepe oor die Johannes-evangelie.
• Bevat daaglikse sessies, vrae vir diep nadenke en plek vir antwoorde en notas.
• 224 bladsye.
• Sagteband.
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel Knowing Jesus as God.

Sterk - Dagstukkies vir 'n Vreeslose & Passievolle Lewe (Afrikaans, Hardcover): Lisa Bevere Sterk - Dagstukkies vir 'n Vreeslose & Passievolle Lewe (Afrikaans, Hardcover)
Lisa Bevere
R199 R183 Discovery Miles 1 830 Save R16 (8%) Ships in 4 - 8 working days

In Sterk: Dagstukkies vir 'n Vreeslose en Passievolle Lewe nooi Lisa Bevere jou uit om sterk te wees en nie daarvan weg te skram nie. Ongelukkig kan jy dit nie op jou eie vermag nie - nie eens deur harder te probeer of meer te doen nie. Jou krag lê in God opgesluit. Leer om jou verhouding met God te verdiep, Hom beter te leer ken en Hom onvoorwaardelik te volg. Aan die hand van 90 dagstukkies wat temas soos vernietigende verhoudings, vergifnis, oordeel, vrede, berou, rus, seerkry, woede ens. insluit en uit Skrifverwysings, 'n Bybelse lering, 'n gebed en 'n Ek is sterk-bevestiging bestaan, kan jy die sterk vrou word wat jy graag wil wees.

• 10 hoofstukke van 9 dagstukkies elk
• 11 punt-lettergrootte
• Met 'n lint om jou plek aan te dui
• Kombineer Bybelse kennis met persoonlike insig en praktiese voorbeelde
• Inspirasie vir vroue van alle ouderdomme
• Ervaar die vreugde om in harmonie met God, ander en jouself te leef

Omhels - 100 Oordenkings om te weet God hou jou naby (Afrikaans, Hardcover): Lysa Terkeurst Omhels - 100 Oordenkings om te weet God hou jou naby (Afrikaans, Hardcover)
Lysa Terkeurst
R249 R229 Discovery Miles 2 290 Save R20 (8%) Ships in 4 - 8 working days

God skram nie weg van ons dorings nie. Hy trek ons nader. Daar is 100 gewyde dagstukkies in Omhels wat aanklank sal vind by alle vroue en wat ’n goddelike perspektief op jou daaglikse kwessies bied. Geliefde Bybelonderwyser, Lysa Terkeurst, deel haar eie stryd, vertwyfeling en hartseer terwyl sy die pad na God se omhelsing uitwys - Jesus wat sy arms wyd oopstrek aan die Kruis by Golgota om ons vir alle ewigheid te omhels. Hierdie wonderlike en spesiale omhelsing beteken dat ons ons lewe lank op Hom kan vertrou.

Terwyl jy hierdie skatkis van dagstukkies, Skrifgedeeltes en gebedswenke lees, sal jy aangespoor en toegerus word om:

• nuwe maniere te leer om God se liefde te ervaar,
• jou diepste seerkry aan God oor te gee,
• te hoor hoe God intiem jou hart aanraak,
• die vrees dat God soms ver weg voel, af te skud,
• elke dag doelgerigte, begeleide tyd saam met Hom deur te bring.

Kenmerke sluit in:

• 100 oordenkings
• Skrifgedeeltes en gebedswenke
• Lint-merker om jou plek aan te dui
• 215 x 160 mm, hardeband
• 12-punt lettergrootte

NLV Swart Standaard Bybel (Afrikaans, Leather / fine binding): NLV Swart Standaard Bybel (Afrikaans, Leather / fine binding)
R799 R692 Discovery Miles 6 920 Save R107 (13%) Ships in 4 - 8 working days

’n Pragtige nuwe uitgawe van die gewilde NLV-vertaling met 'n omslag van egte leer.

