0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (22)
  • R50 - R100 (30)
  • R100 - R250 (241)
  • R250 - R500 (156)
  • R500+ (38)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Christianity > Afrikaans

Wonder Van Die Goddelike Liefde - Sinvolle Waardes Vir Sinlose Lewens (Afrikaans, Paperback): Chris van der Merwe Wonder Van Die Goddelike Liefde - Sinvolle Waardes Vir Sinlose Lewens (Afrikaans, Paperback)
Chris van der Merwe
R232 Discovery Miles 2 320 Ships in 2 - 4 working days
Gebed 101 (Afrikaans, Paperback): Bennie Mostert Gebed 101 (Afrikaans, Paperback)
Bennie Mostert
R124 Discovery Miles 1 240 Ships in 2 - 4 working days

Waarom bid mense nie?

Ná baie boeke wat Bennie Mostert oor gebed gelees het, seminare wat hy aangebied het en ’n aantal boeke wat hy oor hierdie onderwerp geskryf het, het hy tot die gevolgtrekking gekom dat mense graag wil bid, maar nie weet wát om te bid nie en voel hulle weet nie hóé om te bid nie.

Die manier waarop mense bid, verskil van persoon tot persoon en elkeen van ons moet dit doen soos dit vir ons die beste werk.

Die doel van hierdie gebedsgids is om mense te leer wát om te bid en hóé om te bid.

Sinvolle gebed word nie gemeet in terme van hoe lank jy bid nie. Dit is bloot ’n riglyn of metode hierdie om jou te help om sinvol te begin bid. Hierdie praktiese gids sal jou help om jou gebedstye sinvol te maak.

Bakens Van Geloof (Afrikaans, Paperback): Ilse Roux Bakens Van Geloof (Afrikaans, Paperback)
Ilse Roux
R250 R234 Discovery Miles 2 340 Save R16 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Bakens van geloof is ’n kragtige getuienis en praktiese voorbeeld van ’n daaglikse bonatuurlike wandel met God. Hierdie boek sal jou ’n voorskou gee van hoe groot en hoe werklik God se goedheid is teenoor sy kinders.

Ilse Roux deel haar passie vir die Woord en haar praktiese geloofspad met God op so ’n manier dat mens net weer oorweldig word met wie hierdie liefdevolle God werklik is. Sy het die waarde daarvan ontdek om in kinderlike geloof op God se Woord te vertrou en sien die vrug daarvan in haar en haar gesin se lewens.

Die deurlopende draad van gehoorsaamheid aan God se beginsels en sy stem, sal jou inspireer om ook jou verhouding met Hom te verdiep en sal jou leer dat jy Hom ten alle tye kan vertrou. Kort voor lank sal jy jou eie bakens van geloof hê wat spruit uit jou persoonlike geloofspad met Hom.

Gesprekke Oor Die Lewe - Die Laaste Gedagtes Van IL De Villiers (Afrikaans, Paperback): I.L. de Villiers Gesprekke Oor Die Lewe - Die Laaste Gedagtes Van IL De Villiers (Afrikaans, Paperback)
I.L. de Villiers 1
R124 Discovery Miles 1 240 Ships in 2 - 4 working days

Die alomgeliefde spreker en skrywer ds. Izak de Villiers se laaste preke is in hierdie inspirerende bundel saamgevat. Die preke, wat nog nooit gepubliseer is nie, is uitgesoek en verwerk deur Amanda Botha, ds. Izak se letterkundige eksekuteur en self ’n bekende in boekkringe. Die preke is meestal tussen 2007 en 2009 by die NGK Aasvoelkop gelewer. Ds. Izak se preke is, soos lesers hom leer ken het, prakties en gerig op moderne mense se daaglikse lewe. Sy fokus is telkens op die wonderlike hoop van die evangelie, wat ons bemoedig en inspireer. Hy onderstreep die kleinheid van die mens en die grootheid van God, maar wys hoe God hom oor ons ontferm sodat ons kan weet dat ons nooit alleen is nie.

