![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Christianity > Afrikaans
Afrikaanse 2020-vertaling, mediumgrootte volledige Bybel met swart
hardeband, kruisverwysings, voetnote, woordelys en kaarte.
Afrikaans 2020 Groot Druk Bruin Goud-Op-Snee Met Duimindeks (Kunsleer)
Afrikaanse 2020-vertaling, mediumgrootte volledige Bybel met luukse
bruin kunsleeromslag, kruisverwysings, voetnote, woordelys en kaarte.
In ’n wêreld wat nooit ophou verander nie, moet suksesvolle leiers ook deurgaans die koers aanpas en veranderinge aanbring. Dit wat gister gesorg het vir sukses, werk nie meer vandag nie. Maar hoe lyk suksesvolle leierskap vandag? In Leierskap 101 bespreek Stephan Joubert en Johan Smith 101 aspekte van hoe leierskap vandag lyk. Hierdie unieke blik op leierskap bevestig dat leiers God se gestuurde dienaars is. Deur te kyk na sake soos integriteit, visie, leierskap in die kerk en gehoorsaamheid wys hulle dat leierskap nie ’n lyding hoef te wees nie, maar ’n heerlike en vervullende voorreg. Ontdek ’n heel nuwe waarheid oor leierskap en word die leier wat God bedoel het jy moet wees.
Bekommernis, twyfel, verwarring, depressie, woede en gevoelens van
veroordeling is alles aanvalle op die gemoed. Bekende outeur Joyce
Meyer sal jou help om hierdie belangrike gevegte te wen. In hierdie
opgedateerde uitgawe leer Joyce ons hoe om ons gedagtes te fokus op die
manier waarop God dink. Sy deel persoonlike stories uit haar eie lewe,
saam met Bybelse waarhede en aanmoediging om jou te help om doelgerig
te dink, die gevegte in jou gedagtes te wen en 'n vreugdevolle lewe te
begin.
Afrikaanse 2020-vertaling, hoofletter uitgawe, mediumgrootte volledige
Bybel met luukse bruin gebreide kunsleeromslag, kruisverwysings,
voetnote, woordelys en kaarte.
Die boek Spreuke is 'n skatkis van geestelike en praktiese wysheid wat
ons toerus om ons beste lewe te lei. Kennis is belangrik, maar as dit
nie in aksie omgeskakel word nie, slaag dit nie daarin om ons lewe te
verander nie.
Afrikaanse 1983-vertaling, mediumgrootte, volledige Bybel. Gepubliseer
met 'n sagteband, randindeks en voetnote.
Heinz en Aletté Winckler, een van Suid-Afrikas se mees glansryke paartjies, is passievol daaroor om te sien dat huwelike nie net oorleef nie, maar floreer. Hierdie boek probeer paartjies bemagtig en bemoedig om hul ware identiteit in God te ontdek, om sodoende die beste moontlike huweliksmaat te kan word en wees. Heinz en Aletté praat reguit, sonder om doekies om te draai oor die volgende onderwerpe: fondasies, bagasie, kommunikasie, seks en intimiteit, ouerskap, skoonouers en finansies. Hulle deel ook grepe uit hulle eie verhaal om te verduidelik dat daar vir almal hoop is.
Afr (1933 / 1953) Medium Denim Naslaan Rits (Kunsleer)
Susan Coetzer was ’n swaarmoedige Sannie eerder as Susan Super C.
Christus met sy wyse rigtingwysers het haar begeester om haar moue op
te rol en geestelike transformasiewerk in haar lewe te doen. Hierdie
proaktiewe werk het ’n paar mooi dinge gebring soos vryheid, vrede en
wysheid. Susan nooi jou om saam met haar op ’n reis te gaan. Mag
hierdie reis jou aanspoor om nooit moed te verloor nie, maar aan te hou
stap totdat jy ook ’n energieke, veerkragtige en borrelende mens in
Christus is.
Afrikaanse Oudiobybel (1933/1953)(MP3 USB) - Die volledige Bybelteks in
MP3-formaat op ’n geheuestokkie; enkelstemopname (nie gedramatiseer
nie). Hierdie is waarlik vir almal, siggestremdes sowel as siende
luisteraars.
Reggie Peace was 13 jaar oud toe hy by die kinderhuis se voordeur gaan
aanklop het. Die kinderhuis bied hom stabiliteit en gou begin Reggie
presteer. Maar hy bly ontevrede met homself - hy sug voordurend na
erkenning en aanvaarding. Tot hy besef dat hy ʼn keuse het: Kies die
lewe, óf kies ’n stadige dood. Reggie se verhaal is een van hoop. Sy
storie is een van swaarky, maar ook van uitdagings wat oorkom kan word
en hoe om met Christus aan jou sy sterker anderkant uit te kom.
Leiers kan nie op hulle eie die leierskapspad kan aandurf nie. Hulle
het wysheid, perspektief, insig en liefde nodig. Hierdie boek
illustreer op 'n praktiese manier hoe tydlose beginsels en waardes
steeds toepaslik is in die ongenaakbare sakewêreld en dat indien
hierdie waardes die onderbou van 'n besigheid se kultuur
verteenwoordig, die kans op volhoubare sukses soveel groter is. Hierdie
boek bevat ook gevallestudies wat die voordele van beginselvaste,
waardegebaseerde leierskap uitbeeld.
