![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Christianity > Afrikaans
Hierdie bundel is gevul met paslike liedere vir elke omstandigheid en
geleentheid. Dit bevat Afrikaanse en Engelse liedere en probeer Engels-
en Afrikaanssprekende gelowiges op geestelike gebied nader aan mekaar
bring. Die liedere hierin sal enige byeenkoms ophelder en almal wat
saamsing en luister tot seen wees.
Die bekoorlike volkleur-illustrasies sal klein ogies betower voor hulle
toeval terwyl Mamma of Pappa die ritmiese gediggies voorlees om hulle
aan die slaap te sus.
Die Verklarende Studiebybel is ’n omvattende Studiebybel gebaseer op
die 1933/1953-vertaling van die Bybel in Afrikaans. Twee vooraanstaande
teoloë het die verklarende notas, temas, tekskritiese inligting en
inleidings tot die Bybelboeke redaksioneel versorg om te verseker dat
dié inligting die Bybel getrou ontsluit en in ooreenstemming is met die
nuutste Bybelkundige insigte.
Die Verklarende Studiebybel is spesiaal saamgestel om jou Bybelkennis te verbreed, jou te help om persoonlike Bybelstudie te doen en jou geestelik te laat groei.
Die Verklarende Studiebybel is ’n omvattende Studiebybel gebaseer op
die 1933/1953-vertaling van die Bybel in Afrikaans. Twee vooraanstaande
teoloë het die verklarende notas, temas, tekskritiese inligting en
inleidings tot die Bybelboeke redaksioneel versorg om te verseker dat
dié inligting die Bybel getrou ontsluit en in ooreenstemming is met die
nuutste Bybelkundige insigte.
Die Verklarende Studiebybel is spesiaal saamgestel om jou Bybelkennis te verbreed, jou te help om persoonlike Bybelstudie te doen en jou geestelik te laat groei.
In die oop ruimtes tussen sterre en swaartekrag sal jy Karlien vind
waar sy kaalvoet en sonder pretensie by die Here sit. Daar waar sy met
Hom kan gesels oor haar soeke en seer, want sy weet dat Hy gewillig en
met deernis luister.
Die Bybel Nuwe Lewende Vertaling (NLV) in grootdruk bied ’n unieke
balans tussen noukeurigheid, akkuraatheid en lesersvriendelikheid en is
reeds baie gewild by duisende lesers.
Kom saam: Wysheid vir jou lewensreis is die tweede boek in die gewilde
Kom Saam-reeks van dagstukkies deur Sonja Goldberg en die opvolg van
die eerste boek, Kom saam: Inspirasie vir jou lewensreis. Hierdie
besonderse dagstukkies is spesiaal geskryf vir vroue wat inspirasie,
wysheid en hoop nodig het vir hul lewensreis deur die laag- en
hoogtepunte van elke dag.
Die Evangelie van Thomas is deel van die geskrifte wat in 1945 naby die Egiptiese dorp Nag Hammadi ontdek is deur n paar kleinboere wat besig was om vir bemestingstof te grawe. Die teks bevat gesegdes van Jesus waarvan maar sowat veertig persent ook in die drie sinoptiese Evangelies (Matteus, Markus en Lukas) voorkom en dit is daarom 'n besonder interessante geskrif om naas die Bybel te bestudeer. Voor die ontdekking van die Nag Hammadi-geskrifte en die ontdekking van n volledige Koptiese teks (die ou Egiptiese taal, wat sedert die dae van die Ptolemeiese koningshuis met Griekse letters geskryf is) is 'n paar flentertjies papirus met dele van hierdie Evangelie in Grieks op 'n ashoop by Oxyrynchus in Egipte gevind. Hierdie tekste sowel as fragmente van die Matteus-evangelie is die oudste Christelike dokumente wat ooit gevind is.
