![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Christianity > Afrikaans
Ten spyte van getroue kerkbywoning, Bybel lees en gebede is dit
opvallend dat ons geloof dikwels nie ’n verskil in ons lewe maak nie.
Hoe kan ’n mens dan in ’n nuwe kragtige geloofsrat inbeweeg? Deur
'n ware konneksie met die Here te maak. In hierdie 250
onopgesmukte dagstukkies deel Susan alledaagse stories uit haar lewe
wat jou sal help om die Here se nabyheid oral tasbaarder te ervaar. Die
boek is daarop gemik om geestelike groei aan te moedig deur nuwe
maniere van dink en doen te kweek.
Afrikaanse 2020-vertaling, mediumgrootte volledige Bybel met luukse
bruin kunsleeromslag, kruisverwysings, voetnote, woordelys en kaarte.
Joyce Meyer help vroue al jare lank om hulself te verbeter deur
emosionele hindernisse en fisiese en geestelike struikelblokke in hul
lewe te identifiseer.
Afrikaanse 2020-vertaling, hoofletter uitgawe, mediumgrootte volledige
Bybel met luukse bruin gebreide kunsleeromslag, kruisverwysings,
voetnote, woordelys en kaarte.
Ontvang genesing vir jou emosionele wonde en ontdek jou lewensdoel as
God se kind in hierdie 90-daedagstukkieboek.
Leer die geheime van ’n suksesvolle huwelik by die topverkoper Joyce
Meyer. Of jy nou dertig dae of dertig jaar getroud is, jy wil ’n
huwelik hê wat in moeilike tye floreer. Maar ons huwelike lyk nie altyd
soos ons gedink het dit sou nie. Miskien het jy nie probleme in jou
Bekommernis, twyfel, verwarring, depressie, woede en gevoelens van
veroordeling is alles aanvalle op die gemoed. Bekende outeur Joyce
Meyer sal jou help om hierdie belangrike gevegte te wen. In hierdie
opgedateerde uitgawe leer Joyce ons hoe om ons gedagtes te fokus op die
manier waarop God dink. Sy deel persoonlike stories uit haar eie lewe,
saam met Bybelse waarhede en aanmoediging om jou te help om doelgerig
te dink, die gevegte in jou gedagtes te wen en 'n vreugdevolle lewe te
begin.
Die boek Spreuke is 'n skatkis van geestelike en praktiese wysheid wat
ons toerus om ons beste lewe te lei. Kennis is belangrik, maar as dit
nie in aksie omgeskakel word nie, slaag dit nie daarin om ons lewe te
verander nie.
Afr (1933 / 1953) Medium Denim Naslaan Rits (Kunsleer)
Afrikaanse 1983-vertaling, mediumgrootte, volledige Bybel. Gepubliseer
met 'n sagteband, randindeks en voetnote.
Hykie Berg, bekende akteur, topverkoperskrywer en entrepreneur, gee
praktiese riglyne oor hoe jy suksesvol kan leef. Hykie inspireer jou en
gee raad oor hoe ook jy jou drome kan waarmaak: Bou
selfdissipline; tree doelbewus; raak ontslae van verskonings; los die
slagoffermentaliteit; vind uit wat jou dryf; ontleed jou verskonings en
besef watter denkpatrone nie geldig is nie. Jy hoef nie bloot ’n
gemiddelde lewe te leef nie. Jy kan ’n uitstekende lewe leef. Dìt is
wat God vir jou wil hê.
"Hoe hou ek vas aan God terwyl my ervaringe nie hoop weerspieël nie?
Ivor Swartz lei ons om aan die hand van die Habakuk 3:17 te vra hoe lyk
'n nogtans-geloof gebedslewe, hoe praat en leef ek voor ander met my
nogtans-geloof en hoe bly ek geanker in God, eerder as die
uitkoms?
Susan Coetzer was ’n swaarmoedige Sannie eerder as Susan Super C.
Christus met sy wyse rigtingwysers het haar begeester om haar moue op
te rol en geestelike transformasiewerk in haar lewe te doen. Hierdie
proaktiewe werk het ’n paar mooi dinge gebring soos vryheid, vrede en
wysheid. Susan nooi jou om saam met haar op ’n reis te gaan. Mag
hierdie reis jou aanspoor om nooit moed te verloor nie, maar aan te hou
stap totdat jy ook ’n energieke, veerkragtige en borrelende mens in
Christus is.