7 Ritmes Binne 7 Dae (Afrikaans, Paperback): Andries Enslin, T. Smith 7 Ritmes Binne 7 Dae (Afrikaans, Paperback)
Andries Enslin, T. Smith
R160 Discovery Miles 1 600 Ships in 2 - 4 working days

In vandag se gejaagde lewe is dit belangriker as ooit om in pas te kom met Jesus. Andries Enslin en Tom Smith bespreek in 7 ritmes binne 7 dae hoe ons dit kan doen aan die hand van die volgende 7 ritmes: God is liefde: God se liefde is onbeperk en alles is moontlik omdat Hy ons liefhet. Daarom moet ons ander liefhe; God is beskikbaar: God is alomteenwoordig en ons moet inskakel by Hom en ander; God is die weg: Hy is die weg tot genesing en wil he ons moet in sy karakter groei; God is Koning: Hy verwag van ons om alles te gebruik om sy koninkryk uit te brei; God is drie-enig: Ons mag en kan ook nie alleen staan nie; God is lief vir die wereld: God red alle mense en is lief vir alle mense; God is kreatief: God is alomteenwoordig en alwetend – en Hy gebruik alles in ons lewe met ’n doel. 7 ritmes binne 7 dae is ideaal vir individue of kleingroepe en integreer Skrifuitleg met praktiese raad, oordenkings, besprekingsvrae en oefeninge. Hierdie boek, met sy wortels in die kykNET-program Die Woord, sal lesers inspireer om weer te besef God is oral en sy hartklop vir die wereld moet weergalm in ons.

Die Mighty Men Verhaal (Afrikaans, Hardcover): Angus Buchan Die Mighty Men Verhaal (Afrikaans, Hardcover)
Angus Buchan
R340 Discovery Miles 3 400 Ships in 2 - 4 working days

Die Mighty Men Verhaal vertel op boeiende wyse hoe een man se gehoorsaamheid aan God herlewing gebring het in Suid-Afrika en duisende lewens vir altyd verander het. "God het my gelei om hierdie storie te skryf sodat ek die ware verhaal kan vertel van wat gebeur het," sê die bekende en geliefde evangelis Angus Buchan self.

Die Mighty Men Verhaal vertel die verstommende verhaal van die Mighty MenTM-fenomeen - hoe dit begin het met 'n mosterdsaad-idee in 2003, tot hoe dit in 2010 geëindig het toe die konferensie deur meer as 300 000 mans bygewoon is.

Meer as 40 persoonlike getuienisse van mans wat by hierdie konferensies aangeraak is deur die Gees sal elke leser aan die hart gryp. Dit spreek van nuutgewonde vuur vir God wat in die harte van duisende mans aangesteek is, en sal lesers inspireer om God met nuwe toewyding te dien.

Die Mighty Men Verhaal vier onwankelbare geloof, oneindige hoop en vreugdevolle en oorvloedige lewe in Christus!

Die Net Is Gebreek - Gebed, Die Weg Na Vrede En Vervulling (Afrikaans, Paperback): Chris van der Merwe Die Net Is Gebreek - Gebed, Die Weg Na Vrede En Vervulling (Afrikaans, Paperback)
Chris van der Merwe
R260 R244 Discovery Miles 2 440 Save R16 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Die meeste mense beland die een of ander tyd in ’n net van ellende. Die planne wat jy gemaak het, het in duie gestort, en jou lewe val uitmekaar. Jy het jou lewensmaat verloor, of jou werk, of jou gesondheid het ingegee. Jy het die moed verloor om aan te hou lewe.

In die Christelike geloof is daar die troosryke boodskap van ’n net wat inderdaad gebreek het: Met die sterwe van Jesus is die toegang tot God vry gemaak vir almal. Die prys vir die skuld van die mensdom is betaal, sodat alle mense God te alle tye met vrymoedigheid kan nader. Die blydskap oor die gebreekte vangnet kan egter slegs ervaar word deur diegene wat weet van die net wat hulle gevange hou en waaruit hulle nie self kan ontsnap nie.

Alleen die nederige persoon kan opreg bid, en nederigheid is ook die gevolg van ’n gesonde gebedslewe.