Bakens van geloof is ’n kragtige getuienis en praktiese voorbeeld van ’n daaglikse bonatuurlike wandel met God. Hierdie boek sal jou ’n voorskou gee van hoe groot en hoe werklik God se goedheid is teenoor sy kinders. Ilse Roux deel haar passie vir die Woord en haar praktiese geloofspad met God op so ’n manier dat mens net weer oorweldig word met wie hierdie liefdevolle God werklik is. Sy het die waarde daarvan ontdek om in kinderlike geloof op God se Woord te vertrou en sien die vrug daarvan in haar en haar gesin se lewens. Die deurlopende draad van gehoorsaamheid aan God se beginsels en sy stem, sal jou inspireer om ook jou verhouding met Hom te verdiep en sal jou leer dat jy Hom ten alle tye kan vertrou. Kort voor lank sal jy jou eie bakens van geloof hę wat spruit uit jou persoonlike geloofspad met Hom.
Die boodskap van die Nuwe Testament is dat Jesus die straf vir die mens
se sonde op Hom geneem en vryspraak verwerf het vir diegene wat in Hom
glo. Hierdie geloof in die plaasvervangende lyding van Jesus laat vrae
by baie mense ontstaan. Was die wrede dood van Jesus nodig? Waarom
vergewe God nie onvoorwaardelik, sonder om ’n offer te eis nie? Is God
die Vader beperk in sy vergewensgesindheid? Die geloof in hemel en hel
wek angs en twyfel by vele – angs vir die hel en twyfel of hulle die
hemel sal ‘haal’. Kan ’n
'n Tyd om te praat gaan beslis vir elke leser op 'n spesifieke wyse praat, wat jou gaan laat besef wie jy werklik is. Leer ken jou diepste wese met hierdie boek op verskillende vlakke. Ontdek so dieper insig om regte besluite te maak. Rinscha deel haar lewensverhaal ter verryking van alle mense, sodat ieder en elk iets hieruit die toekoms mag saamneem. Dit is Rinsha se passie om mense in die eg te verbind, want baie siele word so gewen met haar boodskap wat sy vooraf van Hom ontvang het. By meeste mense wanneer daar baie seer tye in hul lewens insypel, ontstaan 'n innerlike worsteling en kan dit 'n mens soms onnodig besig hou. Verkeerde keuses kan reggestel word en mens hoef nie weg te kruip en in skaamte te leef nie. Sy hoop dat hierdie boek 'n aanwins en aansporing sal wees vir elke mens om te besef dit is nooit te laat om reg te maak en weer geluk te vind nie.
Die meeste mense beland die een of ander tyd in ’n net van ellende. Die planne wat jy gemaak het, het in duie gestort, en jou lewe val uitmekaar. Jy het jou lewensmaat verloor, of jou werk, of jou gesondheid het ingegee. Jy het die moed verloor om aan te hou lewe. In die Christelike geloof is daar die troosryke boodskap van ’n net wat inderdaad gebreek het: Met die sterwe van Jesus is die toegang tot God vry gemaak vir almal. Die prys vir die skuld van die mensdom is betaal, sodat alle mense God te alle tye met vrymoedigheid kan nader. Die blydskap oor die gebreekte vangnet kan egter slegs ervaar word deur diegene wat weet van die net wat hulle gevange hou en waaruit hulle nie self kan ontsnap nie. Alleen die nederige persoon kan opreg bid, en nederigheid is ook die gevolg van ’n gesonde gebedslewe.
In hierdie nuwe węreld van kwantumfisika kan ons eenvoudig nie meer na die lewe kyk met die bygelowige drieverdieping-węreldbeeld van onder meer die Bybel en die Koran nie. Die oorkantste oewer daag tradisionele denkwyses en lewensbeskouings uit. Dit nooi die leser om saam nuwe moontlikhede te ontdek en terselfdertyd ruimte en respek aan mekaar te gun.
God se hart oor man-en vrouwees beskryf. Die twee topverkoperboeke wat God se hart oor man- en vrouwees beskryf, Die ongetemde hart deur John Eldredge en Jy is bekoorlik deur John en Stasi Eldredge, is nou vir die eerste keer in Afrikaans in een volume beskikbaar. Die ongetemde hart is sonder twyfel die belangrikste boek vir Christenmans wat die afgelope dekade verskyn het. Sedert die verskyning van Wild at Heart in 2002 en Wild at Heart (revised edition) in 2011, is daar al ver oor ’n miljoen eksemplare verkoop. John Eldredge hou ’n totaal nuwe benadering tot manwees voor. Hy skryf nie ideale gedragspatrone vir Christenmans voor nie, maar nooi hulle op ’n verkenningstog om hulle Godgegewe, ongetemde aard te ontdek. In Jy is bekoorlik wys John en Stasi Eldredge waarvoor God die vrou oorspronklik geskep het, en hoe haar hart herstel kan word om die vryheid, krag en skoonheid te beleef wat vir haar bestem is. Hulle kyk ook na die drie begeertes van ’n vrou: ’n avontuur • om te deel • om mooi te wees • om bemin te word.
