![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Christianity > Afrikaans
Die Bybel Nuwe Lewende Vertaling (NLV) bied ’n unieke balans tussen
noukeurigheid, akkuraatheid en lesersvriendelikheid en is reeds baie
gewild by duisende lesers.
Die Nuwe Lewende Vertaling (NLV) kombineer Skrifgetrouheid en
lesersvriendelikheid om die boodskap van die grondteks in eietydse
Afrikaans vir vandag se leser weer te gee.
Die tweede, hersiene uitgawe van Genesing vir Trauma is ’n diepgaande, omvattende handleiding wat steun op dekade lange eerstehandse ervaring in berading. Die tweede uitgawe is nie net volledig opgedateer en bygewerk nie, maar bevat ook nuwe hoofstukke, soos die hoofstuk oor die impak van Covid-19. Beide beraders en slagoffers sal kan baat vind by die verstaanbare, relevante inhoud propvol algemene wysheid en geestelike begeleiding. Elke hoofstuk bevat waardevolle riglyne oor hoe om mense wat 'n spesifieke vorm van trauma beleef het by te staan, en wel binne die Suid-Afrikaanse konteks. Hierdie opgedateerde uitgawe spreek tot alle groepe binne die Suid-Afrikaanse samelewing. Hoewel die boek vanuit 'n Christelike perspektief geskryf is, is die beradingstegnieke wetenskaplik-gefundeerd en kan dit deur 'n wyer mark gebruik word. Individuele genesing het ’n genesende uitkringeffek op die gemeenskap wat vir almal van belang is. Yvonne Retief se sentrale boodskap is dat daar genesing en hoop vir slagoffers van trauma is.
Wat het Jesus werklik gesê • Jy mag nie lag en die lewe geniet nie • As jy twyfel glo jy nie regtig nie • ʼn Man is ʼn vrou se baas • Jou besluite en keuses is jou probleem … Daar word baie keer verkeerdelik geglo of oorgedra wat hulle dink Jesus gesê het. Mense glo dan iets wat nie altyd waar is nie. In Dít het Jesus nooit gesê nie word feit en fiksie geskei. Daar word duidelik gesê wat die wêreld glo Jesus sê en wat Hy werklik gesê het.
Drie kruise. Een Middelaar. Sewe uitsprake. Op 'n koppie buite Jerusalem het daar tweeduisend jaar gelede drie kruise gestaan. Jesus van Nasaret het aan die middelste kruis die geskiedenis letterlik in twee gedeel. Hy het die mag van sonde en dood finaal verslaan, sodat die mens vir wie Hy so lief is, weer die vreugde van ’n hegte verhouding met Hom kan beleef. Terwyl Jesus aan die kruis hang, vloei daar sewe uitsprake oor sy lippe – onvergelyklike woorde van liefde, hoop, versmagting en, uiteindelik, oorwinning. Daardie woorde weerklink vandag nog net so helder, en hou ook ’n boodskap in vir jou lewe. Beleef hoe hierdie uitsprake God se liefde en genade in jou lewe tuisbring, en waarom die gebeure daardie Vrydag jou nie onaangeraak sal laat nie.
Kan eet teruggeëis word as heilige daad, deels met die wete dat jy nooit geïsoleerd is nie, selfs al voel dit so? Hedendaagse verbruikerskultuur vergeet die onsigbare, minag die ontasbare en maak ’n bespotting van die geringe. Is daar ’n lewegewende alternatief vir hierdie kultuur? Ons kan dit verander deur Christelike spiritualiteit en die keuse om aandagtig en bewustelik te lewe. Jy kan dit doen by ’n tafel – jy kan ’n sinnelose, bedwelmde bestaan ontkom en jy kan sien en hoor wat jy nooit sal sien en hoor as jy slegs ’n gewone verbruiker bly nie. Begin deur bewustelik te eet. Kyk na jou bord, asem die reuke in, kyk saam met wie eet jy, besef dat iets moes sterf vir daardie kos om op jou bord te beland, hetsy ’n hoender of ’n wortel. Die tafel is die verbindingsplek, met jouself, die natuur, met ander mense en met God. Kry balans in alles – moenie te veel eet nie, moenie te min eet nie, eet van alles, eet volhoubaar.
Hierdie bundel is gevul met paslike liedere vir elke omstandigheid en
geleentheid. Dit bevat Afrikaanse en Engelse liedere en probeer Engels-
en Afrikaanssprekende gelowiges op geestelike gebied nader aan mekaar
bring. Die liedere hierin sal enige byeenkoms ophelder en almal wat
saamsing en luister tot seen wees.
