Die Evangelie van Thomas is deel van die geskrifte wat in 1945 naby
die Egiptiese dorp Nag Hammadi ontdek is deur ’n paar kleinboere
wat besig was om vir bemestingstof te grawe. Die teks bevat
gesegdes van Jesus waarvan maar sowat veertig persent ook in die
drie sinoptiese Evangelies (Matteus, Markus en Lukas) voorkom – en
dit is daarom 'n besonder interessante geskrif om naas die Bybel te
bestudeer. Voor die ontdekking van die Nag Hammadi-geskrifte en die
ontdekking van ’n volledige Koptiese teks (die ou Egiptiese taal,
wat sedert die dae van die Ptolemeiese koningshuis met Griekse
letters geskryf is) is 'n paar flentertjies papirus met dele van
hierdie Evangelie in Grieks op 'n ashoop by Oxyrynchus in Egipte
gevind. Hierdie tekste sowel as fragmente van die Matteus-evangelie
is die oudste Christelike dokumente wat ooit gevind is.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!