![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Christianity > Afrikaans
Die Bybel Nuwe Lewende Vertaling (NLV) bied ’n unieke balans tussen noukeurigheid, akkuraatheid en lesersvriendelikheid en is reeds baie gewild by duisende lesers. Die NLV standaard-uitgawes spog nou met ’n verskeidenheid nuwe en opwindende omslae. - 9 punt lettergrootte - Dubbelkolom-uitleg - 8 volkleur-kaarte - Merklint
Hierdie geskenkuitgawe is die ideale manier om die mylpale en prestasies in ’n mens se lewe te vier. Met die volledige teks van die Nuwe Lewende Vertaling, wat ’n eietydse stem aan tydlose beloftes gee, sal die NLV Geskenkbybel ’n waardevolle geskenk wees. - Gewilde NLV-teks - 7,5 punt lettergrootte - Dubbelkolom-uitleg
Hierdie geskenkuitgawe is die ideale manier om die mylpale en prestasies in ’n mens se lewe te vier. Met die volledige teks van die Nuwe Lewende Vertaling, wat ’n eietydse stem aan tydlose beloftes gee, sal die NLV Geskenkbybel ’n waardevolle geskenk wees. - Gewilde NLV-teks - 7,5 punt lettergrootte - Dubbelkolom-uitleg - Bladsye kleurgerand
'n Goddelike uitwisseling: Vanaf 'n tronk van seksuele misbruik en perversie, gebrokenheid, bitterheid en depressie, na 'n nuwe lewe van vryheid, intieme onvoorwaardelike liefde, vreugde, ware identiteit en 'n doelbewuste bestemming. Die doel van hierdie boek is om uit te lig dat enige iets vir God moontlik is. Hy is die Ware Geneesheer van liggaam, siel en gees. Sal jy God as Geneesheer toegang gee to die geheime kamers van jou hart, sodat Hy die leuens en wonde kan verwyder met Sy skalpel (die Waarheid van Sy Woord) en jy jouself derhalwe uitlewer aan Sy onvoorwaardelike, volhoudende liefde?" Ontdek 'n liefde wat onbeskryflik is
Kom loop saam! nooi die skrywer. Tel op jou kruis, en bring al jou bagasie. Jy sal agterkom dat die bagasie stuk-stuk minder word soos die reis vorder. En die kruis dalk al hoe swaarder. Maar jou bestemming heet Hoop. En hoop is die eerste lig van ’n splinternuwe dag. Hierdie reis na hoop is ’n hartsreis vol moontlikhede. Dit help jou om nuwe gewoontes aan te leer en uitgediendes af te sweer. Dit leer jou om in die spieel te kyk en te sien hoe jy vir jou medemens lyk, en vir God.
Vrouekeur is ’n populere gesinstydskrif wat elke week ’n inspirerende rubriek deur Janine Bevolo-Manders publiseer. Die rubrieke het ’n Christelike inslag en bied raad, hoop en inspirasie. Die Vrouekeur kreatiewe & inspirerende jaarbeplanner bestaan uit ’n versameling van Janine se boodskappe, verpak in die vorm van ’n nuttige jaarbeplanner met oorspronklike illustrasies deur Rina Burger, ’n plaaslike kunstenaar, en illustreerder van die blitsverkoper ROUGE, inkleurboek vir grootmense. Dames kan boek hou van hulle afsprake, vriende en familie se verjaarsdae, sowel as om inspirasie te ontvang en hul kreatiwiteit uit te leef deur die pragtige verbeeldingryke illustrasies in die boek in te kleur. Inkleur vir grootmense is tans baie gewild! Nie net is dit ’n heerlike, verslawende, kreatiewe tydverdryf nie, maar dit het ook terapeutiese waarde.