Die Onsienlike Wereld Van Engele - Bybelse Feite Oor Engele En Die Stryd Wat Agter Die Skerms Woed (Afrikaans, Paperback): Jaco... Die Onsienlike Wereld Van Engele - Bybelse Feite Oor Engele En Die Stryd Wat Agter Die Skerms Woed (Afrikaans, Paperback)
Jaco Scholtz
R330 R309 Discovery Miles 3 090 Save R21 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Engele bestaan werklik, al kan ons hulle gewoonlik nie sien nie. Maar wat doen engele, waar woon hulle en watter rol gaan hulle in die toekoms speel? Die onsienlike wêreld van engele fokus nie net op die heilige engele nie, maar ook op Satan en sy gevalle engele wat ná hul skepping téén die Skepper gekies het.

Hierdie boek neem die leser op ’n opwindende reis deur die Bybel: die kosmiese oorlog wat sedert Satan se val in die onsienlike wêreld van engele afspeel. Elke mens speel ’n rol in hierdie worstelstryd, veral in die laaste tye. Uitverkore engelwesens bly naby die troon van God in die derde hemel, maar soos wat die “dag van die Here” nader kom, is goeie én veral slegte engele toenemend by wêreldgebeure betrokke.

Wanneer die Here van die leërskare in sy heerlikheid kom en al die heilige engele saam met Hom, sal die onsienlike dan sienlik word?

Kragtige Gebed Deur God se Woord Gebedeboek (Afrikaans, Paperback): Stormie Omartian Kragtige Gebed Deur God se Woord Gebedeboek (Afrikaans, Paperback)
Stormie Omartian
R39 R34 Discovery Miles 340 Save R5 (13%) Ships in 4 - 8 working days

Stormie Omartian se boeke het al baie mense se lewens aangeraak en hulle gehelp om die krag van gebed te ervaar. Die hartroerende en kragtige gebede in Kragtige gebed deur God se Woord – Gebedeboek is saamgestel uit haar boek Kragtige gebed deur God se Woord.

Lesers sal deur hierdie boek God se stem en leiding ervaar van Genesis deur die Ou Testament tot by Jesus se lewe saam met die dissipels in die Nuwe Testament. Elke gebed van Stormie bring vir die lesers beskerming, persoonlike leiding en krag uit die Skrif en gee vir hulle bemoediging om elke dag vir God te leef. Hierdie handige boekie in sakpas-formaat is ideaal om mee te reis, in ’n handsak of tas te sit of om langs die bed te hou om soggens en saans daaruit te lees.

Kragtige gebed deur God se Woord – Gebedeboek is ’n wonderlike geskenk vir elke gelowige.

In Die Teenwoordigheid Van Die Allerhoogste - 'n Jaar Van Geestelike Groei (Afrikaans, Paperback): Stephan Joubert In Die Teenwoordigheid Van Die Allerhoogste - 'n Jaar Van Geestelike Groei (Afrikaans, Paperback)
Stephan Joubert
R220 Discovery Miles 2 200 Ships in 2 - 4 working days

Jy is ongetwyfeld op soek na rus, daarom het jy nou hierdie boek in jou hand. Aan die een kant is jy elke dag deel van hierdie gejaagde wêreld. Maar aan die ander kant weet en glo jy dat daar iets meer vervullends in die lewe moet wees. En jy’s reg!

Daar is regtig meer vreugde in die lewe te vind as wat die meeste mense tans geniet. ’n Lewe van rustigheid en innerlike vrede is selfs vandag nog moontlik. Om God se vrede te ervaar, daardie vrede wat jou elke dag soos ’n tevrede kind in die teenwoordigheid van jou hemelse Vader laat sit, vra egter dissipline en oefening. So ’n lewe kom nie vanself nie. Dit vra toewyding en gehoorsaamheid, maar dit vra ook luister en rus. Hierdie jaarboek is bedoel as jou gids op die pad na ’n meer gedissiplineerde lewe saam met God. Dit wil jou stap vir stap, dag vir dag en maand vir maand begelei deur ’n paar geestelike oefeninge sodat jy aan die einde van die jaar iemand kan wees wat nuwe geestelike vreugde ervaar. Geniet hierdie jaarprogram.

Gebruik dit as jou bousteen vir jou jaar van geestelike groei. Dan gaan dit die opwindendste een ooit wees.