Die Nuwe Lewende Vertaling kombineer Skrifgetrouheid met ’n dinamiese, duidelike skryfstyl wat God se Woord kragtig oordra aan almal wat dit hoor en lees. Dit dra die boodskap van die oorspronklike tale oor in gemaklike Afrikaans. Die Nuwe Lewende Vertaling nooi lesers om die Bybelse teks hul eie te maak en God se verhaal vir hul eie lewe en die wêreld te ontdek. Dit beskik oor die volgende kenmerke:

• Volledige teks van die NLV met verduidelikende voetnote
• 10-punt lettergrootte
• Dubbelkolom-uitleg
• 8 volkleur-kaarte
• Omslag van egte leer
• 1400 bladsye
• Silvergerand
• Merklint
• Duimgrepe
• Verpakking: "Slipcase"

Woorde van Wysheid vir Mans (Afrikaans, Paperback): Angus Buchan Woorde van Wysheid vir Mans (Afrikaans, Paperback)
Angus Buchan
R29 R27 Discovery Miles 270 Save R2 (7%) Ships in 4 - 8 working days

Pa-wees is een van die kosbaarste geskenke wat God vir enige man kan gee. Dit is ’n groot verantwoordelikheid wat nooit as vanselfsprekend aanvaar moet word nie.

In Woorde van wysheid vir mans moedig Angus Buchan pa’s aan om hulle rol as priester, profeet en koning te vervul en deur hulle voorbeeld te lei in hulle gesinne, besighede en gemeenskappe. Die inspirerende gedagtes deur Angus en bemoedigende teksverse sal mans motiveer om die beste man en pa te wees wat hulle kan wees.

Woorde van wysheid vir mans bevestig die belangrike rol wat mans in die samelewing moet vervul, en sal hulle toerus om hierdie taak met Bybelse wysheid aan te pak.

Manne van Geloof: Geloof om berge te skuif - Gebedsjoernaal (Afrikaans, Paperback): Angus Buchan Manne van Geloof: Geloof om berge te skuif - Gebedsjoernaal (Afrikaans, Paperback)
Angus Buchan
R89 R82 Discovery Miles 820 Save R7 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Gebed is ’n kragtige hulpmiddel om enige uitdaging met God se krag en wysheid te oorkom. Vind die leiding en genade wat jy nodig het in jou daaglikse stiltetyd by God.

In Manne van geloof Gebedsjoernaal ondersoek topverkoper-outeur Angus Buchan die lewens van 30 geloofshelde wat berge verskuif het deur getroue gebed, waaronder Charles Spurgeon, Oswald Chambers, E.M. Bounds, Johannes Calvyn, Augustinus, en ook Bybelkarakters soos Dawid, Job, Abraham en Salomo.

Met die vrae vir dieper denke, gebedsriglyne, inspirerende aanhalings en bypassende verse uit die Bybel sal hierdie gebedsjoernaal jou help om die man van God te word wat jy bedoel is om te wees.

Mini-Oordenkings vir Jong Vroue (Afrikaans, Paperback): Mallory Larsen Mini-Oordenkings vir Jong Vroue (Afrikaans, Paperback)
Mallory Larsen
R59 R55 Discovery Miles 550 Save R4 (7%) Ships in 4 - 8 working days

Is jy ’n gelowige jong vrou wat aan die begin van jou lewensreis as volwassene staan? Het jy dalk raad nodig oor verhoudings, jou loopbaan, die huwelik of sommer net die lewe waar jy op hierdie opwindende nuwe pad staan?

Mini-oordenkings vir jong vroue bied 180 kort dagstukkies wat jou aanmoedig om voluit te lewe as die pragtige vrou wat God jou bedoel het om te wees. Ontdek hoe jy keuses kan maak wat God verheerlik te midde van die lewe se stampe en stote, terwyl jy ander in liefde dien en in elke situasie geleenthede raaksien om jou geloof uit te leef.

• 184 eenkleur-bladsye.
• Sagteband.
• Kompakte grootte.
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel Mini Devotions for Young Women.