Die Verklarende Studiebybel is ’n omvattende Studiebybel gebaseer op
die 1933/1953-vertaling van die Bybel in Afrikaans. Twee vooraanstaande
teoloë het die verklarende notas, temas, tekskritiese inligting en
inleidings tot die Bybelboeke redaksioneel versorg om te verseker dat
dié inligting die Bybel getrou ontsluit en in ooreenstemming is met die
nuutste Bybelkundige insigte.
Die Verklarende Studiebybel is spesiaal saamgestel om jou Bybelkennis te verbreed, jou te help om persoonlike Bybelstudie te doen en jou geestelik te laat groei.
Die Verklarende Studiebybel is ’n omvattende Studiebybel gebaseer op
die 1933/1953-vertaling van die Bybel in Afrikaans. Twee vooraanstaande
teoloë het die verklarende notas, temas, tekskritiese inligting en
inleidings tot die Bybelboeke redaksioneel versorg om te verseker dat
dié inligting die Bybel getrou ontsluit en in ooreenstemming is met die
nuutste Bybelkundige insigte.
Die Verklarende Studiebybel is spesiaal saamgestel om jou Bybelkennis te verbreed, jou te help om persoonlike Bybelstudie te doen en jou geestelik te laat groei.
ONTMOETINGS MET DIE LEWENDE GOD GEBEUR NIE NET IN DIE KERK NIE ... Is jy bekommerd oor jou familie? Sukkel jy met skuld, huweliksprobleme, verslawing of jou gesondheid? Is jy gestres en kan jy nie meer die Here se seëninge raaksien nie? Asem dan die woorde in hierdie boek in soos die asem van God wat nuwe lewe in jou bestaan blaas. Lees wie die Here is, waarvan Hy hou en hoe Hy mense verras. Jy leer net ’n deeltjie van Hom regtig ken deur wat jy ervaar. Nou kan jy ’n klomp hartsopenbaringe bymekaar sit, en ’n groter prentjie geteken kry in jou binneste. Aangename kennis, Here is ’n program op Radiokansel wat soggens vroeg uitgesaai word. 50 verstommende getuienisse is nou in boekformaat beskikbaar, sodat jy kan lees wat beroemdes en mense wat jy nie ken nie uit hulle geloofsharte vertel. WARE VERHALE, OPREGTE MENSE, WARE HOOP.
In die oop ruimtes tussen sterre en swaartekrag sal jy Karlien vind
waar sy kaalvoet en sonder pretensie by die Here sit. Daar waar sy met
Hom kan gesels oor haar soeke en seer, want sy weet dat Hy gewillig en
met deernis luister.
Kom saam: Wysheid vir jou lewensreis is die tweede boek in die gewilde
Kom Saam-reeks van dagstukkies deur Sonja Goldberg en die opvolg van
die eerste boek, Kom saam: Inspirasie vir jou lewensreis. Hierdie
besonderse dagstukkies is spesiaal geskryf vir vroue wat inspirasie,
wysheid en hoop nodig het vir hul lewensreis deur die laag- en
hoogtepunte van elke dag.
Die Evangelie van Thomas is deel van die geskrifte wat in 1945 naby die Egiptiese dorp Nag Hammadi ontdek is deur ’n paar kleinboere wat besig was om vir bemestingstof te grawe. Die teks bevat gesegdes van Jesus waarvan maar sowat veertig persent ook in die drie sinoptiese Evangelies (Matteus, Markus en Lukas) voorkom – en dit is daarom 'n besonder interessante geskrif om naas die Bybel te bestudeer. Voor die ontdekking van die Nag Hammadi-geskrifte en die ontdekking van ’n volledige Koptiese teks (die ou Egiptiese taal, wat sedert die dae van die Ptolemeiese koningshuis met Griekse letters geskryf is) is 'n paar flentertjies papirus met dele van hierdie Evangelie in Grieks op 'n ashoop by Oxyrynchus in Egipte gevind. Hierdie tekste sowel as fragmente van die Matteus-evangelie is die oudste Christelike dokumente wat ooit gevind is.