Vat die Regte Pad - Jesus s'n (Afrikaans, Paperback): Stephan Joubert Vat die Regte Pad - Jesus s'n (Afrikaans, Paperback)
Stephan Joubert
R220 Discovery Miles 2 200 Ships in 2 - 4 working days

Te veel gelowiges voel skuldig omdat hulle nie voldoen aan ander se geestelike verwagtings nie. Of omdat hulle nie die standaard-resepte uitleef wat gedurig in die kerk uitgedeel word van hoe ’n “regte Christen” moet leef nie. Hulle is kerklik betrokke, maar voel moedeloos. Godsdienstige uitbranding is ’n paar van hulle se voorland. Tot vervelens beleef hul die Here is teleurgesteld met hulle.

Hierdie boek is nie die groot antwoord op dissipelskap in drie maklike stappe nie. Jy gaan definitief nie hier tien beproefde resepte vir suksesvolle Christenwees, of so iets, raakloop nie. Maar dit wil wel saam met jou reis na ’n paar onontdekte skatte in die Here se skatkamers. Dit wil die “las van gewone gelowiges soos ek en jy se skouer aflig om (buiten-)gewone lewens tot eer van die Heer te leef. Net dit.

Geanker In Geloof - Praktiese Toepassings Vir 'n Sprankelende Geloofslewe (Afrikaans, Paperback): Caitlin Henderson Geanker In Geloof - Praktiese Toepassings Vir 'n Sprankelende Geloofslewe (Afrikaans, Paperback)
Caitlin Henderson
R180 R169 Discovery Miles 1 690 Save R11 (6%) Ships in 7 - 11 working days

’n Storieryke wandeling deur plaashuisgange, landerye wat reg en ryp is vir oes en God se drome van oorvloed vir ons lewens.

Caitlin Henderson vertel allerhande verhale oor alles van steekse trekkers tot haar waarnemings oor ’n eens vaal huwelik wat nou floreer, en alles en nog wat tussenin. Sy verweef haar staaltjies met God se Woord en leer ons hoe om verlossing in ons eie stories raak te sien. Selfs al woon jy in die stad en nie iewers op die platteland soos Caitlin nie, sal jy aanklank vind by haar interessante, en somtyds lawwe stories. Die universele lesse en waarhede daarin spreek tot die hart van elkeen wat waarlik nader aan God wil leef.

In Geanker in geloof verken ons bybelse waarhede deur die oë van ’n boer se vrou. Of jy nou jaag om die kinders by die skool te kry, hard werk om jou eie besigheid op die been te bring, of rustig deur die weivelde van jou eie stukkie grond stap, dáár kan jy hoop kweek en vreugde vind.

Vrouekeur kreatiewe & inspirerende jaarbeplanner (Afrikaans, Paperback): Janine Bevolo-Manders, Rina Burger Vrouekeur kreatiewe & inspirerende jaarbeplanner (Afrikaans, Paperback)
Janine Bevolo-Manders, Rina Burger
R232 Discovery Miles 2 320 Ships in 2 - 4 working days

Vrouekeur is ’n populere gesinstydskrif wat elke week ’n inspirerende rubriek deur Janine Bevolo-Manders publiseer. Die rubrieke het ’n Christelike inslag en bied raad, hoop en inspirasie. Die Vrouekeur kreatiewe & inspirerende jaarbeplanner bestaan uit ’n versameling van Janine se boodskappe, verpak in die vorm van ’n nuttige jaarbeplanner met oorspronklike illustrasies deur Rina Burger, ’n plaaslike kunstenaar, en illustreerder van die blitsverkoper ROUGE, inkleurboek vir grootmense. Dames kan boek hou van hulle afsprake, vriende en familie se verjaarsdae, sowel as om inspirasie te ontvang en hul kreatiwiteit uit te leef deur die pragtige verbeeldingryke illustrasies in die boek in te kleur. Inkleur vir grootmense is tans baie gewild! Nie net is dit ’n heerlike, verslawende, kreatiewe tydverdryf nie, maar dit het ook terapeutiese waarde.