Reggie Peace was 13 jaar oud toe hy by die kinderhuis se voordeur gaan
aanklop het. Die kinderhuis bied hom stabiliteit en gou begin Reggie
presteer. Maar hy bly ontevrede met homself - hy sug voordurend na
erkenning en aanvaarding. Tot hy besef dat hy ʼn keuse het: Kies die
lewe, óf kies ’n stadige dood. Reggie se verhaal is een van hoop. Sy
storie is een van swaarky, maar ook van uitdagings wat oorkom kan word
en hoe om met Christus aan jou sy sterker anderkant uit te kom.
Heidri Mittendorf is 'n bekende en ervare blokkiesraaiselkenner en
-opsteller. Die Bybelblokraaie 2 bevat 65 blokraaie wat
opgelos word met leidrade wat uit die Bybel nageslaan kan word asook 6
woordsoeke en 4 woordspeletjies gebaseer op temas uit die Bybel. Al die
antwoorde word ook verskaf. Dit sal ure se blokraaigenot verskaf aan
blokraailiefhebbers.
Leiers kan nie op hulle eie die leierskapspad kan aandurf nie. Hulle
het wysheid, perspektief, insig en liefde nodig. Hierdie boek
illustreer op 'n praktiese manier hoe tydlose beginsels en waardes
steeds toepaslik is in die ongenaakbare sakewêreld en dat indien
hierdie waardes die onderbou van 'n besigheid se kultuur
verteenwoordig, die kans op volhoubare sukses soveel groter is. Hierdie
boek bevat ook gevallestudies wat die voordele van beginselvaste,
waardegebaseerde leierskap uitbeeld.
Ontdek die vreugde van kreatiewe stilword by God! My kreatiewe Joernaal-Bybel bevat die volledige teks van die Nuwe Lewende Vertaling en ongeveer 400 woordkuns-teksverse om in te kleur. Elke bladsy het breë kantlyne met óf ’n woordkuns-teksvers, óf lyntjies waar gebede, notas en ander persoonlike inskrywings gedoen kan word. Ervaar vrede, vernuwing en inspirasie in jou geloofslewe wanneer jy stil word met die Woord van God en nadink oor die waarhede daarin terwyl jy die woordkuns-verse inkleur.
Is Jesus regtig wie Hy gesê het Hy is? Die dilemma waarmee die gemeente
in Kolosse geworstel het, eggo vandag nog in die kerk en wêreld.
In hierdie praktiese, toeganklike en lekkerlees-dagstukkieboek is daar elke dag ’n nuwe bruistablet om in afsondering te lees, te absorbeer en toe te pas in jou lewe – om jou innerlik te versterk as mens. Dit is ’n reis na groter egtheid en verdieping as kinders van die Here sodat jy (en ek) meer kan bruis en minder kan brul te midde van ons realiteit en probleme.
Afrikaanse Oudiobybel (1983)(MP3 USB) - Die volledige Bybelteks in
MP3-formaat op ’n geheuestokkie; enkelstemopname (nie gedramatiseer
nie). Hierdie is waarlik vir almal, siggestremdes sowel as siende
luisteraars. Ook in die 1953-vertaling beskikbaar.
Afrikaanse Oudiobybel (1933/1953)(MP3 USB) - Die volledige Bybelteks in
MP3-formaat op ’n geheuestokkie; enkelstemopname (nie gedramatiseer
nie). Hierdie is waarlik vir almal, siggestremdes sowel as siende
luisteraars. |
You may like...
Using Mobiles in Early Childhood and…
Cynthia C.M. Deaton, Sandra Linder, …
Hardcover
R2,530
Discovery Miles 25 300
Ubiquitous and Mobile Learning in the…
Demetrios G. Sampson, Pedro Isaias, …
Hardcover
Web-Based Teaching and Learning across…
Fengfeng Ke, Alicia Fedelina Chavez
Hardcover
R3,273
Discovery Miles 32 730
|