![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Christianity > Afrikaans
Uit Die Beek is die oudste Bybeldagboek in Afrikaans en het oor die jare heen ’n staatmaker in menige huis geword. Dit bied jou die geleentheid om met verloop van tyd deur die hele Bybel te werk. Daar is ook ’n teksgedeelte wat in die aand gelees kan word, sake waarvoor daagliks gebid kan word en inleidings tot die Bybelboeke wat gelees kan word. Dit is geskik vir persoonlike stiltetyd én vir huisgodsdiens.
Ontdek 'n prettige manier om die regte grondslag te le vir kinders se geloof. Met 7 ritmes vir kinders gee Tom en Lollie Smith vir ouers (en ander versorgers) handige wenke oor hoe om kinders te lei om meer soos Jesus te wees en 'n verhouding met Hom te he. Deur hierdie praktiese beginsels herhalend in kinders se lewe toe te pas, vorm dit 'n ritme om hulle meer en meer soos Jesus te laat word. Deel 1, met bree kantlyne vir notas, fokus op die struikelblokke vir kinders en die proses van verandering. Deel 2 fokus op die sewe goddelike ritmes: 1. God is liefdevol en ontmoet ons waar ons is. 2. God is altyd beskikbaar en wil graag met ons 'n verhouding he. 3. God is die weg en genees ons om in sy karakter te groei. 4. God is die Koning en vra ons om met ons talente sy koninkryk uit te bou. 5. God is drie-enig en nooi ons uit om in 'n gemeenskap te leef. 6. God is lief vir die hele wereld en stuur ons om ook lief te he. God is kreatief en roep ons om Hom te volg in ons hele lewe. Elke hoofstuk in 7 ritmes vir kinders sluit af met besprekingsvrae en 'n praktiese oefening vir die gesin. Ouers en ander versorgers kan ook www.kinderritmes.co.za besoek vir meer ondersteuning.
Dié boek poog om jou te bemagtig om weer op jou eie bene te staan nadat jy verlies ervaar het. Dit wil hulp bied om deur verlies God weer te leer ken sodat ’n nuwe storie van liefde in jou lewe geskryf kan word.
Jaun Truter was 'n gangster in die ergste graad: Noem dit maar: Dwelms, aanranding, afpersing, en betrokkenheid by die Russiese mafia in Kaapstad. God gryp in op sy lewe op 'n baie tasbare en hoorbare manier en Jaun gaan tronk toe. Hier leer hy om van voor af te begin... Hierdie is 'n aangrypende verhaal van God se beskermende hand en hoe Hy nie sy kinders laat gaan nie.
Die ideale beginpunt waar tieners kan begin soek na antwoorde. Jimi le Roux neem jongmense in Kwelvrae wat tieners vra terug na die Bybel vir antwoorde op húlle vra. Die boekie bevat 82 vrae wat Jimi onder tieners bymekaar gemaak het. Vrae wat in hierdie boek behandel word, sluit in: Hoekom verskil mense so erg oor die Bybel? Wie is nou reg oor die skepping: Die Bybel of die wetenskap? Wie het God gemaak? Hoe het Hy ontstaan? Wat word van mense wat sterf sonder dat hulle van Christus gehoor het? Is daar werklik engele? Wat doen hulle? Wat gebeur met mense ná hul dood? Hoe weet ek dis God wat met my praat?
Mense het vrae. Die Bybel het antwoorde. Min dinge in die lewe is maklik en eenvoudig. Ook vir gelowiges is die wêreld kompleks en moeilik. Selfs die Bybel is nie altyd maklik om te verstaan nie! Al die ernstige vrae wat in mense se harte leef, verdien eerlike, reguit en goed deurdagte antwoorde. En dis wat jy in hierdie boek sal kry. In Die groot boek met Bybelse antwoorde praat 140 leraars oor sake wat soms ontstellend is en ander kere interessant en lewensverrykend. Hulle torring verwarrende vraagstukke netjies los en gee aanwysings hoe om self by antwoorde te kom wat in jou unieke omstandighede kan werk. Die skrywers ken die vrae wat die meeste deur gelowiges en ongelowiges gevra word. Hulle ken die Bybel en hoe om dit as bron van antwoorde te gebruik. Geen kitsreseppies of towerformules nie, maar wel inspirasie en riglyne om jou eie oplossings te vind vir vrae soos: - Hoekom moet ek vir my gemeente geld gee en hoeveel is genoeg? - Hoe moet ek dit regkry om my vyande lief te hê? - Is dit oukei as mense nie in die kerk trou nie? - Help dit enigsins om goeie dinge te doen in die slegte wêreld?