Die boodskap van die Nuwe Testament is dat Jesus die straf vir die mens
se sonde op Hom geneem en vryspraak verwerf het vir diegene wat in Hom
glo. Hierdie geloof in die plaasvervangende lyding van Jesus laat vrae
by baie mense ontstaan. Was die wrede dood van Jesus nodig? Waarom
vergewe God nie onvoorwaardelik, sonder om ’n offer te eis nie? Is God
die Vader beperk in sy vergewensgesindheid? Die geloof in hemel en hel
wek angs en twyfel by vele – angs vir die hel en twyfel of hulle die
hemel sal ‘haal’. Kan ’n
Bakens van geloof is ’n kragtige getuienis en praktiese voorbeeld van ’n daaglikse bonatuurlike wandel met God. Hierdie boek sal jou ’n voorskou gee van hoe groot en hoe werklik God se goedheid is teenoor sy kinders. Ilse Roux deel haar passie vir die Woord en haar praktiese geloofspad met God op so ’n manier dat mens net weer oorweldig word met wie hierdie liefdevolle God werklik is. Sy het die waarde daarvan ontdek om in kinderlike geloof op God se Woord te vertrou en sien die vrug daarvan in haar en haar gesin se lewens. Die deurlopende draad van gehoorsaamheid aan God se beginsels en sy stem, sal jou inspireer om ook jou verhouding met Hom te verdiep en sal jou leer dat jy Hom ten alle tye kan vertrou. Kort voor lank sal jy jou eie bakens van geloof hê wat spruit uit jou persoonlike geloofspad met Hom.
In hierdie nuwe wêreld van kwantumfisika kan ons eenvoudig nie meer na die lewe kyk met die bygelowige drieverdieping-wêreldbeeld van onder meer die Bybel en die Koran nie. Die oorkantste oewer daag tradisionele denkwyses en lewensbeskouings uit. Dit nooi die leser om saam nuwe moontlikhede te ontdek en terselfdertyd ruimte en respek aan mekaar te gun.
Besluit om te wíl oorleef. Wat ek wel weet, is dat hierdie boek jou gaan vertel van My storie, Jou storie en ʼn wildernis. Dit gaan jou konfronteer met soms erge onverpakte keuses. Jy gaan kies tussen doodgaan en oorlewing. Ek vertrou dat jy in die proses ook vaardighede sal ontdek in jouself wat van jou wildernis storie, ʼn inspirerende storie sal maak. Jy gaan lewens verander met die lesse wat jy geleer het en ontdek dat jy reeds besig is om jou volgende wildernis te betree. Elke wildernis ervaring en oorlewing laat jou keuses maak, vorentoe beweeg met spore van oorlewing agter jou wat vir die wat ná jou kom, sal bewys dat hulle dit kán maak! Jy mag dalk jou wenkbroue lig as ek sê dat 5- en 10-punt planne vir die voëls is. Dit het nie vir MY gewerk nie. Sal nooit. Vir my, maak dit van boeke topverkopers en sprekers, ikone en ja, ons het ikone nodig vir suurstof in swaarkry, maar dit is dit, want, dis húlle wildernis storie. Met ʼn duur boek onder jou arm en ʼn ongemaklike middelrif volgestop met koek en tee uit duur koppies, sal jy van funksie na fees en van kamp tot kursus, steeds in die wildernis bly verdwaal, mits… Jý besluit om te wíl oorleef, uit die wildernis te wil stap as ʼn bevryde mens, jou oorlewings vaardighede in lesse wil omskakel wat uiteindelik sal lei na ʼn storie met inhoud.
Die psalmboek is ’n eeue oue bron van vertroosting. Dit verwoord ons vrese, onsekerhede, vreugde en hoop. Dit spreek tot ons met troos en verwagting en afwagting. Die psalms is hartswoorde wat uit die dankbare of gekwelde hart van mense na God opstyg. Daar is verwondering oor die skoonheid van die skepping en die vaste patrone daarin. Daar is ook psalms wat deurdronge is van ervarings van krisis en nood. Dis ’n roepe uit ons hart na God. Daar is psalms waarin die lofliedere, dankbaarheid en hernude verwondering oor God se genade en voorsiening opklink. In Die tint van ons toekoms ondersoek Johan Cilliers die psalms as wegwysers na oordenkings oor verwonding, verwondering en verwagting met die hoop dat dit die leser op ’n nuwe weg sal plaas, ’n nuwe toekoms tegemoet. In die psalms praat en bid, sug en sing mense hul hart voor God uit. Maar God praat daarin ook sy hart teenoor ons uit. In ’n sin is dit ’n gesprek van hart tot hart. Dis God wat ons uit die skadu’s van lyding en leed, verwonding en dood uitlei en ons toekoms algaande versadig met lig.