Heidri Mittendorf is 'n bekende en ervare blokkiesraaiselkenner en
-opsteller. Die Bybelblokraaie 2 bevat 65 blokraaie wat
opgelos word met leidrade wat uit die Bybel nageslaan kan word asook 6
woordsoeke en 4 woordspeletjies gebaseer op temas uit die Bybel. Al die
antwoorde word ook verskaf. Dit sal ure se blokraaigenot verskaf aan
blokraailiefhebbers.
Afrikaanse Oudiobybel (1983)(MP3 USB) - Die volledige Bybelteks in
MP3-formaat op ’n geheuestokkie; enkelstemopname (nie gedramatiseer
nie). Hierdie is waarlik vir almal, siggestremdes sowel as siende
luisteraars. Ook in die 1953-vertaling beskikbaar.
In hierdie praktiese, toeganklike en lekkerlees-dagstukkieboek is daar elke dag ’n nuwe bruistablet om in afsondering te lees, te absorbeer en toe te pas in jou lewe – om jou innerlik te versterk as mens. Dit is ’n reis na groter egtheid en verdieping as kinders van die Here sodat jy (en ek) meer kan bruis en minder kan brul te midde van ons realiteit en probleme.
Die wêreld het meer sonneblommense nodig mense wat hulle koppe na die Son toe draai, mense wat meer en meer soos die Son wil wees eerder as giftige ivies, stink Afrikaners, stekelrige kaktusse, knieserige rosies of klaende hangkop wilgers. Transformasie begin as ons ons deel begin doen en verantwoordelikheid aanvaar om ons negatiewe gedagtes elke dag bewustelik by die alomteenwoordige Son te vernuwe. Ons moet onsself daagliks toewy in die bestudering van die Meester Sonneblom se lieflike kwaliteite en meer van die vrug van sy liefdevolle genadige gees te kweek deur ons gedagtes by hom te vernuwe. Om ou negatiewe gewoontes en denke af te breek vra baie herhaling en volharding. Kom ons maak dit ons doel om elke dag 'n rapsie meer na Jesus se voorbeeld van christenskap en menswees te lyk. Met hierdie 260 sonneblom dagstukkies nooi Susan jou uit na 'n avontuur van sonsoek al agter die Son aan. Geniet die sonneblomreis.
In 'n samelewing waar fronte voorgehou word en ons soos almal wil wees
om in te pas, is dit tyd om ontslae te raak van die behoefte om jou met
ander te vergelyk en aan ander se eise te voldoen.
Willie Esterhuyse is 'n produk en kind van Suid-Afrika; wereldbekend as denker, spreker en raadgewer vir staatsleiers. Sy passie vir reis bring hom uit by oerbeskawings waar hy godsdiens se geboorte sien. Tydens besoeke aan Malta raak hy vertroud met die eilandjie se onstuimige voorgeskiedenis en erfenisterreine. Hy ontdek veral die arena vir die konflik tussen Christene en Moslems, 'n kwessie wat vandag die wereld aan die praat en vrees het. In opvolg van, God en die gode van Egipte, en Die God van Genesis, sluit hy die trilogie af met Geagte Jahwe. Meesterlik besluit hy om direk 11 briewe te rig aan God op sy Bybelse noemnaam, Jahwe. Hierin kan Willie vlymskerp die kernsake van ons tyd oopsny en basiese lewensvrae oopboor, soos die stryd tussen gelowe, ineenstorting van samelewings. Hy bied ook rigting vir soekende denkers oor 'n ander kyk op God vir ons tyd. Willie daag ons uit om verder te dink: met die "gees van omgee" wat verby die stukkkend en seer kyk - na 'n wereld wat menslik en leefbaar vir almal is.
Wat gebeur nadat jy besef en aanvaar Jesus het jou inderdaad gekies?
Wanneer ons aan Hom behoort, kry ons nie net ’n nuwe identiteit nie;
ons word in ’n nuwe realiteit ingelei – een wat eg, kragtig en
lewensveranderend is.
Wil jy graag ’n sterker, inniger verhouding met Jesus hê? ’n Mens bou
jou verhouding met die Here deur tyd in sy teenwoordigheid deur te
bring en Hom beter te leer ken. |
You may like...
Optimal Methods for Ill-Posed Problems…
Vitalii P Tanana, Anna I. Sidikova
Hardcover
R3,172
Discovery Miles 31 720
Numerical Methods for Differential…
Sergey Repin, Timo Tiihonen, …
Hardcover
Current Topics in Anesthesia for Head…
Joshua H. Atkins, Jeff E Mandel
Hardcover
R1,658
Discovery Miles 16 580
Game Theory and Partial Differential…
Pablo Blanc, Julio Daniel Rossi
Hardcover
R3,184
Discovery Miles 31 840
Applications in Engineering, Life and…
Dumitru Baleanu, Antonio Mendes Lopes
Hardcover
R4,685
Discovery Miles 46 850
Craniofacial Dysfunction and Pain…
Harry J.M.von Piekartz, Lynn Bryden
Paperback
R1,660
Discovery Miles 16 600
An Introduction to Semilinear Evolution…
Thierry Cazenave, Alain Haraux
Hardcover
R5,102
Discovery Miles 51 020
From Particle Systems to Partial…
Cedric Bernardin, Patricia Goncalves
Hardcover
R3,432
Discovery Miles 34 320
Symmetries and Integrability of…
Decio Levi, Raphael Rebelo, …
Hardcover
R3,561
Discovery Miles 35 610
|