Verstaan mense regtig waardeur jy gaan? Is daar iewers “tips” vir hierdie ding waarvan jy niks weet nie? Dit is hoe Elize Parker, en Magriet Smit, albei gevoel het ná hul egskeidings. En uit hierdie behoefte is Een cappuccino en ’n creme soda, asseblief gebore. Dié boek gee vir enkelma’s praktiese raad oor hierdie onbekende, en dikwels baie seer, pad. Die boek bespreek praktiese temas soos: voorsiening, stabiliteit, hoop, verlies, dissipline, vergifnis, visie vir jou gesin, “tweehuise-sindroom” en identiteit. Elke hoofstuk in Een cappuccino en ’n creme soda, asseblief sluit af met ’n oorwinningsgedagte om saam te vat en bied ook ’n kort Bybelstudie wat ideaal is vir groepbesprekings. Hierdie boek is voorwaar ’n oorwinningsgids vir elke enkelma en bring net weer die bevestiging dat sy nie alleen is nie, want God sal haar nie hierdie pad alleen laat stap nie.
Wat verg dit om die samelewing meer produktief én meer menslik te maak? Peter Drucker, topverkopende outeur en bestuurskonsultant, is bekend as die vader van moderne bestuur. Sy motivering vir alles wat hy professioneel gedoen het, was om ’n bydrae te lewer tot die samelewing. Bob Buford verwoord sy gesprekke met hierdie leermeester in Die impak van ’n leier en kyk na temas soos: buitengewoon gewoon, sukses tot sinvolheid, doelgerigte innovering, die God-vraag en red die samelewing. Bob wys ook hoe hy en Peter saam ontdek het watter berge versit kan word wanneer mense ’n gesamentlike visie het.
Wonder jy ook waar is jou kind heen en wie is hierdie alien? Alles is ’n stryd: gesonde kos eet, reëls gehoorsaam ... Ouers voel soos mislukkings omdat dit lyk of hulle geen dissipline toegepas kry nie. Hulle voel skuldig omdat hulle heeldag raas. Stop! Bly net kalm en lees een van hierdie 365 Wyshede uit die pen van Hettie Brittz. Hier is genoeg vir ’n hele jaar. Of jy kan sewe op een slag lees. Net soos jy wil, wanneer jy wil, volgens jóú behoefte. En jy kan haar raad wat werk en haar insigte wat inspireer vir vriende en familie aangee, wanneer hulle moedeloos is met hulle ouerskap. Hierdie aanhalings leer jou om jou kind se unieke temperament te verstaan. Hulle gee wenke om met gesag op te tree wat getuig van God se liefde. En hulle verseker jou jy kán jou boompie op die regte manier buig en snoei.
Stilte, eenvoud en afsondering…Wereldwyd is daar 'n hernude belangstelling in die ou geloofstradisies en 'n soeke na innerlike verdieping en heelheid. Bekende berader en predikant Ds Ronell Bezuidenhout se nuwe boek gee praktiese raad vir besige mense in vandag se wereld. Die boek is vir jou as jy - meer wil put uit jou verhouding met God; soek na innerlike vrede en 'n lewe gevul met vreugde; aanvoel dat daar 'n groter realiteit is as die alledaagse materie wat ons om ons sien; 'n behoefte het om God beter en dieper te leer ken. Woestynwysheid stel jou voor aan mense van die vroegste eeue wat dieselfde behoeftes gehad het – en verduidelik hoe hul insigte op vandag se lewe van toespassing gemaak kan word. Geskryf vir die post-kerklike Christen op soek na iets meer.