Die Oorlogskamer-Bybelstudie (Afrikaans, Paperback): Stephen Kendrick, Alex Kendrick Die Oorlogskamer-Bybelstudie (Afrikaans, Paperback)
Stephen Kendrick, Alex Kendrick 1
R160 Discovery Miles 1 600 Ships in 2 - 4 working days

Gelowiges is in 'n oorlog gewikkel met die vyand. Hulle moet dus voorbereid wees vir die stryd en met die sterkste wapen ooit veg: Gebed. Die oorlogskamer - Bybelstudie, gebaseer op die fliek War Room, bied aan gelowiges geleentheid om individueel of in 'n groep in hulle gebedslewe te groei om kragtige gebedstryders te word. Elk van die 5 studies bied 4 afdelings: Inleiding; Bespreking van aspekte van gebed soos dit in die fliek gesien kan word; Groepbespreking; 3 oordenkingstudies; Hierdie Bybelstudie sal gelowiges inspireer om op God se genade te vertrou, oorwinning oor hulle ware vyand te verklaar en hulle identiteit in hulle Verlosser te vind. Die oorlogskamer - Bybelstudie sal as herinnering dien dat gebed werklik 'n kragtige wapen is.

Ek Glo (Afrikaans, Paperback): Randy Frazee Ek Glo (Afrikaans, Paperback)
Randy Frazee
R220 Discovery Miles 2 200 Ships in 2 - 4 working days

Hoe moet jy dink, optree en lewe om soos Jesus te wees? Of jy al Die Storie gelees het of nou nuut begin met Ek glo, hierdie boek sal die groot waarhede van die Bybel op ’n duidelike en toeganklike manier aan jou bekendmaak. Randy Frazee is die hoofredakteur van hierdie merkwaardige boek. Ek glo neem jou op ’n reis om in jou geloof, aksies en karakter meer soos Jesus te word. Die 30 hoofstukke in die boek is in drie oorhoofse temas verdeel: 10 sleutelgeloofsbelydenisse van die Christelike geloof; 10 sleutelgewoontes van ’n volgeling van Jesus; 10 sleuteldeugde wat kenmerkend is van iemand wat meer soos Jesus begin word. Elke hoofstuk bevat teks uit die Bybel Nuwe Lewende Vertaling met teksverwysings om jou te help om die tematiese storie van die Bybel te leef. Die besprekingsvrae waarmee die boek afgerond word, is ideaal om hierdie reis saam met ander gelowiges te onderneem.

Engele by Ons (Afrikaans, Paperback): Sannie Wiese Engele by Ons (Afrikaans, Paperback)
Sannie Wiese
R207 Discovery Miles 2 070 Ships in 2 - 4 working days

Hoeveel beskermengele is daar per persoon? Word mense engele wanneer hulle sterf? Waarvandaan kom engele? Wat is hul aandeel in die geesteswereld? Engele by ons is 'n interessante studie oor engele en beantwoord die mees algemene vrae oor hierdie geestelike wesens. Dit beskryf verskeie persoonlike ontmoetings met engele, waarna die skrywer fokus op wat die Bybel oor engele se. Sy tref ’n duidelike onderskeid tussen goeie en slegte engele en sluit ook afdelings oor drome, visioene en gesigte, die kwessie van beskermengele, gebedsverhoring en engele en spiritualiteit in.

Die Kerk - Die Evangelie Sigbaar Gemaak (Afrikaans, Paperback): Mark Dever Die Kerk - Die Evangelie Sigbaar Gemaak (Afrikaans, Paperback)
Mark Dever
R180 Discovery Miles 1 800 Ships in 2 - 4 working days

Daar heers vandag groeiende verskille in kerke se verkondiging van wat kerklewe behoort te wees, die grondbeginsels van die Christelike geloof en die wyses waarop God aanbid moet word. Te midde van verdere antagonisme jeens die kerk, mag die gelowige miskien begin wonder wat die kerk se rol nou eintlik is? Hoe leef ons in 'n gemeenskap van gelowiges waar die Woord van God sigbaar in ons lewens is? Volgens Mark Dever behoort ons ons tot die Woord van God te beroep om ons te lei in hierdie vrae. Hoe beter ons God verstaan, hoe beter is ons raamwerk vir kerklewe, geloof en aanbidding. Die kerk speel 'n essensiele rol in God se planne. Dit is die waarneembare gedeelte van Christelike teologie. Christelike lewe kan net gerealiseer word in ons verhoudings met ander. Die eenheid waarin Christene tot mekaar leef verteenwoordig die lewe van ’n nuwe samelewing: een van liefde en vrede tussen mense. God roep mense om sy take op aarde te verrig en Hom op aarde te verteenwoordig. Mark Dever verduidelik in Die kerk dat die kerk 'n eenheid kan wees wanneer gelowiges verenig is in God se waarheid wat in die Bybel gevind kan word.