NLV Standaard Bybel Met Duimgrepe (Donkerblou en Oranje) (Afrikaans, Leather / fine binding): NLV Standaard Bybel Met Duimgrepe (Donkerblou en Oranje) (Afrikaans, Leather / fine binding)
R499 R459 Discovery Miles 4 590 Save R40 (8%) Ships in 4 - 8 working days

’n Pragtige nuwe uitgawe van die gewilde NLV-vertaling! Die ideale geskenk vir jong manne.

Die Nuwe Lewende Vertaling kombineer Skrifgetrouheid met ’n dinamiese, duidelike skryfstyl wat God se Woord kragtig oordra aan almal wat dit hoor en lees. Dit dra die boodskap van die oorspronklike tale oor in gemaklike Afrikaans. Die Nuwe Lewende Vertaling nooi lesers om die Bybelse teks hul eie te maak en God se verhaal vir hul eie lewe en die wêreld te ontdek. Dit beskik oor die volgende kenmerke:

• Volledige teks van die NLV met verduidelikende voetnote
• 10-punt lettergrootte
• Dubbelkolom-uitleg
• 8 volkleur-kaarte
• Kunsleer-omslag
• 1400 bladsye
• Merklint
• Duimgrepe

Vroue van Geloof: Geloof soos 'n Mosterdsaad - Gebedsjoernaal (Afrikaans, Paperback): Angus Buchan Vroue van Geloof: Geloof soos 'n Mosterdsaad - Gebedsjoernaal (Afrikaans, Paperback)
Angus Buchan
R89 R82 Discovery Miles 820 Save R7 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Geloof soos 'n mosterdsaad

Om elke dag tyd saam met God in gebed deur te bring, kan ons help om ons verhouding met Hom te verdiep. Dit is tydens hierdie tye van gemeenskap met God waar ons leiding, krag en genade ontdek om elke nuwe dag in die oë te kyk.

Vroue van geloof is ’n gebedsjoernaal wat deur die lewens van 30 geloofsreuse soos Corrie ten Boom, Susanna Wesley, Francis Havergal en Amy Carmichael tot Bybelse geloofshelde soos Hanna, Maria, Rut en Ester die noodsaaklikheid, moontlikhede en krag van gebed ontdek.

Vroue sal hul verhouding met God versterk deur die vrae om oor na te dink, inspirerende aanhalings, bypassende teksverse en gebedsriglyne wat aansluit by die lewens en leringe van hierdie geloofsreuse.

• ’n Gebedsjoernaal vir vroue.
• 30 oordenking oor die lewe van vroue van geloof soos Corrie ten Boom, Susanna Wesley, Francis Havergal en Amy Carmichael tot Bybelse geloofshelde soos Hanna, Maria, Rut en Ester.
• Elke stukkie bevat vrae vir dieper denke, gebedsriglyne, inspirerende aanhalings en bypassende verse uit die Bybel.
• Sagteband
• 128 tweekleur-bladsye.
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel Women of Faith Prayer Journal.

Daaglikse Hoop - 365 Dagstukke (Afrikaans, Paperback): Rick Warren Daaglikse Hoop - 365 Dagstukke (Afrikaans, Paperback)
Rick Warren
R249 R229 Discovery Miles 2 290 Save R20 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Daaglikse Hoop, 365 Dagstukke

Waarheen draai jy om ware hoop te vind? Wat is die enigste anker in jou lewe wat nooit sal verander nie?

Daar is net een regte antwoord: God is ons stewige anker, die enigste bron van hoop wat nooit sal teleurstel nie. Hy wil hê sy hoop moet oorspoel tot in jou daaglikse lewe en jou die krag gee om vrees in die oë te kyk, stres te verminder, konflik op te los, gesonde verhoudings te bou, versoeking te oorkom en enige uitdaging aan te pak.

Die 365 dagstukke deur topverkoper-outeur Rick Warren sal jou help om geanker te bly in die enigste ware hoop waarop ons kan staatmaak: die hoop wat van God kom.

