|
|
Books > Christianity > Afrikaans
Mense wat 'n verskil maak, is kreatief en gemotiveerd – en moeilik
en veeleisend. Hulle het 'n visie wat nie so maklik werklikheid
word nie. Die skrywer deel met ons die vyf en twintig lesse wat hy
met moeite en frustrasie geleer het. Toe die skrywer gevra is om
die leraar van die sterwende middestad-gemeente te word, het hy
geweet wat hy wou he. Maar dit was nie so maklik om dit te laat
gebeur nie. Hy moes leer dat elke "ja" minstens "nee" impliseer, om
te aanvaar dat hy nie almal se vriend kan wees nie, dat daar meer
mislukkings as suksesse is, dat jy stadiger vorder as ander mense
saam met jou reis, dat niks so eenvoudig is dat dit nie verkeerd
verstaan kan word nie. Met erns en humor, toegelig met voorbeelde
uit sy eie bediening, verduidelik die skrywer hoe jy ’n verskil kan
maak – sonder dat dit jou geestelike en emosioneel uitput.
Die klein boekie oor lewensvreugde – die lied oor die skoonheid van
die lewe, musiek en liefde – is 'n meesleurende melodie van
variasies op die tema: Se ja vir die lewe! Laat die lewe jou
betower. Maak tyd vir jou siel, luister na jou liggaam – en geniet
dit met jou hele hart en al jou sintuie. Moenie jou lewe omwens
nie, maar benut eerder elke oomblik wat die lewe jou bied.
Die klein boekie oor ware geluk leer jou om goed te wees vir
jouself en bedag op die behoeftes van jou siel. Moenie jouself
oorlaai en ooreis nie, wees rustig-tevrede en aanvaar jouself soos
jy is. Leef elke dag asof dit 'n kosbare geskenk is – spesiaal net
vir jou. Luister na die sagte stem van die verlange en drome in jou
hart – dan sal jy gelukkig wees.
Hosea is 'n vreemde kerel in die Bybel. Eintlik is dit meer sy
huwelik wat so vreemd is. God verwag van hom om met 'n prostituut
te trou en keer op keer na haar toe terug te gaan. So word Hosea en
sy vrou en kinders beeld van God se verhouding met sy bruid – ons.
Ons beur die heeltyd weg en God trek ons nader na Hom toe.
Ligdans is 'n titel oor depressie. Die skryfster, 'n vrolike
tydksrifjoernalis, vertel hoe sy in 'n verskrikkende, donker
maalkolk van depressie beland het. Met genade van Bo, 'n diep
geloof, mediese hulp en haar geliefdes se bystand kon sy mettertyd
egter weer met passie begin leef. Sy verweef haar eie rou maar ook
hoogs inspirerende verhaal met die vertellings van 16 ander
Suid-Afrikaanse depressie-vegters wie se ouderdomme, beroepe en
geloofs- en lewensfilosofiee verskil, maar almal openlik erken
(sommige vir die eerste keer) dat hulle teen depressie veg.
Uiteindelik word hulle klopdans van wanhoop egter 'n hoopvolle dans
in die lig – maar sonder dat hier oppervlakkige en onoortuigende
oplossings opgedis word.
Jy as leier het dalk 'n visie, maar is dit by jou mense ingeskerp?
As visie gaan om dit wat kan en moet wees, hoekom is julle nog
vasgevang in dit wat is? Die skrywer glo dat dit leiers se
verantwoordelikheid is om die visie by hulle mense in te skerp. Hy
vertel watter drie oorsake 'n visie laat vervaag..asook op watter
drie maniere jy dit kan skerp hou.
Die enkele indrukwekkendste leier in die hele geskiedenis is Jesus.
Tog het Hy party kernbeginsels van leierskap verbreek! Die
beginsels is gewoonlik in harmonie met dit wat die Bybel ons oor
dissipelskap leer. Maar wat gemaak as die influistering van die
Gees nie te rym is met die sakewereld en die kenners se beproefde
wyshede oor leier-wees nie?
Daar is sonder twyfel mense wat hulle smaak vir die Here en sy kerk
verloor het. Maar die Here gee nie moed op met sy kerk nie. Hy het
vir die kerk en elke gelowige ‘n praktiese plan in gedagte waarin
ons as gelowiges afgerond kan lewe en vrugte kan dra. Hierdie is
nie slim praatjies nie, maar 'n eerlike ondersoek van die oorvloed
Bybelgedeeltes oor geestelike volwassenheid.
Lesers van oraloor het besonder positief gereageer op Die
vriendelike God, die Bybelse dagboek wat 'n jongdominee aan sy
ouers gestuur het. Daarom is 'n verdere jaar se Bybelstudies van
die groepie in "Jongdominee" se studeerkamer ook in 'n titel, Die
vrolike God, saamgevat. Die vrolike God volg dieselfde patroon as
sy voorganger en stel dieselfde God aan lesers voor - die Here wat
sy kinders in sy arms optel, wat vriendelik na hulle toe afkyk
terwyl Hy hulle dra. Ons, sy kinders, kyk op na Hom en sien hoe Hy
na ons toe lag. Liefdevol, troostend, want Hy het alles in sy
hande. Ook vir ons – bekommerde bondeltjies vol vrae en vrese. Die
vrolike God is 'n titel wat lesers dag vir dag herinner aan die God
wie se kinders nie vir Hom te swaar is om te dra nie.
Dit is 'n onaanvegbare, universele waarheid - Jesus van Nasaret is
die band wat die Woord en die wetenskap verbind. Tog is die
implikasies van die kennis en vars perspektief wat ontsluit word,
verstommend. Die ontdekking van die ooglopende en kragtige skakel
ontsluit nuwe insig op eeu-oue tradisies te midde van skerp
aanvalle op die kerk.
Daar is talle titels oor die Ons Vader-gebed, maar dit kan ook nie
anders nie, want die eeue oue gebed is inderdaad 'n onuitputlike
bron van beloftes en hoop wat ons kan help om 'n troostelose wereld
deur middel van gebed in 'n nuwe lig te sien. In hierdie titel word
veel, veel dieper gedelf as die gewone voor die hand liggende
verklaring van die sewe bedes van Jesus se gebed. Met sy uitleg van
die dieper betekenis van die bekende frases het Thielicke destyds
sy verskrikte, hooplose gemeente gehelp om – verseker van die
troosryke teenwoordigheid van Hom tot wie ons bid – voort te gaan
met die lewe. Wie die boek lees, sal dieselfde kan doen.
In Jesus se tyd het groot getalle mense van oraloor gestroom om te
gaan luister na die Man wat kon genees, en wat stories vertel het
oor 'n wonderlike nuwe kwaliteit van lewe wat hy "die koninkryk"
genoem het. Twintig eeue later het hulle weer in hulle duisende
gaan luister na 'n man wat Jesus se gelykenisse so uitgele het dat
dit hoop kon gee vir verslae, siniese en ontnugterde mense in 'n
bomverwoeste stad. Met hierdie titel het ook jy nou die geleentheid
om na die "prente" te kyk wat Jesus geskets het van hoe mense se
lewe ten diepste lyk, en van die aanvaardende liefde en nuwe lewe
wat Hy aanbied.
|
|