Is jy op soek na vrede? ’n Kalm oomblik te midde van die chaos? Voel
dit of selfs één dag sonder bekommernisse eenvoudig buite jou bereik is?
Riekert Botha se raad om ons woeste wêreld te navigeer, is reguit:
Fokus op Jesus. Wanneer jou hele lewe op Hom gefokus is, word jou visie
helder, jou prioriteite duidelik en onmoontlike situasies hanteerbaar.
Jy kan rus in die wete dat Jesus jou krag is en dat Hy al is wat jy
nodig het. Hý is jou stilte in die storm.
Wees oor niks besorg nie is ’n treffer-dagboek met 366 dagstukke wat
jou sal lei om elke dag daarop te fokus om Jesus, jou Verlosser, beter
te leer ken sodat jy kan groei in ’n meer volwasse volgeling wat ook
vir die wêreld sal wys hoekom Jesus ook die antwoord op húl soeke na
vrede is.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!