Dit wil voorkom of die terme “goed” en “God” deesdae sinoniem is. Ons glo dat dit wat oor die algemeen as goed beskou word, in lyn met God se wil moet wees. Vrygewigheid, nederigheid, geregtigheid – goed. Selfsugtigheid, arrogansie, wreedheid – boos. Die onderskeid blyk tog duidelik te wees. Maar is dit al wat dit behels? Indien “goed” dan so voor die hand liggend is, hoekom sê die Bybel dan dat ons onderskeidingsvermoë moet hê om dit te identifiseer? Goeie werke of God? is nie net nóg ’n selfhelp-boodskap nie. Hierdie boek sal baie meer doen as om jou te vra om jou gedrag en gesindheid te verander. Dit sal jou in staat stel om op so ’n vlak met God te kommunikeer dat dit elke aspek van jou lewe sal verander.
Beloftes vir oorwinning bevat talle beloftes uit die Bybel oor geestelike oorlogvoering en gebed, en bied ’n gids aan gelowiges oor hoe om die vyand teen te staan, hulle posisie in Christus in te neem en vas te staan in oorwinning. Onderwerpe sluit in: • Weet Wie God werklik is • Weet wie jy in Christus is • Ken die vyand se strategie • Onderskeiding • God se krag oor die viand • Jou geestelike wapenrusting • Jou posisie in Christus • Wees waagmoedig – jy hoef nie die vyand te vrees nie • Word vernuwe • Staan die vyand teë • Gebed – ons strategie teen die viand Bybelverse word geneem uit die Nuwe Lewende Vertaling, asook verskeie ander Bybelvertalings. Beloftes vir oorwinning bevat ook gepaste aanhalings deur verskeie Christenskrywers oor die onderskeie onderwerpe. pe
101 persoonlike gebede vir elke seisoen en situasie in ’n vrou se lewe. Hierdie sakgrootte gebedeboek bevat verskeie kort gebede oor: • Temas soos vreugde, seerkry, eensaamheid, danksegging en leiding; • Verskillende persoonlike situasies, soos bv. siekte, finansiële probleme, afdanking, ’n nuwe baba en vele ander situasies wat op vandag se vrou van toepassing is; • Verskillende mense soos ‘my tiener’, ‘my man’, ‘my kind wat oorsee werk’; en • Temas rondom jou verhouding met God, bv. gehoorsaamheid, liefde vir God, vergifnis en versoening. Ook ingesluit is ’n gepaste Bybelvers by elke gebed en ’n alfabetiese indeks vir maklike opsoek. Die grootte maak dit gerieflik om oral met jou saam te dra.
Lewensgids vir vroue, Aletté-Johanni se nuwe boek, is geskryf vanuit ’n
vars, nuwe perspektief en bied tydlose wysheid wat aanklank by vroue
van alle ouderdomme sal vind.
Lewensgids vir mans, Heinz Winckler se nuwe boek, is geskryf vanuit ’n
vars, nuwe perspektief en bied tydlose wysheid wat aanklank by mans van
alle ouderdomme sal vind.
Die Heilige Gees word dikwels misverstaan, en baie mense het geen idee Wie Hy regtig is en hoe Hy Homself aan ons openbaar nie. Die Heilige Gees word dikwels as ’n “vreemde verskynsel” uitgebeeld. Die Bybel maak dit egter duidelik dat die Gees nie iets is nie, maar iemand – ’n Persoon wat belowe het om jou nooit te verlaat nie. In Ontmoet die Heilige Gees nooi John Bevere jou om die Persoon en werk van die Heilige Gees te ontdek. Hierdie interaktiewe boek is veeldoelig – deels boek, deels Bybel studie, deels groepstudie – en bevat vyf hoofstukke wat die volgende bespreek: • Wie is die Heilige Gees? • Die persoonlikheid van die Heilige Gees • Ons verhouding met die Heilige Gees • Hoe ons bekragtig word deur die Heilige Gees • Die taal van die Heilige Gees Elke hoofstuk is opgedeel in vyf voorgestelde leesstukke met ooreenstemmende Bybelstudies aan die einde van die hoofstuk en ’n afdeling met besprekingsvrae vir groepstudie. Dit bevat ook ’n bonus-hoofstuk met ’n diepgaande vraag en antwoord-gesprek waarin van die moeilikste vrae oor die Heilige Gees beantwoord word. |
You may like...
Hykie Berg: My Storie van Hoop
Hykie Berg, Marissa Coetzee
Paperback
|