Die manuskrip is 'n versameling van uitgesoekte stukke uit die rubriek "Geestelike Waardes" wat hy reeds vir byna twee dekades elke Saterdag in die dagblad Die Burger behartig, na sy voorgangers Ferdinand Deist en nog vroeer W D (Willie) Jonker. Die genre is die van meditasies, dit wil se bepeinsing oor een spesifieke tema, gedagte of vraagstuk. Die aard van die vrae is meesal lewensbeskoulik en dit word meesal verwoord aan die hand van 'n bekende figuur uit die geskiedenis, 'n klassieke werk of korpus van werk, of 'n invloedryke hedendaagse werk, uit die filosofie, letterkunde of wetenskap in 'n bree, inter-dissiplinere sin. Die bedoeling is daarmee om nie bloot (kontekslose) aanhalings te gebruik van bekende figure (soos wat dit in vele vorme op die web of in boeke beskikbaar is nie), maar om die betrokke persoon of bron self aan die woord te stel en lesers boonop die kans te gee om self verder daarop in te gaan, indien dit hulle sou interesseer.
In Gereformeerdes onder die Suiderkruis gaan dit om flitspunte uit die geskiedenis van vier Afrikaanse Gereformeerde kerke in Suid-Afrika, asook oor die invloed van Gereformeerdwees op hierdie kerke en deur die kerke op die samelewing. Daarom val die klem hier op die mees invloedryke kerke wat hulself met Gereformeerde waarhede vereenselwig het. As gevolg van die houding en benadering van die betrokke politieke owerhede vanaf 1652 tot 2011 maak Gereformeerde kerke onder Afrikaanssprekendes en Afrikaners hier die hooffigure uit. In hierdie proses vorm die Nederduitse Gereformeerde Kerk (NGK) die sleutelfiguur. Die skrywer is ook persoonlik ’n getuie daarvan dat die regerende ANC in die jare 1994-2011 die NGK as ’n hoofvennoot vir gesprek uitgesonder het waar dit oor die party se kontak met die Afrikaanse Gereformeerde kerke in Suid-Afrika gaan. In Protestantse en Rooms-Katolieke kringe is en word die NGK uitgesonder as ’n noodsaaklike gespreksgenoot – dit was die skrywer se ervaring as moderator van die NGK (2007-2011). Hoewel die tema van kerk en samelewing ’n belangrike een in hierdie studie is, kry kernelemente in die Gereformeerdwees van die betrokke kerke ook aandag. Dit sluit in belydenis- en leerstellige benaderings, Gereformeerde karakter, onderlinge verhoudinge en ekumene en, waar van toepassing, jonger kerke of kerklike familie. As sentrale fokuspunt gaan dit om ’n greep op die sentrale aspekte van hierdie kerke in hulle kerkwees onder die Suiderkruis in Suidelike Afrika.
Wie het nog nie gehoor dat ons mekaar moet liefhe nie? Die saal is stil. "Miskien het jy my nie reg verstaan nie. Ek wil weet wie hier teenwoordig het nog nooit gehoor dat ons mekaar moet liefhe nie?" Geen hande gaan op nie. Hier en daar is 'n skalkse glimlag sigbaar. "Hiermee aanvaar ek dan dat ons almal dit al gehoor het." Qui tacet consentire videtur. Die stilte was die antwoord. "Waarom is hierdie dan steeds die grootste krisis in ons lewe?" Hierdie situasie speel hom telkemale voor gehore af waar ek genooi word om te praat. Ons is gelowiges met 'n ywer vir God, maar met stukkende, geskeurde verhoudings. Het Jesus dan nie juis gekom om dit te kom herstel nie? Wat is fout? Dis ons almal se krisis. Hierdie boek is nie soseer 'n lesing in die dinamika van verhoudings nie, as wat dit 'n belydenis en 'n getuienis is. Is dit nie vreemd dat die meeste van ons eers besef hoe belangrik hierdie saak in ons lewe is as ons aan die bloeikant daarvan staan nie? Kan 'n mens regtig goeie verhoudings he? Selfs met taxibestuurders, politici, misdadigers en teenstanders? En met jou vrou of man of kinders? In hierdie boek se ek hard en duidelik: Ja! Maar dit kos meer as 'n motiveringspraatjie om dit te bewaarheid. My leermeesters op hierdie pad is by uitnemendheid my vrou en kinders en ouers. Hulle word bygestaan deur my vriende, mede-gemeentelede, mede-inwoners op die dorp en vyande. Ek leer by diegene wat my opbou en diegene wat my seermaak. Maar die dekaan van hierdie lewensuniversiteit is Jesus Christus self. Hy is die beste en die kundigste. Dis 'n fees om by Hom en die res van die "fakulteit" te leer wat regtig belangrik in die lewe is. Mag jy saam met my hierin feesvier en leer, want miskien ontmoet ons mekaar more in die straat...
