Daar is baie intelligente en toegewyde Christene wat evolusie sien
as ‘n ateistiese dogma wat die kern van die geloof van ‘n Christen
bedreig. Dit het al begin na die publiskasie van Charles Darwin se
boek oor evolusie maar is meer onlangs op ‘n spits gedryf deur die
aggressiewe publikasies van ateistiese natuurwetenskaplikes wat
beweer dat daar nou geen rol meer bestaan vir God in die skepping
nie. Dit het op sy beurt weer ongelukkig gelei tot veelvuldige
publikasies deur toegewyde Christene wat probeer het om die
wetenskap van evolusie te diskrediteer. Opwindende nuwe navorsing
oor die meganisme van evolusie het al hoe duideliker in die
afgelope dekades geword. Die leser word hieraan blootgestel en dit
sal duidelik word dat God op opwindende maniere evolusie gebruik
het om ons, die uiteindelike kroon van Sy skepping, daar te stel.
Dit is die wese van die teistiese benadering. Al die verskillende
geloofsmodelle word bespreek en daar word veral op die teistiese
benadering klem geplaas. Knelpunte word deeglik uitgelig. Aan die
einde van die boek sal die toegewyde Christen besef dat hy of sy
die wetenskap van evolusie ten volle kan aanvaar en steeds in
verwondering die hande kan ophef en Hom prys en eer vir Sy krag en
majesteit.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!