Die psalmboek is ’n eeue oue bron van vertroosting. Dit verwoord ons vrese, onsekerhede, vreugde en hoop. Dit spreek tot ons met troos en verwagting en afwagting. Die psalms is hartswoorde wat uit die dankbare of gekwelde hart van mense na God opstyg. Daar is verwondering oor die skoonheid van die skepping en die vaste patrone daarin. Daar is ook psalms wat deurdronge is van ervarings van krisis en nood. Dis ’n roepe uit ons hart na God. Daar is psalms waarin die lofliedere, dankbaarheid en hernude verwondering oor God se genade en voorsiening opklink. In Die tint van ons toekoms ondersoek Johan Cilliers die psalms as wegwysers na oordenkings oor verwonding, verwondering en verwagting met die hoop dat dit die leser op ’n nuwe weg sal plaas, ’n nuwe toekoms tegemoet. In die psalms praat en bid, sug en sing mense hul hart voor God uit. Maar God praat daarin ook sy hart teenoor ons uit. In ’n sin is dit ’n gesprek van hart tot hart. Dis God wat ons uit die skadu’s van lyding en leed, verwonding en dood uitlei en ons toekoms algaande versadig met lig.
Hoekom is ek so, wat is fout met my? Ek kan nie regtig met iemand hieroor praat nie. Ek sien nie kans vir die verwerping, spot en veroordeling nie. Wanneer my ouers, vriende en familie dit uitvind, hoe gaan hulle reageer? Wat dink God van alles, waar pas Hy in? Hoekom straf Hy my so? Ek bly liewers stil en leef ’n lewe van leuens. Hierdie is 'n moet-lees boek vir:
Vroue speel nog altyd 'n sentrale rol in ons samelewing. Hul rol as versorgers word erken, maar wat van oa in die kerk of sakewęreld? Het die vrou se rol oor die jare verander? Bettina Wyngaard ontleed die kwessie in 'n gesprek tussen toeka en nou en Bybel en grondwet. Sy gaan kyk na die sogenaamde "text of terrors" en hoe die eerste vroue bygedra het tot die vryheid wat vroue vandag het in alle sfere van die samelewing geniet. Maak nie saak hoe stadig hul vorentoe beweeg nie, hul beweeg.
Dit wil voorkom of die terme “goed” en “God” deesdae sinoniem is. Ons glo dat dit wat oor die algemeen as goed beskou word, in lyn met God se wil moet wees. Vrygewigheid, nederigheid, geregtigheid – goed. Selfsugtigheid, arrogansie, wreedheid – boos. Die onderskeid blyk tog duidelik te wees. Maar is dit al wat dit behels? Indien “goed” dan so voor die hand liggend is, hoekom sę die Bybel dan dat ons onderskeidingsvermoë moet hę om dit te identifiseer? Goeie werke of God? is nie net nóg ’n selfhelp-boodskap nie. Hierdie boek sal baie meer doen as om jou te vra om jou gedrag en gesindheid te verander. Dit sal jou in staat stel om op so ’n vlak met God te kommunikeer dat dit elke aspek van jou lewe sal verander.