Hoe moet jy dink, optree en lewe om soos Jesus te wees? Of jy al Die Storie gelees het of nou nuut begin met Ek glo, hierdie boek sal die groot waarhede van die Bybel op ’n duidelike en toeganklike manier aan jou bekendmaak. Randy Frazee is die hoofredakteur van hierdie merkwaardige boek. Ek glo neem jou op ’n reis om in jou geloof, aksies en karakter meer soos Jesus te word. Die 30 hoofstukke in die boek is in drie oorhoofse temas verdeel: 10 sleutelgeloofsbelydenisse van die Christelike geloof; 10 sleutelgewoontes van ’n volgeling van Jesus; 10 sleuteldeugde wat kenmerkend is van iemand wat meer soos Jesus begin word. Elke hoofstuk bevat teks uit die Bybel Nuwe Lewende Vertaling met teksverwysings om jou te help om die tematiese storie van die Bybel te leef. Die besprekingsvrae waarmee die boek afgerond word, is ideaal om hierdie reis saam met ander gelowiges te onderneem.
Hieridie boek se inhoud gaan jou lewe verander, maar die uitleg is ook na die volgende vlak gevat. Met 131 verskillende temas wat strek van A-Z en handel oor elke moontlike onderwerp, gaan jou lewe verseker verander word, een bladsy op 'n slag. Van brille en pille, hoeveel seks is genoeg, hoe om iemand te kry om na jou te luister, ouerskap, tieners, huwelike, families en vriende, die kerk en geloof. Daar is iets van alles. Die boek fokus nie net op geloof, of om jou 'n beter mens te maak nie of te laat gorei nie, dit sal jou leer om te lag, te huil en net die lewe te geniet. Lag vir jouself as jy val, leer om 'n cool ouma of oupa te wees en lekker tips vir die slaapkamer. 'n Boek met alles in.
Die heel belangrikste ding wat jy met jou lewe kan doen, is om tyd deur te bring om Jesus te leer ken. New York Times-topverkoper-outeur Rick Warren help lesers in sy Bybelstudie Die Seun van God om Jesus se lewe te ontdek en die impak wat dit op hulle lewe en lewensdoel het te verstaan. Hy daag lesers uit om te dink wat kan gebeur as hulle die lesse uit gebeure in Jesus se lewe op hulle eie lewe toepas. Hy gee ook praktiese stappe oor hoe om versoeking, lyding en vervolging te oorkom. Hierdie Bybelstudie is gebaseer op Mark Burnett (skepper van Survivor en The Apprentice) en Roma Downey (Touched by an Angel) se fliek Son of God waarvan die DVD in Oktober 2014 vrygestel is. Die Bybelstudie-DVD met dieselfde naam se inhoud is ook by Die Seun van God ingewerk. Buiten vir die ses studies bied dit ook wonderlike hulpmiddels vir kleingroepe, soos riglyne vir die aanbieder, vrae wat gereeld gevra word, ’n kleingroepkalender en -program en nog vele meer.
· Volledige Bybel · Afrikaans 1983-vertaling met herformulerings tot en met 1992 · Mediumgrootte, · Sagteband met indeks op die kantlyn · Nuwe lesersvriendelike uitleg · Inhoudsopgawe, kruisverwysings, voetnote en verkorte woordelys. · Venstertjie wat teksgrootte aandui agter op omslag
Daar is deesdae soveel Bybelvertalings – ook in Afrikaans – dat gelowiges tereg kan vra: Hoekom is daar soveel vertalings? Watter vertaling is rég? Waarom Soveel Bybelvertalings? help lesers verstaan waarom Bybelvertalings verskil. Jan van der Watt vertel die verhaal agter die Bybel:
Boonop word dit toegelig met interessanthede, soos foto’s van antieke geskrifte, voorbeeldtekste uit Bybelvertalings, en hy vergelyk selfs sekere verse met mekaar soos dit in verskeie Bybels verskyn. Waarom Soveel Bybelvertalings? beantwoord die vrae rondom Bybelmaak wat dikwels gevra word, van watter brontekste deur die skribas gebruik is, tot hoekom die Griekse teks so moeilik is om te vertaal. Dit bring elke leser onder die besef van wat ’n groot voorreg dit is om die Bybel in jou eie taal te kan lees.