Die Een Oplossing Vir Die Lewe (Afrikaans, Paperback): Henry Cloud Die Een Oplossing Vir Die Lewe (Afrikaans, Paperback)
Henry Cloud
R232 Discovery Miles 2 320 Ships in 2 - 4 working days

Dr. Phil McGraw se oor hierdie boek: "Dr. Cloud wys jou hoe om die resultate waarna jy soek in jou werk en by die huis te verkry." Dr. Henry Cloud deel in Die een oplossing vir die lewe talle waardevolle strategiee vir 'n lewe met groter samehang en eenvoud ten opsigte van werk, gesin en geloof. Hierdie boek is spesiaal geskryf vir mense wie se inbox nooit leeg word nie, wat gefragmenteerd en gefrustreerd voel – asof hulle in te veel rigtings getrek of gedryf word. Dit behandel die moeilike balans tussen werk en persoonlike lewe, wat soms in chaos eindig. Dr. Cloud wys die leser hoe om: selfvernietigende gedrag in toom te hou; jouself te definieer en te weet wie jy is; perke te stel wanneer dit nodig is, doeltreffend te kommunikeer asook om jou werkverrigting by die werk en daarbuite te verbeter.

Agter Die Doellyn (Afrikaans, Paperback): Agter Die Doellyn (Afrikaans, Paperback)
R220 Discovery Miles 2 200 Ships in 2 - 4 working days

Rugby in Suid-Afrika is méér as net ’n spel. Dit is ’n weerspieëling van die wese en hartklop van die mense van hierdie land. Dit is sinoniem met sonskyn, biltong en braaivleis.

Sedert rugby die eerste keer in 1861 op Suid-Afrikaanse bodem gespeel is, het die land en rugby ’n wedersydse invloed op mekaar se ryk erfenis gehad. Agter Die Doellyn vier die vreugde en gevoel van eenheid en trots wat onder mense van hierdie land ontstaan het ná die Wêreldbeker-oorwinning in 1995.

Agter Die Doellyn:

  • bied ’n oorsig oor die hoogtepunte in die Suid-Afrikaanse rugbygeskiedenis
  • bring hulde aan die pioniers van rugby
  • bied getuienisse en lewensverhale van spelers soos Victor Matfield, Pierre Spies, Beast Mta¬warira, Jannie en Bismarck du Plessis, Juan Smith en ander prominente spelers asook afrigters soos Peter de Villiers, Frans Ludeke en Pieter Rossouw.
Agter Die Doellyn is 'n kosbare versamelaarsitem vir enige rugby-liefhebber.
God is Steeds God - Lewensveranderende Geloofstories van Mense (Afrikaans, Paperback): Benescke Janse van Rensburg God is Steeds God - Lewensveranderende Geloofstories van Mense (Afrikaans, Paperback)
Benescke Janse van Rensburg
R292 Discovery Miles 2 920 Ships in 5 - 7 working days

In God is stééds God deel Benescke 60 hedendaagse lewensveranderende geloofstories wat die leser se geloof stig. Temas van die stories wissel van voorsiening, beskerming, bonatuurlike deurbrake tot genesing en herstel.

Die boek bevat stories van bekendes en ook gewone mense.

Loshande Die Beste Oupa En Ouma (Afrikaans, Paperback): Nina Smit, Johan Smit Loshande Die Beste Oupa En Ouma (Afrikaans, Paperback)
Nina Smit, Johan Smit
R124 Discovery Miles 1 240 Ships in 2 - 4 working days
In Christus - Van Toeskouer Tot Spoortrapper (Afrikaans, Paperback): Callie Roos In Christus - Van Toeskouer Tot Spoortrapper (Afrikaans, Paperback)
Callie Roos 1
R316 Discovery Miles 3 160 Ships in 2 - 4 working days

“God is nie een of ander control freak nie . . . Hy laat die gelowige self keuses maak en self verantwoordelikheid neem.”

