Hoeveel mense het al Openbaring gelees en álles verstaan? Tog sê
Riekert Botha Openbaring kán verstaan word. Die sleutel lê in een
spesifieke vraag: "Wat het Openbaring beteken vir die eerste mense aan
wie dit geskryf was?"
Riekert kyk in Openbaring ontsluit na die volgende aspekte wat vorm gee
aan hierdie Bybelboek:
• Wie was die oorspronklike ontvangers van die boodskap?
• Wat was die omstandighede waarin hulle geleef het?
• Watter spesiale behoeftes of sake het moontlik aanleiding gegee tot
die skrywe van die boek?
• Wat was God se boodskap aan daardie mense in daardie tydvak en
spesiale omstandighede?
Riekert bespreek dan die boodskap aan die sewe gemeentes en die sewe
visioene in Openbaring teen hierdie agtergrond.
Openbaring ontsluit bied ’n verrassende, vars perspektief op die laaste
boek in die Bybel. Dit is ideaal vir elkeen wat ’n verstaanbare uitleg
van Openbaring wil hê.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
My review
Tue, 23 Jun 2020 | Review
by: Hannelie M.
no review
Did you find this review helpful?
Yes (0) |
No (0)