Beloftes vir oorwinning bevat talle beloftes uit die Bybel oor geestelike oorlogvoering en gebed, en bied ’n gids aan gelowiges oor hoe om die vyand teen te staan, hulle posisie in Christus in te neem en vas te staan in oorwinning. Onderwerpe sluit in: • Weet Wie God werklik is • Weet wie jy in Christus is • Ken die vyand se strategie • Onderskeiding • God se krag oor die viand • Jou geestelike wapenrusting • Jou posisie in Christus • Wees waagmoedig – jy hoef nie die vyand te vrees nie • Word vernuwe • Staan die vyand teë • Gebed – ons strategie teen die viand Bybelverse word geneem uit die Nuwe Lewende Vertaling, asook verskeie ander Bybelvertalings. Beloftes vir oorwinning bevat ook gepaste aanhalings deur verskeie Christenskrywers oor die onderskeie onderwerpe. pe
101 persoonlike gebede vir elke seisoen en situasie in ’n vrou se lewe. Hierdie sakgrootte gebedeboek bevat verskeie kort gebede oor: • Temas soos vreugde, seerkry, eensaamheid, danksegging en leiding; • Verskillende persoonlike situasies, soos bv. siekte, finansiële probleme, afdanking, ’n nuwe baba en vele ander situasies wat op vandag se vrou van toepassing is; • Verskillende mense soos ‘my tiener’, ‘my man’, ‘my kind wat oorsee werk’; en • Temas rondom jou verhouding met God, bv. gehoorsaamheid, liefde vir God, vergifnis en versoening. Ook ingesluit is ’n gepaste Bybelvers by elke gebed en ’n alfabetiese indeks vir maklike opsoek. Die grootte maak dit gerieflik om oral met jou saam te dra.
Lewensgids vir vroue, Aletté-Johanni se nuwe boek, is geskryf vanuit ’n
vars, nuwe perspektief en bied tydlose wysheid wat aanklank by vroue
van alle ouderdomme sal vind.
Lewensgids vir mans, Heinz Winckler se nuwe boek, is geskryf vanuit ’n
vars, nuwe perspektief en bied tydlose wysheid wat aanklank by mans van
alle ouderdomme sal vind.
Die Heilige Gees word dikwels misverstaan, en baie mense het geen idee Wie Hy regtig is en hoe Hy Homself aan ons openbaar nie. Die Heilige Gees word dikwels as ’n “vreemde verskynsel” uitgebeeld. Die Bybel maak dit egter duidelik dat die Gees nie iets is nie, maar iemand – ’n Persoon wat belowe het om jou nooit te verlaat nie. In Ontmoet die Heilige Gees nooi John Bevere jou om die Persoon en werk van die Heilige Gees te ontdek. Hierdie interaktiewe boek is veeldoelig – deels boek, deels Bybel studie, deels groepstudie – en bevat vyf hoofstukke wat die volgende bespreek: • Wie is die Heilige Gees? • Die persoonlikheid van die Heilige Gees • Ons verhouding met die Heilige Gees • Hoe ons bekragtig word deur die Heilige Gees • Die taal van die Heilige Gees Elke hoofstuk is opgedeel in vyf voorgestelde leesstukke met ooreenstemmende Bybelstudies aan die einde van die hoofstuk en ’n afdeling met besprekingsvrae vir groepstudie. Dit bevat ook ’n bonus-hoofstuk met ’n diepgaande vraag en antwoord-gesprek waarin van die moeilikste vrae oor die Heilige Gees beantwoord word.
Kan eet teruggeëis word as heilige daad, deels met die wete dat jy nooit geďsoleerd is nie, selfs al voel dit so? Hedendaagse verbruikerskultuur vergeet die onsigbare, minag die ontasbare en maak ’n bespotting van die geringe. Is daar ’n lewegewende alternatief vir hierdie kultuur? Ons kan dit verander deur Christelike spiritualiteit en die keuse om aandagtig en bewustelik te lewe. Jy kan dit doen by ’n tafel – jy kan ’n sinnelose, bedwelmde bestaan ontkom en jy kan sien en hoor wat jy nooit sal sien en hoor as jy slegs ’n gewone verbruiker bly nie. Begin deur bewustelik te eet. Kyk na jou bord, asem die reuke in, kyk saam met wie eet jy, besef dat iets moes sterf vir daardie kos om op jou bord te beland, hetsy ’n hoender of ’n wortel. Die tafel is die verbindingsplek, met jouself, die natuur, met ander mense en met God. Kry balans in alles – moenie te veel eet nie, moenie te min eet nie, eet van alles, eet volhoubaar.
|
You may like...
|