Ons kan nooit té veel tyd saam met God deurbring nie. “Ek wens ek het meer tyd gehad om net rustig te word by God.” Daar is waarskynlik bitter min gelowiges wat dit nié al gedink het nie. In die 366 grootdruk-dagstukke in Vrede in sy teenwoordigheid plaas Angus Buchan sterk fokus op die feit dat tyd saam met God een van die belangrikste verantwoordelikhede is wat elke gelowige het. Dit bepaal die diepte van jou verhouding met God. Vrede in sy teenwoordigheid is vir elke gelowige wat hunker na meer tyd saam met God. Die feit bly staan: Ons kan nooit té veel tyd saam met God deurbring nie. Ook beskikbaar in Engels onder titel Peace in His Presence.
Die gebede is geinspireer deur die Heilige Gees en bevestig deur die woord van God (Die Bybel). Die gebede is saamgestel uit 4 hoof kern vers gedeeltes uit die Bybel. Geskrifte soos. "U woord is lewe vir die wat dit vind en genesing vir my hele liggaam." Alle behoeftes van die Kind van God word gedek in die gebede. Genesing, voorsorg teen siektes en beserings, beskerming, bevryding van binding en vloek, voorsiening van behoeftes, vryheid van probleme, vertroosting en self krag opbouing.
Ons het sedert Oktober 2001 `n nuwe pêrel ontdek. `n Pêrel wat so kosbaar is dat ons bereid is om ons aardse- alles te verkoop: ons besittings, ons salaris prys te gee, as dit gevra sou word; ons gemeente op te gee en selfs ons kerkgenootskap te verlaat. Ons het bereid geword om die pêrel te koester met alles wat ons het. Kom, verlustig jou in die pêrel wat ons ontdek het en word so AANGERAAK dat jy ook NOG MEER wil ontdek.
Ons almal ervaar soms dat die seer en swaar kry van die lewe ons voete onder ons laat uitgly. Daar gebeur dinge met ons wat ons selfs laat twyfel aan God se liefde vir ons – onverklaarbare rampe wat ons nie met God se liefde vir ons kan laat rym nie. Veral wanneer hierdie seer en swaar kry lank aanhou, is dit baie moeilik om te bly glo en steeds op God te vertrou. God staan jou ook in jou swaarkrytye getrou by – Hy is altyd daar vir jou, gereed om jou regop te hou as jou voete wil gly.
Vind vreugde en genesing in saamwees met ander gelowiges. Besef jy dat die gemeenskap van gelowiges God se skepping is en nie deur mense uitgedink is nie? Riekert Botha en Albert Theron daag jou in Wanneer seerkry en God se koninkryk ontmoet uit om eers te vergeet wat jy “weet” van gemeentes. Gaan terug na die kern van die saak en ontdek hoekom God gemeentes geskep het. Besef dat dit Sy eiendom is en ook die draers van Sy lig en waarheid in die gemeenskap. Dan sal jy weer opnuut die vreugde en genesing in die saamwees met gelowiges ontdek wat jou sal help om te groei en te ontwikkel in Christus – die Een waarop jou fokus moet wees. Wanneer seerkry en God se koninkryk ontmoet se praktiese aanslag sal jou veilig laat voel in die geborgenheid van die eenheid wat God daargestel het.
Dit is nie altyd maklik om te ontsnap van die wereld en sy geraas nie. Maar in die rustige teenwoordigheid van God le die krag en seen wat ons wildste drome oortref. In Seisoene van seen plaas Andries Enslin die kollig op hierdie oomblikke saam met God. Met emas soos waarom stiltetyd belangrik is, seisoene in jou geestelike lewe en die seen van die Heilige Gees in jou lewe gee Andries leiding vir die kosbaarste tye tussen God en sy kinders. Seisoene van seen is in handige sakpas-formaat en sal lesers met die 366 kort en kragtige dagstukke weer in vreugde by hul Vader se voete laat sit.