Kosbaar vir Hom - Bevestigings vir Vroue van Geloof Afrikaans (Afrikaans, Cards): Kosbaar vir Hom - Bevestigings vir Vroue van Geloof Afrikaans (Afrikaans, Cards)
R119 R110 Discovery Miles 1 100 Save R9 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Kosbaar vir Hom: Bevestigings vir Vroue van Geloof

Voel dit soms of jy nie aan die wêreld se standaarde van sukses en skoonheid voldoen nie? Dat jy nie genoeg is nie?

Die 44 inkleurkaartjies van Kosbaar vir Hom is die ideale manier om jouself te herinner aan wie jy in Christus is. Terwyl jy die 44 bevestigings van jou identiteit as kind van God inkleur, sal jy daaraan herinner word dat jy deur jou hemelse Vader uitverkies, vergewe, en verlos is en dat Hy jou baie liefhet. Dink biddend na oor elke bevestiging terwyl jy inkleur en jou verheug in jou identiteit as ’n dogter van die Koning!

• 44 inkleurkaartjies in ’n boksie.
• Elke kaartjie het ’n Bybel-gebaseerde bevestiging wat ingekleur kan word, met ’n ondersteunende Bybelvers.
• Kaartjies is slegs aan een kant gedruk vir plek om oor die bevestiging te besin en aantekeninge te maak.
• Dik papier sodat enigiets van potlode tot waterverf gebruik kan word.
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel Precious and Loved.

Wanneer God Stilbly (Afrikaans, Paperback): Johan Smit Wanneer God Stilbly (Afrikaans, Paperback)
Johan Smit
R99 R91 Discovery Miles 910 Save R8 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Wonder jy ook soms hoekom slegte dinge met goeie mense gebeur? Waar is God wanneer goeie mense ly?

Ons kan soveel leer uit die verhaal van Job. In Wanneer God stilbly: 'n 7-week-Bybelstudie oor Job verduidelik Johan Smit dat ons, net soos Job, soms ook te staan kom voor tragedies en die ontnugterende gevolge daarvan.

Hierdie Bybelstudie lig in 7 studies die belangrikste temas uit die boek Job uit, soos:

• Waarom gebeur slegte dinge met my?
• Is lyding die straf op sonde?
• Waar kan ’n mens wysheid vind?
• God praat op verskillende maniere.

Johan Smit sluit die Bybelstudie af deur vir gelowiges vandag die doel van lyding te verduidelik, hoe lyding in die Christen se lewe lyk en hoe ’n mens iemand kan help wat deur ’n moeilike tyd gaan.

Wanneer God stilbly is ’n hoopvolle bevestiging dat die lewende God vandag nog in mense se lewens teenwoordig is te midde van moeilike omstandighede.

Bid die Name van Jesus (Afrikaans, Cards): Bid die Name van Jesus (Afrikaans, Cards)
R89 R82 Discovery Miles 820 Save R7 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Dit is maklik om ons geestelike fokus te verloor te midde van die gejaagdheid van die lewe. Vir sulke tye het ons ’n nuwe verstaan nodig van wie Jesus is en moet ons stil word by Hom.

Bid die Name van Jesus Kaartjies help jou om teen jou eie pas die Name van Jesus te bid met die kort en kragtige gebede en bypassende teksverse. Terwyl jy nadink oor die 51 eienskappe van Jesus, sal jou fokus en hoop vernuwe word.

• Boksie met 51 volkleur-kaartjies, aan beide kante gedruk.
• Elke kaartjie het ’n Naam van Jesus met ’n bypassende vers aan die een kant en ’n gebed aan die ander kant.
• Deel van Die Name van Jesus-produkreeks saam met ander inkleur-produkte en kaartjies.
•Ook beskikbaar in Engels onder die titel Praying the Names of Jesus (Box of Blessings).