Die Bybel – Afrikaanse Standaard Vertaling en Nuwe Lewende Vertaling (Parallel Nuwe Testament) bied lesers die geleentheid om te sien hoe die teks van die Afrikaanse Standaard Vertaling (ASV), ’n direkte vertaling, verskil van die Nuwe Lewende Vertaling (NLV), wat ’n dinamies-ekwivalente vertaling is. Die ASV het sy oorsprong uit die Direkte Vertaling soos dit in die Interliniere Bybel verskyn het, maar is hersien om gemakliker te lees, sonder om van die vertaalfilosofie van ? direkte vertaling af te wyk. Die teks van beide die ASV en die NLV se Nuwe Testament verskyn parallel langs mekaar sodat die Bybelteks maklik vergelyk kan word. Die ASV, as direkte vertaling, probeer so getrou moontlik aan die bronteks bly deur byvoorbeeld die lang sinskonstruksies, so kenmerkend van Grieks, te behou, asook lengtemate en inhoudsmate (soos vaam, sata en el) en geldstukke (soos stater en mina), wat in voetnote verduidelik word. Die Bybel – Afrikaanse Standaard Vertaling en Nuwe Lewende Vertaling (Parallel Nuwe Testament) bied aan lesers ? unieke en verrykende Bybellees-ervaring wat die wese en waarde van beide vertalings duidelik maak.
Pieter van den Berg en pastoor Dave Strydom is die aanbieders van Sport vir die siel op RSG. Wereldwyd begin al hoe meer sportsterre hulle afhanklikheid van die Here bely en baie getuig dat die seen van die Here, 'n groot invloed op hulle prestasies het. Pieter en Dave glo dat die beginsels wat van sportpersone wenners maak, leef ook in jou: Verstaan die wenstrategie in jou binneste/jou hart. RSG se Maandagoggend wengedagte "Sport vir die Siel" is nou in boekvorm beskikbaar. In Sport vir die siel word groot sportoomblikke, wat deur luisteraars onthou word, aan 'n geestelike boodskap gekoppel en 'n praktiese toepassing word gegee vir die leser se persoonlike lewe. Pieter lewer kommentaar of verslag oor die sportgebeurtenis om die oomblik te laat herleef, waarna pastoor Dave die geestelike toepassing daaraan koppel. Hierdie boek gaan jou positief beinvloed, van jou 'n wenner maak en jou beter laat voel oor die lewe en oor jouself! Onderwysers sal Sport vir die siel kan gebruik vir skriflesing en gebed tydens registerklas-openinge en saalbyeenkomste. Afrigters en onderwysers kan dit ook gebruik om kinders voor 'n sportwedstryd te inspireer en motiveer. 'n Wonderlike geskenk vir jou man, kinders of enige sportliefhebber. Sport vir die siel: Leer daagliks meer van God deur inspirasie te put uit die werking van die Gees op die sportveld.
Die hiernamaals ... Miljoene mense wonder en lees oor wat gebeur ná die lewe op aarde. Hank Hanegraaff word beskou as een van die voorste teologiese denkers van die 21ste eeu. In Die Lewe Na Die Dood verduidelik hy die verband tussen ons fisiese lewe op aarde en ons ewige toekoms. Die boek is in drie dele verdeel met 60 vrae wat mense dikwels oor die hiernamaals vra.
Afdeling 1 – die ewige hemel en aarde met vrae soos: “Wat gebeur in die hemel?” Die Lewe Na Die Dood gee lesers ’n duidelike en konkrete verstaan van wat ná die dood gebeur. |
You may like...
Dynamic Auditing - A Student Edition
B. Marx, A. van der Watt, …
Paperback
Africa's Business Revolution - How to…
Acha Leke, Mutsa Chironga, …
Hardcover
(1)
Robot Play for All - Developing Toys and…
Andrea Bonarini, Serenella Besio
Hardcover
R3,674
Discovery Miles 36 740
Encyclopedia of Organizational…
Mehdi Khosrow-Pour, D.B.A.
Hardcover
R25,327
Discovery Miles 253 270
|