Wat beteken dit om vandag ’n Christen te wees? Dit is lankal nie meer genoeg om blindelings net Sondag ná Sondag die erediens by te woon nie, sê die geestelike leier en oudsoldaat Callie Roos. Dit is slegs deur ’n lewe in Christus dat ons werklik God se krag in ons kan beleef.

Volgens Callie beleef die kerk vandag ’n krisis en georganiseerde godsdiens hou gelowiges gevange in dogma en ’n behoefte aan beheer. Christene moet ontsnap uit die geestelike tronk wat hulle inperk en hul bestaande begripsraamwerk bevraagteken.

’n Lewe in Christus behels dat jy uitgaan in die wêreld en daadwerklik ’n verskil maak. Wanneer gewone Christen-mense Christus word vir ander, kan hierdie nuwe manier van glo ’n massabeweging word wat die ganse mensdom ten diepste sal aangryp.

In Christus beloof om te inspireer en gelowiges nuut oor hul Christenskap te laat dink.

Dag Na Dag Dra God Ons (Afrikaans, Paperback): M.A.V. Van der Merwe Dag Na Dag Dra God Ons (Afrikaans, Paperback)
M.A.V. Van der Merwe
R124 Discovery Miles 1 240 Ships in 2 - 4 working days
Sleutels Tot Sukses (Afrikaans, Leather / fine binding): Sleutels Tot Sukses (Afrikaans, Leather / fine binding)
R136 Discovery Miles 1 360 Ships in 2 - 4 working days

Laat verandering, inspirasie en sukses weer opnuut in jou ontwaak word. Sleutels tot bevat 80 bladsye van motiverende aanhalings en gedagtes oor sukses en uitnemendheid, wat met behulp van ’n pragtige uitleg-ontwerp aangebied word. Hierdie geskenkboek is gerig op diegene wat ’n positiewe uitkyk op die lewe wil ontwikkel en behou, en sal mense in staat stel om elke dag te groei en verander.

Met plek vir ’n persoonlike boodskap in die voorkant van Sleutels tot sukses, is hierdie boek ideaal om te gebruik in die plek van ’n geleentheidskaartjie of as ’n geskenk om ’n vriend of kollega te bemoedig en te motiveer.

Kragtige gebede - Hoe om die Woord te bid (Afrikaans, Paperback): Arthur Odendaal Kragtige gebede - Hoe om die Woord te bid (Afrikaans, Paperback)
Arthur Odendaal
R124 Discovery Miles 1 240 Ships in 2 - 4 working days

In hierdie boek spel die skrywer die noodsaaklikheid van gebed uit. Hy skryf oor die voordele en krag en die positiewe uitwerking op die persoon wat gereeld en getrou gebede uit die Bybel bid. Arthur gee aan die leser ook goeie wenke oor hoe om hierdie gebede prakties uit te voer en te verpersoonlik en hoe om seen oor ander uit te spreek. Die boek sluit 27 gebedsonderwerpe in wat volgens behoeftes gerangskik is.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
From Bondage to Freedom - The Path of…
William Stansmore Hardcover R983 Discovery Miles 9 830
Handbook of Antennas for EMC
Thereza M. Macnamara Hardcover R3,998 Discovery Miles 39 980
Spirit Guides - The Ultimate Guide to…
Silvia Hill Hardcover R630 R568 Discovery Miles 5 680
SMS and MMS Interworking in Mobile…
Arnaud Henry-Labordere, Vincent Jonack Hardcover R2,877 Discovery Miles 28 770
Blippi: Music Player Storybook
Maggie Fischer Hardcover R558 R496 Discovery Miles 4 960
New Developments and Advances in Robot…
Nabil Derbel, Jawhar Ghommam, … Hardcover R2,925 Discovery Miles 29 250
Virtual Reality Technologies for Future…
A. Pakstas Hardcover R3,471 Discovery Miles 34 710
RF MEMS Circuit Design for Wireless…
Hector J de los Santos Hardcover R2,863 Discovery Miles 28 630
Advances in Robot Kinematics
Jadran Lenarcic, M.M. Stanisic Hardcover R4,419 Discovery Miles 44 190
Return Back To Self Love - The 47th…
Har Nun Hardcover R1,336 Discovery Miles 13 360

 

Partners