Jesus Luister - 100 Mini-oordenkings vir Vertroosting en Vrede (Afrikaans, Paperback): Sarah Young Jesus Luister - 100 Mini-oordenkings vir Vertroosting en Vrede (Afrikaans, Paperback)
Sarah Young
R39 R36 Discovery Miles 360 Save R3 (8%) Ships in 4 - 8 working days

In Jesus luister: 100 mini-oordenkings vir vertroosting & vrede neem Sarah Young jou op 'n reis van 100 dae om vrede in sy teenwoordigheid te vind en verkwik te word.

Deur hierdie reis saam met haar te onderneem, sal jy:

• jou hart voor God kan uitstort
• leer om God werklik te vertrou
• vertroosting vind
• leer om jou wêreldse bekommernisse te vergeet
• ontspan in God se teenwoordigheid
• vrede ervaar
• God se teenwoordigheid kan geniet

Kenmerke:

• 152 mm x 107 mm, sagteband
• 10-punt lettergrootte

Mini-Oordenkings Groei in Geloof (Afrikaans, Paperback): Mallory Larsen Mini-Oordenkings Groei in Geloof (Afrikaans, Paperback)
Mallory Larsen
R59 R55 Discovery Miles 550 Save R4 (7%) Ships in 4 - 8 working days

Vind krag, vrede en vreugde in God se teenwoordigheid terwyl jou geloof groei deur hierdie 180 inspirerende oordenkings. Mini-oordenkings: Groei in geloof sal jou herinner aan God se goedheid en liefde terwyl jou geloof sterker word en jy vrugte dra tot sy eer.

• 184 eenkleur-bladsye.
• Sagteband.
• Kompakte grootte.
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel Mini Devotions: Growing in Faith.

NLV Bybel (Met Ritssluiter & Duimgrepe) (Blougroen) (Afrikaans, Large print, Leather / fine binding): NLV Bybel (Met Ritssluiter & Duimgrepe) (Blougroen) (Afrikaans, Large print, Leather / fine binding)
R599 R539 Discovery Miles 5 390 Save R60 (10%) Ships in 4 - 8 working days

Die Nuwe Lewende Vertaling (NLV) kombineer Skrifgetrouheid en lesersvriendelikheid om die boodskap van die grondteks in eietydse Afrikaans vir vandag se leser weer te gee.

Hierdie grootdruk-uitgawe met kunsleer-omslag beskik oor die volgende kenmerke:

• Voetnote om begrip en kennis uit te brei
• 12 punt lettergrootte
• Dubbelkolom-uitleg
• 8 volkleur-kaarte
• Merklint
• Duimgrepe
• Verpakking: “Sleeve”

Gevorm Deur God - Psalms om jou hart en gedagtes te rig (Afrikaans, Hardcover): John Piper Gevorm Deur God - Psalms om jou hart en gedagtes te rig (Afrikaans, Hardcover)
John Piper
R99 R91 Discovery Miles 910 Save R8 (8%) Ships in 4 - 8 working days

God wil jou hart hê. Die hele Bybel is vol waarheid en werk in ons hart, maar die psalms is net besonders. Hulle raak nie net ons hart nie – hulle plaas ons hart op die voorgrond. Hulle nooi nie net ons emosies om op God se waarheid te reageer nie – hulle stel ons emosies ten toon.

Die psalms doen meer as om ons te leer. Ons ervaar alles wat dit leer. Ons hoor en ervaar die onbeskaamde uitroepe van smart, skaamte, berou, verlies, woede, ontmoediging en ontsteltenis. Maar wat hierdie gedigte – almal van hulle – so verstommend anders maak as die smart van die wêreld is dat hulle almal ervaar word in verhouding tot die totaal alleenheersende God.

Hierdie boek is ’n uitnodiging. God wil ons hart hê. Hy sal dit neem soos dit is. En dan, deur die inspirasie van die psalms, sal Hy dit vorm. Aanvaar sy uitnodiging om te kom.