Is jy seker EGSKEIDING is die enigste, beste, maklikste oplossing vir jou huwelik wat nie werk nie? Die skrywer van hierdie boek is nie ’n huweliksberader of sielkundige nie. Hy is ’n man wat self die pad van trou en skei (en weer trou en weer skei) geloop het. Dit gee hom ’n ander perspektief op verhoudings as wat hy gehad het as jongman. Ervaring het hom dinge geleer wat hy nou wens hy vroeër geweet het. In Skei maak seer deel hy hierdie kennis en sy storie. Sommige lesse het hy te laat geleer ... Maar miskien is dit vir ander getroudes presies die regte tyd om sy woorde te lees. Om ’n paar waarhede in die oë te kyk: · Is jy gereed vir ’n emosionele oorlog sonder logika wat meer as net twee slagoffers gaan agterlaat? · Is jy deeglik bewus van die onbekende oorsake en gevolge wat jou besluit behoort te beïnvloed? · Verstaan jy die ware aard van die huwelik en dat gelukkig wees eers na harde werk en toewyding volg? Dis nooit te laat om te verander en jou huwelik te red nie. Dis die hoop wat jy met jou saam kan neem uit een man se seerkry en heel word.
Regardt se lewe het glad nie naby God begin het nie, maar hy het beslis die pad na Hom gevind. Hy vertel van sy vroegste kinderjare in Bez Valley tot die punt waar sy lewe op die kruin van sy loopbaan, ná ’n onverskillige lewe met drank en ’n vergeefse soeke na ’n dieper sin, heeltemal uitmekaarval. Hy het sy gesin en huis verloor, maar een oggend met ’n babelaas en trane wat oor sy wange loop ’n onvergeetlike ontmoeting met God gehad wat sy hele lewe vir goed verander het. Regardt is die merkwaardige verhaal van ’n man wat nooit sy passie vir die lewe en vir rolprente verloor het nie, maar wat op ’n swaar manier moes leer dat toewyding en gehoorsaamheid aan God die vreugde en sin bring wat hom opgewonde maak oor sy lewe. Vandag is hy gelukkig getroud met Clara Joubert. Die lig van die silwerdoek skyn weer op hom en oor sy lewe sê hy met oortuiging: “Dis nie luck nie – net genade.”
Gelowiges is in 'n oorlog gewikkel met die vyand. Hulle moet dus voorbereid wees vir die stryd en met die sterkste wapen ooit veg: Gebed. Die oorlogskamer - Bybelstudie, gebaseer op die fliek War Room, bied aan gelowiges geleentheid om individueel of in 'n groep in hulle gebedslewe te groei om kragtige gebedstryders te word. Elk van die 5 studies bied 4 afdelings: Inleiding; Bespreking van aspekte van gebed soos dit in die fliek gesien kan word; Groepbespreking; 3 oordenkingstudies; Hierdie Bybelstudie sal gelowiges inspireer om op God se genade te vertrou, oorwinning oor hulle ware vyand te verklaar en hulle identiteit in hulle Verlosser te vind. Die oorlogskamer - Bybelstudie sal as herinnering dien dat gebed werklik 'n kragtige wapen is.
Wat sou mense soos Nelson Mandela, Jean de Villiers en Riaan Cruywagen vir jou se as jy so 'n bietjie saam met hulle kon sit en gesels? Hartsgesprekke met ...bied raad, lewenswyshede en inspirasie van hierdie en ander baanbrekers. Die boek bevat onderhoude met sakeleiers, sportlui, kunstenaars en ander bekendes soos Natalie du Toit, Brand Pretorius, Regardt van den Bergh, Carike Keuzenkamp en Elvis Blue. Hartsgesprekke met ...vertel van harde werk, struikelblokke, drome, lewenslesse en 'n passie vir Christus. Met hierdie versamelstuk kan lesers waarlik agteroor sit en dit sal voel of hulle saam om die koffietafel sit en stories uitruil. Die boek sluit af met 'n spesiale "onderhoud" met Jesus en word stylvol afgerond met pragtige swart-en-wit foto's. |
You may like...
Designing Safe Road Systems - A Human…
Jan Theeuwes, Richard Van Der Horst
Paperback
R1,828
Discovery Miles 18 280
Assisted History Matching for…
Sutthaporn Tripoppoom, Wei Yu, …
Paperback
R3,386
Discovery Miles 33 860
|