Die Name van Jesus Gebedsjoernaal (Afrikaans, Paperback): Die Name van Jesus Gebedsjoernaal (Afrikaans, Paperback)
R89 R82 Discovery Miles 820 Save R7 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Wil jy graag ’n sterker, inniger verhouding met Jesus hê? ’n Mens bou jou verhouding met die Here deur tyd in sy teenwoordigheid deur te bring en Hom beter te leer ken.

Die Name van Jesus Gebedsjoernaal sal jou help nadink oor die Name van Jesus en sy karakter en jou help om ’n inniger persoonlike verhouding met Hom te bou. Hierdie gebedsjoernaal bevat:

• 31 inkleur-ontwerpe van die Name van Jesus waaronder Alfa en Omega, Brood van die Lewe, Bruidegom en Goeie Herder.
• ’n Kort beskrywing van elkeen van die Name en wat dit sê oor Jesus se karakter.
• Gedagtes om jou te laat nadink, met teksverse wat pas by die betrokke Naam van Jesus.
• Bladsye met lyntjies waar jy jou gedagtes of gebede kan neerskryf.

Ses Inkleur Plakker Bladsye (Afrikaans): Ses Inkleur Plakker Bladsye (Afrikaans)
R39 R36 Discovery Miles 360 Save R3 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Tap into your creative side with the Bible Journaling Sticker Sets

These Bible Journaling Stickers include Scripture stickers that have encouraging words, expressions of faith and lovely accents of nature with the added bonus of allowing you to add your own color scheme.

Color these stickers and add them to your journaling Bible as you engage and learn more about God.

• More than 120 Stickers
• Pack of 6 Sheets
• Matt uncoated sticker paper
• Self-seal Bag Packaging
• Afrikaans Product

Die Name van Jesus Inkleurkaartjies (Afrikaans, Cards): Die Name van Jesus Inkleurkaartjies (Afrikaans, Cards)
R129 R119 Discovery Miles 1 190 Save R10 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Om na te dink oor Jesus se Name herinner ons aan Wie Hy is – ons Goeie Herder, Brood van die lewe, Vredevors en Môrester. Die 44 kaartjies met teksverse en illustrasies oor die Name van Jesus in hierdie boksie is ideaal om individueel te deel of as een geskenk weg te gee.

Word opnuut herinner aan alles wat Jesus vir ons beteken terwyl jy Die Name van Jesus Inkleurkaartjies inkleur!

• 44 inkleurkaartjies met teksverse en illustrasies oor die Name van Jesus.
• Dik hoëkwaliteit-papier sodat enige medium gebruik kan word.
• Verpak in ’n boksie.
• Deel van Die Name van Jesus-produkreeks saam met ander inkleur-produkte en kaartjies.
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel Coloring the Names of Jesus.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Murder At Small Koppie - The Real Story…
Greg Marinovich Paperback  (5)
R305 Discovery Miles 3 050
Restoring Layered Landscapes - History…
Marion Hourdequin, David G. Havlick Hardcover R3,571 Discovery Miles 35 710
Policing for Peace in Northern Ireland…
J Murphy Hardcover R2,457 R1,826 Discovery Miles 18 260
Exploring Inductive Risk - Case Studies…
Kevin C. Elliott, Ted Richards Hardcover R3,279 Discovery Miles 32 790
Gauging What's Real - The Conceptual…
Richard Healey Hardcover R3,101 Discovery Miles 31 010
Epistemic Relativism - A Constructive…
M Seidel Hardcover R2,048 R1,877 Discovery Miles 18 770
Talking About Nothing - Numbers…
Jody Azzouni Hardcover R3,096 Discovery Miles 30 960
Counterterrorist Detection Techniques of…
Avi Cagan, Jimmie C. Oxley Paperback R3,523 Discovery Miles 35 230
Literary Studies and Well-Being…
Ronald Schleifer Hardcover R2,374 Discovery Miles 23 740
Policing Integration - The Sociology of…
Chris Giacomantonio Hardcover R3,264 Discovery Miles 